×
Voyager 2

Voyager 2 is ’n ruimtetuig van 722 kg wat op 20 Augustus 1977 deur Nasa gelanseer is om die buitenste sonnestelsel en eindelik die ruimte tussen die sterre te bestudeer. Ná amper 35 jaar ontvang die tuig steeds roetinebevele en stuur data terug na Nasa se diepruimtenetwerk.

Voyager 2

Gelanseer deur Nasa
Tipe sending Verbyvlug
Datum 1977-08-20
Duur van sending 35 jaar+
Jupiter-verbyvlug
(voltooi 1979-08-05)
Saturnus-verbyvlug
(voltooi 1981-09-25)
Uranus-verbyvlug
(voltooi 1986-02-25)
Neptunus-verbyvlug
(voltooi 1989-10-02)
Webtuiste
Massa 721,9 kg
Krag 420 W
Bronne

Dit is saam met sy sustertuig, Voyager 1, deel van die Voyager-program en is tans op ’n uitgebreide sending om die grense van die sonnestelsel te vind en bestudeer, onder meer die Kuiper-gordel, die heliosfeer en die ruimte tussen die sterre. Die primêre sending het op 31 Desember 1989 geëindig nadat dit die Jupiter-stelsel in 1979 verken het, die Saturnus-stelsel in 1981, die Uranus-stelsel in 1986 en die Neptunus-stelsel in 1989. Dit was die eerste ruimtetuig wat gedetailleerde inligting verskaf het van die buitenste gasplanete.

Inhoud

Die idee om ’n "groot toer" van die planete te doen, het in die 1960's ontstaan en Nasa het in die vroeë 1970's aan so ’n program begin werk. Dit het saamgeval met die oplyning van die planete, wat ’n sending na die buitewyke van die sonnestelsel met behulp van ’n nuwe tegniek, swaartekragslinger, moontlik gemaak het.

Daar is vasgestel dat swaartekragslinger ’n tuig in staat sal stel om die vier gasplanete (Jupiter, Saturnus, Uranus en Neptunus) te besoek met minder brandstof en ’n korter reistyd tussen die planete. Voyager 2 is aanvanklik beplan as Mariner 12 van die Mariner-program, maar weens besnoeiings is die sending afgeskaal om net verby Jupiter en Saturnus te vlieg en hernoem na die Mariner-Jupiter-Saturnus-sending. Namate die program gevorder het, is dit hernoem na Voyager omdat die tuig se ontwerp grootliks begin verskil het van dié van vorige Mariner-sendings.

Ná Voyager 1 se suksesvolle verbyvlug van Saturnus se maan Titaan, is Voyager 2 se sending uitgebrei om dit na Uranus en Neptunus ook te stuur en so die droom van die "groot toer" te verwesenlik.

Voyager se Goue Skyf.

Elke Voyager-ruimtetuig het ’n vergulde oudiovisuele skyf aan boord ingeval die tuig ooit deur intelligente bewoners van ander planetêre stelsels gevind word.

Die skywe bevat foto's van die Aarde en sy lewensvorme, ’n reeks wetenskaplike inligting, boodskappe van verskeie belangrike mense en ’n medley, Sounds of Earth, wat die geluid van walvisse, ’n huilende baba, branders wat breek en ’n verskeidenheid musiek insluit.

Heliosentriese posisies van die vyf interstellêre ruimtetuie (vierkante) en ander liggame (sirkels) tot 2020, met die datums van hul lanserings en verbyvlugte. Posisies op 1 Januarie elke jaar word aangedui, met elke vyfde jaar gemerk.
Aansig 1 is van die ekliptiese noordpool, volgens skaal;aansig 2 tot 4 is uit ander hoeke op ’n skaal van 20%.
Hou jou muis op die SVG-lêer oor ’n vlug- of wentelbaan om die baan en sy verwante lanserings en verbyvlugte uit te lig.
Reistydlyn
Datum Gebeurtenis
1977-08-20 Tuig gelanseer om 14:29:00 UT.
1977-12-10 Gaan Asteroïdegordel binne.
1977-12-19 Voyager 1 gaan Voyager 2 verby. (sien diagram)
1978-06- Radio-opvanger gee in. Rugsteunstelsel gebruik.
1978-10-21 Verlaat Asteroïdegordel
1979-04-25 Begin Jupiter-waarnemingsfase
Tyd Gebeurtenis
1979-07-08 Ontmoeting met Jupiter-stelsel.
12:21:00 Callisto-verbyvlug op 214 930 km.
1979-07-09
07:14:00 Ganimedes-verbyvlug op 62 130 km.
17:53:00 Europa-verbyvlug op 205 720 km.
20:01:00 Amaltea-verbyvlug op 558 370 km.
22:29:00 Naaste aan Jupiter, 721 670 km van die massasentrum.
23:17:00 Io-verbyvlug op 1 129,900 km.
1979-08-05 Einde van fase
1981-06-05 Begin Saturnus-waarnemingsfase.
Tyd Gebeurtenis
1981-08-22 Ontmoeting met Saturnus-stelsel.
01:26:57 Iapetus-verbyvlug op 908 680 km.
1981-08-25
01:25:26 Huperion-verbyvlug op 431 370 km.
09:37:46 Titaan-verbyvlug op 666 190 km.
22:57:33 Helene-verbyvlug op 314 090 km.
1981-08-26
01:04:32 Dione-verbyvlug op 502 310 km.
02:22:17 Kalipso-verbyvlug op 151 590 km.
02:24:26 Mimas-verbyvlug op 309 930 km.
03:19:18 Pandora-verbyvlug op 107 000 km.
03:24:05 Naaste aan Saturnus, 161 000 km van die massasentrum.
03:33:02 Atlas-verbyvlug op 287 000 km.
03:45:16 Enkelados-verbyvlug op 87 010 km.
03:50:04 Janus-verbyvlug op 223 000 km.
04:05:56 Epimetheus-verbyvlug op 147 000 km.
06:02:47 Telesto-verbyvlug op 270 000 km.
06:12:30 Tethis-verbyvlug op 93 010 km.
06:28:48 Rea-verbyvlug op 645 260 km.
1981-09-04
01:22:34 Phoebe-verbyvlug op 2 075,640 km.
1981-09-25 Einde van fase
1985-11-04 Begin Uranus-waarnemingsfase.
Tyd Gebeurtenis
1986-01-24 Ontmoeting met Uranus-stelsel.
16:50:00 Miranda-verbyvlug op 29 000 km.
17:25:00 Ariel-verbyvlug op 127 000 km.
17:25:00 Umbriel-verbyvlug op 325 000 km.
17:25:00 Titania-verbyvlug op 365 200 km.
17:25:00 Oberon-verbyvlug op 470 600 km.
17:59:47 Naaste aan Uranus, 107 000 km van die massasentrum.
1986-02-25 Einde van fase
1989-06-05 Begin Neptunus-waarnemingsfase.
Tyd Gebeurtenis
1989-08-25 Ontmoeting met Neptunus-stelsel.
03:56:36 Naaste aan Neptunus, 29 240 km.
04:51:00 Larissa-verbyvlug op 60 180 km.
05:29:00 Proteus-verbyvlug op 97 860 km.
09:23:00 Triton-verbyvlug op 39 800 km.
1989-10-02 Einde van fase
1989-10-02 Begin interstellêre sending.
Interstellêre fase
1990-02-14 Laaste foto's deur Voyager-program geneem deur Voyager 1 om die sonnestelsel-"familieportret" te voltooi.
1997-08-20 20 jaar onafgebroke vlug om 14:29:00 UT.
1998-11-13 Staak skanderingsplatform en UV-waarnemings.
2007-08-20 30 jaar ononderbroke vlug om 14:29:00 UT.
2007-09-06 Staak data-opnemer-operasies.
2008-02-22 Staak planetêre radio-astronomie-eksperimente.
2011-11-07 Slaan oor na rugsteunaandrywing om krag te bespaar
2013-02-12 Afstand Aarde – Voyager 2: ligsnelheid 14 uur, 4 minute, 31 sekondes = 15,2 miljard kilometer

Voyager 2 is op 20 Augustus 1977 van Kaap Canaveral gelanseer met ’n Titan IIIE/Centaur-lanseervoertuig. Twee weke later, op 5 September 1977, is Voyager 1 gelanseer. Dié het Jupiter en Saturnus egter vroeër bereik omdat Voyager 2 in ’n langer, ronder baan gelanseer is.

Jupiter

Voyager 2 het op 9 Julie 1979 op sy naaste aan Jupiter gekom, binne 570 000 km van die planeet se boonste wolke. Dit het ’n paar ringe om Jupiter ontdek, sowel as vulkaniese aktiwiteit op die maan Io.

Daar is ontdek dat die Groot Rooi Vlek ’n komplekse storm is wat antikloksgewys draai. Talle ander, kleiner storms is ook tussen die wolke gevind.

Die ontdekking van vulkaniese aktiwiteit op Io was seker die mees onverwagte ontdekking by Jupiter. Dit was die eerste keer dat aktiewe vulkane waargeneem is op ’n ander liggaam in die sonnestelsel. Saam het die Voyagers die uitbarsting van nege vulkane op Io waargeneem, en daar is bewyse dat daar tussen die twee tuie se verbyvlugte nog uitbarstings was.

Voyager 1 het op die maan Europa ’n groot aantal lyne waargeneem wat mekaar kruis. Wetenskaplikes het eers gedink dit is dalk diep krake. Die hoërresolusiefoto's van Voyager 2 het hulle verstom: die lyne het geen topografiese reliëf nie. Europa is inwendig aktief en daar word vermoed dit het ’n dun kors (minder as 30 km dik) waterys, wat moontlik op ’n oseaan van 50 km diep dryf.

Twee nuwe klein satelliete, Adrastea en Metis, is net buite die ring gevind. ’n Derde nuwe satelliet, Thebe, is tussen die wentelbane van Amalthea en Io gevind.

  • Die Groot Rooi Vlek, afgeneem tydens Voyager 2 se verbyvlug van Jupiter.

  • Io beweeg verby Jupiter, 9 Julie 1979.

  • ’n Vulkaanuitbarsting op die maan Io (deur Voyager 2).

  • ’n Kleurmosaïek van Europa.

  • ’n Kleurmosaïek van Ganimedes.

  • Callisto op ’n afstand van 1 miljoen km.

  • ’n Dowwe ring van Jupiter.

  • ’n Atmosferiese uitbarsting op Jupiter.

Saturnus

Op 26 Augustus 1981 was Voyager die naaste aan Saturnus. Terwyl hy agter die planeet was (soos gesien vanaf die Aarde) het die tuig Saturnus se boonste atmosfeer verken. Voyager 2 het gevind dat die temperatuur by die heel boonste drukvlakke (sewe kilopascal druk) 70 kelvin (−203 °C) was, terwyl dit by die diepste vlakke wat gemeet is (120 kilopascal) gestyg het tot 143 K (−130 °C).

Ná die verbyvlug van Saturnus het die kameraplatform vir ’n kort ruk probleme gegee en die uitbreiding van die sending na Uranus en Neptunus tydelik in gevaar gestel. Ingenieurs kon egter die probleem regstel en die sending kon voortgaan.

  • Voyager 2 nader Saturnus.

  • Noordpoolstreek van Saturnus afgeneem in oranje en UV-filtreerders.

  • ’n Kleurfoto van die maan Enkelados wys terreine van aansienlik verskillende ouderdomme.

  • Die oppervlak van die maan Tethis met sy kraters vanaf 594 000 km.

  • Die atmosfeer van Titan afgeneem vanaf 2,3 miljoen km.

  • Titan se verduistering van die son vanaf 0,9 miljoen km.

  • Die tweekleurige maan Iapetus, 22 Augustus 1981.

  • "Speke" in Saturnus se ringe.

Uranus

Op 24 Januarie 1986 het Voyager 2 op sy naaste aan Uranus gekom: 81 500 km van die boonste wolke af. Die tuig het ook die mane Cordelia, Ophelia, Bianca, Cressida, Desdemona, Juliet, Portia, Rosalind, Belinda, Perdita en Puck ontdek; die planeet se unieke atmosfeer bestudeer wat veroorsaak word deur sy as se kanteling van 97,8°; en Uranus se ringe bestudeer. Dié groot kanteling is vermoedelik vanweë ’n botsing met ’n ander planeetgrootte-voorwerp vroeg in die vorming van die sonnestelsel. Uranus se poolstreke is dus jare lank aan óf sonlig óf donkerte blootgestel en wetenskaplikes was nie seker wat om van Voyager 2 se data te verwag nie.

Voyager 2 het gevind een van die treffendste gevolge van Uranus se kanteling is die uitwerking op die agterste punt van die planeet se magneetveld. Dié is self gekantel teen sowat 60° van Uranus se draai-as. Die planeet se magnetiese agterste punt is deur Uranus se draaiing in ’n lang kurktrekkervorm gedraai wat die planeet volg.

Die maan Miranda, die binneste van die vyf groot mane, is een van die vreemdste liggame wat nog in die sonnestelsel waargeneem is. Foto's van Voyager 2 wys groot canyons van tot 20 km diep wat veroorsaak is deur geologiese verskuiwings, terras-lae en ’n mengsel van ou en jong oppervlakke. Volgens een veronderstelling bestaan Miranda dalk uit ’n hersamesmelting van materiaal nadat Miranda deur ’n gewelddadige impak in stukke geskiet is.

Uranus se nege ringe is ook bestudeer en daar is gevind hulle verskil grootliks van Jupiter en Saturnus s'n. Die ringstelsel kan baie jonk wees en het nie ontstaan in dieselfde tyd as die planeet nie. Die deeltjies wat die ring uitmaak, kan oorblyfsels wees van ’n maan wat opgebreek is.

  • Uranus soos gesien deur Voyager 2.

  • Laaste blik op Uranus.

  • Miranda se oppervlak.

  • Die maan Ariel soos gesien vanaf 130 000 km.

  • Saamgestelde foto in kleur van die maan Titania, vanaf 500 000 km.

  • Die maan Umbriel vanaf 550 000 km.

  • Die maan Oberon vanaf 660 000 km.

  • Die ringe van Uranus.

Neptunus

Voyager 2 was op 25 Augustus 1989 die naaste aan Neptunus. Omdat dit die laaste planeet is wat die tuig kon besoek, het die sendingspan besluit om dit ook verby Triton, die grootste van Neptunus se oorspronklike twee bekende mane, te stuur om soveel inligting moontlik van Neptunus en Triton te versamel, ongeag die hoek waarteen Voyager 2 van daar af sou vlieg.

Terwyl hy in die omgewing was, het die tuig die "Groot Donker Vlek" afgeneem wat intussen verdwyn het, volgens waarnemings van die Hubble-ruimteteleskoop. Hoewel aanvanklik geglo is dat dit ’n groot wolk is, is later gereken dat dit ’n gat in Neptunus se sigbare wolkekombers was.

Neptunus se atmosfeer bestaan uit waterstof, helium en metaan. Die metaan in Neptunus se boonste atmosfeer absorbeer die rooi lig van die son, maar weerkaats die blou lig van die son terug die ruimte in. Dit is hoekom die planeet blou lyk.

Met die besluit van die Internasionale Astronomiese Unie om Pluto as ’n dwergplaneet te herklassifiseer, was die verbyvlug van Neptunus in 1989 die tydstip dat elke bekende planeet in die sonnestelsel minstens een keer deur ’n ruimtetuig besoek is.

  • Voyager 2-foto van Neptunus.

  • Neptunus en sy maan Triton drie dae ná Voyager 2 se verbyvlug.

  • Die maan Despina.

  • Die oppervlak vol kraters van die maan Larissa.

  • Die donker oppervlak van die maan Proteus.

  • ’n Kleurmasaïek van die maan Triton.

  • Wolke bo Neptunus.

  • Die ringe van Neptunus tydens ’n verduistering afgeneem vanaf 280 000 km.

Vandat sy interplanetêre sending verby is, is Voyager 2 nou op ’n interstellêre sending, waartydens Nasa probeer uitvind hoe die sonnestelsel daar uitsien buite die heliosfeer.

Die tuig is nie op pad na ’n spesifieke ster nie. Indien dit onveranderd aanbeweeg, sal dit verby Sirius beweeg wat op die oomblik sowat 2,6 parsek van die son af is en in sowat 296 000 jaar diagonaal na die son toe beweeg op ’n afstand van 1,32 parsek (4,3 ligjare).

Voyager 2 sal na verwagting swak radioboodskappe bly uitstuur tot minstens 2025, meer as 48 jaar ná sy lansering.

Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
  1. (in Engels). Nasa. 1989. Geargiveer vanaf op 22 Februarie 2014. Besoek op2 Januarie 2011.
  2. Nasa Jet Propulsion Laboratory – California Institute of Technology. 23 Maart 2004. Besoek op 8 April 2007.
  3. (sek. 268.), deur Andrew, J. Butrica, in From Engineering Science To Big Science ISBN 978-0-16-049640-0, red. Pamela E. Mack, Nasa, 1998
  4. Ferris, Timothy (Mei 2012). (in Engels). Smithsonian Magazine. vanaf die oorspronklike op 4 November 2013. Besoek op15 Junie 2012.
  5. Muller, Daniel, 2010
  6. Nasa, 19 Februarie 1997
  7. 21 Julie 2011 op Wayback Machine Nasa, JPL, PDS.
  8. Twitter: @NASAVoyager2
  9. (in Engels). vanaf die oorspronklike op 29 November 2016. Besoek op28 Augustus 2009. Following Voyager 2's closest approach to Neptune on August 25, 1989
  10. Nardo 2002, p. 15
  11. Henry, Dr. Todd J. (1 Julie 2006). (in Engels). Georgia-staatsuniversiteit. Geargiveer vanaf op 29 Maart 2013. Besoek op27 November 2008.
  12. (in Engels). Nasa. 22 Junie 2007. vanaf die oorspronklike op 2 Februarie 2004. Besoek op27 November 2008.
  13. (in Engels). Nasa Jet Propulsion Laboratory. 15 Maart 2008. vanaf die oorspronklike op 7 Junie 2002. Besoek op25 Mei 2008.
  • . Voyager Science Results at Saturn. Besoek op8 Februarie 2005.
  • . Voyager Science Results at Uranus. Besoek op8 Februarie 2005.

Publikasie datum: September 03, 2021

voyager, ruimtetuig, augustus, 1977, deur, nasa, gelanseer, buitenste, sonnestelsel, eindelik, ruimte, tussen, sterre, bestudeer, amper, jaar, ontvang, tuig, steeds, roetinebevele, stuur, data, terug, nasa, diepruimtenetwerk, gelanseer, deur, nasatipe, sending. Voyager 2 is n ruimtetuig van 722 kg wat op 20 Augustus 1977 deur Nasa gelanseer is om die buitenste sonnestelsel en eindelik die ruimte tussen die sterre te bestudeer Na amper 35 jaar ontvang die tuig steeds roetinebevele en stuur data terug na Nasa se diepruimtenetwerk Voyager 2Gelanseer deur NasaTipe sending VerbyvlugDatum 1977 08 20Duur van sending 35 jaar Jupiter verbyvlug voltooi 1979 08 05 Saturnus verbyvlug voltooi 1981 09 25 Uranus verbyvlug voltooi 1986 02 25 Neptunus verbyvlug voltooi 1989 10 02 Webtuiste Nasa Voyager webtuisteMassa 721 9 kgKrag 420 WBronne 1 Dit is saam met sy sustertuig Voyager 1 deel van die Voyager program en is tans op n uitgebreide sending om die grense van die sonnestelsel te vind en bestudeer onder meer die Kuiper gordel die heliosfeer en die ruimte tussen die sterre Die primere sending het op 31 Desember 1989 geeindig nadat dit die Jupiter stelsel in 1979 verken het die Saturnus stelsel in 1981 die Uranus stelsel in 1986 en die Neptunus stelsel in 1989 Dit was die eerste ruimtetuig wat gedetailleerde inligting verskaf het van die buitenste gasplanete Inhoud 1 Agtergrond 2 Goue skyf 3 Sendinginligting 4 Lansering en baan 4 1 Jupiter 4 2 Saturnus 4 3 Uranus 4 4 Neptunus 5 Interstellere sending 6 Verwysings 7 Verdere leesstof 8 Eksterne skakelsAgtergrond WysigDie idee om n groot toer van die planete te doen het in die 1960 s ontstaan en Nasa het in die vroee 1970 s aan so n program begin werk Dit het saamgeval met die oplyning van die planete wat n sending na die buitewyke van die sonnestelsel met behulp van n nuwe tegniek swaartekragslinger moontlik gemaak het Daar is vasgestel dat swaartekragslinger n tuig in staat sal stel om die vier gasplanete Jupiter Saturnus Uranus en Neptunus te besoek met minder brandstof en n korter reistyd tussen die planete Voyager 2 is aanvanklik beplan as Mariner 12 van die Mariner program maar weens besnoeiings is die sending afgeskaal om net verby Jupiter en Saturnus te vlieg en hernoem na die Mariner Jupiter Saturnus sending Namate die program gevorder het is dit hernoem na Voyager omdat die tuig se ontwerp grootliks begin verskil het van die van vorige Mariner sendings 2 Na Voyager 1 se suksesvolle verbyvlug van Saturnus se maan Titaan is Voyager 2 se sending uitgebrei om dit na Uranus en Neptunus ook te stuur en so die droom van die groot toer te verwesenlik 3 Voyager se Goue Skyf Goue skyf WysigElke Voyager ruimtetuig het n vergulde oudiovisuele skyf aan boord ingeval die tuig ooit deur intelligente bewoners van ander planetere stelsels gevind word 4 Die skywe bevat foto s van die Aarde en sy lewensvorme n reeks wetenskaplike inligting boodskappe van verskeie belangrike mense en n medley Sounds of Earth wat die geluid van walvisse n huilende baba branders wat breek en n verskeidenheid musiek insluit Sendinginligting Wysig Heliosentriese posisies van die vyf interstellere ruimtetuie vierkante en ander liggame sirkels tot 2020 met die datums van hul lanserings en verbyvlugte Posisies op 1 Januarie elke jaar word aangedui met elke vyfde jaar gemerk Aansig 1 is van die ekliptiese noordpool volgens skaal aansig 2 tot 4 is uit ander hoeke op n skaal van 20 Hou jou muis op die SVG leer oor n vlug of wentelbaan om die baan en sy verwante lanserings en verbyvlugte uit te lig ReistydlynDatum Gebeurtenis1977 08 20 Tuig gelanseer om 14 29 00 UT 1977 12 10 Gaan Asteroidegordel binne 1977 12 19 Voyager 1 gaan Voyager 2 verby sien diagram 1978 06 Radio opvanger gee in Rugsteunstelsel gebruik 1978 10 21 Verlaat Asteroidegordel1979 04 25 Begin Jupiter waarnemingsfase Tyd Gebeurtenis1979 07 08 Ontmoeting met Jupiter stelsel 12 21 00 Callisto verbyvlug op 214 930 km 1979 07 0907 14 00 Ganimedes verbyvlug op 62 130 km 17 53 00 Europa verbyvlug op 205 720 km 20 01 00 Amaltea verbyvlug op 558 370 km 22 29 00 Naaste aan Jupiter 721 670 km van die massasentrum 23 17 00 Io verbyvlug op 1 129 900 km 1979 08 05 Einde van fase1981 06 05 Begin Saturnus waarnemingsfase Tyd Gebeurtenis1981 08 22 Ontmoeting met Saturnus stelsel 01 26 57 Iapetus verbyvlug op 908 680 km 1981 08 2501 25 26 Huperion verbyvlug op 431 370 km 09 37 46 Titaan verbyvlug op 666 190 km 22 57 33 Helene verbyvlug op 314 090 km 1981 08 2601 04 32 Dione verbyvlug op 502 310 km 02 22 17 Kalipso verbyvlug op 151 590 km 02 24 26 Mimas verbyvlug op 309 930 km 03 19 18 Pandora verbyvlug op 107 000 km 03 24 05 Naaste aan Saturnus 161 000 km van die massasentrum 03 33 02 Atlas verbyvlug op 287 000 km 03 45 16 Enkelados verbyvlug op 87 010 km 03 50 04 Janus verbyvlug op 223 000 km 04 05 56 Epimetheus verbyvlug op 147 000 km 06 02 47 Telesto verbyvlug op 270 000 km 06 12 30 Tethis verbyvlug op 93 010 km 06 28 48 Rea verbyvlug op 645 260 km 1981 09 0401 22 34 Phoebe verbyvlug op 2 075 640 km 1981 09 25 Einde van fase1985 11 04 Begin Uranus waarnemingsfase Tyd Gebeurtenis1986 01 24 Ontmoeting met Uranus stelsel 16 50 00 Miranda verbyvlug op 29 000 km 17 25 00 Ariel verbyvlug op 127 000 km 17 25 00 Umbriel verbyvlug op 325 000 km 17 25 00 Titania verbyvlug op 365 200 km 17 25 00 Oberon verbyvlug op 470 600 km 17 59 47 Naaste aan Uranus 107 000 km van die massasentrum 1986 02 25 Einde van fase1989 06 05 Begin Neptunus waarnemingsfase Tyd Gebeurtenis1989 08 25 Ontmoeting met Neptunus stelsel 03 56 36 Naaste aan Neptunus 29 240 km 04 51 00 Larissa verbyvlug op 60 180 km 05 29 00 Proteus verbyvlug op 97 860 km 09 23 00 Triton verbyvlug op 39 800 km 1989 10 02 Einde van fase1989 10 02 Begin interstellere sending Interstellere fase 5 6 7 1990 02 14 Laaste foto s deur Voyager program geneem deur Voyager 1 om die sonnestelsel familieportret te voltooi 1997 08 20 20 jaar onafgebroke vlug om 14 29 00 UT 1998 11 13 Staak skanderingsplatform en UV waarnemings 2007 08 20 30 jaar ononderbroke vlug om 14 29 00 UT 2007 09 06 Staak data opnemer operasies 2008 02 22 Staak planetere radio astronomie eksperimente 2011 11 07 Slaan oor na rugsteunaandrywing om krag te bespaar 8 2013 02 12 Afstand Aarde Voyager 2 ligsnelheid 14 uur 4 minute 31 sekondes 15 2 miljard kilometer 9 Lansering en baan WysigVoyager 2 is op 20 Augustus 1977 van Kaap Canaveral gelanseer met n Titan IIIE Centaur lanseervoertuig Twee weke later op 5 September 1977 is Voyager 1 gelanseer Die het Jupiter en Saturnus egter vroeer bereik omdat Voyager 2 in n langer ronder baan gelanseer is Jupiter Wysig Voyager 2 het op 9 Julie 1979 op sy naaste aan Jupiter gekom binne 570 000 km van die planeet se boonste wolke 10 Dit het n paar ringe om Jupiter ontdek sowel as vulkaniese aktiwiteit op die maan Io Daar is ontdek dat die Groot Rooi Vlek n komplekse storm is wat antikloksgewys draai Talle ander kleiner storms is ook tussen die wolke gevind Die ontdekking van vulkaniese aktiwiteit op Io was seker die mees onverwagte ontdekking by Jupiter Dit was die eerste keer dat aktiewe vulkane waargeneem is op n ander liggaam in die sonnestelsel Saam het die Voyagers die uitbarsting van nege vulkane op Io waargeneem en daar is bewyse dat daar tussen die twee tuie se verbyvlugte nog uitbarstings was Voyager 1 het op die maan Europa n groot aantal lyne waargeneem wat mekaar kruis Wetenskaplikes het eers gedink dit is dalk diep krake Die hoerresolusiefoto s van Voyager 2 het hulle verstom die lyne het geen topografiese relief nie Europa is inwendig aktief en daar word vermoed dit het n dun kors minder as 30 km dik waterys wat moontlik op n oseaan van 50 km diep dryf Twee nuwe klein satelliete Adrastea en Metis is net buite die ring gevind n Derde nuwe satelliet Thebe is tussen die wentelbane van Amalthea en Io gevind Die Groot Rooi Vlek afgeneem tydens Voyager 2 se verbyvlug van Jupiter Io beweeg verby Jupiter 9 Julie 1979 n Vulkaanuitbarsting op die maan Io deur Voyager 2 n Kleurmosaiek van Europa n Kleurmosaiek van Ganimedes Callisto op n afstand van 1 miljoen km n Dowwe ring van Jupiter n Atmosferiese uitbarsting op Jupiter Saturnus Wysig Op 26 Augustus 1981 was Voyager die naaste aan Saturnus 11 Terwyl hy agter die planeet was soos gesien vanaf die Aarde het die tuig Saturnus se boonste atmosfeer verken Voyager 2 het gevind dat die temperatuur by die heel boonste drukvlakke sewe kilopascal druk 70 kelvin 203 C was terwyl dit by die diepste vlakke wat gemeet is 120 kilopascal gestyg het tot 143 K 130 C Na die verbyvlug van Saturnus het die kameraplatform vir n kort ruk probleme gegee en die uitbreiding van die sending na Uranus en Neptunus tydelik in gevaar gestel Ingenieurs kon egter die probleem regstel en die sending kon voortgaan Voyager 2 nader Saturnus Noordpoolstreek van Saturnus afgeneem in oranje en UV filtreerders n Kleurfoto van die maan Enkelados wys terreine van aansienlik verskillende ouderdomme Die oppervlak van die maan Tethis met sy kraters vanaf 594 000 km Die atmosfeer van Titan afgeneem vanaf 2 3 miljoen km Titan se verduistering van die son vanaf 0 9 miljoen km Die tweekleurige maan Iapetus 22 Augustus 1981 Speke in Saturnus se ringe Uranus Wysig Op 24 Januarie 1986 het Voyager 2 op sy naaste aan Uranus gekom 81 500 km van die boonste wolke af Die tuig het ook die mane Cordelia Ophelia Bianca Cressida Desdemona Juliet Portia Rosalind Belinda Perdita en Puck ontdek die planeet se unieke atmosfeer bestudeer wat veroorsaak word deur sy as se kanteling van 97 8 en Uranus se ringe bestudeer Die groot kanteling is vermoedelik vanwee n botsing met n ander planeetgrootte voorwerp vroeg in die vorming van die sonnestelsel Uranus se poolstreke is dus jare lank aan of sonlig of donkerte blootgestel en wetenskaplikes was nie seker wat om van Voyager 2 se data te verwag nie Voyager 2 het gevind een van die treffendste gevolge van Uranus se kanteling is die uitwerking op die agterste punt van die planeet se magneetveld Die is self gekantel teen sowat 60 van Uranus se draai as Die planeet se magnetiese agterste punt is deur Uranus se draaiing in n lang kurktrekkervorm gedraai wat die planeet volg Die maan Miranda die binneste van die vyf groot mane is een van die vreemdste liggame wat nog in die sonnestelsel waargeneem is Foto s van Voyager 2 wys groot canyons van tot 20 km diep wat veroorsaak is deur geologiese verskuiwings terras lae en n mengsel van ou en jong oppervlakke Volgens een veronderstelling bestaan Miranda dalk uit n hersamesmelting van materiaal nadat Miranda deur n gewelddadige impak in stukke geskiet is Uranus se nege ringe is ook bestudeer en daar is gevind hulle verskil grootliks van Jupiter en Saturnus s n Die ringstelsel kan baie jonk wees en het nie ontstaan in dieselfde tyd as die planeet nie Die deeltjies wat die ring uitmaak kan oorblyfsels wees van n maan wat opgebreek is Uranus soos gesien deur Voyager 2 Laaste blik op Uranus Miranda se oppervlak Die maan Ariel soos gesien vanaf 130 000 km Saamgestelde foto in kleur van die maan Titania vanaf 500 000 km Die maan Umbriel vanaf 550 000 km Die maan Oberon vanaf 660 000 km Die ringe van Uranus Neptunus Wysig Voyager 2 was op 25 Augustus 1989 die naaste aan Neptunus 12 13 Omdat dit die laaste planeet is wat die tuig kon besoek het die sendingspan besluit om dit ook verby Triton die grootste van Neptunus se oorspronklike twee bekende mane te stuur om soveel inligting moontlik van Neptunus en Triton te versamel ongeag die hoek waarteen Voyager 2 van daar af sou vlieg Terwyl hy in die omgewing was het die tuig die Groot Donker Vlek afgeneem wat intussen verdwyn het volgens waarnemings van die Hubble ruimteteleskoop Hoewel aanvanklik geglo is dat dit n groot wolk is is later gereken dat dit n gat in Neptunus se sigbare wolkekombers was Neptunus se atmosfeer bestaan uit waterstof helium en metaan Die metaan in Neptunus se boonste atmosfeer absorbeer die rooi lig van die son maar weerkaats die blou lig van die son terug die ruimte in Dit is hoekom die planeet blou lyk Met die besluit van die Internasionale Astronomiese Unie om Pluto as n dwergplaneet te herklassifiseer was die verbyvlug van Neptunus in 1989 die tydstip dat elke bekende planeet in die sonnestelsel minstens een keer deur n ruimtetuig besoek is Voyager 2 foto van Neptunus Neptunus en sy maan Triton drie dae na Voyager 2 se verbyvlug Die maan Despina Die oppervlak vol kraters van die maan Larissa Die donker oppervlak van die maan Proteus n Kleurmasaiek van die maan Triton Wolke bo Neptunus Die ringe van Neptunus tydens n verduistering afgeneem vanaf 280 000 km Interstellere sending WysigVandat sy interplanetere sending verby is is Voyager 2 nou op n interstellere sending waartydens Nasa probeer uitvind hoe die sonnestelsel daar uitsien buite die heliosfeer Die tuig is nie op pad na n spesifieke ster nie Indien dit onveranderd aanbeweeg sal dit verby Sirius beweeg wat op die oomblik sowat 2 6 parsek van die son af is 14 en in sowat 296 000 jaar diagonaal na die son toe beweeg op n afstand van 1 32 parsek 4 3 ligjare 15 Voyager 2 sal na verwagting swak radioboodskappe bly uitstuur tot minstens 2025 meer as 48 jaar na sy lansering 16 Verwysings Wysig Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia Voyager Mission Information in Engels Nasa 1989 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Februarie 2014 Besoek op 2 Januarie 2011 Planetary Voyage Nasa Jet Propulsion Laboratory California Institute of Technology 23 Maart 2004 Besoek op 8 April 2007 Chapter 11 Voyager The Grand Tour of Big Science sek 268 deur Andrew J Butrica in From Engineering Science To Big Science ISBN 978 0 16 049640 0 red Pamela E Mack Nasa 1998 Ferris Timothy Mei 2012 Timothy Ferris on Voyagers Never Ending Journey in Engels Smithsonian Magazine Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 November 2013 Besoek op 15 Junie 2012 Voyager 2 Full Mission Timeline Muller Daniel 2010 Voyager Mission Description Nasa 19 Februarie 1997 JPL Mission Information Geargiveer 21 Julie 2011 op Wayback Machine Nasa JPL PDS http www jpl nasa gov news news cfm release 2011 341 amp rn news xml amp rst 3189 Twitter NASAVoyager2 Voyager 2 July 9 1979 Nasa Voyager Fact Sheet in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 November 2016 Besoek op 28 Augustus 2009 Following Voyager 2 s closest approach to Neptune on August 25 1989 Nardo 2002 p 15 Henry Dr Todd J 1 Julie 2006 The One Hundred Nearest Star Systems in Engels Georgia staatsuniversiteit Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Maart 2013 Besoek op 27 November 2008 Voyager Mission Interstellar Mission in Engels Nasa 22 Junie 2007 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Februarie 2004 Besoek op 27 November 2008 Voyager Spacecraft Spacecraft Lifetime in Engels Nasa Jet Propulsion Laboratory 15 Maart 2008 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Junie 2002 Besoek op 25 Mei 2008 Verdere leesstof Wysig Saturn Science Results Voyager Science Results at Saturn Besoek op 8 Februarie 2005 Uranus Science Results Voyager Science Results at Uranus Besoek op 8 Februarie 2005 Eksterne skakels WysigNasa Voyager webtuiste Voyager leeftyd Voyager 2 sendingprofiel Geargiveer 1 Augustus 2007 op Wayback Machine Voyager 2 NSSDC Master Catalog Spacecraft Escaping the Solar System Geargiveer 27 April 2007 op Wayback Machine Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Voyager 2 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Voyager 2 amp ol,