fbpx Vos
Wikipedia

Vos

'n Vos (genus Vulpes) is 'n klein roofdier van die familie van die Hondagtiges (Canidae) wat inheems is in Europa, Afrika, Asië en Noord-Amerika. In Suid-Afrika word net een egte vos, die silwervos of silwerjakkals (Vulpes chama), aangetref, wat soms met die bakoorjakkals (Otocyon megalotis) verwar word omdat albei spesies in die omgangstaal ook as draaijakkalse bekend staan.

Inhoud

'n Vos wat slaap

Hoewel verskeie hondagtiges (familie Canidae) in die omgangstaal "vosse" genoem word, byvoorbeeld die poolvos (Alopex lagopus) en die woestynvos (Fennecus zerda), is slegs lede van die genus Vulpes egte vosse. Dit is klein roofdiere met groot, gepunte ore, 'n spits snoet en 'n lang, pluimvormige stert. Kenmerkend is ook die driehoekige kop en die ovaal, skuins geplaasde pupille.

Die kleur van die pels wissel van spesie tot spesie en ook binne dieselfde spesie. Vosse wat in woestyne en droë gebiede leef, is geler van kleur as die rooibruin vosse van die woude. Vosse kom in Europa, Afrika, Asië en Noord-Amerika voor.

Hulle leef alleen of in pare in gate in die grond wat deur hulself of deur ander diere gegrawe is. Die voedsel bestaan hoofsaaklik uit muise en woelmuise, maar sluit ook konyne, voëls, eiers, paddas, aas en vrugte in. Oor die algemeen jag vosse snags en maak daarby veral op hul reuk- en gehoorsintuie staat.

Die vos met die grootste verspreidingsgebied is die Europese vos (Vulpes vulpes), wat net soos die jakkals in volksverhale die rol van die slu dier vertolk. Hy kom feitlik oor die hele Europa, in Noordwes-Afrika en in groot dele van Asië voor en is ook in Australië ingevoer. In Amerika kom 'n spesie voor wat volgens sommige dierkundiges tot dieselfde spesie as die Europese vos gereken word, terwyl ander hom as 'n spesie op sy eie beskou. Oor die algemeen is die Europese vos helderroesbruin van kleur met ’n wit keel en pens, maar heelwat kleurvariasies word ook aangetref.

Die enigste vos wat in Suid-Afrika aangetref word, die silwervos, ook bekend as die silwerjakkals (Vulpes chama), is 'n klein dier met 'n skouerhoogte van sowat 30 cm en 'n massa van sowat 4 kg. Hy word oral in die droër gebiede aangetref, maar selde gesien omdat hy baie sku is en nie bedags sy skuilplek verlaat nie. Die algemene pelskleur is silwergrys en die stert eindig in 'n swart punt. Die silwerjakkals vreet hoofsaaklik insekte en vang net by uitsondering pluimvee of lammers. Die wyfie is 7 tot 8 weke lank dragtig en gewoonlik word 3 tot 5 kleintjies op 'n keer gebore.

Die bakoorjakkals (Otocyon megalotis) is geen egte vos nie, maar ook geen egte jakkals nie en sommige dierkundiges klassifiseer hom in 'n afsonderlike subfamilie. Die opvallendste kenmerk van hierdie grysbruin dier is sy besonder groot, breë ore, wat wit is aan die binnekant.

Hy kom veral in die westelike dele van Suider-Afrika voor en leef alleen, in pare of selfs in familiegroepe. Hoewel hy eintlik ’n nagdier is, word hy ook dikwels bedags gesien. Die bakoorjakkals is 'n onskadelike dier wat hoofsaaklik insekte vreet. Vanweë sy gewoonte om op sy spoor terug te draai, word hy dikwels ook die draaijakkals genoem. Die naam word egter ook soms aan die silwerjakkals gegee, wat verwarrend kan wees.

Vos
genus, vulpes, klein, roofdier, familie, hondagtiges, canidae, inheems, europa, afrika, asië, noord, amerika, suid, afrika, word, egte, silwervos, silwerjakkals, vulpes, chama, aangetref, soms, bakoorjakkals, otocyon, megalotis, verwar, word, omdat, albei, spe. n Vos genus Vulpes is n klein roofdier van die familie van die Hondagtiges Canidae wat inheems is in Europa Afrika Asie en Noord Amerika In Suid Afrika word net een egte vos die silwervos of silwerjakkals Vulpes chama aangetref wat soms met die bakoorjakkals Otocyon megalotis verwar word omdat albei spesies in die omgangstaal ook as draaijakkalse bekend staan Vos n Rooivos V vulpes le in die sneeu source source Die blaf van n rooivosWetenskaplike klassifikasieKoninkryk AnimaliaFilum ChordataKlas MammaliaOrde CarnivoraSuborde CaniformiaFamilie CanidaeFamiliesCanini spesies Dusicyon cultridens Cerdocyon Cerdocyon thous Lycalopex Lycalopex culpaeus Lycalopex fulvipes Lycalopex griseus Lycalopex gymnocercus Lycalopex sechurae Lycalopex vetulus Al Vulpini spesies Vulpes Vulpes lagopus Vulpes vulpes Vulpes velox Vulpes macrotis Vulpes corsac Vulpes chama Vulpes pallida Vulpes bengalensis Vulpes ferrilata Vulpes cana Vulpes rueppelli Vulpes zerda Urocyon Urocyon cinereoargenteus Urocyon littoralis Urocyon sp Otocyon Otocyon megalotis Inhoud 1 Algemeen 2 Europese vos 3 Suid Afrikaanse verteenwoordiger 4 Bakoorjakkals 5 Bronnelys 6 Eksterne skakelsAlgemeen Wysig n Vos wat slaap Hoewel verskeie hondagtiges familie Canidae in die omgangstaal vosse genoem word byvoorbeeld die poolvos Alopex lagopus en die woestynvos Fennecus zerda is slegs lede van die genus Vulpes egte vosse Dit is klein roofdiere met groot gepunte ore n spits snoet en n lang pluimvormige stert Kenmerkend is ook die driehoekige kop en die ovaal skuins geplaasde pupille Die kleur van die pels wissel van spesie tot spesie en ook binne dieselfde spesie Vosse wat in woestyne en droe gebiede leef is geler van kleur as die rooibruin vosse van die woude Vosse kom in Europa Afrika Asie en Noord Amerika voor Hulle leef alleen of in pare in gate in die grond wat deur hulself of deur ander diere gegrawe is Die voedsel bestaan hoofsaaklik uit muise en woelmuise maar sluit ook konyne voels eiers paddas aas en vrugte in Oor die algemeen jag vosse snags en maak daarby veral op hul reuk en gehoorsintuie staat Europese vos WysigDie vos met die grootste verspreidingsgebied is die Europese vos Vulpes vulpes wat net soos die jakkals in volksverhale die rol van die slu dier vertolk Hy kom feitlik oor die hele Europa in Noordwes Afrika en in groot dele van Asie voor en is ook in Australie ingevoer In Amerika kom n spesie voor wat volgens sommige dierkundiges tot dieselfde spesie as die Europese vos gereken word terwyl ander hom as n spesie op sy eie beskou Oor die algemeen is die Europese vos helderroesbruin van kleur met n wit keel en pens maar heelwat kleurvariasies word ook aangetref Suid Afrikaanse verteenwoordiger WysigDie enigste vos wat in Suid Afrika aangetref word die silwervos ook bekend as die silwerjakkals Vulpes chama is n klein dier met n skouerhoogte van sowat 30 cm en n massa van sowat 4 kg Hy word oral in die droer gebiede aangetref maar selde gesien omdat hy baie sku is en nie bedags sy skuilplek verlaat nie Die algemene pelskleur is silwergrys en die stert eindig in n swart punt Die silwerjakkals vreet hoofsaaklik insekte en vang net by uitsondering pluimvee of lammers Die wyfie is 7 tot 8 weke lank dragtig en gewoonlik word 3 tot 5 kleintjies op n keer gebore Bakoorjakkals WysigDie bakoorjakkals Otocyon megalotis is geen egte vos nie maar ook geen egte jakkals nie en sommige dierkundiges klassifiseer hom in n afsonderlike subfamilie Die opvallendste kenmerk van hierdie grysbruin dier is sy besonder groot bree ore wat wit is aan die binnekant Hy kom veral in die westelike dele van Suider Afrika voor en leef alleen in pare of selfs in familiegroepe Hoewel hy eintlik n nagdier is word hy ook dikwels bedags gesien Die bakoorjakkals is n onskadelike dier wat hoofsaaklik insekte vreet Vanwee sy gewoonte om op sy spoor terug te draai word hy dikwels ook die draaijakkals genoem Die naam word egter ook soms aan die silwerjakkals gegee wat verwarrend kan wees Bronnelys WysigWereldspektrum 1982 ISBN 0 908409 70 2 volume 29 bl 23Eksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Vos Wikispecies het meer inligting verwant aan Vos en Fox Encyclopaedia Britannica Besoek op 10 Oktober 2019 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Vos amp ol,