Jacobus Tertius Delport (gebore op 16 Oktober 1939 te Humansdorp) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse parlementslid wat saam met Joe Slovo 'n belangrike rol gespeel het in die opstel van die nuwe Suid-Afrikaanse Grondwet. Hy was aanvanklik 'n lid van die Nasionale Party, maar het later oorgeloop na die Demokratiese Party (nou die Demokratiese Alliansie).
Tertius Delport | |
Minister van Plaaslike Regering | |
Ampstermyn 1993 – 1994 | |
President | F.W. de Klerk |
---|---|
Voorafgegaan deur | Leon Wessels |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | Jacobus Tertius Delport 16 Oktober 1939 (1939-10-16) (81 jaar oud) Humansdorp, Kaapprovinsie |
Politieke party | Nasionale Party |
Hy behaal sy BA LLB aan die Universiteit Stellenbosch en ontvang 'n LLD aan die Universiteit van Port Elizabeth, waar hy ook as dekaan van die Regsfakulteit (1976–87) gedien het.
Hy betree die politiek in 1987 as parlementslid en dien as minister van plaaslike regering in president F.W. de Klerk se regering.
Op 9 Februarie 2009 het Delport sy afskeidstoespraak in die parlement gelewer en kritiek gelewer op president Kgalema Motlanthe se onlangse staatsrede deur Suid-Afrika se "afwaartse spiraal" te betreur.
- . Besoek op31 Januarie 2013.
- . Geargiveer vanaf op 21 Maart 2018. Besoek op31 Januarie 2013.
Publikasie datum: September 26, 2021