×
Witdwerg

’n Witdwerg is ’n klein ster wat vorm nadat ’n hoofreeksster met ’n gemiddelde massa die einde van sy leeftyd bereik het. Hulle is baie dig: hul massa is vergelykbaar met dié van die Son en hul grootte met dié van die Aarde. Hul dowwe lig kom van die uitstraling van gebergte termiese energie. Dit sal die laaste fase van evolusie wees van meer as 97% van die sterre in die Melkweg.

Die naaste bekende witdwerg aan die Aarde is Sirius B, 8,6 ligjare van hier. Dit is die kleinste komponent van die Sirius-dubbelster. In Januarie 2009 is agt witdwerge getel in die honderd sterstelsels naaste aan die son. Die term is in 1922 deur Willem Luyten bekend gestel.

'n Vergelyking tussen die witdwerg IK Pegasi B (middel), sy A-klas-metgesel IK Pegasi A (links) en die Son (regs). Dié witdwerg het 'n oppervlaktemperatuur van 35 500 K.

Nadat die waterstofverbrandende fase van ’n hoofreeksster met ’n gemiddelde of lae massa eindig, sal dit uitsit en ’n rooireus word. As die rooi reus se massa nie groot genoeg is om die temperatuur op te wek waarteen koolstof verbrand word nie, sal ’n onaktiewe massa van koolstof en suurstof in die middel van die ster opbou. Nadat die ster sy buitenste lae weggestoot het om ’n planetêre newel te vorm, sal net die kern oorbly. Dit is die steroorblyfsel wat ’n witdwerg vorm. Daarom bestaan witdwerge hoofsaaklik uit koolstof en suurstof.

As die aanvanklike massa van die ster tussen 8 en 10,5 sonmassas is, sal die kerntemperatuur hoog genoeg wees om koolstof te verbrand, maar nie neon nie; in so ’n geval kan ’n witdwerg gevorm word wat uit suurstof, neon en magnesium bestaan.

Die elemente in ’n witdwerg ondergaan nie meer fusiereaksies nie. Die ster het dus geen bron van energie nie en sal mettertyd afkoel. Eindelik sal dit nie veel hitte of lig uitstraal nie en ’n swartdwerg word. Dit neem egter langer as die geskatte 13,8 miljard jaar wat die heelal oud is, en daarom bestaan daar nog geen swartdwerge nie.

  1. Johnson, J. (2007). . Aantekeninge, Astronomie 162 (in Engels). Ohio-staatsuniversiteit. vanaf die oorspronklike op 15 November 2019. Besoek op17 Oktober 2011.
  2. Richmond, M. . Aantekeninge, Fisika 230 (in Engels). Rochester-instituut vir Tegnologie. vanaf die oorspronklike op 11 Junie 2020. Besoek op3 Mei 2007.
  3. Fontaine, G.; Brassard, P.; Bergeron, P. (2001). "The Potential of White Dwarf Cosmochronology". Publikasies van die Astronomical Society of the Pacific. 113 (782): 409. Bibcode:. doi:.
  4. Henry, T. J. (1 Januarie 2009). (in Engels). Research Consortium On Nearby Stars. Geargiveer vanaf op 29 Maart 2013. Besoek op21 Julie 2010.
  5. Holberg, J.B. (2005). "How Degenerate Stars Came to be Known as White Dwarfs". American Astronomical Societyvergadering, 207. 207: 1503. Bibcode:.
  6. Werner, K.; Hammer, N. J.; Nagel, T.; Rauch, T.; Dreizler, S. (2005). "On Possible Oxygen/Neon White Dwarfs: H1504+65 and the White Dwarf Donors in Ultracompact X-ray Binaries". 14th European Workshop on White Dwarfs. 334: 165. arXiv:. Bibcode:.
  7. Spergel, D. N.; Bean, R.; Doré, O.; Nolta, M.R.; Bennett, C.L.; Dunkley, J.; Hinshaw, G.; Jarosik, N.; Komatsu, E. (2007). "Wilkinson Microwave Anisotropy Probe (WMAP) Three Year Results: Implications for Cosmology". The Astrophysical Journal Supplement Series. 170 (2): 377. arXiv:. Bibcode:. doi:.

Publikasie datum: September 26, 2021

witdwerg, hertzsprung, russell, diagram, spektraaltipe, bruin, dwerge, dwerge, rooi, dwerge, subdwerge, hoofreeks, dwerge, subreuse, reuse, helder, reuse, superreuse, hiperreuse, absolute, magni, tude, klein, ster, vorm, nadat, hoofreeksster, gemiddelde, massa. Hertzsprung Russell diagram Spektraaltipe Bruin dwerge Wit dwerge Rooi dwerge Subdwerge Hoofreeks dwerge Subreuse Reuse Helder reuse Superreuse Hiperreuse Absolute magni tude MV n Witdwerg is n klein ster wat vorm nadat n hoofreeksster met n gemiddelde massa die einde van sy leeftyd bereik het Hulle is baie dig hul massa is vergelykbaar met die van die Son en hul grootte met die van die Aarde Hul dowwe lig kom van die uitstraling van gebergte termiese energie 1 2 Dit sal die laaste fase van evolusie wees van meer as 97 van die sterre in die Melkweg 3 Die naaste bekende witdwerg aan die Aarde is Sirius B 8 6 ligjare van hier Dit is die kleinste komponent van die Sirius dubbelster In Januarie 2009 is agt witdwerge getel in die honderd sterstelsels naaste aan die son 4 Die term is in 1922 deur Willem Luyten bekend gestel 5 Beskrywing Wysig n Vergelyking tussen die witdwerg IK Pegasi B middel sy A klas metgesel IK Pegasi A links en die Son regs Die witdwerg het n oppervlaktemperatuur van 35 500 K Nadat die waterstofverbrandende fase van n hoofreeksster met n gemiddelde of lae massa eindig sal dit uitsit en n rooireus word As die rooi reus se massa nie groot genoeg is om die temperatuur op te wek waarteen koolstof verbrand word nie sal n onaktiewe massa van koolstof en suurstof in die middel van die ster opbou Nadat die ster sy buitenste lae weggestoot het om n planetere newel te vorm sal net die kern oorbly Dit is die steroorblyfsel wat n witdwerg vorm 2 Daarom bestaan witdwerge hoofsaaklik uit koolstof en suurstof As die aanvanklike massa van die ster tussen 8 en 10 5 sonmassas is sal die kerntemperatuur hoog genoeg wees om koolstof te verbrand maar nie neon nie in so n geval kan n witdwerg gevorm word wat uit suurstof neon en magnesium bestaan 6 Die elemente in n witdwerg ondergaan nie meer fusiereaksies nie Die ster het dus geen bron van energie nie en sal mettertyd afkoel Eindelik sal dit nie veel hitte of lig uitstraal nie en n swartdwerg word 2 Dit neem egter langer as die geskatte 13 8 miljard jaar wat die heelal oud is 7 en daarom bestaan daar nog geen swartdwerge nie 1 3 Verwysings Wysig 1 0 1 1 Johnson J 2007 Extreme Stars White Dwarfs amp Neutron Stars Aantekeninge Astronomie 162 in Engels Ohio staatsuniversiteit Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 November 2019 Besoek op 17 Oktober 2011 2 0 2 1 2 2 Richmond M Late stages of evolution for low mass stars Aantekeninge Fisika 230 in Engels Rochester instituut vir Tegnologie Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Junie 2020 Besoek op 3 Mei 2007 3 0 3 1 Fontaine G Brassard P Bergeron P 2001 The Potential of White Dwarf Cosmochronology Publikasies van die Astronomical Society of the Pacific 113 782 409 Bibcode 2001PASP 113 409F doi 10 1086 319535 Henry T J 1 Januarie 2009 The One Hundred Nearest Star Systems in Engels Research Consortium On Nearby Stars Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Maart 2013 Besoek op 21 Julie 2010 Holberg J B 2005 How Degenerate Stars Came to be Known as White Dwarfs American Astronomical Societyvergadering 207 207 1503 Bibcode 2005AAS 20720501H Werner K Hammer N J Nagel T Rauch T Dreizler S 2005 On Possible Oxygen Neon White Dwarfs H1504 65 and the White Dwarf Donors in Ultracompact X ray Binaries 14th European Workshop on White Dwarfs 334 165 arXiv astro ph 0410690 Bibcode 2005ASPC 334 165W Spergel D N Bean R Dore O Nolta M R Bennett C L Dunkley J Hinshaw G Jarosik N Komatsu E 2007 Wilkinson Microwave Anisotropy Probe WMAP Three Year Results Implications for Cosmology The Astrophysical Journal Supplement Series 170 2 377 arXiv astro ph 0603449 Bibcode 2007ApJS 170 377S doi 10 1086 513700 Eksterne skakels Wysig Wikiwoordeboek het n inskrywing vir witdwerg Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Witdwerg amp ol,