fbpx
Wikipedia

Wyfie

'n Wyfie verwys in die natuur se diereryk na 'n vroulike organisme van 'n spesie, hetsy 'n soogdier, vis, voël of reptiel.

Die venus-simbool word gebruik om vroulike organismes aan te dui.

'n Duidelike onderskeidende kenmerk in die klas Mammalia (soogdiere), is die teenwoordigheid van melkkliere by vroulike diere. Die melkkliere is aangepaste sweetkliere wat melk produseer, wat gebruik word om die kleintjies te voed vir 'n geruime tyd na hul geboorte. Slegs soogdiere produseer melk. Melkkliere is die mees ooglopende in die mens, omrede die vroulike menslike liggaam groot hoeveelhede vetterige weefsel stoor naby die tepels, wat in prominente borste uitstaan. Melkkliere is teenwoordig in alle soogdiere, hoewel dit slegs rudimentêr (onderontwikkel) is in die manlike lede van die spesie.

Vroulik () dui op die geslag van 'n organisme, of 'n deel van 'n organisme, wat 'n nie-mobiele eiersel (of eierselle) voortbring. Die meeste vroulike soogdiere, insluitend die vroulike mens, het twee X-chromosome in elke sel.

Soogdierwyfies baar hulle kleintjies lewendig (met die uitsondering van seldsame monotremes, wat eiers lê). Sommige nie-soogdiere, soos guppies, het analoog voortplantingstrukture en enkele ander nie-soogdiere, soos haaie, se eiers broei in die liggaam uit, dit gee dan die indruk dat hulle die kleintjies lewendig baar.

Sien ook

Eksterne skakels

Wyfie
wyfie, verwys, natuur, diereryk, vroulike, organisme, spesie, hetsy, soogdier, voël, reptiel, venus, simbool, word, gebruik, vroulike, organismes, duidelike, onderskeidende, kenmerk, klas, mammalia, soogdiere, teenwoordigheid, melkkliere, vroulike, diere, melk. n Wyfie verwys in die natuur se diereryk na n vroulike organisme van n spesie hetsy n soogdier vis voel of reptiel Die venus simbool word gebruik om vroulike organismes aan te dui n Duidelike onderskeidende kenmerk in die klas Mammalia soogdiere is die teenwoordigheid van melkkliere by vroulike diere Die melkkliere is aangepaste sweetkliere wat melk produseer wat gebruik word om die kleintjies te voed vir n geruime tyd na hul geboorte Slegs soogdiere produseer melk Melkkliere is die mees ooglopende in die mens omrede die vroulike menslike liggaam groot hoeveelhede vetterige weefsel stoor naby die tepels wat in prominente borste uitstaan Melkkliere is teenwoordig in alle soogdiere hoewel dit slegs rudimenter onderontwikkel is in die manlike lede van die spesie Vroulik dui op die geslag van n organisme of n deel van n organisme wat n nie mobiele eiersel of eierselle voortbring Die meeste vroulike soogdiere insluitend die vroulike mens het twee X chromosome in elke sel Soogdierwyfies baar hulle kleintjies lewendig met die uitsondering van seldsame monotremes wat eiers le Sommige nie soogdiere soos guppies het analoog voortplantingstrukture en enkele ander nie soogdiere soos haaie se eiers broei in die liggaam uit dit gee dan die indruk dat hulle die kleintjies lewendig baar Sien ook WysigMannetjieEksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Wyfie Hierdie artikel is n saadjie Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Wyfie amp oldid 2024533,