fbpx
Wikipedia

Toetankamen

Toetankamen (Engels: Tutankhamun) was ’n Egiptiese farao van die 18de Dinastie tydens ’n tydperk wat bekend is as die Nuwe Ryk. Daar word soms na hom verwys as "koning Toet". Sy oorspronklike naam, Toetankaten, beteken "Lewende Beeld van Aten", terwyl Toetankamen beteken "Lewende Beeld van Amen". In hiërogliewe is laasgenoemde gewoonlik geskryf as Amen-toet-ank vanweë die gebruik om die naam van ’n god aan die begin van ’n frase te skryf om respek te betoon.[1] Hy is moontlik ook die Nebcheperoere van die Amarna-briewe, en dalk ook die 18de-dinastiese koning Rathotis wat volgens Manetho, ’n antieke historikus, nege jaar lank regeer het.[2]

Toetankamen
Toetankaten, Nebcheperoere
Farao van die 18de Dinastie
Periode Omstreeks 1333-1323 v.C.
Voorganger Smenchkare
Opvolger Ai
Vader Achenaten
Moeder "Die Jonger Dame"
Gade(s) Anchesenamen
Gebore Omstreeks 1341 v.C.
Oorlede Omstreeks 1323 v.C. (op sowat 18)
Toetankamen in Egiptiese hiërogliewe
Serech of Horusnaam



Nebty-naam





Goue Horus-naam



Praenomen of troonnaam


Nomen of geboortenaam

 


Portaal    Antieke Egipte

Die ontdekking in 1922 van Toetankamen se feitlik ongeskonde graf (KV35) deur Howard Carter en George Herbert[3][4] het wêreldwyd die nuus gehaal. Dit het ’n nuwe belangstelling tot gevolg gehad in Antieke Egipte, waarvan Toetankamen se doodsmasker, nou in die Kaïro-museum, steeds ’n gewilde simbool is.

In Februarie 2010 het die uitslag van DNS-toetse bevestig hy is die seun van Achenaten (mummie KV55) en dié se suster en vrou, wie se naam onbekend is maar wie se oorskot positief uitgeken is as "Die Jonger Dame" wat in graf KV35 ontdek is.[5] Die "geheimsinnige" dood van ’n paar mense wat Toetankamen se graf opgegrawe het, is deur baie toegeskryf aan die vloek van die farao's.[6]

Lewe

 
’n Houtborsbeeld van die jong koning. Dit is in sy graf gevind.
 
Toetankamen ontvang blomme van Anchesenamen.

Toetankamen was die seun van Achenaten (voorheen Amenhotep IV) en een van Achenaten se susters,[7] of dalk ’n niggie.[8] As prins was hy bekend as Toetankaten.[9] Hy het die troon in 1333 v.C. bestyg toe hy nege of tien was en die troonnaam Nebcheperoere aangeneem.[10] Sy soogvrou was iemand met die naam Maia, wie se oorskot in ’n graf by Saqqara ontdek is.[11]

Toe hy koning word, het hy getrou met sy halfsuster Anchesenpaaten, wat haar naam later verander het na Anchesenamen. Hulle het twee dogters gehad wat albei doodgebore is.[5] X-straalstudies wat in 2011 bekend gemaak is, het getoon die een dogter is ná ’n swangerskap van vyf tot ses maande dood en die ander een ná nege maande. Geen getuienis is gevind om enige van die babas se dood te verklaar nie.[12]

Bewind

Vanweë sy jong ouderdom het die farao waarskynlik magtige raadgewers gehad, moontlik onder andere grootvisier Ai, wat Toetankamen opgevolg het, en generaal Horemheb, wat vermoedelik Ai se skoonseun en opvolger was. Horemheb het vertel die koning het hom as erfprins as "meester van die land" aangestel om die reg te handhaaf. Hy het ook sy vermoë genoem om die jong koning te kalmeer wanneer hy kwaad was.[13]

In die derde jaar van sy bewind het Toetankamen onder invloed van sy raadgewers verskeie veranderings omgekeer wat tydens sy pa se bewind gemaak is. Hy het die aanbidding van die god Aten, waaroor daar groot ontevredenheid was, stopgesit en Amoen herstel as die oppergod. Die verbod op die kultus van Amoen is opgehef en die tradisionele voorregte van die priesters is herstel. Die hoofstad is teruggeskuif na Thebe en die stad Achetaten, wat sy pa ter ere van Aten laat bou het, het leeggeloop.[14] Hy het ook sy naam verander na Toetankamen, "Lewende Beeld van Amen" (of Amoen).

As deel van sy herstel van Amoen as oppergod het hy bouprojekte onderneem, veral by Karnak in Thebe, waar hy ’n tempel aan dié god gewy het. Baie monumente is opgerig en tradisionele feeste is heringestel, insluitende die Opetfees en dié wat verband gehou het met die gode Apis en Horus. Sy stele lui onder meer:

Die tempels van die gode en godinne ... was geruïneer. Hul altare was verlate en toegegroei. Hul heiligdomme het nie meer bestaan nie en hul howe is as paaie gebruik ... die gode het hul rug op hierdie land gekeer ... As iemand tot ’n god gebid het om raad te vra, sou hy nooit geantwoord het nie.[15]

Die land was ekonomies swak daaraan toe en daar was onrus ná die bewind van Achenaten. Diplomatieke betrekkinge met ander lande is verwaarloos en Toetankamen het hom daarvoor bewyer om dit te herstel, veral met Mitanni. Getuienis van sy sukses was die geskenke van verskeie lande wat in sy graf ontdek is. Ondanks sy pogings om betrekkinge te herstel, getuig skilderings in sy doodstempel by Thebe van gevegte met die Nubiërs en Asiate. Sy graf het ook wapenrusting en voustoele bevat wat op militêre veldtogte gebruik is. Vanweë sy ouderdom en fisieke gebreke, die rede dat hy skynbaar ’n wandelstok gebruik het (hy is op sowat 18 dood), dink historici hy het dalk nie persoonlik aan hierdie gevegte deelgeneem nie.[5][16]

Gesondheid en voorkoms

 
Die mummie van Toetankamen, van al sy juwele gestroop, is steeds in graf KV62 in die Vallei van die Konings.

Toetankamen was skraal gebou en sowat 1,8 meter lank.[17] Hy het groot snytande gehad en ’n oorbyt wat kenmerkend was van die Toetmoses-familie waartoe hy behoort het. Tussen September 2007 en Oktober 2009 is verskeie mummies onderwerp aan gedetailleerde antropologiese, radiologiese en genetiese studies as deel van die Koning Toetankamen-familieprojek. Dit het getoon Toetankamen het ook "’n effens gesplete lip en verhemelte" gehad,[18] asook moontlik ’n ligte toestand van skoliose (sywaartse ruggraatverkromming). Verder het die bestudering van sy liggaam gewys sy linkervoet was misvorm. Dit kon veroorsaak het dat hy met ’n wandelstok moes loop – baie daarvan is in sy graf gevind.[19]

DNS-toetse van sy mummie het bewyse opgelewer van parasiete wat deur muskiete oorgedra word en malaria veroorsaak. Dit is tot dusver die oudste bekende genetiese bewys van die siekte. Meer as een vorm van die malariaparasiet is gekry, wat daarop dui Toetankamen is verskeie kere met die siekte besmet. Volgens die tydskrif National Geographic "sou die malaria Toetankamen se immuunstelsel beïnvloed en die heling van sy voet belemmer het. Hierdie faktore, saam met die breuk in sy linkerdybeen wat wetenskaplikes in 2005 ontdek het, kon dalk die jong koning se lewe geëis het".[19]

Stamboom

In 2008 het ’n span DNS-toetse begin doen op die mummies van Toetankamen en ander lede van sy familie. Die toetse het bewys sy pa was Achenaten en sy ma was nie een van die bekende vroue van Achenaten nie, maar een van sy vyf susters. Die tegniek wat in die studie gebruik is, is egter al bevraagteken.[20][21] Die span het bevind die kans is meer as 99,99 persent dat Amenhotep III die pa was van die individu in graf KV55, wat op sy beurt die pa van Toetankamen was.[22]

Die jong koning se ma was volgens die studie die individu bekend as "Die Jonger Dame" in graf KV35YL, naby die oorskot van koningin Tije. Haar DNS het getoon sy was, nes Toetankamen se pa, ’n kind van Amenhotep III en Tije; dus was Toetankamen se ouers broer en suster.[23] Koningin Tije het baie invloed aan die hof gehad en was ’n raadgewer van haar seun ná haar man se dood.

Sommige genetici het egter dié bevindings in twyfel getrek en "gekla die span het ontoepaslike ontledingstegnieke gebruik".[24]

Hoewel die data steeds onvolledig is, het die studie gesuggereer een van die fetusse wat in Toetankamen se graf ontdek is, was dié van sy eie dogter en dat die ander fetus waarskynlik ook sy kind was. Tot dusver is net gedeeltelike data van die twee vroulike mummies uit graf KV21 verkry.[25] Een van hulle, KV21A, kan die kinders se ma wees en dus Toetankamen se vrou, Anchesenamen. Dit is uit die geskiedenis bekend sy was die dogter van Achenaten en Nefertiti, en dus waarskynlik haar man se halfsuster. Een gevolg van inteling kan wees dat kinders weens genetiese afwykings nie die hele swangerskap oorleef nie.

 
 
 
Amenhotep II
 
Tiaa
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Toetmoses IV
 
Moetemwija
 
 
 
 
 
 
 
Joeja
 
Tjoejoe
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Amenhotep III
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Tije
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Achenaten
 
 
 
 
 
 
 
Die Jonger Dame
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Toetankamen

Dood

Daar is geen bestaande rekords oor Toetankamen se laaste dae nie. Wat sy dood veroorsaak het, is ’n onderwerp waaroor baie gedebatteer word. Groot navorsing is al gedoen om die oorsaak van sy dood te probeer vasstel. Daar is sekere bewyse, soos voorgestaan deur die Harvard-mikrobioloog Ralph Mitchell, dat sy begrafnis in ’n haas geskied het. Volgens Mitchell dui donkerbruin kolle aan die versierde mure van Toetankamen se graftombe daarop dat hy begrawe is nog voordat die verf kans gehad het om droog te word.[26]

Hoewel daar gissings is dat Toetankamen in ’n sluipmoord omgekom het, glo die meeste historici sy dood was natuurlik. ’n CT-skandering wat in 2005 geneem is, wys hy het kort voor sy dood ’n oop breuk in sy linkerbeen opgedoen[27] en dat die breuk ontsteek het. ’n DNS-ontleding het in 2010 gewys hy het malaria gehad, en baie glo malaria en Köhler se siekte, ’n seldsame beenafwyking, het saam tot sy dood gelei.[28]

In Junie 2010 het Duitse wetenskaplikes gesê hulle glo daar is bewyse dat hy aan sekelsel-anemie, ’n oorerflike bloedafwyking, dood is. Ander kenners het dit egter verwerp[29] op grond daarvan dat hy ouer as vyf geword het en die ligging van die iskemiese beennekrose, wat kenmerkend is van Freiberg-Köhler-sindroom eerder as sekelselsiekte. Navorsing wat in 2005 gedoen is deur argeoloë, radioloë en genetici wat CT-skanderings op die mummie uitgevoer het, het bevind hy is nie dood weens ’n hou teen sy kop, soos voorheen geglo is, nie.[30] Nuwe CT-skanderings het getoon daar was oorerflike tekortkomings, wat algemeen is onder kinders wat deur bloedskande verwek is. Sibbes is meer geneig om dubbele kopieë van skadelike gene aan hul kinders oor te dra, en dit is waarom kinders van bloedskande meer geneig is tot genetiese afwykings.[31] Ook ’n gesplete verhemelte is ’n oorerflike afwyking.[32]

Talle ander siektes is al aangevoer as die oorsaak van sy dood.

Soos reeds gesê, is verskeie vorme van malaria in hom gevind. Die navorsingspan onder leiding van die Egiptiese Nasionale Navorsingsentrum in Kaïro, wat dit in CT-skanderings ontdek het, sê malaria kan ’n sirkulasieskok of ’n ernstige immuunreaksie in die liggaam teweegbring, en albei daarvan kan die dood veroorsaak. Veral as Toetankamen ’n beensiekte gehad het wat hom kreupel gelaat het, kon dit dodelik gewees het. "Dalk het hy met ander [oorerflike gebreke] gesukkel totdat ’n ernstige malaria-aandoening of ’n gebreekte been net te veel stremming op die liggaam geplaas het," skryf Zahi Hawass, hoof van die Egiptiese Opperraad van Oudhede en een van die lede van die span.

Nadat die moontlikheid in 2013 ondersoek is dat hy dood is aan beserings wat hy in ’n strydwa-ongeluk opgedoen het, het ’n verdere ondersoek in 2014 onthul hy sou weens sy afwykings nie in ’n strydwa kon gery het nie en dat al die beenbreuke wat hy gehad het, ná sy dood ontstaan het. Daar word nou algemeen aanvaar genetiese afwykings weens die feit dat sy ouers sibbes was, komplikasies weens ’n gebreekte been en sy malaria het alles saam sy dood veroorsaak.[33][34]

Nalatenskap

 
’n Standbeeld van Toetankamen en Anchesenamen by Luxor, wat beskadig is in die veldtog teen die farao's van die Amarna-tydperk.

As Toetankamen die wêreld se bekendste farao is, is dit grootliks omdat sy tombe een van die bes bewaardes is, asook omdat sy beeld en begrafnistoerusting die meeste uitgestal is. Soos die Amerikaanse skrywer Jon Manchip White gesê het in die voorwoord van die 1977-uitgawe van Carter se boek The Discovery of the Tomb of Tutankhamun: "Die Egiptiese farao vir wie daar in die lewe die minste agting was, het in die dood die bekendste een geword."

Die goed wat in die tombe ontdek is, was in die 1920's groot nuus. Toetankamen het die bynaam "koning Toet" gekry en sy naam het in liedjies begin verskyn, en produkte, besighede en selfs die Amerikaanse president Herbert Hoover se hond is na hom genoem. Relieke uit sy tombe is oor die hele wêreld uitgestal.[35][36][37][38][39][40]

Met die dood van Toetankamen en die twee doodgebore kinders in sy graftombe het die Toetmoses-lyn van die 18de Dinastie van Egipte uitgesterf. Die Amarna-briewe vertel Toetenkamen se vrou het kort ná sy dood aan die Hetitiese koning Suppiluliuma I geskryf en gevra of sy met een van sy seuns kon trou. Die briewe gee nie ’n aanduiding van hoe Toetankamen dood is nie. In die boodskap sê Anchesenamen sy is baie bang, maar wil nie een van haar eie mense as man neem nie. Die seun is egter dood voordat hulle kon trou. Kort daarna het Ai met Anchesenamen getrou en die nuwe farao geword terwyl ’n oorlog tussen die twee lande gewoed het. Egipte is later verslaan.[41]

Anchesenamen se lot is nie bekend nie, maar sy verdwyn hier uit die rekords en Ai se tweede vrou, Tei, word die koningin. Ná Ai se dood het Horemheb die troon oorgeneem en ’n veldtog teen hom begin. Toetankamen se pa, Achenaten, stiefma Nefertiti, vrou Anchesenamen, halfsusters en ander familielede is ook ingesluit. Nie eens Toetankamen het gespaar gebly nie. Sy beelde en cartouches is ook vernietig. Horemheb self het nie kinders gehad nie en het Paramessoe as sy opvolger aangewys. Dié het die 19de Dinastie van Egipte (die Ramses-lyn) gestig.

Belangrikheid

Toetankamen was nege jaar oud toe hy farao, seun van die god Ra, word en het sowat 10 jaar lank regeer.[42] In historiese terme spruit Toetankamen se belangrikheid uit die feit dat sy bewind na aan die hoogtepunt van Egipte as ’n wêreldmag was, asook uit sy verwerping van die radikale godsdienstige veranderings wat sy pa en voorganger, Achenaten, ingevoer het.[43] In die tweede plek is sy graftombe in die Vallei van die Konings feitlik ongeskonde ontdek – dit is die volledigste antieke Egiptiese tombe wat nog ontdek is. Omdat hy so jonk was toe hy die troon bestyg, het sy visier en eindelike opvolger, Ai, waarskynlik soveel moontlik belangrike politieke besluite tydens Toetenkamen se bewind gneem.

Konings is ná hul dood vereer deur kultusse en tempels. Toetankamen was een van die min wat tydens sy leeftyd so aanbid is.[44] Volgens ’n stele wat by Karnak ontdek is en aan Amoen-Ra en Toetankamen gewy is, kon die koning in sy vergoddelikte status om vergifnis gevra word, asook om heling van ’n siekte wat deur sonde veroorsaak is. Tempels van sy kultus is tot in Kawa in Egipte en Faras in Nubië gebou. Die titel van die suster van die onderkoning van Koesj het ’n verwysing bevat na die vergoddelikte koning, en dit dui op die universaliteit van sy kultus.[45]

Graftombe

 
Howard Carter en kollegas maak die altaardeure in die graftombe oop (’n 1924-rekonstruksie van die gebeurtenis in 1923).
 
Die beskilderde weste- en noordemuur in die tombe.
 
Toetankamen se kis, wat nou in die Kaïro-museum is.

Toetankamen se graftombe was besonder klein as ’n mens sy status in ag neem. Sy dood kon onverwags gewees het, voor die voltooiing van ’n groter tombe, en hy is dalk in ’n graf begrawe wat vir iemand anders bedoel was voor die gebruiklike 70 dae vir ’n begrafnis verstryk het.[46]

Sy oorskot is steeds in die tombe in die Vallei van die Konings. Op 4 November 2007, presies 85 jaar ná Carter se ontdekking, is dit vir die publiek oopgestel.[47]

Daar word vermoed mense het vergeet waar die tombe was. Werkershutte is in ’n stadium bo-oor die ingang gebou omdat niemand dalk besef het wat daaronder geleë is nie. Toe die graftombes in die Vallei van die Konings aan die einde van die 20ste Dinastie gesloop is, is Toetankamen s’n ook misgekyk.

Volgens die Amerikaanse Egiptoloog Nicholas Reeves was feitlik 80% van Toetankamen se begrafnistoerusting deel van die vroulike farao Neferneferoeaten se toerusting, onder meer die kis, juwele en sy bekende doodsmasker.[48][49] In 2015 het Reeves bewyse gepubliseer dat ’n vroeëre cartouche op Toetankamen se masker lui "Ancheperoere meri-Nefercheperoere" (Ancheperoere, geliefde van Achenaten); daarom is die masker aanvanklik vir Nefertiti, Achenaten se hoofkoningin, gemaak – sy het die koninklike naam Ancheperoere gebruik toe sy waarskynlik ná haar man se dood regeer het.[50]

Dit kon gewees het dat Neferneferoeaten (waarskynlik Nefertiti as sy ná haar man se dood farao geword het) afgesit is in ’n stryd om die troon en dat sy toe nie ’n begrafnis vir ’n farao gekry het nie, maar vir ’n koningin. Sy kon ook met ander begrafnistoerusting begrawe gewees het, soos dié van Achenaten, toe Toetankamen haar opvolg.[51]

Altesaam 5 398 voorwerpe is in die tombe gekry, insluitende ’n goue kis, doodsmasker, trone, boë, kos, wyn, sandale en skoon linne-onderklere. Dit het Carter 10 jaar gekos om alles te katalogiseer.[52]

Volgens ’n berig in Junie 2016 het ontledings gewys die ysterlem van ’n dolk wat daar gekry is, is van ’n meteoriet gemaak. Dit het dieselfde hoeveelhede metale (yster, nikkel en kobalt) bevat as in ’n meteoriet wat daar naby ontdek is en na die Charga-oase genoem is.[53][54][55][56]

Verwysings

  1. Zauzich, Karl-Theodor (1992). Hieroglyphs Without Mystery. Austin: University of Texas Press. pp. 30–31. ISBN 978-0-292-79804-5.
  2. "Manetho's King List" (in Engels). vanaf die oorspronklike op 4 Februarie 2009.
  3. "The Egyptian Exhibition at Highclere Castle" (in Engels). vanaf die oorspronklike op 24 September 2015. Besoek op 21 Oktober 2013.
  4. Hawass, Zahi A. The golden age of Tutankhamun: divine might and splendor in the New Kingdom. American Univ in Cairo Press, 2004.
  5. 5,0 5,1 5,2 Hawass, Zahi; et al. (17 Februarie 2010). "Ancestry and Pathology in King Tutankhamun's Family". The Journal of the American Medical Association. 303 (7): 638–647. doi:10.1001/jama.2010.121. PMID 20159872. Besoek op 21 Oktober 2013.
  6. "Digging up trouble: beware the curse of King Tutankhamun". The Guardian (in Engels). vanaf die oorspronklike op 6 September 2019.
  7. Hawass, Zahi; et al. (17 Februarie 2010). "Ancestry and Pathology in King Tutankhamun's Family". The Journal of the American Medical Association. 303 (7): 640–641. Besoek op 21 Oktober 2013.
  8. Powell, Alvin (12 Februarie 2013). "A different take on Tut". Harvard Gazette. Besoek op 12 Februarie 2013.
  9. Jacobus van Dijk. "The Death of Meketaten" (PDF) (in Engels). p. 7. (PDF) vanaf die oorspronklike op 17 Junie 2010. Besoek op 2 Oktober 2008.
  10. "Classroom TUTorials: The Many Names of King Tutankhamun" (pdf). Michael C. Carlos-museum. Besoek op 10 Julie 2013.
  11. "Egypt Update: Rare Tomb May Have Been Destroyed". Science Mag (in Engels). vanaf die oorspronklike op 23 Oktober 2013. Besoek op 1 November 2013.
  12. Hawass, Zahi en Saleem, Sahar N. "Mummified daughters of King Tutankhamun: Archaeological and CT studies." The American Journal of Roentgenology 2011. Vol. 197, no. 5, ble. W829–836.
  13. Booth pp. 86–87
  14. Erik Hornung, Akhenaten and the Religion of Light, vertaal deur David Lorton, Ithaca, New York: Cornell University Press, 2001, ISBN 0-8014-8725-0.
  15. Hart, George (1990). Egyptian Myths. University of Texas Press. p. 47. ISBN 0-292-72076-9.
  16. Booth pp. 129–130
  17. "Radiologists Attempt To Solve Mystery Of Tut's Demise" uit ScienceDaily.com
  18. Handwerk, Brian (8 Maart 2005). (in Engels). National Geographic News. p. 2. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2018. Besoek op 21 Oktober 2013.
  19. 19,0 19,1 "King Tut Was Disabled, Malarial, and Inbred, DNA Shows". nationalgeographic.com (in Engels). vanaf die oorspronklike op 21 Julie 2019.
  20. Nature 472, 404-406 (2011); Aanlyn gepubliseer 27 April 2011; Original link
  21. NewScientist.com; Januarie 2011; Royal Rumpus over King Tutankhamun's Ancestry
  22. "King Tut's Family Secrets". National Geographic (in Noors). September 2010. vanaf die oorspronklike op 24 Februarie 2017. Besoek op 11 Oktober 2010.
  23. "King Tut's Family Secrets". National Geographic (in Noors). September 2010. vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2018. Besoek op 11 Oktober 2010.
  24. "DNA experts disagree over Tutankhamun's ancestry" (in Engels). Archaeology News Network. 22 Januarie 2011. vanaf die oorspronklike op 8 November 2019. Besoek op 24 Februarie 2011.
  25. "King Tut's Family Secrets". National Geographic (in Noors). September 2010. vanaf die oorspronklike op 10 Januarie 2018. Besoek op 11 Oktober 2010.
  26. "Was King Tut Buried in a Hurry?". History.com (in Engels). vanaf die oorspronklike op 6 April 2020.
  27. Hawass, Zahi. . National Geographic (in Italiaans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Oktober 2019. Besoek op 2 Junie 2013.
  28. Roberts, Michelle (16 Februarie 2010). "'Malaria' killed King Tutankhamun" (in Engels). BBC News. vanaf die oorspronklike op 2 Februarie 2020. Besoek op 12 Maart 2010.
  29. Pays, JF (Desember 2010). "Tutankhamun and sickle-cell anaemia". Bull Soc Pathol Exot. 103 (5, number 5): 346–347. doi:10.1007/s13149-010-0095-3. PMID 20972847. Besoek op 21 Oktober 2013.
  30. "King Tut's Family Secrets". National Geographic (in Noors). September 2010. vanaf die oorspronklike op 21 Maart 2018. Besoek op 21 Oktober 2013.
  31. Bates, Claire (20 Februarie 2010). "Unmasked: The real faces of the crippled King Tutankhamun (who walked with a cane) and his incestuous parents". Daily Mail (in Engels). Londen. vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2019.
  32. "King Tut's Family Secrets". National Geographic (in Noors). September 2010. vanaf die oorspronklike op 9 Januarie 2018. Besoek op 11 Oktober 2010.
  33. Joseph, Claudia; Webb, Sam (20 Oktober 2014). (in Engels). The Independent. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Mei 2020. Besoek op 26 Oktober 2014.
  34. Joseph, Claudia; Webb, Sam (25 Oktober 2014). "Tutankhamun died of illness, not from chariot racing" (in Engels). Russia Today. vanaf die oorspronklike op 24 Oktober 2019. Besoek op 26 Oktober 2014.
  35. "Under Tut's spell". Al-Ahram Weekly. 16 Julie 2004. Besoek op 18 Julie 2009.
  36. . Arts and Exhibitions International. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Desember 2005. Besoek op 5 Augustus 2006.
  37. Return of the King (Times Online) 9 Augustus 2011 op Wayback Machine
  38. (in Engels). Dallasmuseumofart.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Oktober 2013. Besoek op 18 Julie 2009.
  39. Melbourne Museum's Tutenkhamun and the Golden Age of the Pharaoh's Official Site 1 Maart 2015 op Wayback Machine
  40. (in Engels). Pacificsciencecenter.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Maart 2015.
  41. Onderhoud met G.A. Gaballa van die Universiteit van Kaïro. "The Hittites: A Civilization that Changed the World" deur Cinema Epoch 2004. Geregisseer deur Tolga Ornek. Dokumentêr.
  42. Redford, Donald B., PhD; McCauley, Marissa. "How were the Egyptian pyramids built?". Research. The Pennsylvania State University. Besoek op 11 Desember 2012.
  43. Aude Gros de Beler, Tutankhamun, Voorwoord deur Aly Maher Sayed, Molière, ISBN 2-84790-210-4
  44. Oxford Guide: Essential Guide to Egyptian Mythology, red. Donald B. Redford, bl. 85, Berkley, ISBN 0-425-19096-X
  45. The Boy Behind the Mask, Charlotte Booth, p. 120, Oneworld, 2007, ISBN 978-1-85168-544-8
  46. "The Golden Age of Tutankhamun: Divine Might and Splendour in the New Kingdom", Zahi Hawass, bl. 61, American University in Cairo Press, 2004, ISBN 977-424-836-8
  47. Michael McCarthy (5 Oktober 2007). "3,000 years old: the face of Tutankhaten". The Independent. Londen.
  48. Nicholas Reeves Tutankhamun's Mask Reconsidered BES 19 (2014), pp.511-522
  49. Peter Hessler, Inspection of King Tut's Tomb Reveals Hints of Hidden Chambers National Geographic, 28 September 2015
  50. Nicholas Reeves, The Gold Mask of Ankhkheperure Neferneferuaten, Journal of Ancient Egyptian Interconnections, Vol.7 No.4, (Desember 2015) ble.77-79 & click PDF-lêer
  51. Nicholas Reeves,Tutankhamun's Mask Reconsidered BES 19 (2014), ble.523-524
  52. Williams, A. R.; 24, National Geographic, November. "King Tut: The Teen Whose Death Rocked Egypt". National Geographic News (in Engels). vanaf die oorspronklike op 22 Junie 2019. Besoek op 26 November 2015.CS1 maint: numeric names: authors list (link)
  53. Dagger in Tutankhamun's tomb was made with iron from a meteorite The Guardian
  54. King Tutankhamun buried with dagger made of space iron, study finds, ABC News Online, 2 Junie 2016
  55. Comelli, Daniela; d'Orazio, Massimo; Folco, Luigi; et al. (2016). "The meteoritic origin of Tutankhamun's iron dagger blade". Meteoritics & Planetary Science. Wiley Online. Bibcode:2016M&PS..tmp..331C. doi:10.1111/maps.12664. Explicit use of et al. in: |first3= (help) "Aanlyn weergawe van ’n verslag voor dit in druk verskyn het".
  56. Walsh, Declan (2 Junie 2016). "King Tut's Dagger Made of 'Iron From the Sky,' Researchers Say". The New York Times (in Engels). NYC: The New York Times Company. vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2020. Besoek op 4 Junie 2016.

Verdere leesstof

  • Andritsos, John. Social Studies of Ancient Egypt: Tutankhamun. Australië 2006.
  • Booth, Charlotte. The Boy Behind the Mask, Oneworld, ISBN 978-1-85168-544-8.
  • Brier, Bob. The Murder of Tutankhamun: A True Story. Putnam Adult, 13 April 1998, ISBN 0-425-16689-9 (paperback)/ISBN 0-399-14383-1 (hardcover)/ISBN 0-613-28967-6 (School & Library Binding).
  • Carter, Howard en Arthur C. Mace, The Discovery of the Tomb of Tutankhamun. Courier Dover Publications, 1 Junie 1977, ISBN 0-486-23500-9.
  • Edwards, I.E.S., Treasures of Tutankhamun. New York: Metropolitan Museum of Art, 1976, ISBN 0-345-27349-4 (slapband)/ISBN 0-670-72723-7 (hardeband).
  • Egyptian Supreme Council of Antiquities, The Mummy of Tutankhamun: The CT Scan Report, soos gedruk in Ancient Egypt, Junie/Julie 2005.
  • Neubert, Otto. Tutankhamun and the Valley of the Kings. Londen: Granada Publishing Limited, 1972, ISBN 0-583-12141-1 (sagteband).
  • Reeves, C. Nicholas. The Complete Tutankhamun: The King, the Tomb, the Royal Treasure. Londen: Thames & Hudson, 1 November 1990, ISBN 0-500-05058-9 (hardeband)/ISBN 0-500-27810-5 (slapband).

Eksterne skakels

  • Grim secrets of Pharaoh's city — BBC
  • Tutankhamun and the Age of the Golden Pharaohs by kingtut.com
  • "Swiss geneticists examine Tutankhamun's genetic profile" deur Reuters
  •   Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Toetankamen.
  •   Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Toetankamen
toetankamen, engels, tutankhamun, egiptiese, farao, 18de, dinastie, tydens, tydperk, bekend, nuwe, daar, word, soms, verwys, koning, toet, oorspronklike, naam, toetankaten, beteken, lewende, beeld, aten, terwyl, beteken, lewende, beeld, amen, hiërogliewe, laas. Toetankamen Engels Tutankhamun was n Egiptiese farao van die 18de Dinastie tydens n tydperk wat bekend is as die Nuwe Ryk Daar word soms na hom verwys as koning Toet Sy oorspronklike naam Toetankaten beteken Lewende Beeld van Aten terwyl Toetankamen beteken Lewende Beeld van Amen In hierogliewe is laasgenoemde gewoonlik geskryf as Amen toet ank vanwee die gebruik om die naam van n god aan die begin van n frase te skryf om respek te betoon 1 Hy is moontlik ook die Nebcheperoere van die Amarna briewe en dalk ook die 18de dinastiese koning Rathotis wat volgens Manetho n antieke historikus nege jaar lank regeer het 2 ToetankamenToetankaten NebcheperoereFarao van die 18de DinastiePeriode Omstreeks 1333 1323 v C Voorganger SmenchkareOpvolger AiVader AchenatenMoeder Die Jonger Dame Gade s AnchesenamenGebore Omstreeks 1341 v C Oorlede Omstreeks 1323 v C op sowat 18 Toetankamen in Egiptiese hieroglieweSerech of HorusnaamNebty naamGoue Horus naamPraenomen of troonnaamNomen of geboortenaam Portaal Antieke EgipteDie ontdekking in 1922 van Toetankamen se feitlik ongeskonde graf KV35 deur Howard Carter en George Herbert 3 4 het wereldwyd die nuus gehaal Dit het n nuwe belangstelling tot gevolg gehad in Antieke Egipte waarvan Toetankamen se doodsmasker nou in die Kairo museum steeds n gewilde simbool is In Februarie 2010 het die uitslag van DNS toetse bevestig hy is die seun van Achenaten mummie KV55 en die se suster en vrou wie se naam onbekend is maar wie se oorskot positief uitgeken is as Die Jonger Dame wat in graf KV35 ontdek is 5 Die geheimsinnige dood van n paar mense wat Toetankamen se graf opgegrawe het is deur baie toegeskryf aan die vloek van die farao s 6 Inhoud 1 Lewe 1 1 Bewind 1 2 Gesondheid en voorkoms 1 3 Stamboom 1 4 Dood 1 5 Nalatenskap 2 Belangrikheid 3 Graftombe 4 Verwysings 5 Verdere leesstof 6 Eksterne skakelsLewe Wysig n Houtborsbeeld van die jong koning Dit is in sy graf gevind Toetankamen ontvang blomme van Anchesenamen Toetankamen was die seun van Achenaten voorheen Amenhotep IV en een van Achenaten se susters 7 of dalk n niggie 8 As prins was hy bekend as Toetankaten 9 Hy het die troon in 1333 v C bestyg toe hy nege of tien was en die troonnaam Nebcheperoere aangeneem 10 Sy soogvrou was iemand met die naam Maia wie se oorskot in n graf by Saqqara ontdek is 11 Toe hy koning word het hy getrou met sy halfsuster Anchesenpaaten wat haar naam later verander het na Anchesenamen Hulle het twee dogters gehad wat albei doodgebore is 5 X straalstudies wat in 2011 bekend gemaak is het getoon die een dogter is na n swangerskap van vyf tot ses maande dood en die ander een na nege maande Geen getuienis is gevind om enige van die babas se dood te verklaar nie 12 Bewind Wysig Vanwee sy jong ouderdom het die farao waarskynlik magtige raadgewers gehad moontlik onder andere grootvisier Ai wat Toetankamen opgevolg het en generaal Horemheb wat vermoedelik Ai se skoonseun en opvolger was Horemheb het vertel die koning het hom as erfprins as meester van die land aangestel om die reg te handhaaf Hy het ook sy vermoe genoem om die jong koning te kalmeer wanneer hy kwaad was 13 In die derde jaar van sy bewind het Toetankamen onder invloed van sy raadgewers verskeie veranderings omgekeer wat tydens sy pa se bewind gemaak is Hy het die aanbidding van die god Aten waaroor daar groot ontevredenheid was stopgesit en Amoen herstel as die oppergod Die verbod op die kultus van Amoen is opgehef en die tradisionele voorregte van die priesters is herstel Die hoofstad is teruggeskuif na Thebe en die stad Achetaten wat sy pa ter ere van Aten laat bou het het leeggeloop 14 Hy het ook sy naam verander na Toetankamen Lewende Beeld van Amen of Amoen As deel van sy herstel van Amoen as oppergod het hy bouprojekte onderneem veral by Karnak in Thebe waar hy n tempel aan die god gewy het Baie monumente is opgerig en tradisionele feeste is heringestel insluitende die Opetfees en die wat verband gehou het met die gode Apis en Horus Sy stele lui onder meer Die tempels van die gode en godinne was geruineer Hul altare was verlate en toegegroei Hul heiligdomme het nie meer bestaan nie en hul howe is as paaie gebruik die gode het hul rug op hierdie land gekeer As iemand tot n god gebid het om raad te vra sou hy nooit geantwoord het nie 15 Die land was ekonomies swak daaraan toe en daar was onrus na die bewind van Achenaten Diplomatieke betrekkinge met ander lande is verwaarloos en Toetankamen het hom daarvoor bewyer om dit te herstel veral met Mitanni Getuienis van sy sukses was die geskenke van verskeie lande wat in sy graf ontdek is Ondanks sy pogings om betrekkinge te herstel getuig skilderings in sy doodstempel by Thebe van gevegte met die Nubiers en Asiate Sy graf het ook wapenrusting en voustoele bevat wat op militere veldtogte gebruik is Vanwee sy ouderdom en fisieke gebreke die rede dat hy skynbaar n wandelstok gebruik het hy is op sowat 18 dood dink historici hy het dalk nie persoonlik aan hierdie gevegte deelgeneem nie 5 16 Gesondheid en voorkoms Wysig Die mummie van Toetankamen van al sy juwele gestroop is steeds in graf KV62 in die Vallei van die Konings Toetankamen was skraal gebou en sowat 1 8 meter lank 17 Hy het groot snytande gehad en n oorbyt wat kenmerkend was van die Toetmoses familie waartoe hy behoort het Tussen September 2007 en Oktober 2009 is verskeie mummies onderwerp aan gedetailleerde antropologiese radiologiese en genetiese studies as deel van die Koning Toetankamen familieprojek Dit het getoon Toetankamen het ook n effens gesplete lip en verhemelte gehad 18 asook moontlik n ligte toestand van skoliose sywaartse ruggraatverkromming Verder het die bestudering van sy liggaam gewys sy linkervoet was misvorm Dit kon veroorsaak het dat hy met n wandelstok moes loop baie daarvan is in sy graf gevind 19 DNS toetse van sy mummie het bewyse opgelewer van parasiete wat deur muskiete oorgedra word en malaria veroorsaak Dit is tot dusver die oudste bekende genetiese bewys van die siekte Meer as een vorm van die malariaparasiet is gekry wat daarop dui Toetankamen is verskeie kere met die siekte besmet Volgens die tydskrif National Geographic sou die malaria Toetankamen se immuunstelsel beinvloed en die heling van sy voet belemmer het Hierdie faktore saam met die breuk in sy linkerdybeen wat wetenskaplikes in 2005 ontdek het kon dalk die jong koning se lewe geeis het 19 Stamboom Wysig In 2008 het n span DNS toetse begin doen op die mummies van Toetankamen en ander lede van sy familie Die toetse het bewys sy pa was Achenaten en sy ma was nie een van die bekende vroue van Achenaten nie maar een van sy vyf susters Die tegniek wat in die studie gebruik is is egter al bevraagteken 20 21 Die span het bevind die kans is meer as 99 99 persent dat Amenhotep III die pa was van die individu in graf KV55 wat op sy beurt die pa van Toetankamen was 22 Die jong koning se ma was volgens die studie die individu bekend as Die Jonger Dame in graf KV35YL naby die oorskot van koningin Tije Haar DNS het getoon sy was nes Toetankamen se pa n kind van Amenhotep III en Tije dus was Toetankamen se ouers broer en suster 23 Koningin Tije het baie invloed aan die hof gehad en was n raadgewer van haar seun na haar man se dood Sommige genetici het egter die bevindings in twyfel getrek en gekla die span het ontoepaslike ontledingstegnieke gebruik 24 Hoewel die data steeds onvolledig is het die studie gesuggereer een van die fetusse wat in Toetankamen se graf ontdek is was die van sy eie dogter en dat die ander fetus waarskynlik ook sy kind was Tot dusver is net gedeeltelike data van die twee vroulike mummies uit graf KV21 verkry 25 Een van hulle KV21A kan die kinders se ma wees en dus Toetankamen se vrou Anchesenamen Dit is uit die geskiedenis bekend sy was die dogter van Achenaten en Nefertiti en dus waarskynlik haar man se halfsuster Een gevolg van inteling kan wees dat kinders weens genetiese afwykings nie die hele swangerskap oorleef nie Amenhotep II Tiaa Toetmoses IV Moetemwija Joeja Tjoejoe Amenhotep III Tije Achenaten Die Jonger Dame ToetankamenDood Wysig Daar is geen bestaande rekords oor Toetankamen se laaste dae nie Wat sy dood veroorsaak het is n onderwerp waaroor baie gedebatteer word Groot navorsing is al gedoen om die oorsaak van sy dood te probeer vasstel Daar is sekere bewyse soos voorgestaan deur die Harvard mikrobioloog Ralph Mitchell dat sy begrafnis in n haas geskied het Volgens Mitchell dui donkerbruin kolle aan die versierde mure van Toetankamen se graftombe daarop dat hy begrawe is nog voordat die verf kans gehad het om droog te word 26 Hoewel daar gissings is dat Toetankamen in n sluipmoord omgekom het glo die meeste historici sy dood was natuurlik n CT skandering wat in 2005 geneem is wys hy het kort voor sy dood n oop breuk in sy linkerbeen opgedoen 27 en dat die breuk ontsteek het n DNS ontleding het in 2010 gewys hy het malaria gehad en baie glo malaria en Kohler se siekte n seldsame beenafwyking het saam tot sy dood gelei 28 In Junie 2010 het Duitse wetenskaplikes gese hulle glo daar is bewyse dat hy aan sekelsel anemie n oorerflike bloedafwyking dood is Ander kenners het dit egter verwerp 29 op grond daarvan dat hy ouer as vyf geword het en die ligging van die iskemiese beennekrose wat kenmerkend is van Freiberg Kohler sindroom eerder as sekelselsiekte Navorsing wat in 2005 gedoen is deur argeoloe radioloe en genetici wat CT skanderings op die mummie uitgevoer het het bevind hy is nie dood weens n hou teen sy kop soos voorheen geglo is nie 30 Nuwe CT skanderings het getoon daar was oorerflike tekortkomings wat algemeen is onder kinders wat deur bloedskande verwek is Sibbes is meer geneig om dubbele kopiee van skadelike gene aan hul kinders oor te dra en dit is waarom kinders van bloedskande meer geneig is tot genetiese afwykings 31 Ook n gesplete verhemelte is n oorerflike afwyking 32 Talle ander siektes is al aangevoer as die oorsaak van sy dood Soos reeds gese is verskeie vorme van malaria in hom gevind Die navorsingspan onder leiding van die Egiptiese Nasionale Navorsingsentrum in Kairo wat dit in CT skanderings ontdek het se malaria kan n sirkulasieskok of n ernstige immuunreaksie in die liggaam teweegbring en albei daarvan kan die dood veroorsaak Veral as Toetankamen n beensiekte gehad het wat hom kreupel gelaat het kon dit dodelik gewees het Dalk het hy met ander oorerflike gebreke gesukkel totdat n ernstige malaria aandoening of n gebreekte been net te veel stremming op die liggaam geplaas het skryf Zahi Hawass hoof van die Egiptiese Opperraad van Oudhede en een van die lede van die span Nadat die moontlikheid in 2013 ondersoek is dat hy dood is aan beserings wat hy in n strydwa ongeluk opgedoen het het n verdere ondersoek in 2014 onthul hy sou weens sy afwykings nie in n strydwa kon gery het nie en dat al die beenbreuke wat hy gehad het na sy dood ontstaan het Daar word nou algemeen aanvaar genetiese afwykings weens die feit dat sy ouers sibbes was komplikasies weens n gebreekte been en sy malaria het alles saam sy dood veroorsaak 33 34 Nalatenskap Wysig n Standbeeld van Toetankamen en Anchesenamen by Luxor wat beskadig is in die veldtog teen die farao s van die Amarna tydperk As Toetankamen die wereld se bekendste farao is is dit grootliks omdat sy tombe een van die bes bewaardes is asook omdat sy beeld en begrafnistoerusting die meeste uitgestal is Soos die Amerikaanse skrywer Jon Manchip White gese het in die voorwoord van die 1977 uitgawe van Carter se boek The Discovery of the Tomb of Tutankhamun Die Egiptiese farao vir wie daar in die lewe die minste agting was het in die dood die bekendste een geword Die goed wat in die tombe ontdek is was in die 1920 s groot nuus Toetankamen het die bynaam koning Toet gekry en sy naam het in liedjies begin verskyn en produkte besighede en selfs die Amerikaanse president Herbert Hoover se hond is na hom genoem Relieke uit sy tombe is oor die hele wereld uitgestal 35 36 37 38 39 40 Met die dood van Toetankamen en die twee doodgebore kinders in sy graftombe het die Toetmoses lyn van die 18de Dinastie van Egipte uitgesterf Die Amarna briewe vertel Toetenkamen se vrou het kort na sy dood aan die Hetitiese koning Suppiluliuma I geskryf en gevra of sy met een van sy seuns kon trou Die briewe gee nie n aanduiding van hoe Toetankamen dood is nie In die boodskap se Anchesenamen sy is baie bang maar wil nie een van haar eie mense as man neem nie Die seun is egter dood voordat hulle kon trou Kort daarna het Ai met Anchesenamen getrou en die nuwe farao geword terwyl n oorlog tussen die twee lande gewoed het Egipte is later verslaan 41 Anchesenamen se lot is nie bekend nie maar sy verdwyn hier uit die rekords en Ai se tweede vrou Tei word die koningin Na Ai se dood het Horemheb die troon oorgeneem en n veldtog teen hom begin Toetankamen se pa Achenaten stiefma Nefertiti vrou Anchesenamen halfsusters en ander familielede is ook ingesluit Nie eens Toetankamen het gespaar gebly nie Sy beelde en cartouches is ook vernietig Horemheb self het nie kinders gehad nie en het Paramessoe as sy opvolger aangewys Die het die 19de Dinastie van Egipte die Ramses lyn gestig Belangrikheid WysigToetankamen was nege jaar oud toe hy farao seun van die god Ra word en het sowat 10 jaar lank regeer 42 In historiese terme spruit Toetankamen se belangrikheid uit die feit dat sy bewind na aan die hoogtepunt van Egipte as n wereldmag was asook uit sy verwerping van die radikale godsdienstige veranderings wat sy pa en voorganger Achenaten ingevoer het 43 In die tweede plek is sy graftombe in die Vallei van die Konings feitlik ongeskonde ontdek dit is die volledigste antieke Egiptiese tombe wat nog ontdek is Omdat hy so jonk was toe hy die troon bestyg het sy visier en eindelike opvolger Ai waarskynlik soveel moontlik belangrike politieke besluite tydens Toetenkamen se bewind gneem Konings is na hul dood vereer deur kultusse en tempels Toetankamen was een van die min wat tydens sy leeftyd so aanbid is 44 Volgens n stele wat by Karnak ontdek is en aan Amoen Ra en Toetankamen gewy is kon die koning in sy vergoddelikte status om vergifnis gevra word asook om heling van n siekte wat deur sonde veroorsaak is Tempels van sy kultus is tot in Kawa in Egipte en Faras in Nubie gebou Die titel van die suster van die onderkoning van Koesj het n verwysing bevat na die vergoddelikte koning en dit dui op die universaliteit van sy kultus 45 Graftombe Wysig Howard Carter en kollegas maak die altaardeure in die graftombe oop n 1924 rekonstruksie van die gebeurtenis in 1923 Die beskilderde weste en noordemuur in die tombe Toetankamen se kis wat nou in die Kairo museum is Toetankamen se graftombe was besonder klein as n mens sy status in ag neem Sy dood kon onverwags gewees het voor die voltooiing van n groter tombe en hy is dalk in n graf begrawe wat vir iemand anders bedoel was voor die gebruiklike 70 dae vir n begrafnis verstryk het 46 Sy oorskot is steeds in die tombe in die Vallei van die Konings Op 4 November 2007 presies 85 jaar na Carter se ontdekking is dit vir die publiek oopgestel 47 Daar word vermoed mense het vergeet waar die tombe was Werkershutte is in n stadium bo oor die ingang gebou omdat niemand dalk besef het wat daaronder gelee is nie Toe die graftombes in die Vallei van die Konings aan die einde van die 20ste Dinastie gesloop is is Toetankamen s n ook misgekyk Volgens die Amerikaanse Egiptoloog Nicholas Reeves was feitlik 80 van Toetankamen se begrafnistoerusting deel van die vroulike farao Neferneferoeaten se toerusting onder meer die kis juwele en sy bekende doodsmasker 48 49 In 2015 het Reeves bewyse gepubliseer dat n vroeere cartouche op Toetankamen se masker lui Ancheperoere meri Nefercheperoere Ancheperoere geliefde van Achenaten daarom is die masker aanvanklik vir Nefertiti Achenaten se hoofkoningin gemaak sy het die koninklike naam Ancheperoere gebruik toe sy waarskynlik na haar man se dood regeer het 50 Dit kon gewees het dat Neferneferoeaten waarskynlik Nefertiti as sy na haar man se dood farao geword het afgesit is in n stryd om die troon en dat sy toe nie n begrafnis vir n farao gekry het nie maar vir n koningin Sy kon ook met ander begrafnistoerusting begrawe gewees het soos die van Achenaten toe Toetankamen haar opvolg 51 Altesaam 5 398 voorwerpe is in die tombe gekry insluitende n goue kis doodsmasker trone boe kos wyn sandale en skoon linne onderklere Dit het Carter 10 jaar gekos om alles te katalogiseer 52 Volgens n berig in Junie 2016 het ontledings gewys die ysterlem van n dolk wat daar gekry is is van n meteoriet gemaak Dit het dieselfde hoeveelhede metale yster nikkel en kobalt bevat as in n meteoriet wat daar naby ontdek is en na die Charga oase genoem is 53 54 55 56 Verwysings Wysig Zauzich Karl Theodor 1992 Hieroglyphs Without Mystery Austin University of Texas Press pp 30 31 ISBN 978 0 292 79804 5 Manetho s King List in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Februarie 2009 The Egyptian Exhibition at Highclere Castle in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2015 Besoek op 21 Oktober 2013 Hawass Zahi A The golden age of Tutankhamun divine might and splendor in the New Kingdom American Univ in Cairo Press 2004 5 0 5 1 5 2 Hawass Zahi et al 17 Februarie 2010 Ancestry and Pathology in King Tutankhamun s Family The Journal of the American Medical Association 303 7 638 647 doi 10 1001 jama 2010 121 PMID 20159872 Besoek op 21 Oktober 2013 Digging up trouble beware the curse of King Tutankhamun The Guardian in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 September 2019 Hawass Zahi et al 17 Februarie 2010 Ancestry and Pathology in King Tutankhamun s Family The Journal of the American Medical Association 303 7 640 641 Besoek op 21 Oktober 2013 Powell Alvin 12 Februarie 2013 A different take on Tut Harvard Gazette Besoek op 12 Februarie 2013 Jacobus van Dijk The Death of Meketaten PDF in Engels p 7 Geargiveer PDF vanaf die oorspronklike op 17 Junie 2010 Besoek op 2 Oktober 2008 Classroom TUTorials The Many Names of King Tutankhamun pdf Michael C Carlos museum Besoek op 10 Julie 2013 Egypt Update Rare Tomb May Have Been Destroyed Science Mag in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Oktober 2013 Besoek op 1 November 2013 Hawass Zahi en Saleem Sahar N Mummified daughters of King Tutankhamun Archaeological and CT studies The American Journal of Roentgenology 2011 Vol 197 no 5 ble W829 836 Booth pp 86 87 Erik Hornung Akhenaten and the Religion of Light vertaal deur David Lorton Ithaca New York Cornell University Press 2001 ISBN 0 8014 8725 0 Hart George 1990 Egyptian Myths University of Texas Press p 47 ISBN 0 292 72076 9 Booth pp 129 130 Radiologists Attempt To Solve Mystery Of Tut s Demise uit ScienceDaily com Handwerk Brian 8 Maart 2005 King Tut Not Murdered Violently CT Scans Show in Engels National Geographic News p 2 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2018 Besoek op 21 Oktober 2013 19 0 19 1 King Tut Was Disabled Malarial and Inbred DNA Shows nationalgeographic com in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Julie 2019 Nature 472 404 406 2011 Aanlyn gepubliseer 27 April 2011 Original link NewScientist com Januarie 2011 Royal Rumpus over King Tutankhamun s Ancestry King Tut s Family Secrets National Geographic in Noors September 2010 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Februarie 2017 Besoek op 11 Oktober 2010 King Tut s Family Secrets National Geographic in Noors September 2010 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2018 Besoek op 11 Oktober 2010 DNA experts disagree over Tutankhamun s ancestry in Engels Archaeology News Network 22 Januarie 2011 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 November 2019 Besoek op 24 Februarie 2011 King Tut s Family Secrets National Geographic in Noors September 2010 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Januarie 2018 Besoek op 11 Oktober 2010 Was King Tut Buried in a Hurry History com in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 April 2020 Hawass Zahi Tutankhamon segreti di famiglia National Geographic in Italiaans Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Oktober 2019 Besoek op 2 Junie 2013 Roberts Michelle 16 Februarie 2010 Malaria killed King Tutankhamun in Engels BBC News Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Februarie 2020 Besoek op 12 Maart 2010 Pays JF Desember 2010 Tutankhamun and sickle cell anaemia Bull Soc Pathol Exot 103 5 number 5 346 347 doi 10 1007 s13149 010 0095 3 PMID 20972847 Besoek op 21 Oktober 2013 King Tut s Family Secrets National Geographic in Noors September 2010 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Maart 2018 Besoek op 21 Oktober 2013 Bates Claire 20 Februarie 2010 Unmasked The real faces of the crippled King Tutankhamun who walked with a cane and his incestuous parents Daily Mail in Engels Londen Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2019 King Tut s Family Secrets National Geographic in Noors September 2010 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Januarie 2018 Besoek op 11 Oktober 2010 Joseph Claudia Webb Sam 20 Oktober 2014 King Tutankhamun did not die in chariot crash virtual autopsy reveals in Engels The Independent Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Mei 2020 Besoek op 26 Oktober 2014 Joseph Claudia Webb Sam 25 Oktober 2014 Tutankhamun died of illness not from chariot racing in Engels Russia Today Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Oktober 2019 Besoek op 26 Oktober 2014 Under Tut s spell Al Ahram Weekly 16 Julie 2004 Besoek op 18 Julie 2009 King Tut exhibition Tutankhamun amp the Golden Age of the Pharaohs Treasures from the Valley of the Kings Arts and Exhibitions International Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Desember 2005 Besoek op 5 Augustus 2006 Return of the King Times Online Geargiveer 9 Augustus 2011 op Wayback Machine Dallas Museum of Art Website in Engels Dallasmuseumofart org Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Oktober 2013 Besoek op 18 Julie 2009 Melbourne Museum s Tutenkhamun and the Golden Age of the Pharaoh s Official Site Geargiveer 1 Maart 2015 op Wayback Machine Farewell To Tut And Egypt s Treasures in Engels Pacificsciencecenter org Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Maart 2015 Onderhoud met G A Gaballa van die Universiteit van Kairo The Hittites A Civilization that Changed the World deur Cinema Epoch 2004 Geregisseer deur Tolga Ornek Dokumenter Redford Donald B PhD McCauley Marissa How were the Egyptian pyramids built Research The Pennsylvania State University Besoek op 11 Desember 2012 Aude Gros de Beler Tutankhamun Voorwoord deur Aly Maher Sayed Moliere ISBN 2 84790 210 4 Oxford Guide Essential Guide to Egyptian Mythology red Donald B Redford bl 85 Berkley ISBN 0 425 19096 X The Boy Behind the Mask Charlotte Booth p 120 Oneworld 2007 ISBN 978 1 85168 544 8 The Golden Age of Tutankhamun Divine Might and Splendour in the New Kingdom Zahi Hawass bl 61 American University in Cairo Press 2004 ISBN 977 424 836 8 Michael McCarthy 5 Oktober 2007 3 000 years old the face of Tutankhaten The Independent Londen Nicholas Reeves Tutankhamun s Mask Reconsidered BES 19 2014 pp 511 522 Peter Hessler Inspection of King Tut s Tomb Reveals Hints of Hidden Chambers National Geographic 28 September 2015 Nicholas Reeves The Gold Mask of Ankhkheperure Neferneferuaten Journal of Ancient Egyptian Interconnections Vol 7 No 4 Desember 2015 ble 77 79 amp click PDF leer Nicholas Reeves Tutankhamun s Mask Reconsidered BES 19 2014 ble 523 524 Williams A R 24 National Geographic November King Tut The Teen Whose Death Rocked Egypt National Geographic News in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Junie 2019 Besoek op 26 November 2015 CS1 maint numeric names authors list link Dagger in Tutankhamun s tomb was made with iron from a meteorite The Guardian King Tutankhamun buried with dagger made of space iron study finds ABC News Online 2 Junie 2016 Comelli Daniela d Orazio Massimo Folco Luigi et al 2016 The meteoritic origin of Tutankhamun s iron dagger blade Meteoritics amp Planetary Science Wiley Online Bibcode 2016M amp PS tmp 331C doi 10 1111 maps 12664 Explicit use of et al in first3 help Aanlyn weergawe van n verslag voor dit in druk verskyn het Walsh Declan 2 Junie 2016 King Tut s Dagger Made of Iron From the Sky Researchers Say The New York Times in Engels NYC The New York Times Company Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2020 Besoek op 4 Junie 2016 Verdere leesstof WysigAndritsos John Social Studies of Ancient Egypt Tutankhamun Australie 2006 Booth Charlotte The Boy Behind the Mask Oneworld ISBN 978 1 85168 544 8 Brier Bob The Murder of Tutankhamun A True Story Putnam Adult 13 April 1998 ISBN 0 425 16689 9 paperback ISBN 0 399 14383 1 hardcover ISBN 0 613 28967 6 School amp Library Binding Carter Howard en Arthur C Mace The Discovery of the Tomb of Tutankhamun Courier Dover Publications 1 Junie 1977 ISBN 0 486 23500 9 Edwards I E S Treasures of Tutankhamun New York Metropolitan Museum of Art 1976 ISBN 0 345 27349 4 slapband ISBN 0 670 72723 7 hardeband Egyptian Supreme Council of Antiquities The Mummy of Tutankhamun The CT Scan Report soos gedruk in Ancient Egypt Junie Julie 2005 Neubert Otto Tutankhamun and the Valley of the Kings Londen Granada Publishing Limited 1972 ISBN 0 583 12141 1 sagteband Reeves C Nicholas The Complete Tutankhamun The King the Tomb the Royal Treasure Londen Thames amp Hudson 1 November 1990 ISBN 0 500 05058 9 hardeband ISBN 0 500 27810 5 slapband Eksterne skakels WysigGrim secrets of Pharaoh s city BBC Tutankhamun and the Age of the Golden Pharaohs by kingtut com Swiss geneticists examine Tutankhamun s genetic profile deur Reuters Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Toetankamen Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse WikipediaOntsluit van https af wikipedia org w index php title Toetankamen amp oldid 2216483,