×
Voyager 1

Voyager 1 is 'n onbemande ruimtetuig wat op 5 September 1977 kort ná Voyager 2 vanaf Kaap Canaveral deur middel van 'n Titan III-vuurpyl gelanseer is. Ná die beëindiging van sy oorspronklike sending in die tagtigerjare het die tuig die uithoeke van die Sonnestelsel bestudeer. Op ’n afstand van 125 AE van die Son af (in Augustus 2013) is dit die verste mensgemaakte voorwerp van die Aarde af.

Voyager 1

Op 12 September 2013 het Nasa aangekondig dat Voyager 1 die instellêre ruimte op 25 Augustus 2012 betree het – dit is die eerste mensgemaakte voorwerp wat die Sonnestelsel verlaat. Die ruimtetuig van 722 kg kan steeds sekere instruksies van die Aarde af ontvang en kan ook inligting terugstuur.

Inhoud

Voyager 1 het eers Jupiter bereik en het in Januarie 1979 en April 1979 gedetailleerde foto's van die planeet geneem. Die naaste wat die ruimtetuig aan die planeet gekom het was op 5 Maart 1979, toe dit sowat 349 000 km van die planeet se kern was. Hierdie nabyheid het beteken dat daar vir 'n tydperk van 48 uur 'n aantal hoëresolusiefoto's van die planeet se mane, sy ringstelsel en magneetvelde geneem kon word.

Jupiter en sy Groot Rooi Vlek, soos waargeneem deur Voyager 1

Saam met Voyager 2 het die tuig 'n aantal belangrike ontdekkings oor Jupiter, sy mane en sy (destyds onbekende) ringstelsel gemaak. Een van die grootste verrassings was die teenwoordigheid van vulkaniese aktiwiteit op die maan Io, wat in die tyd nog nie deur Pioneer 10 of 11 waargeneem is nie.

Ná sy besoek aan Jupiter het Voyager 1, weer saam met Voyager 2, na Saturnus gereis. Voyager 1 het die planeet in November 1980 bereik, waar hy die planeet, sy ringe en een van sy mane, Titan, bestudeer het. Die naaste wat hy aan Saturnus gekom het was op 12 November 1980, toe hy 124 000 km bo Saturnus se wolke verbygevlieg het. Die ruimtesonde se kameras het die komplekse strukture van Saturnus se ringe bespeur en ook die atmosfere van Saturnus en Titan bestudeer. Die ruimtetuig Pioneer 11 het reeds 'n jaar vroeër Titan se dik, gasagtige atmosfeer waargeneem en Voyager 1 is dus doelbewus na hierdie natuurlike satelliet gestuur om die atmosfeer te bestudeer.

'n Kunstenaarsvoorstelling in 2009 van die posisie van Voyager 1 en 2. Voyager 1 het hier die sonskede betree.

Die wentelbaan wat Voyager 1 moes volg om Titan te bereik, het beteken dat hy uit die sonnebaan sou beweeg en dus nie verder na die ander planete kon reis nie. In plaas hiervan het hy die ruimte ingereis, in die rigting van die Sonnestelsel se grens, teen 'n spoed van 520 miljoen kilometer per jaar. Sedert 1989 vorm Voyager 1 en 2 deel van die Voyager Insterstellêre Missie (VIM), wat bedoel is om die grense van die Sonnestelsel te benader en bestudeer.

Daar is tans 7 funksionele instrumente aan boord, maar daar word verwag dat die ruimtesonde ná 2025 nie genoeg energie sal hê om enige van sy instrumente te laat werk nie. Voyager 1 het op 17 Februarie 1998 die verste mensgemaakte voorwerp in die ruimte geword, ná dit verby Pioneer 10 gevlieg het.

Voyager 1 en 2 dra elk 'n kopie van die Voyager Golden Record: 'n goue oudiovisuele skyf met foto's, boodskappe en geluide om die diversiteit van lewe en kultuur op Aarde uit te beeld. Dit bevat ook simbole as 'n handleiding om dit te kan speel. Die inhoud van die skyf is saamgestel deur 'n kommissie onder leiding van Carl Sagan en is bedoel vir enige moontlike intelligente buiteaardse wesens of selfs mense wat in die verre toekoms moontlik ook so ver kan reis.

Heliosentriese posisies van die vyf interstellêre ruimtetuie (vierkante) en ander liggame (sirkels) tot 2020, met die datums van hul lanserings en verbyvlugte. Posisies op 1 Januarie elke jaar word aangedui, met elke vyfde jaar gemerk.
Aansig 1 is van die ekliptiese noordpool, volgens skaal;aansig 2 tot 4 is uit ander hoeke op ’n skaal van 20%.
Hou jou muis op die SVG-lêer oor ’n vlug- of wentelbaan om die baan en sy verwante lanserings en verbyvlugte uit te lig.
Die lansering van Voyager 1 op 5 September 1977.
The Sounds of Earth: die goue oudiovisuele skyf wat tans deur Voyager 1 na die buitenste ruim geneem word.
Die Aarde en Maan, soos in 1977 deur Voyager 1 op 'n afstand van 11,66 miljoen km geneem.
'n Reeks geanimeerde foto's deur Voyager 1 wat wys hoe dit Jupiter nader.
'n Foto van 'n vulkaniese krater op Io, een van Jupiter se mane, soos op 5 Maart 1979 deur Voyager 1 afgeneem.
Saturnus, soos deur Voyager 1 gesien op 'n afstand van 5,3 miljoen km van die planeet af.
Titan se atmosfeer is op hierdie foto sigbaar as 'n blou lyn wat die maan omring.
Titan se atmosfeer in groter detail.
'n Gedetailleerde foto van Saturnus se F-ring.
'n Vulkaniese uitbarsting op Jupiter se maan Io.
  1. , Where are the Voyagers – NASA Voyager 1
  2. Cook, Jia-Rui C.; Agle, D. C.; Brown, Dwayne (12 September 2013). . NASA. vanaf die oorspronklike op 11 Junie 2020. Besoek op12 September 2013.
  3. Barnes, Brooks (12 September 2013). . New York Times (in Engels). vanaf die oorspronklike op 11 Maart 2020. Besoek op12 September 2013.
  4. Morin, Monte (12 September 2013). . Los Angeles Times.
  5. (in Engels). Geargiveer vanaf op 21 September 2013. Besoek op20 Maart 2013.
  6. (in Engels). Time News Magazine. vanaf die oorspronklike op 15 Februarie 2020. Besoek op20 Maart 2013.
  7. (in Engels). NASA. vanaf die oorspronklike op 6 November 2019. Besoek op20 Maart 2013.
  • , by die amptelike Voyager-webwerf.
  • , deur Nick Greene. By About.com.

Publikasie datum: Augustus 02, 2021

voyager, onbemande, ruimtetuig, september, 1977, kort, voyager, vanaf, kaap, canaveral, deur, middel, titan, vuurpyl, gelanseer, beëindiging, oorspronklike, sending, tagtigerjare, tuig, uithoeke, sonnestelsel, bestudeer, afstand, augustus, 2013, verste, mensge. Voyager 1 is n onbemande ruimtetuig wat op 5 September 1977 kort na Voyager 2 vanaf Kaap Canaveral deur middel van n Titan III vuurpyl gelanseer is Na die beeindiging van sy oorspronklike sending in die tagtigerjare het die tuig die uithoeke van die Sonnestelsel bestudeer Op n afstand van 125 AE van die Son af in Augustus 2013 1 is dit die verste mensgemaakte voorwerp van die Aarde af Voyager 1 Op 12 September 2013 het Nasa aangekondig dat Voyager 1 die instellere ruimte op 25 Augustus 2012 betree het dit is die eerste mensgemaakte voorwerp wat die Sonnestelsel verlaat 2 3 4 5 6 7 Die ruimtetuig van 722 kg kan steeds sekere instruksies van die Aarde af ontvang en kan ook inligting terugstuur Inhoud 1 Die sending 2 Galery 3 Verwysings 4 Bronnelys 5 Eksterne skakelsDie sending WysigVoyager 1 het eers Jupiter bereik en het in Januarie 1979 en April 1979 gedetailleerde foto s van die planeet geneem Die naaste wat die ruimtetuig aan die planeet gekom het was op 5 Maart 1979 toe dit sowat 349 000 km van die planeet se kern was Hierdie nabyheid het beteken dat daar vir n tydperk van 48 uur n aantal hoeresolusiefoto s van die planeet se mane sy ringstelsel en magneetvelde geneem kon word Jupiter en sy Groot Rooi Vlek soos waargeneem deur Voyager 1 Saam met Voyager 2 het die tuig n aantal belangrike ontdekkings oor Jupiter sy mane en sy destyds onbekende ringstelsel gemaak Een van die grootste verrassings was die teenwoordigheid van vulkaniese aktiwiteit op die maan Io wat in die tyd nog nie deur Pioneer 10 of 11 waargeneem is nie Na sy besoek aan Jupiter het Voyager 1 weer saam met Voyager 2 na Saturnus gereis Voyager 1 het die planeet in November 1980 bereik waar hy die planeet sy ringe en een van sy mane Titan bestudeer het Die naaste wat hy aan Saturnus gekom het was op 12 November 1980 toe hy 124 000 km bo Saturnus se wolke verbygevlieg het Die ruimtesonde se kameras het die komplekse strukture van Saturnus se ringe bespeur en ook die atmosfere van Saturnus en Titan bestudeer Die ruimtetuig Pioneer 11 het reeds n jaar vroeer Titan se dik gasagtige atmosfeer waargeneem en Voyager 1 is dus doelbewus na hierdie natuurlike satelliet gestuur om die atmosfeer te bestudeer n Kunstenaarsvoorstelling in 2009 van die posisie van Voyager 1 en 2 Voyager 1 het hier die sonskede betree Die wentelbaan wat Voyager 1 moes volg om Titan te bereik het beteken dat hy uit die sonnebaan sou beweeg en dus nie verder na die ander planete kon reis nie In plaas hiervan het hy die ruimte ingereis in die rigting van die Sonnestelsel se grens teen n spoed van 520 miljoen kilometer per jaar Sedert 1989 vorm Voyager 1 en 2 deel van die Voyager Insterstellere Missie VIM wat bedoel is om die grense van die Sonnestelsel te benader en bestudeer Daar is tans 7 funksionele instrumente aan boord maar daar word verwag dat die ruimtesonde na 2025 nie genoeg energie sal he om enige van sy instrumente te laat werk nie Voyager 1 het op 17 Februarie 1998 die verste mensgemaakte voorwerp in die ruimte geword na dit verby Pioneer 10 gevlieg het Voyager 1 en 2 dra elk n kopie van die Voyager Golden Record n goue oudiovisuele skyf met foto s boodskappe en geluide om die diversiteit van lewe en kultuur op Aarde uit te beeld Dit bevat ook simbole as n handleiding om dit te kan speel Die inhoud van die skyf is saamgestel deur n kommissie onder leiding van Carl Sagan en is bedoel vir enige moontlike intelligente buiteaardse wesens of selfs mense wat in die verre toekoms moontlik ook so ver kan reis Galery Wysig Heliosentriese posisies van die vyf interstellere ruimtetuie vierkante en ander liggame sirkels tot 2020 met die datums van hul lanserings en verbyvlugte Posisies op 1 Januarie elke jaar word aangedui met elke vyfde jaar gemerk Aansig 1 is van die ekliptiese noordpool volgens skaal aansig 2 tot 4 is uit ander hoeke op n skaal van 20 Hou jou muis op die SVG leer oor n vlug of wentelbaan om die baan en sy verwante lanserings en verbyvlugte uit te lig Die lansering van Voyager 1 op 5 September 1977 The Sounds of Earth die goue oudiovisuele skyf wat tans deur Voyager 1 na die buitenste ruim geneem word Die Aarde en Maan soos in 1977 deur Voyager 1 op n afstand van 11 66 miljoen km geneem n Reeks geanimeerde foto s deur Voyager 1 wat wys hoe dit Jupiter nader n Foto van n vulkaniese krater op Io een van Jupiter se mane soos op 5 Maart 1979 deur Voyager 1 afgeneem Saturnus soos deur Voyager 1 gesien op n afstand van 5 3 miljoen km van die planeet af Titan se atmosfeer is op hierdie foto sigbaar as n blou lyn wat die maan omring Titan se atmosfeer in groter detail n Gedetailleerde foto van Saturnus se F ring n Vulkaniese uitbarsting op Jupiter se maan Io Verwysings Wysig Voyager 1 Where are the Voyagers NASA Voyager 1 Cook Jia Rui C Agle D C Brown Dwayne 12 September 2013 NASA Spacecraft Embarks on Historic Journey Into Interstellar Space NASA Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Junie 2020 Besoek op 12 September 2013 Barnes Brooks 12 September 2013 In a Breathtaking First NASA Craft Exits the Solar System New York Times in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Maart 2020 Besoek op 12 September 2013 Morin Monte 12 September 2013 NASA confirms Voyager 1 has left the solar system Los Angeles Times Voyager 1 has entered a new region of space sudden changes in cosmic rays indicate in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 September 2013 Besoek op 20 Maart 2013 Report Humanity Leaves the Solar System Or Maybe Not in Engels Time News Magazine Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Februarie 2020 Besoek op 20 Maart 2013 Report NASA Voyager Status Update on Voyager 1 Location in Engels NASA Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 November 2019 Besoek op 20 Maart 2013 Bronnelys WysigVoyager The Interstellar Mission by die amptelike Voyager webwerf Voyager 1 deur Nick Greene By About com Eksterne skakels WysigVoyager 1 op NASA se webwerf Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Voyager 1 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Voyager 1 amp ol,