×
Republiek China
Hierdie artikel handel oor die land wat algemeen as Taiwan bekend staan. Vir die eiland wat die grootste deel van hierdie land uitmaak, sien Taiwan (eiland).

Die Republiek China (Chinees: 中華民國, pinyin: Zhōnghuá Mínguó, [ʈ͡ʂʊ́ŋxu̯ɑ̌ mǐnku̯ɔ̌]; wat soms ook Republiek China op Taiwan, Nasionaal-China of dikwels net Taiwan genoem word) is een van twee Chinese state wat daarop aanspraak maak dat hulle die regmatige verteenwoordiger van China is (die ander een is die Volksrepubliek China). Naas die hoofeiland Taiwan sluit die Republiek China se de facto-staatsgebied 'n reeks kleiner eilande soos Penghu, Kinmen, Matsu, Dongsha, Zhongsha en Nansha in.

中華民國 (Chinees)
Zhōnghuá Mínguó (Mandaryns)
Tiong-hûa Bîn-kok (Taiwannees)
Cunghua Minkuo (Formosaans)
Chûng-fà Mìn-koet (Hakka)
Republiek China
Vlag Embleem
Volkslied: 中華民國國歌 (Chinees)
Zhōnghuá Míngúo gúogē (Mandaryns)
Tiong-hôa Bîn-kok Kok-koa (Taiwannees)
Chûng-fà Mìn-koet Koet-kô (Hakka)
(Afrikaans: "Nasionale volkslied van die Republiek China")

Vlagvolkslied: 中華民國國旗歌 (Chinees)
Zhōnghuá Míngúo Gúoqígē (Mandaryns)
Tiong-hôa Bîn-kok Kok-kî-koa (Taiwannees)
Chûng-fà Mìn-koet Koet-khì-kô (Hakka)
(Afrikaans: "Nasionale vlaglied van die Republiek China")
Hoofstad Taipei

25°02′N121°38′O /25.033°N 121.633°O /25.033; 121.633

Grootste stad Nieu-Taipei

25°01′N121°28′O /25.017°N 121.467°O /25.017; 121.467

Amptelike tale Chinees-Mandaryns (de facto), Formosaans, Taiwannees en Hakka
Regering

President
• Adjunkpresident
Eerste minister
• Adjunkpremier
Unitêre semi-presidensiële
grondwetlike republiek
Tsai Ing-wen
William Lai
Su Tseng-chang
Shen Jong-chin
Onafhanklikheid
Vorming
• Wuchang-opstand
• Xinhai-rewolusie
• Stigting van
die Republiek
• Huidige grondwet
• Verskuiwing na
die eiland Taiwan


10 Oktober 1911
10 November 1911

1 Januarie 1912
25 Desember 1947

7 Desember 1949
Oppervlakte
- Totaal

- Water (%)

36 197 km2 (136ste)
13 976 myl2
10,34
Bevolking
- 2018-skatting
- 2010-sensus
- Digtheid

23 557 271 (53ste)
23 123 866
650 / km2 (17de)
1 683,5 / myl2
BBP (KKP)
- Totaal
- Per capita
2021-skatting

$1 403 miljard (19ste)
$59 397 (13ste)

BBP (nominaal)
- Totaal
- Per capita
2021-skatting

$759,104 miljard (21ste)
$32 122 (28ste)

MOI (2014) 0,882 (25ste) –baie hoog
Gini (2014) 33,6medium
Geldeenheid Dollar (NT$) (TWD)
Tydsone
- Somertyd
NST (UTC+8)
nie toegepas nie (UTC+8)
Internet-TLD .tw, .台灣, .台湾
Skakelkode +886
Die Nasionale Chiang Kai-shek-Gedenksaal se naam is in laat 2007 gewysig tot Nasionale Gedenksaal van die Taiwan-demokrasie
Konfusius-tempel in Kaohsiung
Ingangspoort tot die Chiang Kai-shek-gedenksaal in Taipei

Die Republiek China het sy oorsprong in die Nasionaal-Chinese Republiek wat in 1912 uitgeroep is – as die eerste Asiatiese land met 'n demokratiese regeringstelsel. Tot 1949 het hierdie republiek die hele China ingesluit, vanaf 1945 ook die eiland Taiwan wat tydelik deur Japan beheer is. Nadat die Nasionaal-Chinese regering onder leiding van die Guomindang-party in die Chinese burgeroorlog tussen 1927 en 1949 'n nederlaag teen die Kommunistiese Party van China gely het, het die Guomindang onder leiding van Chiang Kai-shek op 10 Desember na die eiland Taiwan uitgewyk, nadat die Kommuniste op die vasteland onder Mao reeds op 1 Oktober in Beijing die Volksrepubliek China geproklameer het. Na ramings het tussen 1,8 en twee miljoen Nasionaal-Chinese – Guomindang-partylede, soldate, sakelui, grondbesitters en kleinboere, monnike, kunstenaars, intellektueles, maar ook krimineles – hulle binne enkele maande op Taiwan gevestig. Hulle het China se destydse goudreserwes en baie kunsskatte na Taiwan geneem. Ook gedurende die 1950's en 1960's het tienduisende vastelandse Chinese hulle op Taiwan gevestig, meestal vanuit Hongkong en Burma (tans Mianmar).

Die uitbreek van die Korea-oorlog in Junie 1950 het verseker dat Taiwan van groot strategiese belang vir die Verenigde State geword het. Die Amerikaanse president Truman het oorlogskepe na die Seestraat van Taiwan gestuur om die eiland teen 'n moontlike kommunistiese inval te beskerm, terwyl die Nasionaal-Chinese regering ook finansieel deur Washington gesteun is.

Die Republiek China het in die tweede helfte van die 20ste eeu ongekende vooruitgang op politieke en ekonomiese gebied beleef. Vinnige ekonomiese groei en tegnologiese vooruitgang het gepaard gegaan met politieke liberalisering. Die outoritêre polisiestaat het tot 'n veelparty-demokrasie met 'n verkose president as staatshoof en vrye media, gelykheid tussen die geslagte, en respek en agting vir menseregte ontwikkel wat onder die mees gevorderde nywerheidslande gereken word.

Ondanks die groot skade, wat die eiland Taiwan gedurende die Tweede Wêreldoorlog as gevolg van lugaanvalle gely het, en ondanks die moeilike situasie ná die verlore Chinese burgeroorlog op die vasteland, toe 'n nuwe regering in Taipei gevestig moes word, is sy ekonomiese geskiedenis dié van 'n onderontwikkelde land wat sy ekonomie binne enkele dekades herstruktureer en tot een van die welvarendste ter wêreld ontwikkel het. Nog in 1900 was die eiland Taiwan se bevolking slegs twee miljoen, en in 1958 is sowat sestig persent van die land se uitvoerwaarde nog met suiker en rys verdien. Hierdie aandeel het reeds in 1972 tot slegs drie persent gedaal. Die bruto nasionale produk het van slegs VSA-$200 in die tydperk kort ná die Tweede Wêreldoorlog tot meer as VSA-$13 000 in 1999 gestyg. Vandag is die land met sy 23,5 miljoen inwoners een van die vernaamste produsente van inligtingstegnologie en ander elektronika.

As eerste demokratiese en vrye Chinese samelewing het die eilandrepubliek nie net die kultuur en tradisies van China bewaar nie, maar ook sy eie nasionale kulturele identiteit ontwikkel waarin Chinese, Japannese, Westerse en inheemse invloede op 'n wonderlike manier versmelt. Taiwan bied eersterangse Chinese kookkuns, sy bevolking vier tradisionele Chinese en inheemse feeste en bewaar 'n ryk erfenis van godsdienstige boukuns met sy groot verskeidenheid tempels.

Inhoud

Die woord "Republiek China" geskryf in Tradisionele Chinese (bo) en Vereenvoudigde Chinese (onder) karakters
Die woord "Taiwan" geskryf in Tradisionele Chinese (bo) en Vereenvoudigde Chinese (onder) karakters

'n Verskeidenheid landsname het om historiese, geografiese en politieke redes vir die eilandnasie ingeburger geraak. Die regerende Nasionaal-Chinese Guomindang-party het sy uitwyking na Taiwan aanvanklik as tydelik beskou en die amptelike landsnaam "Republiek China op Taiwan" ingevoer. Dit is later verkort tot "Republiek China". Om verwarring met die vastelandse Volksrepubliek China te voorkom, word deesdae dikwels samestellings gebruik waarin "Taiwan" of "Formosa" voorkom. Goedere, wat in die Republiek China vervaardig is, dra die opskrif Made in Taiwan.

Die Portugese naam Ilha Formosa of "Mooi Eiland", wat deur Portugese seevaarders in 1590 vir die eiland ingevoer is en na sy natuurskoon verwys, word onder meer vir die bemarking van Taiwan as toeristebestemming gebruik. 'n Ouer Chinese naam was "Bao Tao" of "Skateiland" wat in die 3de eeu n.C. gebruiklik was. Blykbaar het Chinese immigrante hiermee na die feit verwys dat die eiland, anders as die Chinese vastelands, destyds nie deur natuurrampe of oorloë geraak is nie.

Die latere Chinese naam Taiwan, wat vanaf die 17de eeu gedokumenteer is, beteken "Terrasbaai" en verwys na die terrasse wat teen berghellings langs die vrugbare weskus aangelê is om rys aan te plant.

Ligging en topografie

Nasa-Satellietbeeld van Taiwan

Die Republiek China beslaan sedert 1949, toe op die Chinese vasteland 'n kommunistiese volksrepubliek uitgeroep is, 'n totale oppervlakte van 36 197 vierkante kilometer. Die hoofeiland Taiwan, geleë in die Stille Oseaan, het 'n oppervlakte van 35 801 vierkante kilometer, 'n maksimale lengte van 394 kilometer en 'n maksimale wydte van 144 kilometer. Sy vorm herinner aan 'n tabakblaar. Die Republiek China op Taiwan behels daarnaas die eilandgroepe Pescadores (Penghu), Matsu (Mazu) en Quemoy (Jinmen) in die Straat van Taiwan asook 'n aantal kleiner eilande wat onder meer in die Suid-Chinese See lê.

Die kleiner eilande het ongerepte natuur. Die vulkaniese Groen Eiland, Ludao, staan bekend vir sy weelderige plantegroei en warm soutwaterbronne, maar word histories ook verbind as die eiland waar politieke gevangenes en ballinge gedurende die sogenaamde "Wit Terreur" van die 1950's aangehou is. Die Orgideë-eiland, ook bekend onder sy Chinese naam Lanyu, het 'n klein inheemse bevolking van 3 000. Die plaaslike Tao is een van die mees geïsoleerde etniese groepe in die Republiek China wat eers in 1945 in aanraking gekom het met die moderne beskawing. Die Penghu-argipel, vroeër bekend as Pescadores-eilandgroep, bestaan uit 64 eilandjies.

Taiwan word in die weste deur die Seestraat van Taiwan van die Chinese vasteland se suidooskus geskei en in die suide deur die Seestraat van Luzon van die Filippyne. In die ooste word Taiwan deur die Filippynse Bekken begrens. Die eiland grens in die noorde aan die Japannese eilandgroep Ryūkyū en die Oos-Chinese See. Sy ligging tussen Korea en Japan in die noorde en Hongkong en die Filippyne in die suide maak van Taiwan 'n belangrike tussenstop vir reise na en in Asië.

Taiwan is 'n bergagtige eiland – byna twee derdes van sy oppervlakte word deur beboste berggebiede beslaan, en net een derde is geskik vir landbou. Die Sentraalgebergte, wat oor 'n afstand van 270 kilometer in noord-suidelike rigting strek, verdeel die eiland in twee hoofkuslandskappe met uitlopers van die groter bergreekse, terrasvormige vlaktes en kusvlaktes en -bekkens. Meer as eenhondert pieke met hoogtes van meer as 3 000 m maak deel uit van die sentrale bergreeks. Die hoogste hiervan is die Jadeberg op 3 952 m bo seevlak. Taiwan se ooskus is betreklik steil, die noordkus word oorheers deur vulkaniese pieke met hoogtes van meer as 1 000 m, terwyl die suidkus deur talle sandstrande gekenmerk word. Die relatief plat weskusgebied is dig bevolk.

Natuurwonders en tektoniek

Die sterrehemel oor die bergpiek Hehuanshan in Sentraal-Taiwan

Danksy sy groot verskeidenheid landskappe word na die eiland Taiwan dikwels verwys as die "Juweel van Asië". Besienswaardighede langs die ooskus aan die Stille Oseaan sluit kranse met reënwoud, steil berge wat bo-oor die kuslyn verrys en ongerepte natuur in. 'n Gewilde toeristetrekpleister is die Taroko-ravyn wat sowat 19 km van die kus af in die bergwêreld ingekerf lê. Hier het die Liwu-rivier diep in marmergesteente gesny waarvan die ouderdom op tot vier miljoen jaar geraam word. Taroko is een van min marmerravyne op aarde en 'n eersterangse toonvenster vir Taiwan se geologie. Dit maak tans deel uit van die gelyknamige nasionale park.

Weens Taiwan se ligging teen die rand van die Filippynse tektoniese plaat – die eiland maak deel uit van die geologiese "Ring van Vuur" wat die Stille Oseaan-bekken omsluit – word orals op die eiland spore van vulkaniese aktiwiteit uit die verlede soos 'n honderdtal warmbronne aangetref. Die bekendste warmbronne is in Yangmingshan en in die streek rondom Wulal naby Taipei geleë. Gedurende die blomtyd in die lente spog die digte reënwoud hier met 'n oordaad bloeisels, terwyl die lug met swawelgeur deurtrek is. Taiwan word weens die eiland se tektoniek net soos Japan dikwels deur aardbewings getref sodat geboue en infrastruktuur aan hoë veiligheidsstandaarde moet voldoen.

Alishan, 'n landskap geleë by die noordelike keerkring, word onder Asië se mees asemberowende natuurwonders gereken, onder meer danksy die sonsopgang oor 'n meer van wolke, wat in die oggendure gaandeweg in die warm sonstrale begin oplos om 'n uitsig oor die streek se groen bergpieke te bied. Alishan is ook die vertrekpunt vir toere na die Jadeberg (Yushan), die hoogste bergpiek in Noordoos-Asië wat 'n uitsig oor Taiwan se sentrale bergreeks bied. Noord van Alishan, in die Nantou-distrik, is Taiwan se bekende Son-maan-meer geleë, 'n gewilde fotomotief danksy die bergpieke van die omgewing wat op sy stille water weerkaats.

Die Qingshui-kranse in die noorde van die Nasionale Taroko-park, naby Hualien, in die laat somer

Noord-Taiwan maak deel uit van die subtropiese klimaatsone, terwyl die suide 'n tropiese klimaat het, met gemiddelde temperature tussen 28 °C in Julie en 14 °C in Januarie. Die gemiddelde jaarlikse temperatuur varieer tussen 22 °C in die noorde en 24 °C in Suid-Taiwan.

Die somermaande tussen Mei en September is gewoonlik baie warm en bedompig, met gemiddelde maksimale temperature tussen 27 en 35 °C. Die winterseisoen tussen Desember en Februarie is betreklik kort met gematigde temperature – die kwik daal gewoonlik nie laer as tussen 12 en 16 °C nie. Sneeuval bly beperk tot hoër geleë bergstreke.

Neerslae varieer grootliks, afhangende van die seisoen, plek en hoogte bo seevlak. Taiwan kry baie reën, met 'n jaarlikse gemiddeld van 2 500 mm. Jaarliks beweeg tussen drie en vier tifone – tropiese siklone – oor Taiwan, meestal tussen Junie en Augustus. Die hooftoeristeseisoene met aangename weer is die lente (tussen Maart en Mei) en die najaar (tussen September en November). Oktober met sy stabiele weerstoestande – warm, winderige en droë weer – is die beste tyd om 'n besoek aan die noorde van Taiwan te bring.

'n Kaart wat die politieke verdelings soos opgetrek deur die Republiek China en die Volksrepubliek China wys
Die onafhanklikheidsbeweging in die Republiek China verwerp die historiese China-sentrisme en spreek hom ten gunste van nasionale soewereiniteit buite Beijing-China uit, gebaseer op Taiwan se eie identiteit
Taiwannees-vervaardigde Sea Oryx-grond-na-lug-missiele word tydens die 2015 Taipei Aerospace & Defense Technology Exhibition vertoon

In die tydperk tussen 1912 en 1949 het die amptelike naam Republiek China na die staat verwys wat destyds min of meer die hele Chinese grondgebied beslaan het. Sedert die jaar 1949 is die magsgebied van die Republiek China egter beperk tot die eiland Taiwan en 'n aantal eilandgroepe (Kinmen en Matsu) naby die Chinese vasteland en in die Suid-Chinese See (Pescadores-eilande).

Volgens sy grondwet, wat sy historiese oorsprong in die eerste helfte van die 20ste eeu het, maak die Republiek China nog steeds aanspraak op die hele grondgebied van China, die gebied van die huidige Mongolië en 'n aantal eilande, wat tans deur Japan geadministreer word. Met die begin van die demokratisering van Taiwan in die negentigerjare het hierdie gebiedseise egter geen beduidende rol meer in dié land se buitelandse beleid gespeel nie. Die Taiwannese bevolking is verdeeld oor die vraag of hul land steeds deel uitmaak van China of nie.

Pogings in 2006 om die republikeinse grondwet van Taiwan ten opsigte van die amptelike grense en soewereiniteit van die eiland te wysig, is veral vanweë die politieke druk van die Verenigde State nie verwesenlik nie, aangesien hierdie beleid as die eerste stap in die rigting van Taiwan se formele onafhanklikheidsverklaring beskou word – 'n stap wat deur Beijing as provokasie beskou sou kon word. Bewindhebbers op die vasteland het hul aanspraak op Taiwan in 'n wet verskans wat voorsiening maak vir militêre optrede in die geval van 'n eensydige Taiwannese onafhanklikheidsverklaring. Ook het die Volksrepubliek reeds honderde ballistiese missiele teen Taiwan ontplooi. Tans beperk die twee partye hulself egter tot suiwer diplomatieke gevegte.

Soms gaan die politieke dispuut oor die gebruik van sekere terme wat binne die gegewe konteks as polities gelaai beskou moet word. So mag Taiwannese politici na hulself verwys as Zhongguoren ("burgers van China"), 'n term wat byval in Beijing sal vind; of as Huaren – 'n term wat alle etniese Chinese insluit, dus ook lede van die oorsese Chinese diaspora wat nie onder Beijing se gesag val nie – en juis daar skerp kritiek sal uitlok.

Taiwan se politieke en staatkundige verhouding met die Volksrepubliek China bly een van die mees ingewikkelde vraagstukke van die internasionale politiek. Die meeste state ter wêreld het sedert 1971 die Volksrepubliek China in plaas van die Republiek China diplomaties erken. Internasionale organisasies verwys om politieke redes na die Republiek China as die "Chinese Taipei". Desondanks handhaaf Taiwan deur middel van sy handels- en ander kantore nou ekonomiese, kulturele en politieke bande met die res van die wêreld.

En al het die Verenigde State diplomatieke bande met Taiwan in 1971 verbreek, wettig die Amerikaanse Kongres se Wet op Betrekkinge met Taiwan (Taiwan Relations Act, TRA) van dieselfde jaar die uitvoer van militêre toerusting na die Republiek China en bevestig dit die VSA se de facto-status as Taiwan se militêre bondgenoot. Volgens die TRA het die VSA hulle verbind tot die verkoop van militêre toerusting vir verdedigingsdoeleindes.

Vir die geskiedenis van die eiland Taiwan voor 1949, sien Taiwan (eiland).

Industrialisering

Die Ekonomiese en Handelspark Shuinan met sy sentrale lughawe
Die wolkekrabber 85 Sky Tower en die uitstallingsterrein in die hawestad Kaohsiung

'n Belangrike kenmerk van die Republiek China se industrialisering is die gelykmatige verspreiding van die welvaartskepping; Samuel P.S. Ho het reeds in 1975 in sy ondersoek oor die industriële ontwikkeling van Taiwan opgemerk dat daar nouliks verskille tussen die inkomste van stedelike werkers en selfstandige plattelandse kleinboere was.

Wetenskaplikes het debat gevoer oor die rol wat die Taiwannese voorbeeld vir ander ontwikkelende lande kan speel. Daar is egter 'n aantal faktore wat moontlik daarop dui dat die Republiek China voordeel getrek het uit 'n voordelige konstellasie ten opsigte van sy eie sosio-ekonomiese hulpbronne en die Verenigde State se China-beleid in die dekades ná die Tweede Wêreldoorlog:

  • Die relatief klein oppervlakte van die land het die modernisering van die vervoerstelsel, die motorisering van die bevolking en sodoende ook sy mobiliteit vergemaklik.
  • Die Republiek China se strategies gunstige ligging voor die Chinese vasteland en naby die seeroete tussen Japan en Europa het in die 20ste eeu die belangstelling van die groot moondhede gewek: Japan het die eiland sowat vyftig jaar as koloniale moondheid oorheers en ten opsigte van die infrastruktuur en sosiaal-psigologiese ontwikkeling van die bevolking al vroeg die basis vir 'n vinnige ekonomiese ontwikkeling geskep.
  • Die Chinese burgeroorlog op die vasteland het daartoe gelei dat China se ekonomiese en politieke elite hom ná die kommunistiese magsoorname in 1949 op die eiland gevestig en met sy wet-en-orde-beleid dekades lank die klimaat vir 'n geforseerde industriële ontwikkeling geskep.
  • Ná die Tweede Wêreldoorlog het die Verenigde State in ooreenstemming met hulle antikommunistiese China-beleid Taiwan tot 'n soort strategiese "vliegdekskip" net voor die kus van die kommunistiese vasteland uitgebou.

Geeneen van hierdie redes sal op sigself 'n verklaring kan oplewer vir die ekonomiese opswaai van die land nie; maar hulle kombinasie gedurende die na-oorlogse groeifase van die wêreldekonomie was sekerlik 'n voorvereiste vir die sukses van die Nasionaal-Chinese ontwikkelingsmodel.

Huidige kenmerke

Die wolkekrabber Taipei 101 – magtige simbool van vrye en demokratiese China
Die Republiek China is die belangrikste vervaardiger van skootrekenaars op die wêreldmark. Twee IT-reuse – Acer en ASUS – het hier hul hoofkwartiere
Die nasionale Chinese lugredery China Airlines het – net soos Aeroflot, Air France, Delta, Korean Air en Aerolineas Argentinas – aangesluit by Sky Team, 'n vereniging van twintig internasionale lugrederye

Die Republiek China beskik oor 'n hoogs ontwikkelde, uitvoergerigte markekonomie. Sy grootste uitdagings is die politieke isolasie, dreigende marginalisering as gevolg van toenemende bilaterale en streeksooreenkomste vir ekonomiese samewerking en vrye handel, en die moontlike verlies aan mededingendheid op die wêreldmark. Die land met 23,5 miljoen inwoners en 'n bruto binnelandse produk (BBP) van VSA-$529,9 miljard in 2016 (VSA-$22 495 per capita) is die 22ste grootste nasionale ekonomie ter wêreld en die 15de grootste handelsnasie.

Een van die kenmerke van die Republiek China se ekonomie is sy stabiele ontwikkeling wat deur die globale ekonomiese en finansiële krisis van die jare 2008 en 2009 net tydelik onderbreek is. Die Republiek China word as 'n betroubare handelsvennoot beskou – met hoogs opgeleide en dinamiese mannekrag, 'n goeie vervoer-, kommunikasie- en IT-infrastruktuur, regssekerheid, 'n politieke en ekonomiese raamwerk wat beleggings en innovasies bevorder, 'n hoë lewensstandaard, en 'n binnelandse mark wat – alhoewel dit relatief klein is (met dieselfde bevolkingsgetal soos Australië) – deur 'n sterk vraag na handelsmerkprodukte gekenmerk word, 'n ideale geografiese ligging in die Asiatiese Stille Oseaan-streek en noue bande met die nabygeleë Volksrepubliek China gekenmerk word.

Die Republiek China het as een van die vier sogenaamde "Asiatiese tiers" ná die einde van die Tweede Wêreldoorlog 'n vinnige ekonomiese groei beleef wat aanvanklik op die uitvoer van landbouprodukte en later op dié van goedkoop nywerheidsgoedere berus het. Die huidige ekonomiese ontwikkeling word veral deur die inligtingstegnologiebedryf aangespoor – die land is hier reeds 'n wêreldmarkleier en verskaf veral OEM-komponente aan rekenaarvervaardigers. Tans word byvoorbeeld 98 persent van alle moederborde, 83 persent van alle skootrekenaars en 70 persent van alle vloeikristalskerms deur maatskappye uit die Republiek China vervaardig.

Die land onderhou nou ekonomiese bande met die Volksrepubliek China en Taiwannese maatskappye het na ramings tussen 100 en 250 miljard VSA-$ op die Chinese vasteland belê waar ook 'n groot deel van die vervaardiging plaasvind. Aangesien loonkoste ook op die Chinese vasteland aan die styg is, belê steeds meer Nasionaal-Chinese maatskappye in Suidoos-Asiatiese lande soos Viëtnam. Vanweë sy hoë salaris- en loonvlak konsentreer die land hom tans op navorsing en ontwikkeling en hoëtegnologieë wat hoogs opgeleide mannekrag vereis. In 2008 het die volgens skattings landbousektor 1,7, die nywerheidsektor 25,1 en die dienstesektor reeds 73,2 persent tot die land se bruto binnelandse produk bygedra.

Die Republiek China het daarin geslaag om sy vinnige ekonomiese groei sonder sosio-ekonomiese oneweredighede te bemeester – lae werkloosheidsyfers en 'n hoë vlak van geletterdheid (96 persent) het grootliks hiertoe bygedra. Eers as gevolg van die ekonomiese krisis het werkloosheid (5,31 persent in Januarie 2009) en ander sosiale vraagstukke sorgwekkend geword. Nogtans was die land se ekonomie vanweë die groot aandeel klein en middelgroot sakeondernemings in staat om buigsaam en vinnig op die krisis en sy uitdagings te reageer.

Internasionale erkenning

Olimpiese vlag vir die Republiek China, "Chinese Taipei" (中華台北) genoem
Ambassade van die Republiek China in Mbabane, eSwatini
Internasionale erkenning van die Republiek China
Lande wat verhoudings met die Republiek China onderhou:

Diplomatieke betrekkinge en ambassade in Taipei

Nie-amptelike verhoudings

Die Republiek China handhaaf diplomatieke bande met 15 state in Sentraal- en Suid-Amerika, Afrika, in die Stille Oseaangebied en met die Vatikaan. Al hierdie lande het as gevolg hiervan geen diplomatieke betrekkinge met die Volksrepubliek China nie.

Die oorgrote meerderheid lande volg Beijing se "Een-China-beleid". Al het die Europese Unie se lidstate, die Verenigde State, Japan, die Russiese Federasie asook die ASEAN-lande geen diplomatieke betrekkinge met die Republiek China nie, handhaaf hulle nie-amptelike bande deur middel van sogenaamde "institute" (VSA, Duitsland), "kantore" (offices; Verenigde Koninkryk, Frankryk, Oostenryk), "handelskantore" (trade offices; Swede, Finland, EU-delegasie) of assosiasies (Japan, Indië).

Altesaam 69 state het nie-amptelike verteenwoordigers in die Republiek China, insluitende sestien EU-lidstate en die Europese Unie se Delegasie, asook Switserland). As een van die oorspronklike stigterlede is die Republiek China sedert 1971 geen amptelike lidstaat van die Verenigde Nasies meer nie. Sy plek is – met die aanvaarding van Resolusie 2758 deur die Verenigde Nasies – ook in alle spesiale VN-organisasies deur die Volksrepubliek China oorgeneem.

As Separate Customs Territory of Taiwan, Penghu, Kinmen and Matsu (Chinese Taipei) het die Republiek China op 1 Januarie 2002 tot die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) toegetree – 'n stap wat die eilandnasie meer speelruimte op die gebied van internasionale handelsbeleid gee.

Afrika (1 land)


Europa (1 land)


Oseanië (4 lande)


Amerikas (9 lande)
  1. (en) . Ministry of Foreign Affairs, Republic of China (Taiwan). 31 Desember 2014. Besoek op10 September 2017.
  2. (en) . WorldAtlas. vanaf die oorspronklike op 24 Mei 2019. Besoek op16 Januarie 2019.
  3. (en) Shih, Hsiu-chuan (27 Januarie 2018). . Central News Agency. vanaf die oorspronklike op 21 November 2019. Besoek op16 Januarie 2019.
  4. (en) . Focus Taiwan. 19 Julie 2017. vanaf die oorspronklike op 14 April 2019. Besoek op16 Januarie 2019.
  5. (en) . Taipei Times. 25 Desember 2018. vanaf die oorspronklike op 21 September 2019. Besoek op16 Januarie 2019.
  6. (en) . Taipei Times. 30 Desember 2017. vanaf die oorspronklike op 21 November 2019. Besoek op16 Januarie 2019.
  7. (en) . MOI Statistical Information Service. Geargiveer vanaf op 29 Maart 2014. Besoek op2 Februarie 2014.
  8. (en) . National Statistics, Republic of China (Taiwan). vanaf die oorspronklike op 27 April 2020. Besoek op22 September 2018.
  9. (en) (PDF). National Statistics, ROC (Taiwan). Geargiveer vanaf (PDF) op 19 Oktober 2017. Besoek op26 November 2016.
  10. (en) Check |url= value (help). Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op23 April 2021.
  11. (zh) . National Statistics, Republic of China (Taiwan). Directorate General of Budget, Accounting and Statistics, Executive Yuan, R.O.C. 15 September 2014. Geargiveer vanaf op 27 Augustus 2019.
  12. (en) . . Taipei, Taiwan: Directorate General of Budget, Accounting and Statistics. 2010.
  13. (en) . ICANN. 25 Junie 2010. Besoek op21 Mei 2016.
  14. (de)
  15. (en) Christopher L. Salter: Taiwan. Philadelphia: Chelsea House Publishers 2004, bl. 11
  16. (de) Schöller, Peter, Heiner Dürr en Eckart Dege (redakteurs): Fischer Länderkunde: Ostasien. Frankfurt am Main: Fischer Taschenbuch Verlag 1987, bl. 209
  17. (en) Denny Roy: Taiwan. A Political History. Ithaca and London: Cornell University Press 2003, bl. 1
  18. (en)
  19. (de)
  20. (en) Roy (2003), bl. 1
  21. (en) Roy (2003), bl. 1
  22. (en)
  23. (en) Ho, Samuel P.S.: Industrialization in Taiwan: Recent Trends and Problems. In: Pacific Affairs (uitgegee deur die Universiteit van Brits-Kolombië), volume 48, nommer 1 (lente 1975), bl. 27-41. Aanlyn beskikbaar:
  24. (de)
  25. (de) Duitse Departement van Buitelandse Sake: Kenmerke van die Taiwannese ekonomie
  26. (de)
  27. (de)

Publikasie datum: Augustus 18, 2021

republiek, china, hierdie, artikel, handel, land, algemeen, taiwan, bekend, staan, eiland, grootste, deel, hierdie, land, uitmaak, sien, taiwan, eiland, chinees, 中華民國, pinyin, zhōnghuá, mínguó, ʂʊ, ŋxu, mǐnku, soms, taiwan, nasionaal, china, dikwels, taiwan, g. Hierdie artikel handel oor die land wat algemeen as Taiwan bekend staan Vir die eiland wat die grootste deel van hierdie land uitmaak sien Taiwan eiland Die Republiek China Chinees 中華民國 pinyin Zhōnghua Minguo ʈ ʂʊ ŋxu ɑ mǐnku ɔ wat soms ook Republiek China op Taiwan Nasionaal China of dikwels net Taiwan genoem word is een van twee Chinese state wat daarop aanspraak maak dat hulle die regmatige verteenwoordiger van China is die ander een is die Volksrepubliek China Naas die hoofeiland Taiwan sluit die Republiek China se de facto staatsgebied n reeks kleiner eilande soos Penghu Kinmen Matsu Dongsha Zhongsha en Nansha in 中華民國 Chinees Zhōnghua Minguo Mandaryns Tiong hua Bin kok Taiwannees Cunghua Minkuo Formosaans Chung fa Min koet Hakka Republiek China Vlag EmbleemVolkslied 中華民國國歌 Chinees Zhōnghua Minguo guoge Mandaryns Tiong hoa Bin kok Kok koa Taiwannees Chung fa Min koet Koet ko Hakka Afrikaans Nasionale volkslied van die Republiek China source source track track track track track track track track track track track track track track track track track track track track track track track track track Vlagvolkslied 中華民國國旗歌 Chinees Zhōnghua Minguo Guoqige Mandaryns Tiong hoa Bin kok Kok ki koa Taiwannees Chung fa Min koet Koet khi ko Hakka Afrikaans Nasionale vlaglied van die Republiek China source track track track track Hoofstad Taipei 1 2 25 02 N 121 38 O 25 033 N 121 633 O 25 033 121 633Grootste stad Nieu Taipei 25 01 N 121 28 O 25 017 N 121 467 O 25 017 121 467Amptelike tale Chinees Mandaryns de facto 3 Formosaans 4 Taiwannees 5 en Hakka 6 Regering President Adjunkpresident Eerste minister Adjunkpremier Unitere semi presidensiele grondwetlike republiek Tsai Ing wen William Lai Su Tseng chang Shen Jong chinOnafhanklikheid Vorming Wuchang opstand Xinhai rewolusie Stigting van die Republiek Huidige grondwet Verskuiwing na die eiland Taiwan 10 Oktober 1911 10 November 1911 1 Januarie 1912 25 Desember 1947 7 Desember 1949Oppervlakte Totaal Water 36 197 7 km2 136ste 13 976 myl2 10 34Bevolking 2018 skatting 2010 sensus Digtheid 23 557 271 8 53ste 23 123 866 9 650 km2 17de 1 683 5 myl2BBP KKP Totaal Per capita 2021 skatting 1 403 miljard 10 19ste 59 397 10 13ste BBP nominaal Totaal Per capita 2021 skatting 759 104 miljard 10 21ste 32 122 10 28ste MOI 2014 0 882 11 25ste baie hoogGini 2014 33 6 12 mediumGeldeenheid Dollar NT a href ISO 4217 html title ISO 4217 TWD a Tydsone Somertyd NST UTC 8 nie toegepas nie UTC 8 Internet TLD tw 台灣 台湾 13 Skakelkode 886 Die Nasionale Chiang Kai shek Gedenksaal se naam is in laat 2007 gewysig tot Nasionale Gedenksaal van die Taiwan demokrasie Konfusius tempel in Kaohsiung Ingangspoort tot die Chiang Kai shek gedenksaal in Taipei Die Republiek China het sy oorsprong in die Nasionaal Chinese Republiek wat in 1912 uitgeroep is as die eerste Asiatiese land met n demokratiese regeringstelsel 14 Tot 1949 het hierdie republiek die hele China ingesluit vanaf 1945 ook die eiland Taiwan wat tydelik deur Japan beheer is Nadat die Nasionaal Chinese regering onder leiding van die Guomindang party in die Chinese burgeroorlog tussen 1927 en 1949 n nederlaag teen die Kommunistiese Party van China gely het het die Guomindang onder leiding van Chiang Kai shek op 10 Desember na die eiland Taiwan uitgewyk nadat die Kommuniste op die vasteland onder Mao reeds op 1 Oktober in Beijing die Volksrepubliek China geproklameer het Na ramings het tussen 1 8 en twee miljoen Nasionaal Chinese Guomindang partylede soldate sakelui grondbesitters en kleinboere monnike kunstenaars intellektueles maar ook krimineles hulle binne enkele maande op Taiwan gevestig 15 Hulle het China se destydse goudreserwes en baie kunsskatte na Taiwan geneem Ook gedurende die 1950 s en 1960 s het tienduisende vastelandse Chinese hulle op Taiwan gevestig meestal vanuit Hongkong en Burma tans Mianmar Die uitbreek van die Korea oorlog in Junie 1950 het verseker dat Taiwan van groot strategiese belang vir die Verenigde State geword het Die Amerikaanse president Truman het oorlogskepe na die Seestraat van Taiwan gestuur om die eiland teen n moontlike kommunistiese inval te beskerm terwyl die Nasionaal Chinese regering ook finansieel deur Washington gesteun is Die Republiek China het in die tweede helfte van die 20ste eeu ongekende vooruitgang op politieke en ekonomiese gebied beleef Vinnige ekonomiese groei en tegnologiese vooruitgang het gepaard gegaan met politieke liberalisering Die outoritere polisiestaat het tot n veelparty demokrasie met n verkose president as staatshoof en vrye media gelykheid tussen die geslagte en respek en agting vir menseregte ontwikkel wat onder die mees gevorderde nywerheidslande gereken word Ondanks die groot skade wat die eiland Taiwan gedurende die Tweede Wereldoorlog as gevolg van lugaanvalle gely het en ondanks die moeilike situasie na die verlore Chinese burgeroorlog op die vasteland toe n nuwe regering in Taipei gevestig moes word is sy ekonomiese geskiedenis die van n onderontwikkelde land wat sy ekonomie binne enkele dekades herstruktureer en tot een van die welvarendste ter wereld ontwikkel het Nog in 1900 was die eiland Taiwan se bevolking slegs twee miljoen en in 1958 is sowat sestig persent van die land se uitvoerwaarde nog met suiker en rys verdien Hierdie aandeel het reeds in 1972 tot slegs drie persent gedaal 16 Die bruto nasionale produk het van slegs VSA 200 in die tydperk kort na die Tweede Wereldoorlog tot meer as VSA 13 000 in 1999 gestyg 17 Vandag is die land met sy 23 5 miljoen inwoners een van die vernaamste produsente van inligtingstegnologie en ander elektronika As eerste demokratiese en vrye Chinese samelewing het die eilandrepubliek nie net die kultuur en tradisies van China bewaar nie maar ook sy eie nasionale kulturele identiteit ontwikkel waarin Chinese Japannese Westerse en inheemse invloede op n wonderlike manier versmelt Taiwan bied eersterangse Chinese kookkuns sy bevolking vier tradisionele Chinese en inheemse feeste en bewaar n ryk erfenis van godsdienstige boukuns met sy groot verskeidenheid tempels 18 Inhoud 1 Landsnaam 2 Geografie 2 1 Ligging en topografie 2 2 Natuurwonders en tektoniek 3 Klimaat 4 Staatkundige verhouding met die Volksrepubliek China 5 Geskiedenis 6 Ekonomie 6 1 Industrialisering 6 2 Huidige kenmerke 7 Politiek 7 1 Internasionale erkenning 8 Verwysings 9 Eksterne skakelsLandsnaam Wysig Die woord Republiek China geskryf in Tradisionele Chinese bo en Vereenvoudigde Chinese onder karakters Die woord Taiwan geskryf in Tradisionele Chinese bo en Vereenvoudigde Chinese onder karakters n Verskeidenheid landsname het om historiese geografiese en politieke redes vir die eilandnasie ingeburger geraak Die regerende Nasionaal Chinese Guomindang party het sy uitwyking na Taiwan aanvanklik as tydelik beskou en die amptelike landsnaam Republiek China op Taiwan ingevoer Dit is later verkort tot Republiek China Om verwarring met die vastelandse Volksrepubliek China te voorkom word deesdae dikwels samestellings gebruik waarin Taiwan of Formosa voorkom Goedere wat in die Republiek China vervaardig is dra die opskrif Made in Taiwan Die Portugese naam Ilha Formosa of Mooi Eiland wat deur Portugese seevaarders in 1590 vir die eiland ingevoer is en na sy natuurskoon verwys word onder meer vir die bemarking van Taiwan as toeristebestemming gebruik n Ouer Chinese naam was Bao Tao of Skateiland wat in die 3de eeu n C gebruiklik was Blykbaar het Chinese immigrante hiermee na die feit verwys dat die eiland anders as die Chinese vastelands destyds nie deur natuurrampe of oorloe geraak is nie Die latere Chinese naam Taiwan wat vanaf die 17de eeu gedokumenteer is beteken Terrasbaai en verwys na die terrasse wat teen berghellings langs die vrugbare weskus aangele is om rys aan te plant Geografie WysigLigging en topografie Wysig Nasa Satellietbeeld van Taiwan Die Republiek China beslaan sedert 1949 toe op die Chinese vasteland n kommunistiese volksrepubliek uitgeroep is n totale oppervlakte van 36 197 vierkante kilometer Die hoofeiland Taiwan gelee in die Stille Oseaan het n oppervlakte van 35 801 vierkante kilometer n maksimale lengte van 394 kilometer en n maksimale wydte van 144 kilometer Sy vorm herinner aan n tabakblaar Die Republiek China op Taiwan behels daarnaas die eilandgroepe Pescadores Penghu Matsu Mazu en Quemoy Jinmen in die Straat van Taiwan asook n aantal kleiner eilande wat onder meer in die Suid Chinese See le Die kleiner eilande het ongerepte natuur Die vulkaniese Groen Eiland Ludao staan bekend vir sy weelderige plantegroei en warm soutwaterbronne maar word histories ook verbind as die eiland waar politieke gevangenes en ballinge gedurende die sogenaamde Wit Terreur van die 1950 s aangehou is Die Orgidee eiland ook bekend onder sy Chinese naam Lanyu het n klein inheemse bevolking van 3 000 Die plaaslike Tao is een van die mees geisoleerde etniese groepe in die Republiek China wat eers in 1945 in aanraking gekom het met die moderne beskawing Die Penghu argipel vroeer bekend as Pescadores eilandgroep bestaan uit 64 eilandjies Taiwan word in die weste deur die Seestraat van Taiwan van die Chinese vasteland se suidooskus geskei en in die suide deur die Seestraat van Luzon van die Filippyne In die ooste word Taiwan deur die Filippynse Bekken begrens Die eiland grens in die noorde aan die Japannese eilandgroep Ryukyu en die Oos Chinese See Sy ligging tussen Korea en Japan in die noorde en Hongkong en die Filippyne in die suide maak van Taiwan n belangrike tussenstop vir reise na en in Asie Taiwan is n bergagtige eiland byna twee derdes van sy oppervlakte word deur beboste berggebiede beslaan en net een derde is geskik vir landbou Die Sentraalgebergte wat oor n afstand van 270 kilometer in noord suidelike rigting strek verdeel die eiland in twee hoofkuslandskappe met uitlopers van die groter bergreekse terrasvormige vlaktes en kusvlaktes en bekkens Meer as eenhondert pieke met hoogtes van meer as 3 000 m maak deel uit van die sentrale bergreeks Die hoogste hiervan is die Jadeberg op 3 952 m bo seevlak Taiwan se ooskus is betreklik steil die noordkus word oorheers deur vulkaniese pieke met hoogtes van meer as 1 000 m terwyl die suidkus deur talle sandstrande gekenmerk word Die relatief plat weskusgebied is dig bevolk Natuurwonders en tektoniek Wysig Die sterrehemel oor die bergpiek Hehuanshan in Sentraal Taiwan Danksy sy groot verskeidenheid landskappe word na die eiland Taiwan dikwels verwys as die Juweel van Asie 19 Besienswaardighede langs die ooskus aan die Stille Oseaan sluit kranse met reenwoud steil berge wat bo oor die kuslyn verrys en ongerepte natuur in n Gewilde toeristetrekpleister is die Taroko ravyn wat sowat 19 km van die kus af in die bergwereld ingekerf le Hier het die Liwu rivier diep in marmergesteente gesny waarvan die ouderdom op tot vier miljoen jaar geraam word Taroko is een van min marmerravyne op aarde en n eersterangse toonvenster vir Taiwan se geologie Dit maak tans deel uit van die gelyknamige nasionale park Weens Taiwan se ligging teen die rand van die Filippynse tektoniese plaat die eiland maak deel uit van die geologiese Ring van Vuur wat die Stille Oseaan bekken omsluit word orals op die eiland spore van vulkaniese aktiwiteit uit die verlede soos n honderdtal warmbronne aangetref Die bekendste warmbronne is in Yangmingshan en in die streek rondom Wulal naby Taipei gelee Gedurende die blomtyd in die lente spog die digte reenwoud hier met n oordaad bloeisels terwyl die lug met swawelgeur deurtrek is Taiwan word weens die eiland se tektoniek net soos Japan dikwels deur aardbewings getref sodat geboue en infrastruktuur aan hoe veiligheidsstandaarde moet voldoen Alishan n landskap gelee by die noordelike keerkring word onder Asie se mees asemberowende natuurwonders gereken onder meer danksy die sonsopgang oor n meer van wolke wat in die oggendure gaandeweg in die warm sonstrale begin oplos om n uitsig oor die streek se groen bergpieke te bied Alishan is ook die vertrekpunt vir toere na die Jadeberg Yushan die hoogste bergpiek in Noordoos Asie wat n uitsig oor Taiwan se sentrale bergreeks bied Noord van Alishan in die Nantou distrik is Taiwan se bekende Son maan meer gelee n gewilde fotomotief danksy die bergpieke van die omgewing wat op sy stille water weerkaats Klimaat Wysig Die Qingshui kranse in die noorde van die Nasionale Taroko park naby Hualien in die laat somer Noord Taiwan maak deel uit van die subtropiese klimaatsone terwyl die suide n tropiese klimaat het met gemiddelde temperature tussen 28 C in Julie en 14 C in Januarie Die gemiddelde jaarlikse temperatuur varieer tussen 22 C in die noorde en 24 C in Suid Taiwan Die somermaande tussen Mei en September is gewoonlik baie warm en bedompig met gemiddelde maksimale temperature tussen 27 en 35 C Die winterseisoen tussen Desember en Februarie is betreklik kort met gematigde temperature die kwik daal gewoonlik nie laer as tussen 12 en 16 C nie Sneeuval bly beperk tot hoer gelee bergstreke Neerslae varieer grootliks afhangende van die seisoen plek en hoogte bo seevlak Taiwan kry baie reen met n jaarlikse gemiddeld van 2 500 mm Jaarliks beweeg tussen drie en vier tifone tropiese siklone oor Taiwan meestal tussen Junie en Augustus Die hooftoeristeseisoene met aangename weer is die lente tussen Maart en Mei en die najaar tussen September en November Oktober met sy stabiele weerstoestande warm winderige en droe weer is die beste tyd om n besoek aan die noorde van Taiwan te bring Staatkundige verhouding met die Volksrepubliek China Wysig n Kaart wat die politieke verdelings soos opgetrek deur die Republiek China en die Volksrepubliek China wys Die onafhanklikheidsbeweging in die Republiek China verwerp die historiese China sentrisme en spreek hom ten gunste van nasionale soewereiniteit buite Beijing China uit gebaseer op Taiwan se eie identiteit Taiwannees vervaardigde Sea Oryx grond na lug missiele word tydens die 2015 Taipei Aerospace amp Defense Technology Exhibition vertoon In die tydperk tussen 1912 en 1949 het die amptelike naam Republiek China na die staat verwys wat destyds min of meer die hele Chinese grondgebied beslaan het Sedert die jaar 1949 is die magsgebied van die Republiek China egter beperk tot die eiland Taiwan en n aantal eilandgroepe Kinmen en Matsu naby die Chinese vasteland en in die Suid Chinese See Pescadores eilande Volgens sy grondwet wat sy historiese oorsprong in die eerste helfte van die 20ste eeu het maak die Republiek China nog steeds aanspraak op die hele grondgebied van China die gebied van die huidige Mongolie en n aantal eilande wat tans deur Japan geadministreer word Met die begin van die demokratisering van Taiwan in die negentigerjare het hierdie gebiedseise egter geen beduidende rol meer in die land se buitelandse beleid gespeel nie Die Taiwannese bevolking is verdeeld oor die vraag of hul land steeds deel uitmaak van China of nie Pogings in 2006 om die republikeinse grondwet van Taiwan ten opsigte van die amptelike grense en soewereiniteit van die eiland te wysig is veral vanwee die politieke druk van die Verenigde State nie verwesenlik nie aangesien hierdie beleid as die eerste stap in die rigting van Taiwan se formele onafhanklikheidsverklaring beskou word n stap wat deur Beijing as provokasie beskou sou kon word Bewindhebbers op die vasteland het hul aanspraak op Taiwan in n wet verskans wat voorsiening maak vir militere optrede in die geval van n eensydige Taiwannese onafhanklikheidsverklaring Ook het die Volksrepubliek reeds honderde ballistiese missiele teen Taiwan ontplooi Tans beperk die twee partye hulself egter tot suiwer diplomatieke gevegte 20 Soms gaan die politieke dispuut oor die gebruik van sekere terme wat binne die gegewe konteks as polities gelaai beskou moet word So mag Taiwannese politici na hulself verwys as Zhongguoren burgers van China n term wat byval in Beijing sal vind of as Huaren n term wat alle etniese Chinese insluit dus ook lede van die oorsese Chinese diaspora wat nie onder Beijing se gesag val nie en juis daar skerp kritiek sal uitlok 21 Taiwan se politieke en staatkundige verhouding met die Volksrepubliek China bly een van die mees ingewikkelde vraagstukke van die internasionale politiek Die meeste state ter wereld het sedert 1971 die Volksrepubliek China in plaas van die Republiek China diplomaties erken Internasionale organisasies verwys om politieke redes na die Republiek China as die Chinese Taipei Desondanks handhaaf Taiwan deur middel van sy handels en ander kantore nou ekonomiese kulturele en politieke bande met die res van die wereld En al het die Verenigde State diplomatieke bande met Taiwan in 1971 verbreek wettig die Amerikaanse Kongres se Wet op Betrekkinge met Taiwan Taiwan Relations Act TRA van dieselfde jaar die uitvoer van militere toerusting na die Republiek China en bevestig dit die VSA se de facto status as Taiwan se militere bondgenoot Volgens die TRA het die VSA hulle verbind tot die verkoop van militere toerusting vir verdedigingsdoeleindes 22 Geskiedenis WysigVir die geskiedenis van die eiland Taiwan voor 1949 sien Taiwan eiland Ekonomie WysigIndustrialisering Wysig Die Ekonomiese en Handelspark Shuinan met sy sentrale lughawe Die wolkekrabber 85 Sky Tower en die uitstallingsterrein in die hawestad Kaohsiung n Belangrike kenmerk van die Republiek China se industrialisering is die gelykmatige verspreiding van die welvaartskepping Samuel P S Ho het reeds in 1975 in sy ondersoek oor die industriele ontwikkeling van Taiwan opgemerk dat daar nouliks verskille tussen die inkomste van stedelike werkers en selfstandige plattelandse kleinboere was 23 Wetenskaplikes het debat gevoer oor die rol wat die Taiwannese voorbeeld vir ander ontwikkelende lande kan speel Daar is egter n aantal faktore wat moontlik daarop dui dat die Republiek China voordeel getrek het uit n voordelige konstellasie ten opsigte van sy eie sosio ekonomiese hulpbronne en die Verenigde State se China beleid in die dekades na die Tweede Wereldoorlog Die relatief klein oppervlakte van die land het die modernisering van die vervoerstelsel die motorisering van die bevolking en sodoende ook sy mobiliteit vergemaklik Die Republiek China se strategies gunstige ligging voor die Chinese vasteland en naby die seeroete tussen Japan en Europa het in die 20ste eeu die belangstelling van die groot moondhede gewek Japan het die eiland sowat vyftig jaar as koloniale moondheid oorheers en ten opsigte van die infrastruktuur en sosiaal psigologiese ontwikkeling van die bevolking al vroeg die basis vir n vinnige ekonomiese ontwikkeling geskep Die Chinese burgeroorlog op die vasteland het daartoe gelei dat China se ekonomiese en politieke elite hom na die kommunistiese magsoorname in 1949 op die eiland gevestig en met sy wet en orde beleid dekades lank die klimaat vir n geforseerde industriele ontwikkeling geskep Na die Tweede Wereldoorlog het die Verenigde State in ooreenstemming met hulle antikommunistiese China beleid Taiwan tot n soort strategiese vliegdekskip net voor die kus van die kommunistiese vasteland uitgebou Geeneen van hierdie redes sal op sigself n verklaring kan oplewer vir die ekonomiese opswaai van die land nie maar hulle kombinasie gedurende die na oorlogse groeifase van die wereldekonomie was sekerlik n voorvereiste vir die sukses van die Nasionaal Chinese ontwikkelingsmodel Huidige kenmerke Wysig Die wolkekrabber Taipei 101 magtige simbool van vrye en demokratiese China Die Republiek China is die belangrikste vervaardiger van skootrekenaars op die wereldmark Twee IT reuse Acer en ASUS het hier hul hoofkwartiere Die nasionale Chinese lugredery China Airlines het net soos Aeroflot Air France Delta Korean Air en Aerolineas Argentinas aangesluit by Sky Team n vereniging van twintig internasionale lugrederye Die Republiek China beskik oor n hoogs ontwikkelde uitvoergerigte markekonomie Sy grootste uitdagings is die politieke isolasie dreigende marginalisering as gevolg van toenemende bilaterale en streeksooreenkomste vir ekonomiese samewerking en vrye handel en die moontlike verlies aan mededingendheid op die wereldmark 24 Die land met 23 5 miljoen inwoners en n bruto binnelandse produk BBP van VSA 529 9 miljard in 2016 VSA 22 495 per capita is die 22ste grootste nasionale ekonomie ter wereld en die 15de grootste handelsnasie 25 Een van die kenmerke van die Republiek China se ekonomie is sy stabiele ontwikkeling wat deur die globale ekonomiese en finansiele krisis van die jare 2008 en 2009 net tydelik onderbreek is Die Republiek China word as n betroubare handelsvennoot beskou met hoogs opgeleide en dinamiese mannekrag n goeie vervoer kommunikasie en IT infrastruktuur regssekerheid n politieke en ekonomiese raamwerk wat beleggings en innovasies bevorder n hoe lewensstandaard en n binnelandse mark wat alhoewel dit relatief klein is met dieselfde bevolkingsgetal soos Australie deur n sterk vraag na handelsmerkprodukte gekenmerk word n ideale geografiese ligging in die Asiatiese Stille Oseaan streek en noue bande met die nabygelee Volksrepubliek China gekenmerk word Die Republiek China het as een van die vier sogenaamde Asiatiese tiers na die einde van die Tweede Wereldoorlog n vinnige ekonomiese groei beleef wat aanvanklik op die uitvoer van landbouprodukte en later op die van goedkoop nywerheidsgoedere berus het Die huidige ekonomiese ontwikkeling word veral deur die inligtingstegnologiebedryf aangespoor die land is hier reeds n wereldmarkleier en verskaf veral OEM komponente aan rekenaarvervaardigers Tans word byvoorbeeld 98 persent van alle moederborde 83 persent van alle skootrekenaars en 70 persent van alle vloeikristalskerms deur maatskappye uit die Republiek China vervaardig 26 Die land onderhou nou ekonomiese bande met die Volksrepubliek China en Taiwannese maatskappye het na ramings tussen 100 en 250 miljard VSA op die Chinese vasteland bele waar ook n groot deel van die vervaardiging plaasvind Aangesien loonkoste ook op die Chinese vasteland aan die styg is bele steeds meer Nasionaal Chinese maatskappye in Suidoos Asiatiese lande soos Vietnam Vanwee sy hoe salaris en loonvlak konsentreer die land hom tans op navorsing en ontwikkeling en hoetegnologiee wat hoogs opgeleide mannekrag vereis 27 In 2008 het die volgens skattings landbousektor 1 7 die nywerheidsektor 25 1 en die dienstesektor reeds 73 2 persent tot die land se bruto binnelandse produk bygedra Die Republiek China het daarin geslaag om sy vinnige ekonomiese groei sonder sosio ekonomiese oneweredighede te bemeester lae werkloosheidsyfers en n hoe vlak van geletterdheid 96 persent het grootliks hiertoe bygedra Eers as gevolg van die ekonomiese krisis het werkloosheid 5 31 persent in Januarie 2009 en ander sosiale vraagstukke sorgwekkend geword Nogtans was die land se ekonomie vanwee die groot aandeel klein en middelgroot sakeondernemings in staat om buigsaam en vinnig op die krisis en sy uitdagings te reageer Politiek WysigInternasionale erkenning Wysig Olimpiese vlag vir die Republiek China Chinese Taipei 中華台北 genoem Ambassade van die Republiek China in Mbabane eSwatini Internasionale erkenning van die Republiek China Lande wat verhoudings met die Republiek China onderhou Diplomatieke betrekkinge en ambassade in Taipei Nie amptelike verhoudings Die Republiek China handhaaf diplomatieke bande met 15 state in Sentraal en Suid Amerika Afrika in die Stille Oseaangebied en met die Vatikaan Al hierdie lande het as gevolg hiervan geen diplomatieke betrekkinge met die Volksrepubliek China nie Die oorgrote meerderheid lande volg Beijing se Een China beleid Al het die Europese Unie se lidstate die Verenigde State Japan die Russiese Federasie asook die ASEAN lande geen diplomatieke betrekkinge met die Republiek China nie handhaaf hulle nie amptelike bande deur middel van sogenaamde institute VSA Duitsland kantore offices Verenigde Koninkryk Frankryk Oostenryk handelskantore trade offices Swede Finland EU delegasie of assosiasies Japan Indie Altesaam 69 state het nie amptelike verteenwoordigers in die Republiek China insluitende sestien EU lidstate en die Europese Unie se Delegasie asook Switserland As een van die oorspronklike stigterlede is die Republiek China sedert 1971 geen amptelike lidstaat van die Verenigde Nasies meer nie Sy plek is met die aanvaarding van Resolusie 2758 deur die Verenigde Nasies ook in alle spesiale VN organisasies deur die Volksrepubliek China oorgeneem As Separate Customs Territory of Taiwan Penghu Kinmen and Matsu Chinese Taipei het die Republiek China op 1 Januarie 2002 tot die Wereldhandelsorganisasie WHO toegetree n stap wat die eilandnasie meer speelruimte op die gebied van internasionale handelsbeleid gee Afrika 1 land Eswatini 1968 Europa 1 land Vatikaanstad en Heilige Stoel 1942 Oseanie 4 lande Marshalleilande 1998 Nauru 1980 2002 2005 Palau 1999 Tuvalu 1979 Amerikas 9 lande Belize 1989 Guatemala 1960 Haiti 1956 Honduras 1965 Nicaragua 1962 1985 1990 Paraguay 1957 St Kitts en Nevis 1983 St Lucia 1984 1997 2007 St Vincent en die Grenadine 1981 Sien ook Amerikaanse Instituut in TaiwanVerwysings Wysig en ROC Vital Information Ministry of Foreign Affairs Republic of China Taiwan 31 Desember 2014 Besoek op 10 September 2017 en what languages are spoken in Taiwan WorldAtlas Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Mei 2019 Besoek op 16 Januarie 2019 en Shih Hsiu chuan 27 Januarie 2018 Taiwan mulling English as an official language but is it ready Central News Agency Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 November 2019 Besoek op 16 Januarie 2019 en President lauds efforts in transitional justice for indigenous people Focus Taiwan 19 Julie 2017 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 April 2019 Besoek op 16 Januarie 2019 en Draft national language development act clears legislative floor Taipei Times 25 Desember 2018 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 September 2019 Besoek op 16 Januarie 2019 en Hakka made an official language Taipei Times 30 Desember 2017 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 November 2019 Besoek op 16 Januarie 2019 en Number of Villages Neighborhoods Households and Resident Population MOI Statistical Information Service Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Maart 2014 Besoek op 2 Februarie 2014 en Statistics from Statistical Bureau National Statistics Republic of China Taiwan Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 April 2020 Besoek op 22 September 2018 en General Statistical analysis report Population and Housing Census PDF National Statistics ROC Taiwan Geargiveer vanaf die oorspronklike PDF op 19 Oktober 2017 Besoek op 26 November 2016 10 0 10 1 10 2 10 3 en 0 amp a Taiwan Check url value help Internasionale Monetere Fonds Besoek op 23 April 2021 zh Human Development Index HDI National Statistics Republic of China Taiwan Directorate General of Budget Accounting and Statistics Executive Yuan R O C 15 September 2014 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Augustus 2019 en Table 4 Percentage Share of Disposable Income by Quintile Group of Households and Income Inequality Indices Report on The Survey of Family Income and Expenditure Taipei Taiwan Directorate General of Budget Accounting and Statistics 2010 en ICANN Board Meeting Minutes ICANN 25 Junie 2010 Besoek op 21 Mei 2016 de www taiwantourismus de Allgemeine Informationen Besoek op 8 Februarie 2018 en Christopher L Salter Taiwan Philadelphia Chelsea House Publishers 2004 bl 11 de Scholler Peter Heiner Durr en Eckart Dege redakteurs Fischer Landerkunde Ostasien Frankfurt am Main Fischer Taschenbuch Verlag 1987 bl 209 en Denny Roy Taiwan A Political History Ithaca and London Cornell University Press 2003 bl 1 en roughguides com Taiwan Besoek op 8 Februarie 2018 de EU Asien de Landschaften in Taiwan Besoek op 7 Februarie 2018 en Roy 2003 bl 1 en Roy 2003 bl 1 en Focus Taiwan 19 Julie 2016 Six Assurances to Taiwan included in Republican party platform en Ho Samuel P S Industrialization in Taiwan Recent Trends and Problems In Pacific Affairs uitgegee deur die Universiteit van Brits Kolombie volume 48 nommer 1 lente 1975 bl 27 41 Aanlyn beskikbaar JSTOR aanlyn argief de Duitse Departement van Buitelandse Sake Kenmerke van die Taiwannese ekonomie Besoek op 6 Februarie 2018 de Duitse Departement van Buitelandse Sake Kenmerke van die Taiwannese ekonomie de Duitse Departement van Buitelandse Sake Taiwan Ekonomie de Duitse Departement van Buitelandse Sake Taiwan EkonomieEksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Republiek China en Toerisme inligting oor Taiwan op WikivoyageOntsluit van https af wikipedia org w index php title Republiek China amp ol,