×
Wêrelderfenisgebiede in Suid-Afrika

Daar is tans 1 091 Wêrelderfenisgebiede op aarde wat beskerm word om hulle natuurlike skoonheid of kulturele en geskiedkundige belangrikheid te bewaar. Plekke wat as wêrelderfenisgebiede aangewys is kry nasionale en internasionale erkenning en is 'n belangrike faktor vir toerisme.

Embleem van die Unesco-Wêrelderfenisgebiede

Tien plekke in Suid-Afrika is deur die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (Unesco) tot Wêrelderfenisgebiede verklaar. Hulle is:

Inhoud

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Robbeneiland.
Robbeneiland soos vanaf Tafelberg gesien

Die geskiedkundige belangrikheid van Robbeneiland het in 1999 gelei tot die erkenning daarvan as Wêrelderfenisgebied. Robbeneiland is die afgelope vyf eeue as tronk, hospitaal en militêre basis gebruik. Talle van die geboue weerspieël die geskiedenis van die eiland as maksimumsekuriteitgevangenis en simboliseer só die triomf van die menslike gees, van vryheid en demokrasie oor onderdrukking.

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: iSimangaliso-vleilandpark.
iSimangaliso-vleilandpark

Die iSimangaliso-vleilandpark bevat 'n verskeidenheid landskappe, wat koraalriwwe, lang sandstrande, kusduine, merestelsels, moerasse en uitgebreide riet- en papirusvleilande insluit. Die geografiese verskeidenheid van die vleilande en hulle wisselwerking met klimaatelemente het 'n besondere spesiediversiteit tot gevolg. Die mosaïek van grondvorms en habitattipes skep ook gewilde uitsigte.

Die St. Lucia-gebied bestaan uit dertien beskermde gebiede met 'n totale omvang van 234 566 hektaar. Die gebied is die grootste riviermondingstelsel in Afrika en sluit die mees suidelike voorkoms van koraalriwwe aan die vasteland in. Sommige van die natuurlike kenmerke van die vleilande is: die groot aantal skilpaaie wat op die strande broei, die migrasie van walvisse, dolfyne en walvishaaie langs die kus en reuse getalle watervoëls. Die park spog ook met 'n besondere biodiversiteit wat sowat 521 voëlsoorte insluit.

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Wieg van die Mensdom.
Die Tumulus-gebou by die Maropeng-sentrum, Wieg van die Mensdom

Fossiel Hominide: Plekke soos Sterkfontein, Swartkrans, Kromdraai en die omliggende gebiede het oorvloedige wetenskaplike inligting opgelewer oor die evolusie van die menslike wese oor die afgelope 3,5 miljoen jaar, hulle lewenswyse en die diere waarmee hulle saamgeleef en wat hulle geëet het. Die landskap bewaar ook talle kenmerke van daardie oertyd.

Die Sterkfonteingebied bevat 'n besondere groot en wetenskaplikbelangrike groep plekke wat lig werp op die vroegste voorouers van die mensdom. Dit vorm ook 'n uitgebreide spens van wetenskaplike inligting, waarvan die potensiaal amper onbeperk is.

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: uKhahlamba-Drakensbergpark.
Die Drakensberge in die somer

Die manjifieke geografiese kenmerke van die Drakensberge en die groot konsentrasie rotstekeninge in die gebied het gelei tot die uKhahlamba-Drakensbergpark se erkenning as Wêrelderfenisgebied.

Die gebied besit 'n uitsonderlike natuurskoon, met basaltiese rotsformasies wat uittroon, dramatiese valleie, goue sandsteenkranse, uitgestrekte hoogliggende grasvelde, ongerepte diep rivierklowe en rotsagtige skeure. Die verskeidenheid van habitats beskerm 'n hoë vlak van inheemse en wêreldbedreigde spesies, veral voëls en plante.

Daar is ook talle grotte en rotsskuilings met die grootste en mees gekonsentreerde groep tekeninge in Afrika, suid van die Sahara. Dié skilderye is oor 'n tydperk van 4000 jaar deur die San gemaak. Die rotstekeninge is uitstaande wat gehalte en verskeidenheid van onderwerpe en die uitbeelding van mense en diere betref. Dit verteenwoordig die geestelike lewe van die San, wat nie meer in die gebied woon nie.

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Mapungubwe.
Argeologiese opgrawings in Mapungubwe

As 'n gebied wat op die noordelike grens van Suid-Afrika geleë is, waar dit by Zimbabwe en Botswana aansluit, was Mapungubwe die grootste koninkryk op die subkontinent, voordat dit in die 14de eeu verlaat is. Die oorblywende paleis- en nedersettinggebiede, sowel as twee vroeëre hoofstadgebiede, bied 'n ongeëwenaarde blik op die ontwikkeling van maatskaplike en politieke strukture oor sowat 400 jaar.

Die Mapungubwe kulturele landskap bevat bewyse van 'n belangrike wisselwerking in menslike waardes wat gelei het tot verreikende kulturele en maatskaplike verandering in Suider-Afrika tussen 900 en 1300 v.C. Die oorblyfsels is 'n merkwaardig volledige getuigskrif en 'n grafiese uitbeelding van die uitwerking van klimaatverandering en beeld die groei en daaropvolgende agteruitgang van die koninkryk van Mapungubwe uit.

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Kaapse floraryk.
Fynbos naby Kaapstad

Die fynbosstreek van die Wes- en Oos-Kaap is in 2004 weens die natuurlike skoonheid en wetenskaplike belangrikheid daarvan tot Wêrelderfenisgebied verklaar. Die gebied bestaan uit agt beskermde gebiede, wat die Kirstenbosch Nasionale Tuin en die De Hoop-natuurreservaat insluit. In totaal dek die gebied 553 000 hektaar grond wat besonder ryk is aan plantspesies, wat byna 20 persent van Afrika se flora verteenwoordig.

Die unieke flora van die streek is van besondere belang vir die wetenskap omdat 'n reuse verskeidenheid en digtheid van fynbosspesies op 'n relatief klein gebied voorkom. Die spesiedigtheid in die Kaapse floraryk is ook van die hoogste ter wêreld en dit word erken as een van die wêreld se 18 biodiversiteitbrandpunte.

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Vredefort-koepel.
Die Vredefort-koepel

Die Vredefort-koepel is die grootste en diepste impakkrater op aarde en is geleë in die Vrystaatprovinsie, ongeveer 120 km suidwes van Johannesburg. Die krater is ongeveer 2023 miljoen jaar oud en is die oudste impakkrater wat nog op die aarde gevind is. Die krater is noodsaaklik vir die bestudering van die evolusie van die aarde, aangesien dit bewyse van die planeet se geologiese geskiedenis lewer.Verwysingfout: Ongeldige etiket <ref>; "refs" sonder inhoud moet 'n naam hê

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Richtersveld.
Die Richtersveld naby Eksteenfontein

Die 160 000 ha Richtersveld Kulturele en Botaniese Landskap van bergagtige woestyn in die noordweste van Suid-Afrika is 'n kulturele landskap wat gemeenskaplik besit en bestuur word. Die Nama-volk voer al vir meer as twee eeue 'n semi-nomadiese bestaan in hierdie gebied.

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: ǂKhomani.

Die ǂKhomani kulturele landskap is in die Kalahari Gemsbok Nasionale Park binne die Kgalagadi-vredespark op die grens tussen Suid-Afrika en Botswana geleë.

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Makhonjwa-Berge.

Die Makhonjwa-Berge is 'n reeks van klein berge en heuwels naby die grens tussen Suid-Afrika en Eswatini geleë.

  1. (in Engels). Unesco. vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2020. Besoek op2 Julie 2018.
  2. (in Engels). Unesco. vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2020. Besoek op2 Julie 2018.
  3. (in Engels). Unesco. vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2020. Besoek op2 Julie 2018.
  4. (in Engels). Unesco. vanaf die oorspronklike op 11 Junie 2020. Besoek op2 Julie 2018.
  5. (in Engels). Unesco. vanaf die oorspronklike op 11 Junie 2020. Besoek op2 Julie 2018.
  6. (in Engels). Unesco. vanaf die oorspronklike op 10 Junie 2020. Besoek op2 Julie 2018.
  7. (in Engels). Unesco. vanaf die oorspronklike op 3 Junie 2020. Besoek op2 Julie 2018.
  8. (in Engels). Unesco. vanaf die oorspronklike op 7 Desember 2019. Besoek op2 Julie 2018.
  9. (in Engels). Unesco. vanaf die oorspronklike op 7 Desember 2019. Besoek op2 Julie 2018.
  10. (in Engels). Unesco. vanaf die oorspronklike op 7 Desember 2019. Besoek op2 Julie 2018.
  11. (in Engels). Unesco. vanaf die oorspronklike op 1 Desember 2019. Besoek op2 Julie 2018.
  12. (en) , 4 Maart 2016 op Wayback Machine, besoek op 31 Mei 2012

Publikasie datum: September 26, 2021

wêrelderfenisgebiede, suid, afrika, daar, tans, wêrelderfenisgebiede, aarde, beskerm, word, hulle, natuurlike, skoonheid, kulturele, geskiedkundige, belangrikheid, bewaar, plekke, wêrelderfenisgebiede, aangewys, nasionale, internasionale, erkenning, belangrike. Daar is tans 1 091 1 Werelderfenisgebiede op aarde wat beskerm word om hulle natuurlike skoonheid of kulturele en geskiedkundige belangrikheid te bewaar Plekke wat as werelderfenisgebiede aangewys is kry nasionale en internasionale erkenning en is n belangrike faktor vir toerisme Embleem van die Unesco Werelderfenisgebiede Wieg van die MensdomMapungubweRichtersveldRobbeneilandKaapse florarykiSimangaliso vleilandparkVredefort koepeluKhahlamba DrakensbergparkǂKhomaniMakhonjwa BergeLigging van Werelderfenisgebiede in Suid Afrika Tien plekke in Suid Afrika is deur die Verenigde Nasies se Opvoedkundige Wetenskaplike en Kulturele Organisasie Unesco tot Werelderfenisgebiede verklaar Hulle is Robbeneiland 1999 2 iSimangaliso vleilandpark voorheen bekend as die Groter St Lucia Vleilandpark 1999 3 Die Wieg van die Mensdom die hominiedfossielterreine van Sterkfontein Swartkrans Kromdraai en omgewings 1999 4 uKhahlamba Drakensbergpark 2000 5 Die Mapungubwe kulturele landskap 2003 6 Die Kaapse floraryk 2004 7 Die Vredefort koepel 2005 8 Richtersveld Kulturele en botaniese Landskap 2007 9 ǂKhomani Kulturele Landskap 2017 10 Barberton Makhonjwa Berge 2018 11 Inhoud 1 Robbeneiland 2 iSimangaliso vleilandpark 3 Wieg van die Mensdom 4 uKhahlamba Drakensbergpark 5 Mapungubwe 6 Die Kaapse floraryk 7 Vredefort koepel 8 Richtersveld 9 ǂKhomani 10 Barberton Makhonjwa Berge 11 Verwysings 12 Eksterne SkakelsRobbeneiland WysigDie hoofartikel vir hierdie afdeling is Robbeneiland Robbeneiland soos vanaf Tafelberg gesien Die geskiedkundige belangrikheid van Robbeneiland het in 1999 gelei tot die erkenning daarvan as Werelderfenisgebied Robbeneiland is die afgelope vyf eeue as tronk hospitaal en militere basis gebruik Talle van die geboue weerspieel die geskiedenis van die eiland as maksimumsekuriteitgevangenis en simboliseer so die triomf van die menslike gees van vryheid en demokrasie oor onderdrukking iSimangaliso vleilandpark WysigDie hoofartikel vir hierdie afdeling is iSimangaliso vleilandpark iSimangaliso vleilandpark Die iSimangaliso vleilandpark bevat n verskeidenheid landskappe wat koraalriwwe lang sandstrande kusduine merestelsels moerasse en uitgebreide riet en papirusvleilande insluit Die geografiese verskeidenheid van die vleilande en hulle wisselwerking met klimaatelemente het n besondere spesiediversiteit tot gevolg Die mosaiek van grondvorms en habitattipes skep ook gewilde uitsigte Die St Lucia gebied bestaan uit dertien beskermde gebiede met n totale omvang van 234 566 hektaar Die gebied is die grootste riviermondingstelsel in Afrika en sluit die mees suidelike voorkoms van koraalriwwe aan die vasteland in Sommige van die natuurlike kenmerke van die vleilande is die groot aantal skilpaaie wat op die strande broei die migrasie van walvisse dolfyne en walvishaaie langs die kus en reuse getalle watervoels Die park spog ook met n besondere biodiversiteit wat sowat 521 voelsoorte insluit Wieg van die Mensdom WysigDie hoofartikel vir hierdie afdeling is Wieg van die Mensdom Die Tumulus gebou by die Maropeng sentrum Wieg van die Mensdom Fossiel Hominide Plekke soos Sterkfontein Swartkrans Kromdraai en die omliggende gebiede het oorvloedige wetenskaplike inligting opgelewer oor die evolusie van die menslike wese oor die afgelope 3 5 miljoen jaar hulle lewenswyse en die diere waarmee hulle saamgeleef en wat hulle geeet het Die landskap bewaar ook talle kenmerke van daardie oertyd Die Sterkfonteingebied bevat n besondere groot en wetenskaplikbelangrike groep plekke wat lig werp op die vroegste voorouers van die mensdom Dit vorm ook n uitgebreide spens van wetenskaplike inligting waarvan die potensiaal amper onbeperk is uKhahlamba Drakensbergpark WysigDie hoofartikel vir hierdie afdeling is uKhahlamba Drakensbergpark Die Drakensberge in die somer Die manjifieke geografiese kenmerke van die Drakensberge en die groot konsentrasie rotstekeninge in die gebied het gelei tot die uKhahlamba Drakensbergpark se erkenning as Werelderfenisgebied Die gebied besit n uitsonderlike natuurskoon met basaltiese rotsformasies wat uittroon dramatiese valleie goue sandsteenkranse uitgestrekte hoogliggende grasvelde ongerepte diep rivierklowe en rotsagtige skeure Die verskeidenheid van habitats beskerm n hoe vlak van inheemse en wereldbedreigde spesies veral voels en plante Daar is ook talle grotte en rotsskuilings met die grootste en mees gekonsentreerde groep tekeninge in Afrika suid van die Sahara Die skilderye is oor n tydperk van 4000 jaar deur die San gemaak Die rotstekeninge is uitstaande wat gehalte en verskeidenheid van onderwerpe en die uitbeelding van mense en diere betref Dit verteenwoordig die geestelike lewe van die San wat nie meer in die gebied woon nie Mapungubwe WysigDie hoofartikel vir hierdie afdeling is Mapungubwe Argeologiese opgrawings in Mapungubwe As n gebied wat op die noordelike grens van Suid Afrika gelee is waar dit by Zimbabwe en Botswana aansluit was Mapungubwe die grootste koninkryk op die subkontinent voordat dit in die 14de eeu verlaat is Die oorblywende paleis en nedersettinggebiede sowel as twee vroeere hoofstadgebiede bied n ongeewenaarde blik op die ontwikkeling van maatskaplike en politieke strukture oor sowat 400 jaar Die Mapungubwe kulturele landskap bevat bewyse van n belangrike wisselwerking in menslike waardes wat gelei het tot verreikende kulturele en maatskaplike verandering in Suider Afrika tussen 900 en 1300 v C Die oorblyfsels is n merkwaardig volledige getuigskrif en n grafiese uitbeelding van die uitwerking van klimaatverandering en beeld die groei en daaropvolgende agteruitgang van die koninkryk van Mapungubwe uit Die Kaapse floraryk WysigDie hoofartikel vir hierdie afdeling is Kaapse floraryk Fynbos naby Kaapstad Die fynbosstreek van die Wes en Oos Kaap is in 2004 weens die natuurlike skoonheid en wetenskaplike belangrikheid daarvan tot Werelderfenisgebied verklaar Die gebied bestaan uit agt beskermde gebiede wat die Kirstenbosch Nasionale Tuin en die De Hoop natuurreservaat insluit In totaal dek die gebied 553 000 hektaar grond wat besonder ryk is aan plantspesies wat byna 20 persent van Afrika se flora verteenwoordig Die unieke flora van die streek is van besondere belang vir die wetenskap omdat n reuse verskeidenheid en digtheid van fynbosspesies op n relatief klein gebied voorkom Die spesiedigtheid in die Kaapse floraryk is ook van die hoogste ter wereld en dit word erken as een van die wereld se 18 biodiversiteitbrandpunte Vredefort koepel WysigDie hoofartikel vir hierdie afdeling is Vredefort koepel Die Vredefort koepel Die Vredefort koepel is die grootste en diepste impakkrater op aarde en is gelee in die Vrystaatprovinsie ongeveer 120 km suidwes van Johannesburg 12 Die krater is ongeveer 2023 miljoen jaar oud en is die oudste impakkrater wat nog op die aarde gevind is Die krater is noodsaaklik vir die bestudering van die evolusie van die aarde aangesien dit bewyse van die planeet se geologiese geskiedenis lewer Verwysingfout Ongeldige etiket lt ref gt refs sonder inhoud moet n naam heRichtersveld WysigDie hoofartikel vir hierdie afdeling is Richtersveld Die Richtersveld naby Eksteenfontein Die 160 000 ha Richtersveld Kulturele en Botaniese Landskap van bergagtige woestyn in die noordweste van Suid Afrika is n kulturele landskap wat gemeenskaplik besit en bestuur word Die Nama volk voer al vir meer as twee eeue n semi nomadiese bestaan in hierdie gebied ǂKhomani WysigDie hoofartikel vir hierdie afdeling is ǂKhomani Die ǂKhomani kulturele landskap is in die Kalahari Gemsbok Nasionale Park binne die Kgalagadi vredespark op die grens tussen Suid Afrika en Botswana gelee Barberton Makhonjwa Berge WysigDie hoofartikel vir hierdie afdeling is Makhonjwa Berge Die Makhonjwa Berge is n reeks van klein berge en heuwels naby die grens tussen Suid Afrika en Eswatini gelee Verwysings Wysig UNESCO World Heritage List in Engels Unesco Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2020 Besoek op 2 Julie 2018 Robben Island in Engels Unesco Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2020 Besoek op 2 Julie 2018 iSimangaliso Wetland Park in Engels Unesco Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2020 Besoek op 2 Julie 2018 Fossil Hominid Sites of South Africa in Engels Unesco Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Junie 2020 Besoek op 2 Julie 2018 Maloti Drakensberg Park in Engels Unesco Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Junie 2020 Besoek op 2 Julie 2018 Mapungubwe Cultural Landscape in Engels Unesco Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Junie 2020 Besoek op 2 Julie 2018 Cape Floral Region Protected Areas in Engels Unesco Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Junie 2020 Besoek op 2 Julie 2018 Vredefort Dome in Engels Unesco Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Desember 2019 Besoek op 2 Julie 2018 Richtersveld Cultural and Botanical Landscape in Engels Unesco Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Desember 2019 Besoek op 2 Julie 2018 ǂKhomani Cultural Landscape in Engels Unesco Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Desember 2019 Besoek op 2 Julie 2018 Barberton Makhonjwa Mountains in Engels Unesco Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Desember 2019 Besoek op 2 Julie 2018 en Earth Impact Database Vredefort Geargiveer 4 Maart 2016 op Wayback Machine besoek op 31 Mei 2012Eksterne Skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Werelderfenisgebiede in Suid Afrika en South African World Heritage Site Photo Library Geargiveer 14 April 2012 op Wayback Machine en South Africa Properties inscribed on the World Heritage List 10 en National Heritage Council South Africa en South African Heritage Resource AgencyOntsluit van https af wikipedia org w index php title Werelderfenisgebiede in Suid Afrika amp ol,