×
Unita

Unita (Portugees: União Nacional para a Independência Total de Angola) is die tweede grootste politieke party in Angola en 'n voormalige rebelleleër.

União Nacional para a Independência Total de Angola
Unita
Unita se vlag

Leier Adalberto Costa Júnior
Gestig 13 Maart 1966
Hoofkwartier Luanda, Angola
Jeugvleuel Revolusionêre Verenigde Jeug van Angola
Ideologie Konserwatisme
Maoisme (voorheen)
Internasionale affiliasie Centrist Democrat International
Webblad
Jonas Savimbi, voormalige leier van die Unita

Unita is op 13 Maart 1966 deur Jonas Savimbi en Antonio da Costa Fernandes gestig. In 25 Desember van dieselfde jaar het die groep sy eerste aanval op die Portugese koloniale owerhede geloods. Savimbi was tot met sy dood in 2002 die leier van die party.

Tydens die Oorlog vir die onafhanklikheid van Cabinda (1961-1975) en die Angolese Burgeroorlog (1975-2002) het Unita teen die MPLA geveg. Tydens die oorlog het Unita militêre ondersteuning van die VSA en Suid-Afrika ontvang, terwyl die MPLA deur die Sowjetunie ondersteun is.

In 1992 het Savimbi aan die presidensiële verkiesing deelgeneem en 1 579 298 stemme (40,07%) verwerf. Tydens die parlementêre verkiesings van dieselfde jaar het die party 1 347 636 stemme (34,10%) gekry en sodoende 70 setels ingepalm.

Ná Savimbi se dood is hy deur Isaías Samakuva opgevolg. Unita het die gewapende stryd prysgegee en hulle op verkiesingspolitiek toegespits. Die party het 16 van die 220 setels in die parlementêre verkiesing van 2008 verower. In die algemene verkiesing op 31 Augustus 2012 het Unita sy seteltal verdubbel tot 32 toe hy 18,66% van die stemme verower het, vergeleke met die MPLA se 175 setels en 'n persentasie van 71,84. 'n Nuwe party, Casa-CE, het 6% van die stemme verower en agt setel gekry. UNITA het 51 uit 220 setels in die parlementêre verkiesing van 2017 gewen.

  1. Africa News, 27 August 2017
Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.

Publikasie datum: Augustus 18, 2021

unita, portugees, união, nacional, para, independência, total, angola, tweede, grootste, politieke, party, angola, voormalige, rebelleleër, união, nacional, para, independência, total, angola, vlagleier, adalberto, costa, júniorgestig, maart, 1966hoofkwartier,. Unita Portugees Uniao Nacional para a Independencia Total de Angola is die tweede grootste politieke party in Angola en n voormalige rebelleleer Uniao Nacional para a Independencia Total de AngolaUnitaUnita se vlagLeier Adalberto Costa JuniorGestig 13 Maart 1966Hoofkwartier Luanda AngolaJeugvleuel Revolusionere Verenigde Jeug van AngolaIdeologie Konserwatisme 1 Maoisme voorheen 2 Internasionale affiliasie Centrist Democrat InternationalWebblad unitaangola orgJonas Savimbi voormalige leier van die Unita Unita is op 13 Maart 1966 deur Jonas Savimbi en Antonio da Costa Fernandes gestig In 25 Desember van dieselfde jaar het die groep sy eerste aanval op die Portugese koloniale owerhede geloods Savimbi was tot met sy dood in 2002 die leier van die party Tydens die Oorlog vir die onafhanklikheid van Cabinda 1961 1975 en die Angolese Burgeroorlog 1975 2002 het Unita teen die MPLA geveg Tydens die oorlog het Unita militere ondersteuning van die VSA en Suid Afrika ontvang terwyl die MPLA deur die Sowjetunie ondersteun is In 1992 het Savimbi aan die presidensiele verkiesing deelgeneem en 1 579 298 stemme 40 07 verwerf Tydens die parlementere verkiesings van dieselfde jaar het die party 1 347 636 stemme 34 10 gekry en sodoende 70 setels ingepalm Na Savimbi se dood is hy deur Isaias Samakuva opgevolg Unita het die gewapende stryd prysgegee en hulle op verkiesingspolitiek toegespits Die party het 16 van die 220 setels in die parlementere verkiesing van 2008 verower In die algemene verkiesing op 31 Augustus 2012 het Unita sy seteltal verdubbel tot 32 toe hy 18 66 van die stemme verower het vergeleke met die MPLA se 175 setels en n persentasie van 71 84 n Nuwe party Casa CE het 6 van die stemme verower en agt setel gekry UNITA het 51 uit 220 setels in die parlementere verkiesing van 2017 gewen 3 Verwysings Wysig Consulado Geral de Angola Angola Emergence of UNITA Angolan opposition challenge election results Africa News 27 August 2017 Hierdie artikel is n saadjie Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Unita amp ol,