×
Welwillendheidsdag

Welwillendheidsdag of Tweede kersdag val jaarliks op 26 Desember en is die feesdag net na kersdag wat op 25 Desember gedenk word. Nes Gesinsdag (Paasfees) en Pinkstermaandag vorm Welwillendheidsdag die tweede dag van een van die Christendom se belangrikste feeste. Die Kersfees het vanaf die 8ste eeu in die Liturgiese jaar 'n oktaaf, dit wil sê 'n vastyd van agt dae, waarvan die gedenkdae van heiliges nie geraak is nie. Voor die Protestantse Hervorming was daar in enkele Duitse lande tot vyf Kersdae, afhangende van die regerende vors se wetgewing.

Lande waar Welwillendheidsdag 'n vakansiedag is in groen
Kersgeskenke

Die dag word in die meeste Europese lande, waaronder Bulgarye, Denemarke, Duitsland, Estland, Finland, Griekeland, Hongarye, Ierland, Italië, Kroasië, Letland, Liechtenstein, Litaue, Luxemburg, Nederland, Noorweë, Oostenryk, Pole, Roemenië, Swede, Slowakye, Tsjeggië, Ysland, en lande van die Britse Statebond, as 'n openbare vakansiedag waargeneem. In die Verenigde State en ander lande is die dag egter nie 'n vakansiedag nie. In Spanje is dit net in die outonome geweste van die Baleariese Eilande en Katalonië 'n openbare vakansiedag, asook in die Duitstalige Gemeenskap van België en die Duitstalige gebiede van Switserland. Tussen 1871 en 1918 was dit ook in die destydse Elsas-Lotaringe van die Duitse Keiserryk 'n openbare vakansiedag.

Meeste lande wat aan die Britse Statebond behoort noem die dag "Boxing Day". Dié benaming is afgelei van die geskenke wat in Engels boxes genoem word. In dié boks kon mense 'n geskenk vir die armes neersit. Die tradisionele vosjagtogte is ook op Boksdag gehou. Die dag is nou belangrik vir ander sportsoorte soos sokker en perdewedrenne, maar ook krieket en rugby. Veral in die Verenigde Koninkryk, Australië, Kanada, Nieu-Seeland en Trinidad en Tobago, maar ook Hongkong is Boxing Day 'n tradisionele dag vir inkopies.

In Suid-Afrika is "Boxing Day" in 1994 hernoem na Welwillendheidsdag. Terwyl "Boxing Day" as 'n sekulêre vakansiedag beskou word, word op 26 Desember ook Sint Stefandag gevier.

Inhoud

Welwillendheidsdagtoetswedstryd op Melbourne-krieketveld, 2006

In Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika word op Welwillendheidsdag toetskrieketwedstryde gespeel. Die Australiese krieketwedstryd word tradisioneel op Melbourne-krieketveld aangebied en die Suid-Afrikaanse een op Kingsmead-stadion in Durban of SuperSport-park in Centurion. Van die Nieu-Seelandse krieketwedstryde op Welwillendheidsdag word op Basin Reserve in Wellington of Hagley-ovaal in Christchurch gehou.

Ook in sokker en rugby word in die lande van die Britse Statebond tradisioneel derbys aangebied. In Afrikalande en Italië word boksgevegte gehou.

  1. (de) Philipp Harnoncourt (2001). Weihnachtsoktav. Lexikon für Theologie und Kirche. Freiburg im Breisgau: Walter Kasper.Cite has empty unknown parameter: |1= (help)
  2. (en) Brown, Cameron (28 Augustus 2006). . p. 21. ISBN 978-1-904332-27-5. Besoek op5 Januarie 2020.
  3. . www.boxing-day.nl (in Nederlands). vanaf die oorspronklike op 9 Desember 2019. Besoek op5 Januarie 2020.
  4. . BBC (in Engels). 17 November 2004. vanaf die oorspronklike op 15 Oktober 2015. Besoek op5 Januarie 2020.
  5. Qaiser, S Pervez (25 Desember 2017). . Hindustan Times (in Engels). vanaf die oorspronklike op 25 Maart 2020. Besoek op5 Januarie 2020.

Publikasie datum: September 26, 2021

welwillendheidsdag, tweede, kersdag, jaarliks, desember, feesdag, kersdag, desember, gedenk, word, gesinsdag, paasfees, pinkstermaandag, vorm, tweede, christendom, belangrikste, feeste, kersfees, vanaf, 8ste, liturgiese, jaar, oktaaf, vastyd, waarvan, gedenkda. Welwillendheidsdag of Tweede kersdag val jaarliks op 26 Desember en is die feesdag net na kersdag wat op 25 Desember gedenk word Nes Gesinsdag Paasfees en Pinkstermaandag vorm Welwillendheidsdag die tweede dag van een van die Christendom se belangrikste feeste Die Kersfees het vanaf die 8ste eeu in die Liturgiese jaar n oktaaf dit wil se n vastyd van agt dae waarvan die gedenkdae van heiliges nie geraak is nie 1 Voor die Protestantse Hervorming was daar in enkele Duitse lande tot vyf Kersdae afhangende van die regerende vors se wetgewing Lande waar Welwillendheidsdag n vakansiedag is in groen Kersgeskenke Die dag word in die meeste Europese lande 2 waaronder Bulgarye Denemarke Duitsland Estland Finland Griekeland Hongarye Ierland Italie Kroasie Letland Liechtenstein Litaue Luxemburg Nederland Noorwee Oostenryk Pole Roemenie Swede Slowakye Tsjeggie Ysland en lande van die Britse Statebond as n openbare vakansiedag waargeneem In die Verenigde State en ander lande is die dag egter nie n vakansiedag nie In Spanje is dit net in die outonome geweste van die Baleariese Eilande en Katalonie n openbare vakansiedag asook in die Duitstalige Gemeenskap van Belgie en die Duitstalige gebiede van Switserland Tussen 1871 en 1918 was dit ook in die destydse Elsas Lotaringe van die Duitse Keiserryk n openbare vakansiedag Meeste lande wat aan die Britse Statebond behoort noem die dag Boxing Day Die benaming is afgelei van die geskenke wat in Engels boxes genoem word 3 In die boks kon mense n geskenk vir die armes neersit Die tradisionele vosjagtogte is ook op Boksdag gehou Die dag is nou belangrik vir ander sportsoorte soos sokker en perdewedrenne maar ook krieket en rugby Veral in die Verenigde Koninkryk Australie Kanada Nieu Seeland en Trinidad en Tobago maar ook Hongkong is Boxing Day n tradisionele dag vir inkopies In Suid Afrika is Boxing Day in 1994 hernoem na Welwillendheidsdag Terwyl Boxing Day as n sekulere vakansiedag beskou word word op 26 Desember ook Sint Stefandag gevier 4 Inhoud 1 In sport 2 Sien ook 3 Verwysings 4 Eksterne skakelsIn sport Wysig Welwillendheidsdagtoetswedstryd op Melbourne krieketveld 2006 In Australie Nieu Seeland en Suid Afrika word op Welwillendheidsdag toetskrieketwedstryde gespeel 5 Die Australiese krieketwedstryd word tradisioneel op Melbourne krieketveld aangebied en die Suid Afrikaanse een op Kingsmead stadion in Durban of SuperSport park in Centurion Van die Nieu Seelandse krieketwedstryde op Welwillendheidsdag word op Basin Reserve in Wellington of Hagley ovaal in Christchurch gehou Ook in sokker en rugby word in die lande van die Britse Statebond tradisioneel derbys aangebied In Afrikalande en Italie word boksgevegte gehou Sien ook WysigLys van openbare vakansiedae in Suid AfrikaVerwysings Wysig de Philipp Harnoncourt 2001 Weihnachtsoktav Lexikon fur Theologie und Kirche Freiburg im Breisgau Walter Kasper Cite has empty unknown parameter 1 help en Brown Cameron 28 Augustus 2006 Christmas Facts Figures amp Fun Facts Figures and Fun p 21 ISBN 978 1 904332 27 5 Besoek op 5 Januarie 2020 Boxing day Boxing day www boxing day nl in Nederlands Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Desember 2019 Besoek op 5 Januarie 2020 BBC Radio 4 schedule 3 December 2004 BBC in Engels 17 November 2004 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Oktober 2015 Besoek op 5 Januarie 2020 Qaiser S Pervez 25 Desember 2017 Boxing Day Test Grand year end event with rich cricket history Hindustan Times in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Maart 2020 Besoek op 5 Januarie 2020 Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Welwillendheidsdag en St Stephen Catholic Encyclopaedia Besoek op 5 Januarie 2020 en Boxing Day Encyclopaedia Britannica Besoek op 5 Januarie 2020 en St Stephen s Day Encyclopaedia Britannica Besoek op 5 Januarie 2020 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Welwillendheidsdag amp ol,