fbpx Tweeling (sterrebeeld)
Wikipedia

Tweeling (sterrebeeld)

Vir ’n artikel oor die sterreteken, sien Tweeling (sterreteken).

Die Tweeling (Latyn: Gemini) is ’n sterrebeeld in die noordelike hemelruim. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemaeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde. Dit word verbind met die tweeling Castor en Pollux in die Griekse mitologie.

Tweeling
Latynse naam Gemini
Genitief Geminorum
Afkorting Gem
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 7h
Deklinasie 20º
Grootte 514 vk. grade (30ste)
Kwadrant NQ2
Besonderhede
Hoofsterre 8, 17
Helderste ster Pollux (β Gem)
Naaste ster Gliese 251
Sterre helderder as 3 m 4
Sterre met planete 7
Messier-voorwerpe 1
Bayer-/Flamsteed-sterre 80
Meteoorreëns Geminids, Rho Geminids
Aangrensende sterrebeelde
Rooikat, Koetsier, Bul, Jagter, Eenhoring, Klein Hond, Kreef
Portaal Sterrekunde

Die maklikste manier om die sterrebeeld te vind is om na die twee helderste sterre, Castor en Pollux, te soek. Hulle is suid van die bekende “V”-vormige sterrepatroon in die sterrebeeld Bul en die drie sterre van die Jagter se Belt (in Suid-Afrika ook bekend as die Drie Konings).

Inhoud

Sterre

Die sterrebeeld Tweeling soos gesien van die Aarde af.

Die helderste sterre in die Tweeling is Pollux en Castor. Hoewel Castor die Bayer-naam Alpha Geminorum het, is dit eintlik die tweede helderste ster in die sterrebeeld naas Pollux. Castor is ’n veelvoudige ster wat uit ses komponente bestaan. Dit is 52 ligjare van die Aarde af en lyk met die blote oog soos ’n blou-wit ster met ’n magnitude van 1,6. Twee spektroskopiese dubbelsterre is sigbaar met ’n magnitude van 1,9 en 3 en ’n periode van 470 jaar.

Pollux is die helderste ster in die Tweeling, al is sy Bayer-naam Beta Geminorum (waarskynlik weens ’n fout deur Johann Bayer toe hy in 1603 die sterre name gegee het). Dit is ’n oranje reusester met ’n magnitude van 1,2 en is 34 ligjare van die Aarde af. Dit het ’n eksoplaneet, nes twee ander sterre, HD 50554 en HD 59686. Gamma Geminorum (Alhena) is ’n blou-wit ster met ’n magnitude van 1,9 en is 105 ligjare van die Aarde af.

Die Tweeling bevat verskeie helder dubbelsterre:

  • Delta Geminorum (tradisioneel bekend as Wasat) het ’n lang periode van meer as 1 000 jaar en is sowat 59 ligjare weg. Die primêre ster is ’n wit ster met ’n magnitude van 3,5 en die sekondêre ster ’n oranje dwergster met ’n magnitude van 8,2.
  • Epsilon Geminorum het ’n primêre geel superreus met ’n magnitude van 3,1, wat 900 ligjare van hier af is, en ’n sekondêre ster van 9,2 mag.
  • Zeta Geminorum se hoofster is ’n Cepheïed met ’n periode van 10,2 dae; sy minimum magnitude is 4,2 en sy maksimum 3,6. Dit is ’n geel superreus 1 200 ligjare van die Aarde af. Sy metgesel het ’n magnitude van 7,6.
  • Eta Geminorum het ’n veranderlike komponent. Dit is 350 ligjare van hier af en het ’n periode van 500 jaar. Dit is net deur groot amateurteleskope sigbaar. Die primêre ster is ’n semi-gereelde veranderlike rooi reus met ’n periode van 233 dae; sy minimum magnitude is 3,9 en sy maksimum 3,1. Die sekondêre ster het ’n magnitude van 6.
  • Kappa Geminorum is 143 ligjare van hier af. Die primêre ster is ’n geel reus met ’n magnitude van 3,6; die sekondêre ster het ’n magnitude van 8. Die twee sterre is net deur groot amateurteleskope sigbaar vanweë die verskil in ligsterkte.
  • Nu Geminorum het ’n primêre blou reus (magnitude 4,1 en 500 ligjare ver) en ’n sekondêre ster met ’n magnitude van 8.
  • 38 Geminorum is 91 ligjare van die Aarde af en kan deur klein teleskope gesien word. Sy wit en geel ster het onderskeidelik ’n magnitude van 4,8 en 7,8.

Diepruimtevoorwerpe

Messier 35. (Bron: 2MASS/Nasa)

As ’n mens na die Tweeling kyk, kyk jy weg van die Melkweg en daar is dus min noemenswaardige diepruimtevoorwerpe. Die Eskimo- en die Medusa-newel is albei planetêre newels. Die eerste een is sowat 2 870 ligjare van die Aarde af en die ander een sowat 1 500 ligjare. Messier 35 (M35) is ’n oop sterreswerm wat in 1745 ontdek is. Geminga is ’n neutronster sowat 550 ligjare van die Aarde af. Ander noemenswaardige voorwerpe is NGC 2129, NGC 2158, NGC 2266, NGC 2331, NGC 2355 en NGC 2395.

M35 (ook bekend as NGC 2168) is ’n groot, lang oop sterreswerm met ’n magnitude van 5; sy oppervlakte is sowat 0,2 vierkante grade, dieselfde as die volmaan. Vanweë sy groot ligsterkte is dit met die blote oog sigbaar op ’n donker nag, andersins deur ’n verkyker. M35, wat 2 800 ligjare van die Aarde af is, se 200 sterre kom in kettings voor wat deur die swerm vleg. Nog ’n oop swerm is NGC 2158. Dit is ’n baie ryk swerm meer as 12 000 ligjare van hier af en kan deur groot amateurteleskope gesien word.

Meteoorreëns

Die Geminiede is ’n prominente, helder meteoorreën wat sy hoogtepunt op 13-14 Desember bereik. Dit het ’n maksimum tempo van sowat 100 meteore per uur en is dus een van die rykste meteoorreëns. Die Epsilon-Geminiede bereik sy hoogtepunt tussen 18 en 29 Oktober en is maar onlangs bevestig. Dit oorvleuel met die Orioniede en is dus moeilik om daarvan te onderskei. Die Epsilon-Geminiede het ’n hoër snelheid as die Orioniede.

In die Babiloniese sterrekunde was die sterre Castor en Pollux bekend as die Groot Tweeling (MUL.MASH.TAB.BA.GAL.GAL). Hulle is beskou as minder belangrike gode en is Meshlamtaea (die een wat uit die onderwêreld herrys het) en Lugalirra (magtige koning) genoem. Albei name kan dui op Nergal, die Babiloniese god van plae en peste wat koning van die onderwêreld was.

In die Griekse mitologie is die Tweeling verbind met die verhaal van Castor en Pollux, saam bekend as die Dioscuri. Toe Castor sterf omdat hy ’n sterflike was, het Pollux by sy pa, Zeus, gesmeek dat hy Castor onsterflik maak. Zeus het dit gedoen deur hulle in die lug te verenig.

  1. Ridpath & Tirion 2001, pp. 150-152.
  2. Jenniskens, Peter (September 2012). "Mapping Meteoroid Orbits: New Meteor Showers Discovered". Sky & Telescope: 22.
  3. Babylonian Star-lore, deur Gavin White, Solaria Pubs, 2008, bl. 125
  • The Deep Photographic Guide to the Constellations:
  • Astrojan Astronomical Picture Collection:
  • WikiSky:


Die 88 moderne sterrebeelde

AgterdekAkkedisAltaarAndromedaArendBeeldhouerBekerBerenike se HareBoogskutterBulDolfynDraakDriehoekDuifEenhoringEridanusFeniksGraveerstifGroot BeerGroot HondHaasHerculesHorlosieIndiërJaghondeJagterKameelperdKameleonKielKlein BeerKlein HondKlein LeeuKoetsierKompasKassiopeiaKefeusKraaiKraanvoëlKreefNetLeeuLierLugpompMaagdMikroskoopNoordelike KroonNoordelike WaterslangOktantOondParadysvoëlPasserPerseusPouPylRamRooikatSeileSekstantSentourSkerpioenSkildSkilderSlangSlangdraerSteenbokSuidelike DriehoekSuidelike KroonSuidelike VisSuidelike WaterslangSuiderkruisSwaanSwaardvisTafelTeleskoopToekanTweelingVeewagterVisseVlieënde PerdVlieënde VisVliegVosVulWalvisWaterdraerWeegskaalWinkelhaakWolf


Tweeling (sterrebeeld)
tweeling, sterrebeeld, artikel, sterreteken, sien, tweeling, sterreteken, tweeling, latyn, gemini, sterrebeeld, noordelike, hemelruim, konstellasies, deur, eeuse, sterrekundige, ptolemaeus, beskryf, steeds, moderne, sterrebeelde, word, verbind, tweeling, casto. Vir n artikel oor die sterreteken sien Tweeling sterreteken Die Tweeling Latyn Gemini is n sterrebeeld in die noordelike hemelruim Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de eeuse sterrekundige Ptolemaeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde Dit word verbind met die tweeling Castor en Pollux in die Griekse mitologie TweelingLatynse naam GeminiGenitief GeminorumAfkorting GemWaarnemingsdata Epog J2000 Regte klimming 7hDeklinasie 20ºGrootte 514 vk grade 30ste Kwadrant NQ2BesonderhedeHoofsterre 8 17Helderste ster Pollux b Gem Naaste ster Gliese 251Sterre helderder as 3 m 4Sterre met planete 7Messier voorwerpe 1Bayer Flamsteed sterre 80Meteoorreens Geminids Rho GeminidsAangrensende sterrebeeldeRooikat Koetsier Bul Jagter Eenhoring Klein Hond KreefPortaal Sterrekunde Die maklikste manier om die sterrebeeld te vind is om na die twee helderste sterre Castor en Pollux te soek Hulle is suid van die bekende V vormige sterrepatroon in die sterrebeeld Bul en die drie sterre van die Jagter se Belt in Suid Afrika ook bekend as die Drie Konings Inhoud 1 Ruimtevoorwerpe 1 1 Sterre 1 2 Diepruimtevoorwerpe 1 3 Meteoorreens 2 Mitologie 3 Verwysings 4 Eksterne skakelsRuimtevoorwerpe WysigSterre Wysig Die sterrebeeld Tweeling soos gesien van die Aarde af Die helderste sterre in die Tweeling is Pollux en Castor Hoewel Castor die Bayer naam Alpha Geminorum het is dit eintlik die tweede helderste ster in die sterrebeeld naas Pollux Castor is n veelvoudige ster wat uit ses komponente bestaan Dit is 52 ligjare van die Aarde af en lyk met die blote oog soos n blou wit ster met n magnitude van 1 6 Twee spektroskopiese dubbelsterre is sigbaar met n magnitude van 1 9 en 3 en n periode van 470 jaar Pollux is die helderste ster in die Tweeling al is sy Bayer naam Beta Geminorum waarskynlik weens n fout deur Johann Bayer toe hy in 1603 die sterre name gegee het 1 Dit is n oranje reusester met n magnitude van 1 2 en is 34 ligjare van die Aarde af Dit het n eksoplaneet nes twee ander sterre HD 50554 en HD 59686 Gamma Geminorum Alhena is n blou wit ster met n magnitude van 1 9 en is 105 ligjare van die Aarde af Die Tweeling bevat verskeie helder dubbelsterre Delta Geminorum tradisioneel bekend as Wasat het n lang periode van meer as 1 000 jaar en is sowat 59 ligjare weg Die primere ster is n wit ster met n magnitude van 3 5 en die sekondere ster n oranje dwergster met n magnitude van 8 2 Epsilon Geminorum het n primere geel superreus met n magnitude van 3 1 wat 900 ligjare van hier af is en n sekondere ster van 9 2 mag 1 Zeta Geminorum se hoofster is n Cepheied met n periode van 10 2 dae sy minimum magnitude is 4 2 en sy maksimum 3 6 Dit is n geel superreus 1 200 ligjare van die Aarde af Sy metgesel het n magnitude van 7 6 Eta Geminorum het n veranderlike komponent Dit is 350 ligjare van hier af en het n periode van 500 jaar Dit is net deur groot amateurteleskope sigbaar Die primere ster is n semi gereelde veranderlike rooi reus met n periode van 233 dae sy minimum magnitude is 3 9 en sy maksimum 3 1 Die sekondere ster het n magnitude van 6 1 Kappa Geminorum is 143 ligjare van hier af Die primere ster is n geel reus met n magnitude van 3 6 die sekondere ster het n magnitude van 8 Die twee sterre is net deur groot amateurteleskope sigbaar vanwee die verskil in ligsterkte Nu Geminorum het n primere blou reus magnitude 4 1 en 500 ligjare ver en n sekondere ster met n magnitude van 8 38 Geminorum is 91 ligjare van die Aarde af en kan deur klein teleskope gesien word Sy wit en geel ster het onderskeidelik n magnitude van 4 8 en 7 8 1 Diepruimtevoorwerpe Wysig Messier 35 Bron 2MASS Nasa As n mens na die Tweeling kyk kyk jy weg van die Melkweg en daar is dus min noemenswaardige diepruimtevoorwerpe Die Eskimo en die Medusa newel is albei planetere newels Die eerste een is sowat 2 870 ligjare van die Aarde af en die ander een sowat 1 500 ligjare Messier 35 M35 is n oop sterreswerm wat in 1745 ontdek is Geminga is n neutronster sowat 550 ligjare van die Aarde af Ander noemenswaardige voorwerpe is NGC 2129 NGC 2158 NGC 2266 NGC 2331 NGC 2355 en NGC 2395 M35 ook bekend as NGC 2168 is n groot lang oop sterreswerm met n magnitude van 5 sy oppervlakte is sowat 0 2 vierkante grade dieselfde as die volmaan Vanwee sy groot ligsterkte is dit met die blote oog sigbaar op n donker nag andersins deur n verkyker M35 wat 2 800 ligjare van die Aarde af is se 200 sterre kom in kettings voor wat deur die swerm vleg Nog n oop swerm is NGC 2158 Dit is n baie ryk swerm meer as 12 000 ligjare van hier af en kan deur groot amateurteleskope gesien word 1 Meteoorreens Wysig Die Geminiede is n prominente helder meteoorreen wat sy hoogtepunt op 13 14 Desember bereik Dit het n maksimum tempo van sowat 100 meteore per uur en is dus een van die rykste meteoorreens 1 Die Epsilon Geminiede bereik sy hoogtepunt tussen 18 en 29 Oktober en is maar onlangs bevestig Dit oorvleuel met die Orioniede en is dus moeilik om daarvan te onderskei Die Epsilon Geminiede het n hoer snelheid as die Orioniede 2 Mitologie WysigIn die Babiloniese sterrekunde was die sterre Castor en Pollux bekend as die Groot Tweeling MUL MASH TAB BA GAL GAL Hulle is beskou as minder belangrike gode en is Meshlamtaea die een wat uit die onderwereld herrys het en Lugalirra magtige koning genoem Albei name kan dui op Nergal die Babiloniese god van plae en peste wat koning van die onderwereld was 3 In die Griekse mitologie is die Tweeling verbind met die verhaal van Castor en Pollux saam bekend as die Dioscuri Toe Castor sterf omdat hy n sterflike was het Pollux by sy pa Zeus gesmeek dat hy Castor onsterflik maak Zeus het dit gedoen deur hulle in die lug te verenig Verwysings Wysig 1 0 1 1 1 2 1 3 1 4 1 5 Ridpath amp Tirion 2001 pp 150 152 Jenniskens Peter September 2012 Mapping Meteoroid Orbits New Meteor Showers Discovered Sky amp Telescope 22 Babylonian Star lore deur Gavin White Solaria Pubs 2008 bl 125 H A Rey The Stars A New Way To See Them Houghton Mifflin Boston 1997 ISBN 0 395 24830 2 Ian Ridpath en Wil Tirion 2007 Stars and Planets Guide Collins Londen ISBN 978 0 00 725120 9 Princeton University Press Princeton ISBN 978 0 691 13556 4 Eksterne skakels WysigThe Deep Photographic Guide to the Constellations Gemini Astrojan Astronomical Picture Collection The clickable Gemini WikiSky Gemini Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Tweeling sterrebeeld Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia Die 88 moderne sterrebeeldeAgterdek Akkedis Altaar Andromeda Arend Beeldhouer Beker Berenike se Hare Boogskutter Bul Dolfyn Draak Driehoek Duif Eenhoring Eridanus Feniks Graveerstif Groot Beer Groot Hond Haas Hercules Horlosie Indier Jaghonde Jagter Kameelperd Kameleon Kiel Klein Beer Klein Hond Klein Leeu Koetsier Kompas Kassiopeia Kefeus Kraai Kraanvoel Kreef Net Leeu Lier Lugpomp Maagd Mikroskoop Noordelike Kroon Noordelike Waterslang Oktant Oond Paradysvoel Passer Perseus Pou Pyl Ram Rooikat Seile Sekstant Sentour Skerpioen Skild Skilder Slang Slangdraer Steenbok Suidelike Driehoek Suidelike Kroon Suidelike Vis Suidelike Waterslang Suiderkruis Swaan Swaardvis Tafel Teleskoop Toekan Tweeling Veewagter Visse Vlieende Perd Vlieende Vis Vlieg Vos Vul Walvis Waterdraer Weegskaal Winkelhaak WolfOntsluit van https af wikipedia org w index php title Tweeling sterrebeeld amp ol,