×
Wallis
Hierdie artikel handel oor die huidige land binne die Verenigde Koninkryk. Vir die historiese prinsdom, sien Prinsdom van Wallis.

Wallis (Engels: Wales, [ˈweɪlz],(hulp·inligting); Wallies: Cymru, [ˈkəmri],(hulp·inligting)) is een van die vier lande van die Verenigde Koninkryk. Dit lê in die suidweste van Groot-Brittanje en word deur die Engelse graafskappe (counties) Cheshire, Shropshire, Herefordshire en Gloucestershire in die ooste, die Kanaal van Bristol in die suide, die Sint-Georgekanaal (St. George's Channel) in die suidweste en die Ierse See in die weste en noorde begrens.

Wales (Engels)
Cymru (Wallies)
Wallis
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Cymru am byth
(Wallies vir: "Wallis vir altyd" of "Lang leef Wallis")
Volkslied: Hen Wlad Fy Nhadau
(Wallies vir: "Land van my vaders")
Hoofstad Cardiff (Caerdydd)

55°57′N3°11′W /55.950°N 3.183°W /55.950; -3.183

Grootste stad Cardiff (Caerdydd)
Amptelike tale Engels en Wallies
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike monargie
Elizabeth II
Mark Drakeford
Onafhanklikheid
Vorming
• Vereniging by
Gruffydd ap Llywelyn
• Statuut van Rhuddlan
Unie met Engeland
• Devolusie



1057
3 Maart 1284
1543
31 Julie 1998
Oppervlakte
- Totaal

- Water (%)

20 779 km2 (3de (VK))
8 023 myl2
Bevolking
- 2018-skatting
- 2011-sensus
- Digtheid

3 153 000 (3de (VK))
3 063 456
148 / km2
383,3 / myl2
BBP (nominaal)
- Totaal
- Per capita
2018-skatting

$100 miljard (3de (VK))
$23 900 (3de (VK))

MOI (2018) 0,883 () –baie hoog
Geldeenheid Pond sterling (£) (GBP)
Tydsone
- Somertyd
GMT (UTC±0)
BST (UTC+1)
Internet-TLD .uk, .gb
Skakelkode +44
Beskermheilige: Sint David (Dewi Sant)
Nasionale blom: Prei, Tuinaffodil
Uitsig na die suidooste vanaf Snowdon, die hoogste bergpiek van Wallis en Engeland
Na die vier kastele en versterkings, wat koning Edward I ná die Engelse verowering van Wallis hier laat oprig het, is in die volksmond as die "Ysterring" verwys. Die kastele – Caernarfon, Beaumaris, Conwy en Harlech is as Unesco-wêrelderfenisgebiede aangewys. Die foto wys die Caernarfon-kasteel in Gwynedd teen sononder
Twee meisies in nasionale kleredrag op St David's Day, Wallis se nasionale feesdag wat op 1 Maart gevier word

Soms word na Wallis ook as die Vorstedom van Wallis (Engels: Principality of Wales, Wallies: Tywysogaeth Cymru) verwys, alhoewel die Prins van Wallis nie by die regering van die land betrokke is nie en hierdie naam nie deur alle bewoners van Wallis goedgekeur word nie.

Wallis het nooit as 'n soewereine staat bestaan nie, en die Walliese deelkoninkryke is in 1282 deur Engeland geannekseer, nadat die Engelse koning Edward I in die Slag van Cilmeri 'n oorwinning oor die Walliese monarg Llywelyn II behaal het. Die Walliese Reg is egter in sommige plekke tot die afkondiging van die nuwe wetgewing oor regsake in Wallis (Laws in Wales Acts) in die jare 1535 tot 1542 behou.

Cardiff, die grootste stad van Wallis, is in 1955 as sy hoofstad aangewys (voor 1955 was daar geen amptelike Walliese hoofstad nie), terwyl die Prins van Wallis 'n amptelike woning in Caernarfon het. Die plaaslike parlement, die Nasionale Vergadering van Wallis, is in 1999 ná 'n referendum gevorm. Sy bevoegdhede is in 2007 volgens die Wet op die Regering van Wallis uitgebrei.

Wallis word tradisioneel verbind met 'n reeks ikoniese simbole – Walliese manskore, rugby, steenkoolmyne en lang reekse van terrashuise waarin mynbouwerkers gehuisves is, leiklipgroewe, Middeleeuse kastele (soos die "Ysterring" wat ná die Engelse verowering van Wallis ontstaan het), die bergpiek Mount Snowdon en skaapteelt (daar is steeds drie skape vir elke inwoner).

In die laat 20ste en vroeë 21ste eeu is nuwe ikone by dié lys gevoeg: nuwe nasionale museums wat die Walliese geskiedenis aan die nageslagte verduidelik (en, onafhanklik hiervan, as argitektoniese besienswaardighede beskou word), die nuwe parlementsgebou wat die Walliese Senned huisves, die Millennium-stadion en die herontwikkelde dokke van Cardiff asook die nuwe besoekersentrum wat sy deure op Mount Snowdon geopen het.

Inhoud

Die naam Wallis is afgelei van die Germaanse woord walha, wat "vreemdeling" of "buitelander" beteken. Met die Romanisering van die Keltiese bewoners van Gallië het die woord 'n nuwe betekenis gekry en voortaan na Romaanse volke verwys. Hierdie betekenis word nog steeds in name soos Wale en Wallonië (in België), Walagye (in Roemenië) en die einding -wall in Cornwall bewaar.

Die Walliese naam vir Wallis is Cymru, wat in Oud-Wallies na die bewoners van die landelike gebiede verwys het. Volgens Middeleeuse legendes is dit afgelei van die oorspronklike koning van Cymru, Camber, die seun van Brutus, die eerste koning van Brittanje. Die naam Cymru is nou verwant met plekname in Noord-Engeland soos Cumberland en Cumbria.

Fisiese en geografiese kenmerke

Die Brecon Beacons-bergreeks
Die bron van die Severnrivier in die Kambriese Gebergte

Wallis lê op 'n skiereiland in die sentrale weste van Groot-Brittanje en beslaan 'n oppervlak van 20 779 vierkante kilometer. Dit is sowat 274 kilometer lank en 97 kilometer wyd. Wales het 'n kuslyn van meer as 1 200 kilometer en sluit 'n aantal eilande in, waarvan Anglesey in die noordweste die grootste is.

Die mees digbevolkte gebiede lê in Suid-Wallis, met die stede Cardiff, Swansea en Newport. Hierdie gebied is ook die nywerheidsentrum van Wallis.

Die grootste deel van Wallis se oppervlakte word deur bergagtige terrein beslaan, veral in die noordelike en sentrale gedeeltes, op hoogtes van meer as 150 m bo seevlak. Die bergreekse is tydens die laaste ystydperk gevorm, met die Snowdon (Wallies: Yr Wyddfa) in Snowdonië, Noord-Wallis as die hoogste bergpiek op 1 085 meter. Die Brecon Beacons in die suide bereik 'n hoogte van 885 m, terwyl die Kambriese Gebergte (Engels: Cambrian Mountains) in die hartland van Wallis uittoring. Die aarde se vroegste geologiese tydperk in die Paleosoïkum, die Kambrium, is na die Kambriese bergreeks genoem.

Walliese riviere ontspring in die bergreekse en dreineer die land straalvormig. Die Severn (Wallies: Hafren) is die langste rivier in Wallis en Engeland wat naby die bergtop Plynlimon in die Kambriese Gebergte ontspring. 'n Aantal hidroëlektriese kragsentrales en opgaardamme voorsien Wallis se groter nedersettings van elektrisiteit en drinkwater.

Die huidige grens tussen Wallis en Engeland is grotendeels in die 16de eeu willekeurig vasgelê en volg hoofsaaklik die Middeleeuse feodale grenslyne. Die grenslyn skei Knighton van sy spoorwegstasie, sny Church Stoke van die res van Wallis af en loop dwarsdeur die dorp Llanymynech.

Geografies word Wallis dikwels onderverdeel in vier substreke: North Wales (Noord-Wallis), Mid Wales (die Walliese Middelland), West Wales (Wes-Wallis) en South Wales (Suid-Wallis).

Noord-Wallis

The Grand Hotel, Llandudno
Bevrore turfgrond naby Hay Bluff in die Black Mountains, Powys

Noord-Wallis (Wallies: Gogledd Cymru) behels die vroeëre graafskappe Caernarfon en Merioneth, wat as deel van administratiewe hervormings saamgesmelt is tot die nuwe graafskap Gwynedd, en die vroeëre graafskap Denbigh, wat saam met aangrensende dele van ander graafskappe saamgesmelt is tot Clwyd.

Die koninklike Tudor-dinastie het sy oorsprong in Noord-Wallis, terwyl die Britse troonopvolger steeds in die plaaslike Caernarfon-kasteel as "Prins van Wallis" geproklameer word. Die laaste sodanige plegtigheid het in 1969 plaasgevind toe hierdie titel amptelik aan prins Charles, die oudste seun van koningin Elizabeth II, verleen is.

Ook die nasionale Walliese party Plaid Cymru het sy wortels in dié streek. Vier dekades ná sy stigting in 1925 het die eerste Plaid Cymru-afgevaardigde, Gwynfor Evans (1912–2005), in 1966 'n setel in die Britse Laerhuis verower.

Noord-Wallis was danksy sy strande en berge een van die eerste streke in Groot-Brittanje wat vir toerisme ontsluit is. Die plaaslike kusgebiede word deur 'n groot verskeidenheid landskapsvorme gekenmerk wat van eensame strande tot kranse met klein visserdorpies wissel. Nogtans is dit veral gewilde see- en strandoorde wat met Noord-Wallis as vakansiebestemming verbind word. So word Llandudno onder die mees tradisionele en elegante vakansieoorde in die Verenigde Koninkryk gereken.

Die Walliese Middelland

Die Walliese Middelland (Wallies: Canolbarth Cymru of kort Y Canolbarth "Die Middelland") behels die vroeëre graafskappe Montgomery, Radnor en dele van Brecknockshire wat saamgesmelt is tot die nuwe graafskap Powys, die vroeëre graafskap Cardigan (wat tans deel uitmaak van Dyfed) asook dele van Merioneth en Carmarthen.

Wes-Wallis

Wes-Wallis (Wallies: Gorllewin Cymru) behels as die mees westelike substreek van Wallis volgens een definisie net Pembrokeshire, Ceredigion en Carmarthenshire, terwyl ander beskrywings ook Swansea en Neath Port Talbot hierby insluit en Ceredigion nie daarby inreken nie.

Die sogenaamde preserved county van Dyfed kom grootliks ooreen met die streek waarna algemeen as Wes-Wallis verwys word. Tussen 1974 en 1996 het West Wales as 'n graafskap bestaan.

Suid-Wallis

Die bergtop Pen y Fan (886 m)

Suid-Wallis (Wallies: De Cymru) behels die historiese graafskappe Glamorgan en Monmouthshire, en soms word met Carmarthenshire en Pembrokeshire ook gebiede wes daarvan by dié substreek gereken. Dit word in die ooste en suide deur Engeland en die Kanaal van Bristol begrens, en in die noorde en weste deur die Walliese Middelland en Wes-Wallis. Sowat 'n derde van sy oppervlakte word deur die Nasionale Brecon Beacons-park beslaan, insluitende Pen y Fan, die hoogste bergtop suid van Snowdonië.

Met 'n bevolking van 2,2 miljoen (byna driekwart van die totale Walliese inwonertal) is Suid-Wallis die mees digbevolkte gebied in die suidweste van die Verenigde Koninkryk. Hier is met die hoofstad Cardiff (350 000 inwoners), Swansea (240 000) en Newport (150 000) ook die drie grootste stedelike nedersettings in Wallis geleë.

Die Sewe Wonders van Wallis

Die Sewe Wonders van Wallis is 'n tradisionele lys van sewe geografiese en kulturele bakens in Wallis: Snowdon (die hoogste berg), die klokke van Gresford met hulle kenmerkende gelui in die Middeleeuse Allerheilige-kerk, die Llangollen-brug (wat in 1347 oor die Deerivier opgerig is), die Bron van Sint Winefride ('n pelgrimsoord naby Holywell in Flintshire), die Toring van Wrexham ('n 16de eeuse toring van die Sint Giles-kerk in Wrexham), die Venynbome van Overton (baie oue venynbome op die begraafplaas van St Mary's in Overton-on-Dee) en Pistyll Rhaeadr (met 75 meter die hoogste waterval in Wallis).

Llangynidr, 'n dorpie in die Uskvallei, onder sneeu
Reënwolke oor Llynnau Mymbyr in die hartland van Snowdonië
'n Uitsig oor die soutmoeras van Cardigan Bay in Gwynedd, Noord-Wallis, met die dorpie Barmouth in die agtergrond. Die foto is in Desember geneem

Wallis het 'n seeklimaat wat deur gematigde temperature, winderige, reënerige en dikwels bewolkte weerstoestande gekenmerk word. Kus- en landskapsvorme het beslissende invloed op plaaslike weerstoestande. So varieer die meer ruwe klimaat van hoër geleë bergstreke met meer gematigde weerstoestande in beskermde kusgebiede. Gebiede in die ooste van die land is eweneens meer gematig, met klimaattoestande wat grootliks ooreenkom met dié van aangrensende Engelse graafskappe.

In laer geleë streke word 'n gemiddelde jaarlikse temperatuur van tussen 9,5 en 11 °C aangeteken, waarby die hoogste temperatuurwaardes in kusgebiede gemeet word. Die gemiddeldes daal met 0,5 °C vir elke 100 m hoogte-toename. So word in gebiede op 400 m bo seevlak byvoorbeeld 'n gemiddelde jaarlikse temperatuur van sowat 7,5 °C aangeteken.

Temperatuurwaardes toon 'n seisoenale asook 'n variasie tussen dag- en nagtoestande. Wintertemperature word grootliks beïnvloed deur die temperatuur van die wateroppervlak van die omliggende see wat sy laagste waardes laat in Februarie of vroeg in Maart bereik. So is Februarie die koudste maand in Walliese kusgebiede, terwyl daar op binnelandse plekke min temperatuurverskille tussen Januarie en Februarie is. Gemiddelde temperature in Januarie varieer tussen ongeveer 0 °C in die hoër geleë landsdele van Noord- en Sentraal-Wallis en 3 of 4 °C in kusstreke. Die hoogste gemiddeldes vir Januarie word in Pembrokeshire gemeet en toon die invloed van lugmassas wat hier vanuit die relatief warm Atlantiese Oseaan landinwaarts beweeg.

Die laagste temperature word gewoonlik teen sonop gemeet. Dit is veral gedurende winternagte, nadat die landskap met 'n sneeulag bedek is, en in weerstoestande met min wind en onbewolkte lug wanneer minimumtemperature aangeteken word. Die kwik val tot die laagste vlakke in binnelandse gebiede wat nie meer die matigende invloed van die see ervaar nie, soos op die bodem van valleie waar koue lug kan instroom.

Dit was in sulke weerstoestande toe die kwik op 21 Januarie 1940 in Rhyader, Powys met -23,3 °C tot die laagste vlak gedaal het wat ooit in Wallis aangeteken is. Die laagste wintertemperatuur, wat ooit langs die kus gemeet is, was -10,7 °C op 13 Januarie 1987 in Brawdy, Pembrokeshire.

Nagtemperature is in Walliese kusgebiede in die algemeen gematig. So is sommige van die hoogste temperature, wat ooit in die Verenigde Koninkryk gemeet is, juis op plekke langs die Noord-Walliese kus aangeteken. Hoë wintertemperature met uiterstes van 18 °C word gemeet wanneer vogtige lugmassas vanuit die suide of suidweste aanvanklik oor hoër geleë terrein in Snowdonië beweeg en daarna begin om warmer te word sodra die wind bergaf oor laer geleë gebiede waai. Na dié windeffek word as föhn verwys, analoog met dieselfde windverskynsel in die Europese Alpereeks.

Julie is gewoonlik die warmste maand van die jaar, met maksimumtemperature wat van sowat 17 °C op hoër geleë plekke in die binneland tot 18 °C langs die weskus en 21 °C in die oostelike dele van Powys en Monmouthshire wissel. Somertemperature bereik hul maksimum tussen twee of drie uur op die namiddae. Die hoogste temperature word op binnelandse plekke gemeet wat nie meer aan die matigende invloed van die see blootgestel is nie. Op 2 Augustus 1990 is die historiese rekordtemperatuur van 35,2 °C by Hawarden Bridge in Flintshire gemeet. Wanneer baie warm lugmassas vanuit die ooste na die kusgebiede toe beweeg, styg die kwik ook hier tot die lae 30's. So is op 2 Augustus 1995 die rekordtemperatuur van 31,8 °C in Aberporth in Ceredigion aangeteken.

Die Walliese koninkryke in die Middeleeue
Die kasteel Caernarfon is ná die verowering van Wallis in 1282 deur die Engelse koning Edward I opgerig

Die eerste menslike nedersetting in die huidige Wallis het teen die einde van die laaste ystydperk ontstaan. In die Romeinse tydperk was Wallis die tuisland van 'n aantal stamme, waarvan die Silures in die noordooste en die Ordovices in die sentrale en noord-westelike gebiede die belangrikste was. Die Romeine het tydens hulle heerskappy in Brittanje 'n lyn van forte opgerig, waarvan die mees westelike naby Maridunum (die huidige Carmarthen) ontstaan het, en goud in Dolaucothi in die huidige Carmarthenshire ontgin. Hulle het blykbaar nog verder weswaarts voorgedring. Een van die bekendste Romeinse geboue is die vesting van Isca (die huidige Caerleon) met sy pragtige amfiteater. Tydens die 4de eeu het die Romeine die Christelike godsdiens in Wallis ingevoer.

Ná die ondergang van die Romeinse Ryk in Brittanje omtrent 410 is Wallis in 'n aantal koninkryke verdeel. Danksy die bergagtige topografie en die weerstand van die plaaslike bevolking het alle pogings van Angel-Saksiese stamme om Wallis te verower misluk. Die Angel-Saksiese koning Offa van Mercia het egter daarin geslaag om 'n Walliese gebied in die huidige Powys by sy ryk in te lyf. In sy opdrag is langs die grenslyn die sogenaamde Offa-wal opgerig.

Die oostelike gebiede, wat deur die Engelse setlaars verower is, het in Wallies bekendgestaan as die Lloegyr, die "Verlore Lande". In die huidige spelling Lloegr word dit as die Walliese naam vir Engeland gebruik. In die Angel-Saksiese dialekte is na die Walliesers as Walha (letterlik: "vreemdeling" of "buitelander") verwys. Die Walliesers het na hulleself tot in die 12de eeu as Brythoniaid (Britone) verwys, alhoewel die huidige terme Cymru en y Cymry al in 633 deur Aneirin oorlewer is.

As gevolg van die Normandiese verowering van Engeland is die Walliese onafhanklikheid geleidelik ondermyn. Edward I van Engeland het in 1282 'n oorwinning oor Llywelyn die Laaste, die laaste onafhanklike vors van Wallis, behaal. Edward het 'n aantal kastele soos Beaumaris, Caernarfon, Conwy en Harlech laat oprig om die Walliesers in bedwang te hou. Met die Wet oor die Regspraak in Wallis van 1535 is Wallis onder die heerskappy van Hendrik VIII van Engeland, 'n heerser met Walliese voorvaders, geannekseer. Die Wallis-en-Berwick-Wet van 1746 het bepaal dat alle Engelse wette outomaties ook in Wallis (en Berwick, 'n stad digby die Engels-Skotse grens) toegepas sou word, tensy deur die wet anders bepaal word.

Tydens die 20ste eeu het die Walliese nasionale bewussyn herleef. Plaid Cymru was die leidende organisasie in 'n onafhanklikheidsbeweging wat die selfregering van Wallis opgeëis het. Sedert 1955 word die term Engeland en Wallis vir alle gebiede gebruik, waar Engelse reg aangewend word. Terselfdertyd is Cardiff tot die hoofstad van Wallis verklaar. Uit vrees oor die moontlike uitwissing van die Walliese taal is in 1962 die Walliese Taalgenootskap gestig. In 1966 het Plaid Cymru daarin geslaag om die setel van die kiesafdeling Carmarthen te wen. Vir 'n kort tydperk was daar selfs geweldpleging deur Walliese nasionaliste van die Free Wales Army en Mudiad Amddiffyn Cymru (AMC – "Walliese Weerstandsbeweging"). Die Wallis-en-Berwick-Wet is in 1969 ten opsigte van Wallis herroep. 'n Wettelike definisie van Wallis is ingevoer en die grenslyn met Engeland afgebaken.

Die Walliesers het die voorgestelde skepping van 'n eie parlement in Wallies in 1979 eers met 'n oorweldigende meerderheid in 'n referendum afgekeur, maar het in 1997 uiteindelik ten gunste van 'n eie volksraad gestem. Die Nasionale Vergadering van Wallis, wat sedert 1999 bestaan, besluit veral oor en beheer die regering se begroting vir Wallis.

Historiese ontwikkeling

Mynwerkers en hul gesinne is meestal in lang rye eenderse baksteen-terrashuise gehuisves. Die foto wys Aberdare omstreeks 1910
Weelderige huisvesting: die country house Penrhyn-kasteel in Llandegai naby Bangor, Gwynedd in Noord-Wallis het sy oorsprong in 'n Normandiese kasteel wat in die 19de eeu tot 'n herewoning uitgebou is. Dit word as die argitek Thomas Hopper se meesterwerk beskou

Die nywerheidsomwenteling het in die 19de eeu aanleiding gegee tot ongekende bevolkingsgroei in Wallis. So het die bevolking van slegs sowat 'n halfmiljoen teen die middel van die 19de eeu gegroei tot 2,6 miljoen in 1921. Naas 'n natuurlike bevolkingsaanwas het binne- en buitelandse migrasie 'n beslissende rol gespeel. So het in die 1890's 130 000 migrante uit Engeland, Ierland, Spanje, Italië en ander lande na die Suid-Walliese steenkoolvelde gestroom, terwyl Wallisers uit landelike gebiede toenemend na die nuwe nywerheidsgebiede gemigreer het.

Ofskoon nuwe nywerhede en die mynboubedryf werkgeleenthede vir baie Walliese arbeiders geskep het, het baie ander na oorsese bestemmings geëmigreer, veral na die noordoostelike Verenigde State, maar ook na Suid-Afrika waar Walliese mynbouwerkers en -spesialiste grootliks bygedra het tot die ontwikkeling van die mynbousektor. Die Walliese gemeenskap in Argentinië bestaan uit sowat 50 000 mense.

Die agteruitgang van swaar nywerhede gedurende die 20ste eeu het net soos die toenemende kommersialisering, meganisering en kapitaalintensiteit van die landboubedryf emigrasiesyfers van veral jonger werknemers drasties laat styg. So is die Walliese bevolkingsamestelling dekades lank deur 'n buitengewoon hoë persentasie bejaardes gekenmerk.

Nuwe industriële groei het die bevolkingsverlies in die laat 20ste eeu verstadig, behalwe in Suid-Wallis en ander mynboustreke. Immigrasie- en emigrasiesyfers is intussen nagenoeg ewe groot, al het die grootskaalse vestiging van afgetredenes uit Engeland spanninge in tradisioneel Walliessprekende gebiede veroorsaak waar nuwe aankomelinge tans tot die helfte van die bevolking verteenwoordig. In sommige suidelike distrikte is daareenteen minder as tien persent van die inwoners buite Wallis gebore.

Gedurende die nywerheidsgroei in die laat 19de eeu het groter getalle swart seemans hulle in Suid-Wallis gevestig waar Cardiff een van die oudste swart gemeenskappe in Groot-Brittanje huisves. Bewoners met Afrika-wortels verteenwoordig tans egter net 'n baie klein persentasie van die Walliese bevolking.

Huidige bevolking

Swansea-baai en die stadsentrum van Swansea, die tweede grootste nedersetting in Wallis, soos gesien vanaf die bergpiek Kilvey Hill

Volgens die sensus van 2011 het die bevolking in dié jaar die rekordvlak van 3 063 456 bereik. In Junie 2018 is dit op 3 139 000 beraam. Sowat 'n kwart van die inwoners is in ander dele van die Verenigde Koninkryk gebore.

Vanweë die bergagtige karakter van die landskap is groot dele van Wallis maar yl bevolk en het die meeste nedersettings langs of naby die kus of in die mees suidelike graafskappe ontstaan wat sowat die helfte van die bevolking huisves. So is 'n groot persentasie van die bevolking in die nywerheidsgebiede van Suid-Wallis saamgetrek waar ook die grootste nedersettings Cardiff, Swansea en Newport geleë is. 'n Ander digbevolkte streek is in die noordooste rondom Wrexham geleë.

Taal

Tweetalige aanwysings vir die herwinning van huishoudelike afval
Verspreiding van Wallies in Wallis volgens die sensus van 2011

Terwyl feitlik alle inwoners Engels magtig is, word Wallies of Cymraeg, 'n Keltiese taal, nog deur 'n halfmiljoen mense of 19 persent van die totale bevolking gepraat. Sy opvallendste kenmerk is die reëlmatige en volledig fonetiese spelling. Wallies is nou verwant aan Kornies en Bretons en word as een van die oudste lewende tale in Europa beskou. Sy huidige taalvorm het reeds in die 6de eeu n.C. ontwikkel.

Wallies geniet in Wallis gelyke status met Engels, soos verskans in die Walliese Taalwet van 1993, die Wet oor die Regering van Wallis van 1998, en die Wet oor die Nasionale Vergadering van Wallis (amptelike tale) van 2012. Openbare liggame word verplig om 'n Walliese taalskema voor te berei en te implementeer. Wallies is 'n verpligte skoolvak vir alle leerders in Wallis tot ouderdom 16, en Walliesmediumskole raak steeds meer gewild.

Plaaslike rade gebruik Wallies net soos die Walliese Regering as ampstaal, en alle amptelike dokumente is in Engels en Wallies beskikbaar. Dieselfde geld vir plekname op straatborde en padtekens. Een televisiekanaal, S4C, saai sy programme in Wallies uit, net soos die openbare radiostasie BBC Radio Cymru. Daarnaas verskaf BBC Wales as openbare uitsaaier enkele van sy programme in Wallies aan S4C. Alhoewel daar tans geen dagblad in Wallies uitgegee word nie, verskyn 'n nasionale weekblad net soos tydskrifte en maandelikse streekskoerante in Wallies.

Walliese familiename

Anders as in Engeland was familiename in Wallis nog tot in die 16de eeu feitlik onbekend. Terwyl baie Engelse vanne afgelei is van beroepe, soos Carpenter, Taylor, Carter, Smith, Butcher en ander, het Wallisers patronieme gebruik – 'n kind het dus sy eie voornaam gekry én dié van sy vader gedra, met die woord ab of ap (afgelei van die Walliese mab "seun") daartussen. 'n Tradisionele Walliese naam soos Rhys ap Thomas kan dus vertaal word as "Rhys, seun van Thomas".

Eers vanaf die laat 15de en vroeë 16de eeu, toe die Walliese Huis van Tudor oor Engeland en Wallis regeer het, het statusbewuste Wallisers begin om hul patronieme volgens die Engelse voorbeeld te angliseer tot familiename wat vandag steeds in gebruik is. Patronieme soos ap Owen (seun van Owen) is gewysig tot Bowen; ab Evan tot Bevan.

Ander weer het vanne volgens die Engelse styl aangeneem wat op Christelike voorname gegrond was. So dra 'n groot aantal Wallisers tans familiename soos Jones (afgelei van John), Evans, Edwards, Davies (David), Williams, Thomas, Griffiths, Rees, Jenkins en baie ander.

Die Walliese nasionale sokkerspan in 2011

Wallis beskik oor sy eie nasionale sportkompetisies en word tydens verskeie internasionale sportbyeenkomste soos FIFA Sokker-Wêreldbeker-toernooi, Rugbywêreldbeker, UEFA Europa-beker en Statebondspele deur sy eie onderskeidelike nasionale spanne verteenwoordig. Gedurende Olimpiese Spele maak Skotse atlete egter deel uit van Groot-Brittanje se span, saam met Engeland, Skotland en Noord-Ierland. Wallis het sy eie nasionale beheerliggame, soos die Walliese Voetbalassosiasie en die Walliese Rugbyunie.

Rugby word as nasionale sport van Wallis beskou en is veral in Suid-Wallis gewild. Wallis is een van die min lande waar rugby die hoofsport is. Slegs die Cookeilande, Fidji, Nieu-Seeland, Samoa en Tonga kan soortgelyke bewerings maak. Die Walliese nasionale rugbyspan ding tydens die jaarlikse Sesnasies-toernooi met Engeland, Frankryk, Ierland, Italië en Skotland mee en neem gereeld aan rugbywêreldbekertoernooie deel. Wallis was een van die gashere tydens die Rugbywêreldbeker 1991 en die Rugbywêreldbeker 1999. Cardiff se Millennium-stadion is die grootste rugbystadion in Wallis en tuisstadion van die Walliese nasionale rugbyspan. Dit word as 'n groot prestasie beskou om saam met die Britse en Ierse Leeus na die Suidelike Halfrond te toer, waar hulle sowat al om die vier jaar teen die Nieu-Seelandse All Blacks, die Suid-Afrikaanse Springbokke of die Australiese Wallabies speel. Wallis word tydens die Pro14-toernooi deur die vier spanne Cardiff Blues, Dragons, Ospreys en Scarlets verteenwoordig.

Krieket is een van min sportsoorte waar Wallis nie oor 'n eie nasionale span beskik nie en Walliese spelers mag vir die Engelse nasionale krieketspan speel wat deur die England and Wales Cricket Board (ECB) beheer word. Wallis het saam met Engeland die Krieketwêreldbekertoernooie in 1983 en 2019 gehuisves, en was een van die mede-gashere van die Krieketwêreldbeker 1999.

Sokker is veral in Noord-Wallis gewild en sedert 1992 beskik Wallis oor sy eie sokkerliga, die Welsh Premier League, wat die hoogste vlak van Walliese sokker is. Tydens die Europese Sokkerkampioenskap 2016, die eerste deelname vir Wallis by 'n UEFA Europa-beker ooit, het die Walliese nasionale sokkerspan tot die halfeindrondte deurgedring en teen die gasheer en latere naaswenner Frankryk verloor. Tot dusver het Wallis net aan een Sokker-Wêreldbeker deelgeneem: Tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958 in Swede het hulle die kwarteindrondte bereik, maar teen die latere kampioen Brasilië verloor.

Wallis het sedert 1930 aan elke Statebondspele deelgeneem en altesaam 306 medaljes ingepalm – waarvan 67 goud, 98 silwer en 141 brons. Walliese stede het dit al een keer gehuisves: Die Statebondspele van 1958 is in Cardiff aangebied.

  1. (en) . WalesOnline. 6 Februarie 2015. vanaf die oorspronklike op 7 April 2020. Besoek op5 Julie 2020.
  2. (en) . Oxford Reference. Besoek op5 Julie 2020.Cite journal requires |journal= (help)
  3. (en) . legislation.gov.uk. vanaf die oorspronklike op 17 April 2020. Besoek op5 Julie 2020.
  4. (en) . legislation.gov.uk. vanaf die oorspronklike op 16 April 2020. Besoek op5 Julie 2020.
  5. (en) . gov.wales. Besoek op5 Julie 2020.
  6. (en) . www.ons.gov.uk. vanaf die oorspronklike op 12 April 2020.
  7. (en) . Kantoor van Nasionale Statistiek. 12 Desember 2018. vanaf die oorspronklike op 24 Desember 2019. Besoek op5 Julie 2020.
  8. (en) . hdi.globaldatalab.org. Besoek op5 Julie 2020.
  9. (en)
  10. (en)
  11. (en) . Wales.com se webwerf. Welsh Assembly Government. 2008. Geargiveer vanaf op 3 Junie 2015. Besoek op24 Desember 2010.
  12. (en) Terry Breverton: The Welsh: The Biography. Stroud: Amberley Publishing 2012, bl. 216
  13. (en) . Sport Wales website. Sport Wales. 2010. Geargiveer vanaf op 10 Maart 2012. Besoek op5 Julie 2020.
  14. (en) Harris, John (Summer 2006). (PDF). North American Journal of Welsh Studies. North American Association for the Study of Welsh Culture and History. 6 (2). Geargiveer vanaf (PDF) op 10 September 2008. Besoek op14 Julie 2008. rugby used to be the undisputed national sport of Wales […] Rugby Union's assumed position as "the national game" has often been questioned on the basis that it is predominantly a game played and followed in South Wales.
  15. (en) . Teivovo. URL besoek op 6 Oktober 2007. [dooie skakel]
  16. (en) . Britse en Ierse Leeus. Besoek op14 Februarie 2021.
  17. (en) Evans, Alun. . Welsh Premier League. Geargiveer vanaf op 12 Julie 2017. Besoek op5 Mei 2018.
  18. (en) . Commonwealth Games Federation. vanaf die oorspronklike op 17 Junie 2019. Besoek op5 Julie 2020.
  • (en) Davies, John (1994). A History of Wales. Londen: Penguin. ISBN 978-0-14-014581-6.
  • (en) Davies, John; Jenkins, Nigel; Baines, Menna; Lynch, Peredur I., reds. (2008). The Welsh Academy Encyclopaedia of Wales. Cardiff: University of Wales Press. ISBN 978-0-7083-1953-6.
Wiki-webtuistes

Walliese regering

  • (cy)(en)
Ensiklopediese inligting

Toerisme



    Keltiese gebiede in Europa

    Bretagne | Ierland | Wallis | Cornwall | Man | Skotland

    Publikasie datum: September 03, 2021

    wallis, hierdie, artikel, handel, huidige, land, binne, verenigde, koninkryk, historiese, prinsdom, sien, prinsdom, engels, wales, ˈweɪlz, luister, hulp, inligting, wallies, cymru, ˈkəmri, luister, hulp, inligting, vier, lande, verenigde, koninkryk, suidweste,. Hierdie artikel handel oor die huidige land binne die Verenigde Koninkryk Vir die historiese prinsdom sien Prinsdom van Wallis Wallis Engels Wales ˈweɪlz luister hulp inligting Wallies Cymru ˈkemri luister hulp inligting is een van die vier lande van die Verenigde Koninkryk Dit le in die suidweste van Groot Brittanje en word deur die Engelse graafskappe counties Cheshire Shropshire Herefordshire en Gloucestershire in die ooste die Kanaal van Bristol in die suide die Sint Georgekanaal St George s Channel in die suidweste en die Ierse See in die weste en noorde begrens Wales Engels Cymru Wallies Wallis Vlag WapenNasionale leuse Cymru am byth Wallies vir Wallis vir altyd of Lang leef Wallis 1 Volkslied Hen Wlad Fy Nhadau Wallies vir Land van my vaders source source track track track Hoofstad Cardiff Caerdydd 55 57 N 3 11 W 55 950 N 3 183 W 55 950 3 183Grootste stad Cardiff Caerdydd Amptelike tale Engels en WalliesRegering Monarg Eerste minister Unitere parlementere grondwetlike monargie Elizabeth II Mark DrakefordOnafhanklikheid Vorming Vereniging by Gruffydd ap Llywelyn Statuut van Rhuddlan Unie met Engeland Devolusie 1057 3 Maart 1284 2 1543 3 31 Julie 1998 4 Oppervlakte Totaal Water 20 779 km2 3de VK 8 023 myl2Bevolking 2018 skatting 2011 sensus Digtheid 3 153 000 5 3de VK 3 063 456 6 148 km2 383 3 myl2BBP nominaal Totaal Per capita 2018 skatting 100 miljard 7 3de VK 23 900 3de VK MOI 2018 0 883 8 baie hoogGeldeenheid Pond sterling a href ISO 4217 html title ISO 4217 GBP a Tydsone Somertyd GMT UTC 0 BST UTC 1 Internet TLD uk gbSkakelkode 44Beskermheilige Sint David Dewi Sant Nasionale blom Prei Tuinaffodil Uitsig na die suidooste vanaf Snowdon die hoogste bergpiek van Wallis en Engeland Na die vier kastele en versterkings wat koning Edward I na die Engelse verowering van Wallis hier laat oprig het is in die volksmond as die Ysterring verwys Die kastele Caernarfon Beaumaris Conwy en Harlech is as Unesco werelderfenisgebiede aangewys Die foto wys die Caernarfon kasteel in Gwynedd teen sononder Twee meisies in nasionale kleredrag op St David s Day Wallis se nasionale feesdag wat op 1 Maart gevier word Soms word na Wallis ook as die Vorstedom van Wallis Engels Principality of Wales Wallies Tywysogaeth Cymru verwys alhoewel die Prins van Wallis nie by die regering van die land betrokke is nie en hierdie naam nie deur alle bewoners van Wallis goedgekeur word nie Wallis het nooit as n soewereine staat bestaan nie en die Walliese deelkoninkryke is in 1282 deur Engeland geannekseer nadat die Engelse koning Edward I in die Slag van Cilmeri n oorwinning oor die Walliese monarg Llywelyn II behaal het Die Walliese Reg is egter in sommige plekke tot die afkondiging van die nuwe wetgewing oor regsake in Wallis Laws in Wales Acts in die jare 1535 tot 1542 behou Cardiff die grootste stad van Wallis is in 1955 as sy hoofstad aangewys voor 1955 was daar geen amptelike Walliese hoofstad nie terwyl die Prins van Wallis n amptelike woning in Caernarfon het Die plaaslike parlement die Nasionale Vergadering van Wallis is in 1999 na n referendum gevorm Sy bevoegdhede is in 2007 volgens die Wet op die Regering van Wallis uitgebrei Wallis word tradisioneel verbind met n reeks ikoniese simbole Walliese manskore rugby steenkoolmyne en lang reekse van terrashuise waarin mynbouwerkers gehuisves is leiklipgroewe Middeleeuse kastele soos die Ysterring wat na die Engelse verowering van Wallis ontstaan het die bergpiek Mount Snowdon en skaapteelt daar is steeds drie skape vir elke inwoner In die laat 20ste en vroee 21ste eeu is nuwe ikone by die lys gevoeg nuwe nasionale museums wat die Walliese geskiedenis aan die nageslagte verduidelik en onafhanklik hiervan as argitektoniese besienswaardighede beskou word die nuwe parlementsgebou wat die Walliese Senned huisves die Millennium stadion en die herontwikkelde dokke van Cardiff asook die nuwe besoekersentrum wat sy deure op Mount Snowdon geopen het Inhoud 1 Etimologie 2 Geografie 2 1 Fisiese en geografiese kenmerke 2 2 Noord Wallis 2 3 Die Walliese Middelland 2 4 Wes Wallis 2 5 Suid Wallis 2 6 Die Sewe Wonders van Wallis 3 Klimaat 4 Geskiedenis 5 Demografie 5 1 Historiese ontwikkeling 5 2 Huidige bevolking 5 3 Taal 5 4 Walliese familiename 6 Sport 7 Verwysings 8 Verdere leesstof 9 Eksterne skakelsEtimologie WysigDie naam Wallis is afgelei van die Germaanse woord walha wat vreemdeling of buitelander beteken Met die Romanisering van die Keltiese bewoners van Gallie het die woord n nuwe betekenis gekry en voortaan na Romaanse volke verwys Hierdie betekenis word nog steeds in name soos Wale en Wallonie in Belgie Walagye in Roemenie en die einding wall in Cornwall bewaar Die Walliese naam vir Wallis is Cymru wat in Oud Wallies na die bewoners van die landelike gebiede verwys het Volgens Middeleeuse legendes is dit afgelei van die oorspronklike koning van Cymru Camber die seun van Brutus die eerste koning van Brittanje Die naam Cymru is nou verwant met plekname in Noord Engeland soos Cumberland en Cumbria Geografie WysigFisiese en geografiese kenmerke Wysig Die Brecon Beacons bergreeks Die bron van die Severnrivier in die Kambriese Gebergte Wallis le op n skiereiland in die sentrale weste van Groot Brittanje en beslaan n oppervlak van 20 779 vierkante kilometer Dit is sowat 274 kilometer lank en 97 kilometer wyd Wales het n kuslyn van meer as 1 200 kilometer en sluit n aantal eilande in waarvan Anglesey in die noordweste die grootste is Die mees digbevolkte gebiede le in Suid Wallis met die stede Cardiff Swansea en Newport Hierdie gebied is ook die nywerheidsentrum van Wallis Die grootste deel van Wallis se oppervlakte word deur bergagtige terrein beslaan veral in die noordelike en sentrale gedeeltes op hoogtes van meer as 150 m bo seevlak 9 Die bergreekse is tydens die laaste ystydperk gevorm met die Snowdon Wallies Yr Wyddfa in Snowdonie Noord Wallis as die hoogste bergpiek op 1 085 meter Die Brecon Beacons in die suide bereik n hoogte van 885 m terwyl die Kambriese Gebergte Engels Cambrian Mountains in die hartland van Wallis uittoring Die aarde se vroegste geologiese tydperk in die Paleosoikum die Kambrium is na die Kambriese bergreeks genoem Walliese riviere ontspring in die bergreekse en dreineer die land straalvormig Die Severn Wallies Hafren is die langste rivier in Wallis en Engeland wat naby die bergtop Plynlimon in die Kambriese Gebergte ontspring n Aantal hidroelektriese kragsentrales en opgaardamme voorsien Wallis se groter nedersettings van elektrisiteit en drinkwater Die huidige grens tussen Wallis en Engeland is grotendeels in die 16de eeu willekeurig vasgele en volg hoofsaaklik die Middeleeuse feodale grenslyne Die grenslyn skei Knighton van sy spoorwegstasie sny Church Stoke van die res van Wallis af en loop dwarsdeur die dorp Llanymynech Geografies word Wallis dikwels onderverdeel in vier substreke North Wales Noord Wallis Mid Wales die Walliese Middelland West Wales Wes Wallis en South Wales Suid Wallis Noord Wallis Wysig The Grand Hotel Llandudno Bevrore turfgrond naby Hay Bluff in die Black Mountains Powys Noord Wallis Wallies Gogledd Cymru behels die vroeere graafskappe Caernarfon en Merioneth wat as deel van administratiewe hervormings saamgesmelt is tot die nuwe graafskap Gwynedd en die vroeere graafskap Denbigh wat saam met aangrensende dele van ander graafskappe saamgesmelt is tot Clwyd Die koninklike Tudor dinastie het sy oorsprong in Noord Wallis terwyl die Britse troonopvolger steeds in die plaaslike Caernarfon kasteel as Prins van Wallis geproklameer word Die laaste sodanige plegtigheid het in 1969 plaasgevind toe hierdie titel amptelik aan prins Charles die oudste seun van koningin Elizabeth II verleen is Ook die nasionale Walliese party Plaid Cymru het sy wortels in die streek Vier dekades na sy stigting in 1925 het die eerste Plaid Cymru afgevaardigde Gwynfor Evans 1912 2005 in 1966 n setel in die Britse Laerhuis verower Noord Wallis was danksy sy strande en berge een van die eerste streke in Groot Brittanje wat vir toerisme ontsluit is Die plaaslike kusgebiede word deur n groot verskeidenheid landskapsvorme gekenmerk wat van eensame strande tot kranse met klein visserdorpies wissel Nogtans is dit veral gewilde see en strandoorde wat met Noord Wallis as vakansiebestemming verbind word So word Llandudno onder die mees tradisionele en elegante vakansieoorde in die Verenigde Koninkryk gereken Die Walliese Middelland Wysig Die Walliese Middelland Wallies Canolbarth Cymru of kort Y Canolbarth Die Middelland behels die vroeere graafskappe Montgomery Radnor en dele van Brecknockshire wat saamgesmelt is tot die nuwe graafskap Powys die vroeere graafskap Cardigan wat tans deel uitmaak van Dyfed asook dele van Merioneth en Carmarthen Wes Wallis Wysig Wes Wallis Wallies Gorllewin Cymru behels as die mees westelike substreek van Wallis volgens een definisie net Pembrokeshire Ceredigion en Carmarthenshire terwyl ander beskrywings ook Swansea en Neath Port Talbot hierby insluit en Ceredigion nie daarby inreken nie Die sogenaamde preserved county van Dyfed kom grootliks ooreen met die streek waarna algemeen as Wes Wallis verwys word Tussen 1974 en 1996 het West Wales as n graafskap bestaan Suid Wallis Wysig Die bergtop Pen y Fan 886 m Suid Wallis Wallies De Cymru behels die historiese graafskappe Glamorgan en Monmouthshire en soms word met Carmarthenshire en Pembrokeshire ook gebiede wes daarvan by die substreek gereken Dit word in die ooste en suide deur Engeland en die Kanaal van Bristol begrens en in die noorde en weste deur die Walliese Middelland en Wes Wallis Sowat n derde van sy oppervlakte word deur die Nasionale Brecon Beacons park beslaan insluitende Pen y Fan die hoogste bergtop suid van Snowdonie Met n bevolking van 2 2 miljoen byna driekwart van die totale Walliese inwonertal is Suid Wallis die mees digbevolkte gebied in die suidweste van die Verenigde Koninkryk Hier is met die hoofstad Cardiff 350 000 inwoners Swansea 240 000 en Newport 150 000 ook die drie grootste stedelike nedersettings in Wallis gelee Die Sewe Wonders van Wallis Wysig Die Sewe Wonders van Wallis is n tradisionele lys van sewe geografiese en kulturele bakens in Wallis Snowdon die hoogste berg die klokke van Gresford met hulle kenmerkende gelui in die Middeleeuse Allerheilige kerk die Llangollen brug wat in 1347 oor die Deerivier opgerig is die Bron van Sint Winefride n pelgrimsoord naby Holywell in Flintshire die Toring van Wrexham n 16de eeuse toring van die Sint Giles kerk in Wrexham die Venynbome van Overton baie oue venynbome op die begraafplaas van St Mary s in Overton on Dee en Pistyll Rhaeadr met 75 meter die hoogste waterval in Wallis Klimaat Wysig Llangynidr n dorpie in die Uskvallei onder sneeu Reenwolke oor Llynnau Mymbyr in die hartland van Snowdonie n Uitsig oor die soutmoeras van Cardigan Bay in Gwynedd Noord Wallis met die dorpie Barmouth in die agtergrond Die foto is in Desember geneem Wallis het n seeklimaat wat deur gematigde temperature winderige reenerige en dikwels bewolkte weerstoestande gekenmerk word Kus en landskapsvorme het beslissende invloed op plaaslike weerstoestande So varieer die meer ruwe klimaat van hoer gelee bergstreke met meer gematigde weerstoestande in beskermde kusgebiede Gebiede in die ooste van die land is eweneens meer gematig met klimaattoestande wat grootliks ooreenkom met die van aangrensende Engelse graafskappe In laer gelee streke word n gemiddelde jaarlikse temperatuur van tussen 9 5 en 11 C aangeteken waarby die hoogste temperatuurwaardes in kusgebiede gemeet word Die gemiddeldes daal met 0 5 C vir elke 100 m hoogte toename So word in gebiede op 400 m bo seevlak byvoorbeeld n gemiddelde jaarlikse temperatuur van sowat 7 5 C aangeteken Temperatuurwaardes toon n seisoenale asook n variasie tussen dag en nagtoestande Wintertemperature word grootliks beinvloed deur die temperatuur van die wateroppervlak van die omliggende see wat sy laagste waardes laat in Februarie of vroeg in Maart bereik So is Februarie die koudste maand in Walliese kusgebiede terwyl daar op binnelandse plekke min temperatuurverskille tussen Januarie en Februarie is Gemiddelde temperature in Januarie varieer tussen ongeveer 0 C in die hoer gelee landsdele van Noord en Sentraal Wallis en 3 of 4 C in kusstreke Die hoogste gemiddeldes vir Januarie word in Pembrokeshire gemeet en toon die invloed van lugmassas wat hier vanuit die relatief warm Atlantiese Oseaan landinwaarts beweeg Die laagste temperature word gewoonlik teen sonop gemeet Dit is veral gedurende winternagte nadat die landskap met n sneeulag bedek is en in weerstoestande met min wind en onbewolkte lug wanneer minimumtemperature aangeteken word Die kwik val tot die laagste vlakke in binnelandse gebiede wat nie meer die matigende invloed van die see ervaar nie soos op die bodem van valleie waar koue lug kan instroom Dit was in sulke weerstoestande toe die kwik op 21 Januarie 1940 in Rhyader Powys met 23 3 C tot die laagste vlak gedaal het wat ooit in Wallis aangeteken is Die laagste wintertemperatuur wat ooit langs die kus gemeet is was 10 7 C op 13 Januarie 1987 in Brawdy Pembrokeshire Nagtemperature is in Walliese kusgebiede in die algemeen gematig So is sommige van die hoogste temperature wat ooit in die Verenigde Koninkryk gemeet is juis op plekke langs die Noord Walliese kus aangeteken Hoe wintertemperature met uiterstes van 18 C word gemeet wanneer vogtige lugmassas vanuit die suide of suidweste aanvanklik oor hoer gelee terrein in Snowdonie beweeg en daarna begin om warmer te word sodra die wind bergaf oor laer gelee gebiede waai Na die windeffek word as fohn verwys analoog met dieselfde windverskynsel in die Europese Alpereeks Julie is gewoonlik die warmste maand van die jaar met maksimumtemperature wat van sowat 17 C op hoer gelee plekke in die binneland tot 18 C langs die weskus en 21 C in die oostelike dele van Powys en Monmouthshire wissel Somertemperature bereik hul maksimum tussen twee of drie uur op die namiddae Die hoogste temperature word op binnelandse plekke gemeet wat nie meer aan die matigende invloed van die see blootgestel is nie Op 2 Augustus 1990 is die historiese rekordtemperatuur van 35 2 C by Hawarden Bridge in Flintshire gemeet Wanneer baie warm lugmassas vanuit die ooste na die kusgebiede toe beweeg styg die kwik ook hier tot die lae 30 s So is op 2 Augustus 1995 die rekordtemperatuur van 31 8 C in Aberporth in Ceredigion aangeteken Geskiedenis Wysig Die Walliese koninkryke in die Middeleeue Die kasteel Caernarfon is na die verowering van Wallis in 1282 deur die Engelse koning Edward I opgerig Die eerste menslike nedersetting in die huidige Wallis het teen die einde van die laaste ystydperk ontstaan In die Romeinse tydperk was Wallis die tuisland van n aantal stamme waarvan die Silures in die noordooste en die Ordovices in die sentrale en noord westelike gebiede die belangrikste was Die Romeine het tydens hulle heerskappy in Brittanje n lyn van forte opgerig waarvan die mees westelike naby Maridunum die huidige Carmarthen ontstaan het en goud in Dolaucothi in die huidige Carmarthenshire ontgin Hulle het blykbaar nog verder weswaarts voorgedring Een van die bekendste Romeinse geboue is die vesting van Isca die huidige Caerleon met sy pragtige amfiteater Tydens die 4de eeu het die Romeine die Christelike godsdiens in Wallis ingevoer Na die ondergang van die Romeinse Ryk in Brittanje omtrent 410 is Wallis in n aantal koninkryke verdeel Danksy die bergagtige topografie en die weerstand van die plaaslike bevolking het alle pogings van Angel Saksiese stamme om Wallis te verower misluk Die Angel Saksiese koning Offa van Mercia het egter daarin geslaag om n Walliese gebied in die huidige Powys by sy ryk in te lyf In sy opdrag is langs die grenslyn die sogenaamde Offa wal opgerig Die oostelike gebiede wat deur die Engelse setlaars verower is het in Wallies bekendgestaan as die Lloegyr die Verlore Lande In die huidige spelling Lloegr word dit as die Walliese naam vir Engeland gebruik In die Angel Saksiese dialekte is na die Walliesers as Walha letterlik vreemdeling of buitelander verwys Die Walliesers het na hulleself tot in die 12de eeu as Brythoniaid Britone verwys alhoewel die huidige terme Cymru en y Cymry al in 633 deur Aneirin oorlewer is As gevolg van die Normandiese verowering van Engeland is die Walliese onafhanklikheid geleidelik ondermyn Edward I van Engeland het in 1282 n oorwinning oor Llywelyn die Laaste die laaste onafhanklike vors van Wallis behaal Edward het n aantal kastele soos Beaumaris Caernarfon Conwy en Harlech laat oprig om die Walliesers in bedwang te hou Met die Wet oor die Regspraak in Wallis van 1535 is Wallis onder die heerskappy van Hendrik VIII van Engeland n heerser met Walliese voorvaders geannekseer Die Wallis en Berwick Wet van 1746 het bepaal dat alle Engelse wette outomaties ook in Wallis en Berwick n stad digby die Engels Skotse grens toegepas sou word tensy deur die wet anders bepaal word Tydens die 20ste eeu het die Walliese nasionale bewussyn herleef Plaid Cymru was die leidende organisasie in n onafhanklikheidsbeweging wat die selfregering van Wallis opgeeis het Sedert 1955 word die term Engeland en Wallis vir alle gebiede gebruik waar Engelse reg aangewend word Terselfdertyd is Cardiff tot die hoofstad van Wallis verklaar Uit vrees oor die moontlike uitwissing van die Walliese taal is in 1962 die Walliese Taalgenootskap gestig In 1966 het Plaid Cymru daarin geslaag om die setel van die kiesafdeling Carmarthen te wen Vir n kort tydperk was daar selfs geweldpleging deur Walliese nasionaliste van die Free Wales Army en Mudiad Amddiffyn Cymru AMC Walliese Weerstandsbeweging Die Wallis en Berwick Wet is in 1969 ten opsigte van Wallis herroep n Wettelike definisie van Wallis is ingevoer en die grenslyn met Engeland afgebaken Die Walliesers het die voorgestelde skepping van n eie parlement in Wallies in 1979 eers met n oorweldigende meerderheid in n referendum afgekeur maar het in 1997 uiteindelik ten gunste van n eie volksraad gestem Die Nasionale Vergadering van Wallis wat sedert 1999 bestaan besluit veral oor en beheer die regering se begroting vir Wallis Demografie WysigHistoriese ontwikkeling Wysig Mynwerkers en hul gesinne is meestal in lang rye eenderse baksteen terrashuise gehuisves Die foto wys Aberdare omstreeks 1910 Weelderige huisvesting die country house Penrhyn kasteel in Llandegai naby Bangor Gwynedd in Noord Wallis het sy oorsprong in n Normandiese kasteel wat in die 19de eeu tot n herewoning uitgebou is Dit word as die argitek Thomas Hopper se meesterwerk beskou Die nywerheidsomwenteling het in die 19de eeu aanleiding gegee tot ongekende bevolkingsgroei in Wallis So het die bevolking van slegs sowat n halfmiljoen teen die middel van die 19de eeu gegroei tot 2 6 miljoen in 1921 Naas n natuurlike bevolkingsaanwas het binne en buitelandse migrasie n beslissende rol gespeel So het in die 1890 s 130 000 migrante uit Engeland Ierland Spanje Italie en ander lande na die Suid Walliese steenkoolvelde gestroom terwyl Wallisers uit landelike gebiede toenemend na die nuwe nywerheidsgebiede gemigreer het Ofskoon nuwe nywerhede en die mynboubedryf werkgeleenthede vir baie Walliese arbeiders geskep het het baie ander na oorsese bestemmings geemigreer veral na die noordoostelike Verenigde State maar ook na Suid Afrika waar Walliese mynbouwerkers en spesialiste grootliks bygedra het tot die ontwikkeling van die mynbousektor 10 Die Walliese gemeenskap in Argentinie bestaan uit sowat 50 000 mense 11 Die agteruitgang van swaar nywerhede gedurende die 20ste eeu het net soos die toenemende kommersialisering meganisering en kapitaalintensiteit van die landboubedryf emigrasiesyfers van veral jonger werknemers drasties laat styg So is die Walliese bevolkingsamestelling dekades lank deur n buitengewoon hoe persentasie bejaardes gekenmerk Nuwe industriele groei het die bevolkingsverlies in die laat 20ste eeu verstadig behalwe in Suid Wallis en ander mynboustreke Immigrasie en emigrasiesyfers is intussen nagenoeg ewe groot al het die grootskaalse vestiging van afgetredenes uit Engeland spanninge in tradisioneel Walliessprekende gebiede veroorsaak waar nuwe aankomelinge tans tot die helfte van die bevolking verteenwoordig In sommige suidelike distrikte is daareenteen minder as tien persent van die inwoners buite Wallis gebore Gedurende die nywerheidsgroei in die laat 19de eeu het groter getalle swart seemans hulle in Suid Wallis gevestig waar Cardiff een van die oudste swart gemeenskappe in Groot Brittanje huisves Bewoners met Afrika wortels verteenwoordig tans egter net n baie klein persentasie van die Walliese bevolking Huidige bevolking Wysig Swansea baai en die stadsentrum van Swansea die tweede grootste nedersetting in Wallis soos gesien vanaf die bergpiek Kilvey Hill Volgens die sensus van 2011 het die bevolking in die jaar die rekordvlak van 3 063 456 bereik In Junie 2018 is dit op 3 139 000 beraam Sowat n kwart van die inwoners is in ander dele van die Verenigde Koninkryk gebore Vanwee die bergagtige karakter van die landskap is groot dele van Wallis maar yl bevolk en het die meeste nedersettings langs of naby die kus of in die mees suidelike graafskappe ontstaan wat sowat die helfte van die bevolking huisves So is n groot persentasie van die bevolking in die nywerheidsgebiede van Suid Wallis saamgetrek waar ook die grootste nedersettings Cardiff Swansea en Newport gelee is n Ander digbevolkte streek is in die noordooste rondom Wrexham gelee Taal Wysig Tweetalige aanwysings vir die herwinning van huishoudelike afval Verspreiding van Wallies in Wallis volgens die sensus van 2011 Terwyl feitlik alle inwoners Engels magtig is word Wallies of Cymraeg n Keltiese taal nog deur n halfmiljoen mense of 19 persent van die totale bevolking gepraat Sy opvallendste kenmerk is die reelmatige en volledig fonetiese spelling Wallies is nou verwant aan Kornies en Bretons en word as een van die oudste lewende tale in Europa beskou Sy huidige taalvorm het reeds in die 6de eeu n C ontwikkel Wallies geniet in Wallis gelyke status met Engels soos verskans in die Walliese Taalwet van 1993 die Wet oor die Regering van Wallis van 1998 en die Wet oor die Nasionale Vergadering van Wallis amptelike tale van 2012 Openbare liggame word verplig om n Walliese taalskema voor te berei en te implementeer Wallies is n verpligte skoolvak vir alle leerders in Wallis tot ouderdom 16 en Walliesmediumskole raak steeds meer gewild Plaaslike rade gebruik Wallies net soos die Walliese Regering as ampstaal en alle amptelike dokumente is in Engels en Wallies beskikbaar Dieselfde geld vir plekname op straatborde en padtekens Een televisiekanaal S4C saai sy programme in Wallies uit net soos die openbare radiostasie BBC Radio Cymru Daarnaas verskaf BBC Wales as openbare uitsaaier enkele van sy programme in Wallies aan S4C Alhoewel daar tans geen dagblad in Wallies uitgegee word nie verskyn n nasionale weekblad net soos tydskrifte en maandelikse streekskoerante in Wallies Walliese familiename Wysig Anders as in Engeland was familiename in Wallis nog tot in die 16de eeu feitlik onbekend Terwyl baie Engelse vanne afgelei is van beroepe soos Carpenter Taylor Carter Smith Butcher en ander het Wallisers patronieme gebruik n kind het dus sy eie voornaam gekry en die van sy vader gedra met die woord ab of ap afgelei van die Walliese mab seun daartussen n Tradisionele Walliese naam soos Rhys ap Thomas kan dus vertaal word as Rhys seun van Thomas Eers vanaf die laat 15de en vroee 16de eeu toe die Walliese Huis van Tudor oor Engeland en Wallis regeer het het statusbewuste Wallisers begin om hul patronieme volgens die Engelse voorbeeld te angliseer tot familiename wat vandag steeds in gebruik is Patronieme soos ap Owen seun van Owen is gewysig tot Bowen ab Evan tot Bevan Ander weer het vanne volgens die Engelse styl aangeneem wat op Christelike voorname gegrond was So dra n groot aantal Wallisers tans familiename soos Jones afgelei van John Evans Edwards Davies David Williams Thomas Griffiths Rees Jenkins en baie ander 12 Sport Wysig Die Walliese nasionale sokkerspan in 2011 Die Walliese nasionale rugbyspan tydens die Sesnasies toernooi 2008 in die Millennium stadion Wallis beskik oor sy eie nasionale sportkompetisies en word tydens verskeie internasionale sportbyeenkomste soos FIFA Sokker Wereldbeker toernooi Rugbywereldbeker UEFA Europa beker en Statebondspele deur sy eie onderskeidelike nasionale spanne verteenwoordig 13 Gedurende Olimpiese Spele maak Skotse atlete egter deel uit van Groot Brittanje se span saam met Engeland Skotland en Noord Ierland Wallis het sy eie nasionale beheerliggame soos die Walliese Voetbalassosiasie en die Walliese Rugbyunie Rugby word as nasionale sport van Wallis beskou en is veral in Suid Wallis gewild 14 Wallis is een van die min lande waar rugby die hoofsport is Slegs die Cookeilande Fidji Nieu Seeland Samoa en Tonga kan soortgelyke bewerings maak 15 Die Walliese nasionale rugbyspan ding tydens die jaarlikse Sesnasies toernooi met Engeland Frankryk Ierland Italie en Skotland mee en neem gereeld aan rugbywereldbekertoernooie deel Wallis was een van die gashere tydens die Rugbywereldbeker 1991 en die Rugbywereldbeker 1999 Cardiff se Millennium stadion is die grootste rugbystadion in Wallis en tuisstadion van die Walliese nasionale rugbyspan Dit word as n groot prestasie beskou om saam met die Britse en Ierse Leeus na die Suidelike Halfrond te toer waar hulle sowat al om die vier jaar teen die Nieu Seelandse All Blacks die Suid Afrikaanse Springbokke of die Australiese Wallabies speel 16 Wallis word tydens die Pro14 toernooi deur die vier spanne Cardiff Blues Dragons Ospreys en Scarlets verteenwoordig Krieket is een van min sportsoorte waar Wallis nie oor n eie nasionale span beskik nie en Walliese spelers mag vir die Engelse nasionale krieketspan speel wat deur die England and Wales Cricket Board ECB beheer word Wallis het saam met Engeland die Krieketwereldbekertoernooie in 1983 en 2019 gehuisves en was een van die mede gashere van die Krieketwereldbeker 1999 Sokker is veral in Noord Wallis gewild en sedert 1992 beskik Wallis oor sy eie sokkerliga die Welsh Premier League wat die hoogste vlak van Walliese sokker is 17 Tydens die Europese Sokkerkampioenskap 2016 die eerste deelname vir Wallis by n UEFA Europa beker ooit het die Walliese nasionale sokkerspan tot die halfeindrondte deurgedring en teen die gasheer en latere naaswenner Frankryk verloor Tot dusver het Wallis net aan een Sokker Wereldbeker deelgeneem Tydens die FIFA Sokker Wereldbekertoernooi in 1958 in Swede het hulle die kwarteindrondte bereik maar teen die latere kampioen Brasilie verloor Wallis het sedert 1930 aan elke Statebondspele deelgeneem en altesaam 306 medaljes ingepalm waarvan 67 goud 98 silwer en 141 brons Walliese stede het dit al een keer gehuisves Die Statebondspele van 1958 is in Cardiff aangebied 18 Verwysings Wysig en Cymru am byth The meaning behind the Welsh motto WalesOnline 6 Februarie 2015 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 April 2020 Besoek op 5 Julie 2020 en Statute of Rhuddlan Oxford Reference Besoek op 5 Julie 2020 Cite journal requires journal help en Laws in Wales Act 1535 repealed 21 Desember 1993 legislation gov uk Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 April 2020 Besoek op 5 Julie 2020 en Government of Wales Act 1998 legislation gov uk Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 April 2020 Besoek op 5 Julie 2020 en Mid year estimates of the population gov wales Besoek op 5 Julie 2020 en Population estimates for the UK England and Wales Scotland and Northern Ireland Office for National Statistics www ons gov uk Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 April 2020 en Regional economic activity by gross value UK 1998 to 2018 Kantoor van Nasionale Statistiek 12 Desember 2018 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Desember 2019 Besoek op 5 Julie 2020 en Sub national HDI Area Database Global Data Lab hdi globaldatalab org Besoek op 5 Julie 2020 en MetOffice Wales Climate Besoek op 7 Februarie 2016 en National Museum Wales Working Abroad Welsh Emigration Besoek op 9 Februarie 2016 en Wales and Argentina Wales com se webwerf Welsh Assembly Government 2008 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Junie 2015 Besoek op 24 Desember 2010 en Terry Breverton The Welsh The Biography Stroud Amberley Publishing 2012 bl 216 en NGB websites About us Sport Wales Chwaraeon Cymru Sport Wales website Sport Wales 2010 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Maart 2012 Besoek op 5 Julie 2020 en Harris John Summer 2006 Re Presenting Wales National Identity and Celebrity in the Postmodern Rugby World PDF North American Journal of Welsh Studies North American Association for the Study of Welsh Culture and History 6 2 Geargiveer vanaf die oorspronklike PDF op 10 September 2008 Besoek op 14 Julie 2008 rugby used to be the undisputed national sport of Wales Rugby Union s assumed position as the national game has often been questioned on the basis that it is predominantly a game played and followed in South Wales en Rugby History in Fiji Teivovo URL besoek op 6 Oktober 2007 dooie skakel en British amp Irish Lions Britse en Ierse Leeus Besoek op 14 Februarie 2021 en Evans Alun A Brief History of the League Welsh Premier League Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Julie 2017 Besoek op 5 Mei 2018 en 1958 British Empire and Commonwealth Games Commonwealth Games Federation Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Junie 2019 Besoek op 5 Julie 2020 Verdere leesstof Wysig en Davies John 1994 A History of Wales Londen Penguin ISBN 978 0 14 014581 6 en Davies John Jenkins Nigel Baines Menna Lynch Peredur I reds 2008 The Welsh Academy Encyclopaedia of Wales Cardiff University of Wales Press ISBN 978 0 7083 1953 6 Eksterne skakels WysigWiki webtuistesWikimedia Commons bevat media in verband met Wallis Wikiwoordeboek het n inskrywing vir Wallis en Toerisme inligting oor Wallis op WikivoyageWalliese regering cy en Amptelike webwerf van die Walliese regeringEnsiklopediese inligting en Wales Encyclopaedia Britannica Besoek op 5 Julie 2020 ToerismeVisit Wales Verenigde Koninkryk LandeEngeland Skotland Wallis Noord IerlandOorsese gebiedeAnguilla Bermuda Brits Antarktiese Gebied Britse Indiese Oseaangebied Britse Maagde eilande Falkland eilande Gibraltar Kaaimanseilande Montserrat Pitcairneilande Sint Helena Ascension en Tristan da Cunha Suid Georgie en die Suidelike Sandwicheilande Turks en CaicoseilandeKroongebiedeEiland Man Guernsey JerseySowereine militere basisseAkrotiri en Dhekelie Keltiese gebiede in Europa Bretagne Ierland Wallis Cornwall Man Skotland Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Wallis amp ol,