×
Supermassiewe swartkolk

’n Supermassiewe swartkolk is ’n swartkolk met ’n massa van tussen 105 en 1010 sonmassas. Wetenskaplikes is oortuig daarvan daar is supermassiewe swartkolke in die middel van die meeste sterrestelsels, ook ons eie Melkweg.

Die supermassiewe swartkolk in die middel van die groot elliptiese sterrestelsel Messier 87 in die sterrebeeld Maagd. Sy massa is na raming miljarde kere so groot soos die Son s'n. Dit is die heel eerste swartkolk wat regstreeks afgeneem is, deur die Event Horizon Telescope. Die foto is op 10 April 2019 uitgereik.

Hoe supermassiewe swartkolke vorm, is nog onduidelik. Astrofisici stem saam dat wanneer ’n swartkolk in die middel van ’n sterrestelsel voorkom, dit kan groei deur materie aan te trek en met ander swartkolke saam te smelt. Die vorming van gewone (stergrootte) swartkolke wat ontstaan nadat ’n ster ingeplof het, is wyd bestudeer en deur waarnemings bevestig.

Dit lyk egter of daar ’n gaping tussen stellêre en supermassiewe swartkolke is. Eersgenoemde word gevorm wanneer ’n ster die einde van sy leeftyd bereik en kan tot sowat 33 sonmassas wees. Die minimum grootte van ’n supermassiewe swartkolk is ’n paar honderdduisend sonmassas. Dit lyk of daar baie min swartkolke tussen hierdie uiterstes voorkom, wat daarop dui dat hulle op verskillende maniere gevorm word. Daar is ook aanduidings dat supermassiewe swartkolke redelik vroeg in die heelal ontstaan het, toe dit minder as ’n miljard jaar oud was.

Sterrekundiges is seker daarvan ’n supermassiewe swartkolk kom in die middel van die Melkweg voor. Dit is sowat 26 000 ligjare van ons sonnestelsel af, in ’n streek genaamd Sagittarius A*.

Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
  1. Oldham, L. J.; Auger, M. W. (March 2016). "Galaxy structure from multiple tracers - II. M87 from parsec to megaparsec scales". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. 457 (1): 421–439. arXiv:. Bibcode:. doi:.
  2. Henderson, Mark (2008). (in Engels). Londen: Times Online. vanaf die oorspronklike op 16 Desember 2008. Besoek op17 Mei 2009.

Publikasie datum: Augustus 26, 2021

supermassiewe, swartkolk, swartkolk, massa, tussen, 1010, sonmassas, wetenskaplikes, oortuig, daarvan, daar, supermassiewe, swartkolke, middel, meeste, sterrestelsels, melkweg, supermassiewe, swartkolk, middel, groot, elliptiese, sterrestelsel, messier, sterre. n Supermassiewe swartkolk is n swartkolk met n massa van tussen 105 en 1010 sonmassas Wetenskaplikes is oortuig daarvan daar is supermassiewe swartkolke in die middel van die meeste sterrestelsels ook ons eie Melkweg Die supermassiewe swartkolk in die middel van die groot elliptiese sterrestelsel Messier 87 in die sterrebeeld Maagd Sy massa is na raming miljarde kere so groot soos die Son s n 1 Dit is die heel eerste swartkolk wat regstreeks afgeneem is deur die Event Horizon Telescope Die foto is op 10 April 2019 uitgereik 2 Vorming WysigHoe supermassiewe swartkolke vorm is nog onduidelik Astrofisici stem saam dat wanneer n swartkolk in die middel van n sterrestelsel voorkom dit kan groei deur materie aan te trek en met ander swartkolke saam te smelt Die vorming van gewone stergrootte swartkolke wat ontstaan nadat n ster ingeplof het is wyd bestudeer en deur waarnemings bevestig Dit lyk egter of daar n gaping tussen stellere en supermassiewe swartkolke is Eersgenoemde word gevorm wanneer n ster die einde van sy leeftyd bereik en kan tot sowat 33 sonmassas wees Die minimum grootte van n supermassiewe swartkolk is n paar honderdduisend sonmassas Dit lyk of daar baie min swartkolke tussen hierdie uiterstes voorkom wat daarop dui dat hulle op verskillende maniere gevorm word Daar is ook aanduidings dat supermassiewe swartkolke redelik vroeg in die heelal ontstaan het toe dit minder as n miljard jaar oud was Sterrekundiges is seker daarvan n supermassiewe swartkolk kom in die middel van die Melkweg voor 3 Dit is sowat 26 000 ligjare van ons sonnestelsel af in n streek genaamd Sagittarius A Verwysings Wysig Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia Oldham L J Auger M W March 2016 Galaxy structure from multiple tracers II M87 from parsec to megaparsec scales Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 457 1 421 439 arXiv 1601 01323 Bibcode 2016MNRAS 457 421O doi 10 1093 mnras stv2982 https www theguardian com science 2019 apr 10 black hole picture captured for first time in space breakthrough Henderson Mark 2008 Astronomers confirm black hole at the heart of the Milky Way in Engels Londen Times Online Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Desember 2008 Besoek op 17 Mei 2009 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Supermassiewe swartkolk amp ol,