×
Veelvoudige ster

’n Veelvoudige ster (Engels: multiple star system) is ’n paar sterre wat om mekaar wentel en deur swaartekrag gebind word. ’n Groot aantal sterre wat deur swaartekrag gebind word, word gewoonlik ’n sterreswerm (star cluster), of as dit baie groot is ’n sterrestelsel (galaxy), genoem.

  • Bo: Die driedubbele ster Algol, afgeneem in die naby-infrarooi deur die CHARA-interferometer (2009).
  • Links onder: Algol B beweeg elke 2,87 dae voor die helderder Algol A verby.
  • Regs onder: ’n Kunstenaar se voorstelling van die wentelbane van HD 188753, ’n driestergroep.

Inhoud

’n Stelsel wat uit twee sterre bestaan, word ’n dubbelster genoem. As daar geen getyeffekte, versteuring deur ander kragte of oordrag van massa van een ster na die ander is nie, is so ’n stelsel stabiel en albei sterre sal vir ’n onbepaalde tyd om die barisentrum van die twee sterre wentel. Cygnus X-1 is waarskynlik ’n voorbeeld van ’n dubbelster wat uit ’n ster en ’n swartkolk bestaan.

Andersins is veelvoudige sterre stelsels wat uit drie of meer sterre bestaan wat van die Aarde af lyk of hulle na aan mekaar lê. Soms is die sterre fisiek naby mekaar en deur swaartekrag gebonde, in welke geval dit ’n "fisieke" veelvoudige ster genoem word, en soms lyk dit net of hulle na aan mekaar is, in welke geval dit ’n "optiese" veelvoudige ster is (wat beteken die sterre lyk van die Aarde af of hulle na aan mekaar is en dieselfde punt in die lug beset, maar in werklikheid kan die een ster verder van die Aarde af wees as die ander een en is dit nie duidelik nie tensy ’n mens hulle uit ’n ander hoek bekyk).

Die meeste veelvoudige sterre bestaan uit drie sterre. Groepe met vier sterre kom minder dikwels voor en groepe met meer sterre is heelwat skaarser. In 1999 se hersiene Tokovinin-katalogus van fisieke veelvoudige sterre is 551 uit die 728 stelsels wat beskryf word driedubbele sterre.

Veelvoudige sterre is kleiner as oop sterreswerms, wat ’n ingewikkelder dinamika het en van 100 tot 1 000 sterre bevat. Veelvoudige sterre kan in twee hoofkategorieë verdeel word: (1) stelsels wat stabiel is en wentelbane het met min wisselwerking, en (2) stelsels met onstabiele wentelbane met ’n groot wisselwerking wat chaotiese gedrag openbaar.

Driedubbele sterre

Die wentelbane van die driedubbele ster HR 6819: ’n binneste dubbelster met ’n ster (wentelbaan in blou) en ’n swartkolk (wentelbaan in rooi), wat omsirkel word deur nog ’n ster in ’n wyer wentelbaan (ook in blou).

In ’n "fisieke" driedubbele sterstelsel wentel elke ster om die massamiddelpunt van die stelsel. Gewoonlik vorm twee van die sterre ’n nabye dubbelster en wentel die derde ster in ’n veel wyer wentelbaan om dié twee. Dié rangskikking is stabiel. As die binneste en buitenste wentelbane byna ewe groot was, sou die stelsel onstabiel geraak het en dit sou daartoe kon lei dat ’n ster uit die stelsel gewerp word. HR 6819 is ’n voorbeeld van ’n stabiele stelsel, waarin die buitenste ster wentel om ’n binneste dubbelster wat bestaan uit ’n ster en ’n stellêre swartkolk.

Driedubbele sterre wat nie almal swaartekraggebonde is nie, kan bestaan uit ’n fisieke dubbelster en ’n optiese metgesel (soos Beta Cephei) of in seldsame gevalle ’n optiese driedubbele ster (soos Gamma Serpentis).

Twee sterre

Drie sterre

Vier sterre

  • Capella, twee reusesterre met ’n rooidwerg in ’n wentelbaan om hulle. Met ’n skynbare magnitude van sowat-0,47 is Capella een van die helderste sterre in die naglug.
  • Mizar, wat dikwels aanvaar is as die eerste dubbelster wat ontdek is (1650). Later is gevind dat hulle albei op hul eie ’n dubbelster is.
  • HD 98800

Vyf sterre

  • 91 Aquarii
  • Delta Orionis

Ses sterre

Sewe sterre

  • Nu Scorpii
  • AR Cassiopeiae
  1. "Star system" in Modern Dictionary of Astronomy and Space Technology. A.S. Bhatia, eed. Nieu-Delhi: Deep & Deep Publications, 2005. ISBN 81-7629-741-0
  2. Understanding Variable Stars, John R. Percy, Cambridge: Cambridge University Press, 2007, ISBN 0-521-23253-8.
  3. , A.A. Tokovinin, Astronomy and Astrophysics Supplement Series 124 (1997), 75–84; aanlyn by 11 Maart 2007 op Wayback Machine en die .
  4. , besoek op 31 Oktober 2007.
  5. , A.A. Tokovinin, Astronomy and Astrophysics Supplement Series 124 (Julie 1997), pp. 75–84.
  6. p. 24, Galactic Dynamics, James Binney en Scott Tremaine, Princeton University Press, 1987, ISBN 0-691-08445-9.
  7. Multiple Stellar Systems: Types and Stability, Peter J.T. Leonard, in Encyclopedia of Astronomy and Astrophysics, P. Murdin, red., aanlyn by die , gepubliseer deur die Nature Publishing Group, 2001.
  8. Heintz, W. D. (1978). . D. Reidel Publishing Company, Dordrecht. pp. . ISBN 90-277-0885-1.
  9. Evans, David S. (1968). "Stars of Higher Multiplicity". Quarterly Journal of the Royal Astronomical Society. 9: 388–400. Bibcode:.
  10. A Note on the Stability of Hierarchical Triple Stars with Initially Circular Orbits, L.G. Kiseleva, P.P. Eggleton, J.P. Anosova, Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 267, #1 (Maart 1994), pp. 161–166, Bibcode: .
  11. Rivinius, Th.; Baade, D.; Hadrava, P.; Heida, M.; Klement, R. (2020). "A naked-eye triple system with a nonaccreting black hole in the inner binary". Astronomy & Astrophysics. 637 (L3): 11. arXiv:. Bibcode:. doi:. S2CID .
  12. Mason, Brian D.; Wycoff, Gary L.; Hartkopf, William I.; Douglass, Geoffrey G.; Worley, Charles E. (December 2001). . The Astronomical Journal. U. S. Naval Observatory, Washington D.C. 122 (6): 3466–3471. Bibcode:. doi:.
  13. The Binary Stars, R. G. Aitken, New York: Semi-Centennial Publications of the University of California, 1918.
  14. 10 Augustus 2011 op Wayback Machine, Giovanni Battista Riccioli, Bononiae: Ex typographia haeredis Victorij Benatij, 1651.
  15. 7 Maart 2008 op Wayback Machine, Leos Ondra, URL besoek op 26 Mei 2007.
  16. , B. Stelzer en V. Burwitz, Astronomy and Astrophysics 402 (Mei 2003), ble. 719–728.
  17. , A.A. Tokovinin, N. I. Shatskii, en A.K. Magnitskii, Astronomy Letters, 24, No. 6 (November 1998), ble. 795–801.
  18. 5 September 2017 op Wayback Machine in die .
  19. 10 April 2020 op Wayback Machine, inskrywing in die .
  • (en)

Publikasie datum: September 25, 2021

veelvoudige, ster, engels, multiple, star, system, paar, sterre, mekaar, wentel, deur, swaartekrag, gebind, word, groot, aantal, sterre, deur, swaartekrag, gebind, word, word, gewoonlik, sterreswerm, star, cluster, baie, groot, sterrestelsel, galaxy, genoem, d. n Veelvoudige ster Engels multiple star system is n paar sterre wat om mekaar wentel 1 en deur swaartekrag gebind word n Groot aantal sterre wat deur swaartekrag gebind word word gewoonlik n sterreswerm star cluster of as dit baie groot is n sterrestelsel galaxy genoem Bo Die driedubbele ster Algol afgeneem in die naby infrarooi deur die CHARA interferometer 2009 Links onder Algol B beweeg elke 2 87 dae voor die helderder Algol A verby Regs onder n Kunstenaar se voorstelling van die wentelbane van HD 188753 n driestergroep Inhoud 1 Beskrywing 1 1 Driedubbele sterre 2 Voorbeelde 2 1 Twee sterre 2 2 Drie sterre 2 3 Vier sterre 2 4 Vyf sterre 2 5 Ses sterre 2 6 Sewe sterre 3 Verwysings 4 SkakelsBeskrywing Wysig n Stelsel wat uit twee sterre bestaan word n dubbelster genoem As daar geen getyeffekte versteuring deur ander kragte of oordrag van massa van een ster na die ander is nie is so n stelsel stabiel en albei sterre sal vir n onbepaalde tyd om die barisentrum van die twee sterre wentel Cygnus X 1 is waarskynlik n voorbeeld van n dubbelster wat uit n ster en n swartkolk bestaan Andersins is veelvoudige sterre stelsels wat uit drie of meer sterre bestaan wat van die Aarde af lyk of hulle na aan mekaar le 2 3 Soms is die sterre fisiek naby mekaar en deur swaartekrag gebonde in welke geval dit n fisieke veelvoudige ster genoem word en soms lyk dit net of hulle na aan mekaar is in welke geval dit n optiese veelvoudige ster is wat beteken die sterre lyk van die Aarde af of hulle na aan mekaar is en dieselfde punt in die lug beset maar in werklikheid kan die een ster verder van die Aarde af wees as die ander een en is dit nie duidelik nie tensy n mens hulle uit n ander hoek bekyk 2 3 4 Die meeste veelvoudige sterre bestaan uit drie sterre Groepe met vier sterre kom minder dikwels voor 5 en groepe met meer sterre is heelwat skaarser In 1999 se hersiene Tokovinin katalogus 3 van fisieke veelvoudige sterre is 551 uit die 728 stelsels wat beskryf word driedubbele sterre Veelvoudige sterre is kleiner as oop sterreswerms wat n ingewikkelder dinamika het en van 100 tot 1 000 sterre bevat 6 Veelvoudige sterre kan in twee hoofkategoriee verdeel word 1 stelsels wat stabiel is en wentelbane het met min wisselwerking en 2 stelsels met onstabiele wentelbane met n groot wisselwerking wat chaotiese gedrag openbaar 7 Driedubbele sterre Wysig Die wentelbane van die driedubbele ster HR 6819 n binneste dubbelster met n ster wentelbaan in blou en n swartkolk wentelbaan in rooi wat omsirkel word deur nog n ster in n wyer wentelbaan ook in blou In n fisieke driedubbele sterstelsel wentel elke ster om die massamiddelpunt van die stelsel Gewoonlik vorm twee van die sterre n nabye dubbelster en wentel die derde ster in n veel wyer wentelbaan om die twee Die rangskikking is stabiel 8 9 As die binneste en buitenste wentelbane byna ewe groot was sou die stelsel onstabiel geraak het en dit sou daartoe kon lei dat n ster uit die stelsel gewerp word 10 HR 6819 is n voorbeeld van n stabiele stelsel waarin die buitenste ster wentel om n binneste dubbelster wat bestaan uit n ster en n stellere swartkolk 11 Driedubbele sterre wat nie almal swaartekraggebonde is nie kan bestaan uit n fisieke dubbelster en n optiese metgesel soos Beta Cephei of in seldsame gevalle n optiese driedubbele ster soos Gamma Serpentis Voorbeelde WysigTwee sterre Wysig Sirius n dubbelster wat uit n hoofreeks tipe A ster en n witdwerg bestaan Procyon n soortgelyke kombinasie Mira n veranderlike ster wat uit n rooireus en witdwerg bestaan Delta Cephei n Cepheied veranderlike Spica Drie sterre Wysig Polaris of Alpha Ursae die noordelike poolster Die naaste metgesel is so na aan die hoofster dat net sy swaartekraguitwerking op Polaris A sy bestaan verklap het totdat die Hubble ruimteteleskoop dit in 2006 waargeneem het Alpha Centauri wat bestaan uit n hoofdubbelster twee geeldwerge Alpha Centauri A en Alpha Centauri B en n rooidwerg Proxima Centauri wat verder daarvandaan le 12 HD 188753 in die sterrebeeld Swaan wat bestaan uit n geel oranje en rooidwerg Xi Tauri in die sterrebeeld Bul wat uit drie blou wit B tipe hoofreekssterre bestaan Fomalhaut a PsA a Piscis Austrini in die Suidelike Vis Die hoofster het n enorme stofskyf soortgelyk aan die vroee Sonnestelsel maar met n groter massa Vier sterre Wysig Capella twee reusesterre met n rooidwerg in n wentelbaan om hulle Met n skynbare magnitude van sowat 0 47 is Capella een van die helderste sterre in die naglug Mizar wat dikwels aanvaar is as die eerste dubbelster wat ontdek is 1650 13 14 Later is gevind dat hulle albei op hul eie n dubbelster is 15 HD 98800Vyf sterre Wysig 91 Aquarii Delta OrionisSes sterre Wysig Castor 16 HD 139691 17 Sewe sterre Wysig Nu Scorpii 18 AR Cassiopeiae 19 Verwysings Wysig Star system in Modern Dictionary of Astronomy and Space Technology A S Bhatia eed Nieu Delhi Deep amp Deep Publications 2005 ISBN 81 7629 741 0 2 0 2 1 Understanding Variable Stars John R Percy Cambridge Cambridge University Press 2007 ISBN 0 521 23253 8 3 0 3 1 3 2 MSC a catalogue of physical multiple stars A A Tokovinin Astronomy and Astrophysics Supplement Series 124 1997 75 84 aanlyn by VizieR Geargiveer 11 Maart 2007 op Wayback Machine en die Multiple Star Catalog Hipparcos Double and Multiple Stars besoek op 31 Oktober 2007 MSC a catalogue of physical multiple stars A A Tokovinin Astronomy and Astrophysics Supplement Series 124 Julie 1997 pp 75 84 p 24 Galactic Dynamics James Binney en Scott Tremaine Princeton University Press 1987 ISBN 0 691 08445 9 Multiple Stellar Systems Types and Stability Peter J T Leonard in Encyclopedia of Astronomy and Astrophysics P Murdin red aanlyn by die Institute of Physics gepubliseer deur die Nature Publishing Group 2001 Heintz W D 1978 Double Stars D Reidel Publishing Company Dordrecht pp 66 67 ISBN 90 277 0885 1 Evans David S 1968 Stars of Higher Multiplicity Quarterly Journal of the Royal Astronomical Society 9 388 400 Bibcode 1968QJRAS 9 388E A Note on the Stability of Hierarchical Triple Stars with Initially Circular Orbits L G Kiseleva P P Eggleton J P Anosova Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 267 1 Maart 1994 pp 161 166 Bibcode 1994MNRAS 267 161K Rivinius Th Baade D Hadrava P Heida M Klement R 2020 A naked eye triple system with a nonaccreting black hole in the inner binary Astronomy amp Astrophysics 637 L3 11 arXiv 2005 02541 Bibcode 2020A amp A 637L 3R doi 10 1051 0004 6361 202038020 S2CID 218516688 Mason Brian D Wycoff Gary L Hartkopf William I Douglass Geoffrey G Worley Charles E December 2001 The 2001 US Naval Observatory Double Star CD ROM I The Washington Double Star Catalog The Astronomical Journal U S Naval Observatory Washington D C 122 6 3466 3471 Bibcode 2001AJ 122 3466M doi 10 1086 323920 The Binary Stars R G Aitken New York Semi Centennial Publications of the University of California 1918 Vol 1 part 1 p 422 Almagestum Novum Geargiveer 10 Augustus 2011 op Wayback Machine Giovanni Battista Riccioli Bononiae Ex typographia haeredis Victorij Benatij 1651 A New View of Mizar Geargiveer 7 Maart 2008 op Wayback Machine Leos Ondra URL besoek op 26 Mei 2007 Castor A and Castor B resolved in a simultaneous Chandra and XMM Newton observation B Stelzer en V Burwitz Astronomy and Astrophysics 402 Mei 2003 ble 719 728 ADS 9731 A new sextuple system A A Tokovinin N I Shatskii en A K Magnitskii Astronomy Letters 24 No 6 November 1998 ble 795 801 Nu Scorpii Geargiveer 5 September 2017 op Wayback Machine in die Multiple Star Catalog AR Cassiopeiae Geargiveer 10 April 2020 op Wayback Machine inskrywing in die Multiple Star Catalog Skakels WysigTriple star system APOD Alpha Centauri system APOD Amptelike webtuiste en Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Veelvoudige ster Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Veelvoudige ster amp ol,