fbpx
Wikipedia

Wes-Indië

Wes-Indië, dikwels ook die Wes-Indiese Eilande of Karibiese Eilande genoem, is 'n eilandboog tussen die Karibiese See en die Atlantiese Oseaan. In krieket word Wes-Indië deur die Wes-Indiese nasionale krieketspan verteenwoordig, een van die sterkste nasionale krieketspanne wêreldwyd, wat ook spelers van Guyana in Suid-Amerika insluit. Wes-Indië kon vir elke krieketwêreldbekertoernooi kwalifiseer en ook die eerste twee toernooie (in 1975 en 1979) wen. Die Krieketwêreldbeker 2007 is vir die eerste keer in agt Wes-Indiese eilandnasies aangebied en deur die verdedigende kampioen Australië gewen.

Wes-Indië

Ligging van Wes-Indië ten opsigte van die Amerikas
Geografie

Ligging Atlantiese Oseaan, Karibiese See, Golf van Meksiko
Koördinate 21°59′N 79°2′W / 21.983°N 79.033°W / 21.983; -79.033

Totale eilande meer as 100
Hoofeilande Bahamas, Groot en Klein Antille
Oppervlakte 234 325 vk km

Administrasie
Sien teks.

Demografie
Bevolking 39 156 084

Vlag van die Wes-Indiese Krieketraad en -span sedert 1999
Vlag van die Wes-Indiese Krieketraad en -span tot 1999

Die Karibiese Eilande sluit al die eilande in wat in die Karibiese See, tussen Noord- en Suid-Amerika, lê. Kuba is die verste wes in die eilandgordel en Barbados die verste oos. Die grootste eilande, van wes na oos, is Kuba, Jamaika, Hispaniola (Haïti en die Dominikaanse Republiek) en Puerto Rico.

Die eilande vorm saam die Groot Antille. Die Bahamas vorm 'n noordelike uitloper van die eilandgordel, terwyl die Klein Antille ('n versamelnaam vir die Benedewindse en Bowindse eilande) 'n suidelike uitloper is.

Tussen Puerto Rico en die Klein Antille lê 'n groepie eilande, die Britse Maagde-eilande, terwyl Barbados, Trinidad en Tobago, die Venezuela-eilande, Aruba, Curaçao en Bonaire teen die kuslyn van Suid-Amerika geleë is. Sommige eilande, soos Jamaika, Trinidad en Tobago, Barbados, die Bahamas en Dominica ('n eiland van die Klein Antille), is onafhanklike lede van die Britse Gemenebes, Guadeloupe (Klein Antille) en Martinique (Klein Antille) is oorsese gebiede van Frankryk, terwyl Puerto Rico en enkele van die Amerikaanse Maagde-eilande onder die gesag van die Verenigde State staan.

Sommige van die Klein Antille-eilande is oorsese gebiede van Nederland. Die Karibiese Eilande lê in 'n tropiese klimaatstreek, tussen 12 en 26° NB, en die klimaat word deur die Karibiese Eilande Noordoos-passaat oorheers. Die Karibiese See is 'n warm see met twee belangrike strome, die Antillestroom in die noorde en die Karibiese stroom in die suide. Die Karibiese Eilande het 'n droë en 'n nat seisoen: die meeste reën val in die somer en die minste in die winter. Gedurende die lente en herfs is die klimaat onaangenaam omdat dit baie warm en die humiditeit hoog is.

Die oorspronklike bewoners van die Karibiese Eilande was Indiane, maar hulle getalle het sterk afgeneem sedert die kolonisasie van die eilande. Saam met die koloniste het slawe uit Wes-Afrika na die eilande gekom om op die plantasies te werk. Vandag is die Swart bevolking in die meerderheid. Voorts bestaan die bevolking uit immigrante uit die Midde-Ooste (meestal handelaars) en 'n klein groepie Jode wat van Portugal na die eilande geïmmigreer het.

Die Blankes vorm sosio-ekonomies steeds die bolaag van die bevolking, hoewel hulle verreweg in die minderheid is. Suikerriet is die eilande se belangrikste produk. Ander belangrike landbouprodukte is tabak (Kuba), koffie (Haïti en Dominikaanse Republiek), piesangs (Puerto Rico en Jamaika), sitrusvrugte (Trinidad en Tobago) en palmolie (Barbados). Die grootste deel van die eilande se opbrengs beland egter uiteindelik in die buiteland omdat die plantasies deur buitelandse ondernemings bedryf word.

Geografie

 
Die eksklusiewe ekonomiese sone in Wes-Indië

Die eilandboog word verdeel in die volgende eilandgroepe:

  Bahamas Alhoewel die Bahamas in geografiese opsig in die Atlantiese Oseaan geleë is, word hulle nogtans by die Karibiese Seegebied gereken.
  Turks- en Caicoseilande Alhoewel die Turks- en Caicoseilande in geografiese opsig in die Atlantiese Oseaan geleë is, word hulle nogtans by die Karibiese Seegebied gereken.
  Groot Antille Kuba, Jamaika, Hispaniola, Kaaimanseilande en Puerto Rico
  Klein Antille Die Klein Antille word verder verdeel in die Bowindse Eilande (Maagde-eilande vanaf Grenada) en die Benedewindse Eilande (Isla Margarita tot Aruba).

Naam

 
Die "Indies" van die wêreld:

   Oos-Indië (Maleise argipel en Indo-China)

   Indië (Indiese subkontinent en Mianmar)

   Wes-Nieu-Guinee

   Wes-Indië

   Lande wat soms as deel van Wes-Indië beskou word

 
Herman Moll: A Map of the West-Indies, 1736

Die benaming Wes-Indiese Eilande gaan terug op 'n historiese vergissing. Die vroeë ontdekkingsreisigers en veroweraars soos Christophorus Columbus was eintlik van voorneme om Indië, die Chinese Keiserryk (destyds ook Cathay genoem) of Japan (Cipangu) op die westelike seeroete te bereik en het nie verwag dat hulle 'n nuwe vasteland sou ontdek wat destyds in Europa nog onbekend was nie. Die eilandnaam Antille is dan ook van die Latynse ante ilium ("eilande net voor die kus") afgelei, dus die eilande voor die Sentraal-Amerikaanse kus.

Die Engelssprekende deel van die Wes-Indiese Eilande staan ook bekend as Britse Wes-Indiese Eilande (British West Indies).

Lande en gebiede volgens argipel

Groot Antille

 
Nasa-Satellietbeeld van Wes-Indië
 
Ligging van Wes-Indië in die Amerikas
 
Kaart van Wes-Indië
 
Lande van Wes-Indië

Klein Antille

Lucayan-argipel

Bronne

  • (en) Rosanne Adderly, "West Indies," in Encyclopedia of Contemporary Latin American and Caribbean Cultures, Volume 1: A-D (London and New York: Routledge, 2000): 1584.
  • Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0-908409-54-0

Eksterne skakels

  •   Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Wes-Indië.
  • (en) "West Indies". Encyclopædia Britannica. Besoek op 17 Julie 2019.

Koördinate: 21°59′N 79°2′W / 21.983°N 79.033°W / 21.983; -79.033

Wes-Indië
indië, dikwels, indiese, eilande, karibiese, eilande, genoem, eilandboog, tussen, karibiese, atlantiese, oseaan, krieket, word, deur, indiese, nasionale, krieketspan, verteenwoordig, sterkste, nasionale, krieketspanne, wêreldwyd, spelers, guyana, suid, amerika. Wes Indie dikwels ook die Wes Indiese Eilande of Karibiese Eilande genoem is n eilandboog tussen die Karibiese See en die Atlantiese Oseaan In krieket word Wes Indie deur die Wes Indiese nasionale krieketspan verteenwoordig een van die sterkste nasionale krieketspanne wereldwyd wat ook spelers van Guyana in Suid Amerika insluit Wes Indie kon vir elke krieketwereldbekertoernooi kwalifiseer en ook die eerste twee toernooie in 1975 en 1979 wen Die Krieketwereldbeker 2007 is vir die eerste keer in agt Wes Indiese eilandnasies aangebied en deur die verdedigende kampioen Australie gewen Wes IndieLigging van Wes Indie ten opsigte van die AmerikasGeografieLigging Atlantiese Oseaan Karibiese See Golf van MeksikoKoordinate 21 59 N 79 2 W 21 983 N 79 033 W 21 983 79 033Totale eilande meer as 100Hoofeilande Bahamas Groot en Klein AntilleOppervlakte 234 325 vk kmAdministrasieSien teks DemografieBevolking 39 156 084 Vlag van die Wes Indiese Krieketraad en span sedert 1999 Vlag van die Wes Indiese Krieketraad en span tot 1999 Die Karibiese Eilande sluit al die eilande in wat in die Karibiese See tussen Noord en Suid Amerika le Kuba is die verste wes in die eilandgordel en Barbados die verste oos Die grootste eilande van wes na oos is Kuba Jamaika Hispaniola Haiti en die Dominikaanse Republiek en Puerto Rico Die eilande vorm saam die Groot Antille Die Bahamas vorm n noordelike uitloper van die eilandgordel terwyl die Klein Antille n versamelnaam vir die Benedewindse en Bowindse eilande n suidelike uitloper is Tussen Puerto Rico en die Klein Antille le n groepie eilande die Britse Maagde eilande terwyl Barbados Trinidad en Tobago die Venezuela eilande Aruba Curacao en Bonaire teen die kuslyn van Suid Amerika gelee is Sommige eilande soos Jamaika Trinidad en Tobago Barbados die Bahamas en Dominica n eiland van die Klein Antille is onafhanklike lede van die Britse Gemenebes Guadeloupe Klein Antille en Martinique Klein Antille is oorsese gebiede van Frankryk terwyl Puerto Rico en enkele van die Amerikaanse Maagde eilande onder die gesag van die Verenigde State staan Sommige van die Klein Antille eilande is oorsese gebiede van Nederland Die Karibiese Eilande le in n tropiese klimaatstreek tussen 12 en 26 NB en die klimaat word deur die Karibiese Eilande Noordoos passaat oorheers Die Karibiese See is n warm see met twee belangrike strome die Antillestroom in die noorde en die Karibiese stroom in die suide Die Karibiese Eilande het n droe en n nat seisoen die meeste reen val in die somer en die minste in die winter Gedurende die lente en herfs is die klimaat onaangenaam omdat dit baie warm en die humiditeit hoog is Die oorspronklike bewoners van die Karibiese Eilande was Indiane maar hulle getalle het sterk afgeneem sedert die kolonisasie van die eilande Saam met die koloniste het slawe uit Wes Afrika na die eilande gekom om op die plantasies te werk Vandag is die Swart bevolking in die meerderheid Voorts bestaan die bevolking uit immigrante uit die Midde Ooste meestal handelaars en n klein groepie Jode wat van Portugal na die eilande geimmigreer het Die Blankes vorm sosio ekonomies steeds die bolaag van die bevolking hoewel hulle verreweg in die minderheid is Suikerriet is die eilande se belangrikste produk Ander belangrike landbouprodukte is tabak Kuba koffie Haiti en Dominikaanse Republiek piesangs Puerto Rico en Jamaika sitrusvrugte Trinidad en Tobago en palmolie Barbados Die grootste deel van die eilande se opbrengs beland egter uiteindelik in die buiteland omdat die plantasies deur buitelandse ondernemings bedryf word Inhoud 1 Geografie 2 Naam 3 Lande en gebiede volgens argipel 3 1 Groot Antille 3 2 Klein Antille 3 3 Lucayan argipel 4 Bronne 5 Eksterne skakelsGeografie Wysig Die eksklusiewe ekonomiese sone in Wes Indie Die eilandboog word verdeel in die volgende eilandgroepe Bahamas Alhoewel die Bahamas in geografiese opsig in die Atlantiese Oseaan gelee is word hulle nogtans by die Karibiese Seegebied gereken Turks en Caicoseilande Alhoewel die Turks en Caicoseilande in geografiese opsig in die Atlantiese Oseaan gelee is word hulle nogtans by die Karibiese Seegebied gereken Groot Antille Kuba Jamaika Hispaniola Kaaimanseilande en Puerto Rico Klein Antille Die Klein Antille word verder verdeel in die Bowindse Eilande Maagde eilande vanaf Grenada en die Benedewindse Eilande Isla Margarita tot Aruba Naam Wysig Die Indies van die wereld Oos Indie Maleise argipel en Indo China Indie Indiese subkontinent en Mianmar Wes Nieu Guinee Wes Indie Lande wat soms as deel van Wes Indie beskou word Herman Moll A Map of the West Indies 1736 Die benaming Wes Indiese Eilande gaan terug op n historiese vergissing Die vroee ontdekkingsreisigers en veroweraars soos Christophorus Columbus was eintlik van voorneme om Indie die Chinese Keiserryk destyds ook Cathay genoem of Japan Cipangu op die westelike seeroete te bereik en het nie verwag dat hulle n nuwe vasteland sou ontdek wat destyds in Europa nog onbekend was nie Die eilandnaam Antille is dan ook van die Latynse ante ilium eilande net voor die kus afgelei dus die eilande voor die Sentraal Amerikaanse kus Die Engelssprekende deel van die Wes Indiese Eilande staan ook bekend as Britse Wes Indiese Eilande British West Indies Lande en gebiede volgens argipel WysigGroot Antille Wysig Nasa Satellietbeeld van Wes Indie Ligging van Wes Indie in die Amerikas Kaart van Wes Indie Lande van Wes Indie Dominikaanse Republiek Haiti Jamaika Kaaimanseilande Verenigde Koninkryk Kuba Puerto Rico Verenigde State Klein Antille Wysig Amerikaanse Maagde eilande Verenigde State Anguilla Verenigde Koninkryk Antigua en Barbuda Aruba Koninkryk van die Nederlande Barbados Bonaire Nederland Britse Maagde eilande Verenigde Koninkryk Curacao Koninkryk van die Nederlande Dominica Grenada Guadeloupe Frankryk Guyana Martinique Frankryk Montserrat Verenigde Koninkryk Nueva Esparta Venezuela Saba Nederland Sint Bartholomeus Frankryk St Kitts en Nevis St Lucia Saint Martin Frankryk St Vincent en die Grenadine Sint Eustatius Nederland Sint Maarten Koninkryk van die Nederlande Trinidad en Tobago Federale afhanklikhede van Venezuela Venezuela Lucayan argipel Wysig Bahamas Turks en Caicoseilande Verenigde Koninkryk Bronne Wysig en Rosanne Adderly West Indies in Encyclopedia of Contemporary Latin American and Caribbean Cultures Volume 1 A D London and New York Routledge 2000 1584 Wereldspektrum 1982 ISBN 0 908409 54 0Eksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Wes Indie en West Indies Encyclopaedia Britannica Besoek op 17 Julie 2019 Koordinate 21 59 N 79 2 W 21 983 N 79 033 W 21 983 79 033Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Wes Indie amp oldid 2447580,