fbpx Verstrooide skyf
Wikipedia

Verstrooide skyf

Die verstrooide skyf is ’n verafgeleë streek van die sonnestelsel waar min, ysige kleinplanete voorkom. Dit is een van die groepe trans-Neptunus-voorwerpe.

Eris, die grootste bekende voorwerp in die verstrooide skyf (middel), en sy maan, Disnomia (links van Eris).

Inhoud

Die voorwerpe het wentelbaanafwykings (wat dui op hoe ver dit van sirkelvormig af is) van tot 0,8, inklinasies van tot 40° en perihelions (die naaste afstand aan die Son in sy baan) van meer as 30 AE (astronomiese eenhede). Hierdie ekstreme wentelbane word vermoedelik veroorsaak deur swaartekrag-"verstrooiing" deur die gasreuse, asook verdere versteurings deur die planeet Neptunus.

Die naaste afstand wat dié voorwerpe aan die Son kom, is sowat 30-35 AE, en hulle kan tot verder as 100 AE van die Son af beweeg. Dus is verstrooide voorwerpe van die verste en koudste liggame in die sonnestelsel. Die naaste deel van die verstrooide skyf oorvleuel met ’n deel van die Kuiper-gordel.

Vanweë die onstabiele aard van die voorwerpe beskou wetenskaplikes die verstrooide skyf as die plek van oorsprong van die meeste periodieke, of kortstondige, komete in die sonnestelsel – met sentoure (ysliggame tussen Jupiter en Neptunus) as die oorgangsfase in ’n voorwerp se migrasie van die skyf na die binneste deel van sonnestelsel. Eindelik stuur versteurings deur die groot planete sulke voorwerpe in die rigting van die Son en verander hulle in periodieke komete. Baie voorwerpe in die Oort-wolk het waarskynlik ook in die verstrooide skyf ontstaan.

Die eerste verstrooideskyfvoorwerp (VSV) wat as sulks erken is, is 1996 TL66, wat in 1996 deur sterrekundiges op Hawaii geïdentifiseer is. Nog drie is in dieselfde opname in 1996 geïdentifiseer: 1999 CV118, 1999 CY118 en 1999 CF119. Die eerste voorwerp wat ontdek is wat tans as ’n VSV geklassifiseer is, is 1995 TL8, wat in 1995 gevind is. Teen 2011 was meer as 200 VSV'e al ontdek.

  1. Maggie Masetti. (2007). . Webtuiste van Nasa se High Energy Astrophysics Science Archive Research Center. Besoek op 2008 07-12.
  2. Horner, J.; Evans; Bailey (2004). "Simulations of the Population of Centaurs I: The Bulk Statistics". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. 354 (3): 798. arXiv:. doi:.
  3. Jane Luu, Brian G. Marsden, David Jewitt (5 Junie 1997). (PDF). Nature. 387: 573–575. doi:. (PDF) vanaf die oorspronklike op 12 Augustus 2007. Besoek op2008-08-02.AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link)
  4. John Keith Davies, (2001). (PDF). Cambridge University Press. p. 111. ISBN 0-521-80019-6. Besoek op2008-07-02.CS1 maint: extra punctuation (link)
  5. David Jewitt (2009). (in Engels). Institute for Astronomy. vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op23 Januarie 2010.
  6. Lutz D. Schmadel, (2003). Dictionary of Minor Planet Names (5de hersiene en vergrote uitg.). Berlyn: Springer. Bl. 925 (aanhangsel 10). Sien ook McFadden, Lucy-Ann, Weissman, Paul & Johnson, Torrence (1999). Encyclopedia of the Solar System. San Diego: Academic Press. Bl. 218.
  7. IAU: Minor Planet Center (3 Januarie 2011). (in Engels). Central Bureau for Astronomical Telegrams, Harvard-Smithsonian Center for Astrophysics. vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2017. Besoek op3 Januarie 2011.
Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Verstrooide skyf
verstrooide, skyf, verstrooide, skyf, verafgeleë, streek, sonnestelsel, waar, ysige, kleinplanete, voorkom, groepe, trans, neptunus, voorwerpe, eris, grootste, bekende, voorwerp, verstrooide, skyf, middel, maan, disnomia, links, eris, inhoud, eienskappe, geski. Die verstrooide skyf is n verafgelee streek van die sonnestelsel waar min ysige kleinplanete voorkom Dit is een van die groepe trans Neptunus voorwerpe Eris die grootste bekende voorwerp in die verstrooide skyf middel en sy maan Disnomia links van Eris Inhoud 1 Eienskappe 2 Geskiedenis 3 Verwysings 4 SkakelsEienskappe WysigDie voorwerpe het wentelbaanafwykings wat dui op hoe ver dit van sirkelvormig af is van tot 0 8 inklinasies van tot 40 en perihelions die naaste afstand aan die Son in sy baan van meer as 30 AE astronomiese eenhede Hierdie ekstreme wentelbane word vermoedelik veroorsaak deur swaartekrag verstrooiing deur die gasreuse asook verdere versteurings deur die planeet Neptunus Die naaste afstand wat die voorwerpe aan die Son kom is sowat 30 35 AE en hulle kan tot verder as 100 AE van die Son af beweeg Dus is verstrooide voorwerpe van die verste en koudste liggame in die sonnestelsel 1 Die naaste deel van die verstrooide skyf oorvleuel met n deel van die Kuiper gordel Vanwee die onstabiele aard van die voorwerpe beskou wetenskaplikes die verstrooide skyf as die plek van oorsprong van die meeste periodieke of kortstondige komete in die sonnestelsel met sentoure ysliggame tussen Jupiter en Neptunus as die oorgangsfase in n voorwerp se migrasie van die skyf na die binneste deel van sonnestelsel 2 Eindelik stuur versteurings deur die groot planete sulke voorwerpe in die rigting van die Son en verander hulle in periodieke komete Baie voorwerpe in die Oort wolk het waarskynlik ook in die verstrooide skyf ontstaan Geskiedenis WysigDie eerste verstrooideskyfvoorwerp VSV wat as sulks erken is is 1996 TL66 3 4 wat in 1996 deur sterrekundiges op Hawaii geidentifiseer is Nog drie is in dieselfde opname in 1996 geidentifiseer 1999 CV118 1999 CY118 en 1999 CF119 5 Die eerste voorwerp wat ontdek is wat tans as n VSV geklassifiseer is is 1995 TL8 wat in 1995 gevind is 6 Teen 2011 was meer as 200 VSV e al ontdek 7 Verwysings Wysig Maggie Masetti 2007 Cosmic Distance Scales The Solar System Webtuiste van Nasa se High Energy Astrophysics Science Archive Research Center Besoek op 2008 07 12 Horner J Evans Bailey 2004 Simulations of the Population of Centaurs I The Bulk Statistics Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 354 3 798 arXiv astro ph 0407400 doi 10 1111 j 1365 2966 2004 08240 x Jane Luu Brian G Marsden David Jewitt 5 Junie 1997 A new dynamical class of object in the outer Solar System PDF Nature 387 573 575 doi 10 1038 42413 Geargiveer PDF vanaf die oorspronklike op 12 Augustus 2007 Besoek op 2008 08 02 AS1 onderhoud meer as een naam authors list link John Keith Davies 2001 Beyond Pluto Exploring the Outer Limits of the Solar System PDF Cambridge University Press p 111 ISBN 0 521 80019 6 Besoek op 2008 07 02 CS1 maint extra punctuation link David Jewitt 2009 Scattered Kuiper Belt Objects SKBOs in Engels Institute for Astronomy Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016 Besoek op 23 Januarie 2010 Lutz D Schmadel 2003 Dictionary of Minor Planet Names 5de hersiene en vergrote uitg Berlyn Springer Bl 925 aanhangsel 10 Sien ook McFadden Lucy Ann Weissman Paul amp Johnson Torrence 1999 Encyclopedia of the Solar System San Diego Academic Press Bl 218 IAU Minor Planet Center 3 Januarie 2011 List Of Centaurs and Scattered Disk Objects in Engels Central Bureau for Astronomical Telegrams Harvard Smithsonian Center for Astrophysics Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2017 Besoek op 3 Januarie 2011 Skakels Wysig Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse WikipediaDie Sonnestelsel Son Aardplanete Mercurius Venus Aarde Mars Gasreuse Jupiter Saturnus Ysreuse Uranus Neptunus Planete Reuseplanete Dwergplanete Pluto Ceres Haumea Makemake ErisMane Aarde Mars Kleinplanete Jupiter Saturnus Uranus Neptunus Pluto Haumea Eris Ringe Jupiter Saturnus Uranus NeptunusKlein Sonnestelselliggame Kleinplanete Asteroides Naby aarde voorwerpe Sentoure Trans Neptunus voorwerpe Komete Gordels en wolke Asteroidegordel Kuipergordel Verstrooide skyf Hillswolk OortwolkOntsluit van https af wikipedia org w index php title Verstrooide skyf amp ol,