×
Uranus se ringe

Uranus se ringe is nie so ingewikkeld soos die ringstelsels van Saturnus nie, maar ook nie so eenvoudig soos dié van Jupiter en Neptunus nie. Uranus se ringe is op 10 Maart 1977 deur James L. Elliot, Edward W. Dunham en Douglas J. Mink ontdek. Meer as 200 jaar gelede (in 1789) het William Herschel ook beweer hy het ringe gesien. Sommige moderne sterrekundiges twyfel of dit moontlik is omdat die ringe donker en dof is, terwyl ander nie so skepties is nie.

Uranus se ringstelsel. Soliede lyne dui die ringe aan en stippellyne die mane se wentelbane.

Teen 1978 is nege ringe geïdentifiseer. Nog twee ringe is in 1986 ontdek op foto's wat deur die Voyager 2-ruimtetuig geneem is, en twee buitenste ringe is in 2003–2005 gevind op foto's van die Hubble-ruimteteleskoop. Die 13 ringe word genoem, in die volgorde van die planeet af: 1986U2R/ζ, 6, 5, 4, α, β, η, γ, δ, λ, ε, ν en μ. Hul radiusse wissel van sowat 38 000 km vir die 1986U2R/ζ-ring tot sowat 98 000 km vir die μ-ring. Bykomende fyn stofbane en onvolledige boë kan tussen die hoofringe voorkom. Die ringe is besonder donker en bestaan waarskynlik uit waterys en ’n mate van organiese stof.

Die meeste van Uranus se ringe is ondeurskynend en net ’n paar kilometer breed. Die deeltjies waaruit die ringe bestaan, is hoofsaaklik 0,2–20 m in deursnee. Sommige ringe is egter dunner: die breë, dowwe 1986U2R/ζ-, μ- en ν-ring bestaan uit klein stofdeeltjies, terwyl die smal, dowwe λ-ring ook groter liggame bevat.

Daar word geglo Uranus se ringe is relatief nuut, nie meer as 600 miljoen jaar oud nie. Dit het waarskynlik ontstaan uit die botsing van ’n paar mane wat eers om die planeet gewentel het. Die mane het toe in klein deeltjies opgebreek.

Die eienskappe van die smaller ringe is nie goed bekend nie. Aanvanklik is gemeen dat elke smal ring twee "herdersmane" (wat materie aantrek en afstoot) het wat hul vorm aan hulle gee, maar in 1986 het Voyager 2 ontdek daar bestaan net een sodanige "herderspaar": Cordelia en Ophelia rondom die helderste ring (ε).

Inhoud

Die eerste vermelding van ’n moontlike ring om Uranus is gemaak deur William Herschel, wat op 22 Februarie 1789 geskryf het: "’n Ring word vermoed." Hy het ’n klein diagram geteken en aangedui dat dit "effens na rooi neig". Die Keck-teleskoop in Hawaii het sedertdien bevestig dat dit die geval is, minstens vir die ν-ring. In die twee eeue tussen 1789 en 1977 is selde, indien ooit, na die ringe verwys. Dit laat twyfel ontstaan of Herschel iets kon gesien het terwyl honderde sterrekundiges ná hom niks gesien het nie. Tog meen sommige wetenskaplikes dat Herschel akkurate beskrywings gegee het van die ν-ring se grootte in vergelyking met dié van Uranus, asook sy veranderinge soos wat Uranus om die Son wentel en sy kleur.

Die bevestigde ontdekking van die ringe deur Elliot, Dunham en Mink het op 10 Maart 1977 plaasgevind met behulp van die Kuiper-lugsterrewag, en dit was bloot toevallig. Hulle wou die verduistering van die ster SAO 158687 by Uranus gebruik om die planeet se atmosfeer te bestudeer. Hulle het waargeneem dat die ster vyf keer vir kort rukkies voor en ná die verduistering verdwyn het. Hulle het afgelei dat ’n stelsel van smal ringe om die planeet bestaan. Die vyf verduisterings is aangedui deur die Griekse letters α, β, γ, δ en ε. Dit word sedertdien vir die name van die ringe gebruik. Later het hulle nog vier ringe ontdek: een tussen die β- en γ-ring en drie binne die α-ring. Eersgenoemde is die η-ring genoem en die ander ringe 4, 5 en 6, na die verduisterings in ’n sekere verslag. Uranus se ringstelsel was die eerste een wat ontdek is ná dié van Saturnus.

Voyager 2 het die ringe in 1986 afgeneem toe dit deur die ringstelsel gevlieg het. Nog twee dowwe ringe is ontdek, wat die totaal op 11 te staan gebring het. Die Hubble-ruimteteleskoop het in 2003–2005 ’n verdere twee ringe ontdek, wat die totaal op 13 te staan gebring het. Boonop het Hubble twee onbekende mane vir die eerste keer afgeneem. Een van hulle, Mab, deel sy wentelbaan met die buitenste, nuut ontdekte ring.

Uranus se binneste ringe. Die helder buitenste ring is die ε-ring; nog agt ringe is ook sigbaar.

Die ringe kan verdeel word in drie groepe: nege smal hoofringe (6, 5, 4, α, β, η, γ, δ, ε), twee stowwerige ringe (1986U2R/ζ, λ) en twee buitenste ringe (μ, ν). Die ringe bestaan hoofsaaklik uit makroskopiese deeltjies, asook ’n bietjie stof, hoewel meer stof teenwoordig is in 1986U2R/ζ, η, δ, λ, ν en μ. Benewens dié 13 ringe kan daar ook verskeie dun stofbande en dowwe ringe wees. Hierdie dowwe ringe bestaan dalk net tydelik, of bestaan uit ’n paar aparte boë wat soms tydens verduisterings gesien word.

In die geheel verskil Uranus se ringstelsel van beide Jupiter se dowwe, stowwerige ringe en Saturnus se breë, komplekse ringe, waarvan sommige uit baie helder waterys bestaan. Daar is egter ooreenkomste met sommige dele van laasgenoemde stelsel: die ε-ring en Saturnus se F-ring is albei smal, relatief donker en word deur twee mane beïnvloed. Die nuut ontdekte buitenste ringe van Uranus stem ooreen met die buitenste G- en E-ring van Saturnus. Smal ringetjies in die breë Saturnus-ringe stem ook ooreen met die smal ringe van Uranus. Daarby kan die stofbane tussen die hoofringe van Uranus soortgelyk wees aan die ringe van Jupiter.

Hierdie tabel toon van die eienskappe van Uranus se ringstelsel aan.

Naam Radius (km) Breedte (km)
ζcc 26 840–34 890 8 000
ζc 34 890–37 850 3 000
1986U2R 37 000–39 500 2 500
ζ 37 850–41 350 3 500
6 41 837 1.6–2.2
5 42 234 1.9–4.9
4 42 570 2.4–4.4
α 44 718 4.8–10.0
β 45 661 6.1–11.4
η 47 175 1.9–2.7
ηc 47 176 40
γ 47 627 3.6–4.7
δc 48 300 10–12
δ 48 300 4.1–6.1
λ 50 023 1–2
ε 51 149 19.7–96.4
ν 66 100–69 900 3 800
μ 86 000–103 000 17 000
  1. Rincon, Paul (18 April 2007). (in Engels). BBC News. vanaf die oorspronklike op 23 September 2019. Besoek op23 Januarie 2012.
  2. de Pater, Imke (2007). "The Dark Side of the Rings of Uranus". Science. 317 (5846): 1888–1890. Bibcode:. doi:. PMID .Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (help)
  3. . Physorg.com. 2007. Besoek op2007-06-20.
  4. Elliot, J.L. (1977). . International Astronomical Union, Circular No. 3051.Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (help)
  5. Elliot, J.L. (1977). . Nature. 267 (5609): 328–330. Bibcode:. doi:.Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (help)
  6. Nicholson, P. D. (1978). "The Rings of Uranus: Results from 10 April 1978 Occultations". The Astronomical Journal. 83: 1240–1248. Bibcode:. doi:.Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (help)
  7. Millis, R.L. (1978). "The Occultation of BD −15 3969 by the Rings of Uranus". The Astronomical Journal. 83: 993–998. Bibcode:. doi:.Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (help)
  8. Esposito, L.W. (1989). "Creation of The Uranus Rings and Dust bands". Nature. 339 (6226): 605–607. Bibcode:. doi:.Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (help)
  9. . Hubblesite (in Engels). 2005. vanaf die oorspronklike op 7 November 2016. Besoek op9 Junie 2007.
  10. "". Interplanetary Dust. (2001). Ed. Grun, E.; Gustafson, B. A. S.; Dermott, S. T.; Fechtig H.. Springer. 641–725.
  11. Lane, Arthur L. (1986). "Photometry from Voyager 2: Initial results from the uranian atmosphere, satellites and rings". Science. 233 (4759): 65–69. Bibcode:. doi:. PMID .Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (help)
  12. dePater, Imke (2006). "New Dust Belts of Uranus: One Ring, Two Ring, Red Ring, Blue Ring". Science. 312 (5770): 92–94. Bibcode:. doi:. PMID .Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (help)
  • by

Publikasie datum: Augustus 09, 2021

uranus, ringe, ingewikkeld, soos, ringstelsels, saturnus, maar, eenvoudig, soos, dié, jupiter, neptunus, maart, 1977, deur, james, elliot, edward, dunham, douglas, mink, ontdek, meer, jaar, gelede, 1789, william, herschel, beweer, ringe, gesien, sommige, moder. Uranus se ringe is nie so ingewikkeld soos die ringstelsels van Saturnus nie maar ook nie so eenvoudig soos die van Jupiter en Neptunus nie Uranus se ringe is op 10 Maart 1977 deur James L Elliot Edward W Dunham en Douglas J Mink ontdek Meer as 200 jaar gelede in 1789 het William Herschel ook beweer hy het ringe gesien Sommige moderne sterrekundiges twyfel of dit moontlik is omdat die ringe donker en dof is terwyl ander nie so skepties is nie 1 Uranus se ringstelsel Soliede lyne dui die ringe aan en stippellyne die mane se wentelbane Teen 1978 is nege ringe geidentifiseer Nog twee ringe is in 1986 ontdek op foto s wat deur die Voyager 2 ruimtetuig geneem is en twee buitenste ringe is in 2003 2005 gevind op foto s van die Hubble ruimteteleskoop Die 13 ringe word genoem in die volgorde van die planeet af 1986U2R z 6 5 4 a b h g d l e n en m Hul radiusse wissel van sowat 38 000 km vir die 1986U2R z ring tot sowat 98 000 km vir die m ring Bykomende fyn stofbane en onvolledige boe kan tussen die hoofringe voorkom Die ringe is besonder donker en bestaan waarskynlik uit waterys en n mate van organiese stof Die meeste van Uranus se ringe is ondeurskynend en net n paar kilometer breed Die deeltjies waaruit die ringe bestaan is hoofsaaklik 0 2 20 m in deursnee Sommige ringe is egter dunner die bree dowwe 1986U2R z m en n ring bestaan uit klein stofdeeltjies terwyl die smal dowwe l ring ook groter liggame bevat Daar word geglo Uranus se ringe is relatief nuut nie meer as 600 miljoen jaar oud nie Dit het waarskynlik ontstaan uit die botsing van n paar mane wat eers om die planeet gewentel het Die mane het toe in klein deeltjies opgebreek Die eienskappe van die smaller ringe is nie goed bekend nie Aanvanklik is gemeen dat elke smal ring twee herdersmane wat materie aantrek en afstoot het wat hul vorm aan hulle gee maar in 1986 het Voyager 2 ontdek daar bestaan net een sodanige herderspaar Cordelia en Ophelia rondom die helderste ring e Inhoud 1 Ontdekking 2 Algemene eienskappe 3 Tabel 4 Verwysings 5 Eksterne skakelsOntdekking WysigDie eerste vermelding van n moontlike ring om Uranus is gemaak deur William Herschel wat op 22 Februarie 1789 geskryf het n Ring word vermoed 1 Hy het n klein diagram geteken en aangedui dat dit effens na rooi neig Die Keck teleskoop in Hawaii het sedertdien bevestig dat dit die geval is minstens vir die n ring 2 In die twee eeue tussen 1789 en 1977 is selde indien ooit na die ringe verwys Dit laat twyfel ontstaan of Herschel iets kon gesien het terwyl honderde sterrekundiges na hom niks gesien het nie Tog meen sommige wetenskaplikes dat Herschel akkurate beskrywings gegee het van die n ring se grootte in vergelyking met die van Uranus asook sy veranderinge soos wat Uranus om die Son wentel en sy kleur 3 Die bevestigde ontdekking van die ringe deur Elliot Dunham en Mink het op 10 Maart 1977 plaasgevind met behulp van die Kuiper lugsterrewag en dit was bloot toevallig Hulle wou die verduistering van die ster SAO 158687 by Uranus gebruik om die planeet se atmosfeer te bestudeer Hulle het waargeneem dat die ster vyf keer vir kort rukkies voor en na die verduistering verdwyn het Hulle het afgelei dat n stelsel van smal ringe om die planeet bestaan 4 5 Die vyf verduisterings is aangedui deur die Griekse letters a b g d en e 4 Dit word sedertdien vir die name van die ringe gebruik Later het hulle nog vier ringe ontdek een tussen die b en g ring en drie binne die a ring 6 Eersgenoemde is die h ring genoem en die ander ringe 4 5 en 6 na die verduisterings in n sekere verslag 7 Uranus se ringstelsel was die eerste een wat ontdek is na die van Saturnus 8 Voyager 2 het die ringe in 1986 afgeneem toe dit deur die ringstelsel gevlieg het Nog twee dowwe ringe is ontdek wat die totaal op 11 te staan gebring het Die Hubble ruimteteleskoop het in 2003 2005 n verdere twee ringe ontdek wat die totaal op 13 te staan gebring het Boonop het Hubble twee onbekende mane vir die eerste keer afgeneem Een van hulle Mab deel sy wentelbaan met die buitenste nuut ontdekte ring 9 Algemene eienskappe Wysig Uranus se binneste ringe Die helder buitenste ring is die e ring nog agt ringe is ook sigbaar Die ringe kan verdeel word in drie groepe nege smal hoofringe 6 5 4 a b h g d e twee stowwerige ringe 1986U2R z l 10 en twee buitenste ringe m n Die ringe bestaan hoofsaaklik uit makroskopiese deeltjies asook n bietjie stof hoewel meer stof teenwoordig is in 1986U2R z h d l n en m 10 Benewens die 13 ringe kan daar ook verskeie dun stofbande en dowwe ringe wees 11 Hierdie dowwe ringe bestaan dalk net tydelik of bestaan uit n paar aparte boe wat soms tydens verduisterings gesien word 11 In die geheel verskil Uranus se ringstelsel van beide Jupiter se dowwe stowwerige ringe en Saturnus se bree komplekse ringe waarvan sommige uit baie helder waterys bestaan Daar is egter ooreenkomste met sommige dele van laasgenoemde stelsel die e ring en Saturnus se F ring is albei smal relatief donker en word deur twee mane beinvloed Die nuut ontdekte buitenste ringe van Uranus stem ooreen met die buitenste G en E ring van Saturnus 12 Smal ringetjies in die bree Saturnus ringe stem ook ooreen met die smal ringe van Uranus Daarby kan die stofbane tussen die hoofringe van Uranus soortgelyk wees aan die ringe van Jupiter 10 Tabel WysigHierdie tabel toon van die eienskappe van Uranus se ringstelsel aan Naam Radius km Breedte km zcc 26 840 34 890 8 000zc 34 890 37 850 3 0001986U2R 37 000 39 500 2 500z 37 850 41 350 3 5006 41 837 1 6 2 25 42 234 1 9 4 94 42 570 2 4 4 4a 44 718 4 8 10 0b 45 661 6 1 11 4h 47 175 1 9 2 7hc 47 176 40g 47 627 3 6 4 7dc 48 300 10 12d 48 300 4 1 6 1l 50 023 1 2e 51 149 19 7 96 4n 66 100 69 900 3 800m 86 000 103 000 17 000Verwysings Wysig 1 0 1 1 Rincon Paul 18 April 2007 Uranus rings were seen in 1700s in Engels BBC News Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 September 2019 Besoek op 23 Januarie 2012 de Pater Imke 2007 The Dark Side of the Rings of Uranus Science 317 5846 1888 1890 Bibcode 2007Sci 317 1888D doi 10 1126 science 1148103 PMID 17717152 Onbekende parameter coauthors geignoreer help Did William Herschel Discover The Rings of Uranus in the 18th Century Physorg com 2007 Besoek op 2007 06 20 4 0 4 1 Elliot J L 1977 The Occultation of SAO 15 86687 by the Uranian Satellite Belt International Astronomical Union Circular No 3051 Onbekende parameter coauthors geignoreer help Elliot J L 1977 The rings of Uranus Nature 267 5609 328 330 Bibcode 1977Natur 267 328E doi 10 1038 267328a0 Onbekende parameter coauthors geignoreer help Nicholson P D 1978 The Rings of Uranus Results from 10 April 1978 Occultations The Astronomical Journal 83 1240 1248 Bibcode 1978AJ 83 1240N doi 10 1086 112318 Onbekende parameter coauthors geignoreer help Millis R L 1978 The Occultation of BD 15 3969 by the Rings of Uranus The Astronomical Journal 83 993 998 Bibcode 1978AJ 83 993M doi 10 1086 112281 Onbekende parameter coauthors geignoreer help Esposito L W 1989 Creation of The Uranus Rings and Dust bands Nature 339 6226 605 607 Bibcode 1989Natur 339 605E doi 10 1038 339605a0 Onbekende parameter coauthors geignoreer help Nasa s Hubble Discovers New Rings and Moons Around Uranus Hubblesite in Engels 2005 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 November 2016 Besoek op 9 Junie 2007 10 0 10 1 10 2 Dusty Rings and Circumplanetary Dust Observations and Simple Physics Interplanetary Dust 2001 Ed Grun E Gustafson B A S Dermott S T Fechtig H Springer 641 725 11 0 11 1 Lane Arthur L 1986 Photometry from Voyager 2 Initial results from the uranian atmosphere satellites and rings Science 233 4759 65 69 Bibcode 1986Sci 233 65L doi 10 1126 science 233 4759 65 PMID 17812890 Onbekende parameter coauthors geignoreer help dePater Imke 2006 New Dust Belts of Uranus One Ring Two Ring Red Ring Blue Ring Science 312 5770 92 94 Bibcode 2006Sci 312 92D doi 10 1126 science 1125110 PMID 16601188 Onbekende parameter coauthors geignoreer help Eksterne skakels WysigUranus Rings by Nasa s Solar System Exploration Uranus Rings Fact Sheet Gazeteer of Planetary Nomenclature Ring and Ring Gap Nomenclature Uranus USGS Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Uranus se ringe Hierdie artikel is hoofsaaklik vertaal uit die Engelse WikipediaDie Sonnestelsel Son Aardplanete Mercurius Venus Aarde Mars Gasreuse Jupiter Saturnus Ysreuse Uranus Neptunus Planete Reuseplanete Dwergplanete Pluto Ceres Haumea Makemake ErisMane Aarde Mars Kleinplanete Jupiter Saturnus Uranus Neptunus Pluto Haumea Eris Ringe Jupiter Saturnus Uranus NeptunusKlein Sonnestelselliggame Kleinplanete Asteroides Naby aarde voorwerpe Sentoure Trans Neptunus voorwerpe Komete Gordels en wolke Asteroidegordel Kuipergordel Verstrooide skyf Hillswolk OortwolkOntsluit van https af wikipedia org w index php title Uranus se ringe amp ol,