×
Uranus
Hierdie artikel handel oor die planeet Uranus. Vir ander betekenisse van die naam, sien Uranus (dubbelsinnig).

Uranus is die sewende planeet van die Son af. Dit is ’n ysreus met die derde grootste deursnee en vierde grootste massa in ons Sonnestelsel. Dit is genoem na die Griekse god van die lug, Uranos, en is die enigste planeet wat nie na ’n Romeinse god genoem is nie.

Uranus

Uranus, soos waargeneem deur die Voyager 2-wenteltuig op 16 Desember 1986.
Ontdekking
Ontdek deur William Herschel
Datum 13 Maart 1781
Wentelbaaneienskappe
Epog J2000
Afelium 20,083 305 26 AE
Perihelium 18,375 518 63 AE
Semihoofas 19,229 411 95 AE
Wentelperiode 30 799,095 dae
84,323 326 jaar
42 718 Uranus-sondae
Gem. omwentelingspoed 6,81 km/s
Hellingshoek 0,772 556° (tot Ekliptika)
6,48° (tot die son se ewenaar)
1,02° (tot onveranderbare vlakte)
Lengteligging van stygende nodus 73,989 821°
Periheliumhoek 96,541 318°
Natuurlike satelliete 27
Fisiese eienskappe
Radius by ewenaar 25 559 ± 4 km
(4,007 Aardes)
Radius na pole 24 973 ± 20 km
(3,929 Aardes)
Oppervlakte 8,115 6×109 km2
(15,91 Aardes)
Volume 6,833×1013 km3
Massa (8,6810 ± 0,0013)×1025 kg
GM=5 793 939 ± 13 km3/s2
Gem. digtheid 1,27 g/cm3
Oppervlak-
aantrekkingskrag
8,69 m/s2
Ontsnapping-
snelheid
21,3 km/s
Sideriese
rotasieperiode
−0,718 33 dae
Rotasiespoed
by ewenaar
2,59 km/s
9 320 km/h
Ashelling 97,77°
Deklinasie −15,175°
0,300 (geometries)
0,51 (Bond)
Oppervlak-temp.
1 bar level
0,1 bar
mingem.maks
76 K
49 K53 K
Skynmagnitude 5,9 tot 5,32
Atmosfeer
Samestelling 83 ± 3% Waterstof

15 ± 3% Helium
2,3% Metaan

0,009%
(0,007–0,015%) Waterstofdeuteried

Uranus het dieselfde soort samestelling as Neptunus, en dit verskil van dié van die gasreuse, Jupiter en Saturnus. Daarom word hulle dikwels in ’n ander kategorie, "ysreuse", geplaas. Hoewel Uranus se atmosfeer dieselfde primêre samestelling van waterstof en helium as dié van Jupiter en Saturnus het, bevat dit meer vlugtige stowwe (yssoorte) soos water, ammoniak en metaan, asook spore van koolwaterstowwe. Uranus het die koudste atmosfeer van al die planete in die sonnestelsel, met ’n minimum van 49 K (−224,2 °C). Dit het ’n ingewikkelde wolkstruktuur met verskillende lae, waarvan die laagstes vermoedelik uit water bestaan en die boonste laag uit metaan. Daarteenoor bestaan Uranus se binnekant hoofsaaklik uit ys en rots.

Die enigste ruimtetuig wat Uranus al besoek het, is Nasa se Voyager 2. In 1986 het foto's van dié tuig gewys Uranus het feitlik geen uiterlike eienskappe in sigbare lig nie, in teenstelling met die bane of storms van die ander reuseplanete.

William Herschel het Uranus op 13 Maart 1781 ontdek en vir die eerste keer die grense van die Sonnestelsel verskuif. Al die ander planete van dié tyd was van die antieke tye af reeds bekend. Dit is ook die eerste planeet wat met ’n teleskoop ontdek is en nie met die blote oog nie.

Inhoud

Grootte van die Aarde en Uranus.

Uranus is die eerste planeet wat ontdek is wat nie vanaf die antieke tyd as ’n planeet beskou is nie. Dit is aanvanklik vir ’n ster aangesien. Die eerste aangetekende waarneming van die "ster" was in 1690 toe John Flamsteed dit gekatalogiseer het as 34 Tauri.

Herschel het die planeet op 13 Maart 1781 amptelik ontdek. Hy het dit egter op 26 April 1781 aangeteken as ’n komeet. Ander sterrekundiges het gou besef dit is ’n nuwe planeet wat ontdek is, en Herschel self het teen 1783 aan die Royal Society erken dat dit wel ’n planeet is. Uit erkenning vir sy ontdekking het koning George III van die Verenigde Koninkryk hom ’n toelae van £200 gegee op voorwaarde dat hy na Windsor-kasteel skuif sodat die koninklike familie deur sy teleskope na die sterre kon kyk.

Die oorspronklike naam wat Herschel aan die planeet gegee het is Georgium Sidus (George se ster), genoem na koning George III. Hy het dit later hernoem tot die Georgian Planet. Die naam is tot teen 1850 gebruik, maar was nie aanvaarbaar buite Brittanje nie. Lalande het die naam Herschel in 1784 voorgestel, maar eindelik het Johann Elert Bode, redakteur van die Berliner Astronomisches Jahrbuch, die naam Uranus begin gebruik – die Latynse weergawe van die Griekse naam Uranos. Hy het gereken nes Saturnus die pa van Jupiter was, behoort die nuwe planeet na die pa van Saturnus genoem te word. In 1789 het Bode se kollega by die Royal Academy, Martin Klaproth, sy nuutontdekte chemiese element "uraan" genoem ter ondersteuning van Bode se keuse. Dit het eindelik die algemeen-aanvaarde naam geword.

In Chinees, Japannees, Koreaans en Viëtnamees beteken die naam van die planeet letterlik "Hemelkoningster" (天王星).

Uranus wentel elke 84 aardjare om die Son. Sy gemiddelde afstand van die Son is rofweg 3 miljard km (sowat 20 AE). Die intensiteit van die sonlig op die planeet is sowat 1/400ste van dié op Aarde. Sy wentelelemente is in 1783 die eerste keer bereken deur Pierre-Simon Laplace. Mettertyd het onreëlmatighede duidelik geword tussen die voorgestelde en die waargenome wentelbaan, en in 1841 het John Couch Adams die eerste keer voorgestel dat die verskille veroorsaak kan word deur die swaartekrag van ’n onsigbare planeet. In 1845 het Urbain Le Verrier sy eie ondersoek na Uranus se wentelbaan begin. Op 23 September 1846 het Johann Gottfried Galle ’n planeet ontdek wat later Neptunus genoem is – by feitlik die presiese plek wat deur Le Verrier voorspel is.

Die rotasieperiode van Uranus se binnekant is 17 uur, 14 minute, kloksgewys (’n retrograde beweging). Soos op al die reuseplanete is daar baie sterk winde in die rigting van die rotasie in sy boonste atmosfeer. By sekere breedtegrade, soos sowat twee derdes van die pad van die ewenaar tot die suidpool, beweeg dele van die atmosfeer baie vinniger; ’n volle rotasie duur so kort as 14 uur.

Helling van as

Uranus se as het ’n helling van 97,77 grade en daarom is sy rotasie-as sowat parallel met die vlak van die Sonnestelsel. Seisoene verskil dus heeltemal van dié op ander groot planete. Naby die tyd van Uranus se sonstilstand wys een pool aaneenlopend na die Son en die ander pool weg van die Son. Net ’n smal strook naby die ewenaar het ’n vinnige dag-nag-siklus, maar met die Son baie laag oor die horison soos by die Aarde se poolstreke. Aan die ander kant van Uranus se wentelbaan is die posisies van die pole omgekeer. Elke pool kry sowat 42 jaar lank aaneenlopende sonlig, gevolg deur 42 jaar van duisternis. Naby die tyd van die dag-en-nag-ewenings wys Uranus se ewenaar na die Son en ondervind Uranus ’n tydperk van dag-nag-siklusse soortgelyk aan dié van die ander planete. Uranus het sy mees onlangse nagewening op 7 Desember 2007 ondervind.

Noordelike halfrond Jaar Suidelike halfrond
Wintersonstilstand 1902, 1986 Somersonstilstand
Lentenagewening 1923, 2007 Herfsnagewening
Somersonstilstand 1944, 2028 Wintersonstilstand
Herfsnagewening 1965, 2049 Lentenagewening

Hoewel die pole langer na die Son wys as die ewenaar, is dit warmer by die ewenaar. Die rede is nie bekend nie. Ook die rede waarom die planeet so ’n groot helling het, is onbekend – een teorie is dat ’n aardgrootte planeet tydens die vorming van die Sonnestelsel teen Uranus gebots en die helling veroorsaak het.

Uranus se skynbare magnitude is tussen 5,5 en 6,0, wat beteken dit kan op ’n donker aand met die blote oog gesien word as ’n dowwe ster. Dit kan maklik met ’n verkyker gesien word, selfs in ’n stadsomgewing. Deur ’n amateurteleskoop het die planeet ’n ligblou skynsel en deur groter teleskope kan wolkpatrone en van die groter mane, soos Titania en Oberon, gesien word.

Diagram van die binnekant van Uranus.
Uranus wentel elke 84 aardjare om die Son. Sy gemiddelde afstand van die Son is rofweg 3 miljard km (sowat 20 AE).
’n Naby-infrarooifoto uit 1998 wys Uranus se wolkbande, planetêre ringe en mane. (Foto: Hubble-ruimteteleskoop se NICMOS-kamera)

Uranus se massa is rofweg 14,5 keer dié van die Aarde en dit is dus die kleinste van die reuseplanete. Sy deursnee is effens groter as Neptunus s’n teen rofweg vier keer dié van die Aarde. Sy digtheid van 1,27 g/cm3 is dus die laagste naas dié van Saturnus en dit dui daarop dat dit bestaan uit hoofsaaklik verskeie yssoorte, soos water, ammoniak en metaan. Verskillende modelle gee ’n verskillende aanduiding van die hoeveelheid ys in Uranus, maar dit moet tussen 9,3 en 13,5 aardmassas wees. Waterstof en helium maak net ’n klein deel van die totaal uit: tussen 0,5 en 1,5 aardmassas. Die res van die nie-ysmateriaal (0,5 tot 3,7 aardmassas) is rotsagtige stowwe.

Die standaardmodel van Uranus se struktuur bestaan uit drie dele: ’n rotsagtige (silikaat, yster-nikkel) kern, ’n ysagtige mantel en ’n buitenste gaslaag van waterstof en helium. Die kern is relatief klein (net sowat 0,55 aardmassas) en het ’n radius van minder as 20% van die hele planeet s'n. Die mantel vorm die grootste deel (sowat 13,4 aardmassas). Die buitenste laag is taamlik onbeduidend (sowat 0,5 aardmassas) en dit maak die laaste 20% van Uranus se radius uit. Die temperatuur in die kern is sowat 5 000 K. Die ysmantel bestaan nie uit konvensionele ys nie, maar is ’n warm, digte vloeistof wat uit water, ammoniak en ander vlugtige materiale bestaan. Dit word soms ’n water-ammoniak-oseaan genoem.

Hoofartikel: Uranus se natuurlike satelliete.

Uranus het 27 natuurlike satelliete. Die name is gekies uit karakters van William Shakespeare en Alexander Pope se werk. Die vyf grootstes is Miranda, Ariel, Umbriel, Titania en Oberon.

Die grootste mane van Uranus
(in vergelyking met die Aarde se maan)
Naam
Deursnee
(km)
Massa
(×1016 kg)
Wentelradius
(km)
Wentelperiode
(d)
Miranda 470
(14%)
0,7
(0,1%)
129 000
(35%)
1,4
(5%)
Ariel 1 160
(33%)
14
(1,8%)
191 000
(50%)
2,5
(10%)
Umbriel 1 170
(34%)
12
(1,6%)
266 000
(70%)
4,1
(15%)
Titania 1 580
(45%)
35
(4,8%)
436 000
(115%)
8,7
(30%)
Oberon 1 520
(44%)
30
(4,1%)
584 000
(150%)
13,5
(50%)
  1. Yeomans, Donald K. (13 Julie 2006). (in Engels). NASA JPL. vanaf die oorspronklike op 28 Mei 2020. Besoek op8 Augustus 2007.
  2. Seligman, Courtney. (in Engels). vanaf die oorspronklike op 18 Desember 2019. Besoek op13 Augustus 2009.
  3. Williams, Dr. David R. (31 Januarie 2005). (in Engels). NASA. vanaf die oorspronklike op 18 Junie 2020. Besoek op10 Augustus 2007.
  4. . 2009-04-03. Besoek op2009-04-10. (geprodusier met geskryf van Aldo Vitagliano)
  5. Munsell, Kirk (14 Mei 2007). (in Engels). NASA. Geargiveer vanaf op 9 November 2015. Besoek op13 Augustus 2007.
  6. Jacobson, R.A. (1992). "The masses of Uranus and its major satellites from Voyager tracking data and Earth-based Uranian satellite data". The Astronomical Journal. 103 (6): 2068–2078. Bibcode:. doi:.Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (help)
  7. Espenak, Fred (2005). . NASA. Geargiveer vanaf op 5 December 2012. Besoek op14 Junie 2007.
  8. Feuchtgruber, H.; Lellouch; Bézard; Encrenaz; De Graauw; Davis (1999). "Detection of HD in the atmospheres of Uranus and Neptune: a new determination of the D/H ratio". Astronomy and Astrophysics. 341: L17–L21. Bibcode:.Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (help)
  9. Account of a Comet, By Mr. Herschel, F. R. S.; Communicated by Dr. Watson, Jun. of Bath, F. R. S., Philosophical Transactions of the Royal Society of London, band 71, bladsye 492-501.
  10. Littmann, Mark (2004). Planets Beyond: Discovering the Outer Solar System. Courier Dover Publications. pp. 10–11. ISBN 0-486-43602-0.
  11. Daugherty, Brian. (in Engels). Brian Daugherty. Geargiveer vanaf op 12 Januarie 2019. Besoek op24 Mei 2007.
  12. James Finch (2006). (in Engels). allchemicals.info: The online chemical resource. Geargiveer vanaf op 7 November 2015. Besoek op30 Maart 2009.
  13. (in Engels). The Sailor Senshi Page. Geargiveer vanaf op 4 Oktober 2019. Besoek op5 Maart 2006.
  14. (in Engels). 1986. vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2012. Besoek op9 Junie 2007.
  15. George Forbes (1909). (in Engels). Geargiveer vanaf op 6 November 2018. Besoek op7 Augustus 2007.
  16. O'Connor, J.J. en Robertson, E.F. (1996). (in Engels). vanaf die oorspronklike op 5 September 2019. Besoek op13 Junie 2007.AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link)
  17. Lawrence Sromovsky (2006). . University of Wisconsin Madison (in Engels). Geargiveer vanaf op 7 November 2015. Besoek op9 Junie 2007.
  18. Hammel, Heidi B. (5 September 2006). "" (PDF). A report from the 2006 Pasadena Workshop.
  19. . Science Daily. Besoek op16 April 2007.
  20. Bergstralh, Jay T.; Miner, Ellis; Matthews, Mildred (1991). Uranus. pp. 485–486. ISBN 0-8165-1208-6.AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link)
  21. Nowak, Gary T. (2006). (in Engels). Geargiveer vanaf op 8 Februarie 2012. Besoek op14 Junie 2007.
  22. Faure, Gunter; Mensing, Teresa (2007). "Introduction to Planetary Science". Introduction to Planetary Science. Ed. Faure, Gunter; Mensing, Teresa M.. Springer Netherlands. 369. DOI:. ISBN 978-1-4020-5233-0.
  23. Atreya, S. (2006). (PDF). Geophysical Research Abstracts. 8: 05179.Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (help)


Publikasie datum: Augustus 18, 2021

uranus, hierdie, artikel, handel, planeet, ander, betekenisse, naam, sien, dubbelsinnig, sewende, planeet, ysreus, derde, grootste, deursnee, vierde, grootste, massa, sonnestelsel, genoem, griekse, uranos, enigste, planeet, romeinse, genoem, soos, waargeneem, . Hierdie artikel handel oor die planeet Uranus Vir ander betekenisse van die naam sien Uranus dubbelsinnig Uranus is die sewende planeet van die Son af Dit is n ysreus met die derde grootste deursnee en vierde grootste massa in ons Sonnestelsel Dit is genoem na die Griekse god van die lug Uranos en is die enigste planeet wat nie na n Romeinse god genoem is nie Uranus Uranus soos waargeneem deur die Voyager 2 wenteltuig op 16 Desember 1986 OntdekkingOntdek deur William HerschelDatum 13 Maart 1781Wentelbaaneienskappe 1 Epog J2000Afelium 20 083 305 26 AEPerihelium 18 375 518 63 AESemihoofas 19 229 411 95 AEWentelperiode 30 799 095 dae 84 323 326 jaar 42 718 Uranus sondae 2 Gem omwentelingspoed 6 81 km s 3 Hellingshoek 0 772 556 tot Ekliptika 6 48 tot die son se ewenaar 1 02 tot onveranderbare vlakte 4 Lengteligging van stygende nodus 73 989 821 Periheliumhoek 96 541 318 Natuurlike satelliete 27Fisiese eienskappeRadius by ewenaar 25 559 4 km 4 007 Aardes Radius na pole 24 973 20 km 3 929 Aardes Oppervlakte 8 115 6 109 km2 5 15 91 Aardes Volume 6 833 1013 km3 3 Massa 8 6810 0 0013 1025 kg 6 GM 5 793 939 13 km3 s2Gem digtheid 1 27 g cm3 3 Oppervlak aantrekkingskrag 8 69 m s2 3 Ontsnapping snelheid 21 3 km s 3 Sideriese rotasieperiode 0 718 33 daeRotasiespoed by ewenaar 2 59 km s 9 320 km hAshelling 97 77 Deklinasie 15 175 0 300 geometries 0 51 Bond 3 Oppervlak temp 1 bar level 0 1 barmingem maks76 K 3 49 K53 KSkynmagnitude 5 9 7 tot 5 32 3 AtmosfeerSamestelling 83 3 Waterstof 15 3 Helium 2 3 Metaan 0 009 0 007 0 015 Waterstofdeuteried 8 Uranus het dieselfde soort samestelling as Neptunus en dit verskil van die van die gasreuse Jupiter en Saturnus Daarom word hulle dikwels in n ander kategorie ysreuse geplaas Hoewel Uranus se atmosfeer dieselfde primere samestelling van waterstof en helium as die van Jupiter en Saturnus het bevat dit meer vlugtige stowwe yssoorte soos water ammoniak en metaan asook spore van koolwaterstowwe Uranus het die koudste atmosfeer van al die planete in die sonnestelsel met n minimum van 49 K 224 2 C Dit het n ingewikkelde wolkstruktuur met verskillende lae waarvan die laagstes vermoedelik uit water bestaan en die boonste laag uit metaan Daarteenoor bestaan Uranus se binnekant hoofsaaklik uit ys en rots Die enigste ruimtetuig wat Uranus al besoek het is Nasa se Voyager 2 In 1986 het foto s van die tuig gewys Uranus het feitlik geen uiterlike eienskappe in sigbare lig nie in teenstelling met die bane of storms van die ander reuseplanete William Herschel het Uranus op 13 Maart 1781 ontdek en vir die eerste keer die grense van die Sonnestelsel verskuif Al die ander planete van die tyd was van die antieke tye af reeds bekend Dit is ook die eerste planeet wat met n teleskoop ontdek is en nie met die blote oog nie Inhoud 1 Ontdekking en benaming 2 Wentelbaan en rotasie 2 1 Helling van as 3 Sigbaarheid 4 Interne struktuur 5 Natuurlike satelliete 6 VerwysingsOntdekking en benaming Wysig Grootte van die Aarde en Uranus Uranus is die eerste planeet wat ontdek is wat nie vanaf die antieke tyd as n planeet beskou is nie Dit is aanvanklik vir n ster aangesien Die eerste aangetekende waarneming van die ster was in 1690 toe John Flamsteed dit gekatalogiseer het as 34 Tauri Herschel het die planeet op 13 Maart 1781 amptelik ontdek Hy het dit egter op 26 April 1781 aangeteken as n komeet 9 Ander sterrekundiges het gou besef dit is n nuwe planeet wat ontdek is en Herschel self het teen 1783 aan die Royal Society erken dat dit wel n planeet is Uit erkenning vir sy ontdekking het koning George III van die Verenigde Koninkryk hom n toelae van 200 gegee op voorwaarde dat hy na Windsor kasteel skuif sodat die koninklike familie deur sy teleskope na die sterre kon kyk Die oorspronklike naam wat Herschel aan die planeet gegee het is Georgium Sidus George se ster genoem na koning George III Hy het dit later hernoem tot die Georgian Planet Die naam is tot teen 1850 gebruik maar was nie aanvaarbaar buite Brittanje nie Lalande het die naam Herschel in 1784 voorgestel maar eindelik het Johann Elert Bode redakteur van die Berliner Astronomisches Jahrbuch die naam Uranus begin gebruik die Latynse weergawe van die Griekse naam Uranos Hy het gereken nes Saturnus die pa van Jupiter was behoort die nuwe planeet na die pa van Saturnus genoem te word 10 11 In 1789 het Bode se kollega by die Royal Academy Martin Klaproth sy nuutontdekte chemiese element uraan genoem ter ondersteuning van Bode se keuse 12 Dit het eindelik die algemeen aanvaarde naam geword 10 In Chinees Japannees Koreaans en Vietnamees beteken die naam van die planeet letterlik Hemelkoningster 天王星 13 Wentelbaan en rotasie WysigUranus wentel elke 84 aardjare om die Son Sy gemiddelde afstand van die Son is rofweg 3 miljard km sowat 20 AE Die intensiteit van die sonlig op die planeet is sowat 1 400ste van die op Aarde 14 Sy wentelelemente is in 1783 die eerste keer bereken deur Pierre Simon Laplace 15 Mettertyd het onreelmatighede duidelik geword tussen die voorgestelde en die waargenome wentelbaan en in 1841 het John Couch Adams die eerste keer voorgestel dat die verskille veroorsaak kan word deur die swaartekrag van n onsigbare planeet In 1845 het Urbain Le Verrier sy eie ondersoek na Uranus se wentelbaan begin Op 23 September 1846 het Johann Gottfried Galle n planeet ontdek wat later Neptunus genoem is by feitlik die presiese plek wat deur Le Verrier voorspel is 16 Die rotasieperiode van Uranus se binnekant is 17 uur 14 minute kloksgewys n retrograde beweging Soos op al die reuseplanete is daar baie sterk winde in die rigting van die rotasie in sy boonste atmosfeer By sekere breedtegrade soos sowat twee derdes van die pad van die ewenaar tot die suidpool beweeg dele van die atmosfeer baie vinniger n volle rotasie duur so kort as 14 uur Helling van as Wysig Uranus se as het n helling van 97 77 grade en daarom is sy rotasie as sowat parallel met die vlak van die Sonnestelsel Seisoene verskil dus heeltemal van die op ander groot planete Naby die tyd van Uranus se sonstilstand wys een pool aaneenlopend na die Son en die ander pool weg van die Son Net n smal strook naby die ewenaar het n vinnige dag nag siklus maar met die Son baie laag oor die horison soos by die Aarde se poolstreke Aan die ander kant van Uranus se wentelbaan is die posisies van die pole omgekeer Elke pool kry sowat 42 jaar lank aaneenlopende sonlig gevolg deur 42 jaar van duisternis 17 Naby die tyd van die dag en nag ewenings wys Uranus se ewenaar na die Son en ondervind Uranus n tydperk van dag nag siklusse soortgelyk aan die van die ander planete Uranus het sy mees onlangse nagewening op 7 Desember 2007 ondervind 18 19 Noordelike halfrond Jaar Suidelike halfrondWintersonstilstand 1902 1986 SomersonstilstandLentenagewening 1923 2007 HerfsnageweningSomersonstilstand 1944 2028 WintersonstilstandHerfsnagewening 1965 2049 Lentenagewening Hoewel die pole langer na die Son wys as die ewenaar is dit warmer by die ewenaar Die rede is nie bekend nie Ook die rede waarom die planeet so n groot helling het is onbekend een teorie is dat n aardgrootte planeet tydens die vorming van die Sonnestelsel teen Uranus gebots en die helling veroorsaak het 20 Sigbaarheid WysigUranus se skynbare magnitude is tussen 5 5 en 6 0 wat beteken dit kan op n donker aand met die blote oog gesien word as n dowwe ster Dit kan maklik met n verkyker gesien word selfs in n stadsomgewing 3 Deur n amateurteleskoop het die planeet n ligblou skynsel en deur groter teleskope kan wolkpatrone en van die groter mane soos Titania en Oberon gesien word 21 Interne struktuur Wysig Diagram van die binnekant van Uranus Uranus wentel elke 84 aardjare om die Son Sy gemiddelde afstand van die Son is rofweg 3 miljard km sowat 20 AE n Naby infrarooifoto uit 1998 wys Uranus se wolkbande planetere ringe en mane Foto Hubble ruimteteleskoop se NICMOS kamera Uranus se massa is rofweg 14 5 keer die van die Aarde en dit is dus die kleinste van die reuseplanete Sy deursnee is effens groter as Neptunus s n teen rofweg vier keer die van die Aarde Sy digtheid van 1 27 g cm3 is dus die laagste naas die van Saturnus en dit dui daarop dat dit bestaan uit hoofsaaklik verskeie yssoorte soos water ammoniak en metaan Verskillende modelle gee n verskillende aanduiding van die hoeveelheid ys in Uranus maar dit moet tussen 9 3 en 13 5 aardmassas wees Waterstof en helium maak net n klein deel van die totaal uit tussen 0 5 en 1 5 aardmassas Die res van die nie ysmateriaal 0 5 tot 3 7 aardmassas is rotsagtige stowwe Die standaardmodel van Uranus se struktuur bestaan uit drie dele n rotsagtige silikaat yster nikkel kern n ysagtige mantel en n buitenste gaslaag van waterstof en helium 22 Die kern is relatief klein net sowat 0 55 aardmassas en het n radius van minder as 20 van die hele planeet s n Die mantel vorm die grootste deel sowat 13 4 aardmassas Die buitenste laag is taamlik onbeduidend sowat 0 5 aardmassas en dit maak die laaste 20 van Uranus se radius uit 22 Die temperatuur in die kern is sowat 5 000 K 22 Die ysmantel bestaan nie uit konvensionele ys nie maar is n warm digte vloeistof wat uit water ammoniak en ander vlugtige materiale bestaan 22 Dit word soms n water ammoniak oseaan genoem 23 Natuurlike satelliete WysigHoofartikel Uranus se natuurlike satelliete Uranus het 27 natuurlike satelliete Die name is gekies uit karakters van William Shakespeare en Alexander Pope se werk Die vyf grootstes is Miranda Ariel Umbriel Titania en Oberon Die grootste mane van Uranus in vergelyking met die Aarde se maan Naam Deursnee km Massa 1016 kg Wentelradius km Wentelperiode d Miranda 470 14 0 7 0 1 129 000 35 1 4 5 Ariel 1 160 33 14 1 8 191 000 50 2 5 10 Umbriel 1 170 34 12 1 6 266 000 70 4 1 15 Titania 1 580 45 35 4 8 436 000 115 8 7 30 Oberon 1 520 44 30 4 1 584 000 150 13 5 50 Verwysings Wysig Yeomans Donald K 13 Julie 2006 HORIZONS System in Engels NASA JPL Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Mei 2020 Besoek op 8 Augustus 2007 Seligman Courtney Rotation Period and Day Length in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Desember 2019 Besoek op 13 Augustus 2009 3 0 3 1 3 2 3 3 3 4 3 5 3 6 3 7 3 8 Williams Dr David R 31 Januarie 2005 Uranus Fact Sheet in Engels NASA Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Junie 2020 Besoek op 10 Augustus 2007 The MeanPlane Invariable plane of the Solar System passing through the barycenter 2009 04 03 Besoek op 2009 04 10 geprodusier met Solex 10 geskryf van Aldo Vitagliano Munsell Kirk 14 Mei 2007 NASA Solar System Exploration Planets Uranus Facts amp Figures in Engels NASA Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 November 2015 Besoek op 13 Augustus 2007 Jacobson R A 1992 The masses of Uranus and its major satellites from Voyager tracking data and Earth based Uranian satellite data The Astronomical Journal 103 6 2068 2078 Bibcode 1992AJ 103 2068J doi 10 1086 116211 Onbekende parameter coauthors geignoreer help Espenak Fred 2005 Twelve Year Planetary Ephemeris 1995 2006 NASA Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 December 2012 Besoek op 14 Junie 2007 Feuchtgruber H Lellouch Bezard Encrenaz De Graauw Davis 1999 Detection of HD in the atmospheres of Uranus and Neptune a new determination of the D H ratio Astronomy and Astrophysics 341 L17 L21 Bibcode 1999A amp A 341L 17F Onbekende parameter coauthors geignoreer help Account of a Comet By Mr Herschel F R S Communicated by Dr Watson Jun of Bath F R S Philosophical Transactions of the Royal Society of London band 71 bladsye 492 501 10 0 10 1 Littmann Mark 2004 Planets Beyond Discovering the Outer Solar System Courier Dover Publications pp 10 11 ISBN 0 486 43602 0 Daugherty Brian Astronomy in Berlin in Engels Brian Daugherty Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Januarie 2019 Besoek op 24 Mei 2007 James Finch 2006 The Straight Scoop on Uranium in Engels allchemicals info The online chemical resource Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 November 2015 Besoek op 30 Maart 2009 Sailormoon Terms and Information in Engels The Sailor Senshi Page Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Oktober 2019 Besoek op 5 Maart 2006 Next Stop Uranus in Engels 1986 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2012 Besoek op 9 Junie 2007 George Forbes 1909 History of Astronomy in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 November 2018 Besoek op 7 Augustus 2007 O Connor J J en Robertson E F 1996 Mathematical discovery of planets in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 September 2019 Besoek op 13 Junie 2007 AS1 onderhoud meer as een naam authors list link Lawrence Sromovsky 2006 Hubble captures rare fleeting shadow on Uranus University of Wisconsin Madison in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 November 2015 Besoek op 9 Junie 2007 Hammel Heidi B 5 September 2006 Uranus nears Equinox PDF A report from the 2006 Pasadena Workshop Hubble Discovers Dark Cloud In The Atmosphere Of Uranus Science Daily Besoek op 16 April 2007 Bergstralh Jay T Miner Ellis Matthews Mildred 1991 Uranus pp 485 486 ISBN 0 8165 1208 6 AS1 onderhoud meer as een naam authors list link Nowak Gary T 2006 Uranus the Threshold Planet of 2006 in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Februarie 2012 Besoek op 14 Junie 2007 22 0 22 1 22 2 22 3 Faure Gunter Mensing Teresa 2007 Introduction to Planetary Science Introduction to Planetary Science Ed Faure Gunter Mensing Teresa M Springer Netherlands 369 DOI 10 1007 978 1 4020 5544 7 18 ISBN 978 1 4020 5233 0 Atreya S 2006 Water ammonia ionic ocean on Uranus and Neptune PDF Geophysical Research Abstracts 8 05179 Onbekende parameter coauthors geignoreer help Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Uranus Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse WikipediaDie Sonnestelsel Son Aardplanete Mercurius Venus Aarde Mars Gasreuse Jupiter Saturnus Ysreuse Uranus Neptunus Planete Reuseplanete Dwergplanete Pluto Ceres Haumea Makemake ErisMane Aarde Mars Kleinplanete Jupiter Saturnus Uranus Neptunus Pluto Haumea Eris Ringe Jupiter Saturnus Uranus NeptunusKlein Sonnestelselliggame Kleinplanete Asteroides Naby aarde voorwerpe Sentoure Trans Neptunus voorwerpe Komete Gordels en wolke Asteroidegordel Kuipergordel Verstrooide skyf Hillswolk OortwolkOntsluit van https af wikipedia org w index php title Uranus amp ol,