fbpx
Wikipedia

Stilbaai

Stilbaai, ook bekend as die Baai van die slapende skoonheid, is 'n dorp langs die suidelike kus van Suid-Afrika, tussen Riversdale en Albertinia, 26 km van die N2 nasionale hoofweg, en ongeveer 4 ure se motorrit vanaf Kaapstad. Dit word met die N2 verbind met die R305-streeksroete. Dit is deel van die Hessequa-munisipaliteit in die Wes-Kaapprovinsie. Die strand by Lappiesbaai is as 'n blouvlagstrand gesertifiseer en bevat ook die sogenaamde Preekstoel, 'n kenmerkende rots wat uit die sand steek. Die Goukourivier verdeel die dorp in twee, naamlik Stilbaai-oos en Stilbaai-wes, met die hawe geleë op die westelike oewer. Die rivier kan vir ongeveer 15 km bevaar word.

Stilbaai
Dorp
Die Goukourivier skei Stilbaai in 'n oostelike en westelike deel.
Byname: 
Baai van die slapende skoonheid
Stilbaai
Koördinate: 34°22′6″S 21°24′40″O / 34.36833°S 21.41111°O / -34.36833; 21.41111
Land Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
DistriksmunisipaliteitTuinroete
Plaaslike MunisipaliteitHessequa
Hoogte
0 m (0 ft)
TydsoneUTC+2 (SAST)
Poskode
6674
Webwerfhttp://www.stilbaaitourism.co.za/

Groot-Jongensfontein is ongeveer 10 km suidwes.

Geskiedenis

Die eerste erwe is in 1894 uitgemeet. In 1930 is die twee dele met 'n pont verbind wat later in 1955 met 'n brug vervang is.

Wapen

Stilbaai se munisipale raad het in 1975 'n wapen by die Buro vir Heraldiek geregistreer : In silwer, 'n golwende dwarsbalk van blou vergesel in die skildhoof van 'n skulp en in die skildvoet van 'n anker, alles rooi, die anker gekabel van swart; die skild aan weerskante rond uitgesny van blou, elk belaai met 'n regop swemmende vis van goud. Die helmteken was 'n seilboot, en die wapenspreuk "Otium maritimum".[1]

Klimaat

Stilbaai het 'n matige klimaat en die gebied kry bykans eweveel reën in al vier seisoene, met hoogtepunte wat bereik word in herfs en lente.

Temperatuur wissel gemiddeld tussen 20° en 28° Celsius in die somer en tussen 12° en 20° Celsius in die winter. Die reënval is gemiddeld 639,2 mm per jaar.[2]

Natuurreservate

Stilbaai het 'n aantal natuurreservate. Aan die oostekant is Pauline Bohnen-natuurreservaat, 'n groot reservaat met verskeie staproetes. Die Skulpiesbaai-natuurreservaat is naby die hawe geleë en strek tot by die Noordkapperpunt-visvywers. Die Geelkrants-natuurreservaat is langs die "Preekstoel" geleë.

Oorlede

Sien ook

 
Stilbaai, gesien vanaf die uitsigpunt bokant die hawe
 
Stilbaai, met die NG Kerk in Stilbaai-Wes, uitsig na die ooste

Eksterne skakels

  • Stilbaai se tuisblad

Verwysings

  1. National Archives of South Africa : Data of the Bureau of Heraldry.
  2. Die Burger 1996. Geraadpleeg 7 Januarie 2012

Stilbaai
stilbaai, bekend, baai, slapende, skoonheid, dorp, langs, suidelike, suid, afrika, tussen, riversdale, albertinia, nasionale, hoofweg, ongeveer, motorrit, vanaf, kaapstad, word, verbind, r305, streeksroete, deel, hessequa, munisipaliteit, kaapprovinsie, strand. Stilbaai ook bekend as die Baai van die slapende skoonheid is n dorp langs die suidelike kus van Suid Afrika tussen Riversdale en Albertinia 26 km van die N2 nasionale hoofweg en ongeveer 4 ure se motorrit vanaf Kaapstad Dit word met die N2 verbind met die R305 streeksroete Dit is deel van die Hessequa munisipaliteit in die Wes Kaapprovinsie Die strand by Lappiesbaai is as n blouvlagstrand gesertifiseer en bevat ook die sogenaamde Preekstoel n kenmerkende rots wat uit die sand steek Die Goukourivier verdeel die dorp in twee naamlik Stilbaai oos en Stilbaai wes met die hawe gelee op die westelike oewer Die rivier kan vir ongeveer 15 km bevaar word StilbaaiDorpDie Goukourivier skei Stilbaai in n oostelike en westelike deel Byname Baai van die slapende skoonheidStilbaaiKoordinate 34 22 6 S 21 24 40 O 34 36833 S 21 41111 O 34 36833 21 41111Land Suid AfrikaProvinsieWes KaapDistriksmunisipaliteitTuinroetePlaaslike MunisipaliteitHessequaHoogte0 m 0 ft TydsoneUTC 2 SAST Poskode6674Webwerfhttp www stilbaaitourism co za Groot Jongensfontein is ongeveer 10 km suidwes Inhoud 1 Geskiedenis 2 Wapen 3 Klimaat 4 Natuurreservate 5 Oorlede 6 Sien ook 7 Eksterne skakels 8 VerwysingsGeskiedenis WysigDie eerste erwe is in 1894 uitgemeet In 1930 is die twee dele met n pont verbind wat later in 1955 met n brug vervang is Wapen WysigStilbaai se munisipale raad het in 1975 n wapen by die Buro vir Heraldiek geregistreer In silwer n golwende dwarsbalk van blou vergesel in die skildhoof van n skulp en in die skildvoet van n anker alles rooi die anker gekabel van swart die skild aan weerskante rond uitgesny van blou elk belaai met n regop swemmende vis van goud Die helmteken was n seilboot en die wapenspreuk Otium maritimum 1 Klimaat WysigStilbaai het n matige klimaat en die gebied kry bykans eweveel reen in al vier seisoene met hoogtepunte wat bereik word in herfs en lente Temperatuur wissel gemiddeld tussen 20 en 28 Celsius in die somer en tussen 12 en 20 Celsius in die winter Die reenval is gemiddeld 639 2 mm per jaar 2 Natuurreservate WysigStilbaai het n aantal natuurreservate Aan die oostekant is Pauline Bohnen natuurreservaat n groot reservaat met verskeie staproetes Die Skulpiesbaai natuurreservaat is naby die hawe gelee en strek tot by die Noordkapperpunt visvywers Die Geelkrants natuurreservaat is langs die Preekstoel gelee Oorlede WysigGerrit Viljoen 2009 voormalige kabinetsminister en lid van die destydse Nasionale Party Sien ook WysigGereformeerde kerk Stilbaai Ystervarkpuntvuurtoring Lys van dorpe in Suid Afrika Stilbaai gesien vanaf die uitsigpunt bokant die hawe Stilbaai met die NG Kerk in Stilbaai Wes uitsig na die oosteEksterne skakels WysigStilbaai se tuisbladVerwysings Wysig National Archives of South Africa Data of the Bureau of Heraldry Die Burger 1996 Geraadpleeg 7 Januarie 2012Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Stilbaai amp oldid 2365119,