fbpx Uruk
Wikipedia

Uruk

Uruk was ’n antieke stad van Sumer (en later van Babilonië) wat geleë was oos van die huidige Eufraatrivier, 30 km oos van die hedendaagse Samawah in Irak. Uruk is die tipeterrein van die Uruk-tydperk. Dit het ’n groot rol gespeel in die vroeë verstedeliking van Sumer in die middel 4de millennium v.C. Teen die laaste fase van die Uruk-tydperk omstreeks 3100 v.C. kon die stad 40 000 inwoners gehad het, met 80 000 tot 90 000 mense wat in die omgewing gewoon het. Dit maak dit die grootste stedelike gebied van dié tyd in die wêreld.

Uruk
𒀕𒆠, Unugki (Sumeries)
𒌷𒀕 of 𒌷𒀔, Uruk (Akkadies)
وركاء of أوروك Warkāʼ of Auruk (Arabies)
Uruk in 2008.
Land Irak
Soort Nedersetting
Streek Mesopotamië
Oppervlakte 6 km2
Geskiedenis
Gestig 4de millennium v.C.
Tydperk Uruk-tydperk tot vroeë Middeleeue
Unesco-wêrelderfenisgebied
Deel van Ahwar van Suid-Irak
Kriteria Gemeng: (iii)(v)(ix)(x)
Verwysing
Inskripsie 2016 (40ste sessie)
Beskrywing* Uruk Archaeological City
*

Die legendariese koning Gilgamesj het volgens die chronologie van die Sumeriese Koningslys (hierna SKL genoem) in die 27ste eeu v.C. oor Uruk regeer. Die stad het omstreeks 2000 v.C. minder belangrik geword in die lig van die stryd tussen Babilonië en Elam, maar dit was bewoon tot kort voor of ná die Islamitiese verowerings van 633-638 n.C.

Inhoud

Die uitbreiding van Uruk en sy koloniale buiteposte, omstreeks 3600-3200 v.C.

In mites en die letterkunde was Uruk beroemd as die hoofstad van Gilgamesj, held van die Heldedig van Gilgamesj. Daar word ook geglo dit was die Bybelse stad Erek (Genesis 10:10), die tweede stad wat deur Nimrod in Sinar gestig is.

Uruk-tydperk

Uruk was nie net een van die eerste stede nie, maar het ook ’n belangrike rol gespeel in die verstedeliking en eerste staatsvorming in die Uruk-tydperk, of Uruk-uitbreiding (4000-3200 v.C). In dié tydperk van 800 jaar was daar ’n verskuiwing van klein landboudorpies tot ’n groter stedelike sentrum met ’n voltyse burokrasie, militêre mag en gemeenskap wat uit lae bestaan het. Hoewel daar in dié tyd ook ander nedersettings was, was hulle gwoonlik sowat 10 hektaar, terwyl Uruk aansienlik groter en komplekser was. Die kultuur van die Uruk-tydperk wat deur Sumeriese handelaars en koloniste na ander streke gebring is, het ’n uitwerking op al die omringende volke gehad wat geleidelik hulle eie, vergelykbare en mededingende ekonomieë en kulture gevestig het. Eindelik kon Uruk nie langafstandbeheer oor kolonies soos Tell Brak met militêre mag behou nie.

Geografiese faktore

’n Kaart van Sumer.

Geografiese faktore het gehelp in Uruk se ongekende groei. Die stad was aan die Eufraatrivier geleë in die suidelike deel van Mesopotamië, ’n antieke terrein van die beskawing. Deur die geleidelike domestikering van graan uit die Zagrosberge en uitgebreide besproeiingstegnieke was ’n groot verskeidenheid eetbare plante beskikbaar. Dié domestikering van graan en die stad se nabyheid aan riviere het Uruk gehelp om redelik maklik te groei tot een van die grootste Sumeriese nedersettings, wat beide bevolking en oppervlakte betref.

Uruk se landbousurplusse en groot bevolking het prosesse vergemaklik soos handel, die spesialisering van kunsartikels en die ontwikkeling van skryfstelsels – skryf kon omstreeks 3300 v.C. in Uruk ontstaan het. Bewyse uit uitgrawings soos pottebakkersware en die vroegste bekende skryftablette steun dié ontwikkelings. Uitgrawings by Uruk is baie kompleks, want ouer geboue is deur nuwes vervang, en dit maak die lae van verskillende historiese tydperke onduidelik. Die heel boonste laag het waarskynlik in die Jemdet Nasr-tydperk (3100-2900 v.C.) ontstaan en is gebou op strukture van vroeëre tydperke wat dateer van die Obeid-tydperk.

Aanbiddingstoneel vir Inanna, Warka-vaas omstreeks 3200-3000 v.C., Uruk. Dit is een van die vroegste bestaande werke van verhalende reliëfpottebakkery.

Volgens die SKL is Uruk deur koning Enmerkar gestig. Hoewel die koningslys ’n koning van Eanna voor hom noem, vertel die epos Enmerkar en die Meester van Aratta dat Enmerkar die Hemelhuis (Sumeries: e2-anna; wigskrif:𒂍𒀭 E2.AN) vir die godin Inanna in die Eannadistrik van Uruk gebou het. In die Heldedig van Gilgamesj bou Gilgamesj die stadsmuur om Uruk en is hy die stad se koning.

Uruk het deur verskillende groeifases gegaan, van die Vroeë Uruk-tydperk (4000-3500 v.C.) tot die Laat Uruk-tydperk (3500-3100 v.C.). Die stad is gestig toe twee kleiner Obeid-nedersettings saamgesmelt het. Die tempelkomplekse in hulle kern het die Eanna- en Anu-distrikte geword wat onderskeidelik aan Inanna en Anu gewy was.

Die Eanna-distrik was saamgestel uit verskeie geboue met ruimtes vir werkwinkels en dit is met mure van die res van die stad geskei. In teenstelling daarmee was die Anu-distrik op ’n terras gebou met ’n tempel bo-op. Dit is duidelik dat Eanna aan Inanna gewy was van die vroegste Uruk-tydperk dwarsdeur die stad se geskiedenis. Die res van die stad het bestaan uit tipiese huise met ’n binnehof wat in distrikte om Eanna en Anu volgens die beroep van die inwoners gegroepeer was. Uruk het ’n kanaalstelsel gehad wat al beskryf is as "Venesië in die woestyn". Dié kanaalstelsel het deur die hele stad gevloei en dit verbind met die rivierhandel aan die antieke Eufraat sowel as aan die omringende landbougordel.

Die oorspronklike stad Uruk was geleë suidwes van die antieke Eufraat, wat nou droog is. Die terrein Warka is tans noordoos van die moderne Eufraat. Dié verandering in ligging is teweeggebring deur ’n verskuiwing van die rivier die een of ander tyd in die geskiedenis, en dit kon bygedra het tot die agteruitgang van Uruk.

Argeologiese vlakke van Uruk

Argeoloë het verskeie Uruk-stede ontdek wat in chronologiese volgorde bo-op mekaar gebou is.

  • Uruk XVIII: Eridu-tydperk (omstreeks 5000 v.C); die stigting van Uruk
  • Uruk XVIII-XVI: Laat Obeid-tydperk (4800-4200 v.C.)
  • Uruk XVI-X: Vroeë Uruk-tydperk (4000-3800 v.C.)
  • Uruk IX-VI: Middel-Uruk-tydperk (3800-3400 v.C.)
  • Uruk V-IV: Laat Uruk-tydperk (3400-3100 v.C.); die vroegste tempels van die Eanna-distrik is gebou
  • Uruk III: Jemdet Nasr-tydperk (3100-2900 v.C.); die stadsmuur van 9 km is gebou
  • Uruk II
  • Uruk I

Anu-distrik

Anu-ziggoerat / Wit Tempel

Die Anu-ziggoerat / Wit Tempel by Uruk. Die oorspronklike piramidevormige struktuur, die Anu-ziggoerat, dateer van omstreeks 4000 v.C. en die Wit Tempel is omstreeks 3500 v.C. bo-op gebou.

Die groot Anu-distrik is ouer as die Eanna-distrik, maar min oorblyfsels van geskrewe dokumente is daar gevind. Anders as die Eanna-distrik, bestaan dit uit ’n enkele, enorme terras, die Anu-ziggoerat wat aan die Sumeriese luggod An gewy is. Iewers in die Uruk III-tydperk is die enorme Wit Tempel bo-op die ziggoerat gebou. Onder die noordwestekant van die ziggoerat is ’n struktuur uit die Uruk VI-periode, die Steentempel, ontdek.

Die Steentempel is gebou van kalksteen en bitumen op ’n terras van vasgestampte grond en is met ’n kalkmesselklei gepleister. Die terras self is oor ’n geweefde rietmat, of giparu, gebou. Die struktuur is later ritueel vernietig en bedek met wisselende lae van klei en klip, en later met messelklei gevul.

Die Anu-ziggoerat is tydens die Uruk-tydperk (omstreeks 4000 v.C.) begin bou met ’n enorme grondhoop waarop ’n tempelkamer, of cella, gebou is, en is in 14 boufases uitgebrei. Dié fases is gemerk L tot A3 (L word soms X genoem). Die eerste fase het bestaan uit die bou van die cella met ’n terazzovloer. In fase E, wat ooreenstem met die Uruk III-tydperk (omstreeks 3000 v.C.), is die Wit Tempel gebou. Dit kon van ver af gesien word oor die vlakte van Sumer, want dit was 21 m van die grond af en bedek met ’n gipspleister wat die sonlig soos ’n spieël weerkaats het. Om dié rede word geglo die Wit Tempel was ’n simbool van Uruk se politieke mag in dié tyd.

Benewens die tempel het die Anu-ziggoerat ’n enorme trap van kalksteen gehad wat in godsdiensoptogte gebruik is. ’n Trog wat parallel met die trap geloop het, het water uit die ziggoerat dreineer.

Eanna-distrik

Eanna IVa (ligbruin) en IVb (donkerbruin).

Die Eanna-distrik is histories belangrik omdat beide skrif en monumentale openbare geboue tydens die tydperke Uruk VI-IV hier ontstaan het. Die kombinasie van dié twee ontwikkelings maak Eanna stellig die eerste ware stad en beskawing in die mens se geskiedenis. Eanna van die IVa-tydperk bevat die vroegste vorme van wigskrif en moontlik die eerste skryfwerk in die geskiedenis. Hoewel sommige van die wigskriftablette al ontsyfer is, maak probleme met uitgrawings die doel en soms selfs die struktuur van baie geboue onduidelik.

Die eerste gebou van Eanna, die Steenkëel- of Mosaïektempel, is in die VI-tydperk bo-op ’n bestaande Obeid-tempel gebou en was omring deur ’n kalksteenmuur met ’n ingewikkelde stelsel van stutmure. Die tempel, wat genoem is na die mosaïek van gekleurde stene in die fasade, kon die eerste waterkultus in Mesopotamië gewees het. Dit is in die Uruk IVb-tydperk afgebreek en sy inhoud is in die Riemchen-gebou gebruik.

’n Silinderseël en afdruk daarmee uit die Uruk-tydperk, omstreeks 3100 v.C. Louvre.
Tablet van Uruk III (omstreeks 3200-3000 v.C.) oor die verspreiding van bier uit die stoorkamer van ’n instelling. Britse Museum.

In die volgende tydperk, Uruk V, is die Kalksteentempel sowat 100 m oos van die Mosaïektempel gebou op ’n 2 m hoë terras van vasgestampte grond waar ’n Obeid-tempel eers gestaan het. Dit dui, nes die Mosaïektempel, op ’n voortsetting van die Obeid-kultuur. Die Kalksteentempel was egter besonders vanweë sy grootte en die gebruik van stene, en dui op ’n afwyking van die tradisionele Obeid-argitektuur. Die kalksteen is verkry van ’n steengroef by Oemajjad sowat 60 km oos van Uruk. Dit is onduidelik of die hele tempel met dié kalksteen gebou is of net die fondament. Nes die Mosaïektempel was dit met mosaïekwerk bedek. Albei tempels was reghoekig en hulle hoeke het na die verskillende windrigting gewys; ’n sentrale saal het twee kleiner sale weerskante gehad en die fasades het stutmure gehad. Hulle was tipies van alle toekomstige Mesopotamiese tempelargitektuur.

Tussen dié twee monumentale strukture is ’n kompleks geboue (genoem A-C, E-K, Riemchen en Keëlmosaiëk), binnehowe en mure tydens Eanna IVb gebou. Dit is opgerig in ’n tydperk van groot uitbreidings aan die stad terwyl Uruk gegroei het tot 250 hektaar en handel oor lang afstande gevestig is; hulle is ’n voortsetting van argitektuur uit die vorige tydperk. Die Riemchen-gebou, wat genoem is na die 16×16 cm-steenvorm wat in Duits Riemchen genoem word, is ’n gedenkgebou met ’n rituele vuur wat permanent in die middel gebrand het vir die Mosaïektempel nadat dit afgebreek is. Om dié rede verteenwoordig die Uruk IV-tydperk ’n reoriëntasie van geloof en kultuur. Die Riemchen-stene wat in die tempel gebruik is, is vir alle geboue van die Uruk IV-tydperk in Eanna aangewend. Die gebruik van gekleurde keëls vir fasades is ook ontwikkel. Die Riemchen-gebou was die mees monumentele gebou in Eanna – dit is later ritueel vernietig en die hele Eanna-distrik is in die IVa-tydperk op ’n nog groter skaal herbou.

Tydens Eanna IVa is die Kalksteentempel afgebreek en die Rooi Tempel op sy fondament gebou. Die puin van die Uruk IVb-geboue is gebruik vir die bou van ’n terras, die L-vormige Terras, waarop geboue C, D, M, Groot Saal en Pilaarsaal gebou is. Eers is vermoed gebou E was ’n paleis, maar dit het later ’n gemeeskapsgebou blyk te wees. Die indrukwekkende geboue van dié tydperk is gebou terwyl Uruk sy hoogtepunt bereik en tot 600 hektaar uitgebrei het. Al die geboue van Eanna IVa is die een of ander tyd tydens Uruk III afgebreek, om ’n rede wat nie duidelik is nie.

Die argitektuur van Eanna in die III-tydperk was baie anders as tevore. Die kompleks monumentale tempels is vervang met baddens om die Groot Binnehof en die doolhofagtige Gebou van Vasgestampte Grond. Dié tydperk stem ooreen met die Vroegdinastiese Sumer omstreeks 2900 v.C., ’n tyd van groot sosiale omwenteling toe Uruk se oorheersing deur mededingende stadstate bedreig is. Die fortagtige geboue van dié tyd is ’n weerspieëling van dié onrus. Die tempel van Inanna is steeds gebruik in ’n nuwe vorm en met ’n nuwe naam, die Huis van Inanna in Uruk (Sumeries: e2-dinanna unuki-ga). Die ligging van dié struktuur is tans onbekend.

Uruk tot in die laat oudheid

Die gedeeltelik herboude fasade en toegangstrap van die Ziggoerat van Ur, wat oorspronklik in die Neo-Sumeriese tydperk, omstreeks 2100 v.C., deur Ur-Nammu laat bou is.

Hoewel Uruk in die Vroegdinastiese Sumer ’n vooruitstrewende stad was, is dit eindelik deur die Akkadiese Ryk geannekseer en het dit agteruitgegaan. Later, in die Neo-Sumeriese tydperk, het die stad ’n heroplewing beleef as ’n groot ekonomiese en kulturele sentrum onder die soewereiniteit van Ur. Die Eanna-distrik is herstel as deel van ’n ambisieuse bouprogram, wat ’n nuwe tempel vir Inanna ingesluit het. Die tempel het ’n ziggoerat bevat: die "Huis van die Heelal" (wigskrif: E2.SAR.A), wat noordoos van die Eanna-ruïnes van die Uruk-tydperk gestaan het.

Die ziggoerat is ook die Ur-Nammu-ziggoerat genoem, na sy bouer, Ur-Nammu. Ná die val van Ur (omstreeks 2000 v.C.), het Uruk vinning agteruitgegaan tot omstreeks 850 v.C., toe die Nieu-Assiriese Ryk dit as ’n provinsiale hoofstad geannekseer het. Onder die Nieu-Assiriese en Neo-Babiloniese Ryk het Uruk baie van sy voormalige glorie herwin. Teen 250 v.C. is ’n nuwe tempelkompleks, die "Hooftempel" (Akkadies: Bīt Reš), noordoos van die Uruk-tydperk se Anu-distrik gebou. Die Bīt Reš en die tempel Esagila was die twee hoofsentrums van Neo-Babiloniese sterrekunde. Al die tempels en kanale is ook herstel. Uruk was in dié tyd verdeel in vyf hoofdistrikte: dié van Adad-tempel, Koninklike Vrugteboord, Ištar-poort, Lugalirra-tempel en Sjamasj-poort.

Uruk, wat as Orcha (Ὄρχα) aan die Grieke bekend was, het steeds in die Seleukidiese Ryk floreer. Dit was toe 300 hektaar groot en het dalk 40 000 inwoners gehad. In 200 v.C. is die "Groot Heiligdom" (wigskrif: E2.IRI12.GAL; Sumeries: eš-gal) van Isjtar tussen die Anu- en Eanna-distrik gebou. Die ziggoerat van die tempel van Anu, wat in dié tydperk herbou is, was die grootste wat ooit in Mesopotamië gebou is. Toe die Seleukiede Mesopotamië in 141 v.C. aan die Partiërs afstaan, het Uruk weer agteruitgegaan en nooit herstel nie. Die val van Uruk kon deels aan die verskuiwing van die Eufraat te wyte gewees het. Teen 300 n.C. was Uruk hoofsaaklik verlate, maar ’n groep Mandeërs het hulle daar gevestig. Teen omstreeks 700 n.C. was die terrein heeltemal verlate.

  1. Sumeries:𒀕𒆠, unugki; Akkadies:𒌷𒀕 of 𒌷𒀔, Uruk (URUUNUG); Arabies: وركاء of أوروك, Warkāʼ of Auruk; Siries: ܐܘܿܪܘܿܟ,‘Úrūk; Hebreeus: אֶרֶךְ; Grieks: Ὀρχόη, Orkhóē
  1. Harmansah, 2007
  2. Nissen, Hans J (2003). "Uruk and the formation of the city". In Aruz, J (red.). Art of the First Cities: The Third Millennium B.C. from the Mediterranean to the Indus. New York: Metropolitan Museum of Art. pp. 11–20. ISBN 9780300098839.
  3. Algaze, Guillermo (2013). "The end of prehistory and the Uruk period". In Crawford, Harriet (red.). (PDF). London: Routledge. pp. 68–95. ISBN 9781138238633. Besoek op26 July 2020.
  4. Warwick Ball, 2001, Rome in the East: the transformation of an empire, p. 89.
  5. Tertius Chandler, Four Thousand Years of Urban Growth: An Historical Census, Edwin Mellen Press, 1987,ISBN 0-88946-207-0
  6. Asimov, I. (1968) The Near East, Boston: Houghton Mifflin, pp. 16–18
  7. Beaulieu, 2003
  8. Fassbinder, 2003
  9. Charvát 2002, p.119
  10. Crüsemann, Nicola; Ess, Margarete van; Hilgert, Markus; Salje, Beate; Potts, Timothy (2019). (in Engels). Getty Publications. p. 325. ISBN 978-1-60606-444-3.
  11. Charvát, 2002 p.126
  12. Baker, 2009
  13. R. van der Spek, “The Latest on Seleucid Empire Building in the East.” Journal of the American Oriental Society 138.2 (2018): 385–94.
  14. R. van der Spek, “Feeding Hellenistic Seleucia on the Tigris.” In Feeding the Ancient Greek City, reds. R. Alston & O. van Nijf, 36. Leuven ; Dudley, MA: Peeters Publishers, 2008.
  15. According to some finds of Mandaic incantation bowls, Rudolf Macuch, "Gefäßinschriften," in Eva Strommenger (red.), Gefässe aus Uruk von der Neubabylonischen Zeit bis zu den Sasaniden (= Ausgrabungen der deutschen Forschungsgemeinschaft in Uruk-Warka 7) (Berlin: Gebr. Mann, 1967), pp. 55–57, pl. 57.1–3.

Bronne

  • Baker, H.D. "The Urban Landscape in First Millennium BC Babylonia". University of Vienna.Cite journal requires |journal= (help)
  • Beaulieu, Paul-Alain (2003). . BRILL. p. 424. ISBN 90-04-13024-1.
  • Charvát, Petr; Zainab Bahrani; Marc Van de Mieroop (2002). . Londen: Routledge. p. 281. ISBN 0-415-25104-4.
  • Fassbinder, J.W.E., en H. Becker, Magnetometry at Uruk (Iraq): The city of King Gilgamesh, Archaeologia Polona, vol. 41, pp. 122–124, 2003
  • Harmansah, Ömür (2007-12-03). . Geargiveer vanaf op 2012-07-12. Besoek op2011-08-28.

Uruk
uruk, nota, antieke, stad, sumer, later, babilonië, geleë, huidige, eufraatrivier, hedendaagse, samawah, irak, tipeterrein, tydperk, groot, gespeel, vroeë, verstedeliking, sumer, middel, millennium, teen, laaste, fase, tydperk, omstreeks, 3100, stad, inwoners,. Uruk nota 1 was n antieke stad van Sumer en later van Babilonie wat gelee was oos van die huidige Eufraatrivier 30 km oos van die hedendaagse Samawah in Irak 1 Uruk is die tipeterrein van die Uruk tydperk Dit het n groot rol gespeel in die vroee verstedeliking van Sumer in die middel 4de millennium v C Teen die laaste fase van die Uruk tydperk omstreeks 3100 v C kon die stad 40 000 inwoners gehad het 2 met 80 000 tot 90 000 mense wat in die omgewing gewoon het 3 Dit maak dit die grootste stedelike gebied van die tyd in die wereld Uruk 𒀕𒆠 Unugki Sumeries 𒌷𒀕 of 𒌷𒀔 Uruk Akkadies وركاء of أوروك Warkaʼ of Auruk Arabies Uruk in 2008 Land IrakSoort NedersettingStreek MesopotamieOppervlakte 6 km2GeskiedenisGestig 4de millennium v C Tydperk Uruk tydperk tot vroee MiddeleeueUnesco werelderfenisgebiedDeel van Ahwar van Suid IrakKriteria Gemeng iii v ix x Verwysing 1481 005Inskripsie 2016 40ste sessie Beskrywing Uruk Archaeological City Naam soos op die Werelderfenislys Die legendariese koning Gilgamesj het volgens die chronologie van die Sumeriese Koningslys hierna SKL genoem in die 27ste eeu v C oor Uruk regeer Die stad het omstreeks 2000 v C minder belangrik geword in die lig van die stryd tussen Babilonie en Elam maar dit was bewoon tot kort voor of na die Islamitiese verowerings van 633 638 n C Inhoud 1 Prominensie 1 1 Uruk tydperk 1 2 Geografiese faktore 2 Geskiedenis 2 1 Argeologiese vlakke van Uruk 2 2 Anu distrik 2 3 Eanna distrik 2 4 Uruk tot in die laat oudheid 3 Notas 4 Verwysings 4 1 Bronne 5 SkakelsProminensie Wysig Die uitbreiding van Uruk en sy koloniale buiteposte omstreeks 3600 3200 v C In mites en die letterkunde was Uruk beroemd as die hoofstad van Gilgamesj held van die Heldedig van Gilgamesj Daar word ook geglo dit was die Bybelse stad Erek Genesis 10 10 die tweede stad wat deur Nimrod in Sinar gestig is 4 Uruk tydperk Wysig Uruk was nie net een van die eerste stede nie maar het ook n belangrike rol gespeel in die verstedeliking en eerste staatsvorming in die Uruk tydperk of Uruk uitbreiding 4000 3200 v C In die tydperk van 800 jaar was daar n verskuiwing van klein landboudorpies tot n groter stedelike sentrum met n voltyse burokrasie militere mag en gemeenskap wat uit lae bestaan het Hoewel daar in die tyd ook ander nedersettings was was hulle gwoonlik sowat 10 hektaar terwyl Uruk aansienlik groter en komplekser was Die kultuur van die Uruk tydperk wat deur Sumeriese handelaars en koloniste na ander streke gebring is het n uitwerking op al die omringende volke gehad wat geleidelik hulle eie vergelykbare en mededingende ekonomiee en kulture gevestig het Eindelik kon Uruk nie langafstandbeheer oor kolonies soos Tell Brak met militere mag behou nie Geografiese faktore Wysig n Kaart van Sumer Geografiese faktore het gehelp in Uruk se ongekende groei Die stad was aan die Eufraatrivier gelee in die suidelike deel van Mesopotamie n antieke terrein van die beskawing Deur die geleidelike domestikering van graan uit die Zagrosberge en uitgebreide besproeiingstegnieke was n groot verskeidenheid eetbare plante beskikbaar Die domestikering van graan en die stad se nabyheid aan riviere het Uruk gehelp om redelik maklik te groei tot een van die grootste Sumeriese nedersettings wat beide bevolking en oppervlakte betref 5 Uruk se landbousurplusse en groot bevolking het prosesse vergemaklik soos handel die spesialisering van kunsartikels en die ontwikkeling van skryfstelsels skryf kon omstreeks 3300 v C in Uruk ontstaan het 6 Bewyse uit uitgrawings soos pottebakkersware en die vroegste bekende skryftablette steun die ontwikkelings Uitgrawings by Uruk is baie kompleks want ouer geboue is deur nuwes vervang en dit maak die lae van verskillende historiese tydperke onduidelik Die heel boonste laag het waarskynlik in die Jemdet Nasr tydperk 3100 2900 v C ontstaan en is gebou op strukture van vroeere tydperke wat dateer van die Obeid tydperk Geskiedenis Wysig Aanbiddingstoneel vir Inanna Warka vaas omstreeks 3200 3000 v C Uruk Dit is een van die vroegste bestaande werke van verhalende reliefpottebakkery Volgens die SKL is Uruk deur koning Enmerkar gestig Hoewel die koningslys n koning van Eanna voor hom noem vertel die epos Enmerkar en die Meester van Aratta dat Enmerkar die Hemelhuis Sumeries e2 anna wigskrif 𒂍𒀭 E2 AN vir die godin Inanna in die Eannadistrik van Uruk gebou het In die Heldedig van Gilgamesj bou Gilgamesj die stadsmuur om Uruk en is hy die stad se koning Uruk het deur verskillende groeifases gegaan van die Vroee Uruk tydperk 4000 3500 v C tot die Laat Uruk tydperk 3500 3100 v C 1 Die stad is gestig toe twee kleiner Obeid nedersettings saamgesmelt het Die tempelkomplekse in hulle kern het die Eanna en Anu distrikte geword wat onderskeidelik aan Inanna en Anu gewy was 1 Die Eanna distrik was saamgestel uit verskeie geboue met ruimtes vir werkwinkels en dit is met mure van die res van die stad geskei In teenstelling daarmee was die Anu distrik op n terras gebou met n tempel bo op Dit is duidelik dat Eanna aan Inanna gewy was van die vroegste Uruk tydperk dwarsdeur die stad se geskiedenis 7 Die res van die stad het bestaan uit tipiese huise met n binnehof wat in distrikte om Eanna en Anu volgens die beroep van die inwoners gegroepeer was Uruk het n kanaalstelsel gehad wat al beskryf is as Venesie in die woestyn 8 Die kanaalstelsel het deur die hele stad gevloei en dit verbind met die rivierhandel aan die antieke Eufraat sowel as aan die omringende landbougordel Die oorspronklike stad Uruk was gelee suidwes van die antieke Eufraat wat nou droog is Die terrein Warka is tans noordoos van die moderne Eufraat Die verandering in ligging is teweeggebring deur n verskuiwing van die rivier die een of ander tyd in die geskiedenis en dit kon bygedra het tot die agteruitgang van Uruk Argeologiese vlakke van Uruk Wysig Argeoloe het verskeie Uruk stede ontdek wat in chronologiese volgorde bo op mekaar gebou is 9 Uruk XVIII Eridu tydperk omstreeks 5000 v C die stigting van Uruk Uruk XVIII XVI Laat Obeid tydperk 4800 4200 v C Uruk XVI X Vroee Uruk tydperk 4000 3800 v C Uruk IX VI Middel Uruk tydperk 3800 3400 v C Uruk V IV Laat Uruk tydperk 3400 3100 v C die vroegste tempels van die Eanna distrik is gebou Uruk III Jemdet Nasr tydperk 3100 2900 v C die stadsmuur van 9 km is gebou Uruk II Uruk IAnu distrik Wysig Anu ziggoerat Wit Tempel Die Anu ziggoerat Wit Tempel by Uruk Die oorspronklike piramidevormige struktuur die Anu ziggoerat dateer van omstreeks 4000 v C en die Wit Tempel is omstreeks 3500 v C bo op gebou 10 Die groot Anu distrik is ouer as die Eanna distrik maar min oorblyfsels van geskrewe dokumente is daar gevind Anders as die Eanna distrik bestaan dit uit n enkele enorme terras die Anu ziggoerat wat aan die Sumeriese luggod An gewy is Iewers in die Uruk III tydperk is die enorme Wit Tempel bo op die ziggoerat gebou Onder die noordwestekant van die ziggoerat is n struktuur uit die Uruk VI periode die Steentempel ontdek Die Steentempel is gebou van kalksteen en bitumen op n terras van vasgestampte grond en is met n kalkmesselklei gepleister Die terras self is oor n geweefde rietmat of giparu gebou Die struktuur is later ritueel vernietig en bedek met wisselende lae van klei en klip en later met messelklei gevul Die Anu ziggoerat is tydens die Uruk tydperk omstreeks 4000 v C begin bou met n enorme grondhoop waarop n tempelkamer of cella gebou is en is in 14 boufases uitgebrei Die fases is gemerk L tot A3 L word soms X genoem 11 Die eerste fase het bestaan uit die bou van die cella met n terazzovloer In fase E wat ooreenstem met die Uruk III tydperk omstreeks 3000 v C is die Wit Tempel gebou Dit kon van ver af gesien word oor die vlakte van Sumer want dit was 21 m van die grond af en bedek met n gipspleister wat die sonlig soos n spieel weerkaats het Om die rede word geglo die Wit Tempel was n simbool van Uruk se politieke mag in die tyd Benewens die tempel het die Anu ziggoerat n enorme trap van kalksteen gehad wat in godsdiensoptogte gebruik is n Trog wat parallel met die trap geloop het het water uit die ziggoerat dreineer Eanna distrik Wysig Eanna IVa ligbruin en IVb donkerbruin Die Eanna distrik is histories belangrik omdat beide skrif en monumentale openbare geboue tydens die tydperke Uruk VI IV hier ontstaan het Die kombinasie van die twee ontwikkelings maak Eanna stellig die eerste ware stad en beskawing in die mens se geskiedenis Eanna van die IVa tydperk bevat die vroegste vorme van wigskrif en moontlik die eerste skryfwerk in die geskiedenis Hoewel sommige van die wigskriftablette al ontsyfer is maak probleme met uitgrawings die doel en soms selfs die struktuur van baie geboue onduidelik Die eerste gebou van Eanna die Steenkeel of Mosaiektempel is in die VI tydperk bo op n bestaande Obeid tempel gebou en was omring deur n kalksteenmuur met n ingewikkelde stelsel van stutmure Die tempel wat genoem is na die mosaiek van gekleurde stene in die fasade kon die eerste waterkultus in Mesopotamie gewees het Dit is in die Uruk IVb tydperk afgebreek en sy inhoud is in die Riemchen gebou gebruik n Silinderseel en afdruk daarmee uit die Uruk tydperk omstreeks 3100 v C Louvre Tablet van Uruk III omstreeks 3200 3000 v C oor die verspreiding van bier uit die stoorkamer van n instelling Britse Museum In die volgende tydperk Uruk V is die Kalksteentempel sowat 100 m oos van die Mosaiektempel gebou op n 2 m hoe terras van vasgestampte grond waar n Obeid tempel eers gestaan het Dit dui nes die Mosaiektempel op n voortsetting van die Obeid kultuur Die Kalksteentempel was egter besonders vanwee sy grootte en die gebruik van stene en dui op n afwyking van die tradisionele Obeid argitektuur Die kalksteen is verkry van n steengroef by Oemajjad sowat 60 km oos van Uruk Dit is onduidelik of die hele tempel met die kalksteen gebou is of net die fondament Nes die Mosaiektempel was dit met mosaiekwerk bedek Albei tempels was reghoekig en hulle hoeke het na die verskillende windrigting gewys n sentrale saal het twee kleiner sale weerskante gehad en die fasades het stutmure gehad Hulle was tipies van alle toekomstige Mesopotamiese tempelargitektuur Tussen die twee monumentale strukture is n kompleks geboue genoem A C E K Riemchen en Keelmosaiek binnehowe en mure tydens Eanna IVb gebou Dit is opgerig in n tydperk van groot uitbreidings aan die stad terwyl Uruk gegroei het tot 250 hektaar en handel oor lang afstande gevestig is hulle is n voortsetting van argitektuur uit die vorige tydperk Die Riemchen gebou wat genoem is na die 16 16 cm steenvorm wat in Duits Riemchen genoem word is n gedenkgebou met n rituele vuur wat permanent in die middel gebrand het vir die Mosaiektempel nadat dit afgebreek is Om die rede verteenwoordig die Uruk IV tydperk n reorientasie van geloof en kultuur Die Riemchen stene wat in die tempel gebruik is is vir alle geboue van die Uruk IV tydperk in Eanna aangewend Die gebruik van gekleurde keels vir fasades is ook ontwikkel Die Riemchen gebou was die mees monumentele gebou in Eanna dit is later ritueel vernietig en die hele Eanna distrik is in die IVa tydperk op n nog groter skaal herbou Tydens Eanna IVa is die Kalksteentempel afgebreek en die Rooi Tempel op sy fondament gebou Die puin van die Uruk IVb geboue is gebruik vir die bou van n terras die L vormige Terras waarop geboue C D M Groot Saal en Pilaarsaal gebou is Eers is vermoed gebou E was n paleis maar dit het later n gemeeskapsgebou blyk te wees Die indrukwekkende geboue van die tydperk is gebou terwyl Uruk sy hoogtepunt bereik en tot 600 hektaar uitgebrei het Al die geboue van Eanna IVa is die een of ander tyd tydens Uruk III afgebreek om n rede wat nie duidelik is nie Die argitektuur van Eanna in die III tydperk was baie anders as tevore Die kompleks monumentale tempels is vervang met baddens om die Groot Binnehof en die doolhofagtige Gebou van Vasgestampte Grond Die tydperk stem ooreen met die Vroegdinastiese Sumer omstreeks 2900 v C n tyd van groot sosiale omwenteling toe Uruk se oorheersing deur mededingende stadstate bedreig is Die fortagtige geboue van die tyd is n weerspieeling van die onrus Die tempel van Inanna is steeds gebruik in n nuwe vorm en met n nuwe naam die Huis van Inanna in Uruk Sumeries e2 dinanna unuki ga Die ligging van die struktuur is tans onbekend 7 Uruk tot in die laat oudheid Wysig Die gedeeltelik herboude fasade en toegangstrap van die Ziggoerat van Ur wat oorspronklik in die Neo Sumeriese tydperk omstreeks 2100 v C deur Ur Nammu laat bou is Hoewel Uruk in die Vroegdinastiese Sumer n vooruitstrewende stad was is dit eindelik deur die Akkadiese Ryk geannekseer en het dit agteruitgegaan Later in die Neo Sumeriese tydperk het die stad n heroplewing beleef as n groot ekonomiese en kulturele sentrum onder die soewereiniteit van Ur Die Eanna distrik is herstel as deel van n ambisieuse bouprogram wat n nuwe tempel vir Inanna ingesluit het Die tempel het n ziggoerat bevat die Huis van die Heelal wigskrif E2 SAR A wat noordoos van die Eanna ruines van die Uruk tydperk gestaan het Die ziggoerat is ook die Ur Nammu ziggoerat genoem na sy bouer Ur Nammu Na die val van Ur omstreeks 2000 v C het Uruk vinning agteruitgegaan tot omstreeks 850 v C toe die Nieu Assiriese Ryk dit as n provinsiale hoofstad geannekseer het Onder die Nieu Assiriese en Neo Babiloniese Ryk het Uruk baie van sy voormalige glorie herwin Teen 250 v C is n nuwe tempelkompleks die Hooftempel Akkadies Bit Res noordoos van die Uruk tydperk se Anu distrik gebou Die Bit Res en die tempel Esagila was die twee hoofsentrums van Neo Babiloniese sterrekunde Al die tempels en kanale is ook herstel Uruk was in die tyd verdeel in vyf hoofdistrikte die van Adad tempel Koninklike Vrugteboord Istar poort Lugalirra tempel en Sjamasj poort 12 Uruk wat as Orcha Ὄrxa aan die Grieke bekend was het steeds in die Seleukidiese Ryk floreer Dit was toe 300 hektaar groot en het dalk 40 000 inwoners gehad 12 13 14 In 200 v C is die Groot Heiligdom wigskrif E2 IRI12 GAL Sumeries es gal van Isjtar tussen die Anu en Eanna distrik gebou Die ziggoerat van die tempel van Anu wat in die tydperk herbou is was die grootste wat ooit in Mesopotamie gebou is 14 Toe die Seleukiede Mesopotamie in 141 v C aan die Partiers afstaan het Uruk weer agteruitgegaan en nooit herstel nie Die val van Uruk kon deels aan die verskuiwing van die Eufraat te wyte gewees het Teen 300 n C was Uruk hoofsaaklik verlate maar n groep Mandeers het hulle daar gevestig 15 Teen omstreeks 700 n C was die terrein heeltemal verlate Notas Wysig Sumeries 𒀕𒆠 unugki Akkadies 𒌷𒀕 of 𒌷𒀔 Uruk URUUNUG Arabies وركاء of أوروك Warkaʼ of Auruk Siries ܐܘ ܪܘ ܟ Uruk Hebreeus א ר ך Grieks Ὀrxoh OrkhoeVerwysings Wysig 1 0 1 1 1 2 Harmansah 2007 Nissen Hans J 2003 Uruk and the formation of the city In Aruz J red Art of the First Cities The Third Millennium B C from the Mediterranean to the Indus New York Metropolitan Museum of Art pp 11 20 ISBN 9780300098839 Algaze Guillermo 2013 The end of prehistory and the Uruk period In Crawford Harriet red The Sumerian World PDF London Routledge pp 68 95 ISBN 9781138238633 Besoek op 26 July 2020 Warwick Ball 2001 Rome in the East the transformation of an empire p 89 Tertius Chandler Four Thousand Years of Urban Growth An Historical Census Edwin Mellen Press 1987 ISBN 0 88946 207 0 Asimov I 1968 The Near East Boston Houghton Mifflin pp 16 18 7 0 7 1 Beaulieu 2003 Fassbinder 2003 Charvat 2002 p 119 Crusemann Nicola Ess Margarete van Hilgert Markus Salje Beate Potts Timothy 2019 Uruk First City of the Ancient World in Engels Getty Publications p 325 ISBN 978 1 60606 444 3 Charvat 2002 p 126 12 0 12 1 Baker 2009 R van der Spek The Latest on Seleucid Empire Building in the East Journal of the American Oriental Society 138 2 2018 385 94 14 0 14 1 R van der Spek Feeding Hellenistic Seleucia on the Tigris In Feeding the Ancient Greek City reds R Alston amp O van Nijf 36 Leuven Dudley MA Peeters Publishers 2008 According to some finds of Mandaic incantation bowls Rudolf Macuch Gefassinschriften in Eva Strommenger red Gefasse aus Uruk von der Neubabylonischen Zeit bis zu den Sasaniden Ausgrabungen der deutschen Forschungsgemeinschaft in Uruk Warka 7 Berlin Gebr Mann 1967 pp 55 57 pl 57 1 3 Bronne Wysig Baker H D The Urban Landscape in First Millennium BC Babylonia University of Vienna Cite journal requires journal help Beaulieu Paul Alain 2003 The Pantheon of Uruk During the Neo Babylonian Period BRILL p 424 ISBN 90 04 13024 1 Charvat Petr Zainab Bahrani Marc Van de Mieroop 2002 Mesopotamia Before History Londen Routledge p 281 ISBN 0 415 25104 4 Fassbinder J W E en H Becker Magnetometry at Uruk Iraq The city of King Gilgamesh Archaeologia Polona vol 41 pp 122 124 2003 Harmansah Omur 2007 12 03 The Archaeology of Mesopotamia Ceremonial centers urbanization and state formation in Southern Mesopotamia Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2012 07 12 Besoek op 2011 08 28 Skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Uruk Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Uruk amp ol,