×
Suidelike Kroon

Die Suidelike Kroon (Latyn: Corona Australis) is ’n klein sterrebeeld in die suidelike hemelruim. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde.

Suidelike Kroon
Latynse naam Corona Australis
Genitief Coronae Australis
Afkorting CrA
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 19h
Deklinasie -40º
Grootte 128 vk. grade (80ste)
Kwadrant SQ3
Besonderhede
Hoofsterre 6
Helderste ster Alpha Coronae Australis
Naaste ster HD 166348
Sterre helderder as 3 m 0
Sterre met planete 1
Messier-voorwerpe 0
Bayer-/Flamsteed-sterre 14
Meteoorreëns Corona Australiede
Aangrensende sterrebeelde
Boogskutter, Skerpioen, Altaar, Teleskoop
Portaal Sterrekunde

Die Antieke Grieke het die sterrebeeld beskou as ’n blomkrans eerder as ’n kroon en het dit verbind met die Boogskutter of Sentour. Alpha en Beta Coronae Australis is die helderste twee sterre, met ’n oënskynlike magnitude van sowat 4,1. Hoewel die Suidelike Kroon nie helder is nie, het dit ’n kenmerkende voorkoms. Dit bevat een van die naaste stervormende streke aan die Aarde.

Alpha Coronae Australis is ’n blou-wit hoofreeksster 130 ligjare van die Aarde af. Beta Coronae Australis is ’n oranje reusester sowat 510 ligjare van die Aarde af.

Van die mees prominente dubbelsterre is onder meer Gamma Coronae Australis, twee geel-wit sterre 58 ligjare van hier wat elke 122 jaar om mekaar wentel.

R Coronae Australis is ’n blou-wit onreëlmatige veranderlike ster waarvan die helderheid wissel tussen 9,7 en 13,9 mag. Dit word verberg deur ’n omringende nebula, NGC 6729, wat saam met hom verdof en verhelder. NGC 6729, NGC 6726 en 6727 en IC 4812 vorm saam die Corona Australis-nebula, ’n stowwerige, donker nebula wat ’n aktiewe stervormende streek is.

Die Suidelike Kroon bevat ook RX J1856.5-3754, ’n geïsoleerde neutronster wat een van die naastes aan die Aarde is.

Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
  1. Ridpath, Ian; Tirion, Wil (2007). Stars and Planets Guide. Princeton: Princeton University Press. pp. 126–27. ISBN 978-0-691-13556-4.AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link)
  2. O'Meara, Stephen James (2002). . Cambridge University Press. pp. 271–73. ISBN 978-0-521-82796-6.
  • The Cambridge Guide to the Constellations, Michael E. Bakich, Cambridge University Press, 1995, bl. 85


    Die 88 moderne sterrebeelde

    AgterdekAkkedisAltaarAndromedaArendBeeldhouerBekerBerenike se HareBoogskutterBulDolfynDraakDriehoekDuifEenhoringEridanusFeniksGraveerstifGroot BeerGroot HondHaasHerculesHorlosieIndiërJaghondeJagterKameelperdKameleonKielKlein BeerKlein HondKlein LeeuKoetsierKompasKassiopeiaKefeusKraaiKraanvoëlKreefNetLeeuLierLugpompMaagdMikroskoopNoordelike KroonNoordelike WaterslangOktantOondParadysvoëlPasserPerseusPouPylRamRooikatSeileSekstantSentourSkerpioenSkildSkilderSlangSlangdraerSteenbokSuidelike DriehoekSuidelike KroonSuidelike VisSuidelike WaterslangSuiderkruisSwaanSwaardvisTafelTeleskoopToekanTweelingVeewagterVisseVlieënde PerdVlieënde VisVliegVosVulWalvisWaterdraerWeegskaalWinkelhaakWolf


    Publikasie datum: September 25, 2021

    suidelike, kroon, latyn, corona, australis, klein, sterrebeeld, suidelike, hemelruim, konstellasies, deur, eeuse, sterrekundige, ptolemeus, beskryf, steeds, moderne, sterrebeelde, latynse, naam, corona, australisgenitief, coronae, australisafkorting, crawaarne. Die Suidelike Kroon Latyn Corona Australis is n klein sterrebeeld in die suidelike hemelruim Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde Suidelike KroonLatynse naam Corona AustralisGenitief Coronae AustralisAfkorting CrAWaarnemingsdata Epog J2000 Regte klimming 19hDeklinasie 40ºGrootte 128 vk grade 80ste Kwadrant SQ3BesonderhedeHoofsterre 6Helderste ster Alpha Coronae AustralisNaaste ster HD 166348Sterre helderder as 3 m 0Sterre met planete 1Messier voorwerpe 0Bayer Flamsteed sterre 14Meteoorreens Corona AustraliedeAangrensende sterrebeeldeBoogskutter Skerpioen Altaar TeleskoopPortaal Sterrekunde Die Antieke Grieke het die sterrebeeld beskou as n blomkrans eerder as n kroon en het dit verbind met die Boogskutter of Sentour Alpha en Beta Coronae Australis is die helderste twee sterre met n oenskynlike magnitude van sowat 4 1 Hoewel die Suidelike Kroon nie helder is nie het dit n kenmerkende voorkoms Dit bevat een van die naaste stervormende streke aan die Aarde Ruimtevoorwerpe WysigAlpha Coronae Australis is n blou wit hoofreeksster 130 ligjare van die Aarde af 1 Beta Coronae Australis is n oranje reusester sowat 510 ligjare van die Aarde af 1 Van die mees prominente dubbelsterre is onder meer Gamma Coronae Australis twee geel wit sterre 58 ligjare van hier wat elke 122 jaar om mekaar wentel 1 R Coronae Australis is n blou wit onreelmatige veranderlike ster waarvan die helderheid wissel tussen 9 7 en 13 9 mag 2 Dit word verberg deur n omringende nebula NGC 6729 wat saam met hom verdof en verhelder NGC 6729 NGC 6726 en 6727 en IC 4812 vorm saam die Corona Australis nebula n stowwerige donker nebula wat n aktiewe stervormende streek is Die Suidelike Kroon bevat ook RX J1856 5 3754 n geisoleerde neutronster wat een van die naastes aan die Aarde is Verwysings Wysig Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia 1 0 1 1 1 2 Ridpath Ian Tirion Wil 2007 Stars and Planets Guide Princeton Princeton University Press pp 126 27 ISBN 978 0 691 13556 4 AS1 onderhoud meer as een naam authors list link O Meara Stephen James 2002 The Caldwell Objects Cambridge University Press pp 271 73 ISBN 978 0 521 82796 6 The Cambridge Guide to the Constellations Michael E Bakich Cambridge University Press 1995 bl 85Eksterne skakels WysigThe Deep Photographic Guide to the Constellations Corona Australis Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Suidelike Kroon Die 88 moderne sterrebeeldeAgterdek Akkedis Altaar Andromeda Arend Beeldhouer Beker Berenike se Hare Boogskutter Bul Dolfyn Draak Driehoek Duif Eenhoring Eridanus Feniks Graveerstif Groot Beer Groot Hond Haas Hercules Horlosie Indier Jaghonde Jagter Kameelperd Kameleon Kiel Klein Beer Klein Hond Klein Leeu Koetsier Kompas Kassiopeia Kefeus Kraai Kraanvoel Kreef Net Leeu Lier Lugpomp Maagd Mikroskoop Noordelike Kroon Noordelike Waterslang Oktant Oond Paradysvoel Passer Perseus Pou Pyl Ram Rooikat Seile Sekstant Sentour Skerpioen Skild Skilder Slang Slangdraer Steenbok Suidelike Driehoek Suidelike Kroon Suidelike Vis Suidelike Waterslang Suiderkruis Swaan Swaardvis Tafel Teleskoop Toekan Tweeling Veewagter Visse Vlieende Perd Vlieende Vis Vlieg Vos Vul Walvis Waterdraer Weegskaal Winkelhaak WolfOntsluit van https af wikipedia org w index php title Suidelike Kroon amp ol,