×
Zapoteke
Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Zapoteeks.

Die Zapoteke (Zapoteeks: Didxažoŋ, letterlik: "volk van die wolke"; Nahuatl: Tzapotēcah (meervoud), Tzapotēcatl (enkelvoud), letterlik: "mense van die sapote"; Spaans: zapotecos of zapotecas) is 'n etniese groep en Meso-Amerikaanse beskawing wat in die hedendaagse Meksikaanse deelstaat Oaxaca en aangrensende deelstate woon. Die historiese middelpunt van die beskawing was die Oaxacavallei in die sentrum van die deelstaat Oaxaca in Suid-Meksiko langs die kus van die Stille Oseaan. Die Zapoteke bestaan uit vier deelgroepe: die istmeños van die suidelike Landengte van Tehuantepec, die serranos van die noordelike berge in die Sierra Madre de Oaxaca, die suidelike Zapoteke van die suidelike berge in die Sierra Sur en die Sentrale Vallei-Zapoteke van die Oaxacavallei.

Zapoteke

Guetlaguetza in Oaxaca
Totale bevolking: ca. 1 miljoen
Belangrike bevolkings in: Meksiko 800 000–1 000 000

Verenigde State 100 000+

Taal: Zapoteeks, Spaans en Engels
Geloofsoortuiging: Rooms-Katolieke Kerk met elemente van tradisionele godsdienste
Verwante etniese groepe: Indiane en Mestizo
Ligging van die Zapoteekse beskawing in Meso-Amerika
'n Urn in die vorm van 'n "vlermuisgod" of 'n jaguar, van Oaxaca, gedateer op 300–650 n.C. Hoogte: 9,5 inch (23 cm).

Die Zapoteke vorm met sowat 1 000 000 mense een van die grootste etniese groepe in Meksiko. Hul beskawing dateer tot 1500 v.C. terug met die sentrum in Monte Albán en toon reeds aan die begin Olmeekse invloede met die gebruik van letters en syfers. Tydens die bloeityd (300–900) van die Zapoteekse beskawing is dit deur Teotihuacán beïnvloed en dié tydperk is veral vir die figuurhouers bekend, waarin offergawes vir hul gode gebêre is. In die laat tydperk (10de–15de eeu) was die Zapoteke in gereelde oorloë met die naburige en verwante Mixteke betrokke, waartydens laasgenoemde belangrike stede soos Mitla en Monte Albán oorgeneem en aansluitend uitgebrei het. Die gebied van die Zapoteke is saam met die ander Meso-Amerikaanse volke deur die Spaanse conquistadores verower en het deel van Nieu-Spanje geword. Van die bekendste Zapoteke is Benito Juárez wat as 26ste president van Meksiko (1858–1872) gedien en tydens sy ampstermyn die Franse inmenging in Meksiko (1861–1867) onder Napoleon III en die Franse satellietstaat, die Tweede Meksikaanse Keiserryk (1864–1867) onder die Habsburgse keiser Maksimiliaan I van Meksiko suksesvol beveg het.

Die Zapoteke praat veral Zapoteeks as moedertaal. Dit behoort saam met Mixteeks van die naburige Mixteke en ander kleiner tale tot Otomangue, een van die primêre taalfamilies van die wêreld. Sedert die Spaanse verowering van Meksiko (1519–1521) onder Hernán Cortés dien Spaans as die tweede taal van die Zapoteke. Baie mense van Zapoteekse afkoms het oor 'n paar dekade na die Verenigde State geëmigreer en hulle handhaaf eie sosiale organisasies in die Los Angeles- en Central Valley-gebiede van Kalifornië.

  1. Tintocalis, Ana (1 September 2010). . KPBS San Diego Public Radio & TV: News, Arts & Culture (in Engels). vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2020. Besoek op9 Maart 2014.
  • (en) Malinowski, Sharon; Sheets, Anna (1998). "Zapotec". In Malinowski, Sharon; Sheets, Anna (reds.). The Gale Encyclopedia of Native American Tribes. Detroit, MI: Gale Research. ISBN 978-0-7876-1085-2.


Geskiedenis van Meksiko
Meso-AmerikaOlmekeMixtekeToltekeTeotihuacáneZapotekeMajaTlaxcaltekeAsteke
KolonisasieSpaanse verowering van die Asteekse Ryk (1519–1521) • Spaanse verowering van Yucatan (1527–1697) • Nieu-Spanje (1535–1821) • Meksikaanse Onafhanklikheidsoorlog (1810–1821)
1821–1864Eerste Meksikaanse Keiserryk (1821–1823) • Texaanse Onafhanklikheidsoorlog (1835–1836) • Koekoorlog (1838) • Meksikaans-Amerikaanse Oorlog (1846–1848) • Kasteoorlog (1847–1901) • Hervormingsoorlog (1857–1861) • Franse intervensie in Meksiko (1861–1867)
1864–1929Tweede Meksikaanse Keiserryk (1864–1867) • Meksikaanse Rewolusie (1910–1920) • Cristero-oorlog (1926–1929)
Moderne geskiedenisChiapas-konflik (1994) • Dwelmoorlog in Meksiko (2006–hede)

Publikasie datum: September 26, 2021

zapoteke, hierdie, artikel, handel, etniese, groep, taal, sien, zapoteeks, zapoteeks, didxažoŋ, letterlik, volk, wolke, nahuatl, tzapotēcah, meervoud, tzapotēcatl, enkelvoud, letterlik, mense, sapote, spaans, zapotecos, zapotecas, etniese, groep, meso, amerika. Hierdie artikel handel oor die etniese groep Vir die taal sien Zapoteeks Die Zapoteke Zapoteeks Didxazoŋ letterlik volk van die wolke Nahuatl Tzapotecah meervoud Tzapotecatl enkelvoud letterlik mense van die sapote Spaans zapotecos of zapotecas is n etniese groep en Meso Amerikaanse beskawing wat in die hedendaagse Meksikaanse deelstaat Oaxaca en aangrensende deelstate woon Die historiese middelpunt van die beskawing was die Oaxacavallei in die sentrum van die deelstaat Oaxaca in Suid Meksiko langs die kus van die Stille Oseaan Die Zapoteke bestaan uit vier deelgroepe die istmenos van die suidelike Landengte van Tehuantepec die serranos van die noordelike berge in die Sierra Madre de Oaxaca die suidelike Zapoteke van die suidelike berge in die Sierra Sur en die Sentrale Vallei Zapoteke van die Oaxacavallei ZapotekeGuetlaguetza in OaxacaTotale bevolking ca 1 miljoenBelangrike bevolkings in Meksiko 800 000 1 000 000 Verenigde State 100 000 1 Taal Zapoteeks Spaans en EngelsGeloofsoortuiging Rooms Katolieke Kerk met elemente van tradisionele godsdiensteVerwante etniese groepe Indiane en Mestizo Ligging van die Zapoteekse beskawing in Meso Amerika n Urn in die vorm van n vlermuisgod of n jaguar van Oaxaca gedateer op 300 650 n C Hoogte 9 5 inch 23 cm Die Zapoteke vorm met sowat 1 000 000 mense een van die grootste etniese groepe in Meksiko Hul beskawing dateer tot 1500 v C terug met die sentrum in Monte Alban en toon reeds aan die begin Olmeekse invloede met die gebruik van letters en syfers Tydens die bloeityd 300 900 van die Zapoteekse beskawing is dit deur Teotihuacan beinvloed en die tydperk is veral vir die figuurhouers bekend waarin offergawes vir hul gode gebere is In die laat tydperk 10de 15de eeu was die Zapoteke in gereelde oorloe met die naburige en verwante Mixteke betrokke waartydens laasgenoemde belangrike stede soos Mitla en Monte Alban oorgeneem en aansluitend uitgebrei het Die gebied van die Zapoteke is saam met die ander Meso Amerikaanse volke deur die Spaanse conquistadores verower en het deel van Nieu Spanje geword Van die bekendste Zapoteke is Benito Juarez wat as 26ste president van Meksiko 1858 1872 gedien en tydens sy ampstermyn die Franse inmenging in Meksiko 1861 1867 onder Napoleon III en die Franse satellietstaat die Tweede Meksikaanse Keiserryk 1864 1867 onder die Habsburgse keiser Maksimiliaan I van Meksiko suksesvol beveg het Die Zapoteke praat veral Zapoteeks as moedertaal Dit behoort saam met Mixteeks van die naburige Mixteke en ander kleiner tale tot Otomangue een van die primere taalfamilies van die wereld Sedert die Spaanse verowering van Meksiko 1519 1521 onder Hernan Cortes dien Spaans as die tweede taal van die Zapoteke Baie mense van Zapoteekse afkoms het oor n paar dekade na die Verenigde State geemigreer en hulle handhaaf eie sosiale organisasies in die Los Angeles en Central Valley gebiede van Kalifornie Verwysings Wysig Tintocalis Ana 1 September 2010 Rise In Zapotec Speaking People Results In New SDSU Language Course KPBS San Diego Public Radio amp TV News Arts amp Culture in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2020 Besoek op 9 Maart 2014 Verdere leesstof Wysig en Malinowski Sharon Sheets Anna 1998 Zapotec In Malinowski Sharon Sheets Anna reds The Gale Encyclopedia of Native American Tribes Detroit MI Gale Research ISBN 978 0 7876 1085 2 Eksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Zapoteke en Zapotec Encyclopaedia Britannica Besoek op 7 Oktober 2018 Geskiedenis van Meksiko Meso AmerikaOlmeke Mixteke Tolteke Teotihuacane Zapoteke Maja Tlaxcalteke AstekeKolonisasieSpaanse verowering van die Asteekse Ryk 1519 1521 Spaanse verowering van Yucatan 1527 1697 Nieu Spanje 1535 1821 Meksikaanse Onafhanklikheidsoorlog 1810 1821 1821 1864Eerste Meksikaanse Keiserryk 1821 1823 Texaanse Onafhanklikheidsoorlog 1835 1836 Koekoorlog 1838 Meksikaans Amerikaanse Oorlog 1846 1848 Kasteoorlog 1847 1901 Hervormingsoorlog 1857 1861 Franse intervensie in Meksiko 1861 1867 1864 1929Tweede Meksikaanse Keiserryk 1864 1867 Meksikaanse Rewolusie 1910 1920 Cristero oorlog 1926 1929 Moderne geskiedenisChiapas konflik 1994 Dwelmoorlog in Meksiko 2006 hede Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Zapoteke amp ol,