×
Twaalf heilige heuwels van Imerina

Die twaalf heilige heuwels van Imerina is heuwels van historiese belang vir die Merina-volk van Madagaskar. Hulle is versprei dwarsoor Imerina, die sentrale deel van die plato van Madagaskar. Die heuwels was dikwels antieke hoofstede, die geboorteplek van belangrike openbare figure of die plek waar geëerde politieke en spirituele leiers begrawe is. Die eerste stel heilige heuwels is in die vroeë 17de eeu deur koning Andrianjaka aangewys. Die heiligheid van die heuwels is herbevestig deur koning Andrianampoinimerina van die laat 18de eeu wat ’n paar van die ou terreine met nuwes vervang het. Deur die geskiedenis is meer as 12 heilige heuwels dus aangewys, maar die idee van 12 heilige heuwels het voortbestaan vanweë die belangrikheid van die getal 12 in Malgassiese kosmologie.

Die heilige heuwels van Imerina.

Vandag is daar min konkrete bewyse dat die historiese belangrikheid van die heuwels steeds van toepassing is, maar die belangrike argeologiese en kulturele erfenis van die terreine geld steeds. Die historiese belangrikheid van die terreine word die beste verteenwoordig deur die Rova van Antananarivo by Analamanga, die antieke gefortifiseerde stad by Alasora, die huise en grafte van die andriana (adellikes) by Antsahadinta en die antieke versterkings en paleise by Ambohimanga. Laasgenoemde is sedert 2001 ’n Unesco-wêrelderfenisterrein.

Inhoud

Volgens oorlewering het koning Andrianjaka (1610-1630) 12 heuwels in Imerina heilig verklaar vanweë hul historiese, politieke en spirituele belangrikheid vir die Merina-volk. Koning Andrianampoinimerina (1787-1810) het dieselfde gedoen – hy het verskeie van Andrianjaka se terreine ingesluit. Die meeste van die heuwels was die ligging van mededingende koninkryke se hoofstede wat Andrianampoinimerina verower en onder sy bewind verenig het; ander was die magsetels van historiese monarge van die Koninkryk Imerina.

Twaalf is die heilige getal in Merina-kosmologie en daar word algemeen gesê Andrianampoinimerina het 12 vroue gehad het en elk op ’n heuwel in sy koninkryk laat woon. Eintlik het hy meer as 12 vroue gehad en daar is meer as 12 heuwels om Antananarivo wat heilig was. Die presiese 12 heuwels wat Andrianampoinimerina as heilig aangewys het, bly dus seffens betwis, maar uiteenlopende bronne noem die volgende terreine:

Alasora

Alasora, 2013.

Alasora, 1 348 m, breedtegraad 18°57'46.08"S, lengtegraad 47° 34'09.74"O, 15 km noordoos van Antananarivo: Alasora is een van die oudste dorpe in Imerina. Prins Ramasimparihy het dit vermoedelik in 1490 gestig. Koningin Rangita (1500-1520), wat van Imerimanjaka af regeer het, en haar broer Andrianamponga het aan die terrein sy huidige naam gegee. Tydens die bewind van Rangita se dogter, koningin Rafohy (1520-1540), is die streek se hoofstad verskuif van Imerimanjaka na Alasora. Van die oorblyfsels op die terrein is van strukture wat later deur haar seun koning Andriamanelo (1540-1575) aangebring is, insluitende die hadivory en hadifetsy (verdedigingslote om die dorp) en die vavahady, ’n dorpspoort. Hierdie model is later vir ander dorpe in Imerina gebruik. Andriamanelo is hier begrawe.

Ambohidrabiby

Ambohidrabiby (of Ambohitrabiby), 20 km noord van Antananarivo: die terrein van die hoofstad van koning Ralambo (1575-1610). Hy is hier begrawe, saam met sy Vazimba-oupa (of skoonpa) Rabiby, ’n bekende astroloog na wie die heuwel genoem is.

Ambohidratrimo

Ambohidratrimo, 1 352 m, breedtegraad 18°49'25.52"S, lengtegraad 47°26'48.70"O, 17 km noord van Antananarivo: genoem na koning Ratrimo, wat volgens oorlewering in die middel 12de eeu die eerste koning was wat oor die gebied regeer het. Ná ’n paar mislukte pogings om die heuwel te verower het Andrianampoinimerina eindelik die gebied oorgeneem deur te trou met sy eerste vrou, Rambolamasoandro, prinses van Ambohidratrimo. Sy was die ma van sy seun en opvolger, Radama I.

Ambohimanga

Koninklike heuwel Ambohimanga*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Lande Madagaskar
Tipe Kultureel
Kriteria (iii), (iv), (vi)
Verwysings
Streek Afrika
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 2001 (25ste Sessie)
*
Die graf van Ralambo in Ambohitrabiby.

Ambohimanga ("Blou Heuwel"), 1 456 m, breedtegraad 18°45'66.18"S, lengtegraad 47°33'69.30"O, 21 km noord van Antananarivo: terrein van Imerina se hoofstad onder Andrianampoinimerina. Ambohimanga is in 2001 aangewys as ’n Unesco-wêrelderfenisterrein.

Analamanga

Analamanga, 2005.

Analamanga ("Blou Woud"), breedtegraad 18°55'24.86"S, lengtegraad 47°31'56.06"O (Antananarivo): terrein van die Rova van Antananarivo. Analamanga is die hoogste heuwel in die hoofstad en die een waarop koning Andrianjaka die oorspronklike dorp gebou het.

Antsahadinta

Antsahadinta ("Vallei van die Bloedsuiers"), 1 390 m, breedtegraad 19°00'72.18"S, lengtegraad 47°27'45.00"O: magsetel van Wes-Imerina en ’n terrein met verskeie goed bewaarde aristokratiese houthuise, een van die eerste 12 openbare skole wat die sendeling James Cameron laat bou het en verskeie koninklike graftombes wat oor 700 jaar terugdateer. Net Ambohimanga se kulturele en argeologiese erfenis is groter as dié van Antsahadinta.

Ikaloy

Ikaloy, 1 435 m, breedtegraad 18°35'43.72"S, lengtegraad 47°38'99.76"O: geboorteplek van koning Andrianampoinimerina. Van die oorblyfsels van die historiese dorp is ’n tradisionele vavahady-steen en die oorspronklike dorpspoort, verskeie ongemerkte antieke steengrafte en ’n goed bewaarde, oorspronklike adellike houthuis.

Ilafy

Ilafy, breedtegraad 18°51'16.63"S, lengtegraad 47°33'54.43"O, 10 km van Antananarivo: terrein van die hoofstad van die koninkryk Andrianjafy (1770-1787), sowel as ’n eenvoudige adellike houtvakansiepaleis wat deur Radama II (1861-1863) laat bou is. Dit is ook die terrein van die eerste wapenvervaardiger op Madagaskar wat in 1833 deur Jean Laborde gevestig is. Die oorspronklike graf van Radama II is hier geleë, maar sy oorskot is later geskuif.

Imerimanjaka

Imerimanjaka, 2013.

Imerimanjaka: terrein van die graftombes van twee Vazimba-koninginne: Rangita, wat van hier af regeer het; en Rafohy, ma van Andriamanelo, die eerste koning van Imerina.

Imerimandroso

Imerimandroso, breedtegraad 17°25'47.02"S, lengtegraad 48°35'32.58"O: Imerimandroso was ’n belangrike dorp vir die Vazimba-volk.

Namehana

Namehana, breedtegraad 18°50'03.00"S, lengtegraad 47°32'55.79"O: Terrein van ’n groot slag in die Frans-Hova-oorlog tussen die Merina en Franse magte in 1895.

Verskeie ander heuwels word ook soms genoem as een van die 12 heilige heuwels. Van hulle is:

  • Ambohijoky (12 km suid van Antananarivo)
  • Antongona
  • Androhibe
  • Ampandrana
  • Ambohimalaza
  • Hiarandriana
  • Ambatomanohina
  • Ambohidrapeto
  • Fenoarivo
  • Iharanandriana
  • Ambohidrontsy (Ambohihontsy, Ambohimanambola)
  • Ambohitrondrana
  • Amboatany:
  • Ambohiniazy:
  • Ambohijafy
  • Ambohimandranjaka
  1. Administration coloniale. Imprimerie officielle de Tananarive, 1898.(fr)
  2. Labourdette, Jean-Paul and Auzias, Dominique. Petit Futé, 2010.(fr)
  3. Office regionale du Tourisme à Antananarivo. Accessed November 5, 2010.(fr)
  4. Raison-Jourde, Françoise and Randrianja, Solofo. La Nation malgache au défi de l’ethnicité. Karthala Editions, 2002.(fr)
  5. Oliver, Samuel. Macmillan, 1886.
  6. Ravalitera, Pela. Journal de l’Express. Besoek op 1 Desember 2010.(fr)
  7. Madatana.com, besoek op 5 November 2010.(fr)
  8. Madatana.com, besoek op 5 November 2010.(fr)
  9. Unesco, besoek op 5 November 2010.
  10. Madatana.com, besoek 5 November 2010.(fr)
  11. Madatana.com, besoek op 5 November 2010.(fr)
  12. Madatana.com, besoek op 5 November 2010.(fr)
  13. Madatana.com, besoek op 5 November 2010.(fr)

Publikasie datum: September 26, 2021

twaalf, heilige, heuwels, imerina, twaalf, heilige, heuwels, imerina, heuwels, historiese, belang, merina, volk, madagaskar, hulle, versprei, dwarsoor, imerina, sentrale, deel, plato, madagaskar, heuwels, dikwels, antieke, hoofstede, geboorteplek, belangrike, . Die twaalf heilige heuwels van Imerina is heuwels van historiese belang vir die Merina volk van Madagaskar Hulle is versprei dwarsoor Imerina die sentrale deel van die plato van Madagaskar Die heuwels was dikwels antieke hoofstede die geboorteplek van belangrike openbare figure of die plek waar geeerde politieke en spirituele leiers begrawe is Die eerste stel heilige heuwels is in die vroee 17de eeu deur koning Andrianjaka aangewys Die heiligheid van die heuwels is herbevestig deur koning Andrianampoinimerina van die laat 18de eeu wat n paar van die ou terreine met nuwes vervang het Deur die geskiedenis is meer as 12 heilige heuwels dus aangewys maar die idee van 12 heilige heuwels het voortbestaan vanwee die belangrikheid van die getal 12 in Malgassiese kosmologie Die heilige heuwels van Imerina Vandag is daar min konkrete bewyse dat die historiese belangrikheid van die heuwels steeds van toepassing is maar die belangrike argeologiese en kulturele erfenis van die terreine geld steeds Die historiese belangrikheid van die terreine word die beste verteenwoordig deur die Rova van Antananarivo by Analamanga die antieke gefortifiseerde stad by Alasora die huise en grafte van die andriana adellikes by Antsahadinta en die antieke versterkings en paleise by Ambohimanga Laasgenoemde is sedert 2001 n Unesco werelderfenisterrein Inhoud 1 Geskiedenis 2 Belangrikste terreine 2 1 Alasora 2 2 Ambohidrabiby 2 3 Ambohidratrimo 2 4 Ambohimanga 2 5 Analamanga 2 6 Antsahadinta 2 7 Ikaloy 2 8 Ilafy 2 9 Imerimanjaka 2 10 Imerimandroso 2 11 Namehana 3 Ander heuwels 4 Verwysings 5 Eksterne skakelsGeskiedenis WysigVolgens oorlewering het koning Andrianjaka 1610 1630 12 heuwels in Imerina heilig verklaar vanwee hul historiese politieke en spirituele belangrikheid vir die Merina volk Koning Andrianampoinimerina 1787 1810 het dieselfde gedoen hy het verskeie van Andrianjaka se terreine ingesluit Die meeste van die heuwels was die ligging van mededingende koninkryke se hoofstede wat Andrianampoinimerina verower en onder sy bewind verenig het ander was die magsetels van historiese monarge van die Koninkryk Imerina Belangrikste terreine WysigTwaalf is die heilige getal in Merina kosmologie en daar word algemeen gese Andrianampoinimerina het 12 vroue gehad het en elk op n heuwel in sy koninkryk laat woon 1 Eintlik het hy meer as 12 vroue gehad en daar is meer as 12 heuwels om Antananarivo wat heilig was 2 Die presiese 12 heuwels wat Andrianampoinimerina as heilig aangewys het bly dus seffens betwis 3 maar uiteenlopende bronne noem die volgende terreine Alasora Wysig Alasora 2013 Alasora 1 2 4 5 6 1 348 m breedtegraad 18 57 46 08 S lengtegraad 47 34 09 74 O 15 km noordoos van Antananarivo Alasora is een van die oudste dorpe in Imerina Prins Ramasimparihy het dit vermoedelik in 1490 gestig Koningin Rangita 1500 1520 wat van Imerimanjaka af regeer het en haar broer Andrianamponga het aan die terrein sy huidige naam gegee Tydens die bewind van Rangita se dogter koningin Rafohy 1520 1540 is die streek se hoofstad verskuif van Imerimanjaka na Alasora Van die oorblyfsels op die terrein is van strukture wat later deur haar seun koning Andriamanelo 1540 1575 aangebring is insluitende die hadivory en hadifetsy verdedigingslote om die dorp en die vavahady n dorpspoort Hierdie model is later vir ander dorpe in Imerina gebruik Andriamanelo is hier begrawe 7 Ambohidrabiby Wysig Ambohidrabiby of Ambohitrabiby 1 2 4 5 6 20 km noord van Antananarivo die terrein van die hoofstad van koning Ralambo 1575 1610 Hy is hier begrawe saam met sy Vazimba oupa of skoonpa Rabiby n bekende astroloog na wie die heuwel genoem is Ambohidratrimo Wysig Ambohidratrimo 1 4 5 6 1 352 m breedtegraad 18 49 25 52 S lengtegraad 47 26 48 70 O 17 km noord van Antananarivo genoem na koning Ratrimo wat volgens oorlewering in die middel 12de eeu die eerste koning was wat oor die gebied regeer het Na n paar mislukte pogings om die heuwel te verower het Andrianampoinimerina eindelik die gebied oorgeneem deur te trou met sy eerste vrou Rambolamasoandro prinses van Ambohidratrimo Sy was die ma van sy seun en opvolger Radama I 8 Ambohimanga Wysig Koninklike heuwel Ambohimanga Unesco werelderfenisterrein Lande MadagaskarTipe KultureelKriteria iii iv vi Verwysings 950Streek AfrikaInskripsiegeskiedenisInskripsie 2001 25ste Sessie Naam soos dit in die Werelderfenislys verskyn Streek soos deur Unesco geklassifiseer Die graf van Ralambo in Ambohitrabiby Ambohimanga 1 2 3 4 5 6 Blou Heuwel 1 456 m breedtegraad 18 45 66 18 S lengtegraad 47 33 69 30 O 21 km noord van Antananarivo terrein van Imerina se hoofstad onder Andrianampoinimerina Ambohimanga is in 2001 aangewys as n Unesco werelderfenisterrein 9 Analamanga Wysig Analamanga 2005 Analamanga 1 2 4 5 6 Blou Woud breedtegraad 18 55 24 86 S lengtegraad 47 31 56 06 O Antananarivo terrein van die Rova van Antananarivo Analamanga is die hoogste heuwel in die hoofstad en die een waarop koning Andrianjaka die oorspronklike dorp gebou het Antsahadinta Wysig Antsahadinta 2 3 4 6 Vallei van die Bloedsuiers 1 390 m breedtegraad 19 00 72 18 S lengtegraad 47 27 45 00 O magsetel van Wes Imerina en n terrein met verskeie goed bewaarde aristokratiese houthuise een van die eerste 12 openbare skole wat die sendeling James Cameron laat bou het en verskeie koninklike graftombes wat oor 700 jaar terugdateer Net Ambohimanga se kulturele en argeologiese erfenis is groter as die van Antsahadinta 10 Ikaloy Wysig Ikaloy 1 2 4 5 6 1 435 m breedtegraad 18 35 43 72 S lengtegraad 47 38 99 76 O geboorteplek van koning Andrianampoinimerina Van die oorblyfsels van die historiese dorp is n tradisionele vavahady steen en die oorspronklike dorpspoort verskeie ongemerkte antieke steengrafte en n goed bewaarde oorspronklike adellike houthuis 11 Ilafy Wysig Ilafy 1 2 3 4 5 6 breedtegraad 18 51 16 63 S lengtegraad 47 33 54 43 O 10 km van Antananarivo terrein van die hoofstad van die koninkryk Andrianjafy 1770 1787 sowel as n eenvoudige adellike houtvakansiepaleis wat deur Radama II 1861 1863 laat bou is Dit is ook die terrein van die eerste wapenvervaardiger op Madagaskar wat in 1833 deur Jean Laborde gevestig is 12 Die oorspronklike graf van Radama II is hier gelee maar sy oorskot is later geskuif Imerimanjaka Wysig Imerimanjaka 2013 Imerimanjaka 1 2 5 6 terrein van die graftombes van twee Vazimba koninginne Rangita wat van hier af regeer het en Rafohy ma van Andriamanelo die eerste koning van Imerina 13 Imerimandroso Wysig Imerimandroso 1 5 6 breedtegraad 17 25 47 02 S lengtegraad 48 35 32 58 O Imerimandroso was n belangrike dorp vir die Vazimba volk Namehana Wysig Namehana 1 2 5 6 breedtegraad 18 50 03 00 S lengtegraad 47 32 55 79 O Terrein van n groot slag in die Frans Hova oorlog tussen die Merina en Franse magte in 1895 Ander heuwels WysigVerskeie ander heuwels word ook soms genoem as een van die 12 heilige heuwels Van hulle is Ambohijoky 2 6 12 km suid van Antananarivo Antongona Androhibe 1 5 Ampandrana 2 6 Ambohimalaza 6 Hiarandriana 5 Ambatomanohina 1 Ambohidrapeto 4 Fenoarivo 6 Iharanandriana 6 Ambohidrontsy Ambohihontsy Ambohimanambola 6 Ambohitrondrana 6 Amboatany 6 Ambohiniazy 6 Ambohijafy AmbohimandranjakaVerwysings Wysig 1 00 1 01 1 02 1 03 1 04 1 05 1 06 1 07 1 08 1 09 1 10 1 11 1 12 Administration coloniale Notes reconnaissances et explorations Volume 4 Imprimerie officielle de Tananarive 1898 fr 2 00 2 01 2 02 2 03 2 04 2 05 2 06 2 07 2 08 2 09 2 10 2 11 Labourdette Jean Paul and Auzias Dominique Madagascar Petit Fute 2010 fr 3 0 3 1 3 2 3 3 Les collines sacrees Office regionale du Tourisme a Antananarivo Accessed November 5 2010 fr 4 0 4 1 4 2 4 3 4 4 4 5 4 6 4 7 4 8 Raison Jourde Francoise and Randrianja Solofo La Nation malgache au defi de l ethnicite Karthala Editions 2002 fr 5 00 5 01 5 02 5 03 5 04 5 05 5 06 5 07 5 08 5 09 5 10 5 11 Oliver Samuel Madagascar an historical and descriptive account of the island and its former dependencies Volume 1 Macmillan 1886 6 00 6 01 6 02 6 03 6 04 6 05 6 06 6 07 6 08 6 09 6 10 6 11 6 12 6 13 6 14 6 15 6 16 6 17 6 18 6 19 Ravalitera Pela Les Douze Collines sacrees fruits de decisions royales Journal de l Express Besoek op 1 Desember 2010 fr Alasora Madatana com besoek op 5 November 2010 fr Ambohidratrimo Madatana com besoek op 5 November 2010 fr Royal hill of Ambohimanga Unesco besoek op 5 November 2010 Antsahadinta Madatana com besoek 5 November 2010 fr Kaloy Madatana com besoek op 5 November 2010 fr Ilafy Madatana com besoek op 5 November 2010 fr Ambohitraina Imerimanjaka Madatana com besoek op 5 November 2010 fr Eksterne skakels Wysig Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse WikipediaOntsluit van https af wikipedia org w index php title Twaalf heilige heuwels van Imerina amp ol,