×
Voël

Voëls (klas Aves) is tweevoetige, warmbloedige, eierlêende, gewerwelde (Latyn: vertebrata) diere, wat hoofsaaklik gekenmerk word deur vere en voorste ledemate wat vlerke genoem word, asook bene wat hol van binne is. Voëls het geëvolueer van theropoda dinosourusse tydens die Juratydperk en die eerste bekende voël is die Laat-Jurassiese Archaeopteryx. Voëls verskil in grootte van klein swaeltjies tot groot voëls soos volstruise en emoes. Daar is tussen 9000 en 10 000 bekende voëlspesies in die wêreld en die klas Aves is dus die mees diverse klas van gewerwelde landbewoners.

Voëls
Tydperk: Laat-Jura – HedeLaat Jura–Onlangs
Platalea leucorodia, Lepelaar
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Klas:
Aves

Ordes
Verskeie

Moderne voëls word gekarakteriseer deur vere, 'n bek of snawel sonder tande, die lê van eiers met harde doppe, 'n vinnige metabolisme, 'n hart met vier kamers en 'n ligte dog sterk skelet. Die meeste voëls het voorste ledemate wat as vlerke aangepas is en kan dus vlieg, alhoewel loopvoëls en verskeie ander, veral endemiese eilandspesies, nie daartoe in staat is nie.

Baie voëlspesies onderneem jaarlikse langafstand migrasies en veel meer voer korter, meer onreëlmatige bewegings uit. Voëls is sosiale diere en kommunikeer deur visuele tekens en deur middel van roepe en sang. Ander sosiale gedrag sluit ook in gemeenskaplike jag, broei en vlug. Voëls is hoofsaaklik sosiaal monogaam, maar dit kom in sommige spesies voor dat voëls met ander voëls buiten dan hul maats ook paar; in ander spesies is totale poliandrie of poligamie weer aan die orde van die dag. Eiers word gewoonlik in 'n nes gelê en een of beide die volwasse voëls broei daarop. Sommige voëls (bv Koekoeke) is broeiparasiete wat hulle eiers in die neste van ander voëls lê en hierdie gasheervoëls broei die kuikens uit en maak hulle groot. Die meeste voëls het 'n korter of langer periode van ouersorg nadat kuikens uitgebroei het.

Voëls is op verskillende wyses van nut tot die mens: die meeste is belangrike bronne van voedsel en word gewoonlik gejag of geteel en dan kommersieel beskikbaar gestel. Sommige spesies, veral sangvoëls en papegaaie, is gewild as troeteldiere. Ghwano (voëlmis) word van eilande versamel om as misstof vir landboudoeleindes te gebruik. Voëls is teenwoordig in bykans alle aspekte van menslike kultuur, van geloof, die digkuns, mode tot musiek. Ongeveer 120-130 voëlspesies het sedert 1600 uitgesterf as gevolg van menslike aktiwiteite en honderde meer vóór dié tyd. Daar is tans talle voëlspesies wat bedreig word deur uitsterwing as gevolg van menslike aktiwiteite en pogings word aangewend om hulle te beskerm.

Inhoud

Archaeopteryx, die eerste bekende voël.

Die eerste klassifiseringstelsel vir voëls was ontwikkel deur Francis Willughby en John Ray in hulle 1676 uitgawe, Ornithologiae. Hulle werk, ietwat aangepas, vorm die basis vir die huidige klassifiseringstelsel wat oorspronklik deur Carolus Linnaeus in 1758 uitgewerk is.

Voëls word gekategoriseer as die klas Aves in wetenskaplike klassifikasie. Filogenetiese klassifikasie plaas voëls in die dinosourusklade Theropoda. Volgens huidige konsensus vorm Aves en 'n sustergroep, die orde Crocodilia, saam die laaste oorlewende lede van die reptielklade Archosauria. Filogeneties word Aves oor die algemeen gedefinieër as afstammelinge van die mees onlangste gemeenskaplike voorvader van moderne voëls en Archaeopteryx lithographica Archaeopteryx is afkomstig van die laat-Juratydperk (ongeveer 155-150 miljoen jaar gelede) en is dan ook die eerste bekende voël bekend onder hierdie definisie. Ander klassifikasies sluit slegs moderne voëlgroepe in en sluit die meeste groepe wat slegs deur fossiele bekend is uit. Een van die redes hiervoor is om die onsekerhede aangaande die plasing van Archaeopteryx in verhouding met diere wat tradisioneel as therapod-dinosourusse bekend staan te vermy.

Moderne voëls word in twee superorders gedeel: die Paleognathae (meestal voëls wat nie kan vlieg nie, soos volstruise) en die uiters diverse Neognathae, wat al die ander voëls bevat. Afhangende van die klassifikasiestelsel wat gebruik word, is daar enige iets van 8800 tot 10 200 bekende voëlspesies wat tans nog bestaan.

Dinosourusse en die oorsprong van voëls

Daar is bewyse dat voëls ontwikkel het van Theropoda-dinosourusse en meer spesifiek: dat voëls lede is van Maniraptora, 'n groep Therapoda-dinosouruuse wat ook die Dromaeosauridae- en die Oviraptoridae-families insluit. Soos meer en meer nie voël-agtige Therapoda-dinosourusse ontdek word wat steeds nou aan voëls verwant is, word die eens duidelike onderskeiding tussen voëls en ander diere minder duidelik. Onlangse ontdekkings in die Liaoning provinsie in Noordoos-China het onthul dat baie klein Therapoda-dinosourusse vere gehad het, wat tot hierdie onduidelikheid bydra.

Die vroeë voël, Archaeopteryx, van die Juratydperk, is bekend as een van die eerste "verlore skakels" van die laat-19de eeu wat die teorie van evolusie ondersteun het, selfs al word Archaeopteryx nie as 'n direkte voorvader van moderne voëls beskou nie. 'n Ander vroeë voël is Confuciusornis, van die vroeë Kryttydperk. Dit is moontlik dat beide hierdie voëls voorafgegaan is deur Protoavis texensis, alhoewel die fossiel wat die naam dra so gedeeltelik is, dat daar aansienlike twyfel bestaan of die fossiel wél aan 'n voëlagtige dier behoort. Ander Mesosoïese voëls sluit die Enantiornithes, Yanornis, Ichthyornis, Gansus en die Hesperornithiformes in: 'n groep lopende duikvoëls wat amper soos dobbertjies en seeduikers lyk.

Die skelet van 'n duif toon 'n duidelike verlenging van die borsbeen, waaraan die vlerkspiere geanker word

Die Cryptovolans en Microraptor van die Dromaeosauridae-familie mag miskien tot aangedrewe vlug in staat gewees het, min of meer tot dieselfde mate as Archaeopteryx. Cryptovolans het eienskappe besit wat ook by moderne voëls voorkom: sy borsbeen was verleng teen 'n hoek met die middellyn van die borsbeen en na buite gerig, loodreg op die ribbekas. Hierdie verlenging dien as 'n anker waaraan moderne voëls se vlerkspiere geheg is, sodoende het die voëls voldoende hefkrag vir vlug. Cryptovolans se rugstring blyk ook buigsaam te wees, net soos by moderne voëls die geval is, om te voorkom dat die werwels nie tydens vlug uitgly nie. As gevolg van hierdie eienskappe is Cryptovolans eintlik selfs 'n beter "voël" as Archaeopteryx, aangesien laasgenoemde nié hierdie eienskappe besit nie. As gevolg van hierdie eienskappe het sommige paleontoloë voorgestel dat lede van die Dromaeosauridae-familie in werklikheid basale ("basis") voëls is en dat die groter lede van die familie op 'n tyd kon vlieg, maar dat latere vorms nie daartoe in staat was nie. Met ander woorde, dat voëls nie van die Dromaeosauridae-familie afstam nie, maar dat die Dromaeosauridae-familie van voëls afstam. Die bewyse vir hierdie teorie is op tans onvoldoende, aangesien die presiese verhouding tussen die mees gevorderdste lede van Maniroptira en die primitiefste egte voëls steeds nie goed begryp word nie.

Sommige dinosourusse, wat bekend staan as Ornithischia, het voëlagtige heupbene, maar voëls het ontwikkel uit Saurischia-dinosourusse wat reptielagtige heupbene het. Dit bewys dat voëls hul heupstruktuur onafhanklik ontwikkel het. Die voëlagtige heupstruktuur het selfs 'n derde keer onafhanklik ontwikkel: tussen lede van Therizinosauridae, 'n spesifieke groep Theropoda-dinosourusse.

'n Alternatiewe teorie oor die ontwikkeling van voëls word voorgestel deur sommige wetenskaplikes, waaronder Larry Martin en Alan Feduccia. Die teorie stel voor dat voëls (insluitende lede van Maniraptora) van vroeë archosourusse soos Longisquama afstam. Die teorie word tans betwis deur die meerderheid paleontoloë, asook deur kenners in die studie van veerontwikkeling en evolusie.

Klassifisering van moderne voëls

Moderne voëls word as Neornithes geklassifiseer en dit is tans bekend dat die groep tot 'n basiese groep afstammelinge ontwikkel het aan die einde van die Kryttydperk. Die Neornithes word verdeel in die Paleognathae en die Neognathae. Die Paleognathae sluit die stuithoenders van Sentraal- en Suid-Amerika in, asook die loopvoëls. Soos die naam aandui, is loopvoëls groot voëls wat nie tot vlug in staat is nie.

Foto's van verskeie voëls.
Hierdie artikel is 'n gedeeltelike vertaling van die Engelse Wikipedia artikel Bird.
  1. Del Hoyo, Josep, et al. Handbook of Birds of the World Vol 1 1992. Barcelona: Lynx Edicions, ISBN 84-87334-10-5
  2. Linnaeus, C (1758). . Holmiae. (Laurentii Salvii). p. 824.
  3. Padian K & Chiappe LM (1997). "Bird Origins". In Currie PJ & Padian K (red.). Encyclopedia of Dinosaurs. San Diego: Academic Press. pp. 41–96.Cite has empty unknown parameter: |origdate= (help)
  4. Gauthier, J (1986). "Saurischian Monophyly and the origin of birds". In Padian K (red.). The Origin of Birds and the Evolution of Flight. Mem. California Acad. Sci 8. pp. 1–55.
  5. deur Hou L,Martin M, Zhou Z & Feduccia A, (1996). Science 274(5290): 1164–1167.
  6. Norell, M. & Ellison M. (2005). Unearthing the Dragon, The Great Feathered Dinosaur Discovery. Pi Press: New York. ISBN 0-13-186266-9
  7. Feduccia A, Lingham-Soliar T, Hinchliffe JR (2005) "Do feathered dinosaurs exist? Testing the hypothesis on neontological and paleontological evidence" Journal of Morphology 266(2): 125-166
  8. Prum R (2003) "Are Current Critiques Of The Theropod Origin Of Birds Science? Rebuttal To Feduccia 2002" Auk 120(2) 550-561


    Publikasie datum: September 03, 2021

    voël, klas, aves, tweevoetige, warmbloedige, eierlêende, gewerwelde, latyn, vertebrata, diere, hoofsaaklik, gekenmerk, word, deur, vere, voorste, ledemate, vlerke, genoem, word, asook, bene, binne, geëvolueer, theropoda, dinosourusse, tydens, juratydperk, eers. Voels klas Aves is tweevoetige warmbloedige eierleende gewerwelde Latyn vertebrata diere wat hoofsaaklik gekenmerk word deur vere en voorste ledemate wat vlerke genoem word asook bene wat hol van binne is Voels het geevolueer van theropoda dinosourusse tydens die Juratydperk en die eerste bekende voel is die Laat Jurassiese Archaeopteryx Voels verskil in grootte van klein swaeltjies tot groot voels soos volstruise en emoes Daar is tussen 9000 en 10 000 bekende voelspesies in die wereld en die klas Aves is dus die mees diverse klas van gewerwelde landbewoners Voels Tydperk Laat Jura Hede Laat Jura Onlangs T J K Pg NPlatalea leucorodia LepelaarWetenskaplike klassifikasieDomein EukaryotaKoninkryk AnimaliaFilum ChordataSubfilum VertebrataKlas Aves Linnaeus 1758OrdesVerskeie Moderne voels word gekarakteriseer deur vere n bek of snawel sonder tande die le van eiers met harde doppe n vinnige metabolisme n hart met vier kamers en n ligte dog sterk skelet Die meeste voels het voorste ledemate wat as vlerke aangepas is en kan dus vlieg alhoewel loopvoels en verskeie ander veral endemiese eilandspesies nie daartoe in staat is nie Baie voelspesies onderneem jaarlikse langafstand migrasies en veel meer voer korter meer onreelmatige bewegings uit Voels is sosiale diere en kommunikeer deur visuele tekens en deur middel van roepe en sang Ander sosiale gedrag sluit ook in gemeenskaplike jag broei en vlug Voels is hoofsaaklik sosiaal monogaam maar dit kom in sommige spesies voor dat voels met ander voels buiten dan hul maats ook paar in ander spesies is totale poliandrie of poligamie weer aan die orde van die dag Eiers word gewoonlik in n nes gele en een of beide die volwasse voels broei daarop Sommige voels bv Koekoeke is broeiparasiete wat hulle eiers in die neste van ander voels le en hierdie gasheervoels broei die kuikens uit en maak hulle groot Die meeste voels het n korter of langer periode van ouersorg nadat kuikens uitgebroei het Voels is op verskillende wyses van nut tot die mens die meeste is belangrike bronne van voedsel en word gewoonlik gejag of geteel en dan kommersieel beskikbaar gestel Sommige spesies veral sangvoels en papegaaie is gewild as troeteldiere Ghwano voelmis word van eilande versamel om as misstof vir landboudoeleindes te gebruik Voels is teenwoordig in bykans alle aspekte van menslike kultuur van geloof die digkuns mode tot musiek Ongeveer 120 130 voelspesies het sedert 1600 uitgesterf as gevolg van menslike aktiwiteite en honderde meer voor die tyd Daar is tans talle voelspesies wat bedreig word deur uitsterwing as gevolg van menslike aktiwiteite en pogings word aangewend om hulle te beskerm Inhoud 1 Evolusie en klassifisering 1 1 Dinosourusse en die oorsprong van voels 1 2 Klassifisering van moderne voels 2 Verwysings 3 Sien ook 4 Eksterne skakelsEvolusie en klassifisering Wysig Archaeopteryx die eerste bekende voel Die eerste klassifiseringstelsel vir voels was ontwikkel deur Francis Willughby en John Ray in hulle 1676 uitgawe Ornithologiae 1 Hulle werk ietwat aangepas vorm die basis vir die huidige klassifiseringstelsel wat oorspronklik deur Carolus Linnaeus in 1758 uitgewerk is 2 Voels word gekategoriseer as die klas Aves in wetenskaplike klassifikasie Filogenetiese klassifikasie plaas voels in die dinosourusklade Theropoda Volgens huidige konsensus vorm Aves en n sustergroep die orde Crocodilia saam die laaste oorlewende lede van die reptielklade Archosauria Filogeneties word Aves oor die algemeen gedefinieer as afstammelinge van die mees onlangste gemeenskaplike voorvader van moderne voels en Archaeopteryx lithographica 3 Archaeopteryx is afkomstig van die laat Juratydperk ongeveer 155 150 miljoen jaar gelede en is dan ook die eerste bekende voel bekend onder hierdie definisie Ander klassifikasies sluit slegs moderne voelgroepe in en sluit die meeste groepe wat slegs deur fossiele bekend is uit 4 Een van die redes hiervoor is om die onsekerhede aangaande die plasing van Archaeopteryx in verhouding met diere wat tradisioneel as therapod dinosourusse bekend staan te vermy Moderne voels word in twee superorders gedeel die Paleognathae meestal voels wat nie kan vlieg nie soos volstruise en die uiters diverse Neognathae wat al die ander voels bevat Afhangende van die klassifikasiestelsel wat gebruik word is daar enige iets van 8800 tot 10 200 bekende voelspesies wat tans nog bestaan Dinosourusse en die oorsprong van voels Wysig Daar is bewyse dat voels ontwikkel het van Theropoda dinosourusse en meer spesifiek dat voels lede is van Maniraptora n groep Therapoda dinosouruuse wat ook die Dromaeosauridae en die Oviraptoridae families insluit 5 Soos meer en meer nie voel agtige Therapoda dinosourusse ontdek word wat steeds nou aan voels verwant is word die eens duidelike onderskeiding tussen voels en ander diere minder duidelik Onlangse ontdekkings in die Liaoning provinsie in Noordoos China het onthul dat baie klein Therapoda dinosourusse vere gehad het wat tot hierdie onduidelikheid bydra 6 Die vroee voel Archaeopteryx van die Juratydperk is bekend as een van die eerste verlore skakels van die laat 19de eeu wat die teorie van evolusie ondersteun het selfs al word Archaeopteryx nie as n direkte voorvader van moderne voels beskou nie n Ander vroee voel is Confuciusornis van die vroee Kryttydperk Dit is moontlik dat beide hierdie voels voorafgegaan is deur Protoavis texensis alhoewel die fossiel wat die naam dra so gedeeltelik is dat daar aansienlike twyfel bestaan of die fossiel wel aan n voelagtige dier behoort Ander Mesosoiese voels sluit die Enantiornithes Yanornis Ichthyornis Gansus en die Hesperornithiformes in n groep lopende duikvoels wat amper soos dobbertjies en seeduikers lyk Die skelet van n duif toon n duidelike verlenging van die borsbeen waaraan die vlerkspiere geanker word Die Cryptovolans en Microraptor van die Dromaeosauridae familie mag miskien tot aangedrewe vlug in staat gewees het min of meer tot dieselfde mate as Archaeopteryx Cryptovolans het eienskappe besit wat ook by moderne voels voorkom sy borsbeen was verleng teen n hoek met die middellyn van die borsbeen en na buite gerig loodreg op die ribbekas Hierdie verlenging dien as n anker waaraan moderne voels se vlerkspiere geheg is sodoende het die voels voldoende hefkrag vir vlug Cryptovolans se rugstring blyk ook buigsaam te wees net soos by moderne voels die geval is om te voorkom dat die werwels nie tydens vlug uitgly nie As gevolg van hierdie eienskappe is Cryptovolans eintlik selfs n beter voel as Archaeopteryx aangesien laasgenoemde nie hierdie eienskappe besit nie As gevolg van hierdie eienskappe het sommige paleontoloe voorgestel dat lede van die Dromaeosauridae familie in werklikheid basale basis voels is en dat die groter lede van die familie op n tyd kon vlieg maar dat latere vorms nie daartoe in staat was nie Met ander woorde dat voels nie van die Dromaeosauridae familie afstam nie maar dat die Dromaeosauridae familie van voels afstam Die bewyse vir hierdie teorie is op tans onvoldoende aangesien die presiese verhouding tussen die mees gevorderdste lede van Maniroptira en die primitiefste egte voels steeds nie goed begryp word nie Sommige dinosourusse wat bekend staan as Ornithischia het voelagtige heupbene maar voels het ontwikkel uit Saurischia dinosourusse wat reptielagtige heupbene het Dit bewys dat voels hul heupstruktuur onafhanklik ontwikkel het Die voelagtige heupstruktuur het selfs n derde keer onafhanklik ontwikkel tussen lede van Therizinosauridae n spesifieke groep Theropoda dinosourusse n Alternatiewe teorie oor die ontwikkeling van voels word voorgestel deur sommige wetenskaplikes waaronder Larry Martin en Alan Feduccia Die teorie stel voor dat voels insluitende lede van Maniraptora van vroee archosourusse soos Longisquama afstam 7 Die teorie word tans betwis deur die meerderheid paleontoloe asook deur kenners in die studie van veerontwikkeling en evolusie 8 Klassifisering van moderne voels Wysig Moderne voels word as Neornithes geklassifiseer en dit is tans bekend dat die groep tot n basiese groep afstammelinge ontwikkel het aan die einde van die Kryttydperk Die Neornithes word verdeel in die Paleognathae en die Neognathae Die Paleognathae sluit die stuithoenders van Sentraal en Suid Amerika in asook die loopvoels Soos die naam aandui is loopvoels groot voels wat nie tot vlug in staat is nie Verwysings Wysig Foto s van verskeie voels Hierdie artikel is n gedeeltelike vertaling van die Engelse Wikipedia artikel Bird Del Hoyo Josep et al Handbook of Birds of the World Vol 1 1992 Barcelona Lynx Edicions ISBN 84 87334 10 5 Linnaeus C 1758 Systema naturae per regna tria naturae secundum classes ordines genera species cum characteribus differentiis synonymis locis Tomus I Editio decima reformata Holmiae Laurentii Salvii p 824 Padian K amp Chiappe LM 1997 Bird Origins In Currie PJ amp Padian K red Encyclopedia of Dinosaurs San Diego Academic Press pp 41 96 Cite has empty unknown parameter origdate help Gauthier J 1986 Saurischian Monophyly and the origin of birds In Padian K red The Origin of Birds and the Evolution of Flight Mem California Acad Sci 8 pp 1 55 Early Adaptive Radiation of Birds Evidence from Fossils from Northeastern China deur Hou L Martin M Zhou Z amp Feduccia A 1996 Science 274 5290 1164 1167 Norell M amp Ellison M 2005 Unearthing the Dragon The Great Feathered Dinosaur Discovery Pi Press New York ISBN 0 13 186266 9 Feduccia A Lingham Soliar T Hinchliffe JR 2005 Do feathered dinosaurs exist Testing the hypothesis on neontological and paleontological evidence Journal of Morphology 266 2 125 166 Prum R 2003 Are Current Critiques Of The Theropod Origin Of Birds Science Rebuttal To Feduccia 2002 Auk 120 2 550 561Sien ook WysigOrnitologie die studie van voels Migrasie van voels Lys van Suid Afrikaanse voels Lys van Suider Afrikaanse voels volgens wetenskaplike name Lys van Suid Afrikaanse voels Groepeer Eksterne skakels WysigAvionary Voels van Westelike en Sentrale Palearktis in 46 TaleSien voel in Wiktionary die vrye woordeboek Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Voel amp ol,