×
William Shakespeare

William Shakespeare (gedoop 26 April 1564 – oorlede 23 April 1616) was 'n Engelse digter en dramaturg en word geag as die belangrikste skrywer van die Engelse taal en die wêreld se vernaamste dramaturg. Hy het ongeveer 38 toneelstukke en 154 sonnette asook 'n verskeidenheid ander gedigte geskryf. Shakespeare was reeds 'n gewilde skrywer in sy eie leeftyd, maar na sy dood is hy steeds meer geprys en sy werk is deur die eeue heen toenemend vereer deur talle prominente kulturele figure. Hy word gereeld beskou as die nasionale digter van Engeland en daar word somtyds na hom verwys as die "Bard of Avon" (die Minnesanger van Avon), of eenvoudig net die "Bard", of die "Swaan van Avon".

William Shakespeare
Geboregedoop op 26 April 1564
Sterf23 April 1616 (op 52)
Stratford-upon-Avon, Warwickshire, Engeland
Nasionaliteit Engeland
BeroepDramaturg, digter, akteur
EggenootAnne Hathaway (1582–1616)
KindersSusanna Hall
Hamnet Shakespeare
Judith Quiney
Ouer(s)John Shakespeare (vader)
Mary Shakespeare (moeder)
Handtekening

Ortodokse geleerdes glo dat Shakespeare die meeste van sy werke tussen 1586 en 1612 geproduseer het, alhoewel die presiese datums en kronologie van die toneelstukke wat aan hom toegeken word aansienlik gedebatteer word, soos ook die outeurskap van sommige van sy werke. Hy word beskou as een van die min dramaturge wat uitblink in sowel komedie as tragedie en sy toneelstukke kombineer bekoring met komplekse karakterisering, digterlike prag en filosofiese diepte.

Shakespeare se werke is al in die mees-gebruikte, lewende tale vertaal en sy toneelstukke word voortdurend reg oor die wêreld opgevoer. Bowendien is Shakespeare die mees aangehaalde skrywer in die literatuur en geskiedenis van die Engels-sprekende wêreld, en baie van sy aanhalings en neologismes is nou deel van alledaagse Engels en ander tale. Oor die jare het baie mense gespekuleer oor Shakespeare se lewe en hardop gewonder oor sy seksualiteit en geloof.

Inhoud

Vroeë jare

Shakespeare se geboortehuis in Stratford

William Shakespeare (ook gespel Shakspere, Shaksper, Shaxper, en Shake-speare, siende dat daar in die tyd nie vasgestelde spelreëls was nie) is in Stratford-upon-Avon gebore in April 1564. Sy ouers was John Shakespeare, 'n suksesvolle handskoenmaker en wethouer van Snitterfield, en Mary Arden, 'n dogter van lae adel. Daar word aangeneem dat sy geboorte by sy ouerhuis in Henley Straat plaasgevind het. Shakespeare se dooprekord dateer uit 26 April van daardie jaar. Aangesien babas destyds binne 'n paar dae van geboorte gedoop is het tradisie te ruste gekom op 23 April as Shakespeare se geboortedag. Hierdie datum verskaf 'n gerieflike simmetrie, aangesien Shakespeare op dieselfde dag oorlede is: 23 April (3 Mei op die Gregoriaanse kalender), 1616.

Shakespeare het waarskynlik die King Edward VI Laerskool bygewoon. Alhoewel die skole van daardie tyd gewissel het in kwaliteit, het dié skool waarskynlik 'n intensiewe Latyn, grammatika en literatuur opleiding voorsien. Daar word aanvaar dat Shakespeare hierdie skool bygewoon het aangesien hy, as die seun van 'n prominente dorpsamptenaar, dit verniet kon doen – sy bywoning kan ongelukkig nie bevestig word nie, aangesien die skool se rekords nie meer bestaan nie.

Op 28 November 1582 het 'n 18-jarige Shakespeare met 'n 26-jarige Anne Hathaway getrou. Een dokument identifiseer Hathaway as 'n burger "van Temple Grafton", naby Stratford, dus is dit moontlik dat die troue daar plaasgevind het. Twee van Hathaway se bure het 'n formele verklaring onderteken dat daar niks was wat die huwelik sou verhinder nie. Dit blyk dat die seremonie met haas georganiseer is – waarskynlik omdat Anne drie maande swanger was.

Shakespeare se eerste kind, Susanna, was op 26 Mei 1583, in Stratford gedoop. Twee kinders, 'n seun, Hamnet, en 'n dogter, Judith, was op 2 Februarie, 1585 gedoop. Hamnet is oorlede in 1596 en begrawe op 11 Augustus van daardie jaar.

Na sy troue het Shakespeare min spore in historiese dokumente gelaat tot sy verskyning op die Londense teaterverhoog. Die periode tussen 1585 (toe sy tweelingkinders gebore is) en 1592 (toe Robert Greene na hom verwys het as 'n "arrogante kraai") staan bekend as Shakespeare se "verlore jare", aangesien daar geen bewyse meer bestaan wat verklaar waar hy in hierdie tyd was of hoekom hy Stratford verlaat het en na Londen toe verhuis het nie. Daar is 'n aantal stories wat lig kan werp op hierdie tydperk, insluitende dat Shakespeare in die moeilikheid gekom het omdat hy takbokke gestroop het; dat hy gewerk het as 'n plattelandse onderwyser en dat hy teaterborge se perde opgepas het in Londen. Daar is egter geen direkte bewyse vir enige van hierdie stories nie en hulle blyk almal te voorskyn gekom het ná Shakespeare se dood.

Londen en Shakespeare se toneelloopbaan

William Shakespeare

Teen 1592 was Shakespeare al 'n toneelskrywer in Londen; sy reputasie was van so 'n aard dat Robert Greene hom gekritiseer het deur te sê: "'n arrogante kraai, met onse vere mooigemaak, en sy Tierenhart in 'n Spelersvel omhul, veronderstel dat hy 'n kamtig hoogdrawende blanko versie net so goed as die beste van julle kan skep: en siende dat hy 'n absolute Johannesfaktotum is, is hy in sy eie verwaandheid die enigste "Shake"-toneel in die land." (Die skuinsgedrukte gedeelte is 'n woordspeling op die spreuk "O, tierenshart in vrouensvel omhul" ("Oh, tiger's heart wrapped in a woman's hide", wat Shakespeare in Henry VI, deel 3, geskryf het.)

In die laaste maande van 1594 was Shakespeare 'n akteur, skrywer en gedeeltelike eienaar van 'n toneelvereniging bekend as die "Heer Chamberlain se Manne" (Lord Chamberlain's Men). Dit was 'n gewoonte in die tyd om die naam van jou groep te neem van dié van jou aristokratiese borg, in die geval Heer Chamberlain. Die groep was so gewild dat na die dood van Elizabeth I en die kroning van James I, die nuwe vorst die groep aangeneem het en hulle bekendgeword het as die "Koning se Manne" (King's Men). Dit blyk ook uit Shakespeare se werke dat hy inderdaad 'n akteur was: daar is baie frases, woorde en verwysings na toneelspel, maar daar is nie die akademiese benadering na die kuns van toneelspel wat mens sal verwag nie.

In 1596 het Shakespeare reeds na die gemeente van St. Helen in Bishopsgate verhuis en teen 1598 het hy bo-aan die lys van akteurs verskyn in "Elke Man in Sy Humor" (Every Man in His Humour) geskrewe deur Ben Johnson. Shakespeare se naam het ook in 1598 bo-op die titelbladsye van sy toneelstukke verskyn, waarskynlik as reklame.

Daar is tradisie dat Shakespeare, bo en behalwe die feit dat hy vele van sy toneelgroep se stukke self geskryf het en as mede-eienaar van die groep by die besigheids- en finansiële kant daarvan betrokke was, ook aangehou het om self toneel te speel in 'n verskeidenheid rolle, soos Adam, die spook van Hamlet se vader in As You Like It en in die koorgedeelte van Henry V.

Dit blyk dat hy in ongeveer 1599 oor die Teems-rivier na Southwark verhuis het. Teen 1604 het hy egter weereens Noord van die rivier verhuis en saam met 'n Hugenootfamilie met die naam Mountjoy, net Noord van St. Paulus se katedraal gewoon het. Sy verblyf daar is van belang omdat hy die huwelik tussen die Mountjoys se dogter en hulle vakleerling, Stephen Bellot, help organiseer het. Bellot het later sy skoonpa gedagvaar omdat hy versuim het om 'n gedeelte van die bruidskat te betaal en Shakespeare moes as getuie verskyn.

Verskeie dokumente waarop wetlike sake en kommersiële handelinge vasgelê is verklap dat Shakespeare, terwyl hy in Londen gewoon het, ryk genoeg geword het om eiendom in Blackfriars in Londen te koop en hy dat hy die tweede grootste huis in Stratford, New Place, besit het.

Latere jare

Shakespeare se handteking uit sy testament. Dit lees Deur myself, William Shakespeare

Dit blyk dat Shakespeare in 1613 afgetree het en terug na Stratford verhuis het. Hy is oorlede op 23 April 1616 op die ouderdom van 52. As oorlewering korrek is oor sy geboortedag is Shakespeare op sy verjaardag oorlede. Hy was tot sy dood getroud met Anne Hathaway en het sy twee kinders, Susanna en Judith agtergelaat. Sy seun, Hamnet, is oorlede in 1596. Susanna Shakespeare is getroud met Dr. John Hall, maar daar is vandag geen direkte afstammelinge van die digter en toneelskrywer nie.

Shakespeare is in die koorgedeelte van die Holy Trinity Church in Stratford-upon-Avon begrawe. Die eer was hom toegeken nie omdat hy 'n bekende literêre figuur was nie, maar omdat hy 'n aandeel vir 'n tiende van die kerk gekoop het vir £440 ('n aansienlike bedrag geld vir daardie tyd). 'n Monument op die muur naas sy graf (waarskynlik deur sy familie daar geplaas) is 'n afbeelding van 'n skrywende Shakespeare. Daar word elke jaar op Shakespeare se aanvaarde verjaardag 'n nuwe veerpen in die afbeelding se hand gesit.

Dit is moontlik dat Shakespeare sy eie epitaaf geskryf het:

Goeie vriend, om Jesusnaam weerhou
om te grawe in die stof hier ingebou.
'n Geseënde man bewaar hierdie stene,
'n vervloekte man verskuif my bene.


Toneelstukke

William Shakespeare, op die omslagbladsy van die Eerste Folio.

'n Aantal van Shakespeare se werke word as die beste in die Engelse taal en Westerse letterkunde beskou. Hy het tragedies, komedies, historiese dramas en ook romans geskryf, waarvan die meeste in elke veelgesproke taal vertaal is en ook wêreldwyd opgevoer word.

In Shakespeare se tyd was dit algemeen om toneelstukke op ander toneelskrywers se werk te baseer; Shakespeare het dié norm gevolg en ook vroeëre verhale en geskiedkundige materiaal verwerk. Hamlet (circa 1600), byvoorbeeld, is waarskynlik 'n verwerking van 'n ouer verlore toneelstuk, die sogenaamde "Ur-Hamlet", en King Lear is 'n aangepasde weergawe van 'n vroeër toneelstuk, ook genaamd "King Lear". Vir sy historiese dramas het Shakespeare grotendeels vertrou op twee voorname tekste: Die meeste Romynse en Griekse toneelstukke is gebaseer op "Plutarch's Parallel Lives" (van die 1579 Engelse vertaling deur Sir Thomas North), terwyl die Engelse historiese dramas hul bestaan verskuldig is aan Raphael Holinshed se 1587 weergawe van "The Chronicles of England, Scotland, and Ireland" (wat ook inligting verskaf het vir Macbeth en King Lear. Dit is ook moontlik dat Shakespeare stylistiese elemente van tydgenote soos Christopher Marlowe geleen het. Een van Shakespeare se mees oorspronklikste toneelstukke, beide in terme van skryfstyl, temas en toneel, was The Tempest.

Shakespeare se werke word gewoonlik in drie stylistiese kategorieë gedeel:

Die vroeë toneelstukke strek van algemene komedie tot historiese nostalgie, terwyl die middelperiode se werke dieper in terme van temas is en kwessies soos verraad, moord, wellus, mag en ambisie verken. In kontras is sy latere werke gevul met karakters wat hulself wil verbeter en dubbelsinnige eindes, asook die gebruik van toorkrag en ander fantasie-elemente. Die grense tussen hierdie genres is egter nie baie helder nie.

Sommige van Shakespeare se werke is vir die eerste keer uitgegee as 'n reeks kwarto's, maar die meeste het ongepubliseerd gebly tot 1623, toe die Eerste folio postuum uitgegee is deur twee akteurs wat in Shakespeare se toneelgroep was: John Heminges en Henry Condell. Die tradisionele verdeling van Shakespeare se werk in tragedies, komedies en historiese dramas volg die logika van dié Eerste Folio.

("Folio" en "kwarto" verwys na die papierformaat waarop die toneelstukke gedruk was. 'n Folio was 'n vel papier wat een keer gevou was (2 velle, vier bladsye, ongeveer 38 cm in lengte), terwyl 'n kwarto twee keer gevou was (vier 4 velle, 8 bladsye, ongeveer 23 cm in lengte).)

Dit was op dié stadium wat verhooginstruksies, skryf- en leestekens en ook bedryfindelings in Shakespeare se werke begin verskyn het, wat toe ook die norm geword het in verdere toekomstige redaksionele besluite. Sommige van sy toneelstukke word deur moderne kritici as "probleem"-toneelstukke of tragedie-komedies bestempel, omdat hulle maklike kategorisering ontwyk of miskien aspris die destydse tradisionele gebruike vermy. Daar word ook verkies om na sy latere komedies as romantiese stukke te verwys.

Daar is baie omstredenheid aangaande die presiese kronologie van Shakespeare se toneelstukke. Om dinge verder te bemoeilik het Shakespeare in sy leeftyd nooit 'n offisiële, komplete weergawe van enige van sy werke gepubliseer nie. Om hierdie rede bestaan daar vir meerdere toneelstukke verskeie geskrewe weergawes. Dit het tot gevolg gehad dat vele redigeerders van moderne weergawes gesukkel het om te identifiseer wat presies deur Shakespeare geskryf is en wat nie. Teksfoute het ook ontstaan as gevolg van drukfoute deur die uitgewers, verkeerde lesings deur persone verantwoordelik vir die plasing van die letters (by die drukkery) en ook foute gemaak tydens die kopiëring van die bronmateriaal. In die tydperk was daar ook nie gestandaardiseerde spelreëls nie en Shakespeare het dikwels dieselfde woord op verskeie maniere gespel, wat dinge net meer deurmekaar gemaak het. Moderne akademici glo dat Shakespeare ook nog van sy toneelstukke mettertyd hersien het, wat somtyds tot gevolg gehad het dat daar twee weergawes van sekere toneelstukke bestaan.

Shakespeare se tydgenote, soos die toneelskrywer Ben Jonson, was vol lof vir sy werk, hoewel hulle hul lofbetuigings baie konvensioneel bewoord het. Dit het vir ʼn groot deel van die 17e eeu die geval bebly. Eers in die 18e eeu, toe tekskritiek meer aandag geniet het, het onder andere Nicholas Rowe (16741718) en Alexander Pope (16881744) Shakespeare-stukke gepubliseer wat van uitvoerige kritiese inleidings voorsien was. Sy werk is in die 18e eeu met talle besware in die Klassisistiese Frankryk begroet.

Die Franse kritici het dit veral teen die vorm gehad (Shakespeare het hom nie gehou by die eenhede van tyd, plek en handeling nie). Die gevolg was dat sy werk eers taamlik laat ʼn vastrapplek gekry het. Eers gedurende die Romantiek het daar ʼn werklik goeie waardering vir sy werk ontwikkel, veral wat sy poësie betref. Die Engelse digter Samuel Taylor Coleridge (1771 – 1834) het daarop gewys dat die sogenaamde onreëlmatighede in Shakespeare se werk ʼn organiese geheel vorm.

In Duitsland het Lessing die aandag vir die eerste keer onomwonde op Shakespeare se veelsydigheid gevestig. Hy is later deur Goethe gevolg. Ook in Frankryk het die mense nou die skoonheid van sy werk ingesien en het skrywers hulle deur sy stukke laat inspireer. In die 20e eeu het daar ʼn nuwe realistiese stroming in die Shakespeare-kritiek ontwikkel. Die Amerikaner Elmer Edgar Stoll (18741959) het Shakespeare en sy werk byvoorbeeld in hulle oorspronklike omgewing, naamlik die Elizabethaanse tydperk, geplaas.

Die toenemende belangstelling in Freud se psigoanalise het in die loop van die 20e eeu nuwe stukrag verskaf vir die studie van Shakespeare-stukke, veral wat die interpretasie van die groot karakterrolle soos die van Hamlet, koning Lear, Macbeth en Othello betref. Ondanks die oortuigende aantal dokumente en getuienisse oor Shakespeare en sy toneelstukke, het mense al aan sy outeurskap getwyfel – veral omdat daar van die standpunt uitgegaan is dat iemand met so min literêre opleiding en agtergrond nie daartoe in staat sou wees om sulke geniale werk te skryf nie.

In die 19e eeu was daar byvoorbeeld ʼn stroming, hoofsaaklik Amerikaans, wat aangevoer het dat Francis Bacon (15611626), ʼn geleerde tydgenoot van Shakespeare (wat ʼn groot belangstelling in die literatuur en die filosofie gehad het), die werklike skrywer was. Later is verskeie mense, onder andere Christopher Marlowe, as die eintlike skrywer voorgehou. Die boeke oor die identiteits-problematiek vorm egter maar ʼn klein deel van die omvangryke Shakespeare-kritiek.

Vroeg in die 19e eeu is daar jaarlikse Shakespeare-feeste in Stratford-upon-Avon gereël. Die idee het vinnig versprei en tans word daar op verskillende plekke in die wêreld, onder meer in Verona, waar die verhaal van Romeo en Julia afgespeel het, soortgelyke feeste gehou. Shakespeare-stukke was ook vir talle komponiste ʼn bron van inspirasie. Verdi het byvoorbeeld die operas Macbeth, Otello en Falstaff gekomponeer. Laasgenoemde is ʼn verwerking van The merry wives of Windsor, ʼn stuk wat Otto Nicolai (18101849) ook gebruik het vir sy opera Die lustigen Wieber von Windsor (1849).

Gounod, Berlioz, Bellini, Saint-Saëns en Britten het ook operas geskryf met libretti wat op stukke van Shakespeare gegrond is. Orkesmusiek vir Shakespreare se werk is onder andere deur Berlioz, Balakiref, Liszt, Tsjaikofski, Prokofiëf, Richard Strauss en Mendelssohn-Bartholdy geskryf.

Sonnette

Shakespeare se sonnette is 'n versameling van 154 gedigte met temas soos die liefde, skoonheid en sterflikheid. Al die gedigte – behalwe twee – het vir die eerste keer verskyn in 'n 1609 uitgawe genaamd Shakespeare's Sonnets. Die twee wat nie in die boek verskyn het nie was sonnet nommer 138 en 144: die twee het vroeër in 'n 1599 digbundel met die naam The Passionate Pilgrim (Die Passievolle Pelgrim) verskyn. Die sonnette is oor 'n aantal jare geskryf, waarvan die eerste waarskynlik aan die begin van die vroeë 1590's was.

Die voorwaarde waarop die sonnette uitgegee is, is nie duidelik nie. Die 1609 teks is opgedra aan 'n "Mnr. W.H.", wie beskryf word as "die enigste voortbrenger" van die gedigte (in die toewyding). Dit is nie bekend of die toewyding deur Shakespeare of miskien Thomas Thorpe, die uitgewer, geskryf is nie. Dit is ook nie bekend wie hierdie man was nie, alhoewel daar baie teorieë is. Sommige glo dat hy die jong man is wat in die sonnette verskyn. Dit is telkens ook nie bekend of Shakespeare ooit toestemming gegee het dat sy sonnette uitgegee mag word nie.

Ander gedigte

Shakesepeare het ook drie langer gedigte geskryf: Venus and Adonis, The Rape of Lucrece en A Lover's Complaint. Hierdie gedigte is waarskynlik geskryf met die hoop om 'n ryk potensiële borg te beïndruk (algemeen vir die tyd), of op versoek van so 'n borg. The Rape of Lucrece en Venus and Adonis was altwee opgedra aan Shakespeare se borg, die derde Graaf van Southampton.

Shakespeare in Afrikaans

"Hamlet" was die eerste van Shakespeare se toneelstukke om in Afrikaans te verskyn. Die toneelstuk, geskryf in 1945, was vir die eerste keer in 1947 opgevoer en word gesien as 'n mylpaal in die geskiedenis van die Afrikaanse teaterwêreld. Die rol van Hamlet was deur die akteur, André Huguenet, vertolk; Huguenet het aan die einde van die vertoning sy gehoor toegespreek en gesê dat dit sy lewenslange ambisie was om een van die wêreld se beste tragedies in die wêreld se jongste taal op te voer. Sedert die verskyning van "Hamlet" in 1945 het nog 32 vertalings van Shakespeare se werke die lig gesien. Sommige van die vertalings is:

  • Antonius en Cleopatra, deur Anna Neethling-Pohl [1969, Johannesburg: DALRO].
  • Die tragedie van Coriolanus, deur Anna S. Pohl [1970, Johannesburg : DALRO].
  • Hamlet, prins van Denemarke deur L.I. Coertze [1945, Kaapstad: Stewart].
  • Hamlet, Prins van Denemarke, deur D. P de Klerk [1959, Kaapstad, Tafelberg-Uitgewers (EDMS.) Beperk].
  • Hamlet – "Hamlet", deur Eitemal (1973, Kaapstad, Tafelberg Uitgewers).
  • Julius Caeser – "Julius Caeser", deur Jaap Marais.
  • Julius Caeser – "Julius Caeser", deur Anna Neethling-Pohl (Van Schaik Uitgewers).
  • King Lear – "Koning Lear", deur Uys Krige [1972, Kaapstad : Hollandsch Afrikaansche].
  • Macbeth – "Macbeth", deur Eitemal (1965).
  • Macbeth deur L. I. Coertze [1948, Kaapstad: Stewart]
  • The Merchant of Venice – "Die Koopman van Venesië", deur Daniel Francois Malherbe [1949, Johannesburg : APB].
  • A Midsummer Night's Dream – "Midsomernagdroom", deur Eitemal [1975, Kaapstad: Human & Rousseau].
  • Othello – "Othello", deur Anna Neethling-Pohl [1976, Kaapstad: Human & Rousseau].
  • Richard III deur André Philippus Brink [1969, Kaapstad: Human & Rousseau].
  • Die Tragedie van Romeo en Juliet deur André Philippus Brink [1975, Kaapstad: Human & Rousseau].
  • The Tempest – "Die Storm", deur Tjaart Potgieter.
  • Die temming van 'n rissie deur J. Van Elders [1969, Johannesburg: DALRO]
  • Twelfth Night – "Twaalfde Nag", deur Uys Krige [1967, Kaapstad: HAUM].
  • Die Wintersprokie, deur Eitemal (1975, Kaapstad).
  • Die wintersprokie deur Willem J. du Plooy Erlank (Eitemal) [1975, Kaapstad: Tafelberg].
    • 25 Shakespeare-sonnette in Afrikaans, deur Anna Neethling-Pohl (1997). (Cassette)
    • Vyf en twintig Shakespeare sonnette, deur AnnaNeethling-Pohl, [1997, Windhoek, Namibië: Gamsberg Macmillan]
    • Sonnette van Shakespeare, deur J.D.U. Geldenhuys [1997, Johannesburg: Thorold's Africana Books]

Styl

Shakespeare se werke het 'n groot invloed op die toneelwêreld gehad. Hy het nie slegs van die mees bewonderste toneelstukke in die Westerse letterkunde geskryf nie, maar ook die Engelse teaterwêreld herskep deur verwagtinge betreffende karakterisering, plot, aksie, taal en genre te verhoog. Sy poëtiese kunssinnigheid het gehelp om die status van die teaterwêreld te verhoog, wat dit toegelaat het om bewonder te word deur die intellektuele toeskouers asook dié wat bloot op soek was na pure vermaak.

Die teaterwêreld was besig om veranderings te ondergaan toe Shakespeare in Londen gearriveer het tydens die laat 1580's of vroeë 1590's. Voor die tyd was die mees algemene toneelstukke Tudor-moraalstukke. Sulke stukke was 'n mengsel van vroomheid en vulgêre komedie. Die Tudor toneelstuk was 'n allegorie en die karakters daarin gepersonifiseer deur morele eienskappe en hulle het die voordele van 'n deugsame Goddelike lewe bevestig deur die hoofkarakter so 'n lewe te laat kies bo 'n bose een.

Die karakters en plotsituaties was simbolies eerder as realisties. Shakespeare sou as 'n kind denkelik aan sulke toneelstukke blootgestel gewees het (asook raaisel- en wonderwerktoneelstukke).

Teen die laat 16e eeu het die Engelse Renaissance houvas begin kry en het die gewildheid van die soort moraalstukke gedaal. Toneelskrywers soos Thomas Kyd en Christopher Marlowe het die toneelwêreld fundamenteel verander. Hulle toneelstukke het die ou morele drama met akademiese toneelstukke gemeng en die resultaat was 'n nuwe wêreldse soort toneelstuk. Die nuwe dramas het die poëtiese kunssinnigheid en filosofiese diepte van akademiese werke met die vulgêre eenvoudigheid van die morele toneelstukke byeengebring. Die nuwe werke was egter meer dubbelsinnig en kompleks in betekenis en het minder gekonsentreer op eenvoudige morele allegorieë. Shakespeare was deur hierdie nuwe styl geïnspireer en het die veranderings tot 'n nuwe vlak geneem deur toneelstukke te skep wat nie alleen die gehoor op 'n emosionele vlak aangeraak het nie, maar ook die basiese elemente van menswees verken en debatteer het.

Komedies

Historiese dramas

  • King John
  • Richard II
  • Henry IV, Part 1
  • Henry IV, Part 2
  • Henry V
  • Henry VI, Part 1
  • Henry VI, Part 2
  • Henry VI, Part 3
  • Richard III
  • Henry VIII

Tragedies

Gedigte

  • Shakespeare's Sonnets
  • Venus and Adonis
  • The Rape of Lucrece
  • The Passionate Pilgrim
  • The Phoenix and the Turtle
  • A Lover's Complaint

Verlore werke

  • Love's Labour's Won
  • Cardenio

Moontlike werke deur Shakespeare

  • Edmund Ironside (toneelstuk)
  • Edward III
  • Sir Thomas More
  • Arden of Faversham
  • William Shakespeare word in Afrikaans party keer spottend aangedui as Willem Wikkelspies.

Hierdie artikel is grotendeels 'n vertaling van die Engelse Wikipedia artikel, William Shakespeare.

  1. Datums maak gebruik van die Juliaanse kalender, onder die Gregoriaanse kalender het Shakespeare op 3 Mei gesterf.
  2. (in Engels). 9 Februarie 2006 op Wayback Machine (in Engels). (in Engels). Laaste besoek op 26 Feb. 2006.
  3. Die presiese getalle is onbekend.
  4. Wikiquote inligting oor Shakespeare (in Engels). Laaste besoek op 26 Feb. 2006.
  5. 10 Maart 2007 op Wayback Machine deur Michael Dobson, Oxford University Press, 1995 (in Engels). Laaste besoek op 26 Feb. 2006.
  6. (in Engels). Laaste besoek op 26 Feb. 2006.
  7. 2 Julie 2006 op Wayback Machine, 'n Gedig deur Ben Jonson. Laaste besoek op 26 Feb. 2006.
  8. Of Philosophers and Kings: Political Philosophy in Shakespeare's "Macbeth" and "King Lear" deur Leon Harold Craig, University of Toronto Press, 2003, bl. 3 (in Engels).
  9. deur Lois Potter, University van Delaware (in Engels) Laaste besoek op 22 Junie 2006, en 13 Desember 2007 op Wayback Machine, redigering deur Mary Foakes en Reginald Foakes, Junie 1998.
  10. deur David Kathman (in Engels). Laaste besoek op 22 Okt. 2005.
  11. deur David Kaufmann
  12. Inleiding na Tom Reedy en David Kathman se
  13. Shakespeare: The Lost Years deur E. A. J. Honigmann, Manchester University Press; 2nd uitgawe, 1999, bl. 1. (In Engels)
  14. van die Shakespeare Timeline, Laaste besoek op 7 Nov. 2006.
  15. The Facts About Shakespeare deur William Allan Neilson en Ashley Horace Thorndike, 1913, The Macmillan Company uitgewers
  16. (in Engels). Laaste besoek op 23 Jan. 2007.
  17. Shakespeare: The Evidence deur Ian Wilson en Aan Wilson, St. Martin's Press, 1999, bl. 309; en The Great Shakespeare Jubilee deur Christian Deelman, Viking Press, 1964, bl. 15.
  18. Cultural Shakespeare: Essays in the Shakespeare Myth deur Graham Holderness, Univ of Hertfordshire Press, 2001, bl. 152-54.
  19. Of Philosophers and Kings: Political Philosophy in Shakespeare's "Macbeth" and "King Lear" deur Leon Harold Craig, University of Toronto Press, 2003, bl. 3.
  20. (in Engels). Laaste besoek op 23 Okt. 2005.
  21. A Companion to Shakespeare's Works: The Histories deur Richard Dutton (Redakteur), Jean Howard (Redakteur), Blackwell Publishing, 2003, bl. 147)
  22. 'n Essay deur Harold Brooks spekuleer dat Marlowe se Edward II Shakespeare se Richard III geïnspireer het. Christopher Marlowe deur Brian Robert Morris, 1968, bl. 65-94. Ander akademici stem nie saam nie, insluitende Gary Taylor in William Shakespeare: A Textual Companion bl. 116, waar hy verklaar dat die ooreenstemmings blote toeval is.
  23. The Tempest: Critical Essays deur Patrick Murphy, Routledge, 2001.
  24. Sonnets, The Riverside Shakespeare deur Hallet Smith, bl. 1745-8. Houghton Mifflin, 1974
  25. Kruger, A. & Wallmach, K. (2004). Translation and editing techniques. Pretoria: Universiteit van Suid-Afrika.
  26. Shakespeare's Reading deur Robert S. Miola, Oxford University Press, 2000.
  • bevat die volledige werke, 'n gevorderde soekfunksie, 'n volledige indeks en statistiek oor sommige werke.
  • , instandhouding deur "The Tech", die Massachusetts Instituut van Tegnologie se nuusbrief.
  • 12 Januarie 2007 op Wayback Machine
  • se aflaaibare weergawes van Shakespeare se werke (beskikbaar in verskeie tale).
  • by die British Library.
  • 17 Januarie 2008 op Wayback Machine by die Biblioteek van die Universiteit van Pennsylvania.
  • by die
  • – inligting en foto's.
  • – Onderskei tussen feite en fiksie in Shakespeare se werke.
  • – 40 jare se optredes in Londen en Stratford. Bevat duisende kwaliteit foto's, resensies en onderhoude.
  • 14 Oktober 2006 op Wayback Machine

Publikasie datum: September 26, 2021

william, shakespeare, gedoop, april, 1564, oorlede, april, 1616, engelse, digter, dramaturg, word, geag, belangrikste, skrywer, engelse, taal, wêreld, vernaamste, dramaturg, ongeveer, toneelstukke, sonnette, asook, verskeidenheid, ander, gedigte, geskryf, shak. William Shakespeare gedoop 26 April 1564 oorlede 23 April 1616 1 was n Engelse digter en dramaturg en word geag as die belangrikste skrywer van die Engelse taal en die wereld se vernaamste dramaturg 2 Hy het ongeveer 38 toneelstukke en 154 sonnette asook n verskeidenheid ander gedigte geskryf 3 Shakespeare was reeds n gewilde skrywer in sy eie leeftyd maar na sy dood is hy steeds meer geprys en sy werk is deur die eeue heen toenemend vereer deur talle prominente kulturele figure 4 Hy word gereeld beskou as die nasionale digter van Engeland 5 en daar word somtyds na hom verwys as die Bard of Avon die Minnesanger van Avon of eenvoudig net die Bard 6 of die Swaan van Avon 7 William ShakespeareGeboregedoop op 26 April 1564 Stratford upon Avon Warwickshire EngelandSterf23 April 1616 op 52 Stratford upon Avon Warwickshire EngelandNasionaliteit EngelandBeroepDramaturg digter akteurEggenootAnne Hathaway 1582 1616 KindersSusanna Hall Hamnet Shakespeare Judith QuineyOuer s John Shakespeare vader Mary Shakespeare moeder Handtekening Ortodokse geleerdes glo dat Shakespeare die meeste van sy werke tussen 1586 en 1612 geproduseer het alhoewel die presiese datums en kronologie van die toneelstukke wat aan hom toegeken word aansienlik gedebatteer word soos ook die outeurskap van sommige van sy werke Hy word beskou as een van die min dramaturge wat uitblink in sowel komedie as tragedie en sy toneelstukke kombineer bekoring met komplekse karakterisering digterlike prag en filosofiese diepte Shakespeare se werke is al in die mees gebruikte lewende tale vertaal 8 en sy toneelstukke word voortdurend reg oor die wereld opgevoer Bowendien is Shakespeare die mees aangehaalde skrywer in die literatuur en geskiedenis van die Engels sprekende wereld 9 en baie van sy aanhalings en neologismes is nou deel van alledaagse Engels en ander tale Oor die jare het baie mense gespekuleer oor Shakespeare se lewe en hardop gewonder oor sy seksualiteit en geloof Inhoud 1 Lewe 1 1 Vroee jare 1 2 Londen en Shakespeare se toneelloopbaan 1 3 Latere jare 2 Werke 2 1 Toneelstukke 3 Shakespeare kritiek 3 1 Sonnette 3 2 Ander gedigte 3 3 Shakespeare in Afrikaans 3 4 Styl 4 Bibliografie 4 1 Komedies 4 2 Historiese dramas 4 3 Tragedies 4 4 Gedigte 4 5 Verlore werke 4 6 Moontlike werke deur Shakespeare 5 Trivia 6 Verwysings en notas 7 Eksterne skakelsLewe WysigVroee jare Wysig Shakespeare se geboortehuis in Stratford William Shakespeare ook gespel Shakspere Shaksper Shaxper en Shake speare siende dat daar in die tyd nie vasgestelde spelreels was nie 10 is in Stratford upon Avon gebore in April 1564 Sy ouers was John Shakespeare n suksesvolle handskoenmaker en wethouer van Snitterfield en Mary Arden n dogter van lae adel Daar word aangeneem dat sy geboorte by sy ouerhuis in Henley Straat plaasgevind het Shakespeare se dooprekord dateer uit 26 April van daardie jaar Aangesien babas destyds binne n paar dae van geboorte gedoop is het tradisie te ruste gekom op 23 April as Shakespeare se geboortedag Hierdie datum verskaf n gerieflike simmetrie aangesien Shakespeare op dieselfde dag oorlede is 23 April 3 Mei op die Gregoriaanse kalender 1616 Shakespeare het waarskynlik die King Edward VI Laerskool bygewoon 11 Alhoewel die skole van daardie tyd gewissel het in kwaliteit het die skool waarskynlik n intensiewe Latyn grammatika en literatuur opleiding voorsien Daar word aanvaar dat Shakespeare hierdie skool bygewoon het aangesien hy as die seun van n prominente dorpsamptenaar dit verniet kon doen 12 sy bywoning kan ongelukkig nie bevestig word nie aangesien die skool se rekords nie meer bestaan nie Op 28 November 1582 het n 18 jarige Shakespeare met n 26 jarige Anne Hathaway getrou Een dokument identifiseer Hathaway as n burger van Temple Grafton naby Stratford dus is dit moontlik dat die troue daar plaasgevind het Twee van Hathaway se bure het n formele verklaring onderteken dat daar niks was wat die huwelik sou verhinder nie Dit blyk dat die seremonie met haas georganiseer is waarskynlik omdat Anne drie maande swanger was Shakespeare se eerste kind Susanna was op 26 Mei 1583 in Stratford gedoop Twee kinders n seun Hamnet en n dogter Judith was op 2 Februarie 1585 gedoop Hamnet is oorlede in 1596 en begrawe op 11 Augustus van daardie jaar Na sy troue het Shakespeare min spore in historiese dokumente gelaat tot sy verskyning op die Londense teaterverhoog Die periode tussen 1585 toe sy tweelingkinders gebore is en 1592 toe Robert Greene na hom verwys het as n arrogante kraai staan bekend as Shakespeare se verlore jare aangesien daar geen bewyse meer bestaan wat verklaar waar hy in hierdie tyd was of hoekom hy Stratford verlaat het en na Londen toe verhuis het nie 13 Daar is n aantal stories wat lig kan werp op hierdie tydperk insluitende dat Shakespeare in die moeilikheid gekom het omdat hy takbokke gestroop het dat hy gewerk het as n plattelandse onderwyser en dat hy teaterborge se perde opgepas het in Londen Daar is egter geen direkte bewyse vir enige van hierdie stories nie en hulle blyk almal te voorskyn gekom het na Shakespeare se dood 14 Londen en Shakespeare se toneelloopbaan Wysig William Shakespeare Teen 1592 was Shakespeare al n toneelskrywer in Londen sy reputasie was van so n aard dat Robert Greene hom gekritiseer het deur te se n arrogante kraai met onse vere mooigemaak en sy Tierenhart in n Spelersvel omhul veronderstel dat hy n kamtig hoogdrawende blanko versie net so goed as die beste van julle kan skep en siende dat hy n absolute Johannesfaktotum is is hy in sy eie verwaandheid die enigste Shake toneel in die land Die skuinsgedrukte gedeelte is n woordspeling op die spreuk O tierenshart in vrouensvel omhul Oh tiger s heart wrapped in a woman s hide wat Shakespeare in Henry VI deel 3 geskryf het In die laaste maande van 1594 was Shakespeare n akteur skrywer en gedeeltelike eienaar van n toneelvereniging bekend as die Heer Chamberlain se Manne Lord Chamberlain s Men Dit was n gewoonte in die tyd om die naam van jou groep te neem van die van jou aristokratiese borg in die geval Heer Chamberlain Die groep was so gewild dat na die dood van Elizabeth I en die kroning van James I die nuwe vorst die groep aangeneem het en hulle bekendgeword het as die Koning se Manne King s Men Dit blyk ook uit Shakespeare se werke dat hy inderdaad n akteur was daar is baie frases woorde en verwysings na toneelspel maar daar is nie die akademiese benadering na die kuns van toneelspel wat mens sal verwag nie 15 In 1596 het Shakespeare reeds na die gemeente van St Helen in Bishopsgate verhuis en teen 1598 het hy bo aan die lys van akteurs verskyn in Elke Man in Sy Humor Every Man in His Humour geskrewe deur Ben Johnson Shakespeare se naam het ook in 1598 bo op die titelbladsye van sy toneelstukke verskyn waarskynlik as reklame Daar is tradisie dat Shakespeare bo en behalwe die feit dat hy vele van sy toneelgroep se stukke self geskryf het en as mede eienaar van die groep by die besigheids en finansiele kant daarvan betrokke was ook aangehou het om self toneel te speel in n verskeidenheid rolle soos Adam die spook van Hamlet se vader in As You Like It en in die koorgedeelte van Henry V 16 Dit blyk dat hy in ongeveer 1599 oor die Teems rivier na Southwark verhuis het Teen 1604 het hy egter weereens Noord van die rivier verhuis en saam met n Hugenootfamilie met die naam Mountjoy net Noord van St Paulus se katedraal gewoon het Sy verblyf daar is van belang omdat hy die huwelik tussen die Mountjoys se dogter en hulle vakleerling Stephen Bellot help organiseer het Bellot het later sy skoonpa gedagvaar omdat hy versuim het om n gedeelte van die bruidskat te betaal en Shakespeare moes as getuie verskyn Verskeie dokumente waarop wetlike sake en kommersiele handelinge vasgele is verklap dat Shakespeare terwyl hy in Londen gewoon het ryk genoeg geword het om eiendom in Blackfriars in Londen te koop en hy dat hy die tweede grootste huis in Stratford New Place besit het Latere jare Wysig Shakespeare se handteking uit sy testament Dit lees Deur myself William Shakespeare Dit blyk dat Shakespeare in 1613 afgetree het en terug na Stratford verhuis het Hy is oorlede op 23 April 1616 op die ouderdom van 52 As oorlewering korrek is oor sy geboortedag is Shakespeare op sy verjaardag oorlede Hy was tot sy dood getroud met Anne Hathaway en het sy twee kinders Susanna en Judith agtergelaat Sy seun Hamnet is oorlede in 1596 Susanna Shakespeare is getroud met Dr John Hall maar daar is vandag geen direkte afstammelinge van die digter en toneelskrywer nie Shakespeare is in die koorgedeelte van die Holy Trinity Church in Stratford upon Avon begrawe Die eer was hom toegeken nie omdat hy n bekende literere figuur was nie maar omdat hy n aandeel vir n tiende van die kerk gekoop het vir 440 n aansienlike bedrag geld vir daardie tyd 17 n Monument op die muur naas sy graf waarskynlik deur sy familie daar geplaas 18 is n afbeelding van n skrywende Shakespeare Daar word elke jaar op Shakespeare se aanvaarde verjaardag n nuwe veerpen in die afbeelding se hand gesit Dit is moontlik dat Shakespeare sy eie epitaaf geskryf het Goeie vriend om Jesusnaam weerhou om te grawe in die stof hier ingebou n Geseende man bewaar hierdie stene n vervloekte man verskuif my bene Werke WysigToneelstukke Wysig William Shakespeare op die omslagbladsy van die Eerste Folio n Aantal van Shakespeare se werke word as die beste in die Engelse taal en Westerse letterkunde beskou Hy het tragedies komedies historiese dramas en ook romans geskryf waarvan die meeste in elke veelgesproke taal vertaal is 19 en ook wereldwyd opgevoer word In Shakespeare se tyd was dit algemeen om toneelstukke op ander toneelskrywers se werk te baseer Shakespeare het die norm gevolg en ook vroeere verhale en geskiedkundige materiaal verwerk Hamlet circa 1600 byvoorbeeld is waarskynlik n verwerking van n ouer verlore toneelstuk die sogenaamde Ur Hamlet en King Lear is n aangepasde weergawe van n vroeer toneelstuk ook genaamd King Lear Vir sy historiese dramas het Shakespeare grotendeels vertrou op twee voorname tekste Die meeste Romynse en Griekse toneelstukke is gebaseer op Plutarch s Parallel Lives van die 1579 Engelse vertaling deur Sir Thomas North 20 terwyl die Engelse historiese dramas hul bestaan verskuldig is aan Raphael Holinshed se 1587 weergawe van The Chronicles of England Scotland and Ireland wat ook inligting verskaf het vir Macbeth en King Lear 21 Dit is ook moontlik dat Shakespeare stylistiese elemente van tydgenote soos Christopher Marlowe geleen het 22 Een van Shakespeare se mees oorspronklikste toneelstukke beide in terme van skryfstyl temas en toneel was The Tempest 23 Shakespeare se werke word gewoonlik in drie stylistiese kategoriee gedeel die vroee romantiese komedies en historiese dramas soos A Midsummer Night s Dream en Henry IV Part 1 die middelste romantiese komedies en historiese dramas wat sy mees bekende tragedies Hamlet Othello Macbeth en King Lear asook probleem toneelstukke soos Troilus and Cressida insluit die later romans soos The Winter s Tale en The Tempest Die vroee toneelstukke strek van algemene komedie tot historiese nostalgie terwyl die middelperiode se werke dieper in terme van temas is en kwessies soos verraad moord wellus mag en ambisie verken In kontras is sy latere werke gevul met karakters wat hulself wil verbeter en dubbelsinnige eindes asook die gebruik van toorkrag en ander fantasie elemente Die grense tussen hierdie genres is egter nie baie helder nie Sommige van Shakespeare se werke is vir die eerste keer uitgegee as n reeks kwarto s maar die meeste het ongepubliseerd gebly tot 1623 toe die Eerste folio postuum uitgegee is deur twee akteurs wat in Shakespeare se toneelgroep was John Heminges en Henry Condell Die tradisionele verdeling van Shakespeare se werk in tragedies komedies en historiese dramas volg die logika van die Eerste Folio Folio en kwarto verwys na die papierformaat waarop die toneelstukke gedruk was n Folio was n vel papier wat een keer gevou was 2 velle vier bladsye ongeveer 38 cm in lengte terwyl n kwarto twee keer gevou was vier 4 velle 8 bladsye ongeveer 23 cm in lengte Dit was op die stadium wat verhooginstruksies skryf en leestekens en ook bedryfindelings in Shakespeare se werke begin verskyn het wat toe ook die norm geword het in verdere toekomstige redaksionele besluite Sommige van sy toneelstukke word deur moderne kritici as probleem toneelstukke of tragedie komedies bestempel omdat hulle maklike kategorisering ontwyk of miskien aspris die destydse tradisionele gebruike vermy Daar word ook verkies om na sy latere komedies as romantiese stukke te verwys Daar is baie omstredenheid aangaande die presiese kronologie van Shakespeare se toneelstukke Om dinge verder te bemoeilik het Shakespeare in sy leeftyd nooit n offisiele komplete weergawe van enige van sy werke gepubliseer nie Om hierdie rede bestaan daar vir meerdere toneelstukke verskeie geskrewe weergawes Dit het tot gevolg gehad dat vele redigeerders van moderne weergawes gesukkel het om te identifiseer wat presies deur Shakespeare geskryf is en wat nie Teksfoute het ook ontstaan as gevolg van drukfoute deur die uitgewers verkeerde lesings deur persone verantwoordelik vir die plasing van die letters by die drukkery en ook foute gemaak tydens die kopiering van die bronmateriaal In die tydperk was daar ook nie gestandaardiseerde spelreels nie en Shakespeare het dikwels dieselfde woord op verskeie maniere gespel wat dinge net meer deurmekaar gemaak het Moderne akademici glo dat Shakespeare ook nog van sy toneelstukke mettertyd hersien het wat somtyds tot gevolg gehad het dat daar twee weergawes van sekere toneelstukke bestaan Shakespeare kritiek WysigShakespeare se tydgenote soos die toneelskrywer Ben Jonson was vol lof vir sy werk hoewel hulle hul lofbetuigings baie konvensioneel bewoord het Dit het vir ʼn groot deel van die 17e eeu die geval bebly Eers in die 18e eeu toe tekskritiek meer aandag geniet het het onder andere Nicholas Rowe 1674 1718 en Alexander Pope 1688 1744 Shakespeare stukke gepubliseer wat van uitvoerige kritiese inleidings voorsien was Sy werk is in die 18e eeu met talle besware in die Klassisistiese Frankryk begroet Die Franse kritici het dit veral teen die vorm gehad Shakespeare het hom nie gehou by die eenhede van tyd plek en handeling nie Die gevolg was dat sy werk eers taamlik laat ʼn vastrapplek gekry het Eers gedurende die Romantiek het daar ʼn werklik goeie waardering vir sy werk ontwikkel veral wat sy poesie betref Die Engelse digter Samuel Taylor Coleridge 1771 1834 het daarop gewys dat die sogenaamde onreelmatighede in Shakespeare se werk ʼn organiese geheel vorm In Duitsland het Lessing die aandag vir die eerste keer onomwonde op Shakespeare se veelsydigheid gevestig Hy is later deur Goethe gevolg Ook in Frankryk het die mense nou die skoonheid van sy werk ingesien en het skrywers hulle deur sy stukke laat inspireer In die 20e eeu het daar ʼn nuwe realistiese stroming in die Shakespeare kritiek ontwikkel Die Amerikaner Elmer Edgar Stoll 1874 1959 het Shakespeare en sy werk byvoorbeeld in hulle oorspronklike omgewing naamlik die Elizabethaanse tydperk geplaas Die toenemende belangstelling in Freud se psigoanalise het in die loop van die 20e eeu nuwe stukrag verskaf vir die studie van Shakespeare stukke veral wat die interpretasie van die groot karakterrolle soos die van Hamlet koning Lear Macbeth en Othello betref Ondanks die oortuigende aantal dokumente en getuienisse oor Shakespeare en sy toneelstukke het mense al aan sy outeurskap getwyfel veral omdat daar van die standpunt uitgegaan is dat iemand met so min literere opleiding en agtergrond nie daartoe in staat sou wees om sulke geniale werk te skryf nie In die 19e eeu was daar byvoorbeeld ʼn stroming hoofsaaklik Amerikaans wat aangevoer het dat Francis Bacon 1561 1626 ʼn geleerde tydgenoot van Shakespeare wat ʼn groot belangstelling in die literatuur en die filosofie gehad het die werklike skrywer was Later is verskeie mense onder andere Christopher Marlowe as die eintlike skrywer voorgehou Die boeke oor die identiteits problematiek vorm egter maar ʼn klein deel van die omvangryke Shakespeare kritiek Vroeg in die 19e eeu is daar jaarlikse Shakespeare feeste in Stratford upon Avon gereel Die idee het vinnig versprei en tans word daar op verskillende plekke in die wereld onder meer in Verona waar die verhaal van Romeo en Julia afgespeel het soortgelyke feeste gehou Shakespeare stukke was ook vir talle komponiste ʼn bron van inspirasie Verdi het byvoorbeeld die operas Macbeth Otello en Falstaff gekomponeer Laasgenoemde is ʼn verwerking van The merry wives of Windsor ʼn stuk wat Otto Nicolai 1810 1849 ook gebruik het vir sy opera Die lustigen Wieber von Windsor 1849 Gounod Berlioz Bellini Saint Saens en Britten het ook operas geskryf met libretti wat op stukke van Shakespeare gegrond is Orkesmusiek vir Shakespreare se werk is onder andere deur Berlioz Balakiref Liszt Tsjaikofski Prokofief Richard Strauss en Mendelssohn Bartholdy geskryf Sonnette Wysig Shakespeare se sonnette is n versameling van 154 gedigte met temas soos die liefde skoonheid en sterflikheid Al die gedigte behalwe twee het vir die eerste keer verskyn in n 1609 uitgawe genaamd Shakespeare s Sonnets Die twee wat nie in die boek verskyn het nie was sonnet nommer 138 en 144 die twee het vroeer in n 1599 digbundel met die naam The Passionate Pilgrim Die Passievolle Pelgrim verskyn Die sonnette is oor n aantal jare geskryf waarvan die eerste waarskynlik aan die begin van die vroee 1590 s was Die voorwaarde waarop die sonnette uitgegee is is nie duidelik nie Die 1609 teks is opgedra aan n Mnr W H wie beskryf word as die enigste voortbrenger van die gedigte in die toewyding Dit is nie bekend of die toewyding deur Shakespeare of miskien Thomas Thorpe die uitgewer geskryf is nie Dit is ook nie bekend wie hierdie man was nie alhoewel daar baie teoriee is Sommige glo dat hy die jong man is wat in die sonnette verskyn 24 Dit is telkens ook nie bekend of Shakespeare ooit toestemming gegee het dat sy sonnette uitgegee mag word nie Ander gedigte Wysig Shakesepeare het ook drie langer gedigte geskryf Venus and Adonis The Rape of Lucrece en A Lover s Complaint Hierdie gedigte is waarskynlik geskryf met die hoop om n ryk potensiele borg te beindruk algemeen vir die tyd of op versoek van so n borg The Rape of Lucrece en Venus and Adonis was altwee opgedra aan Shakespeare se borg die derde Graaf van Southampton Shakespeare in Afrikaans Wysig Hamlet was die eerste van Shakespeare se toneelstukke om in Afrikaans te verskyn Die toneelstuk geskryf in 1945 was vir die eerste keer in 1947 opgevoer en word gesien as n mylpaal in die geskiedenis van die Afrikaanse teaterwereld Die rol van Hamlet was deur die akteur Andre Huguenet vertolk Huguenet het aan die einde van die vertoning sy gehoor toegespreek en gese dat dit sy lewenslange ambisie was om een van die wereld se beste tragedies in die wereld se jongste taal op te voer 25 Sedert die verskyning van Hamlet in 1945 het nog 32 vertalings van Shakespeare se werke die lig gesien Sommige van die vertalings is Antonius en Cleopatra deur Anna Neethling Pohl 1969 Johannesburg DALRO Die tragedie van Coriolanus deur Anna S Pohl 1970 Johannesburg DALRO Hamlet prins van Denemarke deur L I Coertze 1945 Kaapstad Stewart Hamlet Prins van Denemarke deur D P de Klerk 1959 Kaapstad Tafelberg Uitgewers EDMS Beperk Hamlet Hamlet deur Eitemal 1973 Kaapstad Tafelberg Uitgewers Julius Caeser Julius Caeser deur Jaap Marais Julius Caeser Julius Caeser deur Anna Neethling Pohl Van Schaik Uitgewers King Lear Koning Lear deur Uys Krige 1972 Kaapstad Hollandsch Afrikaansche Macbeth Macbeth deur Eitemal 1965 Macbeth deur L I Coertze 1948 Kaapstad Stewart The Merchant of Venice Die Koopman van Venesie deur Daniel Francois Malherbe 1949 Johannesburg APB A Midsummer Night s Dream Midsomernagdroom deur Eitemal 1975 Kaapstad Human amp Rousseau Othello Othello deur Anna Neethling Pohl 1976 Kaapstad Human amp Rousseau Richard III deur Andre Philippus Brink 1969 Kaapstad Human amp Rousseau Die Tragedie van Romeo en Juliet deur Andre Philippus Brink 1975 Kaapstad Human amp Rousseau The Tempest Die Storm deur Tjaart Potgieter Die temming van n rissie deur J Van Elders 1969 Johannesburg DALRO Twelfth Night Twaalfde Nag deur Uys Krige 1967 Kaapstad HAUM Die Wintersprokie deur Eitemal 1975 Kaapstad Die wintersprokie deur Willem J du Plooy Erlank Eitemal 1975 Kaapstad Tafelberg 25 Shakespeare sonnette in Afrikaans deur Anna Neethling Pohl 1997 Cassette Vyf en twintig Shakespeare sonnette deur AnnaNeethling Pohl 1997 Windhoek Namibie Gamsberg Macmillan Sonnette van Shakespeare deur J D U Geldenhuys 1997 Johannesburg Thorold s Africana Books Styl Wysig Shakespeare se werke het n groot invloed op die toneelwereld gehad Hy het nie slegs van die mees bewonderste toneelstukke in die Westerse letterkunde geskryf nie maar ook die Engelse teaterwereld herskep deur verwagtinge betreffende karakterisering plot aksie taal en genre te verhoog 26 Sy poetiese kunssinnigheid het gehelp om die status van die teaterwereld te verhoog wat dit toegelaat het om bewonder te word deur die intellektuele toeskouers asook die wat bloot op soek was na pure vermaak Die teaterwereld was besig om veranderings te ondergaan toe Shakespeare in Londen gearriveer het tydens die laat 1580 s of vroee 1590 s Voor die tyd was die mees algemene toneelstukke Tudor moraalstukke Sulke stukke was n mengsel van vroomheid en vulgere komedie Die Tudor toneelstuk was n allegorie en die karakters daarin gepersonifiseer deur morele eienskappe en hulle het die voordele van n deugsame Goddelike lewe bevestig deur die hoofkarakter so n lewe te laat kies bo n bose een Die karakters en plotsituaties was simbolies eerder as realisties Shakespeare sou as n kind denkelik aan sulke toneelstukke blootgestel gewees het asook raaisel en wonderwerktoneelstukke 26 Teen die laat 16e eeu het die Engelse Renaissance houvas begin kry en het die gewildheid van die soort moraalstukke gedaal Toneelskrywers soos Thomas Kyd en Christopher Marlowe het die toneelwereld fundamenteel verander Hulle toneelstukke het die ou morele drama met akademiese toneelstukke gemeng en die resultaat was n nuwe wereldse soort toneelstuk Die nuwe dramas het die poetiese kunssinnigheid en filosofiese diepte van akademiese werke met die vulgere eenvoudigheid van die morele toneelstukke byeengebring Die nuwe werke was egter meer dubbelsinnig en kompleks in betekenis en het minder gekonsentreer op eenvoudige morele allegoriee Shakespeare was deur hierdie nuwe styl geinspireer en het die veranderings tot n nuwe vlak geneem deur toneelstukke te skep wat nie alleen die gehoor op n emosionele vlak aangeraak het nie maar ook die basiese elemente van menswees verken en debatteer het Bibliografie WysigKomedies Wysig The Tempest The Two Gentlemen of Verona The Merry Wives of Windsor Measure for Measure The Comedy of Errors Much Ado About Nothing Love s Labour s Lost A Midsummer Night s Dream The Merchant of Venice As You Like It Taming of the Shrew All s Well That Ends Well Twelfth Night or What You Will The Winter s Tale Pericles Prince of Tyre The Two Noble Kinsmen Cymbeline Historiese dramas Wysig King John Richard II Henry IV Part 1 Henry IV Part 2 Henry V Henry VI Part 1 Henry VI Part 2 Henry VI Part 3 Richard III Henry VIII Tragedies Wysig Romeo and Juliet Coriolanus Titus Andronicus Timon of Athens Julius Caesar Macbeth Hamlet Troilus and Cressida King Lear Othello Anthony and CleopatraGedigte Wysig Shakespeare s Sonnets Venus and Adonis The Rape of Lucrece The Passionate Pilgrim The Phoenix and the Turtle A Lover s Complaint Verlore werke Wysig Love s Labour s Won Cardenio Moontlike werke deur Shakespeare Wysig Edmund Ironside toneelstuk Edward III Sir Thomas More Arden of FavershamTrivia WysigWilliam Shakespeare word in Afrikaans party keer spottend aangedui as Willem Wikkelspies Verwysings en notas WysigHierdie artikel is grotendeels n vertaling van die Engelse Wikipedia artikel William Shakespeare Datums maak gebruik van die Juliaanse kalender onder die Gregoriaanse kalender het Shakespeare op 3 Mei gesterf Artikel oor Shakespeare in die Encyclopedia Britannica in Engels Artikel oor Shakespeare in die MSN Encarta Encyclopedia Geargiveer 9 Februarie 2006 op Wayback Machine in Engels Artikel oor Shakespeare in die Columbia Electronic Encyclopedia in Engels Laaste besoek op 26 Feb 2006 Die presiese getalle is onbekend Wikiquote inligting oor Shakespeare in Engels Laaste besoek op 26 Feb 2006 The Making of the National Poet Shakespeare Adaptation and Authorship 1660 1769 Geargiveer 10 Maart 2007 op Wayback Machine deur Michael Dobson Oxford University Press 1995 in Engels Laaste besoek op 26 Feb 2006 Webster se Woordeboek inskrywing van The Bard in Engels Laaste besoek op 26 Feb 2006 To The Memory Of My Beloved The Author Mr William Shakespeare And What He Hath Left Us Geargiveer 2 Julie 2006 op Wayback Machine n Gedig deur Ben Jonson Laaste besoek op 26 Feb 2006 Of Philosophers and Kings Political Philosophy in Shakespeare s Macbeth and King Lear deur Leon Harold Craig University of Toronto Press 2003 bl 3 in Engels Artikel oor William Shakespeare in die Literary Encyclopedia deur Lois Potter University van Delaware in Engels Laaste besoek op 22 Junie 2006 en The Columbia Dictionary of Shakespeare Quotations Geargiveer 13 Desember 2007 op Wayback Machine redigering deur Mary Foakes en Reginald Foakes Junie 1998 The Spelling and Pronunciation of Shakespeare s Name deur David Kathman in Engels Laaste besoek op 22 Okt 2005 Critically Examining Oxfordian Claims Part 11 Stratford Grammar School deur David Kaufmann Inleiding na Tom Reedy en David Kathman se How we know Shakespeare wrote Shakepeare Shakespeare The Lost Years deur E A J Honigmann Manchester University Press 2nd uitgawe 1999 bl 1 In Engels The Lost Years van die Shakespeare Timeline Laaste besoek op 7 Nov 2006 The Facts About Shakespeare deur William Allan Neilson en Ashley Horace Thorndike 1913 The Macmillan Company uitgewers Artikel oor Shakesepeare se Globe Teater op e notes com in Engels Laaste besoek op 23 Jan 2007 Shakespeare The Evidence deur Ian Wilson en Aan Wilson St Martin s Press 1999 bl 309 en The Great Shakespeare Jubilee deur Christian Deelman Viking Press 1964 bl 15 Cultural Shakespeare Essays in the Shakespeare Myth deur Graham Holderness Univ of Hertfordshire Press 2001 bl 152 54 Of Philosophers and Kings Political Philosophy in Shakespeare s Macbeth and King Lear deur Leon Harold Craig University of Toronto Press 2003 bl 3 Plutarch s Parallel Lives in Engels Laaste besoek op 23 Okt 2005 A Companion to Shakespeare s Works The Histories deur Richard Dutton Redakteur Jean Howard Redakteur Blackwell Publishing 2003 bl 147 n Essay deur Harold Brooks spekuleer dat Marlowe se Edward II Shakespeare se Richard III geinspireer het Christopher Marlowe deur Brian Robert Morris 1968 bl 65 94 Ander akademici stem nie saam nie insluitende Gary Taylor in William Shakespeare A Textual Companion bl 116 waar hy verklaar dat die ooreenstemmings blote toeval is The Tempest Critical Essays deur Patrick Murphy Routledge 2001 Sonnets The Riverside Shakespeare deur Hallet Smith bl 1745 8 Houghton Mifflin 1974 Kruger A amp Wallmach K 2004 Translation and editing techniques Pretoria Universiteit van Suid Afrika 26 0 26 1 Shakespeare s Reading deur Robert S Miola Oxford University Press 2000 Eksterne skakels WysigWereldspektrum 1982 ISBN 0908409664 volume 25 bl 97 99Wikimedia Commons bevat media in verband met William Shakespeare Open Source Shakespeare bevat die volledige werke n gevorderde soekfunksie n volledige indeks en statistiek oor sommige werke The Complete Works of William Shakespeare instandhouding deur The Tech die Massachusetts Instituut van Tegnologie se nuusbrief Uitgesoekte gedigte deur Shakespeare Geargiveer 12 Januarie 2007 op Wayback Machine Projek Gutenberg se aflaaibare weergawes van Shakespeare se werke beskikbaar in verskeie tale Lees die oorspronlike kwarto s in hul elektronies weergawe by die British Library Elektroniese weergawes van oorspronlike uitgawes Geargiveer 17 Januarie 2008 op Wayback Machine by die Biblioteek van die Universiteit van Pennsylvania Die raaisellewe van William Shakespeare by die Mieliestronk Shakespeare se Graf inligting en foto s The Wars of the Roses Onderskei tussen feite en fiksie in Shakespeare se werke National Geographic artikel oor Shakespeare se neologismes Designing Shakespeare 40 jare se optredes in Londen en Stratford Bevat duisende kwaliteit foto s resensies en onderhoude The Shakespeare Society of Southern Africa Geargiveer 14 Oktober 2006 op Wayback Machine Ontsluit van https af wikipedia org w index php title William Shakespeare amp ol,