×
Vulkaan

'n Vulkaan is 'n skeuring in die kors van 'n planeet soos die Aarde., wat toelaat dat warm lawa, vulkaanas, en gasse uit 'n magmakamer onder die oppervlakte ontsnap.

Die Cleveland Vulkaan op die Aleoetiese Eilande van Alaska, afgeneem uit die Internasionale Ruimtestasie- Mei 2006
Vulkaanas pluim tot op 'n hoogte van 19 km die lug in tydens toppunt van die uitbarsting van Berg Pinatubo in 1991 in die Filippyne.
Die 2007 uitbarsting van Berg Etna.
Mount Shasta, 'n potensieel aktiewe stratovulkaan in Noord-Kalifornië

Vulkane kom tot uitbarsting op die aarde omdat die kors in sewentien groot, rigiede plaattektoniek opgebreek word wat op 'n warmer, sagter laag op sy mantel dryf. Die aarde se vulkane vorm dus, oor die algemeen, waar plaattektoniek bymekaar kom of uiteen loop. Byvoorbeeld, 'n Mid-oseaniese rif, soos die Middel-Atlantiese Rif vorm 'n vulkaan wat deur uiteenlopende plaattektoniek uitmekaar getrek word, die Ring van Vuur se vulkane word gevorm deurdat die plaattektoniek bymekaar kom. Vulkane kan ook vorm waar die kors binne-plate gerek of verdun word, soos met die Oos-Afrika Rif, die Wells Gray-Clearwater vulkaangebied en die Rio Grande Rif in Noord-Amerika. Hierdie tipe van vulkane val onder die oorkoepelende "plaat-hipotetiese" vulkanisme. Vulkanisme wat weg van plaatgrense af voorkom, word verklaar as mantelpluime. Dié sogenaamde "brandpunte", soos, Hawaii, is, volgens die veronderstelling, wanneer magma uit die kernmantel se wand, 3000 km diep uit die Aarde, opwel. Vulkane word gewoonlik nie gevorm waar twee plaattektonieke by mekaar verby gly nie.

Vulkaanuitbarstings kan baie gevare inhou, en nie net in die onmiddellike omgewing van die uitbarsting nie. Een so 'n gevaar is die vulkaanas wat vliegtuie bedreig. Veral by stralers waar die asdeeltjies deur die hoë operasionele temperatuur gesmelt kan word. Die gesmelte deeltjies pas aan by die vliegtuig se turbine-skroewe, verander die skroewe se vorm en ontwrig die werking van die turbines. Groot uitbarstings kan die temperatuur beïnvloed aangesien die as en druppels swaelsuur die son kan verduister en die aarde se laer atmosfeer (of troposfeer) afkoel. Dit absorbeer ook die hitte wat van die aarde af uitgestraal word en verwarm die opper-atmosfeer (of stratosfeer). Histories gesproke, het vulkaanwinters al katastrofiese hongersnood veroorsaak.

Inhoud

Die woord vulkaan is afgelei van die naam Vulcano, 'n vulkaniese eiland in die Eolische- eilande van Italië wat die naam gekry het van Vulcan, die god van vuur uit die Romeinse mitologie. Die studie van vulkane word vulkanologie genoem.

Die algemeenste opvatting van 'n vulkaan is die van 'n keëlberg wat lawa en giftige gasse uit 'n krater se spits spoeg. Dit is egter maar net een soort van talle vulkane. Die voorkoms van vulkane is baie meer kompleks as net dit, en daar is talle ander tipes van vulkane. Die kenmerke van vulkane is baie meer ingewikkeld en die strukture en gewoontes daarvan hang van verskeie faktore af. Sommige vulkane het eerder rowwe hoogtepunte met lawa-koepels as 'n spitskrater, waar ander weer uitstaan as massiewe plato's. Uitlaatplekke waar vulkaniese stowwe (lawa en as) en gasse (hoofsaaklik stoom en vulkaangasse) enige plek op die grondoppervlakte kan ontwikkel, en kleiner koepels soos Puʻu ʻŌʻō op 'n kant van Kīlauea ontketen. Ander tipes van vulkane sluit in, kriovulkane (of ysvulkane), in besonder op sommige mane van Jupiter, Saturnus, en Neptunus; en moddervulkane wat formasies is wat min met bekende magmatiese bedrywighede te doene het. Aktiewe moddervulkane neig om meer by temperature laer as die van stollingsgesteente-vulkane betrokke te wees, behalwe wanneer die moddervulkaan inderdaad 'n uitlaatklep is van 'n stollingsgesteente-vulkaan.

Kieselhoudende achondriete soos Northwes Africa (NWA) 11119 is baie oud (4,565 Ga) en wys dat vulkanisme reeds vroeg in die ontwikkeling van die sonnestelsel 'n rol gespeel het. Die hitte wat deur uitsgestorwe isotope soos Aluminium-26 vrygestel is het dalk 'n belangrike rol gespeel en hemelliggame laat smelt.

Breukopeninge

Vulkaniese breukopeninge is plat, linieêre breuke waardeur die lawa uitloop.

Skildvulkane

Skildvulkane, so genoem vir die breë, skild-agtige profiele, word gevorm met die uitbarsting van dun lawa wat ver weg kan vloei van 'n breuk af. Dit ontplof gewoonlik nie op 'n katastrofiese wyse nie. Aangesien lae-viskositeit magma tipies min silikon bevat (mafiese lawa), is skildvulkane meer algemeen in die oseane as op die vasteland. Die Hawaiise vulkaniese ketting is 'n reeks van skildkegels. Dit kom ook algemeen voor in Ysland.

Lawakoepels

Lawakoepels ontwikkel uit stadige uitbarstings van dik, vloeibare lawa. Dit vorm soms binne die krater van 'n vorige vulkaniese uitbarsting, soos die geval was met Mount Saint Helens, maar kan ook onafhanklik gevorm word, soos die geval met Lassen Peak. Soos met stratosvulkane, kan lawakoepels gewelddadige, ontploffende uitbarstings skep, maar die lawa vloei gewoonlik nie ver van die uitlaat af nie.

Kriptokoepels

Kriptokoepels vorm wanneer vloeibare lawa na boontoe gedwing word, en wat dan die oppervlakte laat bult staan. Die 1980 uitbarsting van Mount Saint Helens is 'n goeie voorbeeld hiervan. Lawa onder die oppervlakte het die berg laat uitbult wat die lawa na die noordekant van die berg laat afgly het.

Regdeur die geskiedenis het die as van ontploffende uitbarstings van stratosvulkane die grootste vulkaniese bedreiging vir die beskawing ingehou. Stratosvulkane bou nie net groter druk op onder die onderliggende lawavloei as die geval met skildvulkane nie, maar stratosvulkane se breukopeninge en monogenetiese vulkaanvelde (vulkaniese kegels) ondervind kragdadiger uitbarstings, aangesien dit, in baie gevalle, aan die uitbrei is.

Duikbootvulkane

Duikbootvulkane is 'n algemene verskynsel op die seebodem. In vlak water wys aktiewe vulkane hul teenwoordigheid deur stoom en stukke rots hoog bokant die see-oppervlakte uit te blaas. In die diepte van die oseane verhoed die ontsettende gewig van die water die ontploffende uitlaat van stoom en gasse.

Algemene klassifikasie van vulkane

'n Eenvoudige manier om magmatiese vulkane te klassifiseer is deur die gereeldheid van uitbarstings, met daardie wat gereeld uitbars, wat aktiewe vulkane genoem word, en daardie wat in geskiedkundige tye uitgebrars het, maar nou stil is, as "dormant of onaktief", en die vulkane wat nie in geskiedkundige tye aktief was nie, wat as "uitgesterf" bestempel word. Dié algemene klassifikasie- die uitgestorwenes in besonder- is inderdaad in die praktyk vir wetenskaplikes nutteloos.

Sedert 2013 word die volgende as die aarde se aktiefste vulkane beskou:

  • Kīlauea, die beroemde Hawaiise vulkaan, wat sedert 1983 aanhoudend en met oordadige uitbarstings aan die gang is, en spog met die grootste lawameer.
  • Berg Etna en die nabygeleë Stromboli, twee Middellandse See-vulkane in byna aanhoudende uitbarstings sedert antieke tye.
  • Berg Yasur in Vanuatu, is al "byna aanhoudend" aan die uitbars vir die afgelope 800 jaar.

Die langste (maar nie noodwendig aanhoudend nie) vulkaniese uitbarstingsfases is:

  • Berg Yasur, 111 jaar
  • Berg Etna, 109 jaar
  • Stromboli, 108 jaar
  • Santa María, 101 jaar
  • Sangay, 94 jaar

Tegniese klassifikasie van vulkane

Vlak van vulkaan-waarskuwings

Die drie algemene klassifikasies van vulkane kan subjektief wees en sommige vulkane, wat kwansuis uitgestorwe was, het weer uitgebars. Om seker te maak dat mense nie onder die valse indruk kom dat dit veilig is om naby 'n vulkaan te bly nie, het lande nuwe klassifikasies aanvaar om die verskillende vlakke en stadiums van vulkane se aktiwiteite te meet. Sommige waarskuwingsmeganisme gebruik verskillende kleure of nommers om die verskillende vlakke aan te dui. Ander stelsels gebruik weer 'n kombinasie van albei.

Daar is talle verskillende tipe van vulkaniese uitbarstings en verwante bedrywihede: freatiese uitbarstings (stoom-aangedrewe uitbarstings), plofbare uitbarstings van hoë- silikon lawa (bv. rioliet), oordrewe uitbarstings van lae-silikon lawa (bv. basalt) en koolstofdioksied vrystelling. Al hierdie aktiwiteie hou gevare vir in vir mense.

Vulkaangasse

Die konsentrasies van die verskillende vulkaangasse kan aansienlik van een vulkaan na 'n ander verskil. Waterdamp is tipies die algemeenste vulkaangas met koolstofdioksied kort op sy hakke, en dan swaweldioksied. Ander belangrike vulkaangasse sluit in: waterstofsulfied, waterstofchloried, en waterstoffluoried.

Suurreën

Aspluime styg die lug in by Eyjafjallajökull op 17 April 2010

Die sulfaat-aërosol veroorsaak ook komplekse chemiese reaksies op sy oppervlakte wat chloor en stikstof se chemiese spesies in die stratosfeer verander. Die uitwerking hiervan, tesame met toenemende stratosferiese chloorvlakke van chloorfluoorkoolstof-besoedeling, genereer chloormonoksied wat die osoon verwoes. Namate die aërosol groei en stol, versamel dit in die boonste laag van die stratosfeer waar dit dien as kerne vir cirruswolke en verander Die aarde se stralingsbalans. Die meeste van die waterstofchloried en waterstofluoried word in die uitbarstingswolk opgelos in waterdruppels wat baie vinnig as suurreën terug aarde toe val. Die besoedelde as val ook baie vinnig uit die stratosfeer neer. Die plofbare vulkaniese uitbarstings stel uiteindelik die kweekhuisgas vry wat 'n bron van stikstof vir biochemies siklusse vrystel.

Gasse wat deur vulkane vrygestel word is 'n natuurlike bydraer tot suureën. Vulkaniese aktiwiteite stel sowat 130 tot 230 teragram (145 miljoen tot 255 miljoen ton) koolstofdioksied per jaar vry. Vulkaniese uitbarstings kan ook aërosols in die Aarde se atmosfeer inspuit. Groot inspuitings kan visuele effekte soos buitengewoon kleurvolle sonsondergange veroorsaak en 'n globale invloed op die klimaat uitoefen- hoofsaaklik deur afkoeling. Vulkaniese uitbarstings bied die voordeel dat dit bykomende voedingstowwe vir die grond deur die verweringsproses van vulkaanrotse bied. Hierdie vrugbare grond help met die groeiproses van plante en 'n verskeidenheid gewasse. Vulkaniese uitbarstings kan ook nuwe eilande skep soos die magma (lawa) afkoel en solied word met die kontak met die water.

  1. NSTA Press / Archive.Org (2007). (PDF). Resources for Environmental Literacy. Geargiveer vanaf (PDF) op July 14, 2014. Besoek op22 April 2014.
  2. Foulger, G.R. (2010). . Wiley-Blackwell. ISBN 978-1-4051-6148-0.
  3. Davis A. Young (Januarie 2016). . Mind over Magma: The Story of Igneous Petrology (in Engels). Geargiveer vanaf op 27 September 2017. Besoek op11 Januarie 2016.
  4. Berger, Melvin, Gilda Berger, and Higgins Bond.
  5. (in Engels). VolcanoDiscovery.com. vanaf die oorspronklike op 19 Desember 2013. Besoek op3 Augustus 2013.
  6. (in Engels). livescience.com. vanaf die oorspronklike op 18 Augustus 2019. Besoek op4 Augustus 2013.
  7. (in Engels). Volcanolive.com. vanaf die oorspronklike op 26 November 2019. Besoek op22 Augustus 2011.
  8. Pedone, M.; Aiuppa, A.; Giudice, G.; Grassa, F.; Francofonte, V.; Bergsson, B.; Ilyinskaya, E. (2014).
  9. McGee, Kenneth A.; Doukas, Michael P.; Kessler, Richard; Gerlach, Terrence M. (Mei 1997). (in Engels). United States Geological Survey. vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2020. Besoek op9 Augustus 2014.
  10. (in Engels). U.S. Geological Survey. vanaf die oorspronklike op 2 Februarie 2003. Besoek op16 Junie 2007.

Publikasie datum: Augustus 29, 2021

vulkaan, skeuring, kors, planeet, soos, aarde, toelaat, warm, lawa, vulkaanas, gasse, magmakamer, onder, oppervlakte, ontsnap, cleveland, aleoetiese, eilande, alaska, afgeneem, internasionale, ruimtestasie, 2006, pluim, hoogte, tydens, toppunt, uitbarsting, be. n Vulkaan is n skeuring in die kors van n planeet soos die Aarde wat toelaat dat warm lawa vulkaanas en gasse uit n magmakamer onder die oppervlakte ontsnap Die Cleveland Vulkaan op die Aleoetiese Eilande van Alaska afgeneem uit die Internasionale Ruimtestasie Mei 2006 Vulkaanas pluim tot op n hoogte van 19 km die lug in tydens toppunt van die uitbarsting van Berg Pinatubo in 1991 in die Filippyne Die 2007 uitbarsting van Berg Etna Mount Shasta n potensieel aktiewe stratovulkaan in Noord Kalifornie Vulkane kom tot uitbarsting op die aarde omdat die kors in sewentien groot rigiede plaattektoniek opgebreek word wat op n warmer sagter laag op sy mantel dryf 1 Die aarde se vulkane vorm dus oor die algemeen waar plaattektoniek bymekaar kom of uiteen loop Byvoorbeeld n Mid oseaniese rif soos die Middel Atlantiese Rif vorm n vulkaan wat deur uiteenlopende plaattektoniek uitmekaar getrek word die Ring van Vuur se vulkane word gevorm deurdat die plaattektoniek bymekaar kom Vulkane kan ook vorm waar die kors binne plate gerek of verdun word soos met die Oos Afrika Rif die Wells Gray Clearwater vulkaangebied en die Rio Grande Rif in Noord Amerika Hierdie tipe van vulkane val onder die oorkoepelende plaat hipotetiese vulkanisme 2 Vulkanisme wat weg van plaatgrense af voorkom word verklaar as mantelpluime Die sogenaamde brandpunte soos Hawaii is volgens die veronderstelling wanneer magma uit die kernmantel se wand 3000 km diep uit die Aarde opwel Vulkane word gewoonlik nie gevorm waar twee plaattektonieke by mekaar verby gly nie Vulkaanuitbarstings kan baie gevare inhou en nie net in die onmiddellike omgewing van die uitbarsting nie Een so n gevaar is die vulkaanas wat vliegtuie bedreig Veral by stralers waar die asdeeltjies deur die hoe operasionele temperatuur gesmelt kan word Die gesmelte deeltjies pas aan by die vliegtuig se turbine skroewe verander die skroewe se vorm en ontwrig die werking van die turbines Groot uitbarstings kan die temperatuur beinvloed aangesien die as en druppels swaelsuur die son kan verduister en die aarde se laer atmosfeer of troposfeer afkoel Dit absorbeer ook die hitte wat van die aarde af uitgestraal word en verwarm die opper atmosfeer of stratosfeer Histories gesproke het vulkaanwinters al katastrofiese hongersnood veroorsaak Inhoud 1 Etimologie 2 Vulkaankenmerke 2 1 Breukopeninge 2 2 Skildvulkane 2 3 Lawakoepels 2 4 Kriptokoepels 2 5 Duikbootvulkane 2 6 Algemene klassifikasie van vulkane 2 7 Tegniese klassifikasie van vulkane 2 7 1 Vlak van vulkaan waarskuwings 3 Uitwerking van vulkane 3 1 Vulkaangasse 3 2 Suurreen 4 VerwysingsEtimologie WysigDie woord vulkaan is afgelei van die naam Vulcano n vulkaniese eiland in die Eolische eilande van Italie wat die naam gekry het van Vulcan die god van vuur uit die Romeinse mitologie 3 Die studie van vulkane word vulkanologie genoem Vulkaankenmerke WysigDie algemeenste opvatting van n vulkaan is die van n keelberg wat lawa en giftige gasse uit n krater se spits spoeg Dit is egter maar net een soort van talle vulkane Die voorkoms van vulkane is baie meer kompleks as net dit en daar is talle ander tipes van vulkane Die kenmerke van vulkane is baie meer ingewikkeld en die strukture en gewoontes daarvan hang van verskeie faktore af Sommige vulkane het eerder rowwe hoogtepunte met lawa koepels as n spitskrater waar ander weer uitstaan as massiewe plato s Uitlaatplekke waar vulkaniese stowwe lawa en as en gasse hoofsaaklik stoom en vulkaangasse enige plek op die grondoppervlakte kan ontwikkel en kleiner koepels soos Puʻu ʻŌʻō op n kant van Kilauea ontketen Ander tipes van vulkane sluit in kriovulkane of ysvulkane in besonder op sommige mane van Jupiter Saturnus en Neptunus en moddervulkane wat formasies is wat min met bekende magmatiese bedrywighede te doene het Aktiewe moddervulkane neig om meer by temperature laer as die van stollingsgesteente vulkane betrokke te wees behalwe wanneer die moddervulkaan inderdaad n uitlaatklep is van n stollingsgesteente vulkaan Kieselhoudende achondriete soos Northwes Africa NWA 11119 is baie oud 4 565 Ga en wys dat vulkanisme reeds vroeg in die ontwikkeling van die sonnestelsel n rol gespeel het Die hitte wat deur uitsgestorwe isotope soos Aluminium 26 vrygestel is het dalk n belangrike rol gespeel en hemelliggame laat smelt 4 Breukopeninge Wysig Vulkaniese breukopeninge is plat linieere breuke waardeur die lawa uitloop Skildvulkane Wysig Skildvulkane so genoem vir die bree skild agtige profiele word gevorm met die uitbarsting van dun lawa wat ver weg kan vloei van n breuk af Dit ontplof gewoonlik nie op n katastrofiese wyse nie Aangesien lae viskositeit magma tipies min silikon bevat mafiese lawa is skildvulkane meer algemeen in die oseane as op die vasteland Die Hawaiise vulkaniese ketting is n reeks van skildkegels Dit kom ook algemeen voor in Ysland Lawakoepels Wysig Lawakoepels ontwikkel uit stadige uitbarstings van dik vloeibare lawa Dit vorm soms binne die krater van n vorige vulkaniese uitbarsting soos die geval was met Mount Saint Helens maar kan ook onafhanklik gevorm word soos die geval met Lassen Peak Soos met stratosvulkane kan lawakoepels gewelddadige ontploffende uitbarstings skep maar die lawa vloei gewoonlik nie ver van die uitlaat af nie Kriptokoepels Wysig Kriptokoepels vorm wanneer vloeibare lawa na boontoe gedwing word en wat dan die oppervlakte laat bult staan Die 1980 uitbarsting van Mount Saint Helens is n goeie voorbeeld hiervan Lawa onder die oppervlakte het die berg laat uitbult wat die lawa na die noordekant van die berg laat afgly het Regdeur die geskiedenis het die as van ontploffende uitbarstings van stratosvulkane die grootste vulkaniese bedreiging vir die beskawing ingehou Stratosvulkane bou nie net groter druk op onder die onderliggende lawavloei as die geval met skildvulkane nie maar stratosvulkane se breukopeninge en monogenetiese vulkaanvelde vulkaniese kegels ondervind kragdadiger uitbarstings aangesien dit in baie gevalle aan die uitbrei is 5 Duikbootvulkane Wysig Duikbootvulkane is n algemene verskynsel op die seebodem In vlak water wys aktiewe vulkane hul teenwoordigheid deur stoom en stukke rots hoog bokant die see oppervlakte uit te blaas In die diepte van die oseane verhoed die ontsettende gewig van die water die ontploffende uitlaat van stoom en gasse Algemene klassifikasie van vulkane Wysig n Eenvoudige manier om magmatiese vulkane te klassifiseer is deur die gereeldheid van uitbarstings met daardie wat gereeld uitbars wat aktiewe vulkane genoem word en daardie wat in geskiedkundige tye uitgebrars het maar nou stil is as dormant of onaktief en die vulkane wat nie in geskiedkundige tye aktief was nie wat as uitgesterf bestempel word Die algemene klassifikasie die uitgestorwenes in besonder is inderdaad in die praktyk vir wetenskaplikes nutteloos Sedert 2013 word die volgende as die aarde se aktiefste vulkane beskou 6 Kilauea die beroemde Hawaiise vulkaan wat sedert 1983 aanhoudend en met oordadige uitbarstings aan die gang is en spog met die grootste lawameer Berg Etna en die nabygelee Stromboli twee Middellandse See vulkane in byna aanhoudende uitbarstings sedert antieke tye Berg Yasur in Vanuatu is al byna aanhoudend aan die uitbars vir die afgelope 800 jaar Die langste maar nie noodwendig aanhoudend nie vulkaniese uitbarstingsfases is 7 Berg Yasur 111 jaar Berg Etna 109 jaar Stromboli 108 jaar Santa Maria 101 jaar Sangay 94 jaarTegniese klassifikasie van vulkane Wysig Vlak van vulkaan waarskuwings Wysig Die drie algemene klassifikasies van vulkane kan subjektief wees en sommige vulkane wat kwansuis uitgestorwe was het weer uitgebars Om seker te maak dat mense nie onder die valse indruk kom dat dit veilig is om naby n vulkaan te bly nie het lande nuwe klassifikasies aanvaar om die verskillende vlakke en stadiums van vulkane se aktiwiteite te meet 8 Sommige waarskuwingsmeganisme gebruik verskillende kleure of nommers om die verskillende vlakke aan te dui Ander stelsels gebruik weer n kombinasie van albei Uitwerking van vulkane WysigDaar is talle verskillende tipe van vulkaniese uitbarstings en verwante bedrywihede freatiese uitbarstings stoom aangedrewe uitbarstings plofbare uitbarstings van hoe silikon lawa bv rioliet oordrewe uitbarstings van lae silikon lawa bv basalt en koolstofdioksied vrystelling Al hierdie aktiwiteie hou gevare vir in vir mense Vulkaangasse Wysig Die konsentrasies van die verskillende vulkaangasse kan aansienlik van een vulkaan na n ander verskil Waterdamp is tipies die algemeenste vulkaangas met koolstofdioksied 9 kort op sy hakke en dan swaweldioksied Ander belangrike vulkaangasse sluit in waterstofsulfied waterstofchloried en waterstoffluoried Suurreen Wysig Aspluime styg die lug in by Eyjafjallajokull op 17 April 2010 Die sulfaat aerosol veroorsaak ook komplekse chemiese reaksies op sy oppervlakte wat chloor en stikstof se chemiese spesies in die stratosfeer verander Die uitwerking hiervan tesame met toenemende stratosferiese chloorvlakke van chloorfluoorkoolstof besoedeling genereer chloormonoksied wat die osoon verwoes Namate die aerosol groei en stol versamel dit in die boonste laag van die stratosfeer waar dit dien as kerne vir cirruswolke en verander Die aarde se stralingsbalans Die meeste van die waterstofchloried en waterstofluoried word in die uitbarstingswolk opgelos in waterdruppels wat baie vinnig as suurreen terug aarde toe val Die besoedelde as val ook baie vinnig uit die stratosfeer neer Die plofbare vulkaniese uitbarstings stel uiteindelik die kweekhuisgas vry wat n bron van stikstof vir biochemies siklusse vrystel 10 Gasse wat deur vulkane vrygestel word is n natuurlike bydraer tot suureen Vulkaniese aktiwiteite stel sowat 130 tot 230 teragram 145 miljoen tot 255 miljoen ton koolstofdioksied per jaar vry 11 Vulkaniese uitbarstings kan ook aerosols in die Aarde se atmosfeer inspuit Groot inspuitings kan visuele effekte soos buitengewoon kleurvolle sonsondergange veroorsaak en n globale invloed op die klimaat uitoefen hoofsaaklik deur afkoeling Vulkaniese uitbarstings bied die voordeel dat dit bykomende voedingstowwe vir die grond deur die verweringsproses van vulkaanrotse bied Hierdie vrugbare grond help met die groeiproses van plante en n verskeidenheid gewasse Vulkaniese uitbarstings kan ook nuwe eilande skep soos die magma lawa afkoel en solied word met die kontak met die water Verwysings Wysig NSTA Press Archive Org 2007 Earthquakes Volcanoes and Tsunamis PDF Resources for Environmental Literacy Geargiveer vanaf die oorspronklike PDF op July 14 2014 Besoek op 22 April 2014 Foulger G R 2010 Plates vs Plumes A Geological Controversy Wiley Blackwell ISBN 978 1 4051 6148 0 Davis A Young Januarie 2016 Volcano Mind over Magma The Story of Igneous Petrology in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 September 2017 Besoek op 11 Januarie 2016 Silica rich volcanism in the early solar system dated at 4 565 Ga Poorna Srinivasan Daniel R Dunlap Carl B Agee Meenakshi Wadhwa Daniel Coleff Karen Ziegler Ryan Zeigler Francis M McCubbin Nature Communications 9 Artikelnr 3036 2018 Berger Melvin Gilda Berger and Higgins Bond The most active volcanoes in the world in Engels VolcanoDiscovery com Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Desember 2013 Besoek op 3 Augustus 2013 The World s Five Most Active Volcanoes in Engels livescience com Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Augustus 2019 Besoek op 4 Augustus 2013 Volcanic Alert Levels of Various Countries in Engels Volcanolive com Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 November 2019 Besoek op 22 Augustus 2011 Pedone M Aiuppa A Giudice G Grassa F Francofonte V Bergsson B Ilyinskaya E 2014 McGee Kenneth A Doukas Michael P Kessler Richard Gerlach Terrence M Mei 1997 Impacts of Volcanic Gases on Climate the Environment and People in Engels United States Geological Survey Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2020 Besoek op 9 Augustus 2014 Volcanic Gases and Their Effects in Engels U S Geological Survey Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Februarie 2003 Besoek op 16 Junie 2007 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Vulkaan amp ol,