×
Waterdraer (sterrebeeld)
Vir ’n artikel oor die sterreteken Waterdraer, sien Waterdraer (sterreteken).

Die Waterdraer (Latyn: Aquarius) is ’n sterrebeeld in die diereriem, tussen die Steenbok en die Visse. Sy teken is (Unicode ♒), ’n voorstelling van water.

Waterdraer
Latynse naam Aquarius
Genitief Aquarii
Afkorting Aqr
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 23h
Deklinasie -15º
Grootte 980 vk. grade (10de)
Kwadrant SQ4
Besonderhede
Hoofsterre 10, 22
Helderste ster Beta Aquarii (β Aqr; Sadalsuud)
Naaste ster EZ Aquarii (EZ Aqr)
Sterre helderder as 3 m 2
Sterre met planete 11
Messier-voorwerpe 3
Bayer-/Flamsteed-sterre 97
Meteoorreëns Maart-Aquariede, Eta-Aquariede, Delta-Aquariede, Jota-Aquariede
Aangrensende sterrebeelde
Visse, Vlieënde Perd, Vul, Dolfyn, Arend, Steenbok, Suidelike Vis, Beeldhouer, Walvis
Portaal Sterrekunde

Die Waterdraer is een van die oudste bekende sterrestelsels in die diereriem en was een van die 48 sterrebeelde wat genoem is deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemaeus. Dit is steeds een van die 88 moderne konstellasies en 'n belangrike herfssterrebeeld vir waarnemers in die Noordelike Halfrond. Dit is geleë in ’n streek wat dikwels "die See" genoem word vanweë die getal sterrebeelde wat daar voorkom wat met water verband hou, soos die Walvis, die Visse en die rivier Eridanus.

Inhoud

Aquarius word geïdentifiseer as GU.LA "Die Groot Een" in die Babiloniese mitologie en is ’n voorstelling van die god Ea, wat gewoonlik uitgebeeld word waar hy ’n kruik vashou wat oorloop. In Ou Babiloniese sterrekunde was Ea die heerser van die mees suidelike kwart van die sonnebaan, die "Weg van Ea", wat ooreenstem met ’n tydperk van 45 dae weerskante van midwinter. Aquarius is ook verbind met die vernietigende vloede wat die Babiloniërs dikwels getref het en hy het dus ’n negatiewe konnotasie.

In die Griekse tradisie is die sterrebeeld voorgestel deur ’n enkele kruik waaruit ’n stroom water afvloei na die Suidelike Vis.

Die sterrebeeld Waterdraer soos met die blote oog van die Aarde af gesien.

Sterre

Ondanks sy prominente posisie in die diereriem en sy grootte, het die Waterdraer nie baie helder sterre nie; sy helderste vier sterre het almal ’n magnitude van minder as 4. Sowat 100 sterre kan met die blote oog waargeneem word. In onlangse navorsing is gevind dat daar verskeie sterre is wat planeetstelsels het.

Van die sterre in die konstellasie is van Alpha Aquarii tot Pi Aquarii, Gliese 876 (een van die naaste sterre aan die Aarde: 15 ligjare), 91 Aquarii en Gliese 849.

Alpha Aquarii, ook bekend as Sadalmelik, is ’n G-tipe hoofreeksster, ’n geel superreus. Dit is die tweede helderste ster in die sterrebeeld met ’n magnitude van 2,96 en is 523 ligjare van die Aarde af. Dit het ’n ligsterkte van5 250 L.

Die helderste ster is Beta Aquarii, wat soms Sadalsuud genoem word. Dit is ’n G-tipe hoofreeks-superreus met ’n magnitude van 2,91. Sadalsuud is 537 ligjare van die Aarde af en het ’n ligsterkte van5 250 L, dieselfde as Alpha Aquarii. Gamma Aquarii of Sadachbia is ’n blou-wit A0-tipe ster met ’n magnitude van 3,84 en ’n ligsterkte van50 L; dit is 163 ligjare van hier af.

Delta Aquarii is ’n blou-wit A2-tipe ster met ’n magnitude van 3,27 en ligsterkte van105 L. Epsilon Aquarii, ook bekend as Albali, is ’n blou-wit tipe A1-ster met ’n magnitude van 3,77.

Zeta Aquarii is ’n dubbelstelsel van twee wit sterre. Die primêre ster het ’n magnitude van 4,53 en die sekondêre ster ’n magnitude van 4,31. Hul wentelperiode is 760 jaar en hulle beweeg tans verder van mekaar af weg. Theta Aquarii is ’n G8-tipe (4,16 mag), Lambda Aquarii ’n M2-tipe (3,74 mag), Xi Aquarii ’n A7-tipe (4,69 mag) en Pi Aquarii B0-tipe (4,66 mag) ster.

Planetêre stelsels

Tot in 2013 is 11 planeetstelsels in die Weegskaal gevind. Gliese 876, een van die naaste sterre aan die Aarde op 15 ligjare, was die eerste rooi dwerg waarom ’n planetêre stelsels ontdek is. Dit het vier eksoplanete, onder meer ’n soliede planeet met ’n massa van 6,6 keer dié van die Aarde. Die wentebane wissel van 2 tot 124 dae.

Die ander ster met meer as een planeet is HD 215152. Dit is ’n K0-tipe ster met ’n magnitude van 8,13 en het twee planete, HD 215152 b en HD 215152 c. Hul wentelbane is baie na aan die ster, onderskeidelik 0,0652 en 0,0852 AE. HD 215152 c is0,0097 MJ en b0,0087 MJ.

Daar is nog verskeie sterre met een planeet elk in die sterrebeeld:

  • 91 Aquarii is ’n oranje reusester; sy planeet, 91 Aquarii b, se massa is 2,9 keer dié van Jupiter, en sy wenteltyd is 182 dae.
  • Gliese849 is ’n rooi dwerg met die eerste langperiode- Jupiter-agtige planeet, Gliese 849 b. Die planeet se massa is 0,99 keer dié van Jupiter en sy wenteltyd is 1 852 dae.
  • WASP-6, ’n G8-tipe ster met ’n magnitude van 12,4, se planeet, WASP-6 b, is in 2008 ontdek en wentel elke 3,36 dae om die ster op ’n afstand van 0,042 AE. Die ster self het ’n massa van0,888 M en ’n radius van0,87 R. Die planeet se massa is0,503 MJ, maar het ’n proporsioneel groter radius van1,224 RJ.
  • HD 206610, ’n K0-tipe ster, het ’n massa van1,56 M en ’n radius van6,1 R. Sy planeet, HD 206610 b, se massa is 2,2 keer dié van Jupiter. Dit wentel elke 610 dae om die ster op ’n afstand van 1,68 AE.
  • Die planeet WASP-47 b is baie nader aan sy ster en wentel elke 4,15 dae op ’n afstand van 0,052 AE om sy son, die geel dwergster WASP-47 (G9V). Dié ster se massa en groote stem feitlik ooreen met dié van die Son. WASP-47 b is effens groter as Jupiter (massa 1,14 keer en radius 1,15 keer soveel).
  • Nog sterre met een planeet elk is HD 210277, HD 210277 en HD 212771.

Diepruimtevoorwerpe

Die sterrestelsel J2240 lê in die Waterdraer.

Vanweë sy posisie weg van die galaktiese vlak van die Melkweg, is die meerderheid diepruimtevoorwerpe in die Waterdraer sterrestelsels, bolswerms (bv. Messier 2 en Messier 72), oop swerms (bv. Messier 73) en planetêre newels (bv. die Saturnus- en die Heliks-newels).

M2 (of NGC 7089) is ’n uiters ryk bolswerm met ’n magnitude van 6,5, wat sowat 37 000 ligjare van die Aarde af is. M72, met ’n magnitude van 9, is sowat 56 000 ligjare weg. M73 (of NGC 6994) is ’n oop swerm met ’n status waaroor groot onenigheid bestaan.

NGC 6781 is ’n planetêre newel met ’n magnitude van 11 en is 2 500 ligjare van die Aarde af. Dit lyk soos ’n byna perfekte ring in ’n ryk sterreveld; die veld is so ryk dat verskeie sterre lyk of hulle op die newel gesuperimponeer is. Nes die Ring-newel in die Lier, het die ring ’n deursnee van sowat 1 ligjaar. NGC 7009, of die Saturnus-newel, is ’n planetêre newel van 8 mag sowat 3 000 ligjare van die Aarde af. Dit het sy naam gekry van die 19de-eeuse sterrekundige Lord Rosse omdat dit deur ’n teleskoop so baie soos die planeet Saturnus gelyk het; dit het ’n dowwe uitsteeksel aan albei kante wat soos Saturnus se ringe lyk. Sy sentrale ster het ’n magnitude van 11,3. Dit is taamlik klein in vergelyking met die Heliks-newel, nog ’n newel in die Waterdraer. Laasgenoemde, ook bekend as NGC 7293, is op 650 ligjare die naaste planetêre newel aan die Aarde. Sy oppervlak is 0,25 vierkante grade, en dit is dus ook die grootste planetêre newel soos van die Aarde af gesien. Omdat dit so groot is, is dit egter baie dof, hoewel dit ’n magnitude van 6 het.

Een sterrestelsel in die sterrebeeld is NGC 7727, wat gewild is onder amateursterrekundiges wat graag supernovas wil ontdek of dophou. Dit is ’n S-tipe spiraalsterrestelsel met ’n magnitude van 10,7 en is 3 x 3 boogsekondes groot.

Meteoorreëns

Daar is veral drie meteoorreëns wat lyk of hulle uit die Waterdraer kom: die Eta-, Delta- en Iota-Aquariïede.

Die Eta-Aquariïede is die sterkste van die drie. Dit bereik sy hoogtepunt tussen 5 en 6 Mei met ’n tempo van sowat 35 meteore per uur. Die ouerliggaam van die reën is Halley se Komeet. Vuurballe is algemeen ná die hoogtepunt, min of meer tussen 9 en 11 Mei. Die normale meteore lyk of hulle geel sterte het.

Die Delta-Aquariïede het twee oënskynlike oorspronge en bereik sy hoogtepunt eers op 29 Julie en dan op 6 Augustus. Die eerste oorsprong is in die suide van die sterrebeeld en die tweede in die noorde. Die maksimum tempo is onderskeidelik 20 en 10 meteore per uur.

Die Iota-Aquariïede is ’n taamlik flou reën wat sy hoogtepunt op 6 Augustus het. Dit het ’n tempo van sowat 8 meteore per uur.

Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
  1. Thompson, Robert Bruce; Thompson, Barbara Fritchman (2007). Illustrated Guide to Astronomical Wonders. Sebastopol, California: O'Reilly Media. ISBN 978-0-596-52685-6.|access-date= requires |url= (help)
  2. John H. Rogers, "", Journal of the British Astronomical Association 108 (1998) 9–28
  3. John Sanford: Observing the Constellations. Londen: Guild Publishing/Mitchell Beazley Publishers 1989, bl. 18
  4. Thompson & Thompson 2007.
  5. Moore, Patrick (2000). The Data Book of Astronomy. Bristol, Verenigde Koninkryk: Institute of Physics Publishing. ISBN 0-7503-0620-3.|access-date= requires |url= (help)
  6. Moore 2000.
  7. (in Engels). Astronomy Picture of the Day. 26 Junie 1998. vanaf die oorspronklike op 14 Maart 2020. Besoek op23 April 2012.
  8. Moore & Tirion 1997.
  9. Ridpath 2001.
  10. SIMBAD Sadalmelik.
  11. SIMBAD Beta Aquarii.
  12. SIMBAD Gamma Aquarii.
  13. Staal 1988, pp. 42–44.
  14. APOD Gliese 876.
  15. Exoplanet Encyclopedia Gliese 876.
  16. Exoplanet Encyclopedia HD 215152 b.
  17. Exoplanet Encyclopedia HD 215152 c.
  18. Exoplanet Encyclopedia 91 Aqr.
  19. Exoplanet Encyclopedia Gj 849.
  20. Exoplanet Encyclopedia WASP-6.
  21. Exoplanet Encyclopedia HD 206610 b.
  22. Exoplanet Encyclopedia WASP-47 b.
  23. Levy 2005, pp. 133-134.
  24. Levy 2005, p. 132.
  25. Levy 2005, p. 131.
  26. Sherrod & Koed 2003, p. 222.
  27. Sherrod & Koed 2003, p. 52.


Die 88 moderne sterrebeelde

AgterdekAkkedisAltaarAndromedaArendBeeldhouerBekerBerenike se HareBoogskutterBulDolfynDraakDriehoekDuifEenhoringEridanusFeniksGraveerstifGroot BeerGroot HondHaasHerculesHorlosieIndiërJaghondeJagterKameelperdKameleonKielKlein BeerKlein HondKlein LeeuKoetsierKompasKassiopeiaKefeusKraaiKraanvoëlKreefNetLeeuLierLugpompMaagdMikroskoopNoordelike KroonNoordelike WaterslangOktantOondParadysvoëlPasserPerseusPouPylRamRooikatSeileSekstantSentourSkerpioenSkildSkilderSlangSlangdraerSteenbokSuidelike DriehoekSuidelike KroonSuidelike VisSuidelike WaterslangSuiderkruisSwaanSwaardvisTafelTeleskoopToekanTweelingVeewagterVisseVlieënde PerdVlieënde VisVliegVosVulWalvisWaterdraerWeegskaalWinkelhaakWolf


Publikasie datum: Augustus 08, 2021

waterdraer, sterrebeeld, artikel, sterreteken, waterdraer, sien, waterdraer, sterreteken, waterdraer, latyn, aquarius, sterrebeeld, diereriem, tussen, steenbok, visse, teken, unicode, voorstelling, water, waterdraerlatynse, naam, aquariusgenitief, aquariiafkor. Vir n artikel oor die sterreteken Waterdraer sien Waterdraer sterreteken Die Waterdraer Latyn Aquarius is n sterrebeeld in die diereriem tussen die Steenbok en die Visse Sy teken is Unicode n voorstelling van water WaterdraerLatynse naam AquariusGenitief AquariiAfkorting AqrWaarnemingsdata Epog J2000 Regte klimming 23hDeklinasie 15ºGrootte 980 vk grade 10de Kwadrant SQ4BesonderhedeHoofsterre 10 22Helderste ster Beta Aquarii b Aqr Sadalsuud Naaste ster EZ Aquarii EZ Aqr Sterre helderder as 3 m 2Sterre met planete 11Messier voorwerpe 3Bayer Flamsteed sterre 97Meteoorreens Maart Aquariede Eta Aquariede Delta Aquariede Jota AquariedeAangrensende sterrebeeldeVisse Vlieende Perd Vul Dolfyn Arend Steenbok Suidelike Vis Beeldhouer Walvis 1 Portaal Sterrekunde Die Waterdraer is een van die oudste bekende sterrestelsels in die diereriem 2 en was een van die 48 sterrebeelde wat genoem is deur die 2de eeuse sterrekundige Ptolemaeus Dit is steeds een van die 88 moderne konstellasies en n belangrike herfssterrebeeld vir waarnemers in die Noordelike Halfrond 3 Dit is gelee in n streek wat dikwels die See genoem word vanwee die getal sterrebeelde wat daar voorkom wat met water verband hou soos die Walvis die Visse en die rivier Eridanus 4 Inhoud 1 Geskiedenis en mitologie 2 Ruimtevoorwerpe 2 1 Sterre 2 2 Planetere stelsels 2 3 Diepruimtevoorwerpe 2 4 Meteoorreens 3 Verwysings 4 Eksterne skakelsGeskiedenis en mitologie WysigAquarius word geidentifiseer as GU LA Die Groot Een in die Babiloniese mitologie en is n voorstelling van die god Ea wat gewoonlik uitgebeeld word waar hy n kruik vashou wat oorloop In Ou Babiloniese sterrekunde was Ea die heerser van die mees suidelike kwart van die sonnebaan die Weg van Ea wat ooreenstem met n tydperk van 45 dae weerskante van midwinter Aquarius is ook verbind met die vernietigende vloede wat die Babiloniers dikwels getref het en hy het dus n negatiewe konnotasie 1 In die Griekse tradisie is die sterrebeeld voorgestel deur n enkele kruik waaruit n stroom water afvloei na die Suidelike Vis Ruimtevoorwerpe Wysig Die sterrebeeld Waterdraer soos met die blote oog van die Aarde af gesien Sterre Wysig Ondanks sy prominente posisie in die diereriem en sy grootte het die Waterdraer nie baie helder sterre nie 5 sy helderste vier sterre het almal n magnitude van minder as 4 6 Sowat 100 sterre kan met die blote oog waargeneem word In onlangse navorsing is gevind dat daar verskeie sterre is wat planeetstelsels het Van die sterre in die konstellasie is van Alpha Aquarii tot Pi Aquarii Gliese 876 een van die naaste sterre aan die Aarde 15 ligjare 7 91 Aquarii en Gliese 849 Alpha Aquarii ook bekend as Sadalmelik is n G tipe hoofreeksster 8 n geel superreus 9 Dit is die tweede helderste ster in die sterrebeeld met n magnitude van 2 96 8 en is 523 ligjare van die Aarde af 10 Dit het n ligsterkte van 5 250 L 6 Die helderste ster is Beta Aquarii wat soms Sadalsuud genoem word Dit is n G tipe hoofreeks superreus 8 met n magnitude van 2 91 8 Sadalsuud is 537 ligjare van die Aarde af 11 en het n ligsterkte van 5 250 L dieselfde as Alpha Aquarii 6 Gamma Aquarii of Sadachbia is n blou wit 9 A0 tipe ster met n magnitude van 3 84 en n ligsterkte van 50 L 6 dit is 163 ligjare van hier af 12 Delta Aquarii is n blou wit A2 tipe ster met n magnitude van 3 27 en ligsterkte van 105 L 6 Epsilon Aquarii ook bekend as Albali 13 is n blou wit tipe A1 ster met n magnitude van 3 77 Zeta Aquarii is n dubbelstelsel van twee wit sterre 9 Die primere ster het n magnitude van 4 53 en die sekondere ster n magnitude van 4 31 Hul wentelperiode is 760 jaar en hulle beweeg tans verder van mekaar af weg 9 Theta Aquarii is n G8 tipe 4 16 mag Lambda Aquarii n M2 tipe 3 74 mag Xi Aquarii n A7 tipe 4 69 mag en Pi Aquarii B0 tipe 4 66 mag ster Planetere stelsels Wysig Tot in 2013 is 11 planeetstelsels in die Weegskaal gevind Gliese 876 een van die naaste sterre aan die Aarde op 15 ligjare 14 was die eerste rooi dwerg waarom n planetere stelsels ontdek is Dit het vier eksoplanete onder meer n soliede planeet met n massa van 6 6 keer die van die Aarde Die wentebane wissel van 2 tot 124 dae 15 Die ander ster met meer as een planeet is HD 215152 Dit is n K0 tipe ster met n magnitude van 8 13 en het twee planete HD 215152 b en HD 215152 c Hul wentelbane is baie na aan die ster onderskeidelik 0 0652 en 0 0852 AE 16 17 HD 215152 c is 0 0097 MJ en b 0 0087 MJ Daar is nog verskeie sterre met een planeet elk in die sterrebeeld 91 Aquarii is n oranje reusester sy planeet 91 Aquarii b se massa is 2 9 keer die van Jupiter en sy wenteltyd is 182 dae 18 Gliese849 is n rooi dwerg met die eerste langperiode Jupiter agtige planeet Gliese 849 b Die planeet se massa is 0 99 keer die van Jupiter en sy wenteltyd is 1 852 dae 19 WASP 6 n G8 tipe ster met n magnitude van 12 4 se planeet WASP 6 b is in 2008 ontdek en wentel elke 3 36 dae om die ster op n afstand van 0 042 AE Die ster self het n massa van 0 888 M en n radius van 0 87 R Die planeet se massa is 0 503 MJ maar het n proporsioneel groter radius van 1 224 RJ 20 HD 206610 n K0 tipe ster het n massa van 1 56 M en n radius van 6 1 R Sy planeet HD 206610 b se massa is 2 2 keer die van Jupiter Dit wentel elke 610 dae om die ster op n afstand van 1 68 AE 21 Die planeet WASP 47 b is baie nader aan sy ster en wentel elke 4 15 dae op n afstand van 0 052 AE om sy son die geel dwergster WASP 47 G9V Die ster se massa en groote stem feitlik ooreen met die van die Son WASP 47 b is effens groter as Jupiter massa 1 14 keer en radius 1 15 keer soveel 22 Nog sterre met een planeet elk is HD 210277 HD 210277 en HD 212771 Diepruimtevoorwerpe Wysig Die sterrestelsel J2240 le in die Waterdraer Vanwee sy posisie weg van die galaktiese vlak van die Melkweg is die meerderheid diepruimtevoorwerpe in die Waterdraer sterrestelsels bolswerms bv Messier 2 en Messier 72 oop swerms bv Messier 73 en planetere newels bv die Saturnus en die Heliks newels 1 M2 of NGC 7089 is n uiters ryk bolswerm met n magnitude van 6 5 wat sowat 37 000 ligjare van die Aarde af is M72 met n magnitude van 9 is sowat 56 000 ligjare weg 9 M73 of NGC 6994 is n oop swerm met n status waaroor groot onenigheid bestaan NGC 6781 is n planetere newel met n magnitude van 11 en is 2 500 ligjare van die Aarde af Dit lyk soos n byna perfekte ring in n ryk sterreveld die veld is so ryk dat verskeie sterre lyk of hulle op die newel gesuperimponeer is Nes die Ring newel in die Lier het die ring n deursnee van sowat 1 ligjaar 23 NGC 7009 of die Saturnus newel is n planetere newel van 8 mag sowat 3 000 ligjare van die Aarde af Dit het sy naam gekry van die 19de eeuse sterrekundige Lord Rosse omdat dit deur n teleskoop so baie soos die planeet Saturnus gelyk het dit het n dowwe uitsteeksel aan albei kante wat soos Saturnus se ringe lyk Sy sentrale ster het n magnitude van 11 3 9 Dit is taamlik klein in vergelyking met die Heliks newel nog n newel in die Waterdraer 24 Laasgenoemde ook bekend as NGC 7293 is op 650 ligjare die naaste planetere newel aan die Aarde Sy oppervlak is 0 25 vierkante grade en dit is dus ook die grootste planetere newel soos van die Aarde af gesien Omdat dit so groot is is dit egter baie dof 9 hoewel dit n magnitude van 6 het 25 Een sterrestelsel in die sterrebeeld is NGC 7727 wat gewild is onder amateursterrekundiges wat graag supernovas wil ontdek of dophou Dit is n S tipe spiraalsterrestelsel met n magnitude van 10 7 en is 3 x 3 boogsekondes groot 26 Meteoorreens Wysig Daar is veral drie meteoorreens wat lyk of hulle uit die Waterdraer kom die Eta Delta en Iota Aquariiede Die Eta Aquariiede is die sterkste van die drie Dit bereik sy hoogtepunt tussen 5 en 6 Mei met n tempo van sowat 35 meteore per uur 9 Die ouerliggaam van die reen is Halley se Komeet Vuurballe is algemeen na die hoogtepunt min of meer tussen 9 en 11 Mei Die normale meteore lyk of hulle geel sterte het 27 Die Delta Aquariiede het twee oenskynlike oorspronge en bereik sy hoogtepunt eers op 29 Julie en dan op 6 Augustus Die eerste oorsprong is in die suide van die sterrebeeld en die tweede in die noorde Die maksimum tempo is onderskeidelik 20 en 10 meteore per uur 9 Die Iota Aquariiede is n taamlik flou reen wat sy hoogtepunt op 6 Augustus het Dit het n tempo van sowat 8 meteore per uur 9 Verwysings Wysig Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia 1 0 1 1 1 2 Thompson Robert Bruce Thompson Barbara Fritchman 2007 Illustrated Guide to Astronomical Wonders Sebastopol California O Reilly Media ISBN 978 0 596 52685 6 access date requires url help John H Rogers Origins of the ancient contellations I The Mesopotamian traditions Journal of the British Astronomical Association 108 1998 9 28 John Sanford Observing the Constellations Londen Guild Publishing Mitchell Beazley Publishers 1989 bl 18 Thompson amp Thompson 2007 Moore Patrick 2000 The Data Book of Astronomy Bristol Verenigde Koninkryk Institute of Physics Publishing ISBN 0 7503 0620 3 access date requires url help 6 0 6 1 6 2 6 3 6 4 Moore 2000 A Planet for Gliese 876 in Engels Astronomy Picture of the Day 26 Junie 1998 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Maart 2020 Besoek op 23 April 2012 8 0 8 1 8 2 8 3 Moore amp Tirion 1997 9 0 9 1 9 2 9 3 9 4 9 5 9 6 9 7 9 8 9 9 Ridpath 2001 SIMBAD Sadalmelik SIMBAD Beta Aquarii SIMBAD Gamma Aquarii Staal 1988 pp 42 44 APOD Gliese 876 Exoplanet Encyclopedia Gliese 876 Exoplanet Encyclopedia HD 215152 b Exoplanet Encyclopedia HD 215152 c Exoplanet Encyclopedia 91 Aqr Exoplanet Encyclopedia Gj 849 Exoplanet Encyclopedia WASP 6 Exoplanet Encyclopedia HD 206610 b Exoplanet Encyclopedia WASP 47 b Levy 2005 pp 133 134 Levy 2005 p 132 Levy 2005 p 131 Sherrod amp Koed 2003 p 222 Sherrod amp Koed 2003 p 52 Ian Ridpath and Wil Tirion 2007 Stars and Planets Guide Collins Londen ISBN 978 0 00 725120 9 Princeton University Press Princeton ISBN 978 0 691 13556 4 H A Rey The Stars A New Way To See Them Enlarged World Wide Edition Houghton Mifflin Boston 1997 ISBN 0 395 24830 2 Eksterne skakels WysigThe Deep Photographic Guide to the Constellations Aquarius NightSkyInfo com Constellation Aquarius Star Tales Aquarius Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Waterdraer sterrebeeld Die 88 moderne sterrebeeldeAgterdek Akkedis Altaar Andromeda Arend Beeldhouer Beker Berenike se Hare Boogskutter Bul Dolfyn Draak Driehoek Duif Eenhoring Eridanus Feniks Graveerstif Groot Beer Groot Hond Haas Hercules Horlosie Indier Jaghonde Jagter Kameelperd Kameleon Kiel Klein Beer Klein Hond Klein Leeu Koetsier Kompas Kassiopeia Kefeus Kraai Kraanvoel Kreef Net Leeu Lier Lugpomp Maagd Mikroskoop Noordelike Kroon Noordelike Waterslang Oktant Oond Paradysvoel Passer Perseus Pou Pyl Ram Rooikat Seile Sekstant Sentour Skerpioen Skild Skilder Slang Slangdraer Steenbok Suidelike Driehoek Suidelike Kroon Suidelike Vis Suidelike Waterslang Suiderkruis Swaan Swaardvis Tafel Teleskoop Toekan Tweeling Veewagter Visse Vlieende Perd Vlieende Vis Vlieg Vos Vul Walvis Waterdraer Weegskaal Winkelhaak WolfOntsluit van https af wikipedia org w index php title Waterdraer sterrebeeld amp ol,