×
Troposfeer

Die troposfeer is die laagste laag van die Aarde se atmosfeer en die een waarin byna al die weerstoestande plaasvind. Dit bevat 75% van die atmosfeer se massa en 99% van die totale massa van die waterdamp en aërosols. Die gemiddelde hoogte van die troposfeer is 13 km – dit is 18 km in die trope, 17 km by die middelste breedtegrade en in die winter 6 km in die poolstreke.

Die lae van die Aarde se atmosfeer.

Die laagste deel van die troposfeer, waar wrywing met die Aarde se oppervlak lugvloei beïnvloed, is die planeet se grenslaag. Dit is gewoonlik ’n paar honderd meter tot 2 km diep, na gelang van die landvorm en tyd van die dag. Bo die troposfeer is die tropopouse, wat die grens tussen tropo- en stratosfeer is. Die tropopouse is ’n inversielaag, waar die lug se temperatuur ophou om met die hoogte af te neem en dus konstant deur die hele laag bly.

Die woord "troposfeer" is afgelei van die Griekse tropos ("draai, omkeer, verander") en sphere.

  1. "Troposphere". Concise Encyclopedia of Science & Technology. McGraw-Hill. 1984.
  2. Danielson, Levin, and Abrams (2003). Meteorology. McGraw Hill.AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)

Publikasie datum: September 26, 2021

troposfeer, troposfeer, laagste, laag, aarde, atmosfeer, waarin, byna, weerstoestande, plaasvind, bevat, atmosfeer, massa, totale, massa, waterdamp, aërosols, gemiddelde, hoogte, troposfeer, trope, middelste, breedtegrade, winter, poolstreke, aarde, atmosfeer,. Die troposfeer is die laagste laag van die Aarde se atmosfeer en die een waarin byna al die weerstoestande plaasvind Dit bevat 75 van die atmosfeer se massa en 99 van die totale massa van die waterdamp en aerosols 1 Die gemiddelde hoogte van die troposfeer is 13 km dit is 18 km in die trope 17 km by die middelste breedtegrade en in die winter 6 km in die poolstreke Die lae van die Aarde se atmosfeer Die laagste deel van die troposfeer waar wrywing met die Aarde se oppervlak lugvloei beinvloed is die planeet se grenslaag Dit is gewoonlik n paar honderd meter tot 2 km diep na gelang van die landvorm en tyd van die dag Bo die troposfeer is die tropopouse wat die grens tussen tropo en stratosfeer is Die tropopouse is n inversielaag waar die lug se temperatuur ophou om met die hoogte af te neem en dus konstant deur die hele laag bly 2 Die woord troposfeer is afgelei van die Griekse tropos draai omkeer verander en sphere Verwysings Wysig Troposphere Concise Encyclopedia of Science amp Technology McGraw Hill 1984 Danielson Levin and Abrams 2003 Meteorology McGraw Hill AS1 onderhoud gebruik authors parameter link Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Troposfeer amp ol,