×
Zimbabwe

Zimbabwe, amptelik die Republiek Zimbabwe (Engels: Republic of Zimbabwe), is 'n landingeslote land geleë in Suider-Afrika en begrens deur Zambië in die noordweste, Mosambiek in die noordooste, Suid-Afrika in die suide en Botswana in die suidweste. Die land het eers as Suid-Rhodesië, 'n Britse kolonie, bekendgestaan en van 1965 af as Rhodesië, genoem ná Cecil John Rhodes. In 1965 het Suid-Rhodesië eensydig sy onafhanklikheid verklaar en in 1970 'n republiek geword. Ná 'n jare lange vryheidsoorlog en daaropvolgende onderhandelinge het Suid-Rhodesië in 1980 amptelik Zimbabwe-Rhodesië geword en aansluitend die Republiek Zimbabwe.


Republiek Zimbabwe
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Unity, Freedom, Work
(Engels vir: "Eenheid, vryheid, werk")
Volkslied: Blessed be the land of Zimbabwe
(Engels vir: "Geseënd is die land van Zimbabwe")
Hoofstad Harare

17°50′S31°3′O /17.833°S 31.050°O /-17.833; 31.050

Grootste stad Harare
Amptelike tale Nyanja, Sena, Engels, Kalanga, Tshwa, Nambya, Ndau, Noord-Ndebele, Tsonga, Shona, Gebaretaal, Suid-Sotho, Tonga, Tswana, Venda, Xhosa
Regering

President
• 1ste adjunkpresident
• 2de adjunkpresident
Unitêre dominante party
presidensiële republiek
Emmerson Mnangagwa
Constantino Chiwenga
Onafhanklikheid
• Verklaar
• Erken
Zimbabwe-Rhodesië
• Huidige grondwet
van die Verenigde Koninkryk
11 November 1965
1 Junie 1979
18 April 1980
15 Mei 2013
Oppervlakte
- Totaal

- Water (%)

390 757 km2 (60ste)
150 872 myl2
1
Bevolking
- 2016-skatting
- 2012-sensus
- Digtheid

16 150 362 (73ste)
12 973 808
26 / km2 (170ste)
67,3 / myl2
BBP (KKP)
- Totaal
- Per capita
2018-skatting

$34,822 miljard
$2 282

BBP (nominaal)
- Totaal
- Per capita
2018-skatting

$18,904 miljard
$1 239

MOI (2015) 0,516 (154ste) –laag
Gini (1995) 50,1hoog
Geldeenheid Amerikaanse dollar
(amptelik vir die regering)
baie nie-amptelikea (-)
Tydsone
- Somertyd
SAT (UTC+2)
nie toegepas nie (UTC+2)
Internet-TLD .zw
Skakelkode +263
a Die Zimbabwiese dollar word nie meer gebruik nie nadat dit deur die regering weens hiperinflasie amptelik opgeskort is. Die Amerikaanse dollar (US$), Suid-Afrikaanse Rand (R), Botswana pula (P), Pond sterling (£), Euro (€), Indiese roepee (₹), Australiese dollar (A$), Sjinese Renminbi (元/¥) en Japannese Jen (¥) word nou in plaas daarvan gebruik. Die Amerikaanse dollar is aanvaar as die amptelike geldeenheid vir al die regering se transaksies.
Nasa-Satellietbeeld van Zimbabwe

Zimbabwe beslaan 'n oppervlakte van 390 757 km² en het 'n bevolking van 16 150 362 in 2016 gehad. Die hoofstad en grootste stad is Harare, tot 1980 Salisbury. 'n Ander belangrike stad is Bulawayo.

Zimbabwe is 'n multi-etniese land en die Mashona vorm die belangrikste inheemse etniese groep, gevolg deur die Ndebeles. Dié land het 16 amptelike tale, waaronder Engels, Shona en Noord-Ndebele die mees verspreide tale vorm.

Op 15 November 2017, na een jaar se protes teen sy regering asook Zimbabwe se vinnig dalende ekonomie, is Mugabe tydens 'n staatsgreep deur dié land se gewapende magte onder huisarres geplaas. Op 19 November 2017 het ZANU-PF Robert Mugabe gedwing om as partyleier af te dank en deur die voormalige adjunkpresident Emmerson Mnangagwa vervang. Op 21 November 2017 het Mugabe sy bedanking aangebied voordat die vervolgingsverrigtinge voltooi is.

Inhoud

Kaart van Zimbabwe

Zimbabwe beslaan 'n gedeelte van die groot plato in Suider-Afrika. Die hoëveld met 'n lengte van 1 525 meter het twee hoofriviere, naamlik Zambezi in die noorde en Limpopo in die suide. Die Karibameer is net stroomaf van die Victoria-waterval in die Zambezi op die grens met Zambië en is een van die grootste mensgemaakte mere in die wêreld.

Die grens tussen Suid-Afrika en Zimbabwe is 230 km lank en word in sy geheel deur die Limpoporivier gevorm. Die belangrikste grenspos is Beitbrug langs die Beitbrug-Bulawayo Spoorweg.

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Vlag van Zimbabwe.
Die Zimbabwe-voël is die nasionale simbool van Zimbabwe

Die ontwerp van Zimbabwe se huidige vlag is op 18 April 1980 aanvaar. Die vlag van Zimbabwe het sewe horisontale bande groen, goud, rooi, swart, rooi, goud, groen en 'n swart omlynde wit driehoek met 'n rooi vyfstralige ster en 'n goue voël.

Elkeen van die bande het 'n simboliese betekenis. Groen versinnebeeld die flora en natuurlike hulpbronne van Zimbabwe, goud versinnebeeld die rykdom aan minerale, rooi simboliseer die bloed wat tydens die vryheidstryd vergiet is, swart versinnebeeld die swart bevolking, die wit driehoek simboliseer die vrede en die "pad vooruit", die rooi ster versinnebeeld die internasionalisme en vrede, maar weerspieël ook die sosialistiese oortuigings van die regerende party. Die "Zimbabwe-voël" is ontleen aan 'n afbeelding uit die bouvalle van die geskiedkundige stad Groot-Zimbabwe en dien tans as Zimbabwe se nasionale embleem.

Zimbabwe lê in 'n tropiese klimaat en het gemiddelde temperature van 15,6 °C in die winter en 21,1 °C in die somer. Die gemiddelde reënval vir Zimbabwe is 890 mm vir die hoëveld en 610 mm vir die middelveld.

Ryk van Monomotapa

Die bouvalle van die ou hoofstad Groot-Zimbabwe

Die vroeë geskiedenis van die Koninkryk van Monomotapa (wat eintlik "Heer van die Myne" beteken) is onbekend; dit het reeds sedert die Middeleeue bestaan. Naas die hoofstad Groot-Zimbabwe met sy ringmuur, tempel en tweeverdiepinghuise wat uit stene gebou is, was daar honderde dorpe waarvan sommige ook 'n stadskarakter getoon het. Landbou, veeteelt en mynbou was die ekonomiese fondament van die ryk. Danksy die goudmynbou kon die koninkryk handel met Arabiere, Perse en Ethiopiërs dryf. Goud, ivoor en slawe is teen speserye, yster, sout en ander Oosterse ware geruil. Met die agteruitgang van die goudmynbou het die mag van die konings verswak; 1607 moet hulle die myne aan die Portugese afstaan. 1629 het die koninkryk 'n vasalstaat van Portugal geword. Die Portugese begin ook koper, yster, lood en tin te ontgin en het landbou op grootplase bedryf. Na die ondergang van die ryk in die 18de eeu het dit tussen 1889 en 1890 Britse koloniale besit en 1923 'n deel van Suid-Rhodesië geword.

Rhodesië

Ian Smith in 1975

Suid-Rhodesië, Noord-Rhodesië (die huidige Zambië) en Njassaland (die huidige Malawi) is in 1953 as die Sentraal-Afrikaanse Federasie verenig, wat tot 1963 bestaan het. Die blanke regering van Suid-Rhodesië, onder leiding van eerste minister Ian Smith het in 1965 onafhanklikheid verklaar, maar dit is nie deur die Verenigde Koninkryk en die Verenigde Nasies erken nie. Ten spyte van die instel van politieke en ekonomiese sanksies kon Rhodesië sy onafhanklike status in stand hou.

In 1970 het Rhodesië 'n republiek geword. Die regering het in 1971 'n ooreenkoms met die Verenigde Koninkryk gesluit wat die erkenning van onafhanklikheid en die invoering van algemene stemreg ten doel gehad het.

Die swart opposisie, wat veral uit die bevrydingsbewegings ZANU en ZAPU bestaan het, het in die tydperk tussen 1973 en 1980 'n gewapende stryd teen die blanke regering gevoer. Alhoewel daar reeds in 1975 gesprekke oor 'n nuwe grondwet gevoer en in 1979 'n swart regering onder biskop Muzorewa gevorm is, het 'n algemene verkiesing eers in 1980 plaasgevind. Zimbabwe het daarna onder leiding van die eerste minister Robert Mugabe onafhanklik geword.

Zimbabwe

Robert Mugabe in 1982

Die politieke situasie was tydens die laaste jare van Robert Mugabe se presidentskap onstabiel. Die onderdrukking van die opposisiepartye, die onteiening van blanke boere en die sloping van krotbuurte en stadswyke, waar inwoners verdink is om aanhangers van die opposisie te wees, is in die buiteland met skerp kritiek bejeën. Terwyl die Suid-Afrikaanse regering die régime in Harare met lenings gesteun het, is Zimbabwe deur die Amerikaanse regering onder die tirannieë van die wêreld gereken.

Zimbabwe se inflasiekoers was in Julie 2007 met 4 500% die hoogste ter wêreld.

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Buitelandse betrekkinge van Zimbabwe.
Diplomatieke missies van Zimbabwe in die buiteland

Die buitelandse betrekkinge van Zimbabwe fokus op naby verhoudinge met die Volksrepubliek China en Suid-Afrika, lande wat noue bande met Zimbabwe het. Zimbabwe het bilaterale betrekkinge met verskeie lande. Na Ian Smith se eensydige onafhanklikheidsverklaring van die Verenigde Koninkryk in 1965 is Rhodesië se diplomatieke teenwoordigheid dramaties regoor die wêreld teruggerol. Teen die tyd van die Lancaster House-ooreenkoms in 1979 het Rhodesië slegs verteenwoordigende kantore in Londen, Bonn, Pretoria, Washington, D.C. en Tokio gehad. Sendings in Maputo (destyds Lourenço Marques) en Lissabon is in 1975 gesluit ná die Angelier-rewolusie in Portugal. Onder Robert Mugabe het Zimbabwe 'n nuwe buitelandse beleid gevoer wat nouer saamwerk met Afrika-, Oosblok- en Onverbonde-state. Die hoofstad van die land, Harare, huisves tans 51 ambassades. Verskeie ander lande het ambassadeurs van ander hoofstede, veral Pretoria en Addis Abeba, geakkrediteer.

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Ekonomie van Zimbabwe.

Toerisme

Zimbabwe beskik oor vyf Unesco-wêrelderfenisgebiede: Groot-Zimbabwe, Khami, Mana Pools, Matopos en die Victoria-waterval.

Zimbabwe word administratief onderverdeel in agt provinsies en twee stede met provinsiale status, Harare en Bulawayo. Die provinsies word verder onderverdeel in 59 distrikte en 1 200 munisipaliteite (sogenaamde wards) wat elk uit 'n aantal nedersettings bestaan.

Energiebedryf

Die internasionale lughawe in Harare

Sowat 'n derde van Zimbabwe se elektrisiteit word in waterkragsentrales opgewek waarvan die Karibadamprojek die bekendste en belangrikste is. Toe dit in 1960 beplan is, was dit die grootse hidroëlektriese aanleg ter wêreld. Termiese kragsentrales voorsien in die res van die land se kragbehoefte.

Spoorweë, pad- en lugvervoer

Zimbabwe se nasionale spoorweë bedryf een van die gevorderdste netwerke in Afrika suid van die Sahara met 'n totale lengte van sowat 2 700 km, waarvan sowat tien persent geëlektrifiseer is. Dit word aangevul deur 'n uitgebreide padnetwerk waarvan 'n vyfde geasfalteer is. Harare se internasionale lughawe verbind die land met bestemmings in Afrika en oorsee. Die nasionale lugvervoernetwerk verbind die grootste stedelike sentra met mekaar.

Die Zimbabwiese Sewesrugbyspan tydens die Hong Kong Sevens in 2009
Die Zimbabwiese nasionale krieketspan tydens hul ODI-wedstryd teen Bangladesj op 23 Januarie 2009 in Dhaka

Sokker is Zimbabwe se gewildste sport. Die Zimbabwiese nasionale sokkerspan kon drie keer vir die Afrikanasiesbeker kwalifiseer (2004, 2006 en 2017).

Rugby is 'n belangrike sport in Zimbabwe en die Zimbabwiese nasionale rugbyspan kon twee keer vir die Rugbywêreldbeker kwalifiseer (1987 en 1991).

Krieket word veral deur Blanke Zimbabwiërs beoefen en dié land is een van die Toetskrieketlande en volle lidland van die Internasionale Krieketraad. Die Zimbabwiese nasionale krieketspan kon tussen 1983 en 2015 vir elke Krieketwêreldbeker kwalifiseer, maar nie vir die Krieketwêreldbeker 2019 nie. Zimbabwe was mede-gasheer van die Krieketwêreldbeker 2003.

  1. Die volgende 15 name is amptelik: Republic of Zimbabwe (Engels), Nyika yeZimbabwe (Shona), Ilizwe leZimbabwe (Noord-Ndebele), Dziko la Zimbabwe (Chichewa), Dziko la Zimbabwe (Chisena), Hango yeZimbabwe (Kalanga), Zimbabwe Nù (Khoisan), Inyika yeZimbabwe (Nambya), Nyika yeZimbabwe (Ndau), Tiko ra Zimbabwe (Shangani), Naha ya Zimbabwe (Suid-Sotho), Cisi ca Zimbabwe (Chitonga), Naga ya Zimbabwe (Tswana), Shango ḽa Zimbabwe (Venda), Ilizwe leZimbabwe (Xhosa).
  1. (en) . The Beaver County Times. 13 September 1981. Besoek op1 Mei 2018.Cite journal requires |journal= (help)
  2. CIA (10 April 2018). . 2011 (in Engels). Central Intelligence Agency. vanaf die oorspronklike op 16 April 2020. Besoek op1 Mei 2018.
  3. (en) ( 2 Oktober 2013 op Wayback Machine).
  4. . ESA.UN.org (custom data acquired via website) (in Engels). United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division. vanaf die oorspronklike op 24 Augustus 2018. Besoek op1 Mei 2018.
  5. (PDF) (in Engels). Zimbabwe National Statistical Agency. Geargiveer vanaf (PDF) op 17 Oktober 2013. Besoek op25 Augustus 2013.
  6. (en) . Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op1 Mei 2018.
  7. (PDF) (in Engels). United Nations Development Programme. 2016. (PDF) vanaf die oorspronklike op 5 Oktober 2019. Besoek op1 Mei 2018.
  8. (in Engels). Wêreldbank. vanaf die oorspronklike op 8 Junie 2020. Besoek op21 Julie 2013.
  9. (en) . GreenwichMeanTime.com. Greenwich 2000. Besoek op2 Februarie 2015.
  10. (en) Hungwe, Brian. , 6 Februarie 2014, besoek op 1 Mei 2018.
  11. CNN, David McKenzie, Brent Swails and Angela Dewan, (16 November 2017). . CNN (in Engels). vanaf die oorspronklike op 12 Augustus 2019. Besoek op1 Mei 2018.CS1 maint: extra punctuation (link)
  12. . The Guardian (in Engels). 15 November 2017. vanaf die oorspronklike op 24 Desember 2019. Besoek op1 Mei 2018.
  13. . BBC (in Engels). BBC. 19 November 2017. vanaf die oorspronklike op 5 Desember 2019. Besoek op1 Mei 2018.
  14. . BBC (in Engels). 21 November 2017. vanaf die oorspronklike op 19 Maart 2020. Besoek op1 Mei 2018.
  15. ?, ? (n.d.). The Great Wall and the Empty Fortress: China's Search for Security. p. 48.CS1 maint: numeric names: authors list (link)
  • Louw, A.A. (ds.): Die môrester in Mashonaland. Stellenbosch: C.S.V.-boekhandel, 1954.

Publikasie datum: September 03, 2021

zimbabwe, amptelik, republiek, engels, republic, landingeslote, land, geleë, suider, afrika, begrens, deur, zambië, noordweste, mosambiek, noordooste, suid, afrika, suide, botswana, suidweste, land, eers, suid, rhodesië, britse, kolonie, bekendgestaan, 1965, r. Zimbabwe amptelik die Republiek Zimbabwe Engels Republic of Zimbabwe is n landingeslote land gelee in Suider Afrika en begrens deur Zambie in die noordweste Mosambiek in die noordooste Suid Afrika in die suide en Botswana in die suidweste Die land het eers as Suid Rhodesie n Britse kolonie bekendgestaan en van 1965 af as Rhodesie genoem na Cecil John Rhodes In 1965 het Suid Rhodesie eensydig sy onafhanklikheid verklaar en in 1970 n republiek geword Na n jare lange vryheidsoorlog en daaropvolgende onderhandelinge het Suid Rhodesie in 1980 amptelik Zimbabwe Rhodesie geword en aansluitend die Republiek Zimbabwe Republiek Zimbabwe nota 1 Vlag WapenNasionale leuse Unity Freedom Work 1 Engels vir Eenheid vryheid werk Volkslied Blessed be the land of Zimbabwe 2 Engels vir Geseend is die land van Zimbabwe source source track track Hoofstad Harare 17 50 S 31 3 O 17 833 S 31 050 O 17 833 31 050Grootste stad HarareAmptelike tale Nyanja Sena Engels Kalanga Tshwa Nambya Ndau Noord Ndebele Tsonga Shona Gebaretaal Suid Sotho Tonga Tswana Venda Xhosa 3 Regering President 1ste adjunkpresident 2de adjunkpresident Unitere dominante party presidensiele republiek Emmerson Mnangagwa Constantino ChiwengaOnafhanklikheid Verklaar Erken Zimbabwe Rhodesie Huidige grondwet van die Verenigde Koninkryk 11 November 1965 1 Junie 1979 18 April 1980 15 Mei 2013Oppervlakte Totaal Water 390 757 km2 60ste 150 872 myl2 1Bevolking 2016 skatting 2012 sensus Digtheid 16 150 362 4 73ste 12 973 808 5 26 km2 170ste 67 3 myl2BBP KKP Totaal Per capita 2018 skatting 34 822 miljard 6 2 282 6 BBP nominaal Totaal Per capita 2018 skatting 18 904 miljard 6 1 239 6 MOI 2015 0 516 7 154ste laagGini 1995 50 1 8 hoogGeldeenheid Amerikaanse dollar amptelik vir die regering baie nie amptelikea a href ISO 4217 html title ISO 4217 a Tydsone Somertyd SAT UTC 2 nie toegepas nie UTC 2 Internet TLD zwSkakelkode 263a Die Zimbabwiese dollar word nie meer gebruik nie nadat dit deur die regering weens hiperinflasie amptelik opgeskort is Die Amerikaanse dollar US Suid Afrikaanse Rand R Botswana pula P Pond sterling Euro Indiese roepee Australiese dollar A Sjinese Renminbi 元 en Japannese Jen word nou in plaas daarvan gebruik 9 10 Die Amerikaanse dollar is aanvaar as die amptelike geldeenheid vir al die regering se transaksies Nasa Satellietbeeld van Zimbabwe Zimbabwe beslaan n oppervlakte van 390 757 km en het n bevolking van 16 150 362 in 2016 gehad Die hoofstad en grootste stad is Harare tot 1980 Salisbury n Ander belangrike stad is Bulawayo Zimbabwe is n multi etniese land en die Mashona vorm die belangrikste inheemse etniese groep gevolg deur die Ndebeles Die land het 16 amptelike tale waaronder Engels Shona en Noord Ndebele die mees verspreide tale vorm Op 15 November 2017 na een jaar se protes teen sy regering asook Zimbabwe se vinnig dalende ekonomie is Mugabe tydens n staatsgreep deur die land se gewapende magte onder huisarres geplaas 11 12 Op 19 November 2017 het ZANU PF Robert Mugabe gedwing om as partyleier af te dank en deur die voormalige adjunkpresident Emmerson Mnangagwa vervang 13 Op 21 November 2017 het Mugabe sy bedanking aangebied voordat die vervolgingsverrigtinge voltooi is 14 Inhoud 1 Fisiografies 2 Vlag 3 Klimaat 4 Geskiedenis 4 1 Ryk van Monomotapa 4 2 Rhodesie 4 3 Zimbabwe 5 Buitelandse betrekkinge 6 Ekonomie 6 1 Toerisme 7 Administrasie 8 Infrastruktuur 8 1 Energiebedryf 8 2 Spoorwee pad en lugvervoer 9 Sport 10 Notas 11 Verwysings 12 Bibliografie 13 Eksterne skakelsFisiografies Wysig Kaart van Zimbabwe Zimbabwe beslaan n gedeelte van die groot plato in Suider Afrika Die hoeveld met n lengte van 1 525 meter het twee hoofriviere naamlik Zambezi in die noorde en Limpopo in die suide Die Karibameer is net stroomaf van die Victoria waterval in die Zambezi op die grens met Zambie en is een van die grootste mensgemaakte mere in die wereld Die grens tussen Suid Afrika en Zimbabwe is 230 km lank en word in sy geheel deur die Limpoporivier gevorm Die belangrikste grenspos is Beitbrug langs die Beitbrug Bulawayo Spoorweg Vlag WysigDie hoofartikel vir hierdie afdeling is Vlag van Zimbabwe Die Zimbabwe voel is die nasionale simbool van Zimbabwe Die ontwerp van Zimbabwe se huidige vlag is op 18 April 1980 aanvaar Die vlag van Zimbabwe het sewe horisontale bande groen goud rooi swart rooi goud groen en n swart omlynde wit driehoek met n rooi vyfstralige ster en n goue voel Elkeen van die bande het n simboliese betekenis Groen versinnebeeld die flora en natuurlike hulpbronne van Zimbabwe goud versinnebeeld die rykdom aan minerale rooi simboliseer die bloed wat tydens die vryheidstryd vergiet is swart versinnebeeld die swart bevolking die wit driehoek simboliseer die vrede en die pad vooruit die rooi ster versinnebeeld die internasionalisme en vrede maar weerspieel ook die sosialistiese oortuigings van die regerende party Die Zimbabwe voel is ontleen aan n afbeelding uit die bouvalle van die geskiedkundige stad Groot Zimbabwe en dien tans as Zimbabwe se nasionale embleem Klimaat WysigZimbabwe le in n tropiese klimaat en het gemiddelde temperature van 15 6 C in die winter en 21 1 C in die somer Die gemiddelde reenval vir Zimbabwe is 890 mm vir die hoeveld en 610 mm vir die middelveld Geskiedenis WysigRyk van Monomotapa Wysig Die bouvalle van die ou hoofstad Groot Zimbabwe Die vroee geskiedenis van die Koninkryk van Monomotapa wat eintlik Heer van die Myne beteken is onbekend dit het reeds sedert die Middeleeue bestaan Naas die hoofstad Groot Zimbabwe met sy ringmuur tempel en tweeverdiepinghuise wat uit stene gebou is was daar honderde dorpe waarvan sommige ook n stadskarakter getoon het Landbou veeteelt en mynbou was die ekonomiese fondament van die ryk Danksy die goudmynbou kon die koninkryk handel met Arabiere Perse en Ethiopiers dryf Goud ivoor en slawe is teen speserye yster sout en ander Oosterse ware geruil Met die agteruitgang van die goudmynbou het die mag van die konings verswak 1607 moet hulle die myne aan die Portugese afstaan 1629 het die koninkryk n vasalstaat van Portugal geword Die Portugese begin ook koper yster lood en tin te ontgin en het landbou op grootplase bedryf Na die ondergang van die ryk in die 18de eeu het dit tussen 1889 en 1890 Britse koloniale besit en 1923 n deel van Suid Rhodesie geword Rhodesie Wysig Ian Smith in 1975 Suid Rhodesie Noord Rhodesie die huidige Zambie en Njassaland die huidige Malawi is in 1953 as die Sentraal Afrikaanse Federasie verenig wat tot 1963 bestaan het Die blanke regering van Suid Rhodesie onder leiding van eerste minister Ian Smith het in 1965 onafhanklikheid verklaar maar dit is nie deur die Verenigde Koninkryk en die Verenigde Nasies erken nie Ten spyte van die instel van politieke en ekonomiese sanksies kon Rhodesie sy onafhanklike status in stand hou In 1970 het Rhodesie n republiek geword Die regering het in 1971 n ooreenkoms met die Verenigde Koninkryk gesluit wat die erkenning van onafhanklikheid en die invoering van algemene stemreg ten doel gehad het Die swart opposisie wat veral uit die bevrydingsbewegings ZANU en ZAPU bestaan het het in die tydperk tussen 1973 en 1980 n gewapende stryd teen die blanke regering gevoer Alhoewel daar reeds in 1975 gesprekke oor n nuwe grondwet gevoer en in 1979 n swart regering onder biskop Muzorewa gevorm is het n algemene verkiesing eers in 1980 plaasgevind Zimbabwe het daarna onder leiding van die eerste minister Robert Mugabe onafhanklik geword Zimbabwe Wysig Robert Mugabe in 1982 Die politieke situasie was tydens die laaste jare van Robert Mugabe se presidentskap onstabiel Die onderdrukking van die opposisiepartye die onteiening van blanke boere en die sloping van krotbuurte en stadswyke waar inwoners verdink is om aanhangers van die opposisie te wees is in die buiteland met skerp kritiek bejeen Terwyl die Suid Afrikaanse regering die regime in Harare met lenings gesteun het is Zimbabwe deur die Amerikaanse regering onder die tiranniee van die wereld gereken Zimbabwe se inflasiekoers was in Julie 2007 met 4 500 die hoogste ter wereld Buitelandse betrekkinge WysigDie hoofartikel vir hierdie afdeling is Buitelandse betrekkinge van Zimbabwe Diplomatieke missies van Zimbabwe in die buiteland Die buitelandse betrekkinge van Zimbabwe fokus op naby verhoudinge met die Volksrepubliek China 15 en Suid Afrika lande wat noue bande met Zimbabwe het Zimbabwe het bilaterale betrekkinge met verskeie lande Na Ian Smith se eensydige onafhanklikheidsverklaring van die Verenigde Koninkryk in 1965 is Rhodesie se diplomatieke teenwoordigheid dramaties regoor die wereld teruggerol Teen die tyd van die Lancaster House ooreenkoms in 1979 het Rhodesie slegs verteenwoordigende kantore in Londen Bonn Pretoria Washington D C en Tokio gehad Sendings in Maputo destyds Lourenco Marques en Lissabon is in 1975 gesluit na die Angelier rewolusie in Portugal Onder Robert Mugabe het Zimbabwe n nuwe buitelandse beleid gevoer wat nouer saamwerk met Afrika Oosblok en Onverbonde state Die hoofstad van die land Harare huisves tans 51 ambassades Verskeie ander lande het ambassadeurs van ander hoofstede veral Pretoria en Addis Abeba geakkrediteer Ekonomie WysigDie hoofartikel vir hierdie afdeling is Ekonomie van Zimbabwe Toerisme Wysig Zimbabwe beskik oor vyf Unesco werelderfenisgebiede Groot Zimbabwe Khami Mana Pools Matopos en die Victoria waterval Administrasie WysigZimbabwe word administratief onderverdeel in agt provinsies en twee stede met provinsiale status Harare en Bulawayo Die provinsies word verder onderverdeel in 59 distrikte en 1 200 munisipaliteite sogenaamde wards wat elk uit n aantal nedersettings bestaan Infrastruktuur WysigEnergiebedryf Wysig Die internasionale lughawe in Harare Sowat n derde van Zimbabwe se elektrisiteit word in waterkragsentrales opgewek waarvan die Karibadamprojek die bekendste en belangrikste is Toe dit in 1960 beplan is was dit die grootse hidroelektriese aanleg ter wereld Termiese kragsentrales voorsien in die res van die land se kragbehoefte Spoorwee pad en lugvervoer Wysig Zimbabwe se nasionale spoorwee bedryf een van die gevorderdste netwerke in Afrika suid van die Sahara met n totale lengte van sowat 2 700 km waarvan sowat tien persent geelektrifiseer is Dit word aangevul deur n uitgebreide padnetwerk waarvan n vyfde geasfalteer is Harare se internasionale lughawe verbind die land met bestemmings in Afrika en oorsee Die nasionale lugvervoernetwerk verbind die grootste stedelike sentra met mekaar Die Zimbabwiese Sewesrugbyspan tydens die Hong Kong Sevens in 2009Sport Wysig Die Zimbabwiese nasionale krieketspan tydens hul ODI wedstryd teen Bangladesj op 23 Januarie 2009 in Dhaka Sokker is Zimbabwe se gewildste sport Die Zimbabwiese nasionale sokkerspan kon drie keer vir die Afrikanasiesbeker kwalifiseer 2004 2006 en 2017 Rugby is n belangrike sport in Zimbabwe en die Zimbabwiese nasionale rugbyspan kon twee keer vir die Rugbywereldbeker kwalifiseer 1987 en 1991 Krieket word veral deur Blanke Zimbabwiers beoefen en die land is een van die Toetskrieketlande en volle lidland van die Internasionale Krieketraad Die Zimbabwiese nasionale krieketspan kon tussen 1983 en 2015 vir elke Krieketwereldbeker kwalifiseer maar nie vir die Krieketwereldbeker 2019 nie Zimbabwe was mede gasheer van die Krieketwereldbeker 2003 Notas Wysig Die volgende 15 name is amptelik Republic of Zimbabwe Engels Nyika yeZimbabwe Shona Ilizwe leZimbabwe Noord Ndebele Dziko la Zimbabwe Chichewa Dziko la Zimbabwe Chisena Hango yeZimbabwe Kalanga Zimbabwe Nu Khoisan Inyika yeZimbabwe Nambya Nyika yeZimbabwe Ndau Tiko ra Zimbabwe Shangani Naha ya Zimbabwe Suid Sotho Cisi ca Zimbabwe Chitonga Naga ya Zimbabwe Tswana Shango ḽa Zimbabwe Venda Ilizwe leZimbabwe Xhosa Verwysings Wysig en Zimbabwe The Beaver County Times 13 September 1981 Besoek op 1 Mei 2018 Cite journal requires journal help CIA 10 April 2018 The World Factbook Zimbabwe 2011 in Engels Central Intelligence Agency Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 April 2020 Besoek op 1 Mei 2018 en Constitution of Zimbabwe final draft Geargiveer 2 Oktober 2013 op Wayback Machine World Population Prospects The 2017 Revision ESA UN org custom data acquired via website in Engels United Nations Department of Economic and Social Affairs Population Division Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Augustus 2018 Besoek op 1 Mei 2018 Census Results in Brief PDF in Engels Zimbabwe National Statistical Agency Geargiveer vanaf die oorspronklike PDF op 17 Oktober 2013 Besoek op 25 Augustus 2013 6 0 6 1 6 2 6 3 en Zimbabwe Internasionale Monetere Fonds Besoek op 1 Mei 2018 2016 Human Development Report PDF in Engels United Nations Development Programme 2016 Geargiveer PDF vanaf die oorspronklike op 5 Oktober 2019 Besoek op 1 Mei 2018 GINI Index in Engels Wereldbank Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Junie 2020 Besoek op 21 Julie 2013 en Currency in Zimbabwe GreenwichMeanTime com Greenwich 2000 Besoek op 2 Februarie 2015 en Hungwe Brian bbc com Zimbabwe s multi currency confusion 6 Februarie 2014 besoek op 1 Mei 2018 CNN David McKenzie Brent Swails and Angela Dewan 16 November 2017 Zimbabwe in turmoil after apparent coup CNN in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Augustus 2019 Besoek op 1 Mei 2018 CS1 maint extra punctuation link Zimbabwe s Robert Mugabe confined to home as army takes control The Guardian in Engels 15 November 2017 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Desember 2019 Besoek op 1 Mei 2018 Ruling party sacks Mugabe as leader BBC in Engels BBC 19 November 2017 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Desember 2019 Besoek op 1 Mei 2018 Zimbabwe s President Mugabe resigns BBC in Engels 21 November 2017 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Maart 2020 Besoek op 1 Mei 2018 n d The Great Wall and the Empty Fortress China s Search for Security p 48 CS1 maint numeric names authors list link Bibliografie WysigLouw A A ds Die morester in Mashonaland Stellenbosch C S V boekhandel 1954 Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Zimbabwe en Toerisme inligting oor Zimbabwe op Wikivoyage Wikiwoordeboek het n inskrywing vir Zimbabwe Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Zimbabwe amp ol,