fbpx
Wikipedia

Tsjeggië

Tsjeggië (Tsjeggies: Česko, [ˈtʃɛsko], ), amptelik die Tsjeggiese Republiek (Česká republika, [ˈtʃɛskaː ˈrɛpuˌblɪka], ), is 'n landingeslote land in Sentraal-Europa. Dit is die westelike deel van die voormalige Tsjeggo-Slowakye. Dit grens in die weste en noordweste aan Duitsland, in die noordooste aan Pole, in die ooste aan Slowakye en in die suide aan Oostenryk. Die hoofstad en grootste stad is Praag. Die land bestaan uit die historiese gebiede van Boheme in die weste en Morawië in die ooste, wat deur 'n uitgestrekte plato, die Boheems-Morawiese Hoogland, van mekaar geskei word, asook dele van Silesië (die vroeëre Oostenryks-Silesië, tans meestal Tsjeggies-Silesië genoem). Hulle vervul tans geen administratiewe funksie meer nie omrede die federale tradisies van die voorloperstaat Tsjeggo-Slowakye nie voortgesit word nie. Die Tsjeggiese Republiek is sedert 1999 lid van NAVO en sedert 2004 lid van die Europese Unie.

Česká republika
Tsjeggiese Republiek
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Pravda vítězí
(Tsjeggies vir: "Die waarheid heers")
Volkslied: Kde domov můj
(Tsjeggies vir: "Waar is my tuiste?")
Hoofstad Praag

50°05′N 14°28′O / 50.083°N 14.467°O / 50.083; 14.467

Grootste stad Praag
Amptelike tale Tsjeggies
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike republiek
Miloš Zeman
Andrej Babiš
Onafhanklikheid
• Prinsdom van Boheme
• Koninkryk van Boheme
Tsjeggo-Slowakye
• Tsjeggiese
Sosialistiese Republiek
• Tsjeggiese Republiek

ca. 870
1198
28 Oktober 1918

1 Januarie 1969
1 Januarie 1993
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
78 866 km2  (115de)
30 450 myl2
2
Bevolking
 - 31 Maart 2017-skatting
 - 2011-sensus
 - Digtheid
 
10 579 067[1] (84ste)
10 436 560[2]
134 / km2 (87ste)
347,1 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

$368,659 miljard[3] (50ste)
$34 849[3] (39ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

$196,068 miljard[3] (49ste)
$18 534[3] (41ste)

MOI (2015) 0,878[4] (28ste)  –  baie hoog
Gini (2015) 25,0[5](5de) –  laag
Geldeenheid Kroon (CZK)
Tydsone
 - Somertyd
MET (UTC+1)
MEST (UTC+2)
Internet-TLD .cz
Skakelkode +420
Kaart van Tsjeggië

Ná die Slag van Mohács in 1526 het die Tsjeggiese lande onder die heerskappy van die Huis van Habsburg geval. Dit het later deel geword van die Keiserryk Oostenryk en Oostenryk-Hongarye.

Die onafhanklike republiek van Tsjeggo-Slowakye is in 1918 gevorm ná die ineenstorting van die Oostenryk-Hongaarse ryk as gevolg van die Eerste Wêreldoorlog. Ná die München-ooreenkoms, Duitse besetting, die daaropvolgende Westerse trouebreuk in die ooreenkomste van die Verdrag van Versailles, en dankbaarheid vir die bevryding van die grootste deel van Tsjeggo-Slowakye deur die Rooi Leër, het die Kommunistiese Party van Tsjeggo-Slowakye 'n meerderheidsoorwinning (38%)[6] in die verkiesing van 1946 behaal. In 'n staatsgreep het die land in 1948 'n kommunistiese staat geword.

In 1968 het groterwordende ontevredenheid met die regering tot pogings gelei om die kommunistiese bewind te hervorm. Die gebeurtenisse, wat as die Praag-lente van 1968 bekend staan, is beëindig met 'n inval deur die magte van die Warskouverdraglande (met uitsluiting van Roemenië); die troepe het tot die sogenaamde Fluweelrewolusie in 1989 in die land gebly, toe die kommunistiese bewind ineengestort het. In 1993 het Tsjeggo-Slowakye vreedsaam in sy samestellende state, Tsjeggië en Slowakye, verdeel.

Geografie

 
Nasa-Satellietbeeld van Tsjeggië

Tsjeggië is in die hartland van Sentraal-Europa geleë. Meer as vier vyfdes van sy oppervlakte word deur bergstreke en hooglande beslaan, met meerdere bekkenlandskappe wat daartussen geleë is. Die hoogste bergpiek, Sněžka (op 1 602 m bo seevlak), is in die Oos-Boheemse Reusegebergte of Krokonoše-bergreeks geleë. Ander belangrike bergreekse is die Boheemse Woud (Šumava, met hoogtes van tussen 1 000 en 1 400 m) langs die suidwestelike grens van Tsjeggië, die Ertsgebergte (met die bergpiek Krušné hory op 1 244 m) en die Sudetereeks (Sudety). Die Boheemse Middelgebergte se pieke verrys suidoos van die Ertsgebergte aan weerskante van die Elberivier.

Klimaat

Kenmerke en invloede

 
'n Stabiele hoëdrukgebied in die najaar met sonnige weer word as "Goue Oktober" waargeneem. Beukebome tower die Nasionale Podyjí Dyjepark in Suid-Morawië op met hul rooi herfskleure en weerkaats in die rustige wateroppervlak van 'n klein meer

Die Tsjeggiese Republiek is 'n landingeslote land wat in die gematigde breedtegrade van die Noordelike Halfrond geleë is. Sy gematigde klimaat varieer volgens geografiese streke, afhangende van die hoogte bo seevlak en seisoen.[7] So word in die bergreekse laer gemiddelde temperature aangeteken as in die laer landsdele en oefen gebergtes, wat in die grensgebiede geleë is, merkbare invloed uit op die vloei van lugmassa's en neerslae in laagliggende streke.

Die wisselende hoogte van die son in die loop van 'n jaar veroorsaak dat vier verskillende seisoene met kenmerkende verskille ten opsigte van temperature en neerslae mekaar afwissel. Net soos in ander dele van die Noordelike Halfrond se gematigde sone begin die kalenderjaar in Tsjeggië met 'n koue winter, gevolg deur lente, 'n warm somer en 'n koel herfs. Weerstoestande is egter wisselvallig, met groter afwykings van die langtermyn gemiddelde reënval en temperatuur. Dié variasie spruit voort uit die veranderende ligging en grootte van twee belangrike drukgebiede – die Yslandse Laedrukgebied en die Asore-hoëdrukgebied. Veral gedurende die warm middel van die jaar het 'n uitbreiding van die hoëdrukgebied na Tsjeggië warmer en droër weerstoestande tot gevolg, terwyl die Yslandse Laagdrukgebied bewolking en reënval saambring as dit in rigting van Tsjeggië beweeg.

Topografiese verskeidenheid is die belangrikste klimatologiese faktor in Tsjeggië, en so hang die gemiddelde temperatuur van 'n bepaalde streek hoofsaaklik af van sy ligging bo seevlak. Wanneer die lug op die land se hoogste bergpiek, Sněžka (Schneekoppe) in die Reusegebergte op 1 602 meter, afkoel tot slegs 0,4 °C, word in die Suidoos-Morawiese laagland nog byna 10 °C aangeteken. Die hoogste gemiddelde jaarlikse temperature word in die hoofstad Praag gemeet – danksy die sogenaamde "warmte-eilandffek" in beboude stedelike gebiede.

Ook die gemiddelde jaarlikse reënval word deur die hoogte bo seevlak bepaal. Die natste gebiede is die hoogste bergreeks se steil noordwestelike hellings met meer as 1 200 millimeter. Die droogste streke is die laagliggende suidooste van Morawië en die noordweste van Boheme. Die laasgenoemde is in die Krušné-bergreeks se reënskadu geleë.

Seisoene

 
Die kasteel van Švihov op 'n koue winteraand

Desember, Januarie en Februarie word as die wintermaande gereken. Die laagste temperature word in Januarie aangeteken wanneer die maandelikse gemiddeld selfs in laer geleë landsdele benede vriespunt is. Neerslae in die berggebiede val dan gewoonlik as sneeu, in die laagland reën of sneeu dit na gelang van temperature. Van die bergstreke, wat maande lank met sneeu bedek is, het tot gewilde wintersportbestemmings ontwikkel.

Temperature styg skerp in die lentetyd gedurende Maart, April en Mei. 'n Gewilde gesegde beskryf die kenmerkende eienskappe van elkeen van die lentemaande:

  Březen – za kamna vlezem,
duben – ještě tam budem,
máj – půjdeme v háj.

In Maart – sit ons voor die kaggel.
In April – sit ons steeds daar.
In Mei – stap ons uit na die tuin.
 
 
Herfskleure in Křivoklátsko, Wes-Tsjeggië

Die laaste sneeu smelt gewoonlik in die middel van die lente, en selfs in die hoogste Tsjeggiese bergstreke is April die begin van die blomtyd. Danksy die smeltende sneeu bereik Tsjeggiese riviere in dié tyd hul hoogste watervlakke. Baie volkstradisies word met dié tyd van die jaar verbind.

In Julie, die warmste somermaand, is die gemiddelde temperatuur sowat 20 °C hoër as in Januarie, met uiterstes van meer as 30 °C op baie warm dae. Watertemperature is in die tweede helfte van die somer hoog genoeg om swemmers na die riviere te lok – of diegene, wat van koeler temperature hou, na die berggebiede laat stroom. In Augustus kom dikwels langer periodes met warm weerstoestande voor.

September, Oktober en November is die herfsmaande in Tsjeggië, met dikwels nog betreklik warm en droë weerstoestande in September. Eers vroeg in Oktober begin die kwik weer merkbaar daal, met 'n gemiddeld van minder as 10 °C. Die Tsjeggiese term vir "November", listopad, verwys na vallende blare. Strawwe ryp en koue nagtemperature kondig die winterseisen aan.

Administratiewe geweste

 
Kaart van Tsjeggië met tradisionele en huidige administratiewe streke
 
Kaart van Tsjeggië met distrikte
Lisensiebordbrief Streeksnamename
in Afrikaans
Streeksnamename
in Tsjeggies
Hoofstad Bevolking
(2004-skatting)
Bevolking
(2011-skatting)[8]
A   Praag Hlavní město Praha nvt 1 170 571 1 268 796
S   Sentraal-Boheemse streek Středočeský kraj Praag 1 144 071 1 289 211
C   Suid-Boheemse streek Jihočeský kraj České Budějovice 625 712 628 336
P   Pilsen-streek Plzeňský kraj Pilsen 549 618 570 401
K   Karlovy Vary-streek Karlovarský kraj Karlovy Vary 304 588 295 595
U   Ústí nad Labem-streek Ústecký kraj Ústí nad Labem 822 133 835 814
L   Liberec-streek Liberecký kraj Liberec 427 563 432 439
H   Hradec Králové-streek Královéhradecký kraj Hradec Králové 547 296 547 916
E   Pardubice-streek Pardubický kraj Pardubice 505 285 511 627
M   Olomouc-streek Olomoucký kraj Olomouc 635 126 628 427
T   Morawies-Silesiese streek Moravskoslezský kraj Ostrava 1 257 554 1 205 834
B   Suid-Morawiese streek Jihomoravský kraj Brno 1 123 201 1 163 508
Z   Zlín-streek Zlínský kraj Zlín 590 706 579 944
J   Vysočina-streek Kraj Vysočina Jihlava 517 153 505 565

Geloof

Tsjeggië, tesame met Estland, het een van die minsreligieuse bevolkings in die hele Europa. Volgens die 2001-sensus is 59% van die landsbevolking agnosties, ateïsties, nie-gelowig of 'n nie-georganiseerde gelowige, 26,8% Rooms-Katoliek, en 2,5% Protestants.[9] Volgens die nuutste Eurobarometeropname in 2005[10] het 19% van Tsjeggiese inwoners gestaaf dat hulle in 'n god glo – die laagste koers onder EU-lidlande ná Estland (16%)[10] – terwyl 50% geantwoord het dat hulle in een of ander gees of lewensmag glo en 30% gesê het dat hulle nie glo dat enige tipe van gees, god of lewensmag bestaan nie.

Ekonomie

Historiese oorsig

Die staatsgebied van die huidige Tsjeggiese Republiek was een van die belangrikste nywerheidstreke in die Oostenryks-Hongaarse dubbelmonargie waar byna 70 persent van die industriële produksie gekonsentreer was en wat omstreeks 1900 ook in 'n Europese konteks as een van die ekonomies mees ontwikkelde gebiede beskou is.[11][12] Ook ná sy onafhanklikwording in 1918 kon Tsjeggo-Slowakye as gemeenskaplike Tsjeggies-Slowaakse staat dié suksesverhaal voortsit om binne twee dekades onder die wêreld se tien mees ontwikkelde ekonomieë gereken te word. Die land het tot 'n wêreldleier gegroei op gebiede soos tekstiel-, glas- en skoenvervaardiging, terwyl ook meganiese ingenieurswese, elektrotegniese nywerhede en die energiebedryf beduidende vordering getoon het.

Huidige situasie

 
'n EVO1-trem in Praag. Tsjeggië was die vernaamste verskaffer van trems vir Oosbloklande. Tans vervaardig TW Aliance, 'n konsortium van drie ondernemings, trems vir die binnelandse en uitvoermarkte

Tsjeggië word tans onder die belangrikste ekonomieë en markte in Sentraal-Europa gereken. Sy lang tradisie as nywerheidsland, gekwalifiseerde mannekrag en die groot verskeidenheid van verskaffers van vervaardigingsonderdele maak van die land 'n gewilde bestemming vir buitelandse beleggings. Die Europese Unie stel miljarde € aan fondse vir die Tsjeggiese ekonomie beskikbaar wat van die land 'n gewilde afsetmark maak. Grootskaalse beleggings in energiedoeltreffendheid en omgewingstegnologie is 'n verdere aansporing vir buitelandse ondernemings om tot die Tsjeggiese mark toe te tree.

Dikwels word na die Tsjeggiese Republiek se susksesverhaal in verband met ekonomiese transformasie – die oorgang van 'n plan- na 'n markekonomie – verwys. Tsjeggië se bruto binnelandse produk (BBP) het sedert die afskeiding van Slowakye in 1993 Meer as vervyfdubbel en beloop tans sowat €160 miljard. Volgens koopkragpariteit het die Tsjeggiese ekonomie tot 90 persent van die Europese Unie se gemiddelde BBP gegroei.

Tsjeggië se hoogs gediversifiseerde ekonomie en nywerheidsektor is nou verweef met Europese afsetmarkte. Vir Duitsland is Tsjeggië, ondanks sy relatief klein bevolking van 10,5 miljoen, intussen die twaalfde grootste afsetmark, nog voor Rusland, Japan of Indië.[13]

Nywerheidsektor

 
Škoda 860 (1929–1932) in die Škoda-museum, Mladá Boleslav

Verouderde industriële aanlegte, wat uit die kommunistiese tydperk oorgeërf is, was in die vroeë 1990's een van die groot ekonomiese uitdagings vir die Tsjeggiese Republiek, 'n ekonomie wat tradisioneel sterk op nywerhede gesteun het. Sommige sektore het intussen merkwaardige transformasie beleef. So word die Tsjeggiese motor- en elektroniese bedryf onder die mees moderne en doeltreffendste ter wêreld gereken. Siviele ingenieursondernemings en verwante bedrywe is tans die vernaamste industriële sektor. Ander belangrike bedrywe sluit voedselverwerking en brouerye, chemiese nywerhede, rubber-, sement-, tekstiel-, skoen- en glasvervaardiging in.

Eweneens belangrik is yster- en staalvervaardiging. Tsjeggië se swaar nywerhede in dié bedryf was voor die val van die Ystergordyn van die grootstes in Oos-Europa, al was hulle aangewese op die invoer van ertse (veral uit Oekraïne). Tans word staal hoofsaaklik in aanlegte in Ostrava en sy omgewing (Morawië) vervaardig, met kleiner nywerhede in Boheemse stede soos Kladno, Plzeň en Chomutov. Uitvoergerigte swaar nywerhede vervaardig onder meer motors, vragwaens, motorfietse, trekkers, busse, trems, treinwaens, diesel- en elektriese lokomotiewe en vliegtuie.

Škoda Auto, wat in 1895 onder die naam Laurin & Klement as een van die eerste ondernemings in die jong motorbedryf gestig, is in die vroeë 1990's deur die Duitse motorreus Volkswagen AG oorgeneem en omvattend gemoderniseer. In die eerste dekade van die 21ste eeu het dit – met 'n aandeel van sowat tien persent van alle uitvoere – tot Tsjeggië se grootste uitvoerder gegroei.

Sport

 
Die Tsjeggiese nasionale sokkerspan in 2014

Die twee gewildste sportsoorte in Tsjeggië is sokker en yshokkie. Ander gewilde sportsoorte sluit in tennis, basketbal, vlugbal, handbal, atletiek en vloerbal. Tomáš Berdych is een van die bekendste hedendaagse Tsjeggiese tennisspelers.

Die Tsjeggo-Slowaakse nasionale sokkerspan was 'n bestendige presteerder op die internasionale toneel met ag deelnames by FIFA Sokker-Wêreldbekers, waartydens Tsjeggië by die 1934 en 1962 as naaswenner geëindig het. Dié span het ook die Europese Sokkerkampioenskap van 1976 gewen, tydens die Europese Sokkerkampioenskap van 1980 op die derde plek geëindig en tydens die Olimpiese Somerspele 1980 die goudmedalje gewen. Na die verdeling van Tsjeggo-Slowakye het die Tsjeggiese nasionale sokkerspan tydens die Europese Sokkerkampioenskap van 1996 op die tweede en tydens die Europese Sokkerkampioenskap van 2004 op die derde plek geëindig.

Rugby word ook in Tsjeggië gespeel, maar die Tsjeggiese nasionale rugbyspan kon tot dusver nog nie vir die Rugbywêreldbeker kwalifiseer nie. Hulle ding in die Europese Nasiesbeker met ander opkomende rugbyspanne mee.

Verwysings

  1. (en) Czech Statistical Office: Population. Besoek op 16 Julie 2017
  2. (en) Census of Population and Housing 2011: Basic final results. Czech Statistical Office 29 Januarie 2011 op Wayback Machine. Verkry op 19 Desember 2012.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) "Czech Republic". Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op 7 Mei 2018.
  4. "2016 Human Development Report" (PDF) (in Engels). United Nations Development Programme. 2016. (PDF) vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op 7 Mei 2018.
  5. "Gini coefficient of equivalised disposable income (source: SILC)" (in Engels). Eurostat Data Explorer. vanaf die oorspronklike op 29 Mei 2020. Besoek op 22 November 2016.
  6. (cz) http://www.libri.cz/databaze/dejiny/text/t98.html
  7. (en) www.czech.cz: Climate. Besoek op 9 Julie 2017
  8. "Základní výsledky" (in Tsjeggies). Czech Statistical Office. vanaf die oorspronklike op 27 Junie 2015. Besoek op 11 Augustus 2015.
  9. "Obyvatelstvo hlásící se k jednotlivým církvím a náboženským společnostem" (in Tsjeggies). Czech Statistical Office. vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 19 Desember 2006.
  10. 10,0 10,1 "Eurobarometer on Social Values, Science and technology 2005 – page 11" (PDF) (in Engels). (PDF) vanaf die oorspronklike op 17 April 2017. Besoek op 5 Mei 2007.
  11. (en) www.czech.cz: Main pillars of Czech industry. Besoek op 9 Julie 2017
  12. (en) www.czech.cz: Business – Development of Czech economy. Besoek op 9 Julie 2017
  13. (de) Gerit Schulze: SWOT-Analyse Tschechische Republik. Germany Trade and Invest, 6 Desember 2016

Eksterne skakels

  • (en) Toerisme-inligting oor Tsjeggië op Wikivoyage
Geskiedenis
  • (en) Ihor Gawdiak, ed.: Czechoslovakia: A Country Study. Washington: GPO for the Library of Congress 1987


Tsjeggië
tsjeggië, tsjeggies, Česko, ˈtʃɛsko, luister, hulp, inligting, amptelik, tsjeggiese, republiek, Česká, republika, ˈtʃɛskaː, ˈrɛpuˌblɪka, luister, hulp, inligting, landingeslote, land, sentraal, europa, westelike, deel, voormalige, tsjeggo, slowakye, grens, wes. Tsjeggie Tsjeggies Cesko ˈtʃɛsko luister hulp inligting amptelik die Tsjeggiese Republiek Ceska republika ˈtʃɛskaː ˈrɛpuˌblɪka luister hulp inligting is n landingeslote land in Sentraal Europa Dit is die westelike deel van die voormalige Tsjeggo Slowakye Dit grens in die weste en noordweste aan Duitsland in die noordooste aan Pole in die ooste aan Slowakye en in die suide aan Oostenryk Die hoofstad en grootste stad is Praag Die land bestaan uit die historiese gebiede van Boheme in die weste en Morawie in die ooste wat deur n uitgestrekte plato die Boheems Morawiese Hoogland van mekaar geskei word asook dele van Silesie die vroeere Oostenryks Silesie tans meestal Tsjeggies Silesie genoem Hulle vervul tans geen administratiewe funksie meer nie omrede die federale tradisies van die voorloperstaat Tsjeggo Slowakye nie voortgesit word nie Die Tsjeggiese Republiek is sedert 1999 lid van NAVO en sedert 2004 lid van die Europese Unie Ceska republikaTsjeggiese Republiek Vlag WapenNasionale leuse Pravda vitezi Tsjeggies vir Die waarheid heers Volkslied Kde domov muj Tsjeggies vir Waar is my tuiste source source track track track track track track track track track track track track track Hoofstad Praag 50 05 N 14 28 O 50 083 N 14 467 O 50 083 14 467Grootste stad PraagAmptelike tale TsjeggiesRegering President Eerste minister Unitere parlementeregrondwetlike republiekMilos ZemanAndrej BabisOnafhanklikheid Prinsdom van Boheme Koninkryk van Boheme Tsjeggo Slowakye TsjeggieseSosialistiese Republiek Tsjeggiese Republiek ca 870119828 Oktober 19181 Januarie 19691 Januarie 1993Oppervlakte Totaal Water 78 866 km2 115de 30 450 myl22Bevolking 31 Maart 2017 skatting 2011 sensus Digtheid 10 579 067 1 84ste 10 436 560 2 134 km2 87ste 347 1 myl2BBP KKP Totaal Per capita 2018 skatting 368 659 miljard 3 50ste 34 849 3 39ste BBP nominaal Totaal Per capita 2018 skatting 196 068 miljard 3 49ste 18 534 3 41ste MOI 2015 0 878 4 28ste baie hoogGini 2015 25 0 5 5de laagGeldeenheid Kroon a href ISO 4217 html title ISO 4217 CZK a Tydsone Somertyd MET UTC 1 MEST UTC 2 Internet TLD czSkakelkode 420 Kaart van Tsjeggie Na die Slag van Mohacs in 1526 het die Tsjeggiese lande onder die heerskappy van die Huis van Habsburg geval Dit het later deel geword van die Keiserryk Oostenryk en Oostenryk Hongarye Die onafhanklike republiek van Tsjeggo Slowakye is in 1918 gevorm na die ineenstorting van die Oostenryk Hongaarse ryk as gevolg van die Eerste Wereldoorlog Na die Munchen ooreenkoms Duitse besetting die daaropvolgende Westerse trouebreuk in die ooreenkomste van die Verdrag van Versailles en dankbaarheid vir die bevryding van die grootste deel van Tsjeggo Slowakye deur die Rooi Leer het die Kommunistiese Party van Tsjeggo Slowakye n meerderheidsoorwinning 38 6 in die verkiesing van 1946 behaal In n staatsgreep het die land in 1948 n kommunistiese staat geword In 1968 het groterwordende ontevredenheid met die regering tot pogings gelei om die kommunistiese bewind te hervorm Die gebeurtenisse wat as die Praag lente van 1968 bekend staan is beeindig met n inval deur die magte van die Warskouverdraglande met uitsluiting van Roemenie die troepe het tot die sogenaamde Fluweelrewolusie in 1989 in die land gebly toe die kommunistiese bewind ineengestort het In 1993 het Tsjeggo Slowakye vreedsaam in sy samestellende state Tsjeggie en Slowakye verdeel Inhoud 1 Geografie 2 Klimaat 2 1 Kenmerke en invloede 2 2 Seisoene 3 Administratiewe geweste 4 Geloof 5 Ekonomie 5 1 Historiese oorsig 5 2 Huidige situasie 5 3 Nywerheidsektor 6 Sport 7 Verwysings 8 Eksterne skakelsGeografie Wysig Nasa Satellietbeeld van Tsjeggie Tsjeggie is in die hartland van Sentraal Europa gelee Meer as vier vyfdes van sy oppervlakte word deur bergstreke en hooglande beslaan met meerdere bekkenlandskappe wat daartussen gelee is Die hoogste bergpiek Snezka op 1 602 m bo seevlak is in die Oos Boheemse Reusegebergte of Krokonose bergreeks gelee Ander belangrike bergreekse is die Boheemse Woud Sumava met hoogtes van tussen 1 000 en 1 400 m langs die suidwestelike grens van Tsjeggie die Ertsgebergte met die bergpiek Krusne hory op 1 244 m en die Sudetereeks Sudety Die Boheemse Middelgebergte se pieke verrys suidoos van die Ertsgebergte aan weerskante van die Elberivier Klimaat WysigKenmerke en invloede Wysig n Stabiele hoedrukgebied in die najaar met sonnige weer word as Goue Oktober waargeneem Beukebome tower die Nasionale Podyji Dyjepark in Suid Morawie op met hul rooi herfskleure en weerkaats in die rustige wateroppervlak van n klein meer Die Tsjeggiese Republiek is n landingeslote land wat in die gematigde breedtegrade van die Noordelike Halfrond gelee is Sy gematigde klimaat varieer volgens geografiese streke afhangende van die hoogte bo seevlak en seisoen 7 So word in die bergreekse laer gemiddelde temperature aangeteken as in die laer landsdele en oefen gebergtes wat in die grensgebiede gelee is merkbare invloed uit op die vloei van lugmassa s en neerslae in laagliggende streke Die wisselende hoogte van die son in die loop van n jaar veroorsaak dat vier verskillende seisoene met kenmerkende verskille ten opsigte van temperature en neerslae mekaar afwissel Net soos in ander dele van die Noordelike Halfrond se gematigde sone begin die kalenderjaar in Tsjeggie met n koue winter gevolg deur lente n warm somer en n koel herfs Weerstoestande is egter wisselvallig met groter afwykings van die langtermyn gemiddelde reenval en temperatuur Die variasie spruit voort uit die veranderende ligging en grootte van twee belangrike drukgebiede die Yslandse Laedrukgebied en die Asore hoedrukgebied Veral gedurende die warm middel van die jaar het n uitbreiding van die hoedrukgebied na Tsjeggie warmer en droer weerstoestande tot gevolg terwyl die Yslandse Laagdrukgebied bewolking en reenval saambring as dit in rigting van Tsjeggie beweeg Topografiese verskeidenheid is die belangrikste klimatologiese faktor in Tsjeggie en so hang die gemiddelde temperatuur van n bepaalde streek hoofsaaklik af van sy ligging bo seevlak Wanneer die lug op die land se hoogste bergpiek Snezka Schneekoppe in die Reusegebergte op 1 602 meter afkoel tot slegs 0 4 C word in die Suidoos Morawiese laagland nog byna 10 C aangeteken Die hoogste gemiddelde jaarlikse temperature word in die hoofstad Praag gemeet danksy die sogenaamde warmte eilandffek in beboude stedelike gebiede Ook die gemiddelde jaarlikse reenval word deur die hoogte bo seevlak bepaal Die natste gebiede is die hoogste bergreeks se steil noordwestelike hellings met meer as 1 200 millimeter Die droogste streke is die laagliggende suidooste van Morawie en die noordweste van Boheme Die laasgenoemde is in die Krusne bergreeks se reenskadu gelee Seisoene Wysig Die kasteel van Svihov op n koue winteraand Desember Januarie en Februarie word as die wintermaande gereken Die laagste temperature word in Januarie aangeteken wanneer die maandelikse gemiddeld selfs in laer gelee landsdele benede vriespunt is Neerslae in die berggebiede val dan gewoonlik as sneeu in die laagland reen of sneeu dit na gelang van temperature Van die bergstreke wat maande lank met sneeu bedek is het tot gewilde wintersportbestemmings ontwikkel Temperature styg skerp in die lentetyd gedurende Maart April en Mei n Gewilde gesegde beskryf die kenmerkende eienskappe van elkeen van die lentemaande Brezen za kamna vlezem duben jeste tam budem maj pujdeme v haj In Maart sit ons voor die kaggel In April sit ons steeds daar In Mei stap ons uit na die tuin Herfskleure in Krivoklatsko Wes Tsjeggie Die laaste sneeu smelt gewoonlik in die middel van die lente en selfs in die hoogste Tsjeggiese bergstreke is April die begin van die blomtyd Danksy die smeltende sneeu bereik Tsjeggiese riviere in die tyd hul hoogste watervlakke Baie volkstradisies word met die tyd van die jaar verbind In Julie die warmste somermaand is die gemiddelde temperatuur sowat 20 C hoer as in Januarie met uiterstes van meer as 30 C op baie warm dae Watertemperature is in die tweede helfte van die somer hoog genoeg om swemmers na die riviere te lok of diegene wat van koeler temperature hou na die berggebiede laat stroom In Augustus kom dikwels langer periodes met warm weerstoestande voor September Oktober en November is die herfsmaande in Tsjeggie met dikwels nog betreklik warm en droe weerstoestande in September Eers vroeg in Oktober begin die kwik weer merkbaar daal met n gemiddeld van minder as 10 C Die Tsjeggiese term vir November listopad verwys na vallende blare Strawwe ryp en koue nagtemperature kondig die winterseisen aan Administratiewe geweste WysigDie hoofartikel vir hierdie afdeling is Administratiewe geweste van Tsjeggie Kaart van Tsjeggie met tradisionele en huidige administratiewe streke Kaart van Tsjeggie met distrikte Lisensiebordbrief Streeksnamenamein Afrikaans Streeksnamenamein Tsjeggies Hoofstad Bevolking 2004 skatting Bevolking 2011 skatting 8 A Praag Hlavni mesto Praha nvt 1 170 571 1 268 796S Sentraal Boheemse streek Stredocesky kraj Praag 1 144 071 1 289 211C Suid Boheemse streek Jihocesky kraj Ceske Budejovice 625 712 628 336P Pilsen streek Plzensky kraj Pilsen 549 618 570 401K Karlovy Vary streek Karlovarsky kraj Karlovy Vary 304 588 295 595U Usti nad Labem streek Ustecky kraj Usti nad Labem 822 133 835 814L Liberec streek Liberecky kraj Liberec 427 563 432 439H Hradec Kralove streek Kralovehradecky kraj Hradec Kralove 547 296 547 916E Pardubice streek Pardubicky kraj Pardubice 505 285 511 627M Olomouc streek Olomoucky kraj Olomouc 635 126 628 427T Morawies Silesiese streek Moravskoslezsky kraj Ostrava 1 257 554 1 205 834B Suid Morawiese streek Jihomoravsky kraj Brno 1 123 201 1 163 508Z Zlin streek Zlinsky kraj Zlin 590 706 579 944J Vysocina streek Kraj Vysocina Jihlava 517 153 505 565Geloof Wysig Die Sint Vituskatedraal binne die Praagse kasteel Tsjeggie tesame met Estland het een van die minsreligieuse bevolkings in die hele Europa Volgens die 2001 sensus is 59 van die landsbevolking agnosties ateisties nie gelowig of n nie georganiseerde gelowige 26 8 Rooms Katoliek en 2 5 Protestants 9 Volgens die nuutste Eurobarometeropname in 2005 10 het 19 van Tsjeggiese inwoners gestaaf dat hulle in n god glo die laagste koers onder EU lidlande na Estland 16 10 terwyl 50 geantwoord het dat hulle in een of ander gees of lewensmag glo en 30 gese het dat hulle nie glo dat enige tipe van gees god of lewensmag bestaan nie Sien ook Ortodokse Kerk van Tsjeggie en SlowakyeEkonomie WysigHistoriese oorsig Wysig Die staatsgebied van die huidige Tsjeggiese Republiek was een van die belangrikste nywerheidstreke in die Oostenryks Hongaarse dubbelmonargie waar byna 70 persent van die industriele produksie gekonsentreer was en wat omstreeks 1900 ook in n Europese konteks as een van die ekonomies mees ontwikkelde gebiede beskou is 11 12 Ook na sy onafhanklikwording in 1918 kon Tsjeggo Slowakye as gemeenskaplike Tsjeggies Slowaakse staat die suksesverhaal voortsit om binne twee dekades onder die wereld se tien mees ontwikkelde ekonomiee gereken te word Die land het tot n wereldleier gegroei op gebiede soos tekstiel glas en skoenvervaardiging terwyl ook meganiese ingenieurswese elektrotegniese nywerhede en die energiebedryf beduidende vordering getoon het Huidige situasie Wysig n EVO1 trem in Praag Tsjeggie was die vernaamste verskaffer van trems vir Oosbloklande Tans vervaardig TW Aliance n konsortium van drie ondernemings trems vir die binnelandse en uitvoermarkte Tsjeggie word tans onder die belangrikste ekonomiee en markte in Sentraal Europa gereken Sy lang tradisie as nywerheidsland gekwalifiseerde mannekrag en die groot verskeidenheid van verskaffers van vervaardigingsonderdele maak van die land n gewilde bestemming vir buitelandse beleggings Die Europese Unie stel miljarde aan fondse vir die Tsjeggiese ekonomie beskikbaar wat van die land n gewilde afsetmark maak Grootskaalse beleggings in energiedoeltreffendheid en omgewingstegnologie is n verdere aansporing vir buitelandse ondernemings om tot die Tsjeggiese mark toe te tree Dikwels word na die Tsjeggiese Republiek se susksesverhaal in verband met ekonomiese transformasie die oorgang van n plan na n markekonomie verwys Tsjeggie se bruto binnelandse produk BBP het sedert die afskeiding van Slowakye in 1993 Meer as vervyfdubbel en beloop tans sowat 160 miljard Volgens koopkragpariteit het die Tsjeggiese ekonomie tot 90 persent van die Europese Unie se gemiddelde BBP gegroei Tsjeggie se hoogs gediversifiseerde ekonomie en nywerheidsektor is nou verweef met Europese afsetmarkte Vir Duitsland is Tsjeggie ondanks sy relatief klein bevolking van 10 5 miljoen intussen die twaalfde grootste afsetmark nog voor Rusland Japan of Indie 13 Nywerheidsektor Wysig Skoda 860 1929 1932 in die Skoda museum Mlada Boleslav Verouderde industriele aanlegte wat uit die kommunistiese tydperk oorgeerf is was in die vroee 1990 s een van die groot ekonomiese uitdagings vir die Tsjeggiese Republiek n ekonomie wat tradisioneel sterk op nywerhede gesteun het Sommige sektore het intussen merkwaardige transformasie beleef So word die Tsjeggiese motor en elektroniese bedryf onder die mees moderne en doeltreffendste ter wereld gereken Siviele ingenieursondernemings en verwante bedrywe is tans die vernaamste industriele sektor Ander belangrike bedrywe sluit voedselverwerking en brouerye chemiese nywerhede rubber sement tekstiel skoen en glasvervaardiging in Eweneens belangrik is yster en staalvervaardiging Tsjeggie se swaar nywerhede in die bedryf was voor die val van die Ystergordyn van die grootstes in Oos Europa al was hulle aangewese op die invoer van ertse veral uit Oekraine Tans word staal hoofsaaklik in aanlegte in Ostrava en sy omgewing Morawie vervaardig met kleiner nywerhede in Boheemse stede soos Kladno Plzen en Chomutov Uitvoergerigte swaar nywerhede vervaardig onder meer motors vragwaens motorfietse trekkers busse trems treinwaens diesel en elektriese lokomotiewe en vliegtuie Skoda Auto wat in 1895 onder die naam Laurin amp Klement as een van die eerste ondernemings in die jong motorbedryf gestig is in die vroee 1990 s deur die Duitse motorreus Volkswagen AG oorgeneem en omvattend gemoderniseer In die eerste dekade van die 21ste eeu het dit met n aandeel van sowat tien persent van alle uitvoere tot Tsjeggie se grootste uitvoerder gegroei Sport Wysig Die Tsjeggiese nasionale rugbyspan in 2010 Die Tsjeggiese nasionale sokkerspan in 2014 Die twee gewildste sportsoorte in Tsjeggie is sokker en yshokkie Ander gewilde sportsoorte sluit in tennis basketbal vlugbal handbal atletiek en vloerbal Tomas Berdych is een van die bekendste hedendaagse Tsjeggiese tennisspelers Die Tsjeggo Slowaakse nasionale sokkerspan was n bestendige presteerder op die internasionale toneel met ag deelnames by FIFA Sokker Wereldbekers waartydens Tsjeggie by die 1934 en 1962 as naaswenner geeindig het Die span het ook die Europese Sokkerkampioenskap van 1976 gewen tydens die Europese Sokkerkampioenskap van 1980 op die derde plek geeindig en tydens die Olimpiese Somerspele 1980 die goudmedalje gewen Na die verdeling van Tsjeggo Slowakye het die Tsjeggiese nasionale sokkerspan tydens die Europese Sokkerkampioenskap van 1996 op die tweede en tydens die Europese Sokkerkampioenskap van 2004 op die derde plek geeindig Rugby word ook in Tsjeggie gespeel maar die Tsjeggiese nasionale rugbyspan kon tot dusver nog nie vir die Rugbywereldbeker kwalifiseer nie Hulle ding in die Europese Nasiesbeker met ander opkomende rugbyspanne mee Verwysings Wysig en Czech Statistical Office Population Besoek op 16 Julie 2017 en Census of Population and Housing 2011 Basic final results Czech Statistical Office Geargiveer 29 Januarie 2011 op Wayback Machine Verkry op 19 Desember 2012 3 0 3 1 3 2 3 3 en Czech Republic Internasionale Monetere Fonds Besoek op 7 Mei 2018 2016 Human Development Report PDF in Engels United Nations Development Programme 2016 Geargiveer PDF vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020 Besoek op 7 Mei 2018 Gini coefficient of equivalised disposable income source SILC in Engels Eurostat Data Explorer Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Mei 2020 Besoek op 22 November 2016 cz http www libri cz databaze dejiny text t98 html en www czech cz Climate Besoek op 9 Julie 2017 Zakladni vysledky in Tsjeggies Czech Statistical Office Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Junie 2015 Besoek op 11 Augustus 2015 Obyvatelstvo hlasici se k jednotlivym cirkvim a nabozenskym spolecnostem in Tsjeggies Czech Statistical Office Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019 Besoek op 19 Desember 2006 10 0 10 1 Eurobarometer on Social Values Science and technology 2005 page 11 PDF in Engels Geargiveer PDF vanaf die oorspronklike op 17 April 2017 Besoek op 5 Mei 2007 en www czech cz Main pillars of Czech industry Besoek op 9 Julie 2017 en www czech cz Business Development of Czech economy Besoek op 9 Julie 2017 de Gerit Schulze SWOT Analyse Tschechische Republik Germany Trade and Invest 6 Desember 2016Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Tsjeggie en Toerisme inligting oor Tsjeggie op WikivoyageGeskiedenis en Ihor Gawdiak ed Czechoslovakia A Country Study Washington GPO for the Library of Congress 1987Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Tsjeggie amp oldid 2358213,