×
Tau (deeltjie)

Die tau (τ), ook bekend as die taulepton of tauon, is ’n elementêre deeltjie soortgelyk aan die elektron, met ’n negatiewe elektriese lading en ’n spin van 1/2. Nes die elektron, muon en die drie neutrino's is dit ’n lepton. Soos alle elementêre deeltjies het die tau ’n antideeltjie met ’n teenoorgestelde lading maar dieselfde massa en spin – dit word die antitau of positiewe tau genoem.

Tau
Die tau se plek in die Standaardmodel (onder leptone).
Samestelling Elementêre deeltjie
Statistiek Fermionies
Groep Leptone
Generasie Derde
Wisselwerking Swaartekrag, elektromagneties, swak
Simbool τ
Antideeltjie Antitau (τ+)
Ontdek Martin Lewis Perl et al. (1975)
Massa 1 776,82±0,16 MeV/c2
Gem. leeftyd 2,906(10)×10−13 s
Verval in Sien kopie
Elektriese lading −1 e
Kleurlading Geen
Spin 1/2
Swak isospin LH: -1/2, RH: 0
Swak hiperlading LH: -1, RH: -2
’n Feynman-diagram van die algemene moontlike vervalle van die tau deur die emissie van ’n W-boson.

Tauleptone het ’n leeftyd van2,9×10−13 s en ’n massa van1 777,8 MeV/c2. Aangesien hul wisselwerkings baie soos dié van die elektron is, kan aan ’n tau gedink word as ’n swaarder elektron. Soos met ander gelaaide leptone die geval is, het die tau ’n ooreenstemmende tauneutrino.

Inhoud

Die tau is die enigste lepton wat in hadrone kan verval – die ander leptone het nie genoeg massa nie. Nes die ander vervalmodusse van die tau geskied die hadroniese verval deur die swak wisselwerking. Die vertakkingsverhouding van die dominante hadroniese tauvervalle is:

  • 25,52% vir die verval in ’n pion met ’n lading, ’n neutrale pion en ’n tauneutrino;
  • 10,83% vir die verval in ’n pion met ’n lading en ’n tauneutrino;
  • 9,30% vir die verval in ’n pion met ’n lading, twee neutrale pione en ’n tauneutrino;
  • 8,99% vir die verval in drie pione met ’n lading (waarvan twee dieselfde lading het) en ’n tauneutrino;
  • 2,70% vir die verval in drie pione met ’n lading (waarvan twee dieselfde lading het), ’n neutrale pion en ’n tauneutrino;
  • 1,05% vir die verval in drie neutrale pione, ’n pion met ’n lading en ’n tauneutrino.

Die tau sal sowat 64,79% van die tyd hadronies verval. Omdat die leptongetal behoue bly in ’n swak verval, word ’n tauneutrino altyd geskep wanneer ’n tau verval.

Die vertakkingsverhouding van die suiwer leptoniese tauvervalle is:

  • 17,82% vir die verval in ’n tauneutrino, elektron en elektron-antineutrino;
  • 17,39% vir die verval in ’n tauneutrino, muon en muon-antineutrino.

Die ooreenkoms in die waardes van die twee vertakkingsverhoudings is as gevolg van leptonuniversaliteit (die feit dat die wisselwerkings tussen leptone en ykbosone dieselfde vir alle leptone is)..

Daar word voorspel die taulepton sal, nes ander gelaaide subatomiese deeltjies, eksotiese atome vorm. Een so ’n atoom, wat "tauonium" genoem word na analogie van muonium, bestaan uit ’n antitau en ’n elektron:τ+e.

Nog een is die oniumτ+τ met die naam "ware tauonium" en is moeilik om te bespeur weens die tau se uiters kort leeftyd teen die lae (nierelativistiese) energieë wat nodig is om dié atoom te vorm. Die bespeuring daarvan is belangrik vir kwantumelektrodinamika.

  1. L. B. Okun (1980). Leptons and Quarks. V.I. Kisin (vert.). North-Holland Publishing. p. 103. ISBN 978-0444869241.
  2. Perl, M.L. (1975). "Evidence for Anomalous Lepton Production ine+e Annihilation". Physical Review Letters. 35 (22): 1489. Bibcode:. doi:.
  3. J. Beringer et al. (Particle Data Group) (2012). "Review of Particle Physics". Physical Review D. 86 (1): 581–651. Bibcode:. doi:.|chapter= ignored (help)
  4. Riazuddin (2009). (PDF). NCP 5th Particle Physics Sypnoisis. 1 (1): 1–25.
  5. Brodsky, Stanley J.; Lebed, Richard F. (2009). "Production of the Smallest QED Atom: True Muonium (μ+μ)". Physical Review Letters. 102 (21): 213401. arXiv:. Bibcode:. doi:. PMID .

Publikasie datum: September 26, 2021

deeltjie, bekend, taulepton, tauon, elementêre, deeltjie, soortgelyk, elektron, negatiewe, elektriese, lading, spin, elektron, muon, drie, neutrino, lepton, soos, alle, elementêre, deeltjies, antideeltjie, teenoorgestelde, lading, maar, dieselfde, massa, spin,. Die tau t ook bekend as die taulepton of tauon is n elementere deeltjie soortgelyk aan die elektron met n negatiewe elektriese lading en n spin van 1 2 Nes die elektron muon en die drie neutrino s is dit n lepton Soos alle elementere deeltjies het die tau n antideeltjie met n teenoorgestelde lading maar dieselfde massa en spin dit word die antitau of positiewe tau genoem TauDie tau se plek in die Standaardmodel onder leptone Samestelling Elementere deeltjieStatistiek FermioniesGroep LeptoneGenerasie DerdeWisselwerking Swaartekrag elektromagneties swakSimbool t Antideeltjie Antitau t Ontdek Martin Lewis Perl et al 1975 1 2 Massa 1 776 82 0 16 MeV c2 3 Gem leeftyd 2 906 10 10 13 s 3 Verval in Sien kopieElektriese lading 1 e 3 Kleurlading GeenSpin 1 2 3 Swak isospin LH 1 2 RH 0Swak hiperlading LH 1 RH 2 n Feynman diagram van die algemene moontlike vervalle van die tau deur die emissie van n W boson Tauleptone het n leeftyd van 2 9 10 13 s en n massa van 1 777 8 MeV c2 Aangesien hul wisselwerkings baie soos die van die elektron is kan aan n tau gedink word as n swaarder elektron Soos met ander gelaaide leptone die geval is het die tau n ooreenstemmende tauneutrino Inhoud 1 Tauverval 2 Eksotiese atome 3 Verwysings 4 Eksterne skakelsTauverval WysigDie tau is die enigste lepton wat in hadrone kan verval die ander leptone het nie genoeg massa nie Nes die ander vervalmodusse van die tau geskied die hadroniese verval deur die swak wisselwerking 4 Die vertakkingsverhouding van die dominante hadroniese tauvervalle is 3 25 52 vir die verval in n pion met n lading n neutrale pion en n tauneutrino 10 83 vir die verval in n pion met n lading en n tauneutrino 9 30 vir die verval in n pion met n lading twee neutrale pione en n tauneutrino 8 99 vir die verval in drie pione met n lading waarvan twee dieselfde lading het en n tauneutrino 2 70 vir die verval in drie pione met n lading waarvan twee dieselfde lading het n neutrale pion en n tauneutrino 1 05 vir die verval in drie neutrale pione n pion met n lading en n tauneutrino Die tau sal sowat 64 79 van die tyd hadronies verval Omdat die leptongetal behoue bly in n swak verval word n tauneutrino altyd geskep wanneer n tau verval 4 Die vertakkingsverhouding van die suiwer leptoniese tauvervalle is 3 17 82 vir die verval in n tauneutrino elektron en elektron antineutrino 17 39 vir die verval in n tauneutrino muon en muon antineutrino Die ooreenkoms in die waardes van die twee vertakkingsverhoudings is as gevolg van leptonuniversaliteit die feit dat die wisselwerkings tussen leptone en ykbosone dieselfde vir alle leptone is Eksotiese atome WysigDaar word voorspel die taulepton sal nes ander gelaaide subatomiese deeltjies eksotiese atome vorm Een so n atoom wat tauonium genoem word na analogie van muonium bestaan uit n antitau en n elektron t e 5 Nog een is die onium t t met die naam ware tauonium en is moeilik om te bespeur weens die tau se uiters kort leeftyd teen die lae nierelativistiese energiee wat nodig is om die atoom te vorm Die bespeuring daarvan is belangrik vir kwantumelektrodinamika 5 Verwysings Wysig L B Okun 1980 Leptons and Quarks V I Kisin vert North Holland Publishing p 103 ISBN 978 0444869241 Perl M L 1975 Evidence for Anomalous Lepton Production in e e Annihilation Physical Review Letters 35 22 1489 Bibcode 1975PhRvL 35 1489P doi 10 1103 PhysRevLett 35 1489 3 0 3 1 3 2 3 3 3 4 3 5 J Beringer et al Particle Data Group 2012 Review of Particle Physics Physical Review D 86 1 581 651 Bibcode 2012PhRvD 86a0001B doi 10 1103 PhysRevD 86 010001 chapter ignored help 4 0 4 1 Riazuddin 2009 Non standard interactions PDF NCP 5th Particle Physics Sypnoisis 1 1 1 25 5 0 5 1 Brodsky Stanley J Lebed Richard F 2009 Production of the Smallest QED Atom True Muonium m m Physical Review Letters 102 21 213401 arXiv 0904 2225 Bibcode 2009PhRvL 102u3401B doi 10 1103 PhysRevLett 102 213401 PMID 19519103 Eksterne skakels Wysig Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse WikipediaOntsluit van https af wikipedia org w index php title Tau deeltjie amp ol,