fbpx Wetenskap
Wikipedia

Wetenskap

Wetenskap verteenwoordig die gesamentlike uitdruklike kennis van die mensdom in terme van feite, verskynsels en wette wat ontwikkel is deur middel van waarneming, eksperimentering en logiese redenering. Vandag word die wetenskaplike metode gesien as die standaardmetode vir wetenskap, wat klem lê op die noukeurige waarneming, eksperimentering, meting, wiskunde en herhaling.

Om as "wetenskap" te kwalifiseer moet 'n versameling kennis telkens deur onafhanklike waarnemers herhaal kan word. Wanneer die wetenskaplike metode op hierdie manier toegepas word, is daar sprake van "wetenskaplike navorsing" en die mense wat die navorsing uitvoer is "wetenskaplikes". Daar word dikwels onderskei tussen eksperimentele wetenskap (die waarneming en toetsing van kennis) en toegepaste wetenskap (hoe wetenskap in die daaglikse lewe benut kan word).

'n Wetenskaplike hipotese is 'n ingeligte raaiskoot rakende die karakter van iets, terwyl 'n wetenskaplike teorie 'n hipotese is wat deur herhaalde waarneming en meting bevestig is.

Wetenskaplike navorsing speel 'n groot rol in alle ontwikkelde lande en van hul wetenskaplikes word verwag om enige vindings in vaktydskrifte te publiseer. Hierdie tydskrifte het medewerkers wat al die feite in 'n artikel nagaan voordat dit gepubliseer word, maar selfs ná publisering word nuwe idees gewoonlik nie aanvaar voordat dit elders herhaal kon word nie.

Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei. Wetenskap
wetenskap, verteenwoordig, gesamentlike, uitdruklike, kennis, mensdom, terme, feite, verskynsels, wette, ontwikkel, deur, middel, waarneming, eksperimentering, logiese, redenering, vandag, word, wetenskaplike, metode, gesien, standaardmetode, wetenskap, klem, . Wetenskap verteenwoordig die gesamentlike uitdruklike kennis van die mensdom in terme van feite verskynsels en wette wat ontwikkel is deur middel van waarneming eksperimentering en logiese redenering Vandag word die wetenskaplike metode gesien as die standaardmetode vir wetenskap wat klem le op die noukeurige waarneming eksperimentering meting wiskunde en herhaling Om as wetenskap te kwalifiseer moet n versameling kennis telkens deur onafhanklike waarnemers herhaal kan word Wanneer die wetenskaplike metode op hierdie manier toegepas word is daar sprake van wetenskaplike navorsing en die mense wat die navorsing uitvoer is wetenskaplikes Daar word dikwels onderskei tussen eksperimentele wetenskap die waarneming en toetsing van kennis en toegepaste wetenskap hoe wetenskap in die daaglikse lewe benut kan word n Wetenskaplike hipotese is n ingeligte raaiskoot rakende die karakter van iets terwyl n wetenskaplike teorie n hipotese is wat deur herhaalde waarneming en meting bevestig is Wetenskaplike navorsing speel n groot rol in alle ontwikkelde lande en van hul wetenskaplikes word verwag om enige vindings in vaktydskrifte te publiseer Hierdie tydskrifte het medewerkers wat al die feite in n artikel nagaan voordat dit gepubliseer word maar selfs na publisering word nuwe idees gewoonlik nie aanvaar voordat dit elders herhaal kon word nie Sien ook WysigWetenskaplike metodeEksterne skakels Wysig Wikiwoordeboek het n inskrywing vir wetenskap Understanding Science how science really works Hierdie artikel is n saadjie Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Wetenskap amp ol,