×
Sterrestelselswerm

’n Sterrestelselswerm of swerm sterrestelsels is ’n groot groep sterrestelsels wat deur onder meer hul onderlinge swaartekrag bymekaar gehou word. ’n Swerm kan uit tientalle tot duisende sterrestelsels bestaan. In die Abell-katalogus is 4 073 sterrestelselswerms opgeneem.

Die sterrestelselswerm Abell 1689.

Inhoud

Swerms met minder as 50 sterrestelsels word eerder groepe sterrestelsels genoem en nie swerms nie. Daar is egter nie ’n spesifieke skeidslyn tussen die twee terme nie. Ons Melkweg is deel van ’n groep sterrestelsels, die Lokale Groep. Dit bevat naas die Melkweg die Andromeda-sterrestelsel en sowat 40 ander, kleiner sterrestelsels. ’n Nabygeleë swerm wat groter is, is die Virgo-sterrestelselswerm.

Visuele waarneming maak dit moontlik om ’n swerm sterrestelsels te omskryf as " ’n versameling stelsels waarvan die swaartekrag mekaar beïnvloed". Nogtans is die snelheid van die individuele sterrestelsels te groot dat hulle op so ’n manier gebind kan word. Dit impliseer dat daar óf nog ’n onsigbare massa aanwesig moet wees óf ’n ander aantrekkende krag bestaan naas swaartekrag. Met behulp van X-straalmeting is vasgestel daar is wel ’n groot hoeveelheid gas tussen die sterrestelsels aanwesig. Dit is baie warm, tussen 107 K en 108 K, en die massa daarvan oortref dié van die sterrestelsels.

Selfs hierdie massa is egter nie genoeg om die swerm bymekaar te hou nie. Die onsigbare materie wat daarvoor verantwoordelik is, word donker materie genoem, en omdat dit nie regstreeks waarneembaar is nie, weet niemand waaruit dit bestaan nie. ’n Tipiese sterrestelselswerm bevat slegs 5% sigbare materie, 10% gas (wat X-strale uitstuur) en die res is donker materie.

’n Gemiddelde sterrestelselswerm het die volgende eienskappe:

  • Dit bestaan uit 50 tot 1 000 stelsels, gas wat X-strale uitstuur en groot hoeveelhede donker materie
  • Dié drie komponente is gelyk verdeel oor die hele swerm
  • Dit bevat ’n totale massa gelyk aan 1014 tot 1015 sonmassas
  • Dit het ’n deursnee van tussen 2 en 10 miljoen parsek
  • Die snelhede van die stelsels is tussen 800 en 1 000 km/s

Bekende swerms naby die Aarde is die Virgo-, die Hercules- en die Coma-sterrestelselswerm. In die omgewing van die Norma-sterrestelselswerm is ’n enorme swerm met so ’n groot invloed dat die lokale uitdying van die ruimte (Hubble-konstante) daardeur geraak word. Dit word die Groot Aantrekker genoem.

Publikasie datum: September 25, 2021

sterrestelselswerm, swerm, sterrestelsels, groot, groep, sterrestelsels, deur, onder, meer, onderlinge, swaartekrag, bymekaar, gehou, word, swerm, tientalle, duisende, sterrestelsels, bestaan, abell, katalogus, sterrestelselswerms, opgeneem, sterrestelselswerm. n Sterrestelselswerm of swerm sterrestelsels is n groot groep sterrestelsels wat deur onder meer hul onderlinge swaartekrag bymekaar gehou word n Swerm kan uit tientalle tot duisende sterrestelsels bestaan In die Abell katalogus is 4 073 sterrestelselswerms opgeneem Die sterrestelselswerm Abell 1689 Inhoud 1 Sterrestelselgroepe 2 Donker materie 3 Sien ook 4 Eksterne skakelsSterrestelselgroepe WysigSwerms met minder as 50 sterrestelsels word eerder groepe sterrestelsels genoem en nie swerms nie Daar is egter nie n spesifieke skeidslyn tussen die twee terme nie Ons Melkweg is deel van n groep sterrestelsels die Lokale Groep Dit bevat naas die Melkweg die Andromeda sterrestelsel en sowat 40 ander kleiner sterrestelsels n Nabygelee swerm wat groter is is die Virgo sterrestelselswerm Donker materie WysigVisuele waarneming maak dit moontlik om n swerm sterrestelsels te omskryf as n versameling stelsels waarvan die swaartekrag mekaar beinvloed Nogtans is die snelheid van die individuele sterrestelsels te groot dat hulle op so n manier gebind kan word Dit impliseer dat daar of nog n onsigbare massa aanwesig moet wees of n ander aantrekkende krag bestaan naas swaartekrag Met behulp van X straalmeting is vasgestel daar is wel n groot hoeveelheid gas tussen die sterrestelsels aanwesig Dit is baie warm tussen 107 K en 108 K en die massa daarvan oortref die van die sterrestelsels Selfs hierdie massa is egter nie genoeg om die swerm bymekaar te hou nie Die onsigbare materie wat daarvoor verantwoordelik is word donker materie genoem en omdat dit nie regstreeks waarneembaar is nie weet niemand waaruit dit bestaan nie n Tipiese sterrestelselswerm bevat slegs 5 sigbare materie 10 gas wat X strale uitstuur en die res is donker materie n Gemiddelde sterrestelselswerm het die volgende eienskappe Dit bestaan uit 50 tot 1 000 stelsels gas wat X strale uitstuur en groot hoeveelhede donker materie Die drie komponente is gelyk verdeel oor die hele swerm Dit bevat n totale massa gelyk aan 1014 tot 1015 sonmassas Dit het n deursnee van tussen 2 en 10 miljoen parsek Die snelhede van die stelsels is tussen 800 en 1 000 km s Bekende swerms naby die Aarde is die Virgo die Hercules en die Coma sterrestelselswerm In die omgewing van die Norma sterrestelselswerm is n enorme swerm met so n groot invloed dat die lokale uitdying van die ruimte Hubble konstante daardeur geraak word Dit word die Groot Aantrekker genoem Sien ook WysigSuperswermsEksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sterrestelselswerm Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse WikipediaOntsluit van https af wikipedia org w index php title Sterrestelselswerm amp ol,