×
Unesco

Unesco is die Engelse afkorting vir United Nations Educational, Scientific and Cultural Organization (Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie van die Verenigde Nasies), 'n spesiale organisasie van die Verenigde Nasies wat in 1945 gestig is en sy hoofkwartier in die Franse hoofstad Parys het. Tans het 192 lande as lede en 'n verdere ses as geassosieerde lede by Unesco aangesluit, waaronder ook Suid-Afrika, een van die twintig stigterslede.

Die vlag van Unesco
Lidlande van Unesco:

Unesco-lidlande

Oorsese gebied met aparte nasionale reëlingskomitees

Assosiaatlede

Waarnemerlande

Unesco is onderverdeel in 'n Algemene Konferensie van alle lidlande wat elke twee jaar vergader en 'n Uitvoerende Raad met 58 lede (wat deur die Algemene Konferensie verkies word), terwyl die Sekretariaat-Generaal Unesco se bedrywighede bestuur. Die laasgenoemde word deur die Sekretaris-Generaal bestuur wat vir 'n ampstermyn van vier jaar verkies word. Die huidige Sekretaris-Generaal is Koïchiro Matsuura (Japan) wat hierdie amp reeds sedert 15 November 1999 beklee.

Unesco is veral werksaam op die gebied van die onderwys, sosiale wetenskappe, natuurwetenskappe, die internasionale kulturele samewerking en die inligtingsbedryf (wat onder meer die pers, uitsaaidienste, televisie en filmkuns asook moderne kommunikasietegnologie insluit). Unesco bevorder ook geletterdheid in ontwikkelende lande en bewaar die wêreldkultuurerfenis. Die lys van wêrelderfenisgebiede word deur Unesco saamgestel.

Inhoud

Unesco beywer hom veral vir die reg op 'n basiese opleiding vir almal en loods gesondheids- en higiëneprogramme. Die bestryding van vigs en dwelmsug en die heropbou van die onderwysstelsel in gebiede, wat deur natuurrampe getref of deur burgeroorloë verwoes is, vorm tans 'n belangrike bestanddeel van Unesco se internasionale bedrywighede.

Aktiwiteite op wetenskaplike gebied sluit die bevordering van die internasionale samewerking ten opsigte van die oseanografie, hidrologie, geologie en omgewingswetenskappe in. Die bewaring van biologiese spesies en die beskerming van waterhulpbronne staan bo-op die lys van Unesco se doelstellings in hierdie verband.

Unesco doen ook navorsing oor die toepassing van moderne wetenskappe en die gevare wat dit inhou. Die afdeling Kommunikasie en inligting ondersoek probleme in verband met die opkoms van 'n wêreldwye inligtings- en kennismaatskappy. Persvryheid en toegang tot belangrike inligting geniet besondere aandag, en Unesco verskaf 'n verskeidenheid dienste aan ontwikkelende lande soos die opleiding van joernaliste en die opbou van nuusdienste en radiostasies.

Die bewaring van die kulturele erfenis van die mensdom word deur 'n onderafdeling van Unesco bevorder, die World Heritage Committee (die "Wêrelderfenis-komitee").

Unesco is tans besig om 'n ooreenkoms vir die bewaring van die kulturele diversiteit uit te werk en koördineer ook aktiwiteite in verband met die Verenige Nasies se Wêrelddekade van Onderwys vir Volhoubare Ontwikkeling (2005-2014).

Unesco het sowat 2 100 medewerkers uit 170 lande in diens (van wie 700 in die organisasie se 53 streekkantore wêreldwyd). Die begroting vir die boekjaar 2008/2009 is VSA-$ 648 miljoen en word deur die lidlande (onder meer Japan met 'n aandeel van 25, Duitsland 13,34 en Frankryk 8,86 persent) asook vrywillige bydraes gefinansier.

  • (de) Der Fischer Weltalmanach 2008. Frankfurt am Main: Fischer Taschenbuch Verlag 2007, bl. 597

Publikasie datum: Augustus 27, 2021

unesco, engelse, afkorting, united, nations, educational, scientific, cultural, organization, opvoedkundige, wetenskaplike, kulturele, organisasie, verenigde, nasies, spesiale, organisasie, verenigde, nasies, 1945, gestig, hoofkwartier, franse, hoofstad, parys. Unesco is die Engelse afkorting vir United Nations Educational Scientific and Cultural Organization Opvoedkundige Wetenskaplike en Kulturele Organisasie van die Verenigde Nasies n spesiale organisasie van die Verenigde Nasies wat in 1945 gestig is en sy hoofkwartier in die Franse hoofstad Parys het Tans het 192 lande as lede en n verdere ses as geassosieerde lede by Unesco aangesluit waaronder ook Suid Afrika een van die twintig stigterslede Die vlag van Unesco Lidlande van Unesco Unesco lidlande Oorsese gebied met aparte nasionale reelingskomitees Assosiaatlede Waarnemerlande Unesco is onderverdeel in n Algemene Konferensie van alle lidlande wat elke twee jaar vergader en n Uitvoerende Raad met 58 lede wat deur die Algemene Konferensie verkies word terwyl die Sekretariaat Generaal Unesco se bedrywighede bestuur Die laasgenoemde word deur die Sekretaris Generaal bestuur wat vir n ampstermyn van vier jaar verkies word Die huidige Sekretaris Generaal is Koichiro Matsuura Japan wat hierdie amp reeds sedert 15 November 1999 beklee Unesco is veral werksaam op die gebied van die onderwys sosiale wetenskappe natuurwetenskappe die internasionale kulturele samewerking en die inligtingsbedryf wat onder meer die pers uitsaaidienste televisie en filmkuns asook moderne kommunikasietegnologie insluit Unesco bevorder ook geletterdheid in ontwikkelende lande en bewaar die wereldkultuurerfenis Die lys van werelderfenisgebiede word deur Unesco saamgestel Inhoud 1 Doelstellings 2 Personeel en begroting 3 Die twintig stigterslede 4 Bronliteratuur 5 Eksterne skakelsDoelstellings WysigUnesco beywer hom veral vir die reg op n basiese opleiding vir almal en loods gesondheids en higieneprogramme Die bestryding van vigs en dwelmsug en die heropbou van die onderwysstelsel in gebiede wat deur natuurrampe getref of deur burgeroorloe verwoes is vorm tans n belangrike bestanddeel van Unesco se internasionale bedrywighede Aktiwiteite op wetenskaplike gebied sluit die bevordering van die internasionale samewerking ten opsigte van die oseanografie hidrologie geologie en omgewingswetenskappe in Die bewaring van biologiese spesies en die beskerming van waterhulpbronne staan bo op die lys van Unesco se doelstellings in hierdie verband Unesco doen ook navorsing oor die toepassing van moderne wetenskappe en die gevare wat dit inhou Die afdeling Kommunikasie en inligting ondersoek probleme in verband met die opkoms van n wereldwye inligtings en kennismaatskappy Persvryheid en toegang tot belangrike inligting geniet besondere aandag en Unesco verskaf n verskeidenheid dienste aan ontwikkelende lande soos die opleiding van joernaliste en die opbou van nuusdienste en radiostasies Die bewaring van die kulturele erfenis van die mensdom word deur n onderafdeling van Unesco bevorder die World Heritage Committee die Werelderfenis komitee Unesco is tans besig om n ooreenkoms vir die bewaring van die kulturele diversiteit uit te werk en koordineer ook aktiwiteite in verband met die Verenige Nasies se Werelddekade van Onderwys vir Volhoubare Ontwikkeling 2005 2014 Personeel en begroting WysigUnesco het sowat 2 100 medewerkers uit 170 lande in diens van wie 700 in die organisasie se 53 streekkantore wereldwyd Die begroting vir die boekjaar 2008 2009 is VSA 648 miljoen en word deur die lidlande onder meer Japan met n aandeel van 25 Duitsland 13 34 en Frankryk 8 86 persent asook vrywillige bydraes gefinansier Die twintig stigterslede Wysig Verenigde Koninkryk Nieu Seeland Saoedi Arabie Suid Afrika Australie Griekeland Meksiko Frankryk Dominikaanse Republiek Turkye Egipte Noorwee Kanada Volksrepubliek China Denemarke Verenigde State Tsjeggie Brasilie Libanon IndieBronliteratuur Wysig de Der Fischer Weltalmanach 2008 Frankfurt am Main Fischer Taschenbuch Verlag 2007 bl 597Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Unesco ar en es fr pt ru zh Amptelike webwerf en UNESCO Encyclopaedia Britannica Besoek op 16 Februarie 2021 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Unesco amp ol,