×
Spiraalsterrestelsel

’n Spiraalsterrestelsel is ’n soort sterrestelsel wat aanvanklik deur Edwin Hubble beskryf is in sy 1936-werk The Realm of the Nebulae. Dié stelsels bestaan uit ’n plat, roterende skyf van sterre, gas en stof en ’n bolvormige, sentrale verdikking. Dit word omring deur ’n baie dowwer halo van sterre, waarvan baie bolswerms vorm.

’n Voorbeeld van ’n spiraalsterrestelsel, die Windmeul-stelsel, ook bekend as Messier 101 of NGC 5457.
Die staaf-spiraalsterrestelsel UGC 12158.
Die spiraalstelsel NGC 1345.

Die naam kom van die spiraalagtige strukture wat van die middel van die stelsel na buite loop. Voortdurende stervorming vind in die spiraalarms plaas en hulle is helderder as die omringende skyf vanweë die jong, warm OB-sterre wat in hulle voorkom.

Rofweg twee derdes van alle spiraalstelsels het ’n bykomende komponent in die vorm van ’n staafvormige struktuur, wat van die middelste bol af loop; aan die einde daarvan begin die spiraalarms. Ons eie Melkweg is ’n staaf-spiraalsterrestelsel, hoewel die staaf self moeilik sigbaar is vanuit ons posisie in die galaktiese skyf. Die mees oortuigende bewyse vir ’n staaf in die Melkweg kom van ’n onlangse opname deur die Spitzer-ruimteteleskoop van sterre in die galaktiese middel.

Saam met onreëlmatige sterrestelsels maak spiraalstelsels sowat 60% van sterrestelsels in die plaaslike deel van die heelal uit. Hulle word gewoonlik in minder digte gebiede aangetref en selde in die middel van sterrestelselswerms.

Inhoud

Spiraalsterrestelsels bestaan uit vier afsonderlike komponente:

  • ’n Plat, roterende skyf van (meestal nuut gevormde) sterre en interstellêre materiaal.
  • ’n Bolvormige, sentrale verdikking van meetal ouer sterre, wat ooreenstem met ’n elliptiese sterrestelsel.
  • ’n Amper-sferiese galaktiese halo van sterre, insluitende baie sterre in bolswerms.
  • ’n supermassiewe swartkolk in die middel van die sentrale bol.

Hubble het spiraalstelsels geklassifiseer van klas Sa vir stelsels met baie digte arms tot Sc vir dié met baie "los" arms. Klas SBa tot SBc is vir staaf-spiraalstelsels. Daar is ook ’n S0-klas vir spiraalstelsels met ’n ronde voorkoms, wat beskou word as ’n brug tussen elliptiese en spiraalvormige stelsels.

Galaktiese bol

Die bol is ’n groot, digte groep sterre. Volgens die Hubble-klassifikasie bestaan die bol van Sa-stelsels gewoonlik uit populasie II-sterre – ou, rooi sterre met ’n klein metaalinhoud. Verder is die bol van Sa- en SBa-stelsels geneig om groot te wees. In teenstelling daarmee is die bol van Sc- en SBc-stelsels baie kleiner en bestaan dit uit jong, blou populasie I-sterre.

In die middel van baie galaktiese bolle kom waarskynlik ’n supermassiewe swartkolk voor. Sulke swartkolke is nog nooit direk waargeneem nie, maar baie indirekte bewyse bestaan daarvoor.

Galaktiese sferoïed

Die meeste sterre in ’n spiraalstelsel is óf naby ’n enkele vlak (die galaktiese vlak) geleë wat om die galaktiese middel wentel óf in ’n bol om die galaktiese kern. Sommige sterre kom egter in ’n sferoïdale halo of galaktiese sferoïed voor. Sulke sterre kom moontlik van kleiner stelsels wat met die spiraalstelsel saamgesmelt het. Die Sagittarius- Elliptiese Dwergsterrestelsel smelt byvoorbeeld met die Melkweg saam en waarnemings wys dat sekere sterre in die Melkweg se halo van die dwergstelsel af kom.

Anders as die skyf, bevat die halo byna geen stof nie en bestaan dit uit populasie II-sterre, baie ouer sterre met minder metale as die populasie I-sterre in die skyf, maar soortgelyk aan dié in die bol. Die halo bevat ook baie bolswerms.

Oudste spiraalstelsel

Die oudste spiraalsterrestelsel bekend is BX442. Op 11 miljard jaar is dit meer as 2 miljard jaar ouer as enige ander stelsel. Navorsers glo die stelsel se vorm word veroorsaak deur die swaartekraginvloed van ’n metgesel-dwergstelsel. Rekenaarmodelle wat op dié aanname gegrond is, wys BX442 se spiraalstruktuur sal nog sowat 100 miljoen jaar bestaan.

  1. Hubble, E. P. (1936). The Realm of the Nebulae. New Haven: Yale University Press. ISBN 0-300-02500-9.
  2. D. Mihalas (1968). Galactic Astronomy. W. H. Freeman. ISBN 978-0-7167-0326-6.
  3. , Scientific American, Oktober 2005
  4. Benjamin, R. A.; Churchwell, E.; Babler, B. L.; Indebetouw, R.; Meade, M. R.; Whitney, B. A.; Watson, C.; Wolfire, M. G.; Wolff, M. J. (2005). "First GLIMPSE Results on the Stellar Structure of the Galaxy". The Astrophysical Journal Letters. 630 (2): L149–L152. arXiv:. Bibcode:. doi:.Onbekende parameter |month= geïgnoreer (help)
  5. Loveday, J. (1996). "The APM Bright Galaxy Catalogue". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. 278 (4): 1025–1048. arXiv:. Bibcode:.Onbekende parameter |month= geïgnoreer (help)
  6. Dressler, A. (1980). "Galaxy morphology in rich clusters — Implications for the formation and evolution of galaxies". The Astrophysical Journal. 236: 351–365. Bibcode:. doi:.Onbekende parameter |month= geïgnoreer (help)
  7. Oldest spiral galaxy is a freak of cosmos
  8. Gonzalez, Robert T. (19 Julie 2012). (in Engels). io9. vanaf die oorspronklike op 12 Desember 2015. Besoek op10 September 2012.
  • Giudice, G.F.; Mollerach, S.; Roulet, E. (1994). "Can EROS/MACHO be detecting the galactic spheroid instead of the galactic halo?". Physical Review D. 50 (4): 2406–2413. arXiv:. Bibcode:. doi:.AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link)
  • Stephens, Tim (March 6, 2007). . UC Santa Cruz. Geargiveer vanaf op 2007-03-11. Besoek op2006-05-24.
  • 1 Januarie 2006 op Wayback Machine

Publikasie datum: September 23, 2021

spiraalsterrestelsel, soort, sterrestelsel, aanvanklik, deur, edwin, hubble, beskryf, 1936, werk, realm, nebulae, dié, stelsels, bestaan, plat, roterende, skyf, sterre, stof, bolvormige, sentrale, verdikking, word, omring, deur, baie, dowwer, halo, sterre, waa. n Spiraalsterrestelsel is n soort sterrestelsel wat aanvanklik deur Edwin Hubble beskryf is in sy 1936 werk The Realm of the Nebulae 1 Die stelsels bestaan uit n plat roterende skyf van sterre gas en stof en n bolvormige sentrale verdikking Dit word omring deur n baie dowwer halo van sterre waarvan baie bolswerms vorm n Voorbeeld van n spiraalsterrestelsel die Windmeul stelsel ook bekend as Messier 101 of NGC 5457 Die staaf spiraalsterrestelsel UGC 12158 Die spiraalstelsel NGC 1345 Die naam kom van die spiraalagtige strukture wat van die middel van die stelsel na buite loop Voortdurende stervorming vind in die spiraalarms plaas en hulle is helderder as die omringende skyf vanwee die jong warm OB sterre wat in hulle voorkom Rofweg twee derdes van alle spiraalstelsels het n bykomende komponent in die vorm van n staafvormige struktuur 2 wat van die middelste bol af loop aan die einde daarvan begin die spiraalarms Ons eie Melkweg is n staaf spiraalsterrestelsel hoewel die staaf self moeilik sigbaar is vanuit ons posisie in die galaktiese skyf 3 Die mees oortuigende bewyse vir n staaf in die Melkweg kom van n onlangse opname deur die Spitzer ruimteteleskoop van sterre in die galaktiese middel 4 Saam met onreelmatige sterrestelsels maak spiraalstelsels sowat 60 van sterrestelsels in die plaaslike deel van die heelal uit 5 Hulle word gewoonlik in minder digte gebiede aangetref en selde in die middel van sterrestelselswerms 6 Inhoud 1 Struktuur 1 1 Galaktiese bol 1 2 Galaktiese sferoied 1 3 Oudste spiraalstelsel 2 Bekende spiraalstelsels 3 Verwysings 4 Eksterne skakelsStruktuur WysigSpiraalsterrestelsels bestaan uit vier afsonderlike komponente n Plat roterende skyf van meestal nuut gevormde sterre en interstellere materiaal n Bolvormige sentrale verdikking van meetal ouer sterre wat ooreenstem met n elliptiese sterrestelsel n Amper sferiese galaktiese halo van sterre insluitende baie sterre in bolswerms n supermassiewe swartkolk in die middel van die sentrale bol Hubble het spiraalstelsels geklassifiseer van klas Sa vir stelsels met baie digte arms tot Sc vir die met baie los arms Klas SBa tot SBc is vir staaf spiraalstelsels Daar is ook n S0 klas vir spiraalstelsels met n ronde voorkoms wat beskou word as n brug tussen elliptiese en spiraalvormige stelsels Galaktiese bol Wysig Die bol is n groot digte groep sterre Volgens die Hubble klassifikasie bestaan die bol van Sa stelsels gewoonlik uit populasie II sterre ou rooi sterre met n klein metaalinhoud Verder is die bol van Sa en SBa stelsels geneig om groot te wees In teenstelling daarmee is die bol van Sc en SBc stelsels baie kleiner en bestaan dit uit jong blou populasie I sterre In die middel van baie galaktiese bolle kom waarskynlik n supermassiewe swartkolk voor Sulke swartkolke is nog nooit direk waargeneem nie maar baie indirekte bewyse bestaan daarvoor Galaktiese sferoied Wysig Die meeste sterre in n spiraalstelsel is of naby n enkele vlak die galaktiese vlak gelee wat om die galaktiese middel wentel of in n bol om die galaktiese kern Sommige sterre kom egter in n sferoidale halo of galaktiese sferoied voor Sulke sterre kom moontlik van kleiner stelsels wat met die spiraalstelsel saamgesmelt het Die Sagittarius Elliptiese Dwergsterrestelsel smelt byvoorbeeld met die Melkweg saam en waarnemings wys dat sekere sterre in die Melkweg se halo van die dwergstelsel af kom Anders as die skyf bevat die halo byna geen stof nie en bestaan dit uit populasie II sterre baie ouer sterre met minder metale as die populasie I sterre in die skyf maar soortgelyk aan die in die bol Die halo bevat ook baie bolswerms Oudste spiraalstelsel Wysig Die oudste spiraalsterrestelsel bekend is BX442 Op 11 miljard jaar is dit meer as 2 miljard jaar ouer as enige ander stelsel Navorsers glo die stelsel se vorm word veroorsaak deur die swaartekraginvloed van n metgesel dwergstelsel Rekenaarmodelle wat op die aanname gegrond is wys BX442 se spiraalstruktuur sal nog sowat 100 miljoen jaar bestaan 7 8 Bekende spiraalstelsels WysigAndromeda sterrestelsel Windmeul sterrestelsel Sonneblom sterrestelsel Driehoek sterrestelsel Draaikolk sterrestelselVerwysings Wysig Hubble E P 1936 The Realm of the Nebulae New Haven Yale University Press ISBN 0 300 02500 9 D Mihalas 1968 Galactic Astronomy W H Freeman ISBN 978 0 7167 0326 6 Ripples in a Galactic Pond Scientific American Oktober 2005 Benjamin R A Churchwell E Babler B L Indebetouw R Meade M R Whitney B A Watson C Wolfire M G Wolff M J 2005 First GLIMPSE Results on the Stellar Structure of the Galaxy The Astrophysical Journal Letters 630 2 L149 L152 arXiv astro ph 0508325 Bibcode 2005ApJ 630L 149B doi 10 1086 491785 Onbekende parameter month geignoreer help Loveday J 1996 The APM Bright Galaxy Catalogue Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 278 4 1025 1048 arXiv astro ph 9603040 Bibcode 1996MNRAS 278 1025L Onbekende parameter month geignoreer help Dressler A 1980 Galaxy morphology in rich clusters Implications for the formation and evolution of galaxies The Astrophysical Journal 236 351 365 Bibcode 1980ApJ 236 351D doi 10 1086 157753 Onbekende parameter month geignoreer help Oldest spiral galaxy is a freak of cosmos http www zmescience com space oldest spiral galaxy 31321 Gonzalez Robert T 19 Julie 2012 Hubble Has Spotted an Ancient Galaxy That Shouldn t Exist in Engels io9 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Desember 2015 Besoek op 10 September 2012 Eksterne skakels WysigGiudice G F Mollerach S Roulet E 1994 Can EROS MACHO be detecting the galactic spheroid instead of the galactic halo Physical Review D 50 4 2406 2413 arXiv astro ph 9312047 Bibcode 1994PhRvD 50 2406G doi 10 1103 PhysRevD 50 2406 AS1 onderhoud meer as een naam authors list link Stephens Tim March 6 2007 AEGIS survey reveals new principle governing galaxy formation and evolution UC Santa Cruz Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2007 03 11 Besoek op 2006 05 24 SEDS Spiral Galaxies Geargiveer 1 Januarie 2006 op Wayback Machine Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Spiraalsterrestelsel Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse WikipediaOntsluit van https af wikipedia org w index php title Spiraalsterrestelsel amp ol,