×
Steenbok (sterrebeeld)
Vir ’n artikel oor die sterreteken Steenbok, sien Steenbok (sterreteken).

Die Steenbok (Latyn: Capricornus) is ’n sterrebeeld in die diereriem. Sy Latynse naam beteken "bok met horings" of "bokhoring" en dit word gewoonlik uitgebeeld as ’n see-bok, ’n mitiese wese wat half bok en half vis is. Sy simbool is (Unicode ♑).

Steenbok
Latynse naam Capricornus
Genitief Capricorni
Afkorting Cap
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 21h
Deklinasie -20º
Grootte 414 vk. grade (40ste)
Kwadrant SQ4
Besonderhede
Hoofsterre 9, 13, 23
Helderste ster Delta Capricorni
Naaste ster LP 816-60
Sterre helderder as 3 m 1
Sterre met planete 4
Messier-voorwerpe 1
Bayer-/Flamsteed-sterre 49
Meteoorreëns Alpha Capricornids, Chi Capricornids, Sigma Capricornids, Tau Capricornids, Capricorniden-Sagittariids
Aangrensende sterrebeelde
Waterdraer, Arend, Boogskutter, Mikroskoop, Suidelike Vis
Portaal Sterrekunde

Die Steenbok is een van die 88 moderne konstellasies en ook een van die 48 sterrebeelde wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemaeus genoem word. Die moderne sterrebeeld grens aan die Arend, Boogskutter, Mikroskoop, Suidelike Vis en Waterdraer. Dit lê in ’n gebied van die lugruim wat as "die See" bekend is omdat dit uit baie sterrebeelde bestaan wat met water te doen het, soos die Waterdraer, Visse en Eridanus. Dit is die kleinste sterrebeeld in die diereriem en die tweede dofste naas die Kreef.

Inhoud

Sterre

Die Steenbok soos dit van die Aarde af lyk.

Die Steenbok is ’n dowwe sterrebeeld, met net een ster wat ’n magnitude van helderder as 3 het; sy Alpha-ster is maar 3,6 mag.

Die helderste ster is Delta Capricorni, ook bekend as Deneb Algedi, met ’n magnitude van 2,9; dit is 39 ligjare van die Aarde af. Deneb Algedi is ’n Beta Lyrae-veranderlike ster (’n soort verduisterende dubbelster). Dit wissel met ’n magnitude van sowat 0,2 binne ’n periode van 24,5 uur.

Die ander helder sterre in die sterrebeeld wissel tussen 3,1 en 5,1 mag. Alpha Capricorni is ’n veelvoudige ster, wat ook as Algedi of Giedi bekend staan. Die primêre ster, α2 Cap, is 109 ligjare van die Aarde af en is ’n geel reusester met ’n magnitude van 3,6. Die sekondêre ster, α1 Cap, is 690 ligjare weg en is ’n geel superreus met ’n magnitude van 4,3. Die twee sterre kan met die blote oog van mekaar onderskei word, en albei is self veelvoudige sterre. α1 Cap het ’n metgesel van 9,2 mag. α2 Cap se metgesel het ’n magnitude van 11; hierdie dowwe ster is self ’n dubbelster wat uit twee komponente van 11 mag elk bestaan.

Beta Capricorni is ’n dubbelster wat ook bekend is as Dabih. Dit is ’n geel reusester van 3,1 mag en is 340 ligjare van die Aarde af. Die sekondêre ster is ’n blou-wit ster van 6,1 mag. Nog ’n ster wat met die blote oog gesien kan word, is Gamma Capricorni, soms Nashira genoem; dit is ’n wit reusester met ’n magnitude van 3,7 en is 139 ligjare weg. Pi Capricorni is ’n dubbelster met ’n blou-wit hoofster van 5,1 mag en ’n wit metgesel van 8,3 mag. Hulle is 670 ligjare van die Aarde af en kan deur ’n klein teleskoop gesien word.

Diepruimtevoorwerpe

Die Steenbok bevat verskeie sterrestelsels en sterreswerms. Messier 30 (NGC 7099) is ’n bolswerm wat sowat 1 graad suid van die sterrestelselgroep NGC 7103 geleë is. Dit het ’n magnitude van 7,5 en is in die middel gesentreer. Dit is 30 000 ligjare van die Aarde af en het kettings sterre wat in ’n noordelike rigting strek en deur klein amateurteleskope gesien kan word.

Die sterrebeeld bevat ook die spiraalsterrestelsel NGC 6907.

’n Sterrestelselgroep wat in die Steenbok voorkom, is HCG 87, ’n groep van minstens drie stelsels sowat 400 miljoen ligjare weg met ’n rooiverskuiwing van 0,0296. Dit bevat ’n groot elliptiese sterrestelsel, ’n spiraalstelsel wat van voor af gesien word en een wat van die kant af gesien word. Die tweede stelsel ondervind ’n uitsonderlike groot mate van stervorming, wat daarop dui dat dit in ’n wisselwerking met een of albei die ander lede van die groep is. Verder is die eerste en derde stelsel, wat albei aktiewe kerns het, verbind met ’n stroom sterre en stof, wat daarop dui dat hulle ook interaktief is. Sterrekundiges voorspel dat die drie stelsels oor miljoene jare kan saamsmelt om ’n reusagtige elliptiese stelsel te vorm.

’n Vroeë 19de-eeuse uitbeelding van die Steenbok as ’n see-bok.

Ondanks die feit dat die Steenbok se sterre taamlik dof is, het dit een van die oudste mitologiese verbintenisse omdat dit sedert die middel van die Bronstydperk uitgebeeld word as ’n mitiese figuur wat half bok en half vis is. In die Babiloniese mitologie is dit voor 1000 v.C. al MULSUḪUR.MAŠ "die Bok-vis" genoem. Die sterrebeeld was ’n simbool van die god Ea en het die midwinter ingelui.

In die Griekse mitologie word die sterrebeeld dikwels geïdentifiseer as Amalthea, die bok waaraan Zeus gedrink het nadat sy ma, Rhea, hom gered het toe sy pa, Kronos, hom wou eet soos wat hy met sy ander kinders gedoen het. Die bok se gebreekte horing is verander in die "roomhoring" of "horing van oorvloed".

Die planeet Neptunus is op 23 September 1846 in die Steenbok ontdek deur die Duitse sterrekundige Johann Galle.

  1. (in Engels). Allthesky.com. vanaf die oorspronklike op 21 Oktober 2019. Besoek op16 Mei 2012.
  2. Ridpath & Tirion 2001, pp. 102-103.
  3. Wilkins & Dunn 2006
  4. John H. Rogers, "", Journal of the British Astronomical Association 108 (1998) 9–28.


Die 88 moderne sterrebeelde

AgterdekAkkedisAltaarAndromedaArendBeeldhouerBekerBerenike se HareBoogskutterBulDolfynDraakDriehoekDuifEenhoringEridanusFeniksGraveerstifGroot BeerGroot HondHaasHerculesHorlosieIndiërJaghondeJagterKameelperdKameleonKielKlein BeerKlein HondKlein LeeuKoetsierKompasKassiopeiaKefeusKraaiKraanvoëlKreefNetLeeuLierLugpompMaagdMikroskoopNoordelike KroonNoordelike WaterslangOktantOondParadysvoëlPasserPerseusPouPylRamRooikatSeileSekstantSentourSkerpioenSkildSkilderSlangSlangdraerSteenbokSuidelike DriehoekSuidelike KroonSuidelike VisSuidelike WaterslangSuiderkruisSwaanSwaardvisTafelTeleskoopToekanTweelingVeewagterVisseVlieënde PerdVlieënde VisVliegVosVulWalvisWaterdraerWeegskaalWinkelhaakWolf

Publikasie datum: September 26, 2021

steenbok, sterrebeeld, artikel, sterreteken, steenbok, sien, steenbok, sterreteken, steenbok, latyn, capricornus, sterrebeeld, diereriem, latynse, naam, beteken, horings, bokhoring, word, gewoonlik, uitgebeeld, mitiese, wese, half, half, simbool, unicode, stee. Vir n artikel oor die sterreteken Steenbok sien Steenbok sterreteken Die Steenbok Latyn Capricornus is n sterrebeeld in die diereriem Sy Latynse naam beteken bok met horings of bokhoring en dit word gewoonlik uitgebeeld as n see bok n mitiese wese wat half bok en half vis is Sy simbool is Unicode SteenbokLatynse naam CapricornusGenitief CapricorniAfkorting CapWaarnemingsdata Epog J2000 Regte klimming 21hDeklinasie 20ºGrootte 414 vk grade 40ste Kwadrant SQ4BesonderhedeHoofsterre 9 13 23Helderste ster Delta CapricorniNaaste ster LP 816 60Sterre helderder as 3 m 1Sterre met planete 4Messier voorwerpe 1Bayer Flamsteed sterre 49Meteoorreens Alpha Capricornids Chi Capricornids Sigma Capricornids Tau Capricornids Capricorniden SagittariidsAangrensende sterrebeeldeWaterdraer Arend Boogskutter Mikroskoop Suidelike VisPortaal Sterrekunde Die Steenbok is een van die 88 moderne konstellasies en ook een van die 48 sterrebeelde wat deur die 2de eeuse sterrekundige Ptolemaeus genoem word Die moderne sterrebeeld grens aan die Arend Boogskutter Mikroskoop Suidelike Vis en Waterdraer Dit le in n gebied van die lugruim wat as die See bekend is omdat dit uit baie sterrebeelde bestaan wat met water te doen het soos die Waterdraer Visse en Eridanus Dit is die kleinste sterrebeeld in die diereriem en die tweede dofste naas die Kreef Inhoud 1 Ruimtevoorwerpe 1 1 Sterre 1 2 Diepruimtevoorwerpe 2 Geskiedenis en mitologie 3 Verwysings 4 Eksterne skakelsRuimtevoorwerpe WysigSterre Wysig Die Steenbok soos dit van die Aarde af lyk 1 Die Steenbok is n dowwe sterrebeeld met net een ster wat n magnitude van helderder as 3 het sy Alpha ster is maar 3 6 mag Die helderste ster is Delta Capricorni ook bekend as Deneb Algedi met n magnitude van 2 9 dit is 39 ligjare van die Aarde af Deneb Algedi is n Beta Lyrae veranderlike ster n soort verduisterende dubbelster Dit wissel met n magnitude van sowat 0 2 binne n periode van 24 5 uur 2 Die ander helder sterre in die sterrebeeld wissel tussen 3 1 en 5 1 mag Alpha Capricorni is n veelvoudige ster wat ook as Algedi of Giedi bekend staan Die primere ster a2 Cap is 109 ligjare van die Aarde af en is n geel reusester met n magnitude van 3 6 Die sekondere ster a1 Cap is 690 ligjare weg en is n geel superreus met n magnitude van 4 3 Die twee sterre kan met die blote oog van mekaar onderskei word en albei is self veelvoudige sterre a1 Cap het n metgesel van 9 2 mag a2 Cap se metgesel het n magnitude van 11 hierdie dowwe ster is self n dubbelster wat uit twee komponente van 11 mag elk bestaan Beta Capricorni is n dubbelster wat ook bekend is as Dabih Dit is n geel reusester van 3 1 mag en is 340 ligjare van die Aarde af Die sekondere ster is n blou wit ster van 6 1 mag Nog n ster wat met die blote oog gesien kan word is Gamma Capricorni soms Nashira genoem dit is n wit reusester met n magnitude van 3 7 en is 139 ligjare weg Pi Capricorni is n dubbelster met n blou wit hoofster van 5 1 mag en n wit metgesel van 8 3 mag Hulle is 670 ligjare van die Aarde af en kan deur n klein teleskoop gesien word 2 Diepruimtevoorwerpe Wysig Die Steenbok bevat verskeie sterrestelsels en sterreswerms Messier 30 NGC 7099 is n bolswerm wat sowat 1 graad suid van die sterrestelselgroep NGC 7103 gelee is Dit het n magnitude van 7 5 en is in die middel gesentreer Dit is 30 000 ligjare van die Aarde af en het kettings sterre wat in n noordelike rigting strek en deur klein amateurteleskope gesien kan word 2 Die sterrebeeld bevat ook die spiraalsterrestelsel NGC 6907 n Sterrestelselgroep wat in die Steenbok voorkom is HCG 87 n groep van minstens drie stelsels sowat 400 miljoen ligjare weg met n rooiverskuiwing van 0 0296 Dit bevat n groot elliptiese sterrestelsel n spiraalstelsel wat van voor af gesien word en een wat van die kant af gesien word Die tweede stelsel ondervind n uitsonderlike groot mate van stervorming wat daarop dui dat dit in n wisselwerking met een of albei die ander lede van die groep is Verder is die eerste en derde stelsel wat albei aktiewe kerns het verbind met n stroom sterre en stof wat daarop dui dat hulle ook interaktief is Sterrekundiges voorspel dat die drie stelsels oor miljoene jare kan saamsmelt om n reusagtige elliptiese stelsel te vorm 3 Geskiedenis en mitologie Wysig n Vroee 19de eeuse uitbeelding van die Steenbok as n see bok Ondanks die feit dat die Steenbok se sterre taamlik dof is het dit een van die oudste mitologiese verbintenisse omdat dit sedert die middel van die Bronstydperk uitgebeeld word as n mitiese figuur wat half bok en half vis is In die Babiloniese mitologie is dit voor 1000 v C al MULSUḪUR MAS die Bok vis genoem Die sterrebeeld was n simbool van die god Ea en het die midwinter ingelui 4 In die Griekse mitologie word die sterrebeeld dikwels geidentifiseer as Amalthea die bok waaraan Zeus gedrink het nadat sy ma Rhea hom gered het toe sy pa Kronos hom wou eet soos wat hy met sy ander kinders gedoen het Die bok se gebreekte horing is verander in die roomhoring of horing van oorvloed Die planeet Neptunus is op 23 September 1846 in die Steenbok ontdek deur die Duitse sterrekundige Johann Galle Verwysings Wysig Capricornus the Goat Constellations Digital Images of the Sky in Engels Allthesky com Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Oktober 2019 Besoek op 16 Mei 2012 2 0 2 1 2 2 Ridpath amp Tirion 2001 pp 102 103 Wilkins amp Dunn 2006 John H Rogers Origins of the ancient contellations I The Mesopotamian traditions Journal of the British Astronomical Association 108 1998 9 28 Eksterne skakels WysigThe Deep Photographic Guide to the Constellations Capricornus Star Tales Capricornus Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Steenbok sterrebeeld Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia Die 88 moderne sterrebeeldeAgterdek Akkedis Altaar Andromeda Arend Beeldhouer Beker Berenike se Hare Boogskutter Bul Dolfyn Draak Driehoek Duif Eenhoring Eridanus Feniks Graveerstif Groot Beer Groot Hond Haas Hercules Horlosie Indier Jaghonde Jagter Kameelperd Kameleon Kiel Klein Beer Klein Hond Klein Leeu Koetsier Kompas Kassiopeia Kefeus Kraai Kraanvoel Kreef Net Leeu Lier Lugpomp Maagd Mikroskoop Noordelike Kroon Noordelike Waterslang Oktant Oond Paradysvoel Passer Perseus Pou Pyl Ram Rooikat Seile Sekstant Sentour Skerpioen Skild Skilder Slang Slangdraer Steenbok Suidelike Driehoek Suidelike Kroon Suidelike Vis Suidelike Waterslang Suiderkruis Swaan Swaardvis Tafel Teleskoop Toekan Tweeling Veewagter Visse Vlieende Perd Vlieende Vis Vlieg Vos Vul Walvis Waterdraer Weegskaal Winkelhaak WolfOntsluit van https af wikipedia org w index php title Steenbok sterrebeeld amp ol,