fbpx
Wikipedia

Vincent van Gogh

Vincent Willem van Gogh (30 Maart 185329 Julie 1890) word aanvaar as die beste Nederlandse skilder naas Rembrandt van Rijn, alhoewel hy slegs een skildery tydens sy eie leeftyd verkoop het. Hy het al sy werk - 'n indrukwekkende totaal van 900 skilderye en 1100 sketse - geproduseer gedurende 'n periode van slegs die dekade voor sy selfmoord (waarskynlik weens 'n bipolêre gemoedsversteuring). Na sy dood, met behulp van die uitstalling van 71 van sy werke in Parys, op 17 Maart 1901, het sy roem vinnig toegeneem.

Vincent van Gogh

Selfportret (1886)
Geboortenaam Vincent Willem van Gogh
Gebore (1853-03-30)30 Maart 1853
Zundert, Nederland
Sterf 29 Julie 1890 (op 37)
Auvers-sur-Oise, Frankryk
Nasionaliteit  Nederland
Veld Skildery, tekening
Opleiding Anton Mauve
Beweging Post-Impressionisme
Werke Bedroom in Arles, 1888
Tournesols, 1888
De sterrennacht, 1889
Portret van Dr. Gachet, 1890
Sien, 1882–1883

Van Gogh se invloed op ekspressionisme, fauvisme en die vroeë abstrakte beweging was enorm. Die Van Goghmuseum in Amsterdam is opgedra aan sy werk en dié van sy tydgenote. Ook die Kröller-Müllermuseum in Otterlo (ook in Nederland), het aansienlik baie van sy werk.

Verskeie van sy skilderye is onder die duurste in die wêreld. Drie van hulle is die Portret van Dokter Gachet, Irisse en Portret van die kunstenaar sonder baard.

Sy lewe en sy werk

 
Irisse (1890)

Vincent van Gogh is gebore in Zundert, Nederland, as die seun van Anna Cornelia Carbentus en Theodorus van Gogh, 'n Protestantse predikant. Later het sy suster hom as 'n ernstige en introspektiewe kind beskryf.

Sy broer Theo was vier jaar jonger as hy, maar hulle was baie naby aan mekaar. Theo het dwarsdeur Vincent se lewe hom finansieel ondersteun. Die groot volume van hul briefwisseling is in 1914 publiseer.

Nadat hy aanvanklik vir 'n kunsfirma gewerk het, wat hom eers na Londen, en toe na Parys verplaas het, het hy 'n onderwysersassistent geword, en toe na Amsterdam teruggekeer om teologie te studeer.

'n Jaar later, in 1878, het hy opgeskop, en toe 'n lekepredikant geword in België in 'n arm myngemeenskap. Hy is na ses maande laat loop. Tydens hierdie tydperk het hy begin om houtskoolsketse te maak.

In 1880, op aandrang van sy broer, het hy voltyds begin skilder.

In 1881 het hy verlief geraak op sy weduwee-niggie Kee Vos, maar sy wou niks van hom weet nie. Later het hy ingetrek by 'n straatvrou, Sien Hoornik, en haar kinders. Hy wou met haar trou, maar sy pa was streng hierteen gekant, en ook Theo het hom hiervan afgeraai. Hulle is later toe wel uitmekaar uit.

Aanvanklik het hy konsentreer op die skilder van arbeiders en plattelandse landskappe. later het hy Japannese kuns ontdek, en 'n paar skilderye in hierdie styl geverf.

In die lente van 1886 het Van Gogh saam met sy broer Theo in 'n huis op Montmartre, te Parys, ingetrek. Hier het hy skilders soos Edgar Degas, Camille Pissarro, Émile Bernard, Henri de Toulouse-Lautrec en Paul Gauguin leer ken. Hy het deur hulle die Impressionisme ontdek, en veral van puntillisme leer hou.

In 1888, verlaat hy Parys en trek na Arles, in Bouches-du-Rhône, Frankryk. Hy het baie van die landskap daar gehou, sy geel huis geverf en ander kunstenaars soontoe genooi. Net Paul Gauguin het daarop gereageer, en in 'n gees van wedersydse bewondering het hulle 'n rukkie saamgewerk. Toe hulle stry kry, het Van Gogh 'n deel van sy linkeroor afgesny en dit aan 'n onthutste straatvrouvriendin gegee. Op dié tydstip het hy opgehou met kolletjies verf en begin om klein strepies te maak.

Hy het erg aan depressie begin ly, en hy is in 1889, op eie versoek, in die gestig te Saint Remy de Provence, Bouches-du-Rhône, Frankryk, opgeneem. Tydens sy verblyf het die hospitaal en die hospitaaltuin sy onderwerpe geword, en het sy strepies vir warrelinge plek gemaak.

In Mei 1890 het hy die hospitaal verlaat en die sorg van 'n dokter, Paul Gachet, in Auvers-sur-Oise naby Parys, opgesoek. Dit het hom ook afstandsgewys nader aan sy broer, wat kort tevore getroud is, gebring. Gachet is deur Pissarro aanbeveel; hy het al heelwat kunstenaars behandel. Die enigste ets wat van Gogh ooit gemaak het, is van die melankoliese Gachet gedoen. Van Gogh se depressie het vererger, en op 27 Julie, op die ouderdom van 37 jaar, na 'n sessie van intense skilderwerk, het hy homself in die borskas geskiet. Twee dae later is hy dood, met sy geliefde broer Theo aan sy sy. Theo het vertel dat sy laaste woorde was "La tristesse durera toujours" of "Treurigheid sal vir altyd duur". Hy is in die begraafplaas van Auvers-sur-Oise begrawe; Theo sterf net ses maande later, nie in staat om oor die dood van sy broer te kom nie. Op sy vrou se versoek is Theo langs Vincent begrawe.

Van Gogh het net een van sy skilderye tydens sy leeftyd verkoop. Die Rooi Wingerd, geskilder in 1888, word tans vertoon in die Pushkinmuseum in Moskou, Rusland.

Sy roem het baie vinnig daarna gegroei: groot uitstallings is kort na sy dood begin hou: in Parys 1901, Amsterdam 1905, Keulen 1912, New York 1913, en Berlyn 1914.

Befaamde skilderye

† verwys na skilderye wat onlangse rekordhouers is vir die duurste skilderye ooit.

Van Gogh se invloede

  • Skool in Den Haag
  • Die skilder Jean-François Millet (1814-1875). Hy het ook op die arbeiderslewe gekonsentreer.
  • Die skrywer Émile Zola (1840-1902). Van Gogh het sy romans baie bewonder.
  • Japannese houtblokafdrukke.
  • Die Impressionisme, veral die puntilliste Georges Seurat (1859-1891) en Paul Signac (1836-1935).
  • Paul Gauguin (1848-1903)

Galery

Sien ook

Eksterne skakels

  • Van Gogh-museum, Amsterdam, Nederland
  • De Vincent van Gogh Galerij (Nederlands en Engels): Volledige werk van Vincent van Gogh. 'n Sakewerf wat al die werk en briefwisseling van Vincent van Gogh aantoon
  • Nasionale Galery van KunsWashington D.C., die Verenigde State - 'n Virtuele toer van die Van Gogh se Van Gogh-uitstalling.
  • Kunsgallery - Vincent van Gogh
  • Vincent van Gogh paintings and biography(english) 12 Februarie 2007 op Wayback Machine
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
   

Vincent van Gogh
vincent, gogh, vincent, willem, gogh, maart, 1853, julie, 1890, word, aanvaar, beste, nederlandse, skilder, naas, rembrandt, rijn, alhoewel, slegs, skildery, tydens, leeftyd, verkoop, werk, indrukwekkende, totaal, skilderye, 1100, sketse, geproduseer, gedurend. Vincent Willem van Gogh 30 Maart 1853 29 Julie 1890 word aanvaar as die beste Nederlandse skilder naas Rembrandt van Rijn alhoewel hy slegs een skildery tydens sy eie leeftyd verkoop het Hy het al sy werk n indrukwekkende totaal van 900 skilderye en 1100 sketse geproduseer gedurende n periode van slegs die dekade voor sy selfmoord waarskynlik weens n bipolere gemoedsversteuring Na sy dood met behulp van die uitstalling van 71 van sy werke in Parys op 17 Maart 1901 het sy roem vinnig toegeneem Vincent van GoghSelfportret 1886 Geboortenaam Vincent Willem van GoghGebore 1853 03 30 30 Maart 1853Zundert NederlandSterf 29 Julie 1890 op 37 Auvers sur Oise FrankrykNasionaliteit NederlandVeld Skildery tekeningOpleiding Anton MauveBeweging Post ImpressionismeWerke Bedroom in Arles 1888Tournesols 1888De sterrennacht 1889Portret van Dr Gachet 1890Sien 1882 1883Van Gogh se invloed op ekspressionisme fauvisme en die vroee abstrakte beweging was enorm Die Van Goghmuseum in Amsterdam is opgedra aan sy werk en die van sy tydgenote Ook die Kroller Mullermuseum in Otterlo ook in Nederland het aansienlik baie van sy werk Verskeie van sy skilderye is onder die duurste in die wereld Drie van hulle is die Portret van Dokter Gachet Irisse en Portret van die kunstenaar sonder baard Inhoud 1 Sy lewe en sy werk 2 Befaamde skilderye 3 Van Gogh se invloede 4 Galery 5 Sien ook 6 Eksterne skakelsSy lewe en sy werk Wysig Irisse 1890 Die aartappeleters 1885 Kafeeterras in die aand 1888 Vincent van Gogh is gebore in Zundert Nederland as die seun van Anna Cornelia Carbentus en Theodorus van Gogh n Protestantse predikant Later het sy suster hom as n ernstige en introspektiewe kind beskryf Sy broer Theo was vier jaar jonger as hy maar hulle was baie naby aan mekaar Theo het dwarsdeur Vincent se lewe hom finansieel ondersteun Die groot volume van hul briefwisseling is in 1914 publiseer Nadat hy aanvanklik vir n kunsfirma gewerk het wat hom eers na Londen en toe na Parys verplaas het het hy n onderwysersassistent geword en toe na Amsterdam teruggekeer om teologie te studeer n Jaar later in 1878 het hy opgeskop en toe n lekepredikant geword in Belgie in n arm myngemeenskap Hy is na ses maande laat loop Tydens hierdie tydperk het hy begin om houtskoolsketse te maak In 1880 op aandrang van sy broer het hy voltyds begin skilder In 1881 het hy verlief geraak op sy weduwee niggie Kee Vos maar sy wou niks van hom weet nie Later het hy ingetrek by n straatvrou Sien Hoornik en haar kinders Hy wou met haar trou maar sy pa was streng hierteen gekant en ook Theo het hom hiervan afgeraai Hulle is later toe wel uitmekaar uit Aanvanklik het hy konsentreer op die skilder van arbeiders en plattelandse landskappe later het hy Japannese kuns ontdek en n paar skilderye in hierdie styl geverf In die lente van 1886 het Van Gogh saam met sy broer Theo in n huis op Montmartre te Parys ingetrek Hier het hy skilders soos Edgar Degas Camille Pissarro Emile Bernard Henri de Toulouse Lautrec en Paul Gauguin leer ken Hy het deur hulle die Impressionisme ontdek en veral van puntillisme leer hou In 1888 verlaat hy Parys en trek na Arles in Bouches du Rhone Frankryk Hy het baie van die landskap daar gehou sy geel huis geverf en ander kunstenaars soontoe genooi Net Paul Gauguin het daarop gereageer en in n gees van wedersydse bewondering het hulle n rukkie saamgewerk Toe hulle stry kry het Van Gogh n deel van sy linkeroor afgesny en dit aan n onthutste straatvrouvriendin gegee Op die tydstip het hy opgehou met kolletjies verf en begin om klein strepies te maak Hy het erg aan depressie begin ly en hy is in 1889 op eie versoek in die gestig te Saint Remy de Provence Bouches du Rhone Frankryk opgeneem Tydens sy verblyf het die hospitaal en die hospitaaltuin sy onderwerpe geword en het sy strepies vir warrelinge plek gemaak In Mei 1890 het hy die hospitaal verlaat en die sorg van n dokter Paul Gachet in Auvers sur Oise naby Parys opgesoek Dit het hom ook afstandsgewys nader aan sy broer wat kort tevore getroud is gebring Gachet is deur Pissarro aanbeveel hy het al heelwat kunstenaars behandel Die enigste ets wat van Gogh ooit gemaak het is van die melankoliese Gachet gedoen Van Gogh se depressie het vererger en op 27 Julie op die ouderdom van 37 jaar na n sessie van intense skilderwerk het hy homself in die borskas geskiet Twee dae later is hy dood met sy geliefde broer Theo aan sy sy Theo het vertel dat sy laaste woorde was La tristesse durera toujours of Treurigheid sal vir altyd duur Hy is in die begraafplaas van Auvers sur Oise begrawe Theo sterf net ses maande later nie in staat om oor die dood van sy broer te kom nie Op sy vrou se versoek is Theo langs Vincent begrawe Van Gogh het net een van sy skilderye tydens sy leeftyd verkoop Die Rooi Wingerd geskilder in 1888 word tans vertoon in die Pushkinmuseum in Moskou Rusland Sy roem het baie vinnig daarna gegroei groot uitstallings is kort na sy dood begin hou in Parys 1901 Amsterdam 1905 Keulen 1912 New York 1913 en Berlyn 1914 Befaamde skilderye Wysig 1885 Die aartappeleters 1 1888 Slaapkamer in Arles 2 1888 Kafeeterras in die aand 3 1888 Die Rooi Wingerd 4 1889 Die sterbesaaide nag 5 1889 Irisse 6 1889 Stillewe Vaas met twaalf sonneblomme 7 1889 Portret van die kunstenaar sonder baard 8 1890 Portret van Dokter Gachet 9 verwys na skilderye wat onlangse rekordhouers is vir die duurste skilderye ooit Van Gogh se invloede WysigSkool in Den Haag Die skilder Jean Francois Millet 1814 1875 Hy het ook op die arbeiderslewe gekonsentreer Die skrywer Emile Zola 1840 1902 Van Gogh het sy romans baie bewonder Japannese houtblokafdrukke Die Impressionisme veral die puntilliste Georges Seurat 1859 1891 en Paul Signac 1836 1935 Paul Gauguin 1848 1903 Galery Wysig Met oorverband selfportret As kunstenaar selfportret Mandjie met aartappels 1885 Stillewe Vaas met twaalf sonneblomme 1888 Arles en irisveld 1888 Ou meule 1888 Sterrenag 1889 Olyfbome 1889 Sien ook WysigCornelis Vincent van Gogh Vincent van Gogh se jongste broer Theo van Gogh die kleinseun van Theo Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Vincent van Gogh Van Gogh museum Amsterdam Nederland De Vincent van Gogh Galerij Nederlands en Engels Volledige werk van Vincent van Gogh n Sakewerf wat al die werk en briefwisseling van Vincent van Gogh aantoon Nasionale Galery van KunsWashington D C die Verenigde State n Virtuele toer van die Van Gogh se Van Gogh uitstalling Kunsgallery Vincent van Gogh Vincent van Gogh paintings and biography english Geargiveer 12 Februarie 2007 op Wayback MachineWikiquote het aanhalings in verband met Vincent van GoghHierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Vincent van Gogh amp oldid 2430687,