fbpx Walvis (sterrebeeld)
Wikipedia

Walvis (sterrebeeld)

Die Walvis (Latyn: Cetus) is ’n sterrebeeld in die suidelike hemelruim. Die naam verwys na ’n seemonster in die Griekse mitologie, maar dit word vandag die Walvis genoem. Dit kom in ’n deel van die lug voor wat "Die See" genoem word omdat baie ander waterverwante konstellasies ook hier aangetref word soos die Visse, Waterdraer en Eridanus.

Walvis
Latynse naam Cetus
Genitief Ceti
Afkorting Cet
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 1,42h
Deklinasie 11,35º
Grootte 1 231 vk. grade (4de)
Kwadrant SQ1
Besonderhede
Hoofsterre 15
Helderste ster Deneb Kaitos (Beta Ceti)
Naaste ster Luyten 726-8
Sterre helderder as 3 m 2
Sterre met planete 17
Messier-voorwerpe 1
Bayer-/Flamsteed-sterre 88
Meteoorreëns Oktober-Cetiede, Eta-Cetiede, Omicron-Cetiede
Aangrensende sterrebeelde
Ram, Visse, Waterdraer, Beeldhouer, Oond, Eridanus, Bul
Portaal Sterrekunde

Inhoud

Hoewel die Walvis nie amptelik deel van die diereriem uitmaak nie, beweeg die sonnebaan baie naby aan sy grens verby en kan die planete vir kort rukkies in die sterrebeeld gesien word.

Die merkwaardigste ster in die Walvis is Mira (of ο Ceti), die eerste veranderlike ster wat ontdek is. Oor ’n tydperk van 331,65 dae kan dit ’n maksimum helderheid van tot 2 mag bereik. Dit is dan een van die helderste sterre aan die naghemel en kan maklik met die blote oog gesien word. Daarna neem die magnitude af tot 10,1, voor dit weer helderder word. Ander sterre sluit in Alpha Ceti (Menkar), Beta Ceti (Deneb Kaitos), die sterrebeeld se helderste ster, en Tau Ceti, die 17de naaste ster aan die Aarde. AA Ceti is ’n driesterstelsel waarvan die helderste komponent ’n helderheid van 6,2 mag het.

Baie verafgeleë sterrestelsels kan in die Walvis gesien word omdat dit nie deur ruimtestof van die Melkweg verberg word nie. Van hulle is die spiraalvormige Messier 77 (NGC 1068), die helderste met ’n magnitude van 9. Onlangs is bevestig dat die sterrestelselswerm JKCS 041 die verste swerm is wat nog ontdek is. NGC 246, wat ook die Cetus-ring genoem word, is ’n planetêre newel 1 600 ligjare van die Aarde af met ’n helderheid van 8 mag.

Cetus is dalk aanvanklik verbind met die walvis, wat mitiese status onder die kulture van Mesopotamië sou gehad het. Dit word egter eintlik verbind met die Griekse mitologiese seemonster Cetus, wat deur Perseus verslaan is toe hy Andromeda van Poseidon se wraak gered het.

  1. Staal 1988, pp. 33-35
  2. . Metro (in Engels). 23 Oktober 2009. Geargiveer vanaf op 26 November 2012. Besoek op18 Julie 2012.


Die 88 moderne sterrebeelde

AgterdekAkkedisAltaarAndromedaArendBeeldhouerBekerBerenike se HareBoogskutterBulDolfynDraakDriehoekDuifEenhoringEridanusFeniksGraveerstifGroot BeerGroot HondHaasHerculesHorlosieIndiërJaghondeJagterKameelperdKameleonKielKlein BeerKlein HondKlein LeeuKoetsierKompasKassiopeiaKefeusKraaiKraanvoëlKreefNetLeeuLierLugpompMaagdMikroskoopNoordelike KroonNoordelike WaterslangOktantOondParadysvoëlPasserPerseusPouPylRamRooikatSeileSekstantSentourSkerpioenSkildSkilderSlangSlangdraerSteenbokSuidelike DriehoekSuidelike KroonSuidelike VisSuidelike WaterslangSuiderkruisSwaanSwaardvisTafelTeleskoopToekanTweelingVeewagterVisseVlieënde PerdVlieënde VisVliegVosVulWalvisWaterdraerWeegskaalWinkelhaakWolf

Walvis (sterrebeeld)
walvis, sterrebeeld, walvis, latyn, cetus, sterrebeeld, suidelike, hemelruim, naam, verwys, seemonster, griekse, mitologie, maar, word, vandag, walvis, genoem, deel, voor, genoem, word, omdat, baie, ander, waterverwante, konstellasies, hier, aangetref, word, s. Die Walvis Latyn Cetus is n sterrebeeld in die suidelike hemelruim Die naam verwys na n seemonster in die Griekse mitologie maar dit word vandag die Walvis genoem Dit kom in n deel van die lug voor wat Die See genoem word omdat baie ander waterverwante konstellasies ook hier aangetref word soos die Visse Waterdraer en Eridanus 1 WalvisLatynse naam CetusGenitief CetiAfkorting CetWaarnemingsdata Epog J2000 Regte klimming 1 42hDeklinasie 11 35ºGrootte 1 231 vk grade 4de Kwadrant SQ1BesonderhedeHoofsterre 15Helderste ster Deneb Kaitos Beta Ceti Naaste ster Luyten 726 8Sterre helderder as 3 m 2Sterre met planete 17Messier voorwerpe 1Bayer Flamsteed sterre 88Meteoorreens Oktober Cetiede Eta Cetiede Omicron CetiedeAangrensende sterrebeeldeRam Visse Waterdraer Beeldhouer Oond Eridanus BulPortaal Sterrekunde Inhoud 1 Ruimtevoorwerpe 2 Geskiedenis en mitologie 3 Verwysings 4 Eksterne skakelsRuimtevoorwerpe WysigHoewel die Walvis nie amptelik deel van die diereriem uitmaak nie beweeg die sonnebaan baie naby aan sy grens verby en kan die planete vir kort rukkies in die sterrebeeld gesien word Die merkwaardigste ster in die Walvis is Mira of o Ceti die eerste veranderlike ster wat ontdek is Oor n tydperk van 331 65 dae kan dit n maksimum helderheid van tot 2 mag bereik Dit is dan een van die helderste sterre aan die naghemel en kan maklik met die blote oog gesien word Daarna neem die magnitude af tot 10 1 voor dit weer helderder word Ander sterre sluit in Alpha Ceti Menkar Beta Ceti Deneb Kaitos die sterrebeeld se helderste ster en Tau Ceti die 17de naaste ster aan die Aarde AA Ceti is n driesterstelsel waarvan die helderste komponent n helderheid van 6 2 mag het Baie verafgelee sterrestelsels kan in die Walvis gesien word omdat dit nie deur ruimtestof van die Melkweg verberg word nie Van hulle is die spiraalvormige Messier 77 NGC 1068 die helderste met n magnitude van 9 Onlangs is bevestig dat die sterrestelselswerm JKCS 041 die verste swerm is wat nog ontdek is 2 NGC 246 wat ook die Cetus ring genoem word is n planetere newel 1 600 ligjare van die Aarde af met n helderheid van 8 mag Geskiedenis en mitologie WysigCetus is dalk aanvanklik verbind met die walvis wat mitiese status onder die kulture van Mesopotamie sou gehad het Dit word egter eintlik verbind met die Griekse mitologiese seemonster Cetus wat deur Perseus verslaan is toe hy Andromeda van Poseidon se wraak gered het Verwysings Wysig Staal 1988 pp 33 35 Scientists identify new galaxy Metro in Engels 23 Oktober 2009 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 November 2012 Besoek op 18 Julie 2012 Levy David H 2005 Deep Sky Objects Prometheus Books ISBN 1 59102 361 0 AS1 onderhoud ref harv link Ian Ridpath en Wil Tirion 2007 Stars and Planets Guide Collins Londen ISBN 978 0 00 725120 9 Princeton University Press Princeton ISBN 978 0 691 13556 4 Staal Julius D W 1988 The New Patterns in the Sky The McDonald and Woodward Publishing Company ISBN 0 939923 04 1 AS1 onderhoud ref harv link Eksterne skakels WysigThe Deep Photographic Guide to the Constellations Cetus Star Tales Cetus Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Walvis sterrebeeld Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia Die 88 moderne sterrebeeldeAgterdek Akkedis Altaar Andromeda Arend Beeldhouer Beker Berenike se Hare Boogskutter Bul Dolfyn Draak Driehoek Duif Eenhoring Eridanus Feniks Graveerstif Groot Beer Groot Hond Haas Hercules Horlosie Indier Jaghonde Jagter Kameelperd Kameleon Kiel Klein Beer Klein Hond Klein Leeu Koetsier Kompas Kassiopeia Kefeus Kraai Kraanvoel Kreef Net Leeu Lier Lugpomp Maagd Mikroskoop Noordelike Kroon Noordelike Waterslang Oktant Oond Paradysvoel Passer Perseus Pou Pyl Ram Rooikat Seile Sekstant Sentour Skerpioen Skild Skilder Slang Slangdraer Steenbok Suidelike Driehoek Suidelike Kroon Suidelike Vis Suidelike Waterslang Suiderkruis Swaan Swaardvis Tafel Teleskoop Toekan Tweeling Veewagter Visse Vlieende Perd Vlieende Vis Vlieg Vos Vul Walvis Waterdraer Weegskaal Winkelhaak WolfOntsluit van https af wikipedia org w index php title Walvis sterrebeeld amp ol,