×
Vlag van Thailand

Die nasionale vlag van Thailand (Thai: ธงไตรรงค์ Trairanga, Thong Trairong, "Driekleurvlag") is op 28 September 1917 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon vyf horisontale bane in rooi, wit, blou, wit en rooi. Thailand vier sedert 2016 hul nasionale vlagdag op 28 September, en dit is ook ’n openbare vakansiedag in Thailand.

Vlag van Thailand
Bynaam (th) Trairanga (ธงไตรรงค์), Thong Trairong), "Driekleurvlag"
Gebruik Nasionale vlag en Burgerlike- en Staatsvaandel
Verhouding 2:3
Goedgekeur 28 September 1917
(gestandaardiseer op 30 September 2017)
Ontwerp Vyf horisontale bane in die rooi, wit, blou, wit en rooi
Ontwerp deur Koning Vajiravudh (Rama VI)
Bynaam (th) ราชนาวี (Thong Ratchanawi), "Koninklike Vaandel"
Gebruik Vlootvaandel
Verhouding 2:3
Goedgekeur 28 September 1917
Ontwerp ’n Rooi skyf met 'n wit olifant in regalia wat op die nasionale vlag gesentreer is.

Inhoud

Van die kleure word gesê dat dit volk-geloof-koning (’n nie-amptelike leuse van Thailand) voorstel, rooi vir die land en die volk, wit vir gelowe en blou vir die monargie. Blou was ook die kleur wat Rama VI gekenmerk het. Die koning het in Julie 1917 oorlog teen Duitsland verklaar; gevolglik is opgemerk dat die vlag dieselfde kleure as dié van Brittanje, Frankryk, Rusland en die Verenigde State gehad het, wat op simpatie met die Geallieerdes gedui het.

Die Vlagwet van BE 2522 (1979 CE) stipuleer die ontwerp van die vlag as “reghoekig in vorm met in die verhouding van 6 by 9 dele, verdeel in vyf bane deur die wydte van die vlag; met die middelste baan twee dele hoog in donkerblou, die wit bane elk een deel hoog aan weerskante van die blou baan, en die rooi bane elk een deel hoog aan die buitekant van die wit bane. Die Nasionale Vlag sal as die Tri-Rong-vlag bekend staan”.

Kleure

Wapperende vlag van Thailand, kleure tot 2017
Thaise vlae wapper halfstok, kleure tot 2017
Wapperende vlootvaandel van Thailand, kleure tot 2017

Die kleure van die vlag is in ’n aankondiging van die Kantoor van die Eerste Minister aangekondig op 30 September 2017. Dit verskaf aanbevole waardes vir die bepaling van die standaardkleure van fisiese materiaalvlae, soos volg in die CIELAB-kleurruimte onder Ligbron D65 gedefinieer:

Kleur CIELAB D65 In ander kleurmodelle
L* a* b* ΔE* RGB HEX CMYK
Rooi 36.4 55.47 25.42 Hoogstens 1.5 165-25-49 #A51931 C24-M100-Y83-K18
Wit 96.61 -0.15 -1.48 Hoogstens 1.5 244-245-248 #F4F5F8 C3-M2-Y1-K0
Blou 18.63 7.89 -19.45 Hoogstens 1.5 45-42-74 #2D2A4A C87-M85-Y42-K43

Die eerste vlag wat vir Siam gebruik is, is waarskynlik ’n effekleurige rooi vlag, vir die eerste keer deur Koning Narai (1656–1688) gebruik. Vlootvlae het later verskillende simbole op die rooi agtergrond gebruik — ’n wit chakra (die Boeddhiste wiel), ’n wit olifant binne die chakra, of ’n wit skyf met ’n son daarbinne.

Die eerste vlag is amptelik in 1855 deur Koning Mongkut (Rama IV) geskep. Dit het ’n wit olifant (’n koninklike simbool) op ’n rooi agtergrond vertoon, aangesien die effekleurige vlag nie uitsonderlik genoeg vir internasionale verhoudinge was nie.

In 1916 is die vlag verander na die huidige ontwerp, maar met die middelste kleur dieselfde as die buitenste baan. Koning Vajiravudh (Rama VI) het die vlag blykbaar tydens ’n vloed onderstebo sien hang. Om te keer dat dit weer gebeur het hy ’n nuwe vlag ontwerp wat simmetries is. In 1917 is die middelste kleur na blou verander, die kleur vir Saterdag, die dag waarop Koning Vajiravudh gebore is. Volgens ander bronne is die blou kleur gekies om solidariteit met die Geallieerde Magte tydens die Eerste Wêreldoorlog, wat ook die kleure blou-rooi-wit in hulle vlae gehad het, te toon.

Vorige vlae

  • Diensvlag van Siam, 1700 tot 1782

  • Diensvlag van Siam, 1782 tot 1855

  • Diensvlag van Siam, 1817 tot 1855

  • Vlag van Siam, 1855 tot 1916

  • Staatsvlag van Thailand, 1839 tot 1917

  • Burgerlike vlag van Thailand, 1916 tot 1917

  • Burgerlike vlag van Thailand, 1917 tot 2017

Die vlootvaandel van Thailand ((th) ธงราชนาวี) is in 1917 aangeneem. Dit is soortgelyk aan die nasionale vlag, maar het ’n rooi skyf in die middel wat strek tot by die rooi bane aan die bo- en onderkant. In die skyf is ’n wit olifant, in volle mondering, wat in die rigting van die vlagpaal staan. Die handelsvlag van Thailand ((th) ธงฉาน) is ook in 1917 aangeneem. Dit is die nasionale vlag wat die embleem van die Koninklike Thailandse Vloot in die middel het. Die ontwerp van die regimentele kleure van RTN is dieselfde as dié van die vlag.

  • Oorlogsvlag van Thailand tydens die Eerste Wêreldoorlog, voorkant

  • Oorlogsvlag van Thailand tydens die Eerste Wêreldoorlog, agterkant

  • Vlootvaandel van Thailand, 1917 tot 2017

  • Vlootvaandel van Thailand, sedert 2017

  • Geus van die Koninklike Marine van Thailand, 1917 tot 2017

  • Geus van die Koninklike Marine van Thailand, sedert 2017

  1. (th) Retrieved 26 September 2017.
  2. . Landstudiesprogram, voorheen die Weermag Areahandboekprogram, van die Library of Congress (in Engels). Mongabay.com. vanaf die oorspronklike op 4 Mei 2014. Besoek op23 Julie 2011. Sarit Thanarat het die leuse “Volk-Geloof-Koning” laat herleef as ’n politieke slagspreuk vir sy regering wat hy as ’n kombinasie van paternalisme van die antieke Thaistaat en die welwillende idees van Boeddhisme gekarakteriseer het.
  3. Stearn, Duncan (14–20 Februarie 2003). . Pattaya Mail (in Engels). vanaf die oorspronklike op 19 September 2019. Besoek op24 Julie 2011. Die heersende – hoewel nie-amptelike – beskouing van die betekenis van die vyf bane is dat rooi die land en die volk verteenwoordig, die wit is vir Theravada-Boeddhisme, die staatsgeloof en die blou baan stel die monargie voor. Dit is ook genoem dat blou die amptelike kleur van Koning Rama IV was. ’n Ander verhaal lui dat blou toegevoeg is in solidariteit met Thailand se toetrede tot die Eerste Wêreldoorlog (in Julie 1917) as ’n bondgenoot van Brittanje en Frankryk.
  4. (th) in Koninklike Thailand Koerant No. 96 Afdeling 67 spesiale uitgawe bladsy 1
  5. ’n Nie-amptelike vertaling van die Kantoor van die Staatsprokureur, sien 5 Maart 2017 op Wayback Machine
  6. [Flag of Thailand] (in Thai). National Science and Technology Development Agency. 16 Oktober 2017. vanaf die oorspronklike op 27 Mei 2020. Besoek op10 Junie 2018.
  7. (th) [Aankondiging van die Kantoor van die Eerste Minister aangaande die voorkoms van die Nasionale Vlag in ooreenstemming met die Vlagwet, B.E. 2522](PDF). Thaise Koninklike Staatskoerant (Special 245 D uitg.). 164 (Special 245 D): 1–2. 4 Oktober 2017. Besoek op10 Junie 2018.

Publikasie datum: September 26, 2021

vlag, thailand, nasionale, vlag, thailand, thai, ธงไตรรงค, trairanga, thong, trairong, driekleurvlag, september, 1917, amptelik, gebruik, geneem, vlag, vertoon, horisontale, bane, rooi, blou, rooi, thailand, vier, sedert, 2016, nasionale, vlagdag, september, o. Die nasionale vlag van Thailand Thai thngitrrngkh Trairanga Thong Trairong Driekleurvlag is op 28 September 1917 amptelik in gebruik geneem Die vlag vertoon vyf horisontale bane in rooi wit blou wit en rooi Thailand vier sedert 2016 hul nasionale vlagdag op 28 September en dit is ook n openbare vakansiedag in Thailand 1 Vlag van Thailand Bynaam th Trairanga thngitrrngkh Thong Trairong Driekleurvlag Gebruik Nasionale vlag en Burgerlike en StaatsvaandelVerhouding 2 3Goedgekeur 28 September 1917 gestandaardiseer op 30 September 2017 Ontwerp Vyf horisontale bane in die rooi wit blou wit en rooiOntwerp deur Koning Vajiravudh Rama VI Bynaam th rachnawi Thong Ratchanawi Koninklike Vaandel Gebruik VlootvaandelVerhouding 2 3Goedgekeur 28 September 1917Ontwerp n Rooi skyf met n wit olifant in regalia wat op die nasionale vlag gesentreer is Inhoud 1 Simboliek 2 Ontwerp 2 1 Kleure 3 Geskiedenis 3 1 Vorige vlae 4 Ander vlae 5 Soortgelyke vlae 6 Verwysings 7 Bronne 8 Eksterne skakelsSimboliek WysigVan die kleure word gese dat dit volk geloof koning n nie amptelike leuse van Thailand voorstel 2 rooi vir die land en die volk wit vir gelowe en blou vir die monargie Blou was ook die kleur wat Rama VI gekenmerk het Die koning het in Julie 1917 oorlog teen Duitsland verklaar gevolglik is opgemerk dat die vlag dieselfde kleure as die van Brittanje Frankryk Rusland en die Verenigde State gehad het wat op simpatie met die Geallieerdes gedui het 3 Ontwerp WysigDie Vlagwet van BE 2522 1979 CE 4 stipuleer die ontwerp van die vlag as reghoekig in vorm met in die verhouding van 6 by 9 dele verdeel in vyf bane deur die wydte van die vlag met die middelste baan twee dele hoog in donkerblou die wit bane elk een deel hoog aan weerskante van die blou baan en die rooi bane elk een deel hoog aan die buitekant van die wit bane Die Nasionale Vlag sal as die Tri Rong vlag bekend staan 5 Kleure Wysig Wapperende vlag van Thailand kleure tot 2017 Thaise vlae wapper halfstok kleure tot 2017 Wapperende vlootvaandel van Thailand kleure tot 2017 Die kleure van die vlag is in n aankondiging van die Kantoor van die Eerste Minister aangekondig op 30 September 2017 6 Dit verskaf aanbevole waardes vir die bepaling van die standaardkleure van fisiese materiaalvlae soos volg in die CIELAB kleurruimte onder Ligbron D65 gedefinieer 7 Kleur CIELAB D65 In ander kleurmodelleL a b DE RGB HEX CMYKRooi 36 4 55 47 25 42 Hoogstens 1 5 165 25 49 A51931 C24 M100 Y83 K18Wit 96 61 0 15 1 48 Hoogstens 1 5 244 245 248 F4F5F8 C3 M2 Y1 K0Blou 18 63 7 89 19 45 Hoogstens 1 5 45 42 74 2D2A4A C87 M85 Y42 K43Geskiedenis WysigDie eerste vlag wat vir Siam gebruik is is waarskynlik n effekleurige rooi vlag vir die eerste keer deur Koning Narai 1656 1688 gebruik Vlootvlae het later verskillende simbole op die rooi agtergrond gebruik n wit chakra die Boeddhiste wiel n wit olifant binne die chakra of n wit skyf met n son daarbinne Die eerste vlag is amptelik in 1855 deur Koning Mongkut Rama IV geskep Dit het n wit olifant n koninklike simbool op n rooi agtergrond vertoon aangesien die effekleurige vlag nie uitsonderlik genoeg vir internasionale verhoudinge was nie In 1916 is die vlag verander na die huidige ontwerp maar met die middelste kleur dieselfde as die buitenste baan Koning Vajiravudh Rama VI het die vlag blykbaar tydens n vloed onderstebo sien hang Om te keer dat dit weer gebeur het hy n nuwe vlag ontwerp wat simmetries is In 1917 is die middelste kleur na blou verander die kleur vir Saterdag die dag waarop Koning Vajiravudh gebore is Volgens ander bronne is die blou kleur gekies om solidariteit met die Geallieerde Magte tydens die Eerste Wereldoorlog wat ook die kleure blou rooi wit in hulle vlae gehad het te toon Vorige vlae Wysig Diensvlag van Siam 1700 tot 1782 Diensvlag van Siam 1782 tot 1855 Diensvlag van Siam 1817 tot 1855 Vlag van Siam 1855 tot 1916 Staatsvlag van Thailand 1839 tot 1917 Burgerlike vlag van Thailand 1916 tot 1917 Burgerlike vlag van Thailand 1917 tot 2017Ander vlae WysigDie vlootvaandel van Thailand th thngrachnawi is in 1917 aangeneem Dit is soortgelyk aan die nasionale vlag maar het n rooi skyf in die middel wat strek tot by die rooi bane aan die bo en onderkant In die skyf is n wit olifant in volle mondering wat in die rigting van die vlagpaal staan Die handelsvlag van Thailand th thngchan is ook in 1917 aangeneem Dit is die nasionale vlag wat die embleem van die Koninklike Thailandse Vloot in die middel het Die ontwerp van die regimentele kleure van RTN is dieselfde as die van die vlag Oorlogsvlag van Thailand tydens die Eerste Wereldoorlog voorkant Oorlogsvlag van Thailand tydens die Eerste Wereldoorlog agterkant Vlootvaandel van Thailand 1917 tot 2017 Vlootvaandel van Thailand sedert 2017 Geus van die Koninklike Marine van Thailand 1917 tot 2017 Geus van die Koninklike Marine van Thailand sedert 2017Soortgelyke vlae Wysig Vlag van Costa RicaVerwysings Wysig th karchlxngkhrbrxb 100 pi karprakasichthngitrrngkh epnthngchatiithy Retrieved 26 September 2017 Thailand n Landstudie Landstudiesprogram voorheen die Weermag Areahandboekprogram van die Library of Congress in Engels Mongabay com Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Mei 2014 Besoek op 23 Julie 2011 Sarit Thanarat het die leuse Volk Geloof Koning laat herleef as n politieke slagspreuk vir sy regering wat hy as n kombinasie van paternalisme van die antieke Thaistaat en die welwillende idees van Boeddhisme gekarakteriseer het Stearn Duncan 14 20 Februarie 2003 n Stukkie Thaise geskiedenis lig die standaard Thailand se nasionale vlae Pattaya Mail in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 September 2019 Besoek op 24 Julie 2011 Die heersende hoewel nie amptelike beskouing van die betekenis van die vyf bane is dat rooi die land en die volk verteenwoordig die wit is vir Theravada Boeddhisme die staatsgeloof en die blou baan stel die monargie voor Dit is ook genoem dat blou die amptelike kleur van Koning Rama IV was n Ander verhaal lui dat blou toegevoeg is in solidariteit met Thailand se toetrede tot die Eerste Wereldoorlog in Julie 1917 as n bondgenoot van Brittanje en Frankryk th Die Vlagwet van BE 2522 1979 CE th phrarachbyytithng ph s 2522 in Koninklike Thailand Koerant No 96 Afdeling 67 spesiale uitgawe bladsy 1 n Nie amptelike vertaling van die Kantoor van die Staatsprokureur sien http www krisdika go th wps wcm connect d9e7ff804ba1c19498d99a8b4221fda7 FLAG ACT 2C B E 2522 281979 29 pdf MOD AJPERES amp CACHEID d9e7ff804ba1c19498d99a8b4221fda7 Geargiveer 5 Maart 2017 op Wayback Machine matrthanaethbsithngchatiithy Flag of Thailand in Thai National Science and Technology Development Agency 16 Oktober 2017 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Mei 2020 Besoek op 10 Junie 2018 th prakassanknaykrthmntri eruxng rupthngchatitamphrarachbyytithng ph s 2522 Aankondiging van die Kantoor van die Eerste Minister aangaande die voorkoms van die Nasionale Vlag in ooreenstemming met die Vlagwet B E 2522 PDF Thaise Koninklike Staatskoerant Special 245 D uitg 164 Special 245 D 1 2 4 Oktober 2017 Besoek op 10 Junie 2018 Bronne Wysig en Macharoen Chawingam 2002 Thong Thai Laem 1 Bangkok ISBN 974 419 454 5 Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Vlae van Thailand en Thailand by Flags of the World en Siam Vlagmuseum Geargiveer 23 Mei 2019 op Wayback Machine en Historiese Thaivlag en Flag of Thailand Encyclopaedia Britannica Besoek op 28 Mei 2019 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Vlag van Thailand amp ol,