fbpx Trans-Neptunus-voorwerp
Wikipedia

Trans-Neptunus-voorwerp

’n Trans-Neptunus-voorwerp of TNV is ’n voorwerp in die sonnestelsel wat in ’n groter wentelbaan om die Son is as die verste planeet, Neptunus. Die eerste voorwerp anderkant Neptunus wat ontdek is, was Pluto. Die tweede, (15760) QB1, is eers in 1992 ontdek (buiten Pluto se maan, Charon, in 1978). Tans is daar meer as 1 200 trans-Neptunus-voorwerpe op die lys van die Minor Planet Center in die VSA. In November 2009 is 200 van hulle se wentelbane met groot genoeg sekerheid vasgestel dat hulle permanente name gekry het.

Vergelyking van die grootste agt TNV's: Eris, Pluto, Makemake, Haumea, Sedna, 2007 OR10, Quaoar en Orcus. Vyf van hulle het minstens een maan. Onder is die Aarde

Die grootste bekende trans-Neptunus-voorwerpe is Eris en Pluto, gevolg deur Makemake en Haumea. Die Kuiper-gordel, verstrooide skyf en Oort-wolk is drie konvensionele groepe voorwerpe in hierdie deel van die ruimte, hoewel bronne verskil en sommige voorwerpe soos Sedna nie maklik in enige van dié groepe val nie.

Inhoud

Die wentelbaan van ’n planeet word effens beïnvloed deur die swaartekraginvloede van die ander planete. Verskille wat in die vroeë 1900's gevind is tussen die verwagte en werklike wentelbaan van Uranus en Neptunus het daarop gedui dat daar ander planete moet wees wat verder as Neptunus lê. Dit het gelei tot die ontdekking van Pluto in 1930. Pluto was egter te klein om dié verskille te verduidelik, en nadat Neptunus se wentelbaan in heroënskou geneem is, is gevind die vorige waarneming was vals.

Pluto was die maklikste TNV om te vind omdat dit die hoogste sigbare magnitude van al dié voorwerpe het.

Daarna is steeds gesoek na ander voorwerpe in die sonnestelsel anderkant Neptunus, maar niks is gevind nie. Die soektog is toe gestaak, want daar is geglo Pluto is die verste groot voorwerp in die sonnestelsel. Eers met die ontdekking van die tweede TNV, (15760) 1992 QB1, in 1992 is daar weer na ander voorwerpe in dié streek gesoek. ’n Breë strook van die lug om die sonnebaan is gefotografeer en digitaal deursoek vir stadig bewegende voorwerpe. Honderde TNV's is gevind met ’n deursnee van 50 tot 2 500 km.

Eris, die grootste bekende NTV, is in 2005 ontdek en het ’n hernude debat onder wetenskaplikes ontketen oor die klassifikasie van hierdie voorwerpe en of voorwerpe soos Pluto as planete beskou kan word. Pluto en Eris is eindelik as dwergplanete geklassifiseer.

Kleure van trans-Neptunus-voorwerpe. Mars en Triton is nie volgens skaal nie. Foibe, Mars en Pholus is nie trans-Neptunus-voorwerpe nie.

Kleurindekse is eenvoudige metings van die verskil in die skynbare magnitude van ’n voorwerp soos gesien deur blou (B), sigbare (V), dit is groen-geel, en rooi (R) filters. Die diagram regs illustreer bekende kleure van die meeste voorwerpe (in effens aangepaste kleure). As verwysings word twee mane, Triton en Foibe, die sentour Pholus en die planeet Mars gebruik (name in geel; groottes nie volgens skaal nie). ’n Verband tussen die kleure en die wentelbaaneienskappe is al bestudeer om teorieë van ’n verskillende oorsprong van die verskillende dinamiese klasse te bevestig:

  • Klassieke Kuipergordelvoorwerpe (cubewano's) lyk of hulle uit twee verskillende kleurpopulasies bestaan: die sogenaamde koue populasie (baanhelling <5°), wat net rooi kleure vertoon, en die sogenaamde warm populasie (groter baanhelling) wat die hele omvang kleure van blou tot baie rooi vertoon. ’n Onlangse ontleding bevestig hierdie verskil in kleur tussen kleinhellingvoorwerpe (Kern genoem) en groothellingvoorwerpe (Halo genoem). Rooi kleure van die Kernvoorwerpe en hulle onversteurde wentelbane dui aan hierdie voorwerpe kan ’n oorblyfsel van die oorspronklike populasie van die gordel wees.
  • Verstooideskyfvoorwerpe toon kleurooreenkomste met warm klassieke voorwerpe en dui op ’n gemeenskaplike oorsprong.

Terwyl die relatief dowwer voorwerpe, sowel as die populasie as ’n geheel, rooierig is (V-I = 0,3-0,6), is die groter voorwerpe dikwels kleurneutraal (infrarooi indeks V-I < 0,2). Hierdie onderskeid dui daarop dat die oppervlak van die groter liggame met yse bedek is wat die rooier, donkerder streke daaronder verberg.

Gemiddelde kleurindekse van dinamiese groepe in die buitenste Sonnestelsel
Kleur Plutino's Cubewano's Sentoure VSV's Komete Jupitertrojane
B-V 0,895±0,190 0,973±0,174 0,886±0,213 0,875±0,159 0,795±0,035 0,777±0,091
V-R 0,568±0,106 0,622±0,126 0,573±0,127 0,553±0,132 0,441±0,122 0,445±0,048
V-I 1,095±0,201 1,181±0,237 1,104±0,245 1,070±0,220 0,935±0,141 0,861±0,090
R-I 0,536±0,135 0,586±0,148 0,548±0,150 0,517±0,102 0,451±0,059 0,416±0,057
  1. Remo, John L. (2007). "Classifying Solid Planetary Bodies". AIP Conference Proceedings. 886: 284–302. Bibcode:. doi:.
  2. Hainaut, O. R.; Delsanti, A. C. (2002). "Color of Minor Bodies in the Outer Solar System". Astronomy & Astrophysics. 389 (2): 641–664. Bibcode:. doi:.
  3. Doressoundiram, A.; Peixinho, N.; de Bergh, C.; Fornasier, S.; Thébault, Ph.; Barucci, M. A.; Veillet, C. (2002). "The color distribution in the Edgeworth-Kuiper Belt". The Astronomical Journal. 124 (4): 2279–2296. arXiv:. Bibcode:. doi:.
  4. Gulbis, Amanda A. S.; Elliot, J. L.; Kane, Julia F. (2006). "The color of the Kuiper belt Core". Icarus. 183 (1): 168–178. Bibcode:. doi:.
  5. Rabinowitz, David L.; Barkume, K. M.; Brown, Michael E.; Roe, H. G.; Schwartz, M.; Tourtellotte, S. W.; Trujillo, C. A. (2006). "Photometric Observations Constraining the Size, Shape, and Albedo of 2003 El61, a Rapidly Rotating, Pluto-Sized Object in the Kuiper Belt". Astrophysical Journal. 639 (2): 1238–1251. arXiv:. Bibcode:. doi:.
  6. Fornasier, S.; Dotto, E.; Hainaut, O.; Marzari, F.; Boehnhardt, H.; De Luise, F.; et al. (Oktober 2007). "Visible spectroscopic and photometric survey of Jupiter Trojans: Final results on dynamical families". Icarus. 190 (2): 622–642. arXiv:. Bibcode:. doi:.
  • Nine planets,
  • David Jewitt's

Trans-Neptunus-voorwerp
trans, neptunus, voorwerp, voorwerp, sonnestelsel, groter, wentelbaan, verste, planeet, neptunus, eerste, voorwerp, anderkant, neptunus, ontdek, pluto, tweede, 15760, eers, 1992, ontdek, buiten, pluto, maan, charon, 1978, tans, daar, meer, trans, neptunus, voo. n Trans Neptunus voorwerp of TNV is n voorwerp in die sonnestelsel wat in n groter wentelbaan om die Son is as die verste planeet Neptunus Die eerste voorwerp anderkant Neptunus wat ontdek is was Pluto Die tweede 15760 QB1 is eers in 1992 ontdek buiten Pluto se maan Charon in 1978 Tans is daar meer as 1 200 trans Neptunus voorwerpe op die lys van die Minor Planet Center in die VSA 1 In November 2009 is 200 van hulle se wentelbane met groot genoeg sekerheid vasgestel dat hulle permanente name gekry het 2 3 Vergelyking van die grootste agt TNV s Eris Pluto Makemake Haumea Sedna 2007 OR10 Quaoar en Orcus Vyf van hulle het minstens een maan Onder is die Aarde Die grootste bekende trans Neptunus voorwerpe is Eris en Pluto gevolg deur Makemake en Haumea Die Kuiper gordel verstrooide skyf en Oort wolk is drie konvensionele groepe voorwerpe in hierdie deel van die ruimte 4 hoewel bronne verskil en sommige voorwerpe soos Sedna nie maklik in enige van die groepe val nie Inhoud 1 Geskiedenis 2 Keurindekse 3 Verwysings 4 Eksterne skakelsGeskiedenis WysigDie wentelbaan van n planeet word effens beinvloed deur die swaartekraginvloede van die ander planete Verskille wat in die vroee 1900 s gevind is tussen die verwagte en werklike wentelbaan van Uranus en Neptunus het daarop gedui dat daar ander planete moet wees wat verder as Neptunus le Dit het gelei tot die ontdekking van Pluto in 1930 Pluto was egter te klein om die verskille te verduidelik en nadat Neptunus se wentelbaan in heroenskou geneem is is gevind die vorige waarneming was vals Pluto was die maklikste TNV om te vind omdat dit die hoogste sigbare magnitude van al die voorwerpe het Daarna is steeds gesoek na ander voorwerpe in die sonnestelsel anderkant Neptunus maar niks is gevind nie Die soektog is toe gestaak want daar is geglo Pluto is die verste groot voorwerp in die sonnestelsel Eers met die ontdekking van die tweede TNV 15760 1992 QB1 in 1992 is daar weer na ander voorwerpe in die streek gesoek n Bree strook van die lug om die sonnebaan is gefotografeer en digitaal deursoek vir stadig bewegende voorwerpe Honderde TNV s is gevind met n deursnee van 50 tot 2 500 km Eris die grootste bekende NTV is in 2005 ontdek en het n hernude debat onder wetenskaplikes ontketen oor die klassifikasie van hierdie voorwerpe en of voorwerpe soos Pluto as planete beskou kan word Pluto en Eris is eindelik as dwergplanete geklassifiseer Keurindekse Wysig Kleure van trans Neptunus voorwerpe Mars en Triton is nie volgens skaal nie Foibe Mars en Pholus is nie trans Neptunus voorwerpe nie Kleurindekse is eenvoudige metings van die verskil in die skynbare magnitude van n voorwerp soos gesien deur blou B sigbare V dit is groen geel en rooi R filters Die diagram regs illustreer bekende kleure van die meeste voorwerpe in effens aangepaste kleure 5 As verwysings word twee mane Triton en Foibe die sentour Pholus en die planeet Mars gebruik name in geel groottes nie volgens skaal nie n Verband tussen die kleure en die wentelbaaneienskappe is al bestudeer om teoriee van n verskillende oorsprong van die verskillende dinamiese klasse te bevestig Klassieke Kuipergordelvoorwerpe cubewano s lyk of hulle uit twee verskillende kleurpopulasies bestaan die sogenaamde koue populasie baanhelling lt 5 wat net rooi kleure vertoon en die sogenaamde warm populasie groter baanhelling wat die hele omvang kleure van blou tot baie rooi vertoon 6 n Onlangse ontleding bevestig hierdie verskil in kleur tussen kleinhellingvoorwerpe Kern genoem en groothellingvoorwerpe Halo genoem Rooi kleure van die Kernvoorwerpe en hulle onversteurde wentelbane dui aan hierdie voorwerpe kan n oorblyfsel van die oorspronklike populasie van die gordel wees 7 Verstooideskyfvoorwerpe toon kleurooreenkomste met warm klassieke voorwerpe en dui op n gemeenskaplike oorsprong Terwyl die relatief dowwer voorwerpe sowel as die populasie as n geheel rooierig is V I 0 3 0 6 is die groter voorwerpe dikwels kleurneutraal infrarooi indeks V I lt 0 2 Hierdie onderskeid dui daarop dat die oppervlak van die groter liggame met yse bedek is wat die rooier donkerder streke daaronder verberg 8 Gemiddelde kleurindekse van dinamiese groepe in die buitenste Sonnestelsel 9 Kleur Plutino s Cubewano s Sentoure VSV s Komete JupitertrojaneB V 0 895 0 190 0 973 0 174 0 886 0 213 0 875 0 159 0 795 0 035 0 777 0 091V R 0 568 0 106 0 622 0 126 0 573 0 127 0 553 0 132 0 441 0 122 0 445 0 048V I 1 095 0 201 1 181 0 237 1 104 0 245 1 070 0 220 0 935 0 141 0 861 0 090R I 0 536 0 135 0 586 0 148 0 548 0 150 0 517 0 102 0 451 0 059 0 416 0 057Verwysings Wysig IAU Minor Planet Center List of Transneptunian Objects List of Transneptunian objects List of Centaurs and Scattered Disc objects Remo John L 2007 Classifying Solid Planetary Bodies AIP Conference Proceedings 886 284 302 Bibcode 2007AIPC 886 284R doi 10 1063 1 2710063 Hainaut O R Delsanti A C 2002 Color of Minor Bodies in the Outer Solar System Astronomy amp Astrophysics 389 2 641 664 Bibcode 2002A amp A 389 641H doi 10 1051 0004 6361 20020431 datasource Doressoundiram A Peixinho N de Bergh C Fornasier S Thebault Ph Barucci M A Veillet C 2002 The color distribution in the Edgeworth Kuiper Belt The Astronomical Journal 124 4 2279 2296 arXiv astro ph 0206468 Bibcode 2002AJ 124 2279D doi 10 1086 342447 Gulbis Amanda A S Elliot J L Kane Julia F 2006 The color of the Kuiper belt Core Icarus 183 1 168 178 Bibcode 2006Icar 183 168G doi 10 1016 j icarus 2006 01 021 Rabinowitz David L Barkume K M Brown Michael E Roe H G Schwartz M Tourtellotte S W Trujillo C A 2006 Photometric Observations Constraining the Size Shape and Albedo of 2003 El61 a Rapidly Rotating Pluto Sized Object in the Kuiper Belt Astrophysical Journal 639 2 1238 1251 arXiv astro ph 0509401 Bibcode 2006ApJ 639 1238R doi 10 1086 499575 Fornasier S Dotto E Hainaut O Marzari F Boehnhardt H De Luise F et al Oktober 2007 Visible spectroscopic and photometric survey of Jupiter Trojans Final results on dynamical families Icarus 190 2 622 642 arXiv 0704 0350 Bibcode 2007Icar 190 622F doi 10 1016 j icarus 2007 03 033 Eksterne skakels WysigNine planets Universiteit van Arizona David Jewitt s Kuiper gordel Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Trans Neptunus voorwerp Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse WikipediaDie Sonnestelsel Son Aardplanete Mercurius Venus Aarde Mars Gasreuse Jupiter Saturnus Ysreuse Uranus Neptunus Planete Reuseplanete Dwergplanete Pluto Ceres Haumea Makemake ErisMane Aarde Mars Kleinplanete Jupiter Saturnus Uranus Neptunus Pluto Haumea Eris Ringe Jupiter Saturnus Uranus NeptunusKlein Sonnestelselliggame Kleinplanete Asteroides Naby aarde voorwerpe Sentoure Trans Neptunus voorwerpe Komete Gordels en wolke Asteroidegordel Kuipergordel Verstrooide skyf Hillswolk OortwolkOntsluit van https af wikipedia org w index php title Trans Neptunus voorwerp amp ol,