fbpx
Wikipedia

Yttrium

39 stronsiumyttriumsirkonium
Sc

Y

Lu
Algemeen
Naam, simbool, getal yttrium, Y, 39
Chemiese reeks oorgangsmetale
Groep, periode, blok 3, 5, d
Voorkoms
Atoommassa 88.90585 (2) g/mol
Elektronkonfigurasie [Kr]4d1 5s2
Elektrone per skil 2, 8, 18, 9, 2
Fisiese eienskappe
Toestand vastestof
Digtheid (naby k.t.) 4.472 g/cm³
Vloeistof digtheid teen s.p. 4.24 g/cm³
Smeltpunt 1799 K
(1526 °C)
Kookpunt 3609 K
(3336 °C)
Smeltingswarmte 11.42 kJ/mol
Verdampingswarmte 365 kJ/mol
Warmtekapasiteit (25 °C) 26.53 J/(mol·K)
Dampdruk
P/Pa 1 10 100 1 k 10 k 100 k
teen T/K 1883 2075 (2320) (2627) (3036) (3607)
Atoomeienskappe
Kristalstruktuur heksagonaal
Stukturbericht-kode A3
Oksidasietoestande 3
(swak basiese oksied)
Elektronegatiwiteit 1.22 (Skaal van Pauling)
Ionisasie-energieë 1ste: 600 kJ/mol
2de: 1180 kJ/mol
3de: 1980 kJ/mol
Atoomradius 180 pm
Atoomradius (ber.) 212 pm
Kovalente radius 162 pm
Diverse
Magnetiese rangskikking geen data
Elektriese weerstand (k.t.) (a, poli) 596 nΩ·m
Termiese geleidingsvermoë (300 K) 17.2 W/(m·K)
Termiese uitstetting (k.t.) (a, poli)
10.6 µm/(m·K)
Spoed van klank (dun staaf) (20 °C) 3300 m/s
Young se modulus 63.5 GPa
Skuifmodulus 25.6 GPa
Massamodulus 41.2 GPa
Poissonverhouding 0.243
Brinell hardheid 589 MPa
CAS-registernommer 7440-65-5
Vernaamste isotope
Hoofartikel: Isotope van Yttrium
iso NV halfleeftyd VM VE (MeV) VP
87Y sin 3.35 d e - 87Sr
? 0.48, 0.38D -
88Y sin 106.6 d e - 88Sr
? 1.83, 0.89 -
89Y 100% Y is stabiel met 50 neutrone
90Y sin 2.67 d ß- 2.28 90Zr
? 2.18 -
91Y sin 58.5 d ß- 1.54 91Zr
? 1.20 -
Verwysings

Yttrium is 'n chemiese element in die periodieke tabel met die simbool Y en atoomgetal van 39. Yttrium is 'n silwerige metaalagtige oorgangsmetaal wat algemeen aangetref word in seldsame aardminerale en twee van sy verbindings word gebruik in die rooi gekleurde fosforeserende materiaal in katodestraalbuise soos dié wat in televisiestelle gebruik is.

Kenmerkende eienskappe

Yttrium is 'n silwer metaalagtige, glansende seldsame aardmetaal wat relatief stabiel in lug is. Die voorkoms is baie soortgelyk aan skandium en sy chemiese eienskappe stem ooreen met die lantaniede. Met blootstelling aan lug verkry dit 'n effense pienk glans. Fyn snysels van die materaail kan spontaan in lug ontbrand as dit warmer as 400 °C verhit word. Fynverdeelde yttrium is hoogs onstabiel in lug. Die metaal het 'n lae neutrondeursnee vir kernvangs. Die algemene oksidasietoestand van yttrium is +3.

Gebruike

Yttrium(III)oksied is die belangrikste yttrium verbinding en word algemeen gebruik om YVO4: Eu en Y2O3:Eu fosforeserende materiale te vervaardig wat die rooi kleur gee in kleurtelevisiebuise. Ander gebruike sluit in:

  • Yttriumoksied word ook gebruik om yttriumystergranate te vervaardig wat baie effektiewe mikrogolf-filters is.
  • Yttriumyster-, aluminium- en gadoliniumgranate (bv. Y3Fe5O12 en Y3Al5O12) het interessante magnetiese eienskappe. Yttriumystergranaat is ook 'n baie doeltreffende akoestiese energie versender en oorvormer. Yttriumaluminiumgranaat het 'n hardheid van 8.5 en word ook gebruik as 'n edelsteen (kunsdiamant).
  • Klein hoeveelhede van die element (0.1 tot 0.2%) is al gebruik om die korrelgrootte van chroom, molibdeen, titaan en sirkonium te verminder. Dit word ook gebruik om van aluminium- en magnesiumlegerings te versterk.
  • Word gebruik as 'n katalisator vir die polimerisering van etileen.
  • Yttriumaluminiumgranaat, yttriumlitiumfluoried en yttriumvanadaat word in kombinasie met ander doopmiddels soos neodimium of erbium in infrarooi lasers gebruik.
  • Dit word in die elektrodes van sommige hoë werkverrigting vonkproppe gebruik.
  • Die metaal kan gebruik word om vanadium en ander nie ysterbevattende metale te deoksideer.
  • Yttrium word ook gebruik in die vervaardiging van gasmantels vir propaanlanterns as 'n vervanging vir torium wat effe radio-aktief is.
  • Serium-behandelde yttriumaluminiumgranaat (YAG:Ce) kristalle word gebruik as fosforeserende materiale om wit LED's te maak.
  • Yttrium-90 mikrosfere blyk belowend te wees as behandeling vir sekere kankers.
  • Yttrium is gebruik as 'n element in die supergeleier wat deur die Universiteit van Houston ontwikkel is, YBaCuO. Hierdie supergeleier is bo 90K bedryf, wat 'n betekenisvolle ontwikkeling is omdat dit hoër is as die kookpunt van vloeibare stikstof (-195.9 °C).
  • Yttriumoksied word gebruik om die kubiese vorm van sirkonia te stabiliseer vir gebruik in juwele.

Geskiedenis

Yttrium (wat vernoem is na Ytterby, 'n Sweedse dorp naby Vaxholm) is deur die Finse skeikundige, fisikus en mineraloog Johan Gadolin in 1794 ontdek en is geïsoleer deur Friedrich Wöhler in 1828 as 'n onsuiwer ekstrak van yttria deur die reduksie van anhidriese yttriumchloried (YCl3) met kalium. Yttria (Y2O3) is die oksied van yttrium en is deur Johan Gadolin in 1794 ontdek in 'n gadoliniet mineraal uit Ytterby.

In 1843 het die Sweedse skeikundige Carl Mosander getoon dat yttria in drie verskillende oksiedes (of aardes) geskei kon word. "Yttria" is die naam wat behou is vir die mees basiese oksied wat dan ook die grootste deel van die mengsel uitgemaak het (ongeveer twee derdes) en die ander twee oksiede is erbia en terbia genoem.

Uitgrawings naby die dorp Ytterby het baie ongewone minerale opgelewer wat seldsame aard- en ander elemente bevat het. Die elemente erbium, terbium, ytterbium en yttrium is almal na hierdie selfde dorpie vernoem.

Verspreiding

Die element kan gevind word in byna al die seldsame aardminerale en ook in uraanertse maar word nooit in die natuur in onverbonde vorm aangetref nie. Yttrium word kommersieel ontgin vanuit monasietsand (3% inhoud, [(Ce, La, ens.)PO4]) en vanaf bastnäsiet (0.2% inhoud, [(Ce, La, ens.)(CO3)F]).

Dit word kommersieel vervaardig deur yttriumfluoried met kalsium-metaal te reduseer maar kan ook deur ander metodes vervaardig word. Die element wat moeilik is om van ander seldsame aardes geskei word kom voor as 'n donker grys poeier.

Maanrotsmonsters wat deur die Apollo program geneem is het 'n relatief hoë yttrium inhoud gehad.

Isotope

Natuurlike yttrium bestaan slegs uit een isotoop (Y-89). Die mees stabiele radio-isotope is Y-88 met 'n halfleeftyd van 106.65 en Y-91 met 'n halfleeftyd van 58.51 dae. Al die ander isotope het halfleeftye van minder as 'n dag behalwe vir Y-87 wat 'n halfleeftyd van 79.8 uur het. Die dominante vervalmodus onder die stabiele Y-89 is elektronvangs en die dominante modus daarna is beta-uitstraling. Ses-en-twintig onstabiele isotope is al geëien.

Y-90 bestaan in ewewig met sy moederisotoop stronsium-90, wat 'n produk van kernontploffings is.

Voorsorgmaatreëls

Baie min mense kom verbindings wat hierdie element bevat teë, maar dit behoort gewoonlik as baie giftig beskou word al is baie van die verbindings nie baie skadelik nie. Yttrium soute kan karsinogenies wees. Die element word nie gewoonlik in menslike weefsel aangetref nie en het sover bekend geen biologiese rol nie.

Sien ook

Verwysings

  • Los Alamos National Laboratory – Yttrium

Eksterne skakels

  • WebElements.com – Yttrium



Yttrium
yttrium, stronsium, yttrium, sirkoniumsc, periodieke, tabelalgemeennaam, simbool, getal, yttrium, 39chemiese, reeks, oorgangsmetalegroep, periode, blok, dvoorkomsatoommassa, 90585, molelektronkonfigurasie, 5s2elektrone, skil, 2fisiese, eienskappetoestand, vast. 39 stronsium yttrium sirkoniumSc Y Lu Periodieke tabelAlgemeenNaam simbool getal yttrium Y 39Chemiese reeks oorgangsmetaleGroep periode blok 3 5 dVoorkomsAtoommassa 88 90585 2 g molElektronkonfigurasie Kr 4d1 5s2Elektrone per skil 2 8 18 9 2Fisiese eienskappeToestand vastestofDigtheid naby k t 4 472 g cm Vloeistof digtheid teen s p 4 24 g cm Smeltpunt 1799 K 1526 C Kookpunt 3609 K 3336 C Smeltingswarmte 11 42 kJ molVerdampingswarmte 365 kJ molWarmtekapasiteit 25 C 26 53 J mol K Dampdruk P Pa 1 10 100 1 k 10 k 100 kteen T K 1883 2075 2320 2627 3036 3607 AtoomeienskappeKristalstruktuur heksagonaalStukturbericht kode A3Oksidasietoestande 3 swak basiese oksied Elektronegatiwiteit 1 22 Skaal van Pauling Ionisasie energiee 1ste 600 kJ mol2de 1180 kJ mol3de 1980 kJ molAtoomradius 180 pmAtoomradius ber 212 pmKovalente radius 162 pmDiverseMagnetiese rangskikking geen dataElektriese weerstand k t a poli 596 nW mTermiese geleidingsvermoe 300 K 17 2 W m K Termiese uitstetting k t a poli 10 6 µm m K Spoed van klank dun staaf 20 C 3300 m sYoung se modulus 63 5 GPaSkuifmodulus 25 6 GPaMassamodulus 41 2 GPaPoissonverhouding 0 243Brinell hardheid 589 MPaCAS registernommer 7440 65 5Vernaamste isotopeHoofartikel Isotope van Yttrium iso NV halfleeftyd VM VE MeV VP87Y sin 3 35 d e 87Sr 0 48 0 38D 88Y sin 106 6 d e 88Sr 1 83 0 89 89Y 100 Y is stabiel met 50 neutrone90Y sin 2 67 d ss 2 28 90Zr 2 18 91Y sin 58 5 d ss 1 54 91Zr 1 20 VerwysingsYttrium is n chemiese element in die periodieke tabel met die simbool Y en atoomgetal van 39 Yttrium is n silwerige metaalagtige oorgangsmetaal wat algemeen aangetref word in seldsame aardminerale en twee van sy verbindings word gebruik in die rooi gekleurde fosforeserende materiaal in katodestraalbuise soos die wat in televisiestelle gebruik is Inhoud 1 Kenmerkende eienskappe 2 Gebruike 3 Geskiedenis 4 Verspreiding 5 Isotope 6 Voorsorgmaatreels 7 Sien ook 8 Verwysings 9 Eksterne skakelsKenmerkende eienskappe WysigYttrium is n silwer metaalagtige glansende seldsame aardmetaal wat relatief stabiel in lug is Die voorkoms is baie soortgelyk aan skandium en sy chemiese eienskappe stem ooreen met die lantaniede Met blootstelling aan lug verkry dit n effense pienk glans Fyn snysels van die materaail kan spontaan in lug ontbrand as dit warmer as 400 C verhit word Fynverdeelde yttrium is hoogs onstabiel in lug Die metaal het n lae neutrondeursnee vir kernvangs Die algemene oksidasietoestand van yttrium is 3 Gebruike WysigYttrium III oksied is die belangrikste yttrium verbinding en word algemeen gebruik om YVO4 Eu en Y2O3 Eu fosforeserende materiale te vervaardig wat die rooi kleur gee in kleurtelevisiebuise Ander gebruike sluit in Yttriumoksied word ook gebruik om yttriumystergranate te vervaardig wat baie effektiewe mikrogolf filters is Yttriumyster aluminium en gadoliniumgranate bv Y3Fe5O12 en Y3Al5O12 het interessante magnetiese eienskappe Yttriumystergranaat is ook n baie doeltreffende akoestiese energie versender en oorvormer Yttriumaluminiumgranaat het n hardheid van 8 5 en word ook gebruik as n edelsteen kunsdiamant Klein hoeveelhede van die element 0 1 tot 0 2 is al gebruik om die korrelgrootte van chroom molibdeen titaan en sirkonium te verminder Dit word ook gebruik om van aluminium en magnesiumlegerings te versterk Word gebruik as n katalisator vir die polimerisering van etileen Yttriumaluminiumgranaat yttriumlitiumfluoried en yttriumvanadaat word in kombinasie met ander doopmiddels soos neodimium of erbium in infrarooi lasers gebruik Dit word in die elektrodes van sommige hoe werkverrigting vonkproppe gebruik Die metaal kan gebruik word om vanadium en ander nie ysterbevattende metale te deoksideer Yttrium word ook gebruik in die vervaardiging van gasmantels vir propaanlanterns as n vervanging vir torium wat effe radio aktief is Serium behandelde yttriumaluminiumgranaat YAG Ce kristalle word gebruik as fosforeserende materiale om wit LED s te maak Yttrium 90 mikrosfere blyk belowend te wees as behandeling vir sekere kankers Yttrium is gebruik as n element in die supergeleier wat deur die Universiteit van Houston ontwikkel is YBaCuO Hierdie supergeleier is bo 90K bedryf wat n betekenisvolle ontwikkeling is omdat dit hoer is as die kookpunt van vloeibare stikstof 195 9 C Yttriumoksied word gebruik om die kubiese vorm van sirkonia te stabiliseer vir gebruik in juwele Geskiedenis WysigYttrium wat vernoem is na Ytterby n Sweedse dorp naby Vaxholm is deur die Finse skeikundige fisikus en mineraloog Johan Gadolin in 1794 ontdek en is geisoleer deur Friedrich Wohler in 1828 as n onsuiwer ekstrak van yttria deur die reduksie van anhidriese yttriumchloried YCl3 met kalium Yttria Y2O3 is die oksied van yttrium en is deur Johan Gadolin in 1794 ontdek in n gadoliniet mineraal uit Ytterby In 1843 het die Sweedse skeikundige Carl Mosander getoon dat yttria in drie verskillende oksiedes of aardes geskei kon word Yttria is die naam wat behou is vir die mees basiese oksied wat dan ook die grootste deel van die mengsel uitgemaak het ongeveer twee derdes en die ander twee oksiede is erbia en terbia genoem Uitgrawings naby die dorp Ytterby het baie ongewone minerale opgelewer wat seldsame aard en ander elemente bevat het Die elemente erbium terbium ytterbium en yttrium is almal na hierdie selfde dorpie vernoem Verspreiding WysigDie element kan gevind word in byna al die seldsame aardminerale en ook in uraanertse maar word nooit in die natuur in onverbonde vorm aangetref nie Yttrium word kommersieel ontgin vanuit monasietsand 3 inhoud Ce La ens PO4 en vanaf bastnasiet 0 2 inhoud Ce La ens CO3 F Dit word kommersieel vervaardig deur yttriumfluoried met kalsium metaal te reduseer maar kan ook deur ander metodes vervaardig word Die element wat moeilik is om van ander seldsame aardes geskei word kom voor as n donker grys poeier Maanrotsmonsters wat deur die Apollo program geneem is het n relatief hoe yttrium inhoud gehad Isotope WysigNatuurlike yttrium bestaan slegs uit een isotoop Y 89 Die mees stabiele radio isotope is Y 88 met n halfleeftyd van 106 65 en Y 91 met n halfleeftyd van 58 51 dae Al die ander isotope het halfleeftye van minder as n dag behalwe vir Y 87 wat n halfleeftyd van 79 8 uur het Die dominante vervalmodus onder die stabiele Y 89 is elektronvangs en die dominante modus daarna is beta uitstraling Ses en twintig onstabiele isotope is al geeien Y 90 bestaan in ewewig met sy moederisotoop stronsium 90 wat n produk van kernontploffings is Voorsorgmaatreels WysigBaie min mense kom verbindings wat hierdie element bevat tee maar dit behoort gewoonlik as baie giftig beskou word al is baie van die verbindings nie baie skadelik nie Yttrium soute kan karsinogenies wees Die element word nie gewoonlik in menslike weefsel aangetref nie en het sover bekend geen biologiese rol nie Sien ook WysigErbium Terbium YtterbiumVerwysings WysigLos Alamos National Laboratory YttriumEksterne skakels Wysig Wikiwoordeboek het n inskrywing vir yttrium Wikimedia Commons bevat media in verband met Yttrium WebElements com Yttrium H HeLi Be B C N O F NeNa Mg Al Si P S Cl ArK Ca Sc Ti V Cr Mn Fe Co Ni Cu Zn Ga Ge As Se Br KrRb Sr Y Zr Nb Mo Tc Ru Rh Pd Ag Cd In Sn Sb Te I XeCs Ba La Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg Tl Pb Bi Po At RnFr Ra Ac Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr Rf Db Sg Bh Hs Mt Ds Rg Cn Nh Fl Mc Lv Ts OgAlkalimetale Aardalkalimetale Lantaniede Aktiniede Oorgangsmetale Hoofgroepmetale Metalloide Niemetale Halogene Edelgasse Chemie onbekendOntsluit van https af wikipedia org w index php title Yttrium amp oldid 1985750,