fbpx Virgo-superswerm
Wikipedia

Virgo-superswerm

"Plaaslike Superswerm" stuur jou aan na dié artikel. Vir die superswerm wat in 2014 ontdek is en waarvolgens Virgo net deel van ’n groter superswerm is, sien Laniakea-superswerm.

Die Virgo-superswerm of Plaaslike Superswerm (afgekort as PS) is die onreëlmatige superswerm wat die Virgo-sterrestelselswerm en die Plaaslike Groep bevat. Laasgenoemde bevat weer die Melkweg, waarin die Aarde lê, asook die Andromeda-sterrestelsel. Minstens 100 sterrestelselswerms lê in die Virgo-superswerm se gebied met ’n deursnee van 33 miljoen parsek (110 miljoen ligjare). Dit is een van die miljoene superswerms in die waarneembare heelal.

In die Plaaslike Superswerm: Die afstand van ’n paar groepe en swerms van die Plaaslike Groep af.

Volgens ’n studie in September 2014 is die Virgo-superswerm net deel van ’n groter swerm, die Laniakea-superswerm, wat die Groot Aantrekker in sy middel huisves.

Inhoud

Reeds met die eerste groep newels wat in 1863 deur William en John Herschel gepubliseer is, was dit duidelik dat daar ’n merkbare oorvloed van newelvelde in die sterrebeeld Maagd is. In die 1950's het die Frans-Amerikaanse sterrekundige Gérard Henri de Vaucouleurs voorgestel dat hierdie oorvloed ’n grootskaalse sterrestelselagtige struktuur verteenwoordig; hy het dit in 1953 die "Plaaslike Supergalaktika" genoem en dié term in 1958 verander na "Plaaslike Superswerm" (PS). Die debat oor of die PS wel ’n struktuur is en of dit ’n toevallige oplyning van sterrestelsels is, het in die 1960's en '70's voortgeduur. Die kwessie is opgelos met die rooiverskuiwing-opmetings van die laat 1970's en vroeë 1980's, wat ’n plat konsentrasie van sterrestelsels getoon het.

In ’n omvattende dokument het R. Brent Tully in 1982 die resultate van sy navorsing oor die basiese struktuur van die PS gepubliseer. Die superswerm bestaan uit twee dele: ’n plat skyf wat twee derdes van die superswerm se liggewende sterrestelsels bevat, en ’n rofweg bolvormige halo of ring wat die oorblywende derde bevat. Die skyf self het ’n dun (~1 miljoen parsek) ellipsvorm met ’n verhouding tussen die lang en die kort as van minstens 6:1, en moontlik tot 9:1. Danksy data wat in Junie 2003 bekendgemaak is ná ’n vyfjaarstudie was sterrekundiges in staat om die PS met ander superswerms te vergelyk. Die PS is ’n redelike klein en arm (m.a.w. sonder ’n hoëdigtheidskern) superswerm. Dit het een ryk sterrestelselswerm in die middel wat omring is deur filamente van sterrestelsels en arm groepe. Die Plaaslike Groep is aan die buitewyke van die PS geleë in ’n klein filament wat van die Fornax-swerm tot die Virgo-swerm strek. Die Virgo-superswerm se volume is min of meer 7 000 keer dié van die Plaaslike Groep en 100 miljard keer dié van die Melkweg.

Sedert die laat 1980's is dit duidelik dat nie net die Plaaslike Groep nie, maar alle materie tot op ’n afstand van 50 miljoen parsek, teen 600 km/s beweeg in die rigting van die Norma-sterrestelselswerm (Abell 3627) – ook bekend as die Groot Aantrekker as gevolg van dié tot dusver onverklaarbare verskynsel.

’n Diagram van die Aarde se ligging in die waarneembare heelal. (Klik hier vir ’n kleiner weergawe.)
  1. R. Brent Tully, Helene Courtois, Yehuda Hoffman, Daniel Pomarède (2 September 2014). "The Laniakea supercluster of galaxies". Nature (published 4 September 2014). 513 (7516): 71. arXiv:. Bibcode:. doi:.AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link)
  2. cfa.harvard.edu, , John P. Huchra, 2007 (URL besoek op 12-12-2008)
  3. de Vaucouleurs, G. (Maart 1981). "The Local Supercluster of Galaxies". Bulletin of the Astronomical Society of India. 9: 6. Bibcode:.More than one of |pages= en |page= specified (help)
  4. Klypin, Anatoly (Oktober 2003). "Constrained Simulations of the Real Universe: The Local Supercluster". The Astrophysical Journal. 596 (1): 19–33. arXiv:. Bibcode:. doi:.
  5. Hu, F. X. (April 2006). "Orientation of Galaxies in the Local Supercluster: A Review". Astrophysics and Space Science. 302 (1–4): 43–59. arXiv:. Bibcode:. doi:.
  6. Tully, R. B. (15 Junie 1982). "The Local Supercluster". Astrophysical Journal. 257 (1): 389–422. Bibcode:. doi:.
  7. Einasto, M. (Desember 2007). "The richest superclusters. I. Morphology". Astronomy and Astrophysics. 476 (2): 697–711. Bibcode:. doi:.
  8. Plionis, Manolis; Valdarnini, Riccardo; Valdarnini (Maart 1991). "Evidence for large-scale structure on scales about 300/h MPC". Royal Astronomical Society, Monthly Notices. 249: 46–61. Bibcode:.AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link)
  • Brent Tully: The Local Supercluster, Astrophys. J., vol. 257, pp. 389–422 (1982)
  • Oscar Monchito: Superclusters and Other Stuff, Colton, vol. 12, pp. 124–118 (1992)
  • Lynden-Bell, D., et al.: , Astrophysical Journal, Deel 1, vol. 326, ble. 19–49 (Mar 1988)
  • , ’n webtuiste met kaarte van ons heelal op verskillende skale
  • Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Virgo-superswerm
virgo, superswerm, plaaslike, superswerm, stuur, dié, artikel, superswerm, 2014, ontdek, waarvolgens, virgo, deel, groter, superswerm, sien, laniakea, superswerm, plaaslike, superswerm, afgekort, onreëlmatige, superswerm, virgo, sterrestelselswerm, plaaslike, . Plaaslike Superswerm stuur jou aan na die artikel Vir die superswerm wat in 2014 ontdek is en waarvolgens Virgo net deel van n groter superswerm is sien Laniakea superswerm Die Virgo superswerm of Plaaslike Superswerm afgekort as PS is die onreelmatige superswerm wat die Virgo sterrestelselswerm en die Plaaslike Groep bevat Laasgenoemde bevat weer die Melkweg waarin die Aarde le asook die Andromeda sterrestelsel Minstens 100 sterrestelselswerms le in die Virgo superswerm se gebied met n deursnee van 33 miljoen parsek 110 miljoen ligjare Dit is een van die miljoene superswerms in die waarneembare heelal In die Plaaslike Superswerm Die afstand van n paar groepe en swerms van die Plaaslike Groep af Volgens n studie in September 2014 is die Virgo superswerm net deel van n groter swerm die Laniakea superswerm wat die Groot Aantrekker in sy middel huisves 1 Inhoud 1 Agtergrond 2 Struktuur 3 Dinamika 4 Diagram 5 Sien ook 6 Verwysings 7 Eksterne skakelsAgtergrond WysigReeds met die eerste groep newels wat in 1863 deur William en John Herschel gepubliseer is was dit duidelik dat daar n merkbare oorvloed van newelvelde in die sterrebeeld Maagd is In die 1950 s het die Frans Amerikaanse sterrekundige Gerard Henri de Vaucouleurs voorgestel dat hierdie oorvloed n grootskaalse sterrestelselagtige struktuur verteenwoordig hy het dit in 1953 die Plaaslike Supergalaktika genoem en die term in 1958 verander na Plaaslike Superswerm PS 2 Die debat oor of die PS wel n struktuur is en of dit n toevallige oplyning van sterrestelsels is het in die 1960 s en 70 s voortgeduur 3 Die kwessie is opgelos met die rooiverskuiwing opmetings van die laat 1970 s en vroee 1980 s wat n plat konsentrasie van sterrestelsels getoon het 4 Struktuur WysigIn n omvattende dokument het R Brent Tully in 1982 die resultate van sy navorsing oor die basiese struktuur van die PS gepubliseer Die superswerm bestaan uit twee dele n plat skyf wat twee derdes van die superswerm se liggewende sterrestelsels bevat en n rofweg bolvormige halo of ring wat die oorblywende derde bevat 5 Die skyf self het n dun 1 miljoen parsek ellipsvorm met n verhouding tussen die lang en die kort as van minstens 6 1 en moontlik tot 9 1 6 Danksy data wat in Junie 2003 bekendgemaak is na n vyfjaarstudie was sterrekundiges in staat om die PS met ander superswerms te vergelyk Die PS is n redelike klein en arm m a w sonder n hoedigtheidskern superswerm Dit het een ryk sterrestelselswerm in die middel wat omring is deur filamente van sterrestelsels en arm groepe 7 Die Plaaslike Groep is aan die buitewyke van die PS gelee in n klein filament wat van die Fornax swerm tot die Virgo swerm strek 4 Die Virgo superswerm se volume is min of meer 7 000 keer die van die Plaaslike Groep en 100 miljard keer die van die Melkweg Dinamika WysigSedert die laat 1980 s is dit duidelik dat nie net die Plaaslike Groep nie maar alle materie tot op n afstand van 50 miljoen parsek teen 600 km s beweeg in die rigting van die Norma sterrestelselswerm Abell 3627 ook bekend as die Groot Aantrekker as gevolg van die tot dusver onverklaarbare verskynsel 8 Diagram Wysig n Diagram van die Aarde se ligging in die waarneembare heelal Klik hier vir n kleiner weergawe Sien ook WysigPlaaslike Groep MelkwegVerwysings Wysig R Brent Tully Helene Courtois Yehuda Hoffman Daniel Pomarede 2 September 2014 The Laniakea supercluster of galaxies Nature published 4 September 2014 513 7516 71 arXiv 1409 0880 Bibcode 2014arXiv1409 0880T doi 10 1038 nature13674 AS1 onderhoud meer as een naam authors list link cfa harvard edu The Geometry of the Local Supercluster John P Huchra 2007 URL besoek op 12 12 2008 de Vaucouleurs G Maart 1981 The Local Supercluster of Galaxies Bulletin of the Astronomical Society of India 9 6 Bibcode 1981BASI 9 1D More than one of pages en page specified help 4 0 4 1 Klypin Anatoly Oktober 2003 Constrained Simulations of the Real Universe The Local Supercluster The Astrophysical Journal 596 1 19 33 arXiv astro ph 0107104 Bibcode 2003ApJ 596 19K doi 10 1086 377574 Hu F X April 2006 Orientation of Galaxies in the Local Supercluster A Review Astrophysics and Space Science 302 1 4 43 59 arXiv astro ph 0508669 Bibcode 2006Ap amp SS 302 43H doi 10 1007 s10509 005 9006 7 Tully R B 15 Junie 1982 The Local Supercluster Astrophysical Journal 257 1 389 422 Bibcode 1982ApJ 257 389T doi 10 1086 159999 Einasto M Desember 2007 The richest superclusters I Morphology Astronomy and Astrophysics 476 2 697 711 Bibcode 2007A amp A 476 697E doi 10 1051 0004 6361 20078037 Plionis Manolis Valdarnini Riccardo Valdarnini Maart 1991 Evidence for large scale structure on scales about 300 h MPC Royal Astronomical Society Monthly Notices 249 46 61 Bibcode 1991MNRAS 249 46P AS1 onderhoud meer as een naam authors list link Brent Tully The Local Supercluster Astrophys J vol 257 pp 389 422 1982 Oscar Monchito Superclusters and Other Stuff Colton vol 12 pp 124 118 1992 Lynden Bell D et al Spectroscopy and photometry of elliptical galaxies V Galaxy streaming toward the new supergalactic center Astrophysical Journal Deel 1 vol 326 ble 19 49 Mar 1988 Eksterne skakels WysigThe Atlas of the Universe n webtuiste met kaarte van ons heelal op verskillende skale Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse WikipediaDie Aarde se posisie in die heelal Aarde Sonnestelsel Gould gordel Orion arm Melkweg Plaaslike Groep Virgo SS Laniakea SS HeelalOntsluit van https af wikipedia org w index php title Virgo superswerm amp ol,