×
Tanzanië

Tanzanië (Engels: Tanzania; [ˌtænzəˈniːə]; Swahili: Tanzania, [tanzaˈni.a]), amptelik die Verenigde Republiek Tanzanië (Engels: United Republic of Tanzania; Swahili: Jamhuri ya Muungano wa Tanzania), is 'n groot land in Oos-Afrika, geleë binne die Groot Mere van Afrika-streek. Dele van die land is in Suider-Afrika. Dit word begrens deur Kenia en Uganda in die noorde; Rwanda, Burundi, en die Demokratiese Republiek van die Kongo in die weste; Zambië, Malawi, Mosambiek in die suide; en deur die Indiese Oseaan aan die ooste. Kilimandjaro, Afrika se hoogste berg, is in die noordooste van Tanzanië.

Verenigde Republiek Tanzanië
  • United Republic of Tanzania(Engels)
  • Jamhuri ya Muungano wa Tanzania(Swahili)
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Uhuru na Umoja (Swahili)
Freedom and Unity (Engels)
(Afrikaans: "Vryheid en Eenheid")
Volkslied: Mungu ibariki Afrika (Swahili)
God Bless Africa (Engels)
(Afrikaans: "God seën Afrika")
Hoofstad Dodoma

6°10′S35°45′O /6.167°S 35.750°O /-6.167; 35.750

Grootste stad Dar-es-Salaam

6°48′S39°17′O /6.800°S 39.283°O /-6.800; 39.283

Amptelike tale Engels en Swahili
Regering


President
• Adjunkpresident
Eerste minister
Unitêre dominante party
presidensiële grondwetlike
republiek
Samia Suluhu
Philip Mpango
Kassim Majaliwa
Onafhanklikheid
Tanganjika
Zanzibar en Pemba
• Unifikasie
• Huidige grondwet
van die Verenigde Koninkryk
9 Desember 1961
10 Desember 1963
26 April 1964
25 April 1977
Oppervlakte
- Totaal

- Water (%)

947 303 km2 (31ste)
365 756 myl2
6,4
Bevolking
- 2019-skatting
- 2012-sensus
- Digtheid

56 313 438 (25ste)
44 928 923
47,5 / km2
123,0 / myl2
BBP (KKP)
- Totaal
- Per capita
2021-skatting

$171,006 miljard
$2 863

BBP (nominaal)
- Totaal
- Per capita
2021-skatting

$65,919 miljard
$1 104

MOI (2019) 0,529 (163ste) –laag
Gini (2017) 40,5hoog
Geldeenheid Sjieling (TZS)
Tydsone
- Somertyd
OAT (UTC+3)
nie toegepas nie (UTC+3)
Internet-TLD .tz
Skakelkode +255a
a. +007 vanaf Kenia en Uganda.
Nasa-Satellietbeeld van Tanzanië
Kaart van Tanzanië

Tanzanië het 'n diverse bevolking van 51,82 miljoen mense (2014-sensus) wat bestaan uit verskeie etniese, taal- en godsdiensgroepe. Die land is 'n presidensiële grondwetlike republiek, en sedert 1996 is die amptelike hoofstad Dodoma, waar die president se kantoor, die nasionale vergadering en die ministeries gesetel is. Dar-es-Salaam, die voormalige hoofstad, huisves steeds meeste van die regeringskantore, en is die land se grootste stad, hoofhawe, en leidende handelsentrum.

Europese kolonialisme het in die laat 19de eeu begin toe die Duitse Keiserryk Duits-Oos-Afrika gestig het, wat na die Eerste Wêreldoorlog onder Britse beheer geval het. Die vasteland is in die naam van Tanganjika bestuur, terwyl Zanzibar 'n afsonderlike koloniale jurisdiksie gehad het. Nadat die twee gebiede respektiewelik in 1961 en 1963 onafhanklik geword het, is dit in April 1964 saamgesmelt as die Verenigde Republiek Tanzanië.

Inhoud

Die naam Tanzanië is 'n saamgestelde naam uit die twee lande wat verenig is: Tanganjika en Zanzibar.

Die naam Tanganjika is afgelei van die Swahili-woorde tanga ("seil") en nyika ("onbewoonde vlakte", "wildernis") wat die frase van "seil in die wildernis" skep. Dit word soms as 'n verwysing na die Tanganjikameer beskou.

Die naam Zanzibar is afgelei van "zengi", die naam vir die plaaslike mense (wat "swart" beteken), en die Arabiese woord "barr", wat kus of strand beteken.

Kameelperde, Tanzanië se nasionale dier, is volop in die Arusha Nasionale Park

Met 'n oppervlakte van 947 303 vierkante kilometer, is Tanzanië die 13de grootste land in Afrika, en die 31ste grootste land in die wêreld, en word gereken op die vlak van die veel groter Egipte en kleiner Nigerië. Dié land grens aan Kenia en Uganda in die noorde, Rwanda, Burundi en die Demokratiese Republiek van die Kongo in die weste; en Zambië, Malawi en Mosambiek in die suide. Tanzanië lê aan die ooskus van Afrika en het 'n kuslyn aan die Indiese Oseaan van sowat 800 km lank. Dit sluit verskeie eilande in; Unguja (Zanzibar), Pemba en Mafia. Die land spog ook met die hoogste en laagste punte in Afrika: Kilimandjaro, op 'n hoogte van 5 895 meter bokant seespieël, en die bodem van die Tanganjikameer 352 meter onder seespieël.

Sowat 38% van die land is opsy gesit as beskermde gebiede vir natuurbewaring. Tanzanië het 16 nasionale parke, asook 'n verskeidenheid van wild- en woudreservate, insluitende die Ngorongoro Bewaringsgebied.

Klimaat

Klimaatsones in Tanzanië volgens die Köppen-klimaatklassifikasie

Tanzanië se ligging binne die keerkringe, die hoogteverskille en die uitgestrekte watervlakke van die mere het tot gevolg dat die klimaat wissel van tropiese reënstreke tot halfwoestyn, steppe- en savanneklimaat, en Alpiene klimaatstreke met 'n ewigdurende sneeukleed (byvoorbeeld op Kilimandjaro). Die groot klimaatsverskille gee aanleiding tot 'n groot verskeidenheid plantegroeistreke – van tropiese woude tot halfwoestyn en heidegebiede.

Meer as 75% van die land het ’n gemiddelde jaartemperatuur van meer as 20 °C, maar in die bergagtige gebiede kom nagryp gereeld voor. Die jaarlikse reënval oor Sentraal-Tanzanië, die suidelike hooglande en in die gebied van die oostelike skeurvallei is benede die minimumneerslag van 750 mm wat nodig is vir die verbouing van gewasse by die onderskeie temperature.

Die onreëlmatige verspreiding van die reënval in juis hierdie gebiede het tot gevolg dat slegs (half-) nomadiese veeteelt moontlik is. Tussen Mei/Junie en November/Desember is dit oral in die land droog. Slegs in die noorde en in die kusgebied by Dar-es-Salaam is daar twee reënseisoene: die eerste is in November/Desember en die tweede is in April/Mei.

In die gebiede, wat maar 10% van die landoppervlakte beslaan, is twee oeste soms jaarliks moontlik; in die oorblywende landbougebiede is selfs net een oes per jaar rede tot blydskap.

Tekens van 'n primitiewe aapmensbeskawing sowat drie miljoen jaar gelede is al voor die Eerste Wêreldoorlog in die Olduwaikloof in Tanzanië gevind. Die oudste volke in Tanzanië is vermoedelik afstammelinge van jagters uit die Laat-Steentydperk (10 000 jaar gelede).

Ongeveer 3000 tot 2000 v.C. het die eerste Swart landbouers hulle uit die noorde in die gebied gevestig. Van ongeveer 1000 v.C. af het groepe uit Suidoos-Asië die kusgebiede begin aandoen en nuwe gewasse, soos piesangs, rys en suikerriet, bekend gestel.

Teen die begin van die Christelike jaartelling was ’n lewendige handel met die Arabiese Skiereiland aan die gang, en teen die 10de eeu was heelwat Arabiese nedersettings langs die kus gevestig. Teen die 17de eeu het die Arabiere 'n slawehandel met die binnelandse Swart volke opgebou en groot dele van die binneland is vanweë die uitvoer van tienduisende slawe ontvolk.

Na 'n Europese stryd om besit van die land het Tanzanië (toe bekend as Tanganjika) in 1891 'n Duitse kolonie geword, terwyl die eiland Zanzibar 'n Britse protektoraat geword het. Vroeg in die 20ste eeu het bloedige opstande teen die Duitse heersers in Suidwes-Tanzanië voorgekom en na die Eerste Wêreldoorlog is die land aan die Verenigde Koninkryk afgestaan. Na die Tweede Wêreldoorlog het Tanganjika 'n trustgebied van die Verenigde Nasies geword en in 1961 het die land sy onafhanklikheid gekry.

Pre-koloniaal

'n 1,8 miljoen jaar-oue klipkap-gereedskap, wat by die Olduval-vallei ontdek is

Die inheemse bevolking van Oos-Afrika stam skynbaar van die Khoisan-sprekende Hadza en Sandawe jagter-versamelaars van Tanzanië af.

Die eerste golf van migrasie was die suidelike Koesjitiese-sprekendes, voorsate van die Iraqw, Gorowa en Burunge wat suidwaarts uit Ethiopië na Tanzanië gekom het. Gegrond op taalkundige bewyse was daar ook omstreeks 4 000 en 2 000 jaar gelede twee migrasies van Oos-Koesjitiese-mense na Tanzanië, wat van noord van die Turkanameer af gekom het.

Argeologiese bewyse steun die slotsom dat Suid-Nilote, insluitende die Datoog, tussen 2 000 en 2 400 jaar gelede, suid vanuit die hedendaagse Suid-Soedan/Ethiopiese grensgebied gekom het.

Hierdie verskuiwings het omstreeks dieselfde tyd gebeur met die vestiging van die Masjariki Bantoe uit Wes-Afrika in die gebiede van Victoriameer en Tanganjikameer. Dit was gedurende die Ystertydperk. Hulle het met hulle Wes-Afrika se landboukundigheid en die primêre stapelvoedsel, patats, saamgebring. Hierna het hulle, tussen 1 700 en 2 300 jaar gelede, uit hierdie gebiede na die res van Tanzanië migreer.

Oos-Nilote, insluitende die Masai, verteenwoordig 'n meer onlangse migrasie (500 tot 1 500 jaar gelede) vanaf die hedendaagse Suid-Soedan.

Die mense van Tanzanië word met die vervaardiging van yster en staal vereenselwig. Die Pare-mense was die vernaamste vervaardigers van yster wat in groot aanvraag was by die volke wat in die berggebiede van noordoos-Tanzanië gebly het. Die Haya-mense, aan die oewers van die Victoriameer, het 'n soort van hoogoond ontwerp wat hulle in staat gestel het om meer as 1 500 jaar gelede koolstofstaal teen temperature van hoër as 3 310 ºF yster te smee.

Reisigers en handelaars uit die Persiese Golf en Indië het Oos-Afrika se kusgebied in die eerste millennium n.C. besoek. Sommige bewoners langs die Swahili-kus het al die Islamgeloof reeds in die agtste- of negende eeu n.C. beoefen.

Koloniaal

'n Voorstelling van die antieke stad van Kilwa (1572) – 'n Unesco-Wêrelderfenisgebied

Die Portugese seevaarder Vasco da Gama het in 1498 die Tanzaniese kus besoek. Later, in 1506 het die Portugese daarin geslaag om die grootste dele van die suidoos-Afrikakus te beheer. Die Portugese is in 1699 deur die Omani Arabiere uit Zanzibar verdryf.

Die Sultan van Oman Seyyid Said het die kusstrook oorgeneem en sy hoofstad in 1840 na Zanzibar-stad verskuif. Zanzibar het in hierdie tydvak die sentrum vir die Arabiese slawehandel geword. Tussen 65–90% van die bevolking van die Arabies-Swahili Zanzibar is as slawe verkoop. Een van die mees berugte slawehandelaars aan die Oos-Afrikakus was Tippu Tip, wat self die kleinseun van 'n Afrika-slaaf was. Die Nyamwezi-slawehandelaars het onder die leierskap van Msiri en Mirambo gewerk. Volgens Timothy Insoll is daar in die 19de eeu 718 000 van die Swahili-kus af as slawe uitgevoer en 'n verdere 769 000 is as slawe aan die kus aangehou.

Laat in die 19de eeu verower die Duitse Keiserryk die gebiede wat vandag bekend staan as Tanzanië (sonder Zanzibar) en inkorporeer dit by Duits-Oos-Afrika. Na die Eerste Wêreldoorlog bepaal ooreenkomste en die Volkebond dat die gebied 'n Britse mandaatgebied word, behalwe die Kionga-driehoek, 'n klein gebied in die suidooste wat by Portugees-Oos-Afrika (later Mosambiek) ingesluit is.

Sowat 100 000 mense van Tanganjika sluit gedurende Tweede Wêreldoorlog by die Geallieerdes aan en was deel van die 375 000 Afrikatroepe wat daar geveg het. Tanganjika was gedurende die oorlog 'n waardevolle bron van voedsel en sy inkomste met uitvoere het aansienlik gestyg in vergelyking met die vooroorlogse jare van die Groot Depressie. Die oorlogstydse aanvraag na produkte het die pryse opgejaag en reuse inflasie in die kolonie veroorsaak.

Julius Nyerere transformeer in 1954 sy organisasie na die polities- georiënteerde Tanganyika African National Union (TANU) met die doel om nasionale soewereiniteit vir Tanganjika te kry. 'n Veldtog om nuwe lede te registreer word geloods en binne 'n jaar word TANU die leidende politieke organisasie in die land. Nyerere word in 1960 aangestel as die minister van die Brits-geadministreerde Tanganjika en word die eerste minister toe die land in 1961 onafhanklikheid verkry.

Post-koloniaal

Arusha se Deklarasiemonument

Die Britse bewind kom op 9 Desember 1961 tot 'n einde, maar vir die eerste jaar van onafhanklikheid, het Tanganjika 'n Britse goewerneur gehad wat die Britse monarg moes verteenwoordig. Op 9 Desember 1962 word Tanganjika 'n demokratiese republiek onder 'n uitvoerende president.

Die Arabiese dinastie word met die Zanzibar-rewolusie in die aangrensende Zanzibar omver gewerp, die land word in 1963 onafhanklik en op 26 April 1964 word dit by die vasteland van Tanganjika ingelyf. Op 29 Oktober van dieselfde jaar word die land se naam na die Verenigde Republiek Tanzanië verander ("Tan" is afgelei van Tanzanië en "Zan" van Zanzibar).

Nyerere se presidentskap slaan in 1967, na sy Arusha Deklarasie, 'n linksgesinde rigting in, en hy verbind die land tot sosialisme en Pan-Afrikanisme. Banke en baie van die groot nywerhede is hierna genasionaliseer.

In 1992 word die land se grondwet aangepas om veelparty-politiek toe te laat. In die eerste veelparty-verkiesings van 1995 wen die regerende party, Chama Cha Mapinduzi, 186 van die 232 setels in die nasionale vergadering en Benjamin Mkapa word president.

Regering

Die semi-outonome Zanzibareiland
'n Deur met Arabiese kalligrafie in Zanzibar uitgekerf

Tanzanië is 'n eenparty dominante-staat met die Chama Cha Mapinduzi-party aan bewind.

Zanzibar

Sedert 31 Oktober 2014 voorsien Tanzanië 2 253 soldate en ander personeel vir verskeie van die Verenigde Nasies se vredesoperasies. Die Tanzaniese weermag neem saam met die Suid-Afrikaanse en Malawiese magte deel aan die Verenigde Nasies se intervensiebrigade in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Die Verenigde Nasies se veiligheidsraad het hierdie spesiale eenheid op 28 Maart 2013 magtiging gebied om geteikende operasies uit te voer teen groepe wat die vrede in die DRK bedreig.

Armoede

Daar is groot armoede in Tanzanië. Die land het min vooruitgang gemaak met die bekamping van ernstige ondervoeding en hongersnood in die land.

Tale

Daar word meer as 100 verskillende tale in Tanzanië gepraat, wat die land die mees diverse taalkundige land in Oos-Afrika maak. Onder die tale wat daar gebesig word is al vier van Afrika se taalfamilie: Bantoe, Koesjities, Nilo-Saharies en Khoisan. Swahili en Engels is Tanzanië se twee ampstale.

  1. (en) David Lawrence (2009). . Intercontinental Books. pp. 146–. ISBN 978-9987-9308-3-8.
  2. (en) . Permanent Representative of Tanzania to the United Nations. Geargiveer vanaf op 19 Februarie 2011. Besoek op31 Januarie 2015.
  3. (en) . National Bureau of Statistics, Tanzania Ministry of Finance,. 2013. vanaf die oorspronklike op 13 November 2018. Besoek op10 November 2014.CS1 maint: extra punctuation (link)
  4. (en) . population.un.org. United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division. Besoek op9 November 2019.
  5. (en) (xslx). population.un.org (custom data acquired via website). United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division. Besoek op9 November 2019.
  6. (en) , 2012 Population and Housing Census, United Republic of Tanzania, 2013, bl. 1.
  7. (en) . Internasionale Monetêre Fonds. April 2021. Besoek op9 April 2021.
  8. (en) (PDF). United Nations Development Programme. 2020. Besoek op9 April 2021.
  9. (en) . Wêreldbank. vanaf die oorspronklike op 27 Augustus 2019. Besoek op9 April 2021.
  10. (en) . World Bank. vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2020. Besoek op24 November 2015.
  11. (en) Aloysius C. Mosha. (PDF). University of Botswana. (PDF) vanaf die oorspronklike op 9 Augustus 2018. Besoek op13 Maart 2013.
  12. (en) Central Intelligence Agency. . The World Factbook.
  13. (en) . Tanzania.go.tz. vanaf die oorspronklike op 25 November 2013. Besoek op1 Mei 2010.
  14. (en) . Tanzaniaports.com. Besoek op19 Februarie 2014.
  15. (en) Harper, Douglas. .
  16. (en) website besoek op 1 Mei 2007.
  17. (en) 10 Junie 2011 op Wayback Machine webwerf besoek op 1 Mei 2007.
  18. (en) Harper, Douglas. .
  19. (en) . Cia.gov. vanaf die oorspronklike op 29 Mei 2020. Besoek op16 Oktober 2014.
  20. (en) Joseph Lake (2013) "Economy" in Africa South of the Sahara, edited by Europa Publications and Iain Frame, Routledge.
  21. (en) Laher, Ridwan; SingíOei, Korir (2014). . Africa Institute of South Africa. pp. 57–. ISBN 978-0-7983-0464-1.
  22. (en) . Tanzania National Parks. vanaf die oorspronklike op 24 Mei 2020. Besoek op16 Oktober 2014.
  23. (en) . Tanzania National Parks. Geargiveer vanaf op 28 September 2016. Besoek op16 Oktober 2014.
  24. (en) Laura Riley; William Riley (2005). . Princeton University Press. ISBN 0-691-12219-9.
  25. (en) Tishkoff, S. A.; Reed, F. A.; Friedlaender, F. R.; Ehret, C.; Ranciaro, A.; Froment, A.; Hirbo, J. B.; Awomoyi, A. A.; Bodo, J. -M.; Doumbo, O.; Ibrahim, M.; Juma, A. T.; Kotze, M. J.; Lema, G.; Moore, J. H.; Mortensen, H.; Nyambo, T. B.; Omar, S. A.; Powell, K.; Pretorius, G. S.; Smith, M. W.; Thera, M. A.; Wambebe, C.; Weber, J. L.; Williams, S. M. (2009). . Science. 324 (5930): 1035–44. doi:. PMC. PMID .
  26. (en) Christopher Ehret (2001). . University Press of Virginia. ISBN 978-0-8139-2057-3.
  27. (en) Phyllis Martin; Patrick O'Meara (1995). . Indiana University Press. ISBN 0-253-20984-6.
  28. (en) Shoup, John A. (2011). . Santa Barbara, Calif.: ABC-CLIO. p. 67. ISBN 978-1-59884-362-0.
  29. (en) Schmidt, P; Avery, D. H. (1978). "Complex iron smelting and prehistoric culture in Tanzania". Science. 201 (4361): 1085–9. doi:. PMID .
  30. (en) Kevin Shillington (2013). . Routledge. pp. 1510–. ISBN 978-1-135-45670-2.
  31. (en) .
  32. (en) . Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf op 6 Oktober 2014.
  33. (en) . Encyclopædia Britannica. 22 Januarie 2014. vanaf die oorspronklike op 2 Junie 2015. Besoek op19 Februarie 2014.
  34. (en) .
  35. (en) Junius P. Rodriguez (1997). . ABC-CLIO. ISBN 978-0-87436-885-7.
  36. (en) Jay Heale; Winnie Wong (2010). . Marshall Cavendish. ISBN 978-0-7614-3417-7.
  37. (en) . mgtrust.org.
  38. (en) . eisa.org.za.
  39. (en)
  40. (en) . BBC News. 25 Julie 2009. vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2020.
  41. (en) (PDF). Vice President's Office, United Republic of Tanzania. Geargiveer vanaf (PDF) op 4 Maart 2016. Besoek op25 April 2013.
  42. (en) . princeton.edu.
  43. (en) . eisa.org.za.
  44. (en) , United Nations Peacekeeping, 31 Oktober 2014
  45. (en) . United Nations. 10 Mei 2013. vanaf die oorspronklike op 27 September 2017. Besoek op17 Oktober 2014.
  46. (en) , United Nations Peacekeeping, 31 Oktober 2014, bl. 39
  47. (en)
  48. (en)
  49. (en) Ulrich Ammon; Norbert Dittmar; Klaus J. Mattheier (2006). . Walter de Gruyter. pp. 1967–. ISBN 978-3-11-018418-1.
Algemeen

Publikasie datum: Augustus 06, 2021

tanzanië, engels, tanzania, ˌtænzəˈniːə, swahili, tanzania, tanzaˈni, amptelik, verenigde, republiek, engels, united, republic, tanzania, swahili, jamhuri, muungano, tanzania, groot, land, afrika, geleë, binne, groot, mere, afrika, streek, dele, land, suider, . Tanzanie Engels Tanzania ˌtaenzeˈniːe Swahili Tanzania tanzaˈni a amptelik die Verenigde Republiek Tanzanie Engels United Republic of Tanzania Swahili Jamhuri ya Muungano wa Tanzania is n groot land in Oos Afrika gelee binne die Groot Mere van Afrika streek Dele van die land is in Suider Afrika Dit word begrens deur Kenia en Uganda in die noorde Rwanda Burundi en die Demokratiese Republiek van die Kongo in die weste Zambie Malawi Mosambiek in die suide en deur die Indiese Oseaan aan die ooste Kilimandjaro Afrika se hoogste berg is in die noordooste van Tanzanie Verenigde Republiek Tanzanie United Republic of Tanzania Engels Jamhuri ya Muungano wa Tanzania Swahili Vlag WapenNasionale leuse Uhuru na Umoja Swahili Freedom and Unity Engels Afrikaans Vryheid en Eenheid Volkslied Mungu ibariki Afrika Swahili God Bless Africa Engels Afrikaans God seen Afrika source source track track Hoofstad Dodoma 6 10 S 35 45 O 6 167 S 35 750 O 6 167 35 750Grootste stad Dar es Salaam 6 48 S 39 17 O 6 800 S 39 283 O 6 800 39 283Amptelike tale Engels en SwahiliRegering President Adjunkpresident Eerste minister Unitere dominante party presidensiele grondwetlike republiek 1 2 Samia Suluhu Philip Mpango Kassim MajaliwaOnafhanklikheid Tanganjika Zanzibar en Pemba Unifikasie Huidige grondwet van die Verenigde Koninkryk 9 Desember 1961 10 Desember 1963 26 April 1964 25 April 1977Oppervlakte Totaal Water 947 303 km2 31ste 365 756 3 myl2 6 4 3 Bevolking 2019 skatting 2012 sensus Digtheid 56 313 438 4 5 25ste 44 928 923 6 47 5 km2 123 0 myl2BBP KKP Totaal Per capita 2021 skatting 171 006 miljard 7 2 863 7 BBP nominaal Totaal Per capita 2021 skatting 65 919 miljard 7 1 104 7 MOI 2019 0 529 8 163ste laagGini 2017 40 5 9 hoogGeldeenheid Sjieling a href ISO 4217 html title ISO 4217 TZS a Tydsone Somertyd OAT UTC 3 nie toegepas nie UTC 3 Internet TLD tzSkakelkode 255aa 007 vanaf Kenia en Uganda Nasa Satellietbeeld van Tanzanie Kaart van Tanzanie Tanzanie het n diverse bevolking van 51 82 miljoen mense 2014 sensus 10 wat bestaan uit verskeie etniese taal en godsdiensgroepe Die land is n presidensiele grondwetlike republiek en sedert 1996 is die amptelike hoofstad Dodoma waar die president se kantoor die nasionale vergadering en die ministeries gesetel is 11 Dar es Salaam die voormalige hoofstad huisves steeds meeste van die regeringskantore en is die land se grootste stad hoofhawe en leidende handelsentrum 12 13 14 Europese kolonialisme het in die laat 19de eeu begin toe die Duitse Keiserryk Duits Oos Afrika gestig het wat na die Eerste Wereldoorlog onder Britse beheer geval het Die vasteland is in die naam van Tanganjika bestuur terwyl Zanzibar n afsonderlike koloniale jurisdiksie gehad het Nadat die twee gebiede respektiewelik in 1961 en 1963 onafhanklik geword het is dit in April 1964 saamgesmelt as die Verenigde Republiek Tanzanie 12 Inhoud 1 Etimologie 2 Geografie 2 1 Klimaat 3 Geskiedenis 3 1 Pre koloniaal 3 2 Koloniaal 3 3 Post koloniaal 4 Politiek 4 1 Regering 4 2 Zanzibar 4 3 Armoede 4 4 Tale 5 Verwysings 6 Bronnelys 7 Eksterne skakelsEtimologie WysigDie naam Tanzanie is n saamgestelde naam uit die twee lande wat verenig is Tanganjika en Zanzibar 15 Die naam Tanganjika is afgelei van die Swahili woorde tanga seil en nyika onbewoonde vlakte wildernis wat die frase van seil in die wildernis skep 16 Dit word soms as n verwysing na die Tanganjikameer beskou 17 Die naam Zanzibar is afgelei van zengi die naam vir die plaaslike mense wat swart beteken en die Arabiese woord barr wat kus of strand beteken 18 Geografie Wysig Kameelperde Tanzanie se nasionale dier is volop in die Arusha Nasionale Park Met n oppervlakte van 947 303 vierkante kilometer 3 is Tanzanie die 13de grootste land in Afrika en die 31ste grootste land in die wereld en word gereken op die vlak van die veel groter Egipte en kleiner Nigerie 19 Die land grens aan Kenia en Uganda in die noorde Rwanda Burundi en die Demokratiese Republiek van die Kongo in die weste en Zambie Malawi en Mosambiek in die suide Tanzanie le aan die ooskus van Afrika en het n kuslyn aan die Indiese Oseaan van sowat 800 km lank 20 Dit sluit verskeie eilande in Unguja Zanzibar Pemba en Mafia 20 Die land spog ook met die hoogste en laagste punte in Afrika Kilimandjaro op n hoogte van 5 895 meter bokant seespieel en die bodem van die Tanganjikameer 352 meter onder seespieel 20 Sowat 38 van die land is opsy gesit as beskermde gebiede vir natuurbewaring 21 Tanzanie het 16 nasionale parke 22 asook n verskeidenheid van wild en woudreservate insluitende die Ngorongoro Bewaringsgebied 23 24 Klimaat Wysig Klimaatsones in Tanzanie volgens die Koppen klimaatklassifikasie Tanzanie se ligging binne die keerkringe die hoogteverskille en die uitgestrekte watervlakke van die mere het tot gevolg dat die klimaat wissel van tropiese reenstreke tot halfwoestyn steppe en savanneklimaat en Alpiene klimaatstreke met n ewigdurende sneeukleed byvoorbeeld op Kilimandjaro Die groot klimaatsverskille gee aanleiding tot n groot verskeidenheid plantegroeistreke van tropiese woude tot halfwoestyn en heidegebiede Meer as 75 van die land het n gemiddelde jaartemperatuur van meer as 20 C maar in die bergagtige gebiede kom nagryp gereeld voor Die jaarlikse reenval oor Sentraal Tanzanie die suidelike hooglande en in die gebied van die oostelike skeurvallei is benede die minimumneerslag van 750 mm wat nodig is vir die verbouing van gewasse by die onderskeie temperature Die onreelmatige verspreiding van die reenval in juis hierdie gebiede het tot gevolg dat slegs half nomadiese veeteelt moontlik is Tussen Mei Junie en November Desember is dit oral in die land droog Slegs in die noorde en in die kusgebied by Dar es Salaam is daar twee reenseisoene die eerste is in November Desember en die tweede is in April Mei In die gebiede wat maar 10 van die landoppervlakte beslaan is twee oeste soms jaarliks moontlik in die oorblywende landbougebiede is selfs net een oes per jaar rede tot blydskap Geskiedenis WysigTekens van n primitiewe aapmensbeskawing sowat drie miljoen jaar gelede is al voor die Eerste Wereldoorlog in die Olduwaikloof in Tanzanie gevind Die oudste volke in Tanzanie is vermoedelik afstammelinge van jagters uit die Laat Steentydperk 10 000 jaar gelede Ongeveer 3000 tot 2000 v C het die eerste Swart landbouers hulle uit die noorde in die gebied gevestig Van ongeveer 1000 v C af het groepe uit Suidoos Asie die kusgebiede begin aandoen en nuwe gewasse soos piesangs rys en suikerriet bekend gestel Teen die begin van die Christelike jaartelling was n lewendige handel met die Arabiese Skiereiland aan die gang en teen die 10de eeu was heelwat Arabiese nedersettings langs die kus gevestig Teen die 17de eeu het die Arabiere n slawehandel met die binnelandse Swart volke opgebou en groot dele van die binneland is vanwee die uitvoer van tienduisende slawe ontvolk Na n Europese stryd om besit van die land het Tanzanie toe bekend as Tanganjika in 1891 n Duitse kolonie geword terwyl die eiland Zanzibar n Britse protektoraat geword het Vroeg in die 20ste eeu het bloedige opstande teen die Duitse heersers in Suidwes Tanzanie voorgekom en na die Eerste Wereldoorlog is die land aan die Verenigde Koninkryk afgestaan Na die Tweede Wereldoorlog het Tanganjika n trustgebied van die Verenigde Nasies geword en in 1961 het die land sy onafhanklikheid gekry Pre koloniaal Wysig n 1 8 miljoen jaar oue klipkap gereedskap wat by die Olduval vallei ontdek is Die inheemse bevolking van Oos Afrika stam skynbaar van die Khoisan sprekende Hadza en Sandawe jagter versamelaars van Tanzanie af 25 Die eerste golf van migrasie was die suidelike Koesjitiese sprekendes voorsate van die Iraqw Gorowa en Burunge wat suidwaarts uit Ethiopie na Tanzanie gekom het 25 Gegrond op taalkundige bewyse was daar ook omstreeks 4 000 en 2 000 jaar gelede twee migrasies van Oos Koesjitiese mense na Tanzanie wat van noord van die Turkanameer af gekom het 25 Argeologiese bewyse steun die slotsom dat Suid Nilote insluitende die Datoog tussen 2 000 en 2 400 jaar gelede suid vanuit die hedendaagse Suid Soedan Ethiopiese grensgebied gekom het 25 Hierdie verskuiwings het omstreeks dieselfde tyd gebeur met die vestiging van die Masjariki Bantoe uit Wes Afrika in die gebiede van Victoriameer en Tanganjikameer Dit was gedurende die Ystertydperk Hulle het met hulle Wes Afrika se landboukundigheid en die primere stapelvoedsel patats saamgebring Hierna het hulle tussen 1 700 en 2 300 jaar gelede uit hierdie gebiede na die res van Tanzanie migreer 25 26 Oos Nilote insluitende die Masai verteenwoordig n meer onlangse migrasie 500 tot 1 500 jaar gelede vanaf die hedendaagse Suid Soedan 25 27 Die mense van Tanzanie word met die vervaardiging van yster en staal vereenselwig Die Pare mense was die vernaamste vervaardigers van yster wat in groot aanvraag was by die volke wat in die berggebiede van noordoos Tanzanie gebly het 28 Die Haya mense aan die oewers van die Victoriameer het n soort van hoogoond ontwerp wat hulle in staat gestel het om meer as 1 500 jaar gelede koolstofstaal teen temperature van hoer as 3 310 ºF yster te smee 29 Reisigers en handelaars uit die Persiese Golf en Indie het Oos Afrika se kusgebied in die eerste millennium n C besoek 30 Sommige bewoners langs die Swahili kus het al die Islamgeloof reeds in die agtste of negende eeu n C beoefen 31 Koloniaal Wysig n Voorstelling van die antieke stad van Kilwa 1572 n Unesco Werelderfenisgebied Die Portugese seevaarder Vasco da Gama het in 1498 die Tanzaniese kus besoek Later in 1506 het die Portugese daarin geslaag om die grootste dele van die suidoos Afrikakus te beheer Die Portugese is in 1699 deur die Omani Arabiere uit Zanzibar verdryf Die Sultan van Oman Seyyid Said het die kusstrook oorgeneem en sy hoofstad in 1840 na Zanzibar stad verskuif Zanzibar het in hierdie tydvak die sentrum vir die Arabiese slawehandel geword 32 Tussen 65 90 van die bevolking van die Arabies Swahili Zanzibar is as slawe verkoop 33 Een van die mees berugte slawehandelaars aan die Oos Afrikakus was Tippu Tip wat self die kleinseun van n Afrika slaaf was Die Nyamwezi slawehandelaars het onder die leierskap van Msiri en Mirambo gewerk 34 Volgens Timothy Insoll is daar in die 19de eeu 718 000 van die Swahili kus af as slawe uitgevoer en n verdere 769 000 is as slawe aan die kus aangehou 35 Laat in die 19de eeu verower die Duitse Keiserryk die gebiede wat vandag bekend staan as Tanzanie sonder Zanzibar en inkorporeer dit by Duits Oos Afrika Na die Eerste Wereldoorlog bepaal ooreenkomste en die Volkebond dat die gebied n Britse mandaatgebied word behalwe die Kionga driehoek n klein gebied in die suidooste wat by Portugees Oos Afrika later Mosambiek ingesluit is Sowat 100 000 mense van Tanganjika sluit gedurende Tweede Wereldoorlog by die Geallieerdes aan 36 en was deel van die 375 000 Afrikatroepe wat daar geveg het 37 Tanganjika was gedurende die oorlog n waardevolle bron van voedsel en sy inkomste met uitvoere het aansienlik gestyg in vergelyking met die vooroorlogse jare van die Groot Depressie Die oorlogstydse aanvraag na produkte het die pryse opgejaag en reuse inflasie in die kolonie veroorsaak 36 38 Julius Nyerere transformeer in 1954 sy organisasie na die polities georienteerde Tanganyika African National Union TANU met die doel om nasionale soewereiniteit vir Tanganjika te kry n Veldtog om nuwe lede te registreer word geloods en binne n jaar word TANU die leidende politieke organisasie in die land Nyerere word in 1960 aangestel as die minister van die Brits geadministreerde Tanganjika en word die eerste minister toe die land in 1961 onafhanklikheid verkry Post koloniaal Wysig Arusha se Deklarasiemonument Die Britse bewind kom op 9 Desember 1961 tot n einde maar vir die eerste jaar van onafhanklikheid het Tanganjika n Britse goewerneur gehad wat die Britse monarg moes verteenwoordig 39 Op 9 Desember 1962 word Tanganjika n demokratiese republiek onder n uitvoerende president 39 Die Arabiese dinastie word met die Zanzibar rewolusie in die aangrensende Zanzibar omver gewerp 40 die land word in 1963 onafhanklik en op 26 April 1964 word dit by die vasteland van Tanganjika ingelyf 41 Op 29 Oktober van dieselfde jaar word die land se naam na die Verenigde Republiek Tanzanie verander Tan is afgelei van Tanzanie en Zan van Zanzibar 12 Nyerere se presidentskap slaan in 1967 na sy Arusha Deklarasie n linksgesinde rigting in en hy verbind die land tot sosialisme en Pan Afrikanisme Banke en baie van die groot nywerhede is hierna genasionaliseer In 1992 word die land se grondwet aangepas om veelparty politiek toe te laat 42 In die eerste veelparty verkiesings van 1995 wen die regerende party Chama Cha Mapinduzi 186 van die 232 setels in die nasionale vergadering en Benjamin Mkapa word president 43 Politiek WysigRegering Wysig Die semi outonome Zanzibareiland n Deur met Arabiese kalligrafie in Zanzibar uitgekerf Tanzanie is n eenparty dominante staat met die Chama Cha Mapinduzi party aan bewind Zanzibar Wysig Sedert 31 Oktober 2014 voorsien Tanzanie 2 253 soldate en ander personeel vir verskeie van die Verenigde Nasies se vredesoperasies 44 Die Tanzaniese weermag neem saam met die Suid Afrikaanse en Malawiese magte deel aan die Verenigde Nasies se intervensiebrigade in die Demokratiese Republiek van die Kongo Die Verenigde Nasies se veiligheidsraad het hierdie spesiale eenheid op 28 Maart 2013 magtiging gebied om geteikende operasies uit te voer teen groepe wat die vrede in die DRK bedreig 45 46 Armoede Wysig Daar is groot armoede in Tanzanie 47 Die land het min vooruitgang gemaak met die bekamping van ernstige ondervoeding en hongersnood in die land 47 48 47 Tale Wysig Daar word meer as 100 verskillende tale in Tanzanie gepraat wat die land die mees diverse taalkundige land in Oos Afrika maak 49 Onder die tale wat daar gebesig word is al vier van Afrika se taalfamilie Bantoe Koesjities Nilo Saharies en Khoisan 49 Swahili en Engels is Tanzanie se twee ampstale 49 Verwysings Wysig en David Lawrence 2009 Tanzania The Land Its People and Contemporary Life Intercontinental Books pp 146 ISBN 978 9987 9308 3 8 en About the United Republic of Tanzania Permanent Representative of Tanzania to the United Nations Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Februarie 2011 Besoek op 31 Januarie 2015 3 0 3 1 3 2 en Basic Facts and Figures on Human Settlements 2012 National Bureau of Statistics Tanzania Ministry of Finance 2013 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 November 2018 Besoek op 10 November 2014 CS1 maint extra punctuation link en World Population prospects Population division population un org United Nations Department of Economic and Social Affairs Population Division Besoek op 9 November 2019 en Overall total population World Population Prospects The 2019 Revision xslx population un org custom data acquired via website United Nations Department of Economic and Social Affairs Population Division Besoek op 9 November 2019 en Population Distribution by Administrative Units 2012 Population and Housing Census United Republic of Tanzania 2013 bl 1 7 0 7 1 7 2 7 3 en Tanzania Internasionale Monetere Fonds April 2021 Besoek op 9 April 2021 en Human Development Report 2020 PDF United Nations Development Programme 2020 Besoek op 9 April 2021 en Gini Index Wereldbank Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Augustus 2019 Besoek op 9 April 2021 en World Bank Tanzania Country Page World Bank Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2020 Besoek op 24 November 2015 en Aloysius C Mosha The planning of the new capital of Tanzania Dodoma an unfulfilled dream PDF University of Botswana Geargiveer PDF vanaf die oorspronklike op 9 Augustus 2018 Besoek op 13 Maart 2013 12 0 12 1 12 2 en Central Intelligence Agency Tanzania The World Factbook en The Tanzania National Website Country Profile Tanzania go tz Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 November 2013 Besoek op 1 Mei 2010 en Dar es Salaam Port Tanzaniaports com Besoek op 19 Februarie 2014 en Harper Douglas tanzania en John Knouse A Political World Gazetteer Africa website besoek op 1 Mei 2007 en John Knouse A Political World Gazetteer Africa Geargiveer 10 Junie 2011 op Wayback Machine webwerf besoek op 1 Mei 2007 en Harper Douglas zanzibar en CIA The World Factbook Rank Order Area Cia gov Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Mei 2020 Besoek op 16 Oktober 2014 20 0 20 1 20 2 en Joseph Lake 2013 Economy in Africa South of the Sahara edited by Europa Publications and Iain Frame Routledge en Laher Ridwan SingiOei Korir 2014 Indigenous People in Africa Contestations Empowerment and Group Rights Africa Institute of South Africa pp 57 ISBN 978 0 7983 0464 1 en Home Tanzania National Parks Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Mei 2020 Besoek op 16 Oktober 2014 en Gombe Stream National Park Tanzania National Parks Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 September 2016 Besoek op 16 Oktober 2014 en Laura Riley William Riley 2005 Nature s Strongholds The World s Great Wildlife Reserves Princeton University Press ISBN 0 691 12219 9 25 0 25 1 25 2 25 3 25 4 25 5 en Tishkoff S A Reed F A Friedlaender F R Ehret C Ranciaro A Froment A Hirbo J B Awomoyi A A Bodo J M Doumbo O Ibrahim M Juma A T Kotze M J Lema G Moore J H Mortensen H Nyambo T B Omar S A Powell K Pretorius G S Smith M W Thera M A Wambebe C Weber J L Williams S M 2009 The Genetic Structure and History of Africans and African Americans Science 324 5930 1035 44 doi 10 1126 science 1172257 PMC 2947357 PMID 19407144 en Christopher Ehret 2001 An African Classical Age Eastern and Southern Africa in World History 1000 B C to A D 400 University Press of Virginia ISBN 978 0 8139 2057 3 en Phyllis Martin Patrick O Meara 1995 Africa Indiana University Press ISBN 0 253 20984 6 en Shoup John A 2011 Ethnic groups of Africa and the Middle East an encyclopedia Santa Barbara Calif ABC CLIO p 67 ISBN 978 1 59884 362 0 en Schmidt P Avery D H 1978 Complex iron smelting and prehistoric culture in Tanzania Science 201 4361 1085 9 doi 10 1126 science 201 4361 1085 PMID 17830304 en Kevin Shillington 2013 Encyclopedia of African History 3 Volume Set Routledge pp 1510 ISBN 978 1 135 45670 2 en The Story of Africa en Slavery Encyclopaedia Britannica Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2014 en Slave societies Encyclopaedia Britannica 22 Januarie 2014 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Junie 2015 Besoek op 19 Februarie 2014 en The Story of Africa BBC World Service en Junius P Rodriguez 1997 The Historical Encyclopedia of World Slavery ABC CLIO ISBN 978 0 87436 885 7 36 0 36 1 en Jay Heale Winnie Wong 2010 Tanzania Marshall Cavendish ISBN 978 0 7614 3417 7 en African participants in the Second World War mgtrust org en Tanzania British rule between the Wars 1916 1945 eisa org za 39 0 39 1 en Statistical Abstract 2013 National Bureau of Statistics Tanzania Ministry of Finance Julie 2014 besoek op 22 Oktober 2014 en Unveiling Zanzibar s unhealed wounds BBC News 25 Julie 2009 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2020 en Background history of The Union between Tanganyika and Zanzibar PDF Vice President s Office United Republic of Tanzania Geargiveer vanaf die oorspronklike PDF op 4 Maart 2016 Besoek op 25 April 2013 en Tanzania 1992 princeton edu en Tanzania 1995 National Assembly election results eisa org za en Contributions by Country United Nations Peacekeeping 31 Oktober 2014 en Tanzanian troops arrive in eastern DR Congo as part of UN intervention brigade United Nations 10 Mei 2013 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 September 2017 Besoek op 17 Oktober 2014 en UN Mission s Summary detailed by Country United Nations Peacekeeping 31 Oktober 2014 bl 39 47 0 47 1 47 2 en Tanzania UNDP en Tanzania 49 0 49 1 49 2 en Ulrich Ammon Norbert Dittmar Klaus J Mattheier 2006 Sociolinguistics An International Handbook of the Science of Language and Society Walter de Gruyter pp 1967 ISBN 978 3 11 018418 1 Bronnelys WysigAlgemeen en Tanzania Encyclopaedia Britannica Besoek op 9 April 2021 en Tanzania Central Intelligence Agency Besoek op 9 April 2021 Wereldspektrum 1982 ISBN 0 908409 68 0 volume 27 bl 75 76Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Tanzania Sien Tanzanie in Wiktionary die vrye woordeboek en Toerisme inligting oor Tanzanie op Wikivoyage en en Wikimedia Atlas van Tanzania en Amptelike webwerf en Tanzania by DMOZ en Tanzanie se Korrupsieprofiel by die Business Teenkorrupsie PortalOntsluit van https af wikipedia org w index php title Tanzanie amp ol,