×
Subatomiese deeltjie

’n Subatomiese deeltjie is ’n partikel wat kleiner as ’n atoom is. Dit kan elementêr wees wanneer dit nie in kleiner dele opgedeel kan word nie, of saamgestel.

Die deeltjies van die Standaardmodel.

In deeltjie- en kernfisika word dié deeltjies bestudeer, asook die wisselwerkings tussen hulle en die materie wat hulle vorm. Die meeste van die deeltjies wat al ontdek is en deel uitmaak van die Standaardmodel, kom egter nie onder normale omstandighede in die natuur voor nie; hulle word vervaardig in kosmiese strale en in botsings in deeltjieversnellers.

Inhoud

Voorbeelde van sulke deeltjies is elektrone (’n elementêre deeltjie), protone en neutrone (saamgestelde deeltjies wat uit kwarke opgebou is), sowel as fotone en neutrino's, waarvan groot hoeveelhede in die son vervaardig word.

Elementêre deeltjies

Die elementêre deeltjies van die Standaardmodel is:

In verskillende uitbreidings van die Standaardmodel word die bestaan van ’n elementêre graviton en talle ander elementêre deeltjies voorspel.

Saamgestelde deeltjies

Saamgestelde deeltjies sluit in:

Die elektron met sy negatiewe elektriese lading het ’n massa van11837 of 1836 van dié van ’n waterstofatoom. Die res van ’n waterstofatoom se massa kom van die positief gelaaide proton. ’n Element se atoomgetal is die getal protone in sy kern. Neutrone is neutrale deeltjies wat ’n effens groter massa as protone het. Verskillende isotope van dieselfde element bevat dieselfde getal protone, maar verskillende getalle neutrone. Die massagetal van ’n isotoop is die totale getal nukleone (neutrone plus protone).

Chemie gaan oor hoe elektrondeling atome in strukture soos kristalle en molekules bind. Kernfisika handel oor hoe protone en neutrone hulle in kerns rangskik. Die studie van subatomiese deeltjies, atome en molekules, en hulle struktuur en wisselwerkings, vereis kwantummeganika. Die ontleding van prosesse wat die getalle en soorte deeltjies verander, vereis kwantumveldteorie. Die studie van subatomiese deeltjies per se word deeltjiefisika genoem. Die term "hoëenergiefisika" is feitlik dieselfde as "deeltjiefisika" omdat die skepping van deeltjies hoë energie vereis: Dit gebeur net as gevolg van kosmiese straling of in deeltjieversnellers. Deeltjiefenomenologie sistematiseer die kennis oor subatomiese deeltjies wat uit hierdie eksperimente opgedoen word.

Die term "subatomiese deeltjie" kom uit die 1960's en is gebruik om te onderskei tussen ’n groot aantal barione en mesone (wat hadrone insluit) en deeltjies wat nou as waarlik elementêr beskou word. Voorheen is hadrone gewoonlik as "elementêr" geklassifiseer omdat hulle samestelling onbekend was.

Van die deeltjies en hipotetiese deeltjies sluit in:

Deeltjie Samestelling Voorspel Ontdek Opmerkings
Elektrone elementêr (lepton) G. Johnstone Stoney (1874) J.J. Thomson (1897) Minimum eenheid van elektriese lading.
alfadeeltjie saamgestel (atoomkern) nooit Ernest Rutherford (1899) In 1907 deur Rutherford en Thomas Royds bewys as ’n heliumkern.
Fotonγ elementêr (kwantum) Max Planck (1900)Albert Einstein (1905) Ernest Rutherford (1899) as γ-strale
Protonp saamgestel (barion) lank gelede Ernest Rutherford (1919) Die kern van 1H.
Neutronn saamgestel (barion) Ernest Rutherford (omstreeks 1918) James Chadwick (1932) Die tweede nukleon.
Antideeltjies Paul Dirac (1928) Carl D. Anderson (e+, 1932)
Pioneπ saamgestel (mesone) Hideki Yukawa (1935) César Lattes, Giuseppe Occhialini (1947) en Cecil Powell Verduidelik die kernkrag tussen nukleone. Die eerste meson (volgens die moderne definisie) wat ontdek is.
Muonμ elementêr (lepton) nooit Carl D. Anderson (1936) Eers ’n "meson" genoem.
Kaone saamgestel (mesone) nooit 1947 Ontdek in kosmiese straling. Die eerste vreemde deeltjie (met vreemde kwarke).
Lambdabarione saamgestel (barione) nooit Universiteit van Melbourne (Error no symbol defined, 1950) Die eerste hiperon wat ontdek is.
Neutrino elementêr (lepton) Wolfgang Pauli (1930) Clyde Cowan, Frederick Reines (νe, 1956) Het die probleem van energiespektrum van betaverval opgelos.
Kwarke
(u,d,s)
elementêr Murray Gell-Mann, George Zweig (1964) Geen spesifieke bevestigingsvoorval vir die kwarkmodel.
sjarmekwarkc elementêr (kwark) 1970 1974
onderkwarkb elementêr (kwark) 1973 1977
Swak ykbosone elementêr (kwantum) Glashow, Weinberg, Salam (1968) CERN (1983) Eienskappe deur die 1990's bevestig.
bokwarkt elementêr (kwark) 1973 1995 Hadroniseer nie, maar is nodig om die Standaardmodel te voltooi.
Higgsboson elementêr (kwantum) Peter Higgs et al. (1964) CERN (2012) Vermoedelik in 2013 bevestig. Nog bewyse in 2014 gevind.
Tetrakwark saamgestel ? ’n Nuwe klas hadrone.
Pentakwark saamgestel ? Nog ’n klas hadrone. Verskeie bestaan vermoedelik.
Graviton elementêr (kwantum) Albert Einstein (1916)
Magnetiese monopool elementêr (ongeklassifiseer) Paul Dirac (1931) onontdek
  1. Cottingham, W.N.; Greenwood, D.A. (2007). . Cambridge University Press. p. 1. ISBN 978-0-521-85249-4.
  2. Taiebyzadeh, Payam (2017). String Theory; A unified theory and inner dimension of elementary particles (BazDahm). Riverside, Iran: Shamloo Publications Center.ISBN 978-600-116-684-6.
  3. Klemperer, Otto (1959). "Electron physics: The physics of the free electron". Physics Today. 13 (6): 64–66. Bibcode:. doi:.
  4. Sommige bronne soos . sê 1947.
  5. . cern.ch (in Engels). 23 Junie 2014. vanaf die oorspronklike op 10 Maart 2016.


Publikasie datum: September 27, 2021

subatomiese, deeltjie, partikel, kleiner, atoom, elementêr, wees, wanneer, kleiner, dele, opgedeel, word, saamgestel, deeltjies, standaardmodel, deeltjie, kernfisika, word, dié, deeltjies, bestudeer, asook, wisselwerkings, tussen, hulle, materie, hulle, vorm, . n Subatomiese deeltjie is n partikel wat kleiner as n atoom is Dit kan elementer wees wanneer dit nie in kleiner dele opgedeel kan word nie of saamgestel Die deeltjies van die Standaardmodel In deeltjie en kernfisika word die deeltjies bestudeer asook die wisselwerkings tussen hulle en die materie wat hulle vorm Die meeste van die deeltjies wat al ontdek is en deel uitmaak van die Standaardmodel kom egter nie onder normale omstandighede in die natuur voor nie hulle word vervaardig in kosmiese strale en in botsings in deeltjieversnellers Inhoud 1 Soorte 1 1 Elementere deeltjies 1 2 Saamgestelde deeltjies 2 Verdeling van n atoom 3 Geskiedenis 4 Sien ook 5 Verwysings 6 Eksterne skakelsSoorte WysigVoorbeelde van sulke deeltjies is elektrone n elementere deeltjie protone en neutrone saamgestelde deeltjies wat uit kwarke opgebou is sowel as fotone en neutrino s waarvan groot hoeveelhede in die son vervaardig word Elementere deeltjies Wysig Die elementere deeltjies van die Standaardmodel is 1 6 soorte kwarke op af sjarme vreemd bo en onder 6 soorte leptone elektron elektron neutrino muon muon neutrino tau en tau neutrino 4 soorte ykbosone kragdraers die foton van elektromagnetisme die W en Z bosone van die swak wisselwerking en die gluone van die sterk wisselwerking Die Higgsboson wat materie massa gee In verskillende uitbreidings van die Standaardmodel word die bestaan van n elementere graviton en talle ander elementere deeltjies voorspel Saamgestelde deeltjies Wysig Saamgestelde deeltjies sluit in Hadrone Barione saamgestelde fermione Mesone saamgestelde bosone Atoomkerns protone en neutrone Verdeling van n atoom WysigDie elektron met sy negatiewe elektriese lading het n massa van 1 1837 of 1836 van die van n waterstofatoom Die res van n waterstofatoom se massa kom van die positief gelaaide proton n Element se atoomgetal is die getal protone in sy kern Neutrone is neutrale deeltjies wat n effens groter massa as protone het Verskillende isotope van dieselfde element bevat dieselfde getal protone maar verskillende getalle neutrone Die massagetal van n isotoop is die totale getal nukleone neutrone plus protone Chemie gaan oor hoe elektrondeling atome in strukture soos kristalle en molekules bind Kernfisika handel oor hoe protone en neutrone hulle in kerns rangskik Die studie van subatomiese deeltjies atome en molekules en hulle struktuur en wisselwerkings vereis kwantummeganika Die ontleding van prosesse wat die getalle en soorte deeltjies verander vereis kwantumveldteorie Die studie van subatomiese deeltjies per se word deeltjiefisika genoem Die term hoeenergiefisika is feitlik dieselfde as deeltjiefisika omdat die skepping van deeltjies hoe energie vereis Dit gebeur net as gevolg van kosmiese straling of in deeltjieversnellers Deeltjiefenomenologie sistematiseer die kennis oor subatomiese deeltjies wat uit hierdie eksperimente opgedoen word 2 Geskiedenis WysigDie term subatomiese deeltjie kom uit die 1960 s en is gebruik om te onderskei tussen n groot aantal barione en mesone wat hadrone insluit en deeltjies wat nou as waarlik elementer beskou word Voorheen is hadrone gewoonlik as elementer geklassifiseer omdat hulle samestelling onbekend was Van die deeltjies en hipotetiese deeltjies sluit in Deeltjie Samestelling Voorspel Ontdek OpmerkingsElektron e elementer lepton G Johnstone Stoney 1874 J J Thomson 1897 Minimum eenheid van elektriese lading 3 alfadeeltjie saamgestel atoomkern nooit Ernest Rutherford 1899 In 1907 deur Rutherford en Thomas Royds bewys as n heliumkern Foton g elementer kwantum Max Planck 1900 Albert Einstein 1905 Ernest Rutherford 1899 as g straleProton p saamgestel barion lank gelede Ernest Rutherford 1919 Die kern van 1H Neutron n saamgestel barion Ernest Rutherford omstreeks 1918 James Chadwick 1932 Die tweede nukleon Antideeltjies Paul Dirac 1928 Carl D Anderson e 1932 Pione p saamgestel mesone Hideki Yukawa 1935 Cesar Lattes Giuseppe Occhialini 1947 en Cecil Powell Verduidelik die kernkrag tussen nukleone Die eerste meson volgens die moderne definisie wat ontdek is Muon m elementer lepton nooit Carl D Anderson 1936 Eers n meson genoem Kaone saamgestel mesone nooit 1947 Ontdek in kosmiese straling Die eerste vreemde deeltjie met vreemde kwarke Lambdabarione saamgestel barione nooit Universiteit van Melbourne Error no symbol defined 1950 4 Die eerste hiperon wat ontdek is Neutrino elementer lepton Wolfgang Pauli 1930 Clyde Cowan Frederick Reines ne 1956 Het die probleem van energiespektrum van betaverval opgelos Kwarke u d s elementer Murray Gell Mann George Zweig 1964 Geen spesifieke bevestigingsvoorval vir die kwarkmodel sjarmekwark c elementer kwark 1970 1974onderkwark b elementer kwark 1973 1977Swak ykbosone elementer kwantum Glashow Weinberg Salam 1968 CERN 1983 Eienskappe deur die 1990 s bevestig bokwark t elementer kwark 1973 1995 Hadroniseer nie maar is nodig om die Standaardmodel te voltooi Higgsboson elementer kwantum Peter Higgs et al 1964 CERN 2012 Vermoedelik in 2013 bevestig Nog bewyse in 2014 gevind 5 Tetrakwark saamgestel n Nuwe klas hadrone Pentakwark saamgestel Nog n klas hadrone Verskeie bestaan vermoedelik Graviton elementer kwantum Albert Einstein 1916 Magnetiese monopool elementer ongeklassifiseer Paul Dirac 1931 onontdekSien ook WysigStandaardmodel Lys van deeltjiesVerwysings Wysig Cottingham W N Greenwood D A 2007 An introduction to the standard model of particle physics Cambridge University Press p 1 ISBN 978 0 521 85249 4 Taiebyzadeh Payam 2017 String Theory A unified theory and inner dimension of elementary particles BazDahm Riverside Iran Shamloo Publications Center ISBN 978 600 116 684 6 Klemperer Otto 1959 Electron physics The physics of the free electron Physics Today 13 6 64 66 Bibcode 1960PhT 13R 64K doi 10 1063 1 3057011 Sommige bronne soos The Strange Quark se 1947 CERN experiments report new Higgs boson measurements cern ch in Engels 23 Junie 2014 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Maart 2016 Eksterne skakels Wysig Wikiwoordeboek het n inskrywing vir subatomiese deeltjie Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Subatomiese deeltjie amp ol,