×
Vitamien A
Vitamien A
Chemie
Chemiese formule C20H30O
Molêre massa 286.4516 g/mol
Oplosbaarheid
CAS registernommer 68-26-8

Vitamien A is 'n komplekse vetoplosbare vitamien wat in twee vorme voorkom:

  • Retinol
  • Betakaroteen

Vitamien A (retinol of akseroftol) kan in die menslike dunderm van die provitamien karoteen vervaardig word. Veral groente soos wortels en pampoen (die met donkergeel kleure) is 'n goeie bron hiervan. Die gebreksiekte wat ontstaan weens 'n vitamien A-tekort is nagblindheid (hemeralopie), want vitamien A is noodsaaklik om ʼn verbinding met gesigspurper (rodopsien) te vorm.

Die proteïen kom in die stafies van die retina voor en dit maak sig in die donker moontlik. Xeroftalmie, 'n toestand waarby die bindvlies van die oog (konjunktiva), en in sommige gevalle ook die horingvlies (kornea), uitdroog, is ʼn gebreksiekte wat ook deur ʼn vitamien A-tekort veroorsaak word. Die gebreksiekte is een van die grootste oorsake van blindheid by kinders in Afrika en Asië.

Indien die slagoffers vroegtydig met vitamien A behandel word, kan die siekte genees word, maar as die pasiënt eers blind is, is die toestand blywend. Die vel kan ook tydens ʼn gebrek 'n abnormale keratinisasie ondergaan, sodat dit droog en skurf word.

Alle lewende organismes benodig vitamien A, maar mense en diere kan dit nie self sintetiseer nie. Dit moet uit hul dieet verkry word.

Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.

Publikasie datum: September 26, 2021

vitamien, chemiechemiese, formule, c20h30omolêre, massa, 4516, moloplosbaarheidcas, registernommer, komplekse, vetoplosbare, vitamien, twee, vorme, voorkom, retinol, betakaroteen, retinol, akseroftol, menslike, dunderm, provitamien, karoteen, vervaardig, word,. Vitamien AChemieChemiese formule C20H30OMolere massa 286 4516 g molOplosbaarheidCAS registernommer 68 26 8 Vitamien A is n komplekse vetoplosbare vitamien wat in twee vorme voorkom Retinol Betakaroteen Vitamien A retinol of akseroftol kan in die menslike dunderm van die provitamien karoteen vervaardig word Veral groente soos wortels en pampoen die met donkergeel kleure is n goeie bron hiervan Die gebreksiekte wat ontstaan weens n vitamien A tekort is nagblindheid hemeralopie want vitamien A is noodsaaklik om ʼn verbinding met gesigspurper rodopsien te vorm Die proteien kom in die stafies van die retina voor en dit maak sig in die donker moontlik Xeroftalmie n toestand waarby die bindvlies van die oog konjunktiva en in sommige gevalle ook die horingvlies kornea uitdroog is ʼn gebreksiekte wat ook deur ʼn vitamien A tekort veroorsaak word Die gebreksiekte is een van die grootste oorsake van blindheid by kinders in Afrika en Asie Indien die slagoffers vroegtydig met vitamien A behandel word kan die siekte genees word maar as die pasient eers blind is is die toestand blywend Die vel kan ook tydens ʼn gebrek n abnormale keratinisasie ondergaan sodat dit droog en skurf word Bronne WysigAlle lewende organismes benodig vitamien A maar mense en diere kan dit nie self sintetiseer nie Dit moet uit hul dieet verkry word Verwysings WysigWereldspektrum 1982 ISBN 0908409699 volume 28 bl 175 Hierdie artikel is n saadjie Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Vitamien A amp ol,