fbpx
Wikipedia

Drywing

Drywing is die tempo waarteen arbeid verrig word of waarteen energie oorgedra word. Die SI-eenheid van drywing is die watt (simbool: W).[1]

Windmeule wissel wind drywing oor na meganiese drywing. Die hedendaagse meule wissel die drywing verder na elektriese drywing terwyl die ouderwetse meul gebruik die drywing om graan te maal.

Definisie

Die definisie van drywing is

 

waar

W energie of arbeid is, en
t tyd is

In die SI-stelsel verteenwoordig hierdie stelling 'n energieverbruik van een joule per sekonde.

Die eerste eenheid vir drywing was die perdekrag (horsepower) (simbool: HP) wat deur James Watt in ongeveer 1770 geskep is. Een perdekrag was die drywing nodig om 550 pond met 'n spoed van een voet per sekonde te hys. Teen die einde van die negentiende eeu was die Pferdestärke (PS) in Duitsland geskep. Die Pferdestärke was die drywing nodig om 75 kilogram met 'n spoed van een meter per sekonde te hys.

Die vergelyking van hierdie eenhede is

1 HP = 746 W
1 PS = 735,5 W.

Praktyk

Die stelling vir drywing kan vervorm word vir verskeie stelsels.

Elektriese sisteme

In elektriese stelsels is die stelling vir elektriese drywing:

 

waar

V is elektriese potensiaal (Volt (V) in die SI-stelsel)
I is elektriese stroom (Ampère (A) in die SI-stelsel)

'n Gemiddelde kragsentrale wek ongeveer 500 megawatt (MW) op. Dit beteken dat dit 500 miljoen joule energie per sekonde opwek.

Draaiende stelsels

In 'n draaiende stelsel is die stelling vir drwying:

 

waar

ω is hoeksnelheid (gemeet in radiale per tydseenheid).
X is wringkrag. (N·m in die SI-stelsel).

Vloeier meganika

In vloeier meganika is die stelling vir drywing:

 

waar

p is druk (Pa in die SI-stelsel)
Q is Volumetriese vloeitempo (m3/s in die SI-stelsel).

In die praktyk word die minimum grootte van 'n elektriese motor vir 'n pomp met die volgende formule bereken:

 

waar:

  • Q = Drywing (W in die SI-stelsel)
  • ΔP = Drukvermeerdering oor pomp (Pa in die SI-stelsel)
  • V = Volume vloei (m3/s in die SI-stelsel)
  • ηpomp = Effektiwiteit van pomp. Hoeveel van die energie wat aan die pomp gegee word, word gebruik om vloeistof te pomp. Verliese is tipies interne sirkulasie in die pomp. Dit word afgelees van die pompkurwe. Dit is ongeveer 0,80 en is onafhanklik van die eenheidstelsel.
  • ηdrywer = Effektiwiteit van drywer. Hoeveel verliese is daar tussen die elektriese motor en die pomp. Vir 'n soliede as is die effektiwiteit ~ 1,0. Vir 'n V-band sal dit laer wees. Dit is onafhanklik van die eenheidstelsel.
  • ηelektriese motor = Effektiwiteit van 'n elektriese motor (hoeveel van die elektrisiteit word omgesit om die drywer te dryf). Dit is gewoonlik redelik hoog: 0,85 tot 0,95 en is onafhanklik van die eenheidstelsel.

Misgebruik

Die woorde "energie" en "drywing" word dikwels verkeerdelik afgewissel in die geloof dat hulle dieselfde beteken.

"Perdekrag" is 'n eenheid van drywing en nie van krag nie. In die "Onse Vader"-gebed word die Latynse woord "potestas"[2] as "power" in Engels, as "puissance" in Frans, as "krag" in Afrikaans, as "kracht" in Nederlands en as "Kraft" in Duits vertaal. In fisika, het die Franse woord "puissance" en die Engelse woord "power" dieselfde betekenis, dit wil sê "drywing" maar die Duitse woord "Kraft" en die Nederlandse woord "kracht" het dieselfde betekenis as die Afrikaanse woord, naamlik "krag".

In Nederlands word die woord "vermogen" in plaas van "drywing" gebruik.

Sien ook

Verwysings

  1. Internasionale Buro vir Mate en Gewigte (BIPM)(Bureau international des poids et mesures) (2006). "2.2.2". Le Système international d’unités/The International System of Units (SI) (PDF) (in Frans met Engels vertaling) (8ste uitg.). ISBN 92-822-2213-6.AS1-onderhoud: onerkende taal (link)
  2. "The Lord's Prayer in Latin" (in Engels). vanaf die oorspronklike op 30 September 2019. Besoek op 1 Mei 2014.

Drywing
drywing, tempo, waarteen, arbeid, verrig, word, waarteen, energie, oorgedra, word, eenheid, drywing, watt, simbool, windmeule, wissel, wind, drywing, meganiese, drywing, hedendaagse, meule, wissel, drywing, verder, elektriese, drywing, terwyl, ouderwetse, meul. Drywing is die tempo waarteen arbeid verrig word of waarteen energie oorgedra word Die SI eenheid van drywing is die watt simbool W 1 Windmeule wissel wind drywing oor na meganiese drywing Die hedendaagse meule wissel die drywing verder na elektriese drywing terwyl die ouderwetse meul gebruik die drywing om graan te maal Inhoud 1 Definisie 2 Praktyk 2 1 Elektriese sisteme 2 2 Draaiende stelsels 2 3 Vloeier meganika 3 Misgebruik 4 Sien ook 5 VerwysingsDefinisie WysigDie definisie van drywing is P t d W d t displaystyle P t frac dW dt waar W energie of arbeid is en t tyd isIn die SI stelsel verteenwoordig hierdie stelling n energieverbruik van een joule per sekonde Die eerste eenheid vir drywing was die perdekrag horsepower simbool HP wat deur James Watt in ongeveer 1770 geskep is Een perdekrag was die drywing nodig om 550 pond met n spoed van een voet per sekonde te hys Teen die einde van die negentiende eeu was die Pferdestarke PS in Duitsland geskep Die Pferdestarke was die drywing nodig om 75 kilogram met n spoed van een meter per sekonde te hys Die vergelyking van hierdie eenhede is 1 HP 746 W 1 PS 735 5 W Praktyk WysigDie stelling vir drywing kan vervorm word vir verskeie stelsels Elektriese sisteme Wysig In elektriese stelsels is die stelling vir elektriese drywing P V I displaystyle mathrm P V cdot I waar V is elektriese potensiaal Volt V in die SI stelsel I is elektriese stroom Ampere A in die SI stelsel n Gemiddelde kragsentrale wek ongeveer 500 megawatt MW op Dit beteken dat dit 500 miljoen joule energie per sekonde opwek Draaiende stelsels Wysig In n draaiende stelsel is die stelling vir drwying P t t w displaystyle P t boldsymbol tau cdot boldsymbol omega waar w is hoeksnelheid gemeet in radiale per tydseenheid X is wringkrag N m in die SI stelsel Vloeier meganika Wysig In vloeier meganika is die stelling vir drywing P t p Q displaystyle P t pQ waar p is druk Pa in die SI stelsel Q is Volumetriese vloeitempo m3 s in die SI stelsel In die praktyk word die minimum grootte van n elektriese motor vir n pomp met die volgende formule bereken Q D P V h p o m p h d r y w e r h e l e k t r i e s e m o t o r displaystyle Q frac Delta P cdot V eta pomp cdot eta drywer cdot eta elektriese motor waar Q Drywing W in die SI stelsel DP Drukvermeerdering oor pomp Pa in die SI stelsel V Volume vloei m3 s in die SI stelsel hpomp Effektiwiteit van pomp Hoeveel van die energie wat aan die pomp gegee word word gebruik om vloeistof te pomp Verliese is tipies interne sirkulasie in die pomp Dit word afgelees van die pompkurwe Dit is ongeveer 0 80 en is onafhanklik van die eenheidstelsel hdrywer Effektiwiteit van drywer Hoeveel verliese is daar tussen die elektriese motor en die pomp Vir n soliede as is die effektiwiteit 1 0 Vir n V band sal dit laer wees Dit is onafhanklik van die eenheidstelsel helektriese motor Effektiwiteit van n elektriese motor hoeveel van die elektrisiteit word omgesit om die drywer te dryf Dit is gewoonlik redelik hoog 0 85 tot 0 95 en is onafhanklik van die eenheidstelsel Misgebruik WysigDie woorde energie en drywing word dikwels verkeerdelik afgewissel in die geloof dat hulle dieselfde beteken Perdekrag is n eenheid van drywing en nie van krag nie In die Onse Vader gebed word die Latynse woord potestas 2 as power in Engels as puissance in Frans as krag in Afrikaans as kracht in Nederlands en as Kraft in Duits vertaal In fisika het die Franse woord puissance en die Engelse woord power dieselfde betekenis dit wil se drywing maar die Duitse woord Kraft en die Nederlandse woord kracht het dieselfde betekenis as die Afrikaanse woord naamlik krag In Nederlands word die woord vermogen in plaas van drywing gebruik Sien ook WysigEnergie KragVerwysings Wysig Internasionale Buro vir Mate en Gewigte BIPM Bureau international des poids et mesures 2006 2 2 2 Le Systeme international d unites The International System of Units SI PDF in Frans met Engels vertaling 8ste uitg ISBN 92 822 2213 6 AS1 onderhoud onerkende taal link The Lord s Prayer in Latin in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 September 2019 Besoek op 1 Mei 2014 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Drywing amp oldid 2297287,