×
Umbries

Umbries is 'n uitgestorwe taal uit Oskies-Umbriese groep van die Italiese taalfamilie, wat in die laaste eeue voor Christus in die antieke Italiaanse gewes Umbria gepraat is. Dit was nou verwant aan Oskies en Volskies en – alhoewel in 'n mindere mate – ook aan Latyn. Sy sprekers, die Umbri, het oorspronklik 'n groot gebied bewoon, wat tot by die Porivier gestrek het. Hulle is later egter deur die Etruskers tot hulle latere tuisland in die Apennyne-bergreeks teruggedring. Die taal het in die loop van die Romeinse geskiedenis volledig verdwyn en is deur Latyn as omgangstaal vervang.

Umbries
Gepraat in: Umbria
Gebied: Italië
Totale sprekers: uitgesterf
Taalfamilie: Indo-Europees
Italies
Oskies-Umbries
Umbries
Skrifstelsel: Oud-Italiese alfabet
Taalkodes
ISO 639-1: -
ISO 639-2: -
ISO 639-3:
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat.

Umbriese inskripsies, wat tot dusver gevind is, word in twee hoofgroepe verdeel: Oud-Umbriese tekste dateer uit die tydperk van die 7de tot 1ste eeu v.C., en hulle is in variante van die Oud-Italiese alfabet geskryf, wat uit die Etruskiese skrif ontwikkel is. Die Tabulae Iguvinae is die belangrikste van die sowat dertig bekende dokumente van Oud-Umbries, waaroor taalhistorici tans beskik. Hierdie sewe bronstafels, wat dikwels ook die "Ritueel van Iguvium" genoem word en waarskynlik tussen 300 en 90 v.C. saamgestel is, is in die huidige stad Gubbio gevind en bevat notas oor sakrale seremonies en statute vir priesters.

Laat-Umbriese tekste dateer uit die 1ste eeu v.C., en vir hulle is reeds van die Latynse alfabet gebruik gemaak is. Daarna het Umbries vinnig uitgesterf.

Umbries Latyn
Dei Grabouie
orer ose persei ocre fisie pir
orto est
toteme Iouine arsmor dersecor
subator sent
pusei neip heritu.
Dei Grabouie
persei tuer perscler uaseto est
pesetomest peretomest
frosetomest daetomest
tuer perscler uirseto auirseto
uas est. . .
Deus Grabovie
si in monte Fisiano ignis
accensum est
aut si in populo apparationes debitae
omissae sunt
fac ut sit perinde ac si factae essent
Deus Grabovie
si in sacrificio tuo aliquis error fuit
aliqua defectio, aliqua violatio adolendi
aliquis dolus, aliqua culpa
si in sacrificio tuo aliquis, aut visus aut invisus,
error est...


Publikasie datum: Augustus 30, 2021

umbries, uitgestorwe, taal, oskies, groep, italiese, taalfamilie, laaste, eeue, voor, christus, antieke, italiaanse, gewes, umbria, gepraat, verwant, oskies, volskies, alhoewel, mindere, mate, latyn, sprekers, umbri, oorspronklik, groot, gebied, bewoon, porivi. Umbries is n uitgestorwe taal uit Oskies Umbriese groep van die Italiese taalfamilie wat in die laaste eeue voor Christus in die antieke Italiaanse gewes Umbria gepraat is Dit was nou verwant aan Oskies en Volskies en alhoewel in n mindere mate ook aan Latyn Sy sprekers die Umbri het oorspronklik n groot gebied bewoon wat tot by die Porivier gestrek het Hulle is later egter deur die Etruskers tot hulle latere tuisland in die Apennyne bergreeks teruggedring Die taal het in die loop van die Romeinse geskiedenis volledig verdwyn en is deur Latyn as omgangstaal vervang UmbriesGepraat in Umbria Gebied ItalieTotale sprekers uitgesterfTaalfamilie Indo Europees Italies Oskies Umbries Umbries Skrifstelsel Oud Italiese alfabetTaalkodesISO 639 1 ISO 639 2 ISO 639 3 xum Nota Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat Umbriese inskripsies wat tot dusver gevind is word in twee hoofgroepe verdeel Oud Umbriese tekste dateer uit die tydperk van die 7de tot 1ste eeu v C en hulle is in variante van die Oud Italiese alfabet geskryf wat uit die Etruskiese skrif ontwikkel is Die Tabulae Iguvinae is die belangrikste van die sowat dertig bekende dokumente van Oud Umbries waaroor taalhistorici tans beskik Hierdie sewe bronstafels wat dikwels ook die Ritueel van Iguvium genoem word en waarskynlik tussen 300 en 90 v C saamgestel is is in die huidige stad Gubbio gevind en bevat notas oor sakrale seremonies en statute vir priesters Laat Umbriese tekste dateer uit die 1ste eeu v C en vir hulle is reeds van die Latynse alfabet gebruik gemaak is Daarna het Umbries vinnig uitgesterf n Vergelyking tussen Umbries en Latyn die eerste tafel van die Tabulae Iguvinae WysigUmbries LatynDei Grabouie dd orer ose persei ocre fisie pirorto est dd toteme Iouine arsmor dersecorsubator sent dd pusei neip heritu Dei Grabouie dd persei tuer perscler uaseto est pesetomest peretomest frosetomest daetomest tuer perscler uirseto auirsetouas est dd Deus Grabovie si in monte Fisiano ignis accensum est aut si in populo apparationes debitae omissae sunt fac ut sit perinde ac si factae essent dd Deus Grabovie dd si in sacrificio tuo aliquis error fuit aliqua defectio aliqua violatio adolendi aliquis dolus aliqua culpa si in sacrificio tuo aliquis aut visus aut invisus error est dd Eksterne skakels WysigDie Umbriese alfabet Voorbeelde van die Umbriese woordeskat Indo Europese tale Kentum tale Italiese taleItaliese groep Oskies Umbries Faliskies LatynRomaanse taleIberoromaans Aragonees Asturies Galicies Katalaans Ladino Leonees Portugees SpaansGalloromaans Langues d oil Frans Gallo Lorreins Normandies Auregnais Guernesiais Jerriais Sercquiais Pikardies Champenois Waals Anglo Normandies Oksitaans Aranees Auvergnat Gaskons Languedokies Limousin Provensaals FrankoprovensaalsGalloitalies Lombardies Monegaskies Piemontees VenesiaansRetoromaans Romansch Ladinies FriulaansItaloromaans Dalmaties Italiaans NapolitaansSuid Romaans Korsikaans Sardies Campidanies Galluraans Logudories Sassaries SisiliaansBalkanromaans Aroemeens Istro Roemaans Meglenoroemaans RoemeensRomaanse Kunstale Interlingua Interlingue Lingua Franca NovaOntsluit van https af wikipedia org w index php title Umbries amp ol,
Indo-Europese tale: Kentum-tale: Italiese tale
Italiese groep Oskies | Umbries | Faliskies | Latyn
Romaanse tale
Iberoromaans Aragonees | Asturies | Galicies | Katalaans | Ladino | Leonees | Portugees | Spaans
Galloromaans Langues d'oil: Frans | Gallo | Lorreins | Normandies (Auregnais | Guernésiais | Jèrriais | Sercquiais) Pikardies | Champenois | Waals | Anglo-Normandies
Oksitaans: Aranees | Auvergnat | Gaskons | Languedokies | Limousin | Provensaals
Frankoprovensaals
Galloitalies Lombardies | Monegaskies | Piëmontees | Venesiaans
Retoromaans Romansch | Ladinies | Friulaans
Italoromaans Dalmaties | Italiaans | Napolitaans
Suid-Romaans Korsikaans | Sardies (Campidanies, Galluraans, Logudories, Sassaries) | Sisiliaans
Balkanromaans Aroemeens | Istro-Roemaans | Meglenoroemaans | Roemeens
Romaanse
Kunstale
Interlingua | Interlingue | Lingua Franca Nova