×
Vega

Vega is die helderste ster in die sterrebeeld Lier (Lyra) en die vyfde helderste ster in die lugruim. Dit is redelik naby: net 25 ligjare van die Aarde af. Sy Bayer-naam is Alpha Lyrae, afgekort as α Lyr.

Vega
Die ligging van Vega in die sterrebeeld Lier.
Sterrebeeld Lier
Bayer-naam α Lyrae
Spektraaltipe A0V
Soort Hoofreeksster
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 18h 36m 56,33635s
Deklinasie +38° 47′ 01,2802″
Skynmagnitude (m) 0,03
Besonderhede
Massa (M) 2,135
Radius (R) 2,362
Ligsterkte (L) 0,58
Ouderdom (jaar) 455 miljoen
Temperatuur (K) 9 602
Afstand (ligjaar) 25,04
Ander name
Lucida Lyrae, 3 Lyr, GJ 721, HR 7001, BD +38°3238, HD 172167, GCTP 4293.00, LTT 15486, SAO 67174, HIP 91262
Portaal Sterrekunde

Die ster is al deeglik deur sterrekundiges bestudeer en dit het daartoe gelei dat dit al "die belangrikste ster naas die Son" genoem is. Dit was omstreeks 12000 v.C. die noordelike poolster en sal dit omstreeks 13727 n.C. weer wees, wanneer sy deklinasie +86°14' sal wees. Vega was die eerste ster naas die Son wat gefotografeer is en die eerste waarvan die spektrum gemeet is. Dit was ook een van die eerste sterre waarvan die afstand gemeet is.

Inhoud

Vega is net sowat ’n tiende so oud soos die Son, maar omdat dit 2,1 keer so groot is, is sy verwagte leeftyd ook net ’n tiende van die Son s’n. Albei sterre is tans naby die middel van hul leeftyd. Vega het ongewoon min elemente met ’n hoër atoomgetal as dié van helium. Daar word vermoed dit is ’n veranderlike ster waarvan die magnitude effens kan wissel. Dit draai vinnig teen ’n spoed van 274 km/s by sy ewenaar. Dit veroorsaak dat die ewenaar uitbult en daarom wissel die temperatuur van plek tot plek, met ’n maksimum by die pole. Van die Aarde af sien ’n mens Vega uit die rigting van een van sy pole.

Gebaseer op die groot mate van infrarooilig wat uitgestraal word, lyk dit of daar ’n stofskyf om die ster is. Dit is waarskynlik die gevolg van botsings tussen voorwerpe in ’n gordel om Vega wat ooreenstem met die Kuiper-gordel in die Sonnestelsel. Onreëlmatighede in die skyf dui ook op die moontlike teenwoordigheid van minstens een eksoplaneet, waarskynlik so groot soos Jupiter, wat om Vega wentel.

Die ster se Bayer-naam is "Alpha Lyrae". Die eienaam, "Vega" (vroeër "Wega"), kom van die Arabiese wāqi‘, "vallende" of "landende" via die frase an-nasr al-wāqi‘, "die vallende arend". In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Vega" vir die ster goedgekeur.

  1. Kendall, E. Otis (1845), Uranography: Or, A Description of the Heavens; Designed for Academics and Schools; Accompanied by an Atlas of the Heavens, Philadelphia: Oxford University Press
  2. Gulliver, Austin F.; Hill, Graham; Adelman, Saul J. (1994), "Vega: A rapidly rotating pole-on star", The Astrophysical Journal 429 (2): L81–L84, doi:, Bibcode:
  3. , , besoek op 2009-07-28
  4. Kinman, T.; Castelli, F. (2002), "The determination of Teff for metal-poor A-type stars using V and 2MASS J, H and K magnitudes", Astronomy and Astrophysics 391 (3): 1039–1052, doi:, Bibcode:
  5. I.A., Vasil'yev et al. (1989-03-17), , Commission 27 of the I.A.U, , besoek op 2007-10-30
  6. Peterson, D. M. et al. (1999), "Vega is a rapidly rotating star", Nature 440 (7086): 896–899, doi:, PMID , Bibcode:
  7. Su, K. Y. L. et al. (2005), "The Vega Debris Disk: A Surprise from Spitzer", The Astrophysical Journal 628 (1): 487–500, doi:, Bibcode:
  8. Wilner, D. et al. (2002), "Structure in the Dusty Debris around Vega", The Astrophysical Journal 569 (2): L115–L119, doi:, Bibcode:
  9. Wyatt, M. (2002), "Resonant Trapping of Planetesimals by Planet Migration: Debris Disk Clumps and Vega's Similarity to the Solar System", The Astrophysical Journal 598 (2): 1321–1340, doi:, Bibcode:
  10. Allen, Richard Hinckley (1963). Star Names: Their Lore and Meaning. Courier Dover Publications. ISBN 978-0-486-21079-7.
  11. Glassé, Cyril (2008). . Reference, Information and Interdisciplinary Subjects Series (3de uitg.). Rowman & Littlefield. p. 75. ISBN 978-0-7425-6296-7.
  12. (PDF). Besoek op28 Julie 2016.

Koördinate:

Publikasie datum: Augustus 07, 2021

vega, helderste, ster, sterrebeeld, lier, lyra, vyfde, helderste, ster, lugruim, redelik, naby, ligjare, aarde, bayer, naam, alpha, lyrae, afgekort, ligging, sterrebeeld, lier, sterrebeeld, lierbayer, naam, lyraespektraaltipe, a0vsoort, hoofreekssterwaarneming. Vega is die helderste ster in die sterrebeeld Lier Lyra en die vyfde helderste ster in die lugruim Dit is redelik naby net 25 ligjare van die Aarde af Sy Bayer naam is Alpha Lyrae afgekort as a Lyr VegaDie ligging van Vega in die sterrebeeld Lier Sterrebeeld LierBayer naam a LyraeSpektraaltipe A0VSoort HoofreekssterWaarnemingsdata Epog J2000 Regte klimming 18h 36m 56 33635sDeklinasie 38 47 01 2802 Skynmagnitude m 0 03BesonderhedeMassa M 2 135Radius R 2 362Ligsterkte L 0 58Ouderdom jaar 455 miljoenTemperatuur K 9 602Afstand ligjaar 25 04Ander nameLucida Lyrae 1 3 Lyr GJ 721 HR 7001 BD 38 3238 HD 172167 GCTP 4293 00 LTT 15486 SAO 67174 HIP 91262Portaal Sterrekunde Die ster is al deeglik deur sterrekundiges bestudeer en dit het daartoe gelei dat dit al die belangrikste ster naas die Son genoem is 2 Dit was omstreeks 12000 v C die noordelike poolster en sal dit omstreeks 13727 n C weer wees wanneer sy deklinasie 86 14 sal wees 3 Vega was die eerste ster naas die Son wat gefotografeer is en die eerste waarvan die spektrum gemeet is Dit was ook een van die eerste sterre waarvan die afstand gemeet is Inhoud 1 Eienskappe 2 Name 3 Verwysings 4 Eksterne skakelsEienskappe WysigVega is net sowat n tiende so oud soos die Son maar omdat dit 2 1 keer so groot is is sy verwagte leeftyd ook net n tiende van die Son s n Albei sterre is tans naby die middel van hul leeftyd Vega het ongewoon min elemente met n hoer atoomgetal as die van helium 4 Daar word vermoed dit is n veranderlike ster waarvan die magnitude effens kan wissel 5 Dit draai vinnig teen n spoed van 274 km s by sy ewenaar Dit veroorsaak dat die ewenaar uitbult en daarom wissel die temperatuur van plek tot plek met n maksimum by die pole Van die Aarde af sien n mens Vega uit die rigting van een van sy pole 6 Gebaseer op die groot mate van infrarooilig wat uitgestraal word lyk dit of daar n stofskyf om die ster is Dit is waarskynlik die gevolg van botsings tussen voorwerpe in n gordel om Vega wat ooreenstem met die Kuiper gordel in die Sonnestelsel 7 Onreelmatighede in die skyf dui ook op die moontlike teenwoordigheid van minstens een eksoplaneet waarskynlik so groot soos Jupiter 8 wat om Vega wentel 9 Name WysigDie ster se Bayer naam is Alpha Lyrae Die eienaam Vega vroeer Wega 10 kom van die Arabiese waqi vallende of landende via die frase an nasr al waqi die vallende arend 11 In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep WGSN die naam Vega vir die ster goedgekeur 12 Verwysings Wysig Kendall E Otis 1845 Uranography Or A Description of the Heavens Designed for Academics and Schools Accompanied by an Atlas of the Heavens Philadelphia Oxford University Press Gulliver Austin F Hill Graham Adelman Saul J 1994 Vega A rapidly rotating pole on star The Astrophysical Journal 429 2 L81 L84 doi 10 1086 187418 Bibcode 1994ApJ 429L 81G Calculation by theStellariumapplication version 0 10 2 http www stellarium org besoek op 2009 07 28 Kinman T Castelli F 2002 The determination of Teff for metal poor A type stars using V and 2MASS J H and K magnitudes Astronomy and Astrophysics 391 3 1039 1052 doi 10 1051 0004 6361 20020806 Bibcode 2002A amp A 391 1039K I A Vasil yev et al 1989 03 17 On the Variability of Vega Commission 27 of the I A U http www konkoly hu pub ibvs 3301 3308 txt besoek op 2007 10 30 Peterson D M et al 1999 Vega is a rapidly rotating star Nature 440 7086 896 899 doi 10 1038 nature04661 PMID 16612375 Bibcode 2006Natur 440 896P Su K Y L et al 2005 The Vega Debris Disk A Surprise from Spitzer The Astrophysical Journal 628 1 487 500 doi 10 1086 430819 Bibcode 2005ApJ 628 487S Wilner D et al 2002 Structure in the Dusty Debris around Vega The Astrophysical Journal 569 2 L115 L119 doi 10 1086 340691 Bibcode 2002ApJ 569L 115W Wyatt M 2002 Resonant Trapping of Planetesimals by Planet Migration Debris Disk Clumps and Vega s Similarity to the Solar System The Astrophysical Journal 598 2 1321 1340 doi 10 1086 379064 Bibcode 2003ApJ 598 1321W Allen Richard Hinckley 1963 Star Names Their Lore and Meaning Courier Dover Publications ISBN 978 0 486 21079 7 Glasse Cyril 2008 The new encyclopedia of Islam Reference Information and Interdisciplinary Subjects Series 3de uitg Rowman amp Littlefield p 75 ISBN 978 0 7425 6296 7 Bulletin of the IAU Working Group on Star Names No 1 PDF Besoek op 28 Julie 2016 Eksterne skakels Wysig Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia Koordinate 18h 36m 56 3364s 38 47 01 291 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Vega amp ol,