×
Vlieënde Perd

Die Vlieënde Perd (Latyn: Pegasus) is ’n sterrebeeld in die noordelike hemelruim en is genoem na Pegasus, die perd met vlerke in die Griekse mitologie. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde.

Vlieënde Perd
Latynse naam Pegasus
Genitief Pegasi
Afkorting Peg
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 23h
Deklinasie 20º
Grootte 1 121 vk. grade (7de)
Kwadrant NQ4
Besonderhede
Hoofsterre 9, 17
Helderste ster Epsilon Pegasi (Enif)
Naaste ster EQ Pegasi
Sterre helderder as 3 m 5
Sterre met planete 10
Messier-voorwerpe 1
Bayer-/Flamsteed-sterre 88
Meteoorreëns Julie-Pegasiede
Aangrensende sterrebeelde
Andromeda, Akkedis, Swaan, Vos, Dolfyn, Vul, Waterdraer, Visse
Portaal Sterrekunde
Die kwasar Einstein se Kruis.

Alpha Pegasi (Markab), Beta Pegasi en Gamma Pegasi vorm saam met Alpha Andromedae van die sterrebeeld Andromeda, die sterrepatroon bekend as die Vierkant van Pegasus. 51 Pegasi is die eerste tipe ster soos die son waarby ’n planeet ontdek is. Messier 15 is ’n bolvormige sterreswerm naby die neus (Epsilon Pegasi) van die Vlieënde Perd.

NGC 7331 is ’n spiraalvormige sterrestelsel sowat 38 miljoen ligjare van die Aarde af. Dit is in 1784 deur William Herschel ontdek en was later een van die eerste newelagtige voorwerpe wat deur William Parsons as "spiraalvormig" beskryf is. Nog ’n sterrestelsel, NGC 7742, is ’n aktiewe sterrestelsel met ’n supermassiewe swart gat in sy kern. Sy besonderse emissielyne word gevorm deur gas wat teen hoë snelhede om die sentrale swart gat beweeg.

Die sterrebeeld het ook ander ongewone sterrestelsels en eksotiese voorwerpe. Einstein se Kruis is ’n kwasar wat gravitasielens-vervorming ondergaan vanweë ’n sterrestelsel op die voorgrond. Die sterrestelsel is 400 miljoen ligjare van die Aarde af, maar die kwasar is 8 miljard ligjare ver. Die kwasar lyk soos ’n kruis omdat die swaartekrag van die sterrestelsel vier beelde van die kwasar vorm. Stephan se Kwintet is ’n swerm van vyf sterrestelsels sowat 300 miljoen ligjare ver. Dit is uniek vanweë sy interaktiewe sterrestelsels. Twee van die stelsels in die middel van die groep het duidelik begin bots, wat lei tot enorme sarsies stervorming en lang "sterte" sterre. Sterrekundiges het voorspel dat al vyf stelsels eindelik sal saamsmelt tot een elliptiese, of ovaal, sterrestelsel.

  1. Wilkins, Jamie; Dunn, Robert (2006). 300 Astronomical Objects. Firefly Books. ISBN 978-1-55407-175-3.


Die 88 moderne sterrebeelde

AgterdekAkkedisAltaarAndromedaArendBeeldhouerBekerBerenike se HareBoogskutterBulDolfynDraakDriehoekDuifEenhoringEridanusFeniksGraveerstifGroot BeerGroot HondHaasHerculesHorlosieIndiërJaghondeJagterKameelperdKameleonKielKlein BeerKlein HondKlein LeeuKoetsierKompasKassiopeiaKefeusKraaiKraanvoëlKreefNetLeeuLierLugpompMaagdMikroskoopNoordelike KroonNoordelike WaterslangOktantOondParadysvoëlPasserPerseusPouPylRamRooikatSeileSekstantSentourSkerpioenSkildSkilderSlangSlangdraerSteenbokSuidelike DriehoekSuidelike KroonSuidelike VisSuidelike WaterslangSuiderkruisSwaanSwaardvisTafelTeleskoopToekanTweelingVeewagterVisseVlieënde PerdVlieënde VisVliegVosVulWalvisWaterdraerWeegskaalWinkelhaakWolf

Publikasie datum: September 11, 2021

vlieënde, perd, latyn, pegasus, sterrebeeld, noordelike, hemelruim, genoem, pegasus, perd, vlerke, griekse, mitologie, konstellasies, deur, eeuse, sterrekundige, ptolemeus, beskryf, steeds, moderne, sterrebeelde, latynse, naam, pegasusgenitief, pegasiafkorting. Die Vlieende Perd Latyn Pegasus is n sterrebeeld in die noordelike hemelruim en is genoem na Pegasus die perd met vlerke in die Griekse mitologie Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde Vlieende PerdLatynse naam PegasusGenitief PegasiAfkorting PegWaarnemingsdata Epog J2000 Regte klimming 23hDeklinasie 20ºGrootte 1 121 vk grade 7de Kwadrant NQ4BesonderhedeHoofsterre 9 17Helderste ster Epsilon Pegasi Enif Naaste ster EQ PegasiSterre helderder as 3 m 5Sterre met planete 10Messier voorwerpe 1Bayer Flamsteed sterre 88Meteoorreens Julie PegasiedeAangrensende sterrebeeldeAndromeda Akkedis Swaan Vos Dolfyn Vul Waterdraer VissePortaal SterrekundeRuimtevoorwerpe Wysig Die kwasar Einstein se Kruis Alpha Pegasi Markab Beta Pegasi en Gamma Pegasi vorm saam met Alpha Andromedae van die sterrebeeld Andromeda die sterrepatroon bekend as die Vierkant van Pegasus 51 Pegasi is die eerste tipe ster soos die son waarby n planeet ontdek is Messier 15 is n bolvormige sterreswerm naby die neus Epsilon Pegasi van die Vlieende Perd NGC 7331 is n spiraalvormige sterrestelsel sowat 38 miljoen ligjare van die Aarde af Dit is in 1784 deur William Herschel ontdek en was later een van die eerste newelagtige voorwerpe wat deur William Parsons as spiraalvormig beskryf is Nog n sterrestelsel NGC 7742 is n aktiewe sterrestelsel met n supermassiewe swart gat in sy kern Sy besonderse emissielyne word gevorm deur gas wat teen hoe snelhede om die sentrale swart gat beweeg 1 Die sterrebeeld het ook ander ongewone sterrestelsels en eksotiese voorwerpe Einstein se Kruis is n kwasar wat gravitasielens vervorming ondergaan vanwee n sterrestelsel op die voorgrond Die sterrestelsel is 400 miljoen ligjare van die Aarde af maar die kwasar is 8 miljard ligjare ver Die kwasar lyk soos n kruis omdat die swaartekrag van die sterrestelsel vier beelde van die kwasar vorm 1 Stephan se Kwintet is n swerm van vyf sterrestelsels sowat 300 miljoen ligjare ver Dit is uniek vanwee sy interaktiewe sterrestelsels Twee van die stelsels in die middel van die groep het duidelik begin bots wat lei tot enorme sarsies stervorming en lang sterte sterre Sterrekundiges het voorspel dat al vyf stelsels eindelik sal saamsmelt tot een elliptiese of ovaal sterrestelsel 1 Verwysings Wysig 1 0 1 1 1 2 Wilkins Jamie Dunn Robert 2006 300 Astronomical Objects Firefly Books ISBN 978 1 55407 175 3 H A Rey The Stars A New Way to See Them Houghton Mifflin Boston 1997 ISBN 0 395 24830 2 Ian Ridpath en Wil Tirion 2007 Stars and Planets Guide Collins Londen ISBN 978 0 00 725120 9 Princeton University Press Princeton ISBN 978 0 691 13556 4 Eksterne skakels WysigThe Deep Photographic Guide to the Constellations Pegasus Star Tales Pegasus Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Vlieende Perd Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia Die 88 moderne sterrebeeldeAgterdek Akkedis Altaar Andromeda Arend Beeldhouer Beker Berenike se Hare Boogskutter Bul Dolfyn Draak Driehoek Duif Eenhoring Eridanus Feniks Graveerstif Groot Beer Groot Hond Haas Hercules Horlosie Indier Jaghonde Jagter Kameelperd Kameleon Kiel Klein Beer Klein Hond Klein Leeu Koetsier Kompas Kassiopeia Kefeus Kraai Kraanvoel Kreef Net Leeu Lier Lugpomp Maagd Mikroskoop Noordelike Kroon Noordelike Waterslang Oktant Oond Paradysvoel Passer Perseus Pou Pyl Ram Rooikat Seile Sekstant Sentour Skerpioen Skild Skilder Slang Slangdraer Steenbok Suidelike Driehoek Suidelike Kroon Suidelike Vis Suidelike Waterslang Suiderkruis Swaan Swaardvis Tafel Teleskoop Toekan Tweeling Veewagter Visse Vlieende Perd Vlieende Vis Vlieg Vos Vul Walvis Waterdraer Weegskaal Winkelhaak WolfOntsluit van https af wikipedia org w index php title Vlieende Perd amp ol,